# Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2020-afr/381ca6f5-29d5-4b4f-a7de-514374dc7b32
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2020-afr/381ca6f5-29d5-4b4f-a7de-514374dc7b32)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            SENIOR SERTIFIKAAT/
                       NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 2 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     2                            DBE/November 2020
                                         SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      3                          DBE/November 2020
                                          SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n Voorwerp met massa m rus op 'n plat tafel. Die Aarde trek die voorwerp
         met krag mg aan, wat die aksiekrag genoem word. Watter EEN van die
         volgende stellings gee die beste beskrywing van die reaksiekrag?

         A     Die tafel druk die voorwerp opwaarts met krag mg.

         B     Die voorwerp druk die tafel afwaarts met krag mg.

         C     Die tafel druk die vloer af met krag mg.

         D     Die voorwerp trek die Aarde op met krag mg.                                     (2)

1.2      'n Man lig 'n 60 kg-las met 'n tou teen konstante snelheid. Wat is die spanning
         (krag) in die tou? Ignoreer lugwrywing.

         A     568 N, afwaarts

         B     578 N, opwaarts

         C     588 N, opwaarts

         D     588 N, afwaarts                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                               4                                  DBE/November 2020
                                                   SS/NSS

1.3      Die grafiek hieronder verteenwoordig die verhouding tussen 'n verandering in
         momentum (∆p) van 'n voorwerp en verandering in tyd (∆t).

                                    ∆p (kgm.s-1)

                                                                ∆t (s)

         Watter EEN van die volgende grafieke verteenwoordig 'n Fnet-teenoor-tyd-
         grafiek wat hiermee ooreenstem?

         A                                                  B

                Fnet (N)                                           Fnet (N)

                           ∆t (s)
                                                                                          ∆t (s)
         C                                                  D

                Fnet (N)                                                      Fnet (N)       ∆t (s)

                               ∆t (s)                                                                           (2)
1.4      John en Thabo het gekyk hoe 'n motor na 'n muur toe ry. Die motor het die
         muur getref terwyl dit teen snelheid v beweeg het. Na 'n lang argument oor
         die behoud van die motor se momentum stem hulle saam dat totale lineêre
         momentum slegs behoue sal bly indien die netto …

         A     krag wat op die sisteem inwerk, nul is.

         B     eksterne krag wat op die sisteem inwerk, nul is.

         C     krag wat op die sisteem inwerk, groter as nul is.

         D     eksterne krag wat op die sisteem inwerk, groter as nul is.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        5                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

1.5      Watter EEN van die volgende stellings oor werk is WAAR? Werk word
         gedoen wanneer ...

         A     die krag teen 90° met die rigting van verplasing is.

         B     die verplasing in die rigting van die krag is.

         C     daar geen resulterende krag is nie en die verplasing nul is.

         D     die verplasing nul is en die toegepaste krag groter as nul is.                      (2)

1.6      Die standaardeenheid vir druk is ...

         A     pascal.

         B     newton.

         C     meter.

         D     kilogram.                                                                           (2)

1.7      Wat verstaan jy onder die term Young se modulus van elastisiteit?

         A     Die krag benodig om 'n eenheid oppervlakte in 'n spanningstoets te
               lewer.

         B     Die verhouding tussen spanning en vervorming in 'n metaal, op
               voorwaarde dat die perk van elastisiteit nie oorskry word nie.

         C     'n Maatstaf van die uitsetting of inkrimping van materiaal as gevolg van
               die las wat ondervind word.

         D     Die mate van die vervorming as gevolg van die toepassing van 'n
               eksterne krag.                                                                      (2)

1.8      Elektriese drywing word in ... gemeet.

         A     ampère

         B     watt

         C     volt

         D     ohm                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    6                         DBE/November 2020
                                        SS/NSS

1.9      Magnetiese vloed kan gedefinieer word as die aantal magneetveldlyne wat ...
         tot 'n sekere oppervlak deur 'n magneet geproduseer word.

         A     loodreg

         B     horisontaal

         C     diagonaal

         D     parallel                                                                      (2)

1.10     Faraday se wet impliseer dat wanneer die tempo van verandering van die
         magnetiese vloed verhoog, sal die geïnduseerde emf …

         A     dieselfde bly.

         B     verlaag.

         C     verhoog.

         D     nul wees.                                                                     (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        7                       DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die prentjie hieronder toon 'n jong seun wat met die hulp van sy ouer broer op 'n slee
ry. Soos wat die ouer broer 'n krag van 80 N met sy voet toegepas het, teen 'n hoek
van 40° met die horisontaal, het die slee en die seun teen 'n konstante snelheid van
9 m.s-1 beweeg. Die seun en die slee het 'n gesamentlike massa van 25 kg gehad.

2.1      Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                         (2)

2.2      Wat is die grootte van die wrywingskrag wat deur die slee ondervind word?             (3)

2.3      Die gesamentlike massa van die seun en die slee word nou vergroot, terwyl
         die krag wat deur die broer toegepas word, konstant bly.

         2.3.1       Definieer traagheid.                                                      (2)

         2.3.2       Hoe sal die traagheid wat deur die broer ondervind word, beïnvloed
                     word? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.
                     Verduidelik jou antwoord.                                                 (3)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       8                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

3.1      Tom stoot en Zane trek 'n trollie, wat met gebreekte klip gelaai is, oor 'n ruwe
         oppervlak op 'n konstruksieterrein. Die massa van die trollie en die inhoud
         daarvan is 350 kg. Tom stoot met 'n krag van 200 N en Zane trek met 'n krag
         van 160 N met gebruik van 'n tou wat 'n hoek van 65° met die horisontaal
         maak, soos in die diagram hieronder getoon.
                                                                      FZane = 160 N

                                                           65°
            FTom = 200 N

         3.1.1       Definieer spanningskrag, en gee 'n voorbeeld van so 'n krag in die
                     diagram hierbo.                                                            (3)

         3.1.2       Hoe sal die wrywingskrag op die trollie deur Zane se toegepaste
                     krag beïnvloed word? Skryf slegs VERHOOG, VERLAAG of BLY
                     DIESELFDE.                                                                 (2)

         3.1.3       Teken 'n vrye kragtediagram/vrye liggaamdiagram van AL die kragte
                     wat op die trollie en die inhoud daarvan inwerk.                           (5)

3.2      Indien die netto krag wat op die trollie en die inhoud daarvan inwerk, 205 N is,
         bereken die koeffisiënt van kinetiese wrywing μk  tussen die oppervlak en
         die trollie.                                                                           (6)
                                                                                                [16]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        9                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

4.1      'n Elektrisiën, wat haastig na 'n dorpsgebied met 'n kragonderbreking op pad
         is, bestuur 'n bakkie met 'n massa van 1 350 kg in 'n oostelike rigting en
         beweeg teen 120 km.h-1. Die bakkie bots reg van voor teen 'n motor met 'n
         massa van 1 050 kg wat teen 16,67 m.s-1 beweeg.

         4.1.1       Definieer momentum.                                                          (2)

         4.1.2       Wat is die snelheid van die bakkie voor die botsing in m.s-1?                (2)

         4.1.3       Bereken die aanvanklike momentum van die motor.                              (3)

4.2      Na die botsing beweeg die bakkie verder oos teen 20,3 m.s-1 en die motor
         beweeg terugwaarts teen 5,32 m.s-1. Die sisteem is geïsoleerd.

         4.2.1       Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                 (2)

         4.2.2       Gebruik 'n berekening om te bepaal of die botsing elasties of
                     onelasties was.                                                              (5)

4.3      Die bestuurder van 'n motor met 'n massa van 1 150 kg ry met 'n snelheid
         van 15 m.s-1 in 'n boom vas, soos in die diagram hieronder getoon. Die motor
         kom na die botsing tot stilstand. Die motor ondervind 'n konstante netto krag
         van 57 500 N voordat dit tot stilstand kom.

         4.3.1       Wat is die verwantskap tussen die netto krag wat deur die motor
                     ondervind word en die kontaktyd gedurende die botsing?                       (2)

         4.3.2       Hoe vergelyk die impuls wat deur die motor ondervind word met die
                     verandering in momentum daarvan? Skryf slegs KLEINER AS,
                     GROTER AS of GELYK AAN.                                                      (1)

         4.3.3       Die motor is met lugsakke toegerus. Verduidelik, deur impuls te
                     gebruik, hoe dit die omvang van die bestuurder se beserings sal
                     verminder.                                                                   (3)

         4.3.4       Bereken die kontaktyd gedurende die botsing.                                 (4)
                                                                                                  [24]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      10                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1      'n Leerder lig haar skooltas reg van die grond af op tot op 'n hoogte van 0,9 m
         bokant die grond. Sy pas 'n krag van 25 N toe om die tas op te lig. Ignoreer
         die effek van lugweerstand.

         5.1.1       Bereken die werk wat deur die leerder gedoen is.                           (3)

          5.1.2      Indien die massa van die tas 2 kg is, bereken die netto werk wat op
                     die tas gedoen is.                                                         (4)

5.2      Die diagram hieronder stel 'n wrywinglose baan voor. 'n 6 kg-blok begin uit
         rus by punt A en gly teen die baan af.

            A 6 kg

       5m                                                                C

                                                                             3m
                                                B

         5.2.1       Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.              (2)

          5.2.2      Bereken die meganiese energie van die blok by punt A.                      (4)

         5.2.3       Wat sal die spoed van die blok by punt B wees?                             (4)

          5.2.4      Bereken die spoed van die blok by punt C.                                  (4)
                                                                                                [21]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      11                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1      Definieer die volgende terme:

         6.1.1       Spanning                                                                    (2)

         6.1.2       Vervorming                                                                  (2)

6.2      'n Staalstaaf ondervind 'n spanning van 250 MPa. Die modulus van elastisiteit
         is 190 GPa. Die staaf het 'n deursnee van 60 mm en is 220 mm lank.

         Bereken die:

         6.2.1       Vervorming van die staaf                                                    (3)

         6.2.2       Krag wat op die staaf uitgeoefen word                                       (4)

6.3      Wat is die uitwerking van 'n verhoging in temperatuur op die viskositeit van 'n
         vloeistof?                                                                              (2)

6.4      Definieer 'n volkome plastiese voorwerp.                                                (2)

6.5      Gee TWEE voorbeelde van volkome plastiese voorwerpe.                                    (2)

6.6      Stel Pascal se wet in woorde.                                                           (2)

6.7      'n Hidrouliese stelsel word gebruik om 'n 20 000 N-motor in 'n werkswinkel op
         te lig. Indien die motor op 'n suier rus met 'n oppervlakte van 0,8 m2 en 'n krag
         word op 'n ander suier van 0,05 m2 toegepas, wat is die minimum krag wat
         toegepas moet word om die motor op te lig?                                              (4)

6.8      Definieer die stukrag van 'n vloeistof.                                                 (2)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       12                            DBE/November 2020
                                            SS/NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      Die diagram verteenwoordig 'n p-n-verbindingsdiode.

                     Materiaal A                                           Materiaal B

          7.1.1      Benoem die tipe materiaal wat deur A en B voorgestel word.                    (2)

          7.1.2      Teken die simbool vir hierdie p-n-verbindingsdiode.                           (2)

          7.1.3      Hoeveel valensie-elektrone het 'n intrinsieke halfgeleier?                    (1)

7.2      Definieer 'n kapasitor.                                                                   (2)

7.3      Noem die verwantskap tussen die kapasitansie en die lading op die plate.                  (2)

7.4      Noem TWEE veranderinge wat jy aan die kapasitor kan maak om die
         kapasitansie te verlaag.                                                                  (2)

7.5      'n Lampgloeidraad het 'n weerstand van 60 Ω en trek 'n stroom van 2 A
         wanneer dit oor 'n 120 V-kragbron gekoppel word. Bereken die koste van die
         elektrisiteit wat in twee ure verbruik word, indien die tarief R1,75 per kWh is.          (7)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         13                  DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

8.1      Definieer elektromagnetiese induksie.                                          (2)

8.2      Noem TWEE faktore wat die geïnduseerde emk beïnvloed.                          (2)

8.3      Stel Lenz se wet in woorde.                                                    (2)

8.4      Gee DRIE voorbeelde waar Lenz se wet toegepas word.                            (3)
                                                                                        [9]

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      Bestudeer die diagram van 'n motor hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

                                           Kloksgewyse rotasie

                                                                              3

                 2                                    1

         9.1.1       Benoem deel 1, 2 en 3.                                             (3)

         9.1.2       Identifiseer die tipe motor.                                       (1)

9.2      'n Transformator het 1 200 windings op die primêre spoel, 110 windings op
         die sekondêre spoel en die sekondêre potensiaalverskil is 20 V. Bepaal die
         primêre potensiaalverskil.                                                     (3)
                                                                                        [7]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                          1                            DBE/November 2020
                                              SS/NSS

                            DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                          PAPER 1

                    GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                    VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
          NAME/NAAM           SYMBOL/SIMBOOL    VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                    g                9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Permittivity of free space
Permittiwiteit van vry ruimte       ᵋo           8,85 x 10-12 F.m-1

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet  ma                                      p mv
fs max = μsN                                    fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                               Fg = mg
Δp = mv f - mvi

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W  Fx cos                                   U  mgh           or/of     EP  mgh
    1                                 1           W
K    mv2           or/of      Ek      mv2    P
    2                                 2           t
Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid         ME = Ek + Ep

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
                                        Δ           change in length
    F                Force           ε    / Strain
        / Stress =                    L             original length
    A                Area
                                      Krag
                       Spanning                                   verandering in lengte
                                      Area          Vervorming 
                                                                   oorspronkl i ke lengte
                                                    F1  F
 P = ρgh                                                2
                                                    A1 A 2
     σ                               stress                          Force (F)
        K / modulus of elasticity                 Pressure (P) =
     ε                               strain                            Area

                                 spanning                        Krag(F)
modulus van elastisiteit                           Druk (P) =
                                vervorming                        Area

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1            2            DBE/November 2020
                                SS/NSS

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
   Q                                  εο Α
C                               C=
   V                                   d

CURRENT ELECTRICITY/ELEKTRIESE STROOMBANE
    V
R
     I
R s  R1  R 2  ...
 1     1    1
               ...
R p R1 R 2
                                qI t
       R1 x R 2
RP =
       R1 + R 2

W = VQ                                W
                                 P
                                      Δt
W = VI  t
                                 P = VI
W = I2R  t
                                 P = I 2R
     V Δt2
W=                                    V2
      R                          P
                                      R

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

  BA                                     Δ
                                 ɛ =N
                                           Δt

Vs Ns
  
Vp Np

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Sciences P1 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2020-eng/99dc1ad3-69b1-4091-99d7-8cc88984257a) — Technical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [Technical Sciences P2 Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-nov-2020-afr/6af0414d-51de-4a9e-b4fd-034884ef04bc) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Technical Sciences P2 Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-nov-2020-eng/04047865-fa1f-4a0c-86e2-1f22feadfe3b) — Technical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 English (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-english-signing-off-27-july/0f7d69d0-c47d-41a1-a835-f9e13408d8ed) — Technical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [TECH SC P1 (English) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2020-gauteng-mock-exam-question-paper-paper-1-english/1341488b-8f86-4452-ad0e-752466837276) — Technical Sciences · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Grade 12 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-1/5543b9af-5bb3-4e43-95e3-ad6028ca21e8) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
