# Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2021-afr/1fa018cd-1d45-4178-ac3d-8b4838c48c40
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2021-afr/1fa018cd-1d45-4178-ac3d-8b4838c48c40)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    2                             DBE/November 2021
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

2.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

5.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

7.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

8.       Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.       Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

10.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

11.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      3                          DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n Voorwerp se rigting van beweging is altyd dieselfde as …

         A     die toegepaste krag wat op die voorwerp inwerk.

         B     'n nie-nul-krag wat op die voorwerp inwerk.

         C     die ewewigskrag van die kragte.

         D     die resulterende krag wat op die voorwerp inwerk.                                (2)

1.2      Die wet van behoud van momentum impliseer dat … na die botsing.

         A     die kinetiese energie voor die botsing gelyk is aan die kinetiese
               energie

         B     in 'n geïsoleerde stelsel die kinetiese energie voor die botsing gelyk is
               aan die kinetiese energie

         C     in 'n geïsoleerde stelsel die totale linieêre momentum voor die botsing
               gelyk is aan die totale linieêre momentum

         D     beide voorwerpe in rus sal wees                                                  (2)

1.3      Watter EEN van die volgende stellings is NIE korrek NIE?

         A     Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die verplasing van die
               voorwerp.

         B     Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die aard van die stof.

         C     Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die toepaste krag.

         D     Die werk op 'n voorwerp gedoen, hang af van die hoek tussen die
               verplasing en die toegepaste krag.                                               (2)

1.4      Die eienskappe van die liggaam op grond waarvan die liggaam sy
         oorspronklike vorm en grootte terugkry wanneer die vervormingskrag
         verwyder word, staan as … bekend.

         A     elastisiteit

         B     spanning

         C     vervormingskrag

         D     herstelkrag                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    4                       DBE/November 2021
                                          NSS

1.5      Die eienskap van 'n vloeistof om die relatiewe beweging tussen die
         aangrensende vlakke daarvan teen te staan, word … genoem.

         A     oppervlakspanning

         B     viskositeit

         C     viskositeitskoëffisiënt

         D     interne las                                                                (2)

1.6      Die eenheid vir druk kan as … uitgedruk word.

         A     kg.m2s-1

         B     kg.m2s-2

         C     kg.m-1s-2

         D     kg.m-2s2                                                                   (2)

1.7      Parallelle ligstrale tref 'n konvekse lens. Watter EEN van die diagramme
         hieronder toon wat met die strale gebeur wanneer hulle die lens tref?

                                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     5                             DBE/November 2021
                                           NSS

1.8      Watter EEN van die diagramme hieronder verteenwoordig die magnetiese
         veld rondom 'n stroomdraende geleier waar die stroom UIT DIE BLADSY van
         die boek vloei?

         A                                        B

                                                                    +

         C                                        D

                               +

                                                                                                 (2)

1.9      Drie identiese gloeilampies is soos in die stroombaan hieronder verbind.
         Watter EEN van die volgende stellings is WAAR oor die stroombaan wat
         hieronder geteken is?

                                          B           C

                                                      A

         A     Gloeilampie A het dieselfde helderheid as gloeilampies B en C.

         B     Gloeilampie A is dowwer as gloeilampie B en gloeilampie C.

         C     Gloeilampie B het dieselfde helderheid as gloeilampie C.

         D     Gloeilampie C is helderder as gloeilampie B.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    6                         DBE/November 2021
                                          NSS

1.10     'n Elektriese masjien wat 'n kommutator (splitring) gebruik en wat meganiese
         energie na elektriese energie omskakel, word 'n… genoem.

         A     WS-generator

         B     WS-motor

         C     GS-motor

         D     GS-generator                                                                  (2)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      7                         DBE/November 2021
                                            NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n 6 kg-voorwerp word met 'n krag van 60 N teen 'n hoek van 30o oor 'n ruwe oppervlak
getrek, soos in die diagram hieronder getoon.

                              60 N

                                           30°
                                                      6 kg

2.1      Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                        (2)

2.2      Bereken die grootte van die:

         2.2.1       Vertikale komponent van die 60 N-krag                                    (2)

         2.2.2       Wrywingskrag wat deur die voorwerp ervaar word as die koëffisiënt
                     van kinetiese wrywing (µk) tussen die oppervlak en die voorwerp
                     0,13 is                                                                  (4)

         2.2.3       Horisontale komponent van die 60 N-krag                                  (2)

2.3      Bereken die versnelling van die voorwerp.                                            (4)

2.4      Hoe sal 'n vergroting van die hoek tussen die toegepaste krag en die
         horisontaal die wrywing beïnvloed?

         Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of BLY DIESELFDE.
         Motiveer jou antwoord.                                                               (3)

2.5      'n Motor trek 'n karavaan op 'n rowwe horisontale oppervlak soos in die
         diagram getoon. (Die stelsel beweeg NIE teen konstante snelheid NIE.)

         2.5.1       Stel Newton se Derde Bewegingswet in woorde.                             (2)

         2.5.2       Teken 'n benoemde vrye kragtediagram van AL die kragte wat op
                     die karavaan inwerk.                                                     (4)
                                                                                              [23]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         8                           DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

3.1      'n Lokomotief op 'n spoorweg-rangeringspoor koppel met 'n stilstaande
         treinwa met 'n massa van 2 500 kg. Die lokomotief het 'n massa van 5 800 kg
         en dit beweeg weswaarts teen 'n snelheid van 1,5 m·s-1. Na die koppeling
         beweeg die lokomotief-treinwa-kombinasie weswaarts.

         3.1.1        Definieer die term momentum.                                                 (2)

         3.1.2        Bereken die momentum van die lokomotief voor die botsing.                    (3)

         3.1.3        Bereken die snelheid van die lokomotief-treinwa-kombinasie ná die
                      botsing.                                                                     (5)

         3.1.4        Onderskei tussen elastiese en onelastiese botsings.                          (4)

3.2      Die doeltreffende gebruik van sitplekgordels is gedemonstreer gedurende 'n
         botsingtoets ('crash test') by 'n motorvervaardigingsaanleg. Die motor tref die
         muur met 'n momentum van 24 300 kg.m.s-1 en neem 1,2 s om tot rus te kom.

         3.2.1       Gebruik fisikabeginsels om te verduidelik hoe sitplekgordels tydens 'n
                     botsing lewens kan red.                                                       (2)

         3.2.2       Bereken die impuls wat deur die motor ervaar word.                            (3)

         3.2.3       Die muur is gebou om 'n krag van 80 kN te weerstaan. Bepaal, deur
                     middel van 'n berekening, of hierdie muur in staat sal wees om die
                     impak van hierdie toets te weerstaan.                                         (4)
                                                                                                   [23]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                           9                       DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

4.1      'n Gereedskapskissie met 'n massa van 40 kg word deur 'n toegepaste krag
         van 60 N oor 'n afstand van 8 m getrek. Die toegepaste krag maak 'n hoek
         van 25° met die horisontaal.
         .

                                                60 N
                                        25°
                        40 kg

                                         8m

         4.1.1       Definieer arbeid verrig.                                                    (2)

         4.1.2       Bereken die arbeid deur die toegepaste krag oor die 8 m verrig.             (3)

4.2      'n Konstruksiewerker met 'n massa van 75 kg word vertikaal opwaarts deur
         die lug vanaf 'n konstruksieterrein vervoer, soos in die diagram hieronder
         getoon. Die werker word met 'n kabel, tot 'n hoogte van 12 m, teen 'n
         konstante spoed van 3 m·s-1, vanaf die eerste vloer van 'n gebou opgelig.
         (Ignoreer lugwrywing en neem aan dat daar GEEN sywaartse beweging is
         NIE.)

                                                       75 kg

         4.2.1       Stel die beginsel van die behoud van meganiese energie in woorde.           (2)

         4.2.2       Bereken die potensiële energie wat deur die konstruksiewerker
                     verkry is 12 m bokant die eerste vloer.                                     (3)

         4.2.3       Bereken sy kinetiese energie soos wat hy vir 12 m opgelig is.               (3)

4.3      Die totale meganiese energie van die konstruksiewerker by die hoogste punt
         is 11 500 J. Bepaal die potensiële energie van die konstruksiewerker net
         voordat hy deur die helikopter deur die lug vervoer is.                                 (4)
                                                                                                 [17]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         10                           DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1      'n Krag van 16 N word op 'n 3 m lange metaaldraad toegepas. Die draad rek
         met 0,5 mm. Die diameter van die metaaldraad is 2,5 mm.

         Bereken die:

         5.1.1       Spanning in die draad                                                          (4)

         5.1.2       Vervorming (rekking) in die draad                                              (3)

         5.1.3       Young se modulus van die draad                                                 (3)

5.2      'n Hidrouliese domkrag word gebruik om 'n motor wat 1 278 N weeg, op te lig.
         Die krag wat op die insetsuier toegepas word, is 26 N. Die oppervlakte van
         die insetsuier is 7,855 x 10-5 m2.

         5.2.1       Definieer druk by 'n spesifieke punt.                                          (2)

         5.2.2       Bereken die vloeistofdruk in die hidrouliese stelsel.                          (3)

         5.2.3       Bereken die oppervlakte van die uitsetsuier.                                   (3)
                                                                                                    [18]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        11                         DBE/November 2021
                                              NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Ligstraal PQ beweeg van medium 1 na medium 2 in diagramme A en B. Ligstrale
QS, QR en QT word waargeneem aangesien die invalshoek varieer. Mediums 1 en 2
het verskillende optiese digthede.

                           Diagram A
                                                    P
                                           Ө                      medium 1

          S
                                          Q
                                                                  medium 2

                          Diagram B

                          R                             P          medium 1
                                           Ө+y

                                          Q
                                                                   medium 2
                      T

6.1      Definieer refraksie.                                                                     (2)

6.2      Wat is die naam wat vir die invalshoek (Ө) gegee word as ligstraal PQ die pad
         van QS in diagram A volg?                                                                (1)

6.3      Wat is die grootte (in grade) van die refraksiehoek vir die invalshoek in
         VRAAG 6.2?                                                                               (1)

6.4      Watter EEN van die twee mediums is opties digter in diagram A? Skryf slegs
         MEDIUM 1 of MEDIUM 2. Gee 'n rede vir jou antwoord.                                      (2)

6.5      Identifiseer die ligstraal wat totale interne refleksie in diagram B ondergaan.          (1)

6.6      Noem TWEE toestande vir totale interne refleksie om plaas te vind.                       (2)
                                                                                                  [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         12                         DBE/November 2021
                                               NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

7.1      Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                           1
                                                                           2
                                                                           3
                           Wit lig                                         4
                                                                           5
                                                                           6
                                     Lug             Glasprisma
                                                                           7

         7.1.1       Definieer die term dispersie van lig.                                            (2)

         7.1.2       Identifiseer die kleure wat deur nommer 3 en 6 verteenwoordig
                     word. Skryf die korrekte kleur langs die nommers in jou
                     ANTWOORDEBOEK neer.                                                              (2)

         7.1.3       Watter golfeienskap van lig is vir die dispersie verantwoordelik?                (1)

         7.1.4       Gee die verhouding tussen die golflengte en die spoed van 'n
                     ligstraal.                                                                       (2)

7.2         Ultra-        Mikro-     Gamma-    Sigbare       Radio    X-strale      Infrarooi
            violet        golwe       strale      lig        golwe

         Die tabel hierbo verteenwoordig die elektromagnetiese spektrum.

         7.2.1       Definieer 'n golf.                                                               (2)

         7.2.2       Noem TWEE eienskappe van elektromagnetiese golwe.                                (2)

         7.2.3       Rangskik die golwe in die diagram hierbo van die laagste na die
                     hoogste frekwensie.                                                              (2)
                                                                                                      [13]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       13                        DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Potensiaalverskil van 120 V word oor twee parallelle plate van 'n kapasitor toegepas.
Die plate is 6 mm uitmekaar en het 'n oppervlakte van 2 m2.

8.1      Definieer die term kapasitansie.                                                      (2)

8.2      Bereken die:

         8.2.1       Kapasitansie van die kapasitor                                            (3)

         8.2.2       Lading op elke plaat                                                      (3)
                                                                                               [8]

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1      Definieer drywing in 'n elektriese stroombaan.                                        (2)

9.2      'n Verwarmer met 'n enkele element is 60 W, 220 V gemerk. Bereken die
         weerstand van die verwarmingselement.                                                 (3)

9.3      Die diagram hieronder toon 'n stroombaan met twee selle wat in serie verbind
         is. Elke sel het 'n potensiaalverskil van 1,5 V. Twee resistors met weerstande
         van 3 Ω en 5 Ω is ook in serie verbind.

                                            3Ω                 5Ω

                                                                V
                                                                           A

         Bereken die potensiaalverskil oor die 5 Ω-resistor.                                     (5)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       14                          DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

10.1     Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         10.1.1      Watter verskynsel word in die diagram hierbo geïllustreer?               (1)

         10.1.2      As die spoed waarteen die magneet in en uit die spoel beweeg,
                     verhoog word, sal 'n groter uitwyking van die naald waargeneem
                     word. Verduidelik hierdie waarneming in terme van tempo van
                     verandering in magnetiese vloed en geïnduseerde emk.                     (2)

         10.1.3      Watter tipe stroom word in die diagram hierbo geïnduseer? Skryf
                     slegs WISSELSTROOM of GELYKSTROOM.                                       (1)

10.2     'n Verlagingstransformator word gebruik om 'n 24 V-radiospeler te laat werk.
         Die transformator het 480 windings in die sekondêre spoel en die primêre
         potensiaalverskil is 220 V.

                      Primêre spoel
                                                                  Sekondêre spoel
                           coil
                                                                   480 windings

                     Primêre spanning                              Sekondêre
                           220 V                                    spanning
                                        Toevoer     Uitset            24 V

         10.2.1      Gee TWEE redes waarom dit 'n verlagingstransformator is.                 (2)

         10.2.2      Bereken die getal windings in die primêre spoel van die
                     transformator.                                                           (3)
                                                                                              [9]

                                                                                  TOTAAL:     150

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                                     DBE/November 2021
                                              NSS

                            DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                          PAPER 1

                    GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                    VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES
          NAME/NAAM           SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                    g                 9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                    c              3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                    h             6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Electron mass
                                    me             9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space
                                    ԑo            8,85x10-12 F.m-1
Permittiwiteit van vry ruimte

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet  ma                                     p  mv
fs max = μsN                                  fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                              Fg  mg
Δp = mv f - mvi

WORK, ENERGIE AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W  Fx cos                                  U  mgh          or/of   EP  mgh

                                              Wnet  K        or/of   Wnet  Ek
     1                                1
K     mv2          or/of      Ek      mv2
     2                                2
                                              K  K f  K i   or/of   Ek  Ekf  Eki
                                                 W
Wnc  K  U or/of Wnc  Ek  Ep           P
                                                 t
Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid        ME = Ek + Ep

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                  DBE/November 2021
                                  NSS

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
       F
                                         Δ
       A                             ε
                                           L
σ                                       F1  F
  K                                        2
ε                                       A1 A 2
         F
 P                                     P = ρgh
         A

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
     Q                                  εο Α
C                                C
     V                                   d

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                 DBE/November 2021
                                   NSS

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
   V
R                            emf/emk ( ε )= I(R + r)
   I

R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                      q I t
              ...
R p R1 R 2

W = VQ                                   W
                                   P
                                         Δt
W = VI  t
                                   P = VI
W = I2R  t
                                   P = I 2R
     V Δt2
W=                                       V2
      R                            P
                                         R

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

  BA                                        Δ
                                   ɛ =N
                                              Δt

Vs Ns
  
Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                 1
 vf                         T
                                 f
                 c
 E  hf or E  h
                 

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Sciences P2 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-nov-2021-afr/c906f1bc-e6a8-435c-a2ec-fce13da09f0d) — Technical Sciences · QP · 2021 · Afr
- [Technical Sciences P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-nov-2021-eng/4d7ef353-0be8-4342-9449-a26d7e85ecf1) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Technical Sciences P1 QP June 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-qp-june-2021-english/24c4b558-7e1c-4f6b-b095-b322bfc56619) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Gr12 Technical Sciences P1 (English) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-sciences-p1-english-2021-preparatory-question-paper/4fce709d-ad47-4df8-bfcd-42d0984d79dd) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Technical Sciences P1 (English) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-english-2021-qp/ca8bec91-5842-46fc-9eaa-bc686d47ae51) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng
- [Technical Sciences P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-may-june-2021-eng/f4633bb1-01da-41ab-b3ec-b8acc5abeefd) — Technical Sciences · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Grade 12 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-1/5543b9af-5bb3-4e43-95e3-ad6028ca21e8) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
