# Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-afrikaans-june-2025-question-paper/d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P2 Gauteng June 2025 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-afrikaans-june-2025-question-paper/d058d4d6-1a04-4407-8a1c-9187d5e524ea)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
    GRAAD 12

       2025

TEGNIESE WETENSKAPPE

    (VRAESTEL 2)

              TYD:     1½ uur

              PUNTE:   75

              11 bladsye + 2 gegewensblaaie

                                    Blaai om asseblief

### Page 2

TEGNIESE WETENSKAPPE                              2
                                         (VRAESTEL 2)                       GR12 0625

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. Beantwoord AL die vrae in die
     ANTWOORDBOEK.
2.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.
3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.
4.   Laat EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.
5.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
6.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.
7.   Toon ALLE formules en invervangings in ALLE berekeninge.
8.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke af.
9.   Gee kort motiverings, besprekings, ens. waar nodig.
10. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

TEGNIESE WETENSKAPPE                                 3
                                        (VRAESTEL 2)                       GR12 0625

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(1.1 tot 1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.6 D.

1.1 Beskou die vloeidiagram hieronder:

     Verbinding X is:

     A          Butyn
     B          Butan-1-ol
     C          Butaan
     D          2-Metielpropaan                                                        (2)

1.2 Die versadigde koolwaterstof, met geen syketting, wat 'n hoofketting van 5
    koolstofstowwe het, is:

     A          Metielbutaan
     B          Pentaan
     C          Metaan
     D          Etaan                                                                  (2)

1.3 Die temperatuur waar die vaste stof en vloeistof fases van 'n stof in ewewig is,
    staan bekend as:

     A          Kookpunt
     B          Dampdruk
     C          Smeltpunt
     D          Viskositeit                                                            (2)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

TEGNIESE WETENSKAPPE                                 4
                                      (VRAESTEL 2)                     GR12 0625

1.4   Watter van die volgende algemene formules stel alkene voor?

      A      CnH2n+2
      B      CnH2n
      C      CnH2n-1
      D      CnH2n-2                                                                 (2)

1.5   Watter van die volgende kombinasies word as intrinsieke halfgeleiers beskou?

       A        Diamant              Silikon           Magnesium

       B       Germanium            Grys tin             Silikon

       C         Fosfor             Diamant              Grys tin

       D         Silikon              Boor               Gallium
                                                                                   (2)
                                                                                  [10]

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

TEGNIESE WETENSKAPPE                              5
                                            (VRAESTEL 2)                       GR12 0625

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Beskou die organiese verbindings wat deur die letters A tot F hieronder voorgestel word
en beantwoord die vrae wat volg.

2.1 Definieer die term homoloë reeks.                                                             (2)

2.2 Bestudeer verbinding D.

     2.2.1   Teken die struktuurformule van die verbinding.                                       (2)
     2.2.2   Is dit 'n VERSADIGDE of 'n ONVERSADIGDE koolwaterstof?                               (1)

2.3 Skryf die letter/s (A – F) neer wat elk van die volgende verteenwoordig:

     2.3.1   'n Ketoon                                                                            (1)
     2.3.2   'n Haloalkaan                                                                        (1)
     2.3.3   Die twee funksionele isomere                                                         (2)

2.4 Is verbinding F 'n PRIMÊRE, SEKONDÊRE of TERSIÊRE alkohol? Gee 'n rede vir
    die antwoord.                                                                                 (2)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

TEGNIESE WETENSKAPPE                          6
                                           (VRAESTEL 2)                 GR12 0625

2.5 Skryf neer die:

     2.5.1   IUPAC naam vir verbinding A                                                     (2)
     2.5.2   Gee die NAAM van die FUNKSIONELE GROEP van verbinding C.                        (1)

2.6 Vir verbinding E, as X deur die getal 2 voorgestel word:

     2.6.1   Skryf die NAME van die TWEE HOMOLOË REEKSE neer wat deur
             verbinding E voorgestel kan word.
                                                                                             (2)
     2.6.2   Teken onderskeidelik die STRUKTUURFORMULE van die FUNKSIONELE
             GROEP vir elke homoloë reeks in VRAAG 2.6.1.                                 (2)
                                                                                         [18]

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

3.1 Die IUPAC-naam van 'n organiese verbinding is 2-bromo-4-metielpentaan.

     3.1.1   Skryf die NAAM neer van die HOMOLOË REEKS waaraan die bogenoemde                (1)
             verbinding behoort.

     3.1.2   Teken die STRUKTUURFORMULE van die molekuul hierbo.                             (3)
3.2 Die molekuul hieronder het een posisionele isomeer.

     3.2.1   Definieer die term posisionele isomeer.                                         (2)

     3.2.2   Skryf die algemene formule van die bogenoemde molekule neer.                    (1)

     3.2.3   Skryf die IUPAC-naam van die POSISIONELE ISOMEER van die
             bogenoemde molekuul neer.                                                       (2)

     3.2.4   Teken die STRUKTUUR FORMULE van die molekuul genoem in
             VRAAG 3.2.3.                                                                    (1)

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

TEGNIESE WETENSKAPPE                             7
                                          (VRAESTEL 2)                     GR12 0625

3.3 Beskou die struktuurformule hieronder.

     3.3.1   Skryf die MOLEKULÊRE FORMULE van die bogenoemde molekule neer.                    (1)

     3.3.2   Skryf die IUPAC-naam van die molekule hierbo.                                  (2)
                                                                                           [13]

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die verband tussen die kookpunt en die aantal koolstofatome in reguitkettingmolekule van
alkane, karboksielsure en alkohole word ondersoek. Kurwes P, Q en R word verkry.

4.1 Definieer die term kookpunt.                                                            (2)

4.2 Vir kurwe Q, skryf 'n gevolgtrekking neer wat uit die bogenoemde resultate gemaak
    kan word.                                                                                  (1)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

TEGNIESE WETENSKAPPE                               8
                                             (VRAESTEL 2)                        GR12 0625

4.3 Identifiseer die kurwe (P, Q of R) wat elk van die volgende verteenwoordig:

        4.3.1     Alkane                                                                            (1)
        4.3.2     Karboksielsure                                                                    (1)

4.4 Verduidelik die antwoord op VRAAG 4.3 deur te verwys na die TIPES
    INTERMOLEKULÊRE KRAGTE, DIE STERKTE VAN DIE INTERMOLEKULÊRE
    KRAGTE en die ENERGIE wat vereis word.

                                                                                                    (3)
4.5 Watter homoloë reeks sal die hoogste dampdruk hê? Skryf slegs ALKAAN,
    KARBOKSIELSUUR of ALKOHOL neer.
                                                                                                    (1)
4.6 Is die homoloë reeks wat in VRAAG 4.5 geïdentifiseer is 'n KOOLWATERSTOF of
    nie? Skryf JA of NEE. Verduidelik die antwoord.                                              (2)
                                                                                                [11]

V   VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die vloeidiagram hieronder wys hoe 'n alkeen in ander organiese verbindings omgeskakel
kan word.

5.1       Identifiseer die TIPE reaksie wat deur die volgende voorgestel word:

          5.1.1    Reaksie 1                                                                        (1)
          5.1.2    Reaksie 3                                                                        (1)

5.2       Skryf EEN reaksietoestand neer wat vereis word vir reaksie 1.                             (1)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

TEGNIESE WETENSKAPPE                                 9
                                            (VRAESTEL 2)                          GR12 0625

5.3    Skryf die FORMULE neer van EEN ander reaktant wat nodig is vir reaksie 2 om
       plaas te vind.                                                                                (1)

5.4    Vir reaksie 3, skryf 'n gebalanseerde vergelyking neer deur MOLEKULÊRE
       FORMULES vir die organiese verbindings te gebruik.                                            (3)

5.5    Sasol, 'n internasionale geïntegreerde chemiese en energiemaatskappy, is 'n
       toonaangewende verskaffer van kommoditeitspolimere. Hierdie polimere is geskik
       vir 'n wye reeks nywerhede, insluitend verpakking, vervoer, landbou en konstruksie,
       sowel as vir mediese, persoonlike sorg en huishoudelike toepassings.

       Politeen, ook bekend as poliëtileen, word vervaardig en gebruik in 'n wye reeks
       toepassings binne hierdie industrieë soos krimpfilm, lamineringsfilm,
       plastiekbottels, botteldoppies, verpakking vir huishoudelike chemikalieë en
       kosmetiese produkte, swembadpype en meer.
                                                            [Bron: https://products.sasol.com]

       .

5.5.1 Definieer die term polimeer.                                                                   (2)

5.5.2 Teken die struktuurformule van die monomeer wat in politeen gebruik word.                      (2)

5.5.3 Gee EEN rede waarom krimpfilm in die landbou gebruik word?                                  (1)
                                                                                                 [12]

                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

TEGNIESE WETENSKAPPE                               10
                                           (VRAESTEL 2)                       GR12 0625

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Lees die volgende opsomming geneem uit Circuits Today, gepubliseer op 21 Maart 2011,
wat die skepping van die p-n-aansluiting van 'n LED verduidelik.

Galliumarsenied (GaAs) is 'n saamgestelde halfgeleier wat gedefinieer kan word as 'n
halfgeleier gemaak van 'n verbinding van twee elemente (in teenstelling met silikon, wat
'n enkel-element halfgeleier is).

FIGUUR 6 hieronder toon die rangskikking van atome in 'n galliumarsenied-
substraatmateriaal.

       FIGUUR 6: Rangskikking van atome in ’n galliumarsenied-substraatmateriaal
                                                [Bron: www.Circuits Today.com]

Dit is nodig om onsuiwerhede by die semi-isolerende GaAs-materiaal in te voeg om die
skepping van 'n pn-aansluiting vir LED's te vergemaklik.

Silikon word by die galliumarsenied gevoeg om die n-tipe kant van die pn-aansluiting te
skep, en Berillium word gebruik om die p-tipe kant te skep.

6.1   Definieer die term halfgeleier.                                                        (2)

6.2   Wat is die NAAM van die PROSES wanneer 'n onsuiwerheid by 'n halfgeleier
      gevoeg word, soos in die onderstreepte deel van die sin onder FIGUUR 6 gestel
      word?                                                                                  (1)

6.3   Verduidelik wat met 'n p-tipe halfgeleier bedoel word.                                 (2)

6.4   Wat word die gebied genoem waar die p- en n-tipe halfgeleiers bymekaarkom om
      die pn-aansluiting te vorm?                                                            (1)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

TEGNIESE WETENSKAPPE                        11
                                      (VRAESTEL 2)                  GR12 0625

6.5     Die Galliumarsenied waarin onsuiwerhede bygevoeg is, word nou aan 'n
        eksterne kragbron gekoppel soos hieronder getoon.

                                X

6.5.1   Teken die SIMBOOL oor in die diagram wat die LED aandui, en BENOEM die
        katode en anode.                                                          (2)

6.5.2   Verduidelik hoekom dit belangrik is dat KOMPONENT X by die stroombaan     (1)
        gevoeg moet word?

6.5.3   Identifiseer die TIPE VOORSPANNING wat gevorm word wanneer die LED aan    (1)
        die kragbron gekoppel is soos in die diagram aangedui.

6.5.4   Gee EEN werklike toepassing van LED's.                                    (1)
                                                                                 [11]

                                                                     TOTAAL:      75

                                                                                 EINDE

### Page 12

TEGNIESE WETENSKAPPE                        1
                                     (VRAESTEL 2)                   GR12 0625

                       DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                      PAPER 2
                    GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                     VRAESTEL 2
              TABLE 1/TABEL 1: PHYSICAL CONSTANTS/FISIESE KONSTANTES

NAME/NAAM                    SYMBOL/SIMBOOL                  VALUE/WAARDE
Standard pressure
Standaarddruk                            𝑝                        1,01 × 10 𝑃𝑎

Standard temperature
                                        𝑇                          273 𝐾/0 𝐶
Standaardtemperatuur

TABLE 2/TABEL 2: FORMULAE/FORMULES

          𝐸     =𝐸        −𝐸                       /𝐸   =𝐸        −𝐸

                                      or/of

          𝐸     =𝐸         −𝐸                     /𝐸    =𝐸         −𝐸
Emf/Emk
                                      or/of

          𝐸     =𝐸              −𝐸                /𝐸    =𝐸              −𝐸

### Page 13

TEGNIESE WETENSKAPPE                                                         2
                                                                                                                                                      (VRAESTEL 2)                                             GR12 0625

                                 TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
       1                2            3              4               5           6           7            8           9           10          11           12           13            14          15           16           17      18
      (I)              (II)                                                                                                                                           (III)         (IV)         (V)         (VI)         (VII)   (VIII)
                                                                                                 Atomic number/
                                                             KEY/SLEUTEL                           Atoomgetal
            1                                                                                                                                                                                                                       2
2,1         H                                                                                                                                                                                                                      He
            1                                                                                           29                                                                                                                          4
                                                               Electro negativity/                                       Symbol/
            3             4                                    Elektronegatiwiteit                1,9   Cu               Simbool                                         5             6           7            8            9     10
1,0         Li   1,5     Be                                                                                                                                     2,0     B     2,5     C    3,0    N    3,5     O    4,0     F      Ne
            7             9                                                                             63,5                                                            11            12          14           16           19     20
        11               12                                                                                                                                             13            14          15           16           17     18
                                                                                Approximate relative atomic mass/
0,9     Na       1,2     Mg                                                                                                                                     1,5     Aℓ    1,8     Si   2,1    P    2,5     S    3,0     Cℓ     Ar
        23               24                                                     Benaderde relatiewe atoommassa                                                          27            28          31           32          35,5    40
        19               20              21             22          23          24          25           26          27           28          29          30            31           32           33          34            35     36
0,8     K        1,0     Ca    1,3       Sc   1,5       Ti    1,6   V     1,6   Cr    1,5   Mn    1,8    Fe    1,8   Co    1,8    Ni   1,9    Cu    1,6   Zn    1,6     Ga    1,8    Ge    2,0    As   2,4    Se    2,8     Br     Kr
        39               40              45             48          51          52          55           56          59           59         63,5         65            70           73           75          79            80     84
        37                38             39             40          41          42          43            44          45          46          47           48           49            50          51           52           53      54
0,8     Rb       1,0      Sr   1,2       Y    1,4       Zr          Nb    1,8   Mo    1,9   Tc    2,2    Ru    2,2   Rh    2,2   Pd    1,9   Ag     1,7   Cd    1,7     In    1,8    Sn    1,9   Sb    2,1    Te    2,5      I     Xe
        86                88             89             91          92          96                       101         103         106         108          112          115           119         122          128          127     131
        55                56          57             72              73          74          75           76          77          78          79           80           81            82          83          84            85     86
       Cs                Ba          La              Hf             Ta           W          Re           Os           Ir          Pt         Au           Hg            Tℓ           Pb           Bi          Po            At     Rn
0,7              0,9                          1,6                                                                                                               1,8           1,8          1,9         2,0          2,5
       133               137         139            179             181         184         186          190         192         195         197          201          204           207         209

        87                88             89
0,7     Fr       0,9     Ra              Ac
                         226

                                                                     58          59          60          61           62          63          64           65           66            67          68           69           70       71
                                                                    Ce           Pr         Nd           Pm          Sm          Eu          Gd           Tb           Dy            Ho           Er          Tm           Yb       Lu
                                                                    140         141         144                      150         152         157          159          163           165         167          169          173      175

                                                                     90         91           92          93          94          95          96           97            98           99          100          101          102      103
                                                                    Th          Pa           U           Np          Pu          Am          Cm           Bk            Cf           Es          Fm           Md           No        Lr
                                                                    232                     238

## Related documents

- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Technical Sciences · Memo · 2025 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-afrikaans/c2418936-6b5b-4361-871e-7ce472a8d09e) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-technical-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/b8d52384-7857-495c-a182-6450e3423ff0) — Technical Sciences · QP · 2021 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-sept2020-afrikaans/511ff38b-2c95-457c-8d2f-6e6fdc58e39b) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Tech SC P2 (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p2-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/5990a000-e97b-4403-abaf-73b0a269a563) — Technical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p2-afrikaans-2024-possible-answers/c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
