# Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-afr/57bfd419-f913-43c5-aa39-bb645ddb70f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-afr/57bfd419-f913-43c5-aa39-bb645ddb70f3)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     TOERISME

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig voordat die vrae beantwoord word.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.2 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE bewerkings.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

AFDELING                          ONDERWERP                            PUNTE             TYD
                                                                                       (minute)
     A          Kortvrae                                                  40              20

     B          Kaartwerk en Toerbeplanning, Buitelandsevaluta-           50              50
                verhandeling

     C          Toerismebesienswaardighede, Kultuur- en                   50              50
                Erfenistoerisme, Bemarking

     D          Toerismesektore, Volhoubare en                            30              30
                Verantwoordelike Toerisme

     E          Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme,           30              30
                Kommunikasie en Kliëntediens

                                                          TOTAAL         200             180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                            3                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                   NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Skryf die vraagnommer (1.1.1–1.1.20) neer, kies die antwoord en maak
           'n kruisie (X) oor die letter (A–D) van jou keuse in die ANTWOORDEBOEK.

           VOORBEELD:

            1.1.21        A              B            C             D

           1.1.1      Hierdie land het beide die 2014 FIFA Wêreldbeker en die
                      2016 Olimpiese Somerspele aangebied:

                      A       Engeland
                      B       Indië
                      C       Brasilië
                      D       Suid-Afrika

           1.1.2      'n Moontlike negatiewe invloed op die omgewing wanneer 'n land
                      'n wêreldgebeurtenis aanbied:

                      A       Verhoogde publisiteit
                      B       Beleggingsgeleenthede
                      C       Werkskepping
                      D       Massatoerisme

           1.1.3      'n Kaart wat deur baie toeriste gebruik word wanneer hulle
                      internasionaal reis:

                      A       MasterCard
                      B       Wild Card
                      C       Lojaliteitskaart
                      D       Beloningskaart

           1.1.4      Die … het tussen 2013 en 2014 'n afname in buitelandse
                      aankomste in Suid-Afrika getoon.

                      TOERISTE-AANKOMSTE                         2013                    2014
                      Afrika-landmarkte                       6 394 380               6 957 843
                      Afrika-lugmarkte                         390 621                 374 575
                      Amerikas                                 433 526                 434 919
                      Europa                                  1 278 065               1 365 472
                                       [Aangepas uit StatsSA, Suid-Afrik aanse Toerisme-ontleding, 2014]

                      A       Afrika-landmarkte
                      B       Afrika-lugmarkte
                      C       Amerikas
                      D       Europa

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       4                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           1.1.5      'n Gevolg van swak dienslewering vir 'n besigheid:
                      A   Verhoogde personeelmotivering
                      B   Swak openbare beeld
                      C   Swak persoonlike higiëne
                      D   Verhoogde personeellojaliteit

           1.1.6      Gesondheidsraad wat 'n reisagent aan die span sal gee wat aan
                      die Tour de France-fietstoer in Frankryk sal deelneem:
                      A   Ken die padreëls van hierdie fietstoer.
                      B   Wees vertroud met die roete van die fietstoer.
                      C   Hou 'n herstelstelletjie byderhand ingeval jy 'n pap band kry.
                      D   Maak seker jy wend sonroom aan wanneer jy gedurende die
                          dag fiets ry.

           1.1.7      Die SAID het op VSA$78 miljoen beslag gelê wat in bagasie by die
                      internasionale aankomsterminaal op die OR Tambo Internasionale
                      Lughawe versteek was.

                      Die opskrif hierbo verskyn in 'n plaaslike koerant. Hierdie insident
                      sal deur die polisie en … amptenare by die lughawe hanteer word.
                      A   inboek-
                      B   doeane-
                      C   belastingvrye
                      D   gesondheids-

           1.1.8      Goedere wat 'n permit vereis wanneer jy Suid-Afrika binnekom:
                      A   Dwelmmiddels
                      B   Bedreigde plantspesies
                      C   200 pakkies sigarette
                      D   3 liter wyn

           1.1.9      Die lyn wat op die aardbol hieronder aangedui is, toon die …

                      A   IDL.
                      B   DBT.
                      C   GMT.
                      D   UTK.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      5                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

           1.1.10     'n Suid-Afrikaanse uitgaande toeris met plaaslike valuta besoek
                      'n buitelandsevaluta-verhandelingsburo voordat hy met vakansie
                      vertrek. Die bank sal die …-koers gebruik wanneer die transaksie
                      gedoen word.

                      A   bankaankoop
                      B   bankverkoop
                      C   buitelandsevaluta-verhandelings
                      D   randteenwaarde

           1.1.11     Die Piramides van Giza is …

                      A   grafkelders.
                      B   forte.
                      C   kerke.
                      D   akwariums.

           1.1.12     Die Groot Kremlin is noemenswaardig, want dit …

                      A   is 'n godsdiensterrein in Mekka waar Moslem-pelgrims besoek
                          aflê.
                      B   is die plek waar die antieke Romeine teen swaardvegters
                          geveg het.
                      C   word aan baie belangrike geskiedkundige gebeure in Rusland
                          gekoppel.
                      D   is die tempel van 'n verlore beskawing in Suid-Amerika.

           1.1.13     Die sukses van 'n besienswaardigheid word deur … bepaal.

                      A   goeie bestuurspraktyke
                      B   wêreldgesondheidsregulasies
                      C   nagemaakte goedere
                      D   immigrasiewette

           1.1.14     Die gebeurtenis wat in die logo hieronder getoon word, word
                      jaarliks in die … aangebied.

                      A   Oos-Kaap
                      B   Wes-Kaap
                      C   Noord-Kaap
                      D   Suid-Kaap
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       6                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           1.1.15     Die reisiger in die foto hieronder ly aan vlugvoosheid. Hierdie
                      toestand is veroorsaak deur vanaf … te reis.

                      A   Londen na Sydney
                      B   Bangkok na Sydney
                      C   Rome na Londen
                      D   Moskou na Rome

           1.1.16     Die term wat gebruik word wanneer iemand moeite doen met
                      sy/haar persoonlike voorkoms om 'n professionele beeld uit te
                      straal:

                      A   Witwas
                      B   Groenwas
                      C   Handelsmerk
                      D   Selfversorging

           1.1.17     'n Hotel wat 'n komplimentêre pendeldiens na die lughawe
                      aanbied, is 'n voorbeeld van …

                      A   professionele wangedrag.
                      B   kliëntediens.
                      C   korporatiewe maatskaplike belegging.
                      D   wêreldbemarking.

           1.1.18     Etiese gedrag in 'n besigheid word in die … omskryf.

                      A   gedragskode
                      B   vergoedingsbeleid
                      C   byvoordele
                      D   reisvoordele

           1.1.19     Opvoedkundige ondersteuning wat aan gemeenskappe in die area
                      waar toerismebesigheid gedoen word, gegee word:

                      A   'CRS'
                      B   BBP
                      C   KMB
                      D   'GDS'
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       7                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           1.1.20     'n Voorbeeld van onverantwoordelike omgewingsgedrag deur
                      'n toeris:

                      A   Plaas vullis in 'n vullisdrom
                      B   Verwyder plante of diere uit hulle natuurlike habitatte
                      C   Maak vuur in aangewese areas
                      D   Ondersteun omgewingsbewustheid-veldtogte                   (20 x 1)       (20)

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/
           term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           1.2.6 Bankaankoopkoers.

                     'UNWTO'; transitovisum; Berg Everest; logiese volgorde;
                          Berg Fuji; Schengen-visum; reisdokumente;
                            WGO; maatskappywins; kleredragreëls

           1.2.1      'n Aspek wat tot die professionele beeld van 'n maatskappy bydra              (1)

           1.2.2      Die organisasie wat daarvoor verantwoordelik is om die
                      wêreldgemeenskap in te lig oor kwessies wat met internasionale
                      openbare gesondheid verband hou                                               (1)

           1.2.3      'n Noodsaaklike faktor wat die roetebeplanning van 'n toerplan
                      beϊnvloed                                                                     (1)

           1.2.4      Hierdie visum gee 'n toeris toestemming om vir 'n kort rukkie in
                      'n land te vertoef voordat hy/sy na sy/haar finale bestemming reis            (1)

           1.2.5      Die hoogste bergpiek in die wêreld                                            (1)

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 gebeurtenis.

           1.3.1      (UNESCO/SAHRA) is verantwoordelik vir die verklaring van
                      Wêrelderfenisterreine in 'n land.                                             (1)

           1.3.2      Die Mapungubwe Kulturele Landskap is in (Limpopo/Noordwes)
                      geleë.                                                                        (1)

           1.3.3      Die Vredefortkoepel het deur die impak van 'n (meteoriet-/myn-)
                      ontploffing ontstaan.                                                         (1)

           1.3.4      Die (iSimangaliso-vleilandpark/Richtersveld Kulturele Landskap)
                      voldoen aan die kriterium dat dit 'n lewende erfenis van die Nama-
                      mense is.                                                                     (1)

           1.3.5      Robbeneiland is as ŉ Wêrelderfenisterrein verklaar omdat dit
                      Nelson Mandela se (aftreetuiste/politieke gevangenis) was.                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    8                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

1.4        Kies 'n voorbeeld uit KOLOM B wat pas by 'n faktor wat met die sukses van
           toeristebesienswaardighede in KOLOM A verbind word. Skryf slegs die
           letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK
           neer, byvoorbeeld 1.4.6 G.

                     KOLOM A                                KOLOM B
           1.4.1 Bekwame en etiese gedrag A      Die Lesedi Kulturele Dorpie stel hulle
                 van personeel                   uniekheid by die Indaba-handelskou
                                                 ten toon.
           1.4.2 Bemarking
                                             B   Die Kirstenbosch Nasionale
           1.4.3 Misdaadvoorkoming               Botaniese Tuin verseker dat alle dele
                                                 van die tuin rolstoelvriendelik is.
           1.4.4 Universele toegang
                                             C   Die KwaZulu-Natalse Haaieraad bied
           1.4.5 Volhoubare bestuur              dagtoere vir studente aan.

                                             D   Sipho daag elke dag betyds by die
                                                 werk op.

                                             E   uShaka Mariene-wêreld het 'n lys
                                                 van gemagtigde kaartjieverkopers by
                                                 hulle toegangshekke aangebring om
                                                 bedrog te voorkom.

                                             F   Die Shamwari Wildreservaat bied
                                                 toere vir klein groepies aan om die
                                                 invloed op die fauna en flora te
                                                 verminder.
                                                                                  (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      9                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

1.5        Lees die inskrywing in Sean se reisjoernaal oor sy Londense stadstoer.
           Voltooi die inskrywing deur die ontbrekende woord(e) in die lys hieronder te
           gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer.

                          Toringbrug;   Buckingham-paleis;    Big Ben;
                           Toring van Londen;   aflossing van die wag

                          MY REISJOERNAAL: DINSDAG 5 JULIE 2016

           Die besigtigingstoer vandag was ongelooflik. Ek het gevoel asof ek deel van
           die koninklike familie was toe ek die koninklike tuiste, (1.5.1) …, besoek het.
           Hier het ek gesien hoe 'n seremonie, bekend as die (1.5.2) …, deur mans in
           uniform, in diens van die koningin, uitgevoer word.

           Liam, ons toergids, het ons toe na die ikoniese horlosietoring, (1.5.3) …,
           geneem wat vir sy uitstekende tydhouvermoë bekend is.

           Die groep het daarna die geskiedkundige fort in Londen, die (1.5.4) …,
           besoek. Dit het amptelik as 'n koninklike paleis en later as 'n tronk gedien en
           is nou 'n museum.

           Nadat ons die middag ontspan het, het ons oor die (1.5.5) … gery wat ons na
           die anderkant van die Teemsrivier geneem het.

           Ek dink nie my besoek aan Londen sou volledig gewees het as ek nie al
           hierdie ikoniese terreine besoek het nie. Dit was 'n roerende ervaring!

           Sean                                                                                  (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    10                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING, BUITELANDSEVALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       11                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

           2.1.1      Identifiseer die land in die Suidelike Halfrond wat drie tydsones het.        (2)

           2.1.2      Skryf TWEE feite oor die 0º(nul graad)-lengtelyn wat vir 'n toeris
                      interessant sal wees.                                                         (4)

2.2        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          Die Suid-Afrikaanse fietsryer, Jacques Janse
                                          van Rensburg, het aan die 2016 Tour De
                                          France-fietswedren deelgeneem.

                                          Alhoewel die grootste gedeelte van die Tour
                                          De France-fietswedren in Frankryk plaasvind,
                                          vind sekere dele van die wedren in buurlande
                                          plaas.
                                                                     [Bron: www.sport24.co.za]

           2.2.1      Jacques het vanaf Johannesburg na Parys, Frankryk, gevlieg. Hy
                      het om 13:00 op 26 Junie 2016 uit Johannesburg vertrek. Hy het
                      om 23:00 op 26 Junie 2016 in Parys aangekom.

                      Bereken sy vliegtyd vanaf Johannesburg na Parys.

                      LET WEL:      Parys pas DBT toe.                                              (7)

           2.2.2      Terwyl Jacques in Parys was, wou hy sy vriend in New York bel.
                      Hy het om 15:00 op 5 Julie 2016 die oproep van Parys af gemaak.

                      Bereken die tyd en datum waarop sy vriend die oproep in
                      New York sou ontvang het.

                      LET WEL:      Moet NIE DBT in ag neem NIE, aangesien albei
                                    lande DBT toepas.                                               (4)

           2.2.3      Na afloop van die wedren het Jacques van Parys na Dubai (+4)
                      gevlieg om van die wedren te herstel.

                      •   Sy vlug het om 08:00 op 25 Julie 2016 uit Parys vertrek.
                      •   Sy vliegtyd van Parys na Dubai was 7 uur.

                      Bereken hoe laat Jacques in Dubai aangekom het.

                      LET WEL:      Dubai pas NIE DBT toe NIE.                                      (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       12                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

2.3        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                                                    'n Schengen-visum gee 'n toeris
                                                    toegang tot 14 lande wat lid van die
                                                    Europese Unie is.

                                                    Jacques moet na die Franse
                                                    Ambassade gaan om vir 'n
                                                    Schengen-visum aansoek te doen.

                                                                    [Bron: www.franceinfo.com]

           2.3.1      Gee EEN rede waarom Jacques 'n Schengen-visum vir die wedren
                      sou nodig hê.                                                                 (2)

           2.3.2      Die Tour De France is 'n hoë-uithouwedren wat tot beserings kan
                      lei en stremming op deelnemers se gesondheid plaas. Die Franse
                      regering sal nie vir enige ongelukke of beserings aanspreeklikheid
                      aanvaar nie.
                      Noem EEN verpligte dokument wat Jacques by sy visumaansoek
                      moet insluit na aanleiding van die stelling hierbo.                           (2)
           2.3.3      Na die terreuraanvalle in Parys gee die meeste hotelle in Frankryk
                      vir hulle gaste veiligheidsmaatreëls om te volg indien so 'n aanval
                      weer sou plaasvind.
                      Noem TWEE           veiligheidsmaatreëls     wat   hotelle    in    die
                      inligtingsboekies in die kamers sou insluit.                                  (4)
           2.3.4      Gebruik die diagram hieronder en lig Jacques in oor die logiese
                      roete om te volg met sy aankoms by die lughawe in Suid-Afrika.
                      Jacques het slegs sy fietstoerusting, sy klere, 50 mℓ parfuum en
                      1 liter wyn by hom.

                                                                                                    (6)
                                                                                                    [38]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       13                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DIE SKIELIKE DALING IN DIE WAARDE VAN DIE RAND
                              IN DIE LAASTE HELFTE VAN 2015

                                         Haai daar!                  SA se
                                                                      E
                                   Ek kom van die VSA.
                                                                        K
                                  'n Daling in die waarde                O
                                 van die rand was tydens                     N
                                   my vakansie in Suid-                       O
                                   Afrika tot my voordeel.                     M
                                                                             I I
                                                                                   E

           3.1.1      In die tekenprent hierbo, verduidelik wat die kunstenaar met
                      betrekking tot die waarde van die rand te kenne wil gee.                     (2)

           3.1.2      Bespreek EEN manier waarop die waarde van die rand die
                      Amerikaanse toeris tydens haar besoek aan Suid-Afrika
                      bevoordeel het.                                                              (2)

3.2        Bestudeer die valutakoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 LAND                VALUTAKODE               BAK                BVK
           Verenigde State van
                                          USD                15.90               16.50
                Amerika
             Groot-Brittanje              GBP                23.57               23.95

           3.2.1      'n Britse toeris het 2 800,00 GBP en wil die GBP vir ZAR ruil vir 'n
                      vakansie in Suid-Afrika. Met sy aankoms by die OR Tambo
                      Internasionale Lughawe besoek die toeris die buitelandsevaluta-
                      verhandelingsburo om die geld te ruil.

                      Bereken hoeveel die toeris in rand sal ontvang.                              (4)

           3.2.2      Pume, 'n Suid-Afrikaner, woon 'n konferensie in die Verenigde
                      State van Amerika by. Haar maatskappy het haar R15 500,00 vir
                      enige ekstra uitgawes gegee. Sy gaan na 'n buitelandsevaluta-
                      verhandelingsburo om hierdie geld op 'n voorafgelaaide
                      buitelandsevaluta-debietkaart te laai.

                      Bereken hoeveel sy in VS-dollar op die voorafgelaaide kaart sal
                      ontvang.                                                                     (4)
                                                                                                   [12]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                50

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       14                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE, KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME, BEMARKING
VRAAG 4

4.1        Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           4.1.1      Identifiseer ikoon A.                                                        (2)
           4.1.2      Ikoon A is as 'n geskenk aan Amerika gegee.

                      Noem die land wat hierdie ikoon aan Amerika gegee het.                       (2)
           4.1.3      Gee EEN rede waarom hierdie geskenk aan Amerika gegee is.                    (2)
           4.1.4      Noem die lande waar ikoon B en C geleë is.                                   (4)
           4.1.5      Ikoon B en C is aanvanklik albei vir 'n spesifieke doel gebou.
                      Gee EEN rede waarom die volgende ikone gebou is:
                      (a) Ikoon B                                                                  (2)

                      (b) Ikoon C                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      15                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

4.2        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        DIE SWARTWOUD

           Die Swartwoudstreek is nie baie groot nie, ongeveer 150 km lank en 50 km
           breed. Dit het ongelooflike natuurtonele. Klein dorpies en nedersettings en
           plaaslike tradisies kan in 'n paar dae met 'n motor verken word.

           Die Swartwoudstreek is bekend vir koekoekhorlosies, kersiekoeke,
           plaashuise, golwende heuwels met donker immergroen woude en diep
           valleie.

           Die eerste kommersiële bedryf in die gebied was hout en houtbewerking. Die
           boere het in die wintermaande houtwerk gedoen. So het die bekende
           koekoekhorlosiebedryf en die vervaardiging van musiekinstrumente ontwikkel.
           Hierdie bedrywe verskaf steeds werk, maar inkomste word nou hoofsaaklik uit
           toerisme verdien. Die toerismebedryf is 'n bedryf wat heeljaar plaasvind as
           gevolg van toeriste wat ski-oorde en spageriewe besoek.

                                                         [Aangepas uit www.roughguides.com]

           4.2.1     (a) Noem die kontinent waar die beroemde Swartwoud geleë is.                 (2)

                     (b) Verduidelik hoe die Swartwoud sy naam gekry het.                         (2)

           4.2.2      Identifiseer TWEE aktiwiteite in die uittreksel hierbo waaraan
                      toeriste kan deelneem wanneer hulle die Swartwoud in die winter
                      besoek.                                                                     (4)

           4.2.3      Verduidelik DRIE maniere waarop die aktiwiteite wat in
                      VRAAG 4.2.2 geïdentifiseer is, 'n positiewe invloed op die
                      toerismebedryf in die Swartwoud kan hê.                                     (6)
                                                                                                  [28]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     16                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 5

Bestudeer die inligting oor die uKhahlamba-Drakensbergpark hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.

                        UKHAHLAMBA-DRAKENSBERGPARK

Die uKhahlamba-Drakensbergpark is 'n Wêrelderfenisterrein. Hierdie                 Wêreld-
erfenisterrein bewaar die bergwildernisomgewing en antieke rotskuns.

Aktiwiteite in die bergagtige park sluit in om met die voetslaanpaadjies langs te stap,
die grotte met rotskuns te verken, piekniek te hou, in rotspoele te swem, foto's te
neem, 'n aasvoëlrestaurant te besoek, te abseil, rotse te klim en ysklim in die winter te
doen. Verskeie avontuurtoeroperateurs bied begeleide aktiwiteite en toere aan.

Daar sal van sekere besoekers aan die uKhahlamba-Drakensbergpark verwag word
om die bergreddingsregisters by sekere ingangspunte in te vul om hulle veiligheid te
verseker.

                                                              [Aangepas uit www.zulu.org.za]

5.1        Noem die kulturele groep wie se nalatenskap daartoe gelei het dat die
           uKhahlamba-Drakensbergpark Wêrelderfenisstatus gekry het.                              (2)

5.2        Verduidelik hoe die kulturele groep wat in VRAAG 5.1 genoem is, steeds tot
           die gewildheid van die uKhahlamba-Drakensbergpark-area bydra.                          (2)

5.3        Volgens UNESCO word Wêrelderfenisterreine as natuurlike, kulturele en
           gemengde erfenisterreine geklassifiseer.

           5.3.1      Gee die klassifikasie van die uKhahlamba-Drakensbergpark.                   (2)

           5.3.2      Gee EEN rede uit die uittreksel om jou antwoord op VRAAG 5.3.1
                      te verduidelik.                                                             (2)

5.4        Verduidelik TWEE maniere waarop die veiligheid van avontuuraktiwiteite by
           die uKhahlamba-Drakensbergpark bestuur word.                                           (4)
                                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     17                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 6

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID BY DIE ITB

•     SAToerisme het 'n stalletjie by die ITB Berlyn.
•     Vyftig toerismemaatskappye van Suid-Afrika stal by
      die SAToerisme-stalletjie uit.
•     Uitstalruimte by die ITB is duur.
•     Suid-Afrika sal weer by die volgende ITB, vanaf
      8 tot 12 Maart 2017, uitstal.

                                                              [Aangepas uit www.itb50.com]

6.1        Noem die tipe toerismegebeurtenis wat by die ITB Berlyn plaasvind.                   (2)

6.2        Noem EEN rol wat SAToerisme by die ITB Berlyn vertolk.                               (2)

6.3        Verduidelik TWEE maniere waarop Suid-Afrika uit SAToerisme se aktiwiteite
           by die ITB Berlyn voordeel trek.                                                     (4)

6.4        Noem EEN manier waarop TOMSA geld by toerismebesighede in Suid-Afrika
           invorder om SAToerisme se bemarkingsaktiwiteite te befonds.                          (2)
                                                                                                [10]

                                                               TOTAAL AFDELING C:               50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       18                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE, VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             BEELD VAN 'N MAATSKAPPY

                                    POSITIEF OF NIE?

                                                           [Aangepas uit www.cartoonstock.com]

7.1        Identifiseer die toerismebedryfsektor wat in die prent uitgebeeld word.                 (2)

7.2        Verduidelik die belangrikheid van persoonlike voorkoms in die sektor wat in
           VRAAG 7.1 geϊdentifiseer is.                                                            (2)

7.3        Die werknemer in die prent hierbo voldoen nie aan die gedragskode van die
           Palms Hotel nie.

           Identifiseer DRIE voorbeelde van onprofessionele voorkoms/optrede deur die
           werknemer in die prent.                                                                 (6)

7.4        Stel DRIE ingrypingstrategieë aan die bestuur voor wat hierdie werknemer
           se gedrag sal verbeter.                                                                 (6)
                                                                                                   [16]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     19                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 8

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 VERANTWOORDELIKE GEDRAG DEUR TOERISTE

              KAN LUGVERVOER AS VOLHOUBAAR BESKOU WORD?

Die lugvaartbedryf het 'n groot invloed op klimaatsverandering. Lugvervoer word
beskou as die hooffaktor wat tot aardverwarming in die toerismebedryf bydra. Dit is
verantwoordelik vir bykans 40% van die totale koolstofvrystellings wat deur die
toerismebedryf veroorsaak word.

Die lugvaartbedryf het nog nie genoeg gedoen om hulle koolstofvrystellings te
verminder nie.

                                      [Aangepas uit Climate Change and Tourism: Responding to
                                                    World Challenges, UNEP en 'UNWTO', 2007]

8.1        Verduidelik wat omgewingsvolhoubaarheid in die lugvaartbedryf vir jou
           beteken.                                                                                (2)

8.2        Die invloed van lugvervoer op klimaatsverandering word tans onder nasionale
           of internasionale wette nie genoegsaam beheer nie. Daarom is dit belangrik
           dat individue en besighede die invloed van hulle lugvervoer op die omgewing
           verklein.

           Noem TWEE maniere waarop toeriste hulle koolstofvoetspoor kan verklein
           wanneer hulle lugvervoer gebruik.                                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     20                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

8.3        Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   DIT IS DIE LUGHAWENSMAATSKAPPY SUID-AFRIKA ('ACSA')
                               SE VERANTWOORDELIKHEID OM DIE
                            LUGVAARTBEDRYF VOLHOUBAAR TE HOU

                                                        [Aangepas uit www.faa.gov/lughawens]

           Verwys na die driedubbele slotreël en gee TWEE voorbeelde ELK van hoe
           ACSA lughawens ten opsigte van die volgende volhoubaar hou:

           8.3.1      Die gemeenskap waarin dit besigheid doen                                   (4)

           8.3.2      Die invloed op die omgewing                                                (4)
                                                                                                 [14]

                                                               TOTAAL AFDELING D:                30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      21                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                       TOERISME,
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              DURBAN SE STATEBOND-GLORIE

           Die 2022 Statebondspele in Durban sal
           'n tikkie 'Madiba magic' insluit tydens
           die openingseremonie wat vir 18 Julie 2022
           – wyle Nelson Mandela se verjaarsdag –
           beplan word.

           Die HUB van die Statebondspele het gesê:
           'Om die gasheerland van die 2022 Spele te
           wees, sal vir alle Suid-Afrikaners voordelig
           en inspirerend wees.'

           Suid-Afrika sal meer as 10 000 vrywilligers nodig hê om by die Spele, wat van
           18 tot 29 Julie 2022 sal plaasvind, bystand te verleen. Die opening- en
           afsluitingseremonies sal by die Moses Mabhida-stadion plaasvind.

           Openbare, privaat en nieregeringsbelanghebbendes het onderneem om
           groter finansiële bystand aan Suid-Afrikaanse atlete te bied ter voorbereiding
           vir die komende Spele.

                                                [Aangepas uit Sunday Times, 14 Februarie 2015]

           9.1.1      Die openingseremonie       van      die   Statebondspele    word     vir
                      18 Julie 2022 beplan.

                      Gee TWEE redes waarom die reëlingskomitee van mening is dat
                      hierdie datum, 18 Julie 2022, waarde by die Statebondspele sal
                      voeg.                                                                         (4)

           9.1.2      Die Statebondspele sal wyd bemark word om soveel toeriste as
                      moontlik te lok.

                      Stel TWEE positiewe en TWEE negatiewe invloede voor wat die
                      Statebondspele op die ekonomie van die gasheerstad sal hê.                    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       22                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

9.2        Bestudeer die buitelandsetoeriste-aankomste in Suid-Afrika in die tabel
           hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   BUITELANDSETOERISTE-AANKOMSTE IN SUID-AFRIKA
                                JUNIE 2014/JUNIE 2015
           LAND             JUNIE 2014       JUNIE 2015   % VERSKIL
           Duitsland          22 830           14 640        34%
           Verenigde          37 749           29 825        21%
           Konkinkryk
           China               8 123            6 694        18%
           Verenigde State    21 687           18 776        13%
           van Amerika
           Indië               7 494            5 808        22%
                                                         [Aangepas uit www.tourismupdate.co.za]

           9.2.1      Identifiseer die TWEE BRICS-lande wat 'n noemenswaardige
                      afname in toeriste-aankomste in Suid-Afrika vir die tydperk hierbo
                      getoon het.                                                                   (4)

           9.2.2      Die toerismebedryf is van mening dat veranderings aan Suid-
                      Afrikaanse visumwette verantwoordelik is vir die afname in toeriste-
                      aankomste vanaf kern- en opkomende markte.

                      Bespreek DRIE maniere waarop veranderings aan die visumwette
                      'n invloed op die Suid-Afrikaanse toerismebedryf gehad het.                   (6)
                                                                                                    [22]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        23                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

VRAAG 10

Lees die hoofbestuurder se boodskap aan alle gaste by die Trinity Hotel hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.

                                   TRINITY HOTEL
                           Longhornrylaan 174, Livingstone
                                 Tel. 033 489 6373
                               manager@trinity.co.za
                                www.trinityhotel.co.za

20 November 2016

Geagte Gas

Dit is vir ons 'n plesier om u by ons te verwelkom en ons hoop u is tevrede met ons
geriewe en diens. Ons doelwit is om 'n aangename en vriendelike atmosfeer vir u
voortgesette gerief te skep.

Ons stel altyd belang in terugvoering van ons gaste en sal dit op prys stel indien u tyd
kan afstaan om ons terugvoeringskaart in u kamer in te vul. Wees verseker dat dit
spesiale aandag sal kry en dat dit opgevolg sal word.

Baie dankie vir u vriendelike ondersteuning.

                                                        Skandeer hierdie QR-kode
Jerry Weezel                               OF           met u slimfoon om vir
Hoofbestuurder                                          ons terugvoering te gee
                                                        oor u verblyf.

10.1       'n Hotelgas, mnr. Roberts, het reeds by die hotel uitgeteken. Hy wil
           terugvoering oor sy verblyf by die hotel gee.

           Identifiseer TWEE elektroniese metodes wat in die boodskap hierbo genoem
           word wat hy kan gebruik om terugvoering te gee.                                      (4)

10.2       Verduidelik TWEE redes waarom die Trinity Hotel verskillende metodes
           gebruik om kliënteterugvoering te kry.                                               (4)
                                                                                                [8]

                                                                TOTAAL AFDELING E:              30
                                                                    GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-eng/9745b952-56b4-4c76-942b-48efd486989a) — Tourism · QP · 2017 · Eng
- [Tourism Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-memo-afr/bd3e1091-1151-427d-8d7d-6edc442cde62) — Tourism · Memo · 2017 · Afr
- [Tourism Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-memo-eng/4caba8f9-2bd7-477c-b500-d4b1d2ec299b) — Tourism · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2017-question-paper/640cd7ed-e481-47a3-be29-1a9c00d027df) — Tourism · QP · 2017
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Tourism Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-afr/59b1055e-4ee8-4ac7-b985-3fac7c737c03) — Tourism · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
