# Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-afr-1/f2714431-5878-48c1-b902-fff557a2d67e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-afr-1/f2714431-5878-48c1-b902-fff557a2d67e)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     TOERISME

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      2                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde in VRAAG 3.1.2 en 3.1.3 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE berekeninge.

6.         Jy mag 'n sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

AFDELING                          ONDERWERP                            PUNTE             TYD
                                                                                       (minute)
     A          Kortvrae                                                  40              20

     B          Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandsevaluta-           50              50
                verhandeling

     C          Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en                   50              50
                Erfenistoerisme; Bemarking

     D          Toerismesektore; Volhoubare en                            30              30
                Verantwoordelike Toerisme

     E          Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;           30              30
                Kommunikasie en Kliëntediens

                                                          TOTAAL         200              180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     3                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
           (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

           1.1.1      Die spotprent hieronder dui … aan, wat 'n onvoorsiene gebeurtenis
                      is.

                                                          AFNAME/DALING

                      A   protesaksie
                      B   algemene verkiesings
                      C   wêreldresessie
                      D   algemene onrus

           1.1.2      'n Negatiewe gevolg van Suid-Afrika se aanbieding van die 2010
                      FIFA-Wêreldbekertoernooi:

                      A   Daar was te veel buitelanders in Suid-Afrika.
                      B   Daar was 'n afname/daling in die waarde van die rand.
                      C   Daar was 'n vraag na toerismeprodukte en -dienste.
                      D   Daar was 'n afname in plaaslike toerisme.

           1.1.3      Die geskikste toeriste-aktiwiteit wat by die profiel van 'n
                      avontuurtoeris pas:

                      A   'n Besoek aan die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein
                      B   'n Sonsondergangvaart op die Zambezi
                      C   Haaihokduik in Gansbaai
                      D   'n Stadstoer op die Kaapstadse oopdak-besigtigingsbus

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     4                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

           1.1.4      'n Koste om in gedagte te hou wanneer 'n toerbegroting
                      saamgestel word:

                      A   Persoonlike versekering vir internasionale reis
                      B   Vervoer tussen terminale op dieselfde lughawe
                      C   Gratis hotelpendeldiens
                      D   'n Reisprogram wat deur 'n reisagent opgestel word

           1.1.5      'n Suid-Afrikaner wat vir hierdie reisdokument aansoek doen,
                      moet 'n Suid-Afrikaanse identiteitsdokument en 'n voltooide
                      aansoekvorm voorlê en 'n fooi betaal:

                      A   Paspoort
                      B   Gesondheidsertifikaat
                      C   Internasionale bestuurspermit
                      D   Visum

           1.1.6      'n Reisagent verduidelik aan 'n toeris hoe om sy horlosie te stel
                      wanneer DBT in 'n sekere land toegepas word:

                      A   Stel sy horlosie 1 uur vorentoe
                      B   Stel sy horlosie 1 uur terug
                      C   Los sy horlosie soos dit is
                      D   Verander sy horlosie na UTK-tyd

           1.1.7      Vluguitputting verwys na …

                      A   die vliegtuig wat gedaan is na 'n langafstandvlug.
                      B   die moegheid wat 'n passasier ervaar na 'n langafstandvlug.
                      C   ongemak wat ervaar word nadat oor baie tydsones gereis is.
                      D   passasiers wat moeg is omdat hulle van die landkant na die
                          lugkant van die lughawe beweeg het.

           1.1.8      Die Alcazar, 'n groot klipkasteel wat in die vorm van die boeg van
                      'n skip gebou is, word in … aangetref.

                      A   Portugal
                      B   Pole
                      C   Switserland
                      D   Spanje

           1.1.9      'n Voordeel van die gebruik van 'n voorafgelaaide buitelandse-
                      valuta-debietkaart:

                      A   Beskikbaar in al die geldeenhede van die wêreld
                      B   Gee toeriste toegang tot onbeperkte fondse
                      C   Kan as bewys van identiteit gebruik word
                      D   Kan by verkooppunte gebruik word

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

           1.1.10     Een van die terugvoermetodes wat deur 'n lugredery gebruik kan
                      word om hulle vlakke van kliëntetevredenheid te evalueer:

                      A   SMS-boodskappe
                      B   Telekonferensies
                      C   Notules
                      D   Memo's

           1.1.11     Die hoofsimptome van cholera:

                      A   Diarree en braking
                      B   Rooi oë en hoes
                      C   Geswelde voete en rugpyn
                      D   Toename in eetlus en dors

           1.1.12     'n Gedragskode in die werksplek:

                      A   Spesifiseer werknemers se diensvoorwaardes
                      B   Gee riglyne oor kliënte se optrede
                      C   Gee riglyne oor strafmaatreëls aan werkgewers
                      D   Gee riglyne oor etiese gedrag aan werknemers

           1.1.13     Suid-Afrika is … van die UTK geleë.

                      A   oos
                      B   wes
                      C   suid
                      D   noord

           1.1.14     Die hooffunksie van hierdie openbare entiteit is om Suid-Afrika
                      internasionaal te bemark:

                      A   NDT
                      B   SATSA
                      C   CATHSSETA
                      D   SAT

           1.1.15     ... kan as 'n politieke situasie beskou word wat 'n negatiewe
                      uitwerking op die toerismebedryf in Kenia gehad het.

                      A   Siektes
                      B   Aardbewings
                      C   Terrorisme
                      D   'n Tsoenami

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      6                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

           1.1.16     'n Suid-Afrikaanse toeris moet die volgende items verklaar voordat
                      hy sy tuisland verlaat:

                      A   Kameras, skootrekenaars, iPads
                      B   Parfuum, skoonheidsprodukte, medisyne
                      C   Dokumente, tydskrifte, lêers
                      D   Vrugte, vleisprodukte, suiwelprodukte

           1.1.17     Wanneer daar vanaf Kaapstad (+2) na Dallas (-6) gereis word, is
                      die tydsverskil …

                      A   8 uur vroeër.
                      B   6 uur vroeër.
                      C   8 uur later.
                      D   6 uur later.

           1.1.18     Die term vir die valutabedrag wat 'n Suid-Afrikaanse toeris
                      toegelaat word om in een jaar uit die land te neem:

                      A   Verbode goedere
                      B   Reistoelaag
                      C   Beperkte goedere
                      D   Reistoewysing

           1.1.19     'n Voorbeeld van korporatiewe maatskaplike belegging (KMB/'CSI')
                      -aktiwiteite waarby toerismebesighede betrokke is:

                      A   Woon plaaslike en internasionale handelskoue by
                      B   Vestig nuwe kantore in die buiteland
                      C   Skenk toerismehulpbronne aan plaaslike skole
                      D   Koop die nuutste rekenaarsagteware vir al hulle kantore aan

           1.1.20     Hierdie organisasie sertifiseer toerismebesighede wat volhoubare
                      toerismebeginsels nastreef:

                      A   TEP
                      B   FTT
                      C   NDT
                      D   SAT                                                   (20 x 1)        (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      7                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur die
           woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           1.2.6 Skommeling.

                     BVK;   JPY;     verswakkende rand;      ¥;    wisselkoerse;
           verstewigende rand;     buitelandsevaluta-verhandeling;    £;    BAK;     BBP

           1.2.1      Die term wat gebruik word wanneer plaaslike valuta na buitelandse
                      valuta omgeskakel word                                                     (1)

           1.2.2      Valuta-inligting wat by die ontvangsareas van groot hotelle vir die
                      gerief van internasionale gaste vertoon word                               (1)

           1.2.3      Die koers wat 'n bank sal gebruik om die bedrag te bereken wat 'n
                      Britse toeris in Suid-Afrika sal ontvang wanneer hy Britse pond vir
                      ZAR verruil                                                                (1)

           1.2.4      Wanneer die rand 'n bestendige afname teenoor die Britse pond
                      toon                                                                       (1)

           1.2.5      Valutakode vir die Japannese jen                                           (1)

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.

           1.3.1      Biometriese skandering word soms vereis wanneer daar vir
                      (FOREX/'n visum) aansoek gedoen word.                                      (1)

           1.3.2      Die Klaagmuur en die Rotskoepel ('Dome of the Rock') is twee
                      belangrike besienswaardighede in (Israel/Indië).                           (1)

           1.3.3      'n (Geheime kliënt/Concierge) is 'n terugvoermetode wat deur 'n
                      besigheid gebruik word om klantediens te evalueer.                         (1)

           1.3.4      Die euro is die geldeenheid wat in (Switserland/Frankryk) gebruik
                      word.                                                                      (1)

           1.3.5      Die (iSimangaliso Vleilandpark/Vredefortkoepel) is 'n Wêreld-
                      erfenisterrein wat deur die Vrystaat en Noordwes gedeel word.              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     8                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

1.4        Kies 'n besienswaardigheid/ikoon uit KOLOM B wat by die prent in KOLOM A
           pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H

                            KOLOM A                                KOLOM B
           1.4.1                                           A     Parthenon

           1.4.2                                           B     Chichen Itza

           1.4.3                                           C     Petra

           1.4.4                                           D     Colosseum

           1.4.5                                           E     Machu Picchu

                                                           F     Ayers Rock
                                                           G     Sfinks
                                                                                 (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     9                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

1.5        Gebruik die prente as leidrade om die blokkiesraaisel te voltooi. Vul VYF
           ikone, stede OF lande in wat 'n toeris sal besoek.

           MOENIE die blokkiesraaisel in die ANTWOORDEBOEK oorteken nie. Skryf
           slegs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) en die antwoord neer, byvoorbeeld
           1.5.6 Pisa

                             REIS DEUR DIE WÊRELD: BLOKKIESRAAISEL

                                1.5.1                           1.5.6
                                V                                P
                                                                 I
                     1.5.2                            1.5.4
                     W          N         E           E          S
                                                                 A
                                S

                                          1.5.3
                                          C
                                                      L

                                          L
                                1.5.5
                                G                                       D

                                          E

                                          M                                                       (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:                  40

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      10                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Noukeurige roetebeplanning deur Suid-Afrika of oor 'n landsgrens sal 'n
           spanningsvrye reis verseker.

           2.1.1     Verduidelik TWEE prosedures wat jy kan verwag wanneer 'n
                     internasionale grens per motor oorgesteek word.                             (4)

           2.1.2     Gee EEN rede waarom 'n reisprogram nodig is om 'n spanningsvrye
                     reis te verseker.                                                           (2)

2.2        Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           'n Suid-Afrikaanse pa en sy gesin vlieg na Livingstone in Zambië, naby die
           Victoria-waterval. Hy huur 'n motor in Livingstone vir die duur van hulle
           vakansie. Zambië is 'n hoërisiko-geelkoorsgebied.

           2.2.1     Behalwe vir 'n paspoort, noem TWEE ander amptelike
                     reisdokumente wat die Suid-Afrikaners wat na Zambië reis, sal
                     benodig.                                                                    (2)

           2.2.2     Gee die gesin raad oor waar hulle die vereiste reisdokument kan
                     bekom wat bewys dat hulle die nodige voorsorgmaatreëls teen
                     geelkoors voor hulle vlug getref het.                                       (2)

2.3        Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           2.3.1     Verduidelik die konsep van belastingvrye inkopies.                          (2)

           2.3.2     Behalwe vir internasionale lughawens, gee TWEE ander voorbeelde
                     van waar toeriste belastingvrye inkopies kan doen.                          (2)

           2.3.3     Gee EEN rede waarom 'n 250 mℓ-bottel parfuum wat by 'n
                     belastingvrye winkel in Dubai gekoop is, deur Suid-Afrikaanse
                     doeanebeamptes gekonfiskeer (op beslag gelê) sal word.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                  11                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                         NSS

2.4        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die inligting wat gegee word en
           beantwoord dan die vrae wat volg.

                              Rabat

                                                            00

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

                        2015 NOORD-AFRIKA-TOERISMEKONFERENSIE

           Die 2015 Noord-Afrika-toerismekonferensie is in Rabat, 'n stad in Morokko,
           gehou. Die openingseremonie van die konferensie is op 17 Januarie 2015 om
           21:00 op televisie regstreeks na verskeie lande uitgesaai. Marokko se tyd is
           by 0° UTK.

           2.4.1      Bereken die tyd en datum waarop gesinslede van die
                      afgevaardigdes van Lima, Peru, na die openingseremonie kon kyk
                      as dit om 21:00 in Rabat, Marokko, begin het.

                      Toon ALLE berekeninge.                                                    (4)

           2.4.2      'n Japannese spreker is na die Noord-Afrika-toerismekonferensie
                      genooi. Sy vliegtyd was 17 uur 30 minute. Hy het op
                      13 Januarie 2015 om 21:30 in Rabat aangekom.

                      Bereken die plaaslike tyd en datum wat hierdie vlug van die
                      Tokio Narita Internasionale Lughawe vertrek het. Toon ALLE
                      berekeninge.                                                              (6)

           2.4.3      Na sy lang vlug het die Japannese spreker gedisoriënteerd gevoel.

                      Noem die reistoestand wat sy disoriëntering veroorsaak het.               (2)

           2.4.4      Marokko pas tussen Maart en Oktober DBT toe.

                      Gee EEN voordeel van die toepassing van DBT vir Marokko se
                      toerismebedryf.                                                           (2)
                                                                                                [30]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      13                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die wisselkoerstabel en banknote hieronder en beantwoord die
           vrae wat volg.

                   LAND                VALUTAKODE             BBR                BSR
           Verenigde Koninkryk             GBP                15.32              16.06
           Europese lande                   EUR               13.09              13.70
           VSA                              USD                9.57              9.89

           3.1.1      Noem die geldeenheid wat op die twee banknote in die foto hierbo
                      uitgebeeld word.                                                            (2)

           3.1.2      'n Suid-Afrikaner keer terug van die land waar die geldeenheid in
                      VRAAG 3.1.1 gebruik word.

                      Tel die waarde van die twee banknote bymekaar en bereken dan
                      die randwaarde daarvan wanneer die Suid-Afrikaner hierdie
                      ongebruikte buitelandse valuta by die bank terugruil.

                      Toon ALLE bewerkings en rond jou antwoord tot TWEE desimale
                      plekke af.                                                                  (3)

           3.1.3      'n Suid-Afrikaner verruil R7 000 voor sy vertrek na New York.

                      Bereken die bedrag wat hy in VS-dollar sal ontvang.

                      Toon ALLE bewerkings en rond jou antwoord tot TWEE desimale
                      plekke af.                                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       14                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

3.2        Bestudeer die wisselkoersgrafiek van die Suid-Afrikaanse rand tot die
           VS-dollar hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    SUID-AFRIKAANSE RAND-TOT-VS-DOLLAR-WISSELKOERS

           10.10

           10.00

           9.90

           9.80

           9.70
                   23 25 27 29      01 03 05 07        09   11   13   15    17    19    21   23
                   September 2013   Oktober 2013
                                                         [Aangepas uit www.exchange-rates.org]

           3.2.1       Gee die waarde van die rand in verhouding tot die VS-dollar op
                       8 Oktober 2013.                                                                (2)

           3.2.2       Die lyngrafiek toon daaglikse veranderings in die wisselkoers aan.

                       Gee die term wat vir hierdie veranderings in die wisselkoers
                       gebruik word.                                                                  (2)

           3.2.3       Bepaal die datum en die waarde van die wisselkoers toe:

                       (a) Die rand op sy swakste was                                                 (2)

                       (b) Die rand op sy sterkste was                                                (2)

           3.2.4       Verduidelik TWEE maniere hoe 'n inkomende internasionale toeris
                       wat Suid-Afrika besoek, se reisplanne en begrotings deur 'n
                       verswakkende rand beïnvloed sal word.                                          (4)
                                                                                                      [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                 50

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        15                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Bestudeer die foto's van die TWEE verskillende tipes toeriste en die
           besienswaardighede/ikone hieronder.

           4.1.1   Kies 'n besienswaardigheid uit KOLOM B wat by die tipe toeris in
                   KOLOM A pas. Skryf slegs die nommer (1–3) langs die vraagnommer
                   (A en B) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld C 4.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
                        (TIPE TOERIS)                       (BESIENSWAARDIGHEID)
        A                                               1

                                                                     [Bron: wirednewyork.com]

                               [Bron: aliexpress.com]
        B                                               2

                               [Bron: www.odt.co.nz]           [Bron: www.istanbulvisions.com]
                                                        3

                                                              [Bron: www.tourismupdate.co.za]     (2)

           4.1.2   Gee EEN rede vir ELK van jou keuses in VRAAG 4.1.1.                (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                                   16                                                    DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                                          NSS

4.2        Bestudeer die feiteblad en kolomgrafiek hieronder en beantwoord die vrae
           wat volg.

                                HET-JY-GEWEET-FEITEBLAD
                    VRYHEIDSTANDBEELD                GRAND CANYON

            •       Geleë op Liberty-eiland, New                                •        Geleë in Colorado, Arizona.
                    York-hawe.                                                  •        In 1919 tot 'n nasionale park
            •       Die standbeeld was vanaf                                             opgradeer.
                    Oktober 2011 gesluit vir
                    herstelwerk en is in 2012 vir een
                    dag heropen om sy 126ste
                    herdenking te vier.

                                          BESOEKERSGETALLE IN 2011

                   Duisende

                                                          Maart   April   Mei
                                   Januarie
                                              Februarie                                         Augustus               Oktober
                                                                                Junie   Julie
                                   Januarie                                                                September             November   Desember

           4.2.1              Die Grand Canyon lok jaarliks miljoene toeriste.

                              Gee TWEE redes waarom die Grand Canyon so gewild is.                                                                      (4)
`
           4.2.2              In die grafiek hierbo word 'n afname in die getal besoekers na die
                              Vryheidstandbeeld in 2011 opgemerk.

                              Verwys na die feiteblad en gee EEN rede vir hierdie afname.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       17                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

4.3        Bestudeer die tekenprent en die dialoog hieronder en beantwoord die vrae
           wat volg.

                          Suidoos-rif-voetslaanroete na die berg Everest

                                                             [Aangepas uit www.hikersitch.com]

           Die boodskap hierbo beeld 'n bedreiging vir die berg Everest as 'n
           toeristebesienswaardigheid uit.

           Dit is duidelik dat Tim en Tian teleurgesteld is oor die rommel/gemors wat hulle
           op die staproete gevind het. Indien die owerhede nie verantwoordelik teenoor
           die omgewing optree nie, sal toerisme na hierdie besienswaardigheid
           waarskynlik nie slaag nie.

           Skryf 'n paragraaf waarin jy VYF voorstelle maak oor hoe hierdie
           omgewingsprobleem opgelos kan word.                      (5 x 2)                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      18                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

4.4        Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   Besoekers is verseker van 'n ongelooflike seewêreld-ervaring

           Die Durban uShaka Marine-wêreld is steeds suksesvol met 'n jaarlikse
           styging in besoekersgetalle. Die opgegradeerde strandfront, openbare
           wandelarea en toegewyde personeel het tot hierdie positiewe neiging
           bygedra.

           Nuwe besienswaardighede sluit in:
           •   Winkels met 'n nuwe voorkoms wat nuwe produkte verkoop
           •   Bykomende waterglybane
           •   'n Verskeidenheid seelewe in die akwarium
           •   'n Dolfynvertoning en 'n plek waar kinders in die water kan speel
           Daar is verskillende kaartjiepakkette vir binne- en buiteseisoentye. Die
           temapark het 'n nuwe webtuiste bekendgestel wat interaksie met besoekers
           via Facebook en Twitter moontlik maak.

           Die uShaka Marine-wêreld bied aandvermaak aan. Hulle borg ook besoeke
           vir leerders, pensioenarisse en welsynsgroepe. Toegewyde personeel
           spandeer ure om waterpoele en uitstallings in stand te hou terwyl vrywilligers
           hulle tyd bestee om besoekers te help om die meeste genot uit hulle
           seewêreldervaring te put.

                                                           [Aangepas uit www.durban.gov.za]

           Verwys na die gevallestudie hierbo en identifiseer EEN voorbeeld van hoe die
           temapark elk van die volgende faktore in ag kan neem:

           4.4.1       Bemarking van die besienswaardigheid                                      (2)

           4.4.2       Skep 'n positiewe ervaring vir besoekers aan die besiens-
                       waardigheid                                                               (2)
                                                                                                 [26]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      19                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 5

5.1        Bestudeer die kaart en foto's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         WÊRELDERFENISTERREINE IN SUID-AFRIKA

             A

              B

                                  C                            D
                                                              [Bron: commons.wikipedia.com]

           5.1.1      Gebruik die prente hierbo om die Wêrelderfenisterreine (A tot D) op
                      die kaart te identifiseer. Skryf slegs die naam van die Wêreld-
                      erfenisterrein langs die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK
                      neer.                                                                      (4)

           5.1.2      Noem EEN kulturele kriterium waaraan Terrein A voldoen het en
                      EEN kulturele kriterium waaraan Terrein C voldoen het om as
                      Wêrelderfenisterreine verklaar te kon word.            (2 x 2)             (4)

5.2        Bespreek DRIE maniere waarop die Suid-Afrikaanse toerismebedryf voordeel
           trek deur agt Wêrelderfenisterreine te hê.                        (3 x 2)             (6)
                                                                                                 [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     20                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

VRAAG 6

Bestudeer die voorblad van die INDABA-nuusbrief en beantwoord die vrae wat volg.

               INDABA DAAGLIKSE NUUS – 2013/14
Uitgawe: 3 13 Mei 2013

                              'Dit is tyd om INDABA te moderniseer en uit te brei. Ons
                              visie as regering en Suid-Afrikaanse Toerisme is dat
                              INDABA die platform vir uitstallers en kopers moet wees,
                              nie slegs in en van Suid-Afrika nie, maar ook vir die hele
                              Afrika-kontinent.'

                              Marthinus van Schalkwyk
                              Voormalige Suid-Afrikaanse Minister van Toerisme

6.1        Noem die Indaba-reis-en-handelskou se hoofteikenmark.                                  (2)

6.2        Behalwe die Indaba, noem EEN plaaslike handelskou en EEN internasionale
           handelskou waartydens Suid-Afrika aan die wêreld bekendgestel word.                    (2)

6.3        Verwys na die opmerking hierbo wat deur Martinus van Schalkwyk,
           voormalige Minister van Toerisme, gemaak is.

           Noem DRIE maniere waarop sy opmerking toerisme na Suid-Afrika sal
           bevorder.                                                  (3 x 2)                     (6)
                                                                                                  [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     21                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

7.1        Bestudeer die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                          SIVIWE's
                                                                        ADRENALINE
                                                                            RUSH

                                                                        Skakel Themba
                                                                          vandag nog
                                                                             vir die
                                                                         opwindendste
                                                                          tyd van jou
                                                                             lewe.
                                                                          076543876

                                                               [Bron: www.photostaud.com]

           7.1.1      Identifiseer die tipe toeristeaktiwiteit wat in die foto's hierbo
                      uitgebeeld word.                                                          (2)

           7.1.2      Themba is in die diens van 'n maatskappy met die naam Siviwe's
                      Adrenaline Rush.

                      Noem EEN werksverwante risiko waaraan Themba daagliks
                      blootgestel word.                                                         (2)

           7.1.3      Verduidelik TWEE maniere waarop Themba se werkgewer kan
                      verseker dat Themba se veiligheid nie in die gedrang kom terwyl
                      hy sy werk doen nie.                                                      (4)

           7.1.4      Siviwe's Adrenaline Rush doen die meeste van hulle besigheid
                      buitenshuis.

                      Noem TWEE maniere waarop hulle die omgewingspilaar van
                      volhoubare toerisme in hulle besigheid kan insluit.                       (4)
                                                                                                [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         22                               DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

VRAAG 8

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                     Hou op om met ons water te foeter!
HIDROBREKING
(Hidrouliese breking)                                                                           vlamme
Dit is die metode wat deur gas- en
oliemaatskappye      gebruik    word    om
natuurlike gas diep onder die oppervlak van
die aarde te ontgin. Hulle pomp miljoene
liter water en baie skadelike chemikalieë
diep in die aarde in om ontploffings te
veroorsaak. Die skalierots breek dan
uitmekaar en die gas word vrygestel.
              Natuurlikegas-hidrouliese-
              brekingput (aanleg)

                                                                  Het jy geweet?
                  Opgaartenk                             SKALIErots bevat natuurlike gas diep
                                       Privaat
                                       boorgat met        onder die oppervlak van die aarde.
                                       watertenk
                                                            Hidrobreking in die Karoo sal 'n
                                                              ernstige bedreiging vir die
                                                              omgewing inhou – WESSA
                                           Grondwater
                                                        Volgens die Suid-Afrikaanse regering kan
                                                        hidrobreking binnekort 'n werklikheid in
                                                        Suid-Afrika word.

                                                        Die regering het 'n groot oliemaatskappy
                                        Chemikalieë
                                        word in die     toestemming gegee om met hidrobreking
                                        aarde           in die Karoo te begin. Die regering het die
                                        ingepomp        publiek egter gepaai deur te sê dat hulle
                                                        sal voortgaan om die omgewing en
                                                        waterbronne te beskerm.

                                       Gevaarlike       Rolspelers in die toerismebedryf en
                                       chemikalieë      omgewingsbewustes waarsku dat dit
                                       ontplof
                                                        verreikende gevolge vir toerisme kan
                                                        inhou.

                                                        Wessa-bewaringsdirekteur, Garth Barnes,
                                                        het gesê: 'Enige besoedeling of
                                       Skalierots       degradering in die Karoo kan ramp-
                                       ryk aan gas      spoedige ekologiese, maatskaplike en
                     Gevaarlike
                                       kraak
                     chemikalieë lek                    ekonomiese gevolge inhou.'
           [Aangepas uit www.treehugger.com]
                                                            [Aangepas uit www.tourismupdate.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     23                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

8.1        Bestudeer die hidrobreking bewustheidsplakkaat hieronder.

  Hou op om met ons water te foeter!

                                                                     vlamme

           Interpreteer die voorstelling en die boodskap oor hidrobreking wat op die
           plakkaat hierbo uitgebeeld word.                                                    (4)

8.2        Bestudeer die diagram van die hidrobrekingsproses op die vorige bladsy.

           Identifiseer die mees rampspoedige invloed wat hidrobreking op gastehuise
           en hotelle in die omgewing gaan hê.                                                 (2)

8.3        Hidrobreking ondersteun NIE die drie pilare van volhoubare toerisme NIE.

           Verduidelik EEN manier waarop hidrobreking in die Karoo 'n negatiewe
           invloed op elk van die volgende pilare sal hê:

           8.3.1 Maatskaplik                                                                   (2)

           8.3.2 Omgewing                                                                      (2)

           8.3.3 Ekonomies                                                                     (2)

8.4        Volgens die regering sal hidrobreking positiewe gevolge hê.

           Noem die voordeel van hidrobreking wat die algemeenste geglo word.                  (2)

8.5        Noem TWEE maniere waarop plaaslike gemeenskappe en toeriste hulle
           ontevredenheid met die beplande hidrobrekingsaktiwiteite in die gebied kan
           wys.                                                                                (4)
                                                                                               [18]

                                                                TOTAAL AFDELING D:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       24                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                   TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Bestudeer die vloeidiagram hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                DIE VERMENIGVULDIGEREFFEK VAN 'N WÊRELDGEBEURTENIS

              Vaardigheids-               Kort- en langtermyn-          Infrastruktuur-
              ontwikkeling                   werkskepping                ontwikkeling

           Verwys na die diagram hierbo.

           Gebruik die DRIE voordele wat in die diagram getoon word en bespreek die
           vermenigvuldigereffek van 'n wêreldgebeurtenis op 'n gasheerland.        (6)

9.2        Enige wêreldgebeurtenis kan negatief deur veranderende weerpatrone
           beïnvloed word.

           Noem DRIE negatiewe           invloede   wat   swaar   sneeuneerslae     op    'n
           wêreldgebeurtenis kan hê.                                                              (3)

9.3        Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       WÊRELD-BUITELANDSETOERISME-MARKTE 2011
                                         Wêreld         Afrika     Suid-Afrika
           Grootte                       980 m*         50 m*        8,34 m*
           Direktespandering-         VSA$ 1,030 mj* VSA$ 32,6 mj* VSA$ 7,8 mj*
           toerisme-ontvangste
           Daaglikse spandering             -              -         R1 070
           Gemiddelde verblyf (nagte)       -              -        8,3 nagte
           m* miljoen/mj* miljard
                                                              [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

           9.3.1         Noem die grootte van die wêreldtoerismemark en die grootte van
                         Suid-Afrika se toerismemark.                                             (2)

           9.3.2         Beveel TWEE maniere aan waarop toeristebesighede toeriste se
                         gemiddelde daaglikse spandering kan verhoog.                             (4)
                                                                                                  [15]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      25                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 10

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 Beoordeel asb.
                                                     HOTEL JAKARANDA
                ons hotel vir die
               volgende dienste:        Uitstekend   Baie goed       Goed          Swak
           Vriendelike groet en hulp
           van die deurwag
           Kort wagtyd tydens
           inboek/inteken
           Hoflik gegroet deur
           ontvangspersoneel
           Huishoudingsdienste flink
           en bekwaam gedurende
           jou verblyf
           'n Kwaliteit kamer-
           geriewepakket (sjampoe,
           seep, ens.)
           Vinnige kamerdiens-
           aflewering

10.1       Identifiseer die besigheidspraktyk wat deur hierdie vraelys hanteer word.             (2)

10.2       Gee EEN rede waarom hierdie hotel die besigheidspraktyk wat in
           VRAAG 10.1 geïdentifiseer is, ingestel het.                                           (2)

10.3       Bespreek die gas se terugvoer aan die hotel.                             (2 x 2)      (4)

10.4       Beveel TWEE ingrypingsplanne aan wat die hotel moet implementeer om
           hulle dienslewering te verbeter.                                                      (4)

10.5       As 'n besigheidskonsultant, noem DRIE negatiewe invloede wat 'n swak
           beoordeling op hierdie hotel kan hê.                                                  (3)
                                                                                                 [15]

                                                                 TOTAAL AFDELING E:              30
                                                                     GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-eng-1/7541160a-c234-4605-86d5-a898c3a56109) — Tourism · QP · 2015 · Eng
- [Tourism Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-afr/bf335d0f-4631-4c10-ae0f-ab0a29a26688) — Tourism · QP · 2015 · Afr
- [Tourism Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2015-memo-afr/6c55ae39-b311-475d-92f6-34d6be39e62b) — Tourism · Memo · 2015 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2015-eng/14b7aa05-ab15-43d8-8deb-e97bdfe249d1) — Tourism · QP · 2015 · Eng
- [Tourism Nov 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2015-afr/1e20072e-5ee3-4c0b-9e3e-0d9cee150c04) — Tourism · QP · 2015 · Afr
- [Tourism Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2015-eng/65b5ce37-03cc-4d13-8cf5-226f3e1cd1fe) — Tourism · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
