# Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2022-afr/991d17e3-f6ea-4985-bf5a-5f6f297388a3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2022-afr/991d17e3-f6ea-4985-bf5a-5f6f297388a3)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                          TEGNIESE WETENSKAPPE V1

                                 NOVEMBER 2022

PUNTE: 150

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 3 gegewensblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    2                             DBE/November 2022
                                          NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die toepaslike ruimtes op
         die ANTWOORDEBOEK.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

4.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

5.       Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en
         VRAAG 2.2.

6.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.       Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekeninge.

10.      Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

11.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

12.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                          3                      DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1      'n Blok met 'n massa van 20 kg beweeg ooswaarts teen 'n konstante snelheid
         oor 'n ruwe horisontale oppervlak, soos in die diagram hieronder getoon.
                                                       Ftoegepas

                            Ff
                                                           θ
                                       20 kg

         Die snelheid is konstant want ...

         A     Ff = Ftoegepas en a = 9,8 m∙s-2.

         B     Ftoegepas < Ff en a = 0 m∙s-2.

         C     Ftoegepas sinθ = Ff en a = 9,8 m∙s-2.

         D     Ftoegepas cosθ = Ff en a = 0 m∙s-2.                                                  (2)

1.2      Newton se Derde Bewegingswet verwys na aksie-reaksie-kragtepare. Watter
         EEN van die volgende stellings is NIE KORREK vir die aksie-reaksiepare in
         die prentjie NIE?

         A     Hulle werk langs dieselfde lyn.

         B     Beide kragte werk gelyktydig op die hamer in.

         C     Hierdie kragte werk gelyktydig op die hamer en die spyker in.

         D     Hierdie kragte werk in teenoorgestelde rigtings.                                     (2)

1.3      Impuls is gelyk aan die …

         A     verandering in momentum.

         B     tempo van verandering in momentum.

         C     produk van massa en snelheid.

         D     werk deur 'n voorwerp gedoen.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       4                        DBE/November 2022
                                             NSS

1.4      Die werk wat gedoen word om 'n voorwerp oor 'n afstand te laat beweeg deur
         'n krag F, wat teen 30° met die horisontaal toegepas word, is W.

         Die werk wat gedoen word om die voorwerp oor dieselfde afstand te laat
         beweeg deur die krag F wat HORISONTAAL met die oppervlak is, is …

         A     2W

         B     ½W

         C      3
                  W
                2

         D      2
                  W
                3                                                                               (2)

1.5      Watter EEN van die volgende stellings definieer rekking (vervorming) in 'n
         materiaal? Rekking (Vervorming) is die verhouding tussen die …

         A     verandering in deursnee en die oorspronklike lengte.

         B     totale lengte en die oorspronklike lengte.

         C     verandering in lengte en die oorspronklike lengte.

         D     verandering in druk (spanning) en die oorspronklike druk (spanning).             (2)

1.6      Krag F1 word op 'n suier, met oppervlakte A1, in 'n hidrouliese sisteem
         toegepas. 'n Ander suier in dieselfde sisteem het oppervlakte A2 en hierdie
         suier kan 'n krag, F2, uitoefen.

         Watter EEN van die volgende vergelykings is volgens Pascal se wet NIE
         KORREK NIE?

         A     F 2 A 2 = F1A1

         B     F1A 2 = F 2 A1

         C     F1 A 1
                 =
               F2 A 2
                                                                                          (2)
                                                                                          (2)
         D     A 2 A1
                  =
               F2   F1                                                                          (2)
                                                                                          (2)

                                                                                                (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         5                      DBE/November 2022
                                               NSS

1.7      Wanneer 'n ligstraal vanaf 'n opties minder digte medium na 'n opties meer
         digte medium beweeg, sal die spoed van die lig …

         A     vermeerder.

         B     verminder.

         C     dieselfde bly.

         D     Geeneen van die bogenoemde nie                                                      (2)

1.8      Die punt waar die ligstrale ontmoet, staan as die … bekend.

         A     fokuslengte

         B     fokuspunt

         C     optiese as

         D     hoofas                                                                              (2)

1.9      Watter EEN van die volgende kombinasies dui die verhouding tussen
         kapasitansie en elektriese lading aan?

                        KAPASITANSIE                    ELEKTRIESE LADING
          A                 verhoog                          verlaag

          B                     verlaag                       bly dieselfde

          C                     verhoog                         verhoog

          D                  bly dieselfde                      verhoog                            (2)

1.10     Die funksie van 'n verhogingstransformator is om …

         A     potensiaalverskil te verhoog.

         B     potensiaalverskil te verlaag.

         C     magnetiese vloed te verhoog.

         D     magnetiese vloed te verlaag.                                                        (2)
                                                                                                   [20]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        6                          DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1      'n 360 kg-krat rus op die agterkant van 'n trok met 'n ruwe oppervlak. Die
         massa van die trok is 4 550 kg en dit beweeg teen 'n spoed van 105 km∙h-1 na
         regs. Die bestuurder trap rem en die trok se spoed verminder tot 62 km∙h-1
         in 7 s.

         2.1.1        Indien die krat nie met toue vasgemaak is nie, verduidelik wat met
                      die krat sal gebeur wanneer die bestuurder rem trap.                         (2)

         2.1.2        NOEM Newton se bewegingswet wat gebruik is om VRAAG 2.1.1
                      te beantwoord en STEL dit in woorde.                                         (3)

         2.1.3        Teken 'n benoemde vrye liggaamdiagram van AL die kragte wat op
                      die krat inwerk soos die bestuurder rem trap.                                (3)

         2.1.4        Bereken die versnelling van die trok terwyl die bestuurder rem trap.         (4)

         2.1.5        Bereken die krag wat deur die remme op die trok toegepas word.               (4)

2.2      Twee speelgoedkarretjies met wrywinglose rollers word aan mekaar
         vasgebind en getrek, soos in die diagram hieronder getoon.

         Die massa van elke karretjie is soos volg: m1 = 0,75 kg en m2 = 0,8 kg
         Die karretjies word met 'n horisontale krag van 6,5 N na regs getrek.

                                           m2            m1

         2.2.1        Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                (2)

         2.2.2        Bereken die versnelling van die sisteem.                                     (4)

         2.2.3        Bereken die krag wat deur karretjie m1 op karretjie m2 uitgeoefen
                      word.                                                                        (3)
                                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                         7                          DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
3.1      'n 160 g-bal, wat teen 'n snelheid van 40 m∙s-1 geboul word, word deur 'n
         krieketkolf getref. Die bal verlaat die krieketkolf teen 'n snelheid van 65 m∙s-1
         in die teenoorgestelde rigting in 'n reguit lyn, soos in die diagram hieronder
         getoon.

         Die kontaktyd tussen die krieketkolf en die krieketbal is 4 x 10-3 s.

                                                     40 m∙s-1

                                                     65 m∙s-1

         3.1.1        Definieer die term impuls.                                                      (2)
         3.1.2        Bereken die impuls van die krieketkolf op die bal.                              (4)
         3.1.3        Bereken die grootte van die netto krag wat op die bal uitgeoefen
                      word.                                                                           (3)
3.2      Twee blokke gly op 'n wrywinglose ys-oppervlak, soos in die diagram
         hieronder getoon.

                                  5 m∙s-1                 2,5 m∙s-1
                                  1 kg                     1,8 kg

                                          Voor botsing

                                     v                     3 m∙s-1
                                   1 kg                    1,8 kg

                                            Na botsing
         3.2.1        Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                    (2)
         3.2.2        Bereken die snelheid van die 1 kg-blok na die botsing.                          (4)
         3.2.3        Bepaal, deur middel van berekeninge, of die botsing hierbo elasties
                      of onelasties is.                                                               (5)
                                                                                                      [20]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                      8                          DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Voorwerp met 'n massa van 2 kg gly teen 'n wrywinglose baan ABC af. Die voorwerp
begin uit rus by punt A. Dit gly dan verby punt B, wat 1,2 m bo die grond is, teen 'n spoed
van 0,88 m∙s-1. Die voorwerp bereik punt C, op die grond, teen 'n onbekende spoed v,
soos in die diagram hieronder getoon.

                                                                        A

                                                   0,88 m∙s-1       B

                                                                   1,2 m

                          v

                                                                                 ground
                                                                                  grond
                          C

4.1      Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.                           (2)

4.2      Bepaal die gravitasie- potensiële energie van die voorwerp by punt B.                   (3)

4.3      Bereken die meganiese energie van die voorwerp by punt B.                               (4)

4.4      Bereken die spoed, v, waarteen die voorwerp punt C bereik.                              (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       9                    DBE/November 2022
                                             NSS

Die diagram hieronder toon 'n hysbak wat met 'n persoon daarbinne opwaarts beweeg.
'n Motor lewer 43 kW om die hysbak met die persoon daarbinne teen 'n konstante
spoed van 2 m∙s-1 te lig. Ignoreer lugweerstand.

                                       2 m∙s-1 T

4.5      Definieer die term drywing.                                                        (2)

4.6      Bereken die grootte van die spanning, T, in die kabel.                             (4)
                                                                                            [19]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                        10                        DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

5.1      'n Vrag veroorsaak 'n spanning van 5,5 x 106 Pa in 'n ronde betonbalk met 'n
         deursnee van 50 cm. Die betonbalk se oorspronklike lengte is 3,5 m.
         Young se modulus vir beton is 85 x 109 Pa.

         5.1.1       Definieer 'n vervormingskrag.                                                (2)

         Bereken die:

         5.1.2       Krag op die balk                                                             (5)

         5.1.3       Rekking (Vervorming) in die balk                                             (3)

         5.1.4       Verandering in lengte van die balk                                           (3)

5.2      Die diagram hieronder toon 'n man wat die kant van 'n motor met 'n hidrouliese
         domkrag oplig. Die inset- en uitsetsuiers se oppervlaktes is onderskeidelik
         4,8 x 10-4 m2 en 6,2 x 10-2 m2.

         5.2.1        Stel Pascal se wet in woorde.                                               (2)

         5.2.2        Indien die man 'n krag van 40 N toepas om die kant van die motor
                      op te lig, bereken die gewig van die motor wat by daardie punt deur
                      die domkrag ondervind word.                                                 (4)
                                                                                                  [19]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                    11                        DBE/November 2022
                                          NSS

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon ligstraal AO wat vanaf 'n glasblok na lug beweeg. Hierdie
verskynsel staan as refraksie bekend.

                                                 C        Glasblok
                                    A

                                             1
                                                 O
                              Lug                2

                                                             B

                                                 D

6.1      Definieer die term refraksie.                                                       (2)

6.2      Skryf die name van die volgende neer:

         6.2.1       Ligstraal AO                                                            (1)

         6.2.2       Ligstraal OB                                                            (1)

         6.2.3       Hoek 1                                                                  (1)

         6.2.4       Hoek 2                                                                  (1)

         6.2.5       Lyn CD                                                                  (1)
                                                                                             [7]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     12                        DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die tabel met prentjies hieronder stel die elektromagnetiese spektrum voor wat van die
laagste frekwensie tot die hoogste frekwensie gerangskik is, genommer 1 tot 7.

   1              2            3         4              5         6            7
 Radio-                              Sigbare       Ultraviolet
  golf                                  lig

7.1       Benoem die straling genommer:

          7.1.1       2                                                                        (1)

          7.1.2       3                                                                        (1)

          7.1.3       7                                                                        (1)

7.2       Noem TWEE gebruike van ultravioletstrale.                                            (2)

7.3       Definieer 'n foton lig.                                                              (2)

7.4       'n Radiostasie saai op 'n frekwensie van 102,5 MHz uit. Bereken die energie
          van die radiogolwe.                                                                  (3)

7.5       Noem enige DRIE kleure in sigbare lig.                                               (3)
                                                                                               [13]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       13                      DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee plate van die parallelplaatkapasitor wat hieronder getoon word, is 6 mm uit
mekaar en het 'n oppervlakte van 5 x 10-2 m2 . 'n Potensiaalverskil van 100 V word oor
die plate van die kapasitor toegepas.

                                                       +        A

                                                       -        B

8.1      Bereken die lading op ELKE plaat.                                                     (5)

8.2      Die afstand tussen die plate word nou verdubbel.

         8.2.1       Hoe sal hierdie verandering die grootte van die kapasitansie
                     beïnvloed? Verwys in die antwoord na die VERHOUDING.                      (2)

         8.2.2       Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.2.1.                                  (2)
                                                                                               [9]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                     14                      DBE/November 2022
                                           NSS

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Elektriese ketel met 'n weerstand van 22 Ω en 'n mikrogolfoond met 'n weerstand
van 44 Ω word in parallel geskakel en die kombinasie word oor 'n 230 V-bron van
spanning gekoppel, soos in die diagram getoon.

                230 V                   22 Ω                44 Ω

Bereken die:

9.1      Totale weerstand van die stroombaan                                            (3)

9.2      Drywing deur die elektriese ketel verbruik                                     (3)

9.3      Warmte wat in 2 minute in die ketel opgewek word                               (3)
                                                                                        [9]

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Leerders het 'n eksperiment uitgevoer om elektromagnetiese induksie met gebruik van
'n magneet en 'n galvanometer te demonstreer.

Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        S

                                 G

10.1     Wat word op die galvanometer waargeneem wanneer die magneet in die
         spoel in beweeg word?                                                          (1)

10.2     Verduidelik die waarneming in VRAAG 10.1.                                      (2)

10.3     NOEM die wet wat gebruik word om hierdie waarneming te verduidelik en
         STEL dit in woorde.                                                            (3)

10.4     Noem DRIE maniere om die uitwyking op die galvanometer te vergroot.            (3)
                                                                                        [9]

                                                                         TOTAAL:        150
Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                                          DBE/November 2022
                                                   NSS

                            DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                          PAPER 1

                    GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                    VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

           NAME/NAAM                          SYMBOL/SIMBOOL          VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                    g                         9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                    c                      3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                    h                      6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Electron mass
                                                    me                     9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Permittivity of free space
                                                    ԑo                    8,85 x 10-12 F.m-1
Permatiwiteit van vrye spasie

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet  ma                                          p  mv
fs max = μsN                                       fk = μk N
Fnet Δt = Δp
                                                   Fg  mg
Δp = mv f - mvi
      Δv                                                L e
 a                                                MA = E  I
      Δt

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
W  Fx cos                                       U  mgh        or/of      EP  mgh

     1                                1                  W
K     mv2          or/of      Ek      mv2        P
     2                                2                  t

Pave = Fvave    /     Pgemid = Fvgemid             ME = Ek + Ep

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                                 DBE/November 2022
                                       NSS

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA
       F
                                           Δ
       A                               ε
                                             L
σ                                      F1  F
  K                                       2
ε                                      A1 A 2
      F
P=                                     P = ρgh
      A

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
     Q                                       V
C                                     E
     V                                       d

     εο Α                      κεο Α
C              or/of     C
      d                          d

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
   V
R=
   I

R s  R1  R 2  ...
 1    1     1                          q =I t
              ...
R p R1 R 2

W = VQ                                       W
                                       P
                                             Δt
W = VI  t
                                       P = VI
W = I2R  t
                                       P = I2R
     V Δt2
W=                                           V2
      R                                P
                                             R

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V1                       DBE/November 2022
                                NSS

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

  BA                                   Δ
                                 ɛ =N
                                         Δt

Vs Ns
  
Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                                   1
 vf                           T
                                   f
                    c
 E  hf  or/of Eh
                    

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Technical Sciences P1 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2022-afr-1/10c5854c-78fe-46e5-9545-0e11e37f2716) — Technical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Technical Sciences P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-nov-2022-eng/3ffeae73-e7b8-418b-bd20-709887660eff) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [Technical Sciences P2 Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-nov-2022-afr/81538c33-f826-4a33-962f-ef128abdf744) — Technical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Technical Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-nov-2022-eng/32637413-fcc5-49f0-bdf1-b0266bab109d) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [TECHNICAL SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2022 English](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-qp-gr12-sept2022-english/63d218ee-4843-43fe-a524-f271cef165f2) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng
- [TECHNICAL SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2022 English Deaf](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-qp-gr12-sept2022-english-deaf/f6f6becc-9762-43fb-a195-a3e9a0dd825a) — Technical Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Grade 12 Technical Sciences P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2026-nsc-november-mock-exam-memorandum-paper-1/5543b9af-5bb3-4e43-95e3-ad6028ca21e8) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
