# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/toerisme-gr12-qp-sept-2015-afr/9ca14965-c4e0-46de-b8fd-17f386a2047e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/toerisme-gr12-qp-sept-2015-afr/9ca14965-c4e0-46de-b8fd-17f386a2047e)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2015

                           TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                             *TRSMDM*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 28 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.      ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

3.      Begin ELKE VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

4.      Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.      Skryf netjies en leesbaar.

6.      Die volgende tabel is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
        afdeling in te deel.

        AFDELING        VRAAG          ONDERWERP             PUNTE         TYD

              A             1        Kortvrae               40 punte   20 minute

                                     Kaartwerk en
                            2
                                     Toerbeplanning
              B                                             50 punte   50 minute
                                     Buitelandse
                            3
                                     Valutaverhandeling

                            4        Toerisme Attraksies

                                     Kultuur- en
              C             5                               50 punte   50 minute
                                     Erfenistoerisme

                            6        Bemarking

                            7        Toerisme Sektore

              D                      Volhoubare en          30 punte   30 minute
                            8        Verantwoordelike
                                     Toerisme

                                     Plaaslike-, Streeks-
                            9        en Internasionale
                                     Toerisme
              E                                             30 punte   30 minute
                                     Kommunikasie en
                           10
                                     Kliëntediens

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       TOERISME                                            3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1     Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.21 A.

        1.1.1         Watter EEN van die volgende is NIE ŉ aanlynroetebeplanner,
                      wat beskikbaar is om reisigers te help met die beplanning van
                      hulle toer NIE?

                      A    Galileo GVS
                      B    TomTom
                      C    TripTik
                      D    AAA.com

        1.1.2         Watter EEN van die volgende onvoorsienbare omstandighede,
                      wat die toerismebedryf van ŉ land beïnvloed, kan as ŉ natuurlike
                      ramp beskou word?

                      A    Vlugvertragings
                      B    Arbeidstaking in die land wat besoek word
                      C    Aardbewings
                      D    Globale resessie

        1.1.3         ŉ Verpligte inenting wanneer daar na Zambië gereis word:

                      A    Hepatitis A
                      B    Hondsdolheid
                      C    Geelkoors
                      D    Cholera

        1.1.4         ŉ Suid-Afrikaanse verbruikerskou wat fokus op die promosie van
                      plaaslike- en streeksreise, wat die natuur-, buitelewe- en
                      avontuurreissegmente teiken:

                      A    Toerisme-Indaba
                      B    Grahamstadfees
                      C    Getaway-skou
                      D    TBCSA

        1.1.5         Die maksimum bedrag, in rand, wat ŉ Suid-Afrikaanse burger
                      wat oorsee reis, per jaar kan ruil vir buitelandse valuta:

                      A    R1 000 000
                      B    R5 000
                      C    R25 000
                      D    R160 000

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                          TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2015)

        1.1.6        ŉ Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisterrein wat voldoen aan die
                     kriteria van UNESCO vir die behoud van belangrike en
                     betekenisvolle habitats vir die bewaring van biologiese
                     diversiteit:

                     A     Kruger Nasionale Park
                     B     Kaapse Blommeryk
                     C     Baviaanskloof Natuurreservaat
                     D     Richtersveld Kulturele- en Botaniese Landskap

        1.1.7        Wanneer doeane genader word, volg die rooiroete indien …

                     A     jy niks het om te verklaar nie.
                     B     jy nie enige goedere of geskenke namens iemand dra nie
                     C     jy nie strokies van goedere wat jy oorsee gekoop het,
                           gehou het nie.
                     D     jy nie goedere binnebring wat jy gekoop het met die doel
                           om te verkoop nie.

        1.1.8        Toerismemarkte wat as minder aantreklik beskou word, maar
                     tog maklik ontwikkel kan word, word … genoem.

                     A     strategiese middelpunte
                     B     dophou-markte
                     C     beleggingsmarkte
                     D     taktiese markte

        1.1.9        Die tyd in New York in die somer indien dit 15:00 in Suid-Afrika
                     is:

                     A     21:00
                     B     09:00
                     C     22:00
                     D     08:00

        1.1.10       Mense wat in die toerismebedryf werk en die S.A. Toerisme se
                     aanlyn S.A. Spesialisopleidingsprogramme voltooi het, staan as
                     … bekend

                     A     fundi’s
                     B     bhuti’s
                     C     bahlobo’s
                     D     khwela’s

        1.1.11       Mekka, die heiligste stad van die Islamitiese geloof, is in …
                     geleë.

                     A     Turkye
                     B     Saoedi-Arabië
                     C     Jordanië
                     D     Israel

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       TOERISME                                             5

        1.1.12        ŉ Reisiger wissel ZAR 20 000 vir USD as die wisselkoerse soos
                      volg is:

                          GELDEENHEID                 BAK/BKK              BVK
                      Amerikaanse Dollar (USD)         10,49               10,82

                      Hoeveel USD sal hy ontvang?

                      A    $209,80
                      B    $1 848,42
                      C    $216,80
                      D    $1 906,57

        1.1.13        Identifiseer EEN van die volgende wat NIE ŉ voorbeeld van
                      korporatiewe identiteit is NIE.

                      A    Logo
                      B    Maatskappywebwerf
                      C    Maatskappyskryfbehoeftes
                      D    Plakkate

        1.1.14        Die evaluering van die effek van ŉ toerisme-ontwikkeling of
                      gebeurtenis op die omgewing staan as ŉ … bekend.

                      A    omgewingsimpakstudie
                      B    omgewingsevalueringsimpak
                      C    omgewingsimpak evaluering
                      D    omgewingsevaluering assessering

        1.1.15        Watter van die volgende is ŉ BSEB-element?

                      A    Voorkeurverkryging
                      B    Lekkasie
                      C    Effektiewe bestuur van omgewingsimpakte
                      D    Openbare deelname

        1.1.16        ŉ Voordeel van kredietkaartgebruik as vorm van betaling tydens
                      internasionale reis, is dit …

                      A    is terugbetaalbaar indien dit gesteel word.
                      B    word deur kleiner winkels en straatverkopers aanvaar.
                      C    kan gebruik word vir groot betalings.
                      D    verval nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                          TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2015)

        1.1.17       Watter van die volgende is NIE ŉ bemarkingsplatform om
                     omgewings- en sosiaalbewuste toeriste te lok NIE?

                     A     www.greenglobe.com
                     B     responsibletravel.com
                     C     www.info.gov.za
                     D     www.fairtourismsa.org.za

        1.1.18       Die eerste twee stappe in die analise van kliënteterugvoering is:

                     A     Versamel die terugvoerdata en identifiseer die
                           algemeenste klagtes
                     B     Identifiseer die algemeenste klagtes en besluit op ŉ plan
                           van aksie
                     C     Bestudeer die terugvoerdata en besluit op ŉ plan van
                           aksie
                     D     Identifiseer die algemeenste klagtes en begin met die
                           intervensieproses

        1.1.19       ŉ Toeris van Australië besoek Suid-Afrika. Tydens sy besoek
                     spandeer hy geld op verblyf, vervoer en aktiwiteite. Hierdie
                     toeris dra by tot Suid-Afrika se …

                     A     BSEB.
                     B     ZAR.
                     C     BBP.
                     D     BVK.

        1.1.20       Hierdie land word as ŉ opkomende mark deur Suid-Afrikaanse
                     toerisme beskou:

                     A     Verenigde Koninkryk
                     B     China (Sjina)
                     C     Verenigde State van Amerika
                     D     Duitsland                                         (20 x 1)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                     TOERISME                                       7

1.2     Kies ŉ logo van ŉ globale gebeurtenis in KOLOM B wat die beskrywing in
        KOLOM A die beste beskryf. Skryf slegs die letter (A–E) langs die
        vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 F.

                         KOLOM A                          KOLOM B
        1.2.1     ŉ Groot internasionale multi-     A
                  sport-gebeurtenis wat op sneeu
                  en ys vierjaarliks plaasvind

        1.2.2     ŉ Jaarlikse Grand Slam            B
                  wêreldgebeurtenis by die All
                  England Club, waartydens
                  toeskouers tradisioneel aarbeie
                  en room eet

        1.2.3     Die oudste ultramarathon in die   C
                  wêreld wat jaarliks bykans
                  20 000 deelnemers lok

        1.2.4     ŉ Jaarlikse internasionale        D
                  sportgebeurtenis wat ongeveer
                  drie weke duur en uit
                  verskillende skofte bestaan

        1.2.5     Word elke vierde jaar in          E
                  verskillende stede gehou.
                  Hierdie multi-sport-gebeurtenis
                  was voorheen as die British
                  Empire Games bekend

                                                                        (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2015)

 1.3    Kies ŉ term uit die onderstaande lys wat die volgende beskrywings die
        beste beskryf. Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5)
        in die ANTWOORDEBOEK neer.

          vermenigvuldigingseffek; wisselkoers; koopkrag van ŉ geldeenheid;
              ŉ swak rand; vermenigvuldig; deel; wisselkoersskommeling;
                              bruto binnelandse produk.

        1.3.1   ŉ Sterk rand maak dit vir Suid-Afrikaanse reisigers bekostigbaar
                om oorsee te reis

        1.3.2   Wanneer buitelandse valuta na rand omgeskakel word

        1.3.3   ŉ Impak op die geldeenheid as gevolg van ŉ politieke situasie in ŉ
                land

        1.3.4   Geld vloei deur die ekonomie en bevoordeel verskeie
                organisasies

        1.3.5   Internasionale besoekers kan bekostig om meer tyd in Suid-Afrika
                deur te bring en sal meer geld hê om te spandeer          (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                    TOERISME                                              9

1.4     Hieronder is ŉ versameling van foto’s wat toerisme ikone en
        besienswaardighede vertoon. Bestudeer die versameling en kies die foto
        wat die onderstaande beskrywings die beste pas. Skryf slegs die letter
        (A–H) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
        neer, bv. 1.4.6 J.

        1.4.1    Toeriste wat hierdie bekende besienswaardigheid in Londen
                 besoek, sal die Britse kroonjuwele kan besigtig.

        1.4.2    Hierdie sluimerende vulkaan is die hoogste berg in Japan.

        1.4.3    ŉ Bekende terrein in Jerusalem, wat ŉ gebedsplek vir Jode en
                 Joodse pelgrims is.

        1.4.4    Gebou ter nagedagtenis van die godin Athena, het hierdie tempel
                 ŉ simbool van Griekeland geword.

        1.4.5    Hierdie skouspelagtige natuurlike landskap in Australië is die
                 geestelike tuiste van die Anangu-inboorlingstam.             (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                        TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2015)

1.5     Die onderstaande vloeidiagram beskryf die Billike Handel (Fair Trade)
        Beginsels van Calabash Tours (Toere).

        Kies ŉ beginsel uit die lys hieronder wat die beskrywing in die
        vloeidiagram die beste pas. Skryf slegs die beginsel langs die
        vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        Demokrasie; Betroubaarheid; Billike aandeel; Respek; Volhoubaarheid

        1.5.1                   1.5.2                    1.5.3

        Calabash Tours is       Inkomste word in         Calabash Tours verseker
        bekend vir die          direkte verhouding,      dat hul toere nie ŉ
        lewering van            tot hulle bydrae tot     negatiewe sosiale impak,
        kwaliteit,              die toere, tussen        op die kultuur spesifiek
        volgehoue               personeellede van        van die
        diens aan alle          Calabash Tours           gasheergemeenskap, sal
        kliënte.                gedeel.                  hê nie.

        1.5.5                                          1.5.4

        Calabash Tours het ŉ kern                      Alle personeellede van
        kwaliteit personeellede uit die                Calabash Tours het die
        gemeenskap deur die bou van                    geleentheid om ŉ bydrae te
        kapasiteit en die verbeterde                   lewer. Die maatskappy is
        gebruik van hulpbronne                         ook baie ingesteld op
        opgebou. Personeel word                        samewerking tussen alle
        bemagtig deur                                  personeellede.
        vaardigheidsontwikkeling.
                                                                             (5 x 1)     (5)

                                                           TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                     TOERISME                                           11

AFDELING B:           KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                      VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

Lees die gevallestudie deeglik deur en gebruik die wêreldtydsonekaart wat
voorsien word, om die onderstaande vrae te beantwoord. Toon alle berekeninge.

Dr. Adams en sy vrou van Pretoria, is ŉ afgetrede paartjie wat baie graag oorsee
wil reis. Hulle spaar reeds ŉ geruime tyd vir hul vakansie en beplan ŉ toer om hul
30ste huweliksherdenking te vier. Hul dogter en haar man, saam met hul drie
kinders, woon in Londen, Engeland.

Dr. Adams en sy vrou beplan om gedurende Junie na Londen te vlieg en ŉ week
by hul familie tuis te gaan.             In Londen beplan hulle om sekere
besienswaardighede te besoek. Hulle sou graag Buckingham paleis, Die Toring
van Londen en London Eye wil besoek. Daarna wil hulle graag na Frankryk vlieg
en ŉ week in Parys deurbring. Tydens hul besoek in Frankryk wil hulle graag die
Eiffel-toring, die Louvre, Arc de Triomphe en die Notre Dame-katedraal besoek.
Na hul toer wil hulle terugkeer huis toe na Suid-Afrika.

Vluginligting:

Lugredery:

Vlugklas:                  Ekonomies            Ekonomies            Ekonomies

                                                                      Parys,
Stad en lughawe           Johannesburg,         Londen,
                                                                 Charles de Gaulle
van vertrek:              OR Tambo Intl.        Heathrow
                                                                        Intl.
                                                 Parys,
Stad en lughawe             Londen,                                Johannesburg,
                                            Charles de Gaulle
van aankoms:                Heathrow                               OR Tambo Intl.
                                                   Intl.
                             Vrydag,             Vrydag,              Vrydag,
Dag, datum en tyd
                             06 Junie           13 Junie              20 Junie
van vertrek:
                              19:50               13:45                18:30
Dag en datum van            Saterdag,              Vrydag,            Saterdag,
aankoms:                    07 Junie               13 Junie           21 Junie

Tydsduur van
                             11h35m                01h15m             13h05m
vlug:

Koste:                        ZAR 12 033 p.p./Alle belasting en fooie ingesluit

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             TOERISME        (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                       TOERISME                                         13

2.1     Met die finalisering van die vlugbesprekings moet me. Adams haar dogter
        in Londen inlig oor die vlugbesonderhede. Sy skakel om 12:00 SAST
        (Suid-Afrikaanse Standaardtyd) op 31 Mei. Onthou dat Londen
        Dagligbesparingstyd (DBT) gebruik.

         2.1.1   Gee EEN voordeel van die gebruik van Dagligbesparingstyd (DBT)
                 vir ŉ land.                                                              (1)

         2.1.2   Bereken die tyd en dag in Londen wat me. Adams se dogter die
                 oproep, soos vermeld in VRAAG 2.1 sal ontvang.                           (5)

2.2     Bereken die tyd van dr. en me. Adams se aankoms in Londen.                        (5)

2.3     Tydens hul besoek in Londen, wil dr. Adams ŉ oproep na sy suster in
        Sydney, Australië op Sondag, 8 Junie maak, om haar met haar
        verjaarsdag geluk te wens. Hy sal die oproep om 12:00 vanuit Londen
        maak.

        2.3.1    Bereken die tyd en dag waarop dr. Adams se suster die oproep in
                 Sydney sal ontvang.                                                      (5)

        2.3.2    Dui aan of hierdie ŉ geskikte tyd vir dr. Adams is om die oproep te
                 maak. Motiveer jou antwoord.                                             (2)

2.4     Bereken die aankomstyd van dr. en me. Adams by OR Tambo
        Internasionale lughawe na hul vakansie.                                           (5)

2.5     2.5.1    Met hul terugkeer na Suid-Afrika sal die paartjie op ŉ 13h05m
                 lange vlug gewees het. Voltooi die onderstaande tabel aangaande
                 die moontlike toestande waaraan hulle kan ly deur slegs die
                 nommer en korrekte antwoord te verskaf.

               Toestand                    Oorsake                 Simptome
        Vlugvoosheid              (i)                       (ii)
        Vluguitputting            (iii)                     (iv)
                                                                              (4 x 1)     (4)

        2.5.2    Bepaal watter EEN van die toestande soos genoem in
                 VRAAG 2.5.1 die reisigers heelwaarskynlik sal affekteer.                 (1)

2.6     Dr. en me. Adams moet visums bekom ten einde Engeland en Frankryk te
        betree.

        2.6.1    Verduidelik die term “visum”.                                            (2)

        2.6.2    Identifiseer die plek waarheen hulle moet gaan om vir ŉ visum
                 aansoek te doen.                                                         (1)

        2.6.3    Noem die tipes visum waarvoor die paartjie moet aansoek doen
                 om toegang tot Engeland en Frankryk te kry.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2015)

 2.7    Me. Adams wil ŉ paar Suid-Afrikaanse geskenke vir haar familie vat. Sy
        koop ŉ kilogram biltong vir haar skoonseun en 3 liter Stellenbosch wyn vir
        haar dogter.

        2.7.1   Watter raad sal jy aan me. Adams gee aangaande die roete wat
                sy moet volg wanneer sy doeane nader?                                  (1)

        2.7.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.7.1.                                  (2)

 2.8    Tydens hul besoek in Frankryk, sal die paartjie van openbare vervoer
        gebruik maak en sal ook stap na die besienswaardighede wat hulle wil
        besoek. Alhoewel Frankryk redelik veilig is, moet hulle tog versigtig wees
        om enige kriminele aktiwiteite te vermy.

        Adviseer die paartjie deur EEN veiligheidswenk by elk van die volgende
        plekke te gee:

        2.8.1   Hotelle                                                                (1)

        2.8.2   Openbare plekke                                                        (1)

 2.9    Dr. Adams oorweeg dit om tydens hul besoek aan Engeland, van sy
        skoonseun se motor gebruik te maak. Identifiseer die dokument wat
        dr. Adams moet bekom indien hy sy skoonseun se motor tydens die
        vakansie wil bestuur.                                                          (1)
                                                                                      [39]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  TOERISME                                            15

 VRAAG 3

 Voor hul vertrek sal dr. Adams (verwys na die uittreksel in VRAAG 2)
 ZAR 50 000,00 wissel vir die vakansie. ZAR 15 000,00 sal vir GBP gewissel word
 en die res vir euros. Vlug- en akkommodasiekoste in Parys sal voor hul vertrek
 elektronies betaal word.

 Die wisselkoerse is soos volg:

      GELDEENHEID                   BAK/BKK                       BVK
 Britse Sterling (GBP £)             17,44                        18,18
 Euro (EUR €)                        14,39                        15,00

 3.1    Adviseer dr. Adams oor die beste plek waar hy voor sy vertrek, sy ZAR vir
        buitelandse valuta kan wissel.                                                 (2)

 3.2    Bereken die bedrag wat die paartjie sal ontvang wanneer hulle hul ZAR
        wissel vir:

        3.2.1         GBP                                                              (3)

        3.2.2         Euros                                                            (3)

 3.3    Met hul terugkeer het dr. Adams €15 oor. Hy wissel die bedrag vir rand.
        Bereken hoeveel hy in ZAR sal ontvang.                                         (3)
                                                                                      [11]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                     TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING C:         TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN
                     ERFENISTOERISME; BEMARKING

 VRAAG 4

 Bestudeer die kaart van wêreldbekende ikone in Noord- en Suid-Amerika en
 beantwoord die vrae wat volg.

 4.1    Identifiseer EEN ikoon op die kaart wat ŉ bewys van ŉ antieke beskawing
        is. Skryf die letter en die naam van die ikoon as antwoord neer.  (2 x 1)       (2)

 4.2    4.2.1   Identifiseer TWEE ikone op die kaart wat voorbeelde van
                natuurlike besienswaardighede is. Skryf die letter en die naam
                van elke ikoon as antwoord neer.                            (2 x 2)     (4)

        4.2.2   Kies EEN van die ikone wat jy in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer het
                en noem waarom dit as ŉ ikoon beskou word.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                    TOERISME                                                 17

4.3     Nadat jy die ikoon gemerk F besoek het, plaas jy jou ervaringe op jou
        Facebook-blad. Voorsien jou Facebook-vriende met die volgende inligting
        oor die gemerkte ikoon F:

        4.3.1    Gee die naam van die ikoon.                                                   (1)

        4.3.2    Gee die naam van die stad waar die ikoon geleë is.                            (1)

        4.3.3    Verduidelik waarom hierdie besienswaardigheid as ŉ ikoon beskou
                 word.                                                     (2 x 1)             (2)

        4.3.4    Gee enige TWEE ander interessante feite aangaande die ikoon
                 wat jou vriende sal aanmoedig om hierdie besienswaardigheid te
                 besoek.                                                  (2 x 1)              (2)

4.4     ŉ Toerisme-ikoon vertoon een of meer uitstaande kenmerke waarom dit
        wêreldbekend is, bv. dit vertoon besonderse natuurlike kenmerke of is ŉ
        simbool van buitengewone menslike prestasie.

        Identifiseer TWEE unieke kenmerke wat deur die ikoon gemerk E vertoon
        word, wat dit onderskei van ander toeriste-besienswaardighede. (2 x 1)                 (2)

4.5     Verwys na die ikoon gemerk D, lees die uittreksel en beantwoord die vrae.

              DIE VRYHEIDSTANDBEELD IS NOU AMPTELIK UNIVERSEEL
                                TOEGANKLIK

        Goeie nuus vir die toeganklike toerisme-sektor! Saam met die monument
        se 126ste verjaarsdag, sal die ikoniese kroon van die Standbeeld van
        Vryheid op 28 Oktober 2012 heropen word, nadat dit vir ŉ jaar vir die
        opknapping daarvan, om die monument meer toeganklik te maak, gesluit
        was.

        Die opknappings sluit 39 nuwe trappe in. Waar daar eens 354 trappe van
        die basis tot die kroon was, is daar nou 393 trappe, maar dit is nou baie
        veiliger en minder steil.     Die bou van ŉ hysbak sal die toeriste-
        aantreklikheid meer toeganklik maak. Vir die eerste keer, sal toeriste in
        rolstoele in staat wees om toegang tot die laer waarnemingsdek in die
        voetstuk te verkry.

        Die Vryheidstandbeeld bly een van die mees bekende landmerke in die
        wêreld met tussen 3 en 4 miljoen toeriste-besoeke jaarliks.

                                   [Bron aangepas uit: http://subhashvashishth.blogspot.com]

        4.5.1    Noem die stad waar die ikoon gemerk D geleë is.                               (1)

        4.5.2    Stel TWEE ander tipes besoekers met toeganklike behoeftes voor,
                 wat voordeel uit hierdie fisiese opknappings wat deur die bestuur
                 van Vryheidstandbeeld bekendgestel is, sal trek.             (2 x 1)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2015)

        4.5.3   Bespreek universele toeganklikheid as ŉ belangrike faktor om die
                sukses van ŉ toeriste-aantreklikheid te verseker.        (2 x 1)        (2)

        4.5.4   Bo en behalwe die verbeterde fasiliteite, moet die bestuur van die
                Vryheidstandbeeld aandag skenk aan diensvoorsiening.

                Stel enige TWEE maatreëls voor wat die Vryheidstandbeeld se
                besoekers-inligtingsentrum kan instel, ten einde ŉ meer positiewe
                besoekerservaring te skep.                                 (2 x 2)      (4)
                                                                                       [24]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   TOERISME                                            19

VRAAG 5

Bestudeer die kaart van Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine en beantwoord die
vrae.

5.1     Gebruik die kaart hierbo en identifiseer die Wêrelderfenisterreine gemerk
        A en B. Skryf die letter en die naam van die terrein as antwoord neer.
                                                                            (2 x 1)      (2)

5.2     Gee die hoofrede waarom spesifieke erfenisterreine van ŉ land gekies
        word om op die Wêrelderfenislys geplaas te word en deur UNESCO met
        Wêrelderfenisstatus gekroon word.                                                (2)

5.3     Die Wêrelderfenisterrein gemerk D, is op die Wêrelderfenislys as ŉ
        natuurlike terrein aangeteken.

        Verduidelik waarom UNESCO hierdie Wêrelderfenisterrein as belangrik
        beskou vir die internasionale gemeenskap en dat dit vir die nageslag
        beskerm en bewaar moet word.                                       (2 x 2)       (4)

5.4     Lewer kommentaar waarom die Wêrelderfenisterrein gemerk C op die
        kaart deur UNESCO beskou word dat dit “ŉ bydra tot unieke of ten minste
        besondere getuienis tot ŉ kulturele tradisie of ŉ beskawing wat verdwyn
        het”, is.                                                           (2 x 2)      (4)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                      TOERISME                               (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 6

Bestudeer die prent en die agtergrond inligting in die uittreksel om die vrae wat
volg te beantwoord.

Met slegs 3 miljoen buitelandse besoekers in 1993 tot 13 miljoen in 2012, het
Suid-Afrika geweldig gegroei sedert demokrasie 21 jaar gelede in 1994. Verdere
groei is egter noodsaaklik indien toerisme ŉ betekenisvolle impak op
werkskepping en groei van die BBP wil maak.
Deurlopende navorsing en ontleding word gedoen om kritieke keuses oor watter
marksegment op gefokus moet word te ondersteun en hoe groei deur middel van
bemarking en handelsmerkposisie bewerkstellig moet word.
S.A. Toerisme het Afrika en die Midde-Ooste, Europa, Amerika en die Verenigde
Koninkryk, Asië en Australasië geïdentifiseer as die vier kernmarksegmente van
die internasionale bemarkingsinisiatief.

                                                 [Aangepas uit: http://www.southafrica.net]

6.1     Definieer die konsep “kernmark”.                                                       (2)

6.2     Gee die TWEE hoofdoelwitte van S.A. Toerisme in die bemarking van
        Suid-Afrika as ŉ toeristebestemming.                           (2 x 2)                 (4)

6.3     Gee TWEE voorbeelde van internasionale onder-die-lyn metodes wat deur
        S.A. Toerisme gebruik word as interaksie en kommunikasie met die
        toerismebedryf om belangstelling te bewerkstellig in Suid-Afrika en dit as
        bestemming te kweek.                                                (2 x 1)            (2)

6.4     Gee jou mening oor die waarde van ŉ handelsmerk-logo as strategie om
        Suid-Afrika as ŉ voorkeurbestemming te bemark.                                         (2)

6.5     Verduidelik die rol van TOMSA in die ondersteuning van S.A. Toerisme
        om Suid-Afrika as voorkeur toerismebestemming te bemark.         (2 x 2)               (4)
                                                                                              [14]
                                                             TOTAAL AFDELING C:                50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                           TOERISME                                                   21

AFDELING D:           TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
                      VERANTWOORDELIKE TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die hoofartikel op die Tsogo Times-voorblad en beantwoord die vrae
wat volg.

              THE TSOGO TIMES
www.tsogosun.com   SOUTHERN AFRICA’S PREMIER GAMING, HOTEL AND ENTERTAINMENT GROUP NEWSPAPER

TSOGO SUN AS EEN VAN SA SE TOP
WERKGEWERS GELYS
Diensvoorwaardes                                    Gedragskode
Tsogo Sun Groep, Suid-Afrika se                     Die groep het ŉ gedragskode wat sy
voorste hotelle, dobbel en                          sakepraktyke onderskryf. Daar word
vermaaklikheidsmaatskappy, is                       van alle personeel verwag om aan
gesertifiseer as een van Suid-Afrika se             hierdie kode te voldoen. Dit bied leiding
beste werkgewers vir 2012/2013.                     en duidelikheid oor sake soos konflik
Navorsing het aangedui dat Tsogo Sun                van belange, ontvang en gee van
Groep die voorste werkgewer in die                  donasies en geskenke, die nakoming
gasvryheidsbedryf is.                               van wette en die vertroulikheid van die
                                                    groep se vertroulike inligting.
“Ons verstaan dat die menslike kapitaal
die krag is wat die bate dryf. Om hierdie           Van alle werknemers word daar verwag
rede bekom ons die beste persone, en                om op te tree in ŉ wyse wat:
dan beloon en behou ons hulle, en                    Deursigtig, eerlik en opreg is
verwyder enige struikelblokke wat hulle              Verbind is tot eerbiediging van sy
kan verhinder om hul volle potensiaal te              wetlike en morele verpligtinge
bereik” – Marcel von Aulock,                         Verbind is tot die handhawing van die
uitvoerende hoof, Tsogo Sun.                          hoogste standaarde van etiek
                                                     Eerbaar en verantwoordelik is
Baie aandag word aan die voorsiening
van uitstaande werksomstandighede,                  
regverdige en billike vergoeding, goeie
voordele, ŉ stylvolle werksomgewing en
goeie opleiding en
ontwikkelingsgeleenthede geskenk. Dit
het gelei tot die Tsogo Sun Groep se
verbetering in posisie van 8ste plek in die
2010/2011-indeks tot 3de plek in
2012/2013.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                     TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2015)

7.1     Dit is belangrik dat alle werkers van Tsogo Sun bewus is, en getrou bly
        aan hul diensvoorwaardes.

        Haal ŉ sin uit die uittreksel aan wat aandui dat Tsogo Sun gewillig is om
        in hul werkers te belê, ten einde te verseker dat hulle uitnemende diens
        aan hul gaste lewer.                                                             (2)

7.2     Tsogo Sun is verbind tot die verskaffing van uitstaande
        werksomstandighede aan hul werknemers. Die gasvryheidsbedryf is
        egter ŉ uitdagende bedryf vir personeellede.

        Lei TWEE moeilike omstandighede af waaronder werkers in die
        gasvryheidsbedryf vereis word om te werk.                           (2 x 1)      (2)

7.3     Tsogo Sun is baie spesifiek oor die verwagtinge van hul werknemers in
        hul gedragskode.

        Verduidelik wat die waarde van ŉ gedragskode vir die werkers en
        werkgewers in die gasvryheidsbedryf is.                         (2 x 2)          (4)

7.4     Die foto’s in die koerantberig toon aan dat Tsogo Sun ŉ professionele
        beeld van die maatskappy en personeel weerspieël.

        Voorspel hoe hierdie professionele beeld kan bydra om potensiële kliënte
        te lok.                                                          (2 x 1)         (2)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                          TOERISME                                                   23

VRAAG 8

Bestudeer die agterblad artikel van Tsogo Times en beantwoord die vrae wat volg.

              THE TSOGO TIMES
www.tsogosun.com   SOUTHERN AFRICA’S PREMIER GAMING, HOTEL AND ENTERTAINMENT GROUP NEWSPAPER

            SUNcares INISIATIEF VAN STAPEL GESTUUR
Korporatiewe maatskaplike belegging SUNcares Uitvoerende Kunste-
                                          Akademie
Tsogo Sun het hom verbind om sy           Tsogo Sun is ŉ groot rolspeler in die
hulpbronne, ondervinding en               herlewing van die Kunsteater in Suid-
geografiese voetspoor binne die dobbel, Afrika omrede die meer as R250
gasvryheid- en vermaaklikheidsbedryf te miljoen belegging in die teater-
gebruik om ŉ platform vir projekte wat    infrastruktuur by Monte-Casino en Gold
blywende resultate sal oplewer, te skep. Reef City.
Om maatskaplike projekte wat blywende Die SUNcares Uitvoerende Kunste-
verandering in Suid-Afrika sal            Akademie is geskep om skoolgaande
bewerkstellig, het Tsogo Sun die          kinders in die landelike omgewingskole
SUNcares inisiatief geloods. SUNcares met buitemuurse aktiwiteite wat die
neem leiding in verandering t.o.v. sport, uitvoerende kunste bevorder, aan te
uitvoerende kunste, gasvryheid            moedig.
opleiding en die bewaring van die
omgewing. SUNcares skep sosiale           Deur die beleggings is dit moontlik
verandering in gemeenskappe deur die      gemaak om teaterproduksies na Suid-
volgende Akademies en Programme:          Afrika te bring en so het Tsogo Sun tot
                                          werkskepping in die Uitvoerende
                                          Kunstebedryf bygedra.
SUNcares Sport Akademie                            SUNcares Omgewingsprogram
Die SUNcares Sport-Akademie is aktief              Deur middel van sy SUNcares
besig om te verseker dat skoolgaande               Omgewingsprogram, verseker Tsogo
kinders in landelike gebiede rondom                Sun dat die welstand van ons planeet
Tsogo Sun se casino’s die geleentheid              en gemeenskappe ondersteun word.
om aan buitemuurse sport deel te neem              Tsogo Sun het meetbare resultate met
gebied word terwyl hulle in verskeie               betrekking tot
lewensvaardigheidsprogramme                        watergebruikvermindering,
opgevoed word. Tsogo Sun het ŉ                     vermindering in energieverbruik,
vennootskap met die Dept. van                      verbeterde herwinning van afval en
Onderwys, SAFA, Lions Rugbyklub,                   gemeenskap vergroening en
Dolfyne Krieket, plaaslike sake-                   volhoubaarheid bereik.
ondernemings en gemeenskappe om
die SUNcares Sport-Akademie te stig.
Tot dusver het die SUNcares Sport
Akademie meer as 1 300 kinders wat in
sokker-, rugby- en swemprogramme
ingeskryf is.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                    TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2015)

8.1     SUNcares is die middel waardeur Tsogo Sun sy korporatiewe
        maatskaplike beleggingsprogram (KMB) implementeer.

        8.1.1   Verduidelik wat met die begrip korporatiewe maatskaplike
                belegging (KMB) bedoel word.                                             (2)

        8.1.2   Identifiseer die DRIE komponente van die KMB-program en
                verduidelik hoe elk van hierdie komponente deur Tsogo Sun
                ondersteun word ten einde hul KMB-verpligtinge na te kom.
                                                                          (3 x 2)        (6)

        8.1.3   Evalueer die voordeel wat die KMB-programme, soos tevore
                genoem, vir Tsogo Sun kan inhou.                       (2 x 1)           (2)

8.2     Tsogo Sun pas ŉ volhoubare besigheidsbenadering toe.

        Bespreek hierdie stelling deur te verwys na die DRIE pilare van
        volhoubare toerisme en aan te toon hoe Tsogo Sun aan elk van hierdie
        pilare voldoen.                                                  (3 x 2)         (6)

8.3     Stel TWEE maniere voor hoe Tsogo Sun omgewingsbewuste toeriste na
        sy onderneming kan lok.                                      (2 x 2)             (4)
                                                                                        [20]

                                                         TOTAAL AFDELING D:             30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                      TOERISME                                            25

 AFDELING E:           PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
                       KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

 VRAAG 9

 9.1 Bestudeer die koerantuitknipsels en beantwoord die vrae.

                                                                             ONS HET
                                                                              NIE DIE
                                                                             WÊRELD-
                                                                              BEKER
                                                                              NODIG
                                                                                NIE

       9.1.1 Die onvoorsiene gebeurtenis in die koerantuitknipsel gemerk A het ŉ
             verwoestende invloed op toerisme in die Filippyne gehad.

               (a)     Definieer die begrip onvoorsiene gebeurtenis.                        (1)

               (b)     Gee jou opinie oor hoe die Filippynse tifoon, die besoekende
                       toeriste tydens die ramp, negatief beïnvloed het.         (2 x 2)    (4)

       9.1.2 Die gemeenskap se teenkanting is maar een van ŉ aantal moontlike
             risiko’s vir ŉ land wat ŉ wêreldgebeurtenis moet aanbied.

               Gee TWEE moontlike redes waarom die Brasiliaanse inwoner in die
               koerantuitknipsel gemerk B teen die FIFA Wêreldbeker, wat in die land
               aangebied word, gekant is.                                    (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                                           TOERISME                                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 9.2 Bestudeer die kolomgrafiek aangaande die provinsiale verspreiding van
     buitelandse toeriste in Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                                            % Change = % Verandering

                       [Bron: 2012 Annual Tourism Report South African Tourism – Strategic Research Unit]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                    TOERISME                                            27

        9.2.1    Noem enige TWEE provinsies wat ŉ voortdurende groei in die aantal
                 buitelandse toeriste-besoeke vanaf 2010 tot 2012 toon.    (2 x 1)          (2)

        9.2.2    Identifiseer en noem die TWEE provinsies wat die grootste afname
                 in buitelandse toeriste in 2012 in vergelyking met 2011 toon.              (2)

        9.2.3    (a)   Bepaal watter van die twee provinsies, Gauteng of Limpopo,
                       die grootste groei in aantal buitelandse toeriste besoeke in
                       2012 in vergelyking met 2011 getoon het.                             (1)

                 (b)   Gee redes vir jou antwoord op VRAAG 9.2.3(a).            (2 x 1)     (2)

        9.2.4    Verduidelik waarom dit vir S.A. Toerisme belangrik is om statistieke
                 te raadpleeg en te interpreteer aangaande buitelandse toeriste
                 aankomste.                                                    (1 x 2)      (2)

 9.3    Bestudeer die voorbeeld van ŉ betaalvorm wat beskikbaar is vir
        internasionale reisigers en beantwoord die vrae wat volg.

        9.3.1    Gee ŉ ander term wat gebruik word, wat verwys na ŉ buitelandse
                 valutakaart (world currency card).                                         (2)

        9.3.2    Verduidelik waarom dit tot enige internasionale reisiger se voordeel
                 sal wees om betalings deur middel van die opsie genoem in
                 VRAAG 9.3.1 te doen, in plaas daarvan om ŉ kredietkaart te
                 gebruik.                                                       (1 x 2)    (2)
                                                                                          [22]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
28                                        TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 10

 Bestudeer die opsomming van die terugvoering oor dienslewering van 50
 hotelgaste soos hieronder aangedui en beantwoord die vrae wat volg.

 10.1   Identifiseer die terugvoermetode wat die bestuur van Felix Hotel gebruik het
        om kliënte-tevredenheid te bepaal.                                                  (1)

 10.2   Stel TWEE redes voor waarom die bestuur van Felix Hotel dit as belangrik
        ag om uit te vind hoe hul gaste dienslewering ervaar.               (2 x 2)         (4)

 10.3   10.3.1       Bepaal die diensleweringsarea in Felix Hotel wat die grootste
                     probleem is, wat onmiddellik aandag van die bestuur moet kry.          (1)

        10.3.2       Stel TWEE aksiestappe aan die bestuur van Felix Hotel voor wat
                     die diensleweringsprobleem in VRAAG 10.3.1 moontlik kan regstel.
                                                                               (2 x 1)      (2)
                                                                                            [8]

                                                               TOTAAL AFDELING E: 30
                                                                   GROOTTOTAAL: 200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR12 QP SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2015-eng/14b7aa05-ab15-43d8-8deb-e97bdfe249d1) — Tourism · QP · 2015 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2015-eng/f4511643-715c-4371-b4f7-d095d1b9c9ab) — Tourism · Memo · 2015 · Eng
- [Tourism Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2015-afr/1e20072e-5ee3-4c0b-9e3e-0d9cee150c04) — Tourism · QP · 2015 · Afr
- [Tourism Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2015-eng/65b5ce37-03cc-4d13-8cf5-226f3e1cd1fe) — Tourism · QP · 2015 · Eng
- [Tourism Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-afr-1/f2714431-5878-48c1-b902-fff557a2d67e) — Tourism · QP · 2015 · Afr
- [Tourism Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-eng-1/7541160a-c234-4605-86d5-a898c3a56109) — Tourism · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
