# Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-afr/59b1055e-4ee8-4ac7-b985-3fac7c737c03
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC Supplementary 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-afr/59b1055e-4ee8-4ac7-b985-3fac7c737c03)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                      TOERISME

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE bewerkings.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

 AFDELING                               ONDERWERP                          PUNTE          TYD
                                                                                        (minute)
      A          Kortvrae                                                     40           20

      B          Kaartwerk en Toerbeplanning;                                 50              50
                 Buitelandsevalutaverhandeling

      C          Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en                      50              50
                 Erfenistoerisme; Bemarking

      D          Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike              30              30
                 Toerisme

      E          Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;              30              30
                 Kommunikasie en Kliëntediens

                                                              TOTAAL         200           180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         3                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
           (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

           1.1.1     Die kaart hieronder sluit 'n reisprogram in wat die … aandui.

                                             [Bron: Aangepas uit Google Maps]

                     A   roete van die toer
                     B   hoofstede wat besoek gaan word
                     C   provinsies wat besoek gaan word
                     D   casino's en spa's op die toer

           1.1.2     'n Sakpastoeris sal hierdie soort akkommodasie verkies:

                     A   Luukse wildlodge
                     B   Rugsakstappershostel
                     C   Eksklusiewe spa-en-welstandsoord
                     D   Bomark-boetiekhotel

           1.1.3     Om 'n hotel in 'n gebied te bou, sal werk aan plaaslike inwoners
                     verskaf en geleenthede vir entrepreneurskap en ander noodsaaklike
                     dienste tot gevolg hê. Hierdie kettingreaksie staan in die algemeen
                     as die … effek bekend.

                     A   rimpel-
                     B   vermenigvuldiger-
                     C   ballon-
                     D   visuele

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        4                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

           1.1.4     Raad wat aan toeriste gegee word voordat hulle langafstandvlugte
                     onderneem om die uitwerking van vlugvoosheid te verminder:

                     A   Eet 'n groot maaltyd voor die vlug.
                     B   Doen intense oefeninge voordat daar aan boord gegaan word.
                     C   Geniet 'n koppie sterk koffie die aand voor die vlug.
                     D   Kry 'n goeie nagrus voor jou vertrek.

           1.1.5     Beijing (+8) is … Lima (-5).

                     A   voor
                     B   op dieselfde lengtelyn as
                     C   agter
                     D   5 lengtelyne wes van

           1.1.6     'n Bergpiek in die Switserse Alpe:

                     A   Jungfrau-Aletsch
                     B   Machu Picchu
                     C   Auschwitz
                     D   Alcazar van Segovia

           1.1.7     Die Koepel van die Rots en die Klaagmuur lok baie toeriste na
                     hierdie land:

                     A   Indië
                     B   Ierland
                     C   Indonesië
                     D   Israel

           1.1.8     Wanneer toeriste Arizona in die VSA besoek, sal hulle waarskynlik
                     die … wil sien.

                     A   Vryheidstandbeeld
                     B   Niagarawaterval
                     C   Grand Canyon
                     D   Corcovado

           1.1.9     Die Sydney Operahuis is 'n Australiese ikoon as gevolg van sy
                     unieke …

                     A   dakstruktuur.
                     B   plafonskilderye.
                     C   marmermure.
                     D   blou teëldak.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        5                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

           1.1.10    Die kontinente wat deur die ikone in die prente hieronder
                     verteenwoordig word:

                     A   Afrika en Australië
                     B   Suid-Amerika en Noord-Amerika
                     C   Asië en Australië
                     D   Europa en Asië

           1.1.11    Die openbare sektor wat verantwoordelik is vir die hantering van
                     werknemers se dispute (geskille) in die gasvryheids- en
                     toerismebedryf:

                     A   Departement van Vervoer
                     B   Departement van Gesondheid
                     C   Departement van Binnelandse Sake
                     D   Departement van Arbeid

           1.1.12    Die kalender hieronder word as die … van 'n besigheid of
                     organisasie gebruik.

                                                 [Aangepas uit www.southafrica.net]

                     A   regsdokumente
                     B   bemarkingsmateriaal
                     C   kliëntediens
                     D   produkverpakking

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     6                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

           1.1.13    As deel van hulle gedragskode, laat die Hilton Hotel-groep nie sy
                     werknemers toe om geskenke van gaste of verskaffers te aanvaar
                     nie. Hierdie praktyk verseker dat werknemers … behou.

                     A   goeie kommunikasievaardighede
                     B   'n professionele voorkoms
                     C   leierskapseienskappe
                     D   professionele verantwoordbaarheid

           1.1.14    Toeriste wat 'n omgewing besoek om die skade te sien wat deur 'n
                     onvoorsiene natuurlike gebeurtenis veroorsaak is, is 'n voorbeeld
                     van … toerisme.

                     A   volhoubare
                     B   verantwoordelike
                     C   ramp-
                     D   ontspannings-

           1.1.15 Die bevordering van inheemse flora en fauna is 'n voorbeeld van
                  hierdie soort verantwoordelike en volhoubare toerisme:

                     A   Korporatiewe maatskaplike belegging
                     B   Omgewingsverantwoordelikheid
                     C   Ekonomiese verantwoordelikheid
                     D   Maatskaplike verantwoordelikheid

           1.1.16 Die openbare sektor wat verantwoordelik is vir die hersiening van die
                  Witskrif oor die Ontwikkeling en Bevordering van Toerisme in Suid-
                  Afrika 1996:

                     A   SATSA
                     B   NDT
                     C   TBRSA ('TBCSA')
                     D   DHN ('DTI')

           1.1.17 'n Jaarlikse gebeurtenis wat in Suid-Afrika aangebied word:

                     A   Wimbledon
                     B   Winter Olimpiese Spele
                     C   Tour de France
                     D   Comrades-marathon

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       7                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

           1.1.18 Die foto hieronder toon …

                     A    kontinentale toeganklikheid.
                     B    die maak-ons-strande-skoon-veldtog.
                     C    'n waarskuwing teen haaiaanvalle.
                     D    universele toeganklikheid.
           1.1.19 'n Natuurramp waar 'n groot golf seewater kustoeristebestemmings-
                  verwoes:
                     A    Windmeul
                     B    Sneeustorm
                     C    Tsoenami
                     D    Waterglybaan
           1.1.20 Die gastehuiseienaar moet die terugvoering oor … klagtes wat uit
                  opnames verkry is, in gedagte hou wanneer 'n aksieplan ontwikkel
                  word.
                     A    ontoepaslike
                     B    algemene
                     C    onregverdige
                     D    beledigende                                            (20 x 1)       (20)
1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur
           'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
           die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
             terugvoering; lengte van verblyf; kredietkaart; uitgawe; reisprogram;
            elektroniese fondsoorplasing (EFO/'EFT'); klimaatsverandering; HIV/Vigs
           1.2.1     'n Betalingsmetode wat 'n toeris toelaat om by die verkoopspunt te
                     betaal en die rekening op 'n latere datum te vereffen
           1.2.2     Die gerief om 'n rekenaar of draagbare toestel te gebruik om vir
                     konsertkaartjies vanaf jou huis te betaal
           1.2.3     'n Metode wat toerismebesighede gebruik om dienslewering te
                     evalueer
           1.2.4     Die term wat na toeriste se gemiddelde besteding per dag verwys
           1.2.5     Die fokus van die COP 23-wêreldberaad wat in 2017 gehou is (5 x 1)         (5)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                           8                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                  NSS

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.

           1.3.1     Kajuitbemanning kan inligting oor die lugdiens se uniforms in die
                     (gedragskode/dienskontrak) kry.

           1.3.2     Betaling vir oortydwerk kan as ('n byvoordeel/jaarlikse verlof)
                     beskou word.

           1.3.3     Persoonlike   (reisprogramme/versekering)   word      deur   reisagente
                     ontwikkel.

           1.3.4     'n Langafstandvlug sonder dat daar oor tydsones gevlieg word, sal tot
                     gevolg hê dat passasiers (vlugvoosheid/vluguitputting) ervaar.

           1.3.5     Dit is (ACSA/SAVRALA) se verantwoordelikheid om passasiers in te
                     lig oor die veiligheid van hul bagasie by lughaweterminale. (5 x 1)           (5)

1.4        Kies die soort gebeurtenis uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A
           pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 G.

                              KOLOM A                               KOLOM B
           1.4.1     Die WGO reik 'n wêreldwye             A     onrus
                     gesondheidswaarskuwing oor 'n
                     uitbreek van die Zikavirus uit        B     wêreldresessie

           1.4.2     Gewelddadige dienslewering            C     terrorisme
                     protesaksies oor die hele Suid-
                     Afrika                                D     burgeroorlog

           1.4.3     Volgehoue konflik in Sirië            E     aardverwarming
                     tussen die regering en
                     opposisiemagte wat tot 'n             F     siektes
                     vlugtelingkrisis gelei het

           1.4.4     Die verswakking van die
                     belangrikste geldeenhede regoor
                     die wêreld wat tot negatiewe BBP-
                     groei lei

           1.4.5     Die saai van paniek en vrees deur
                     onskuldige mense oor die hele
                     wêreld heen dood te maak en te
                     beseer
                                                                                     (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

1.5        Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       DIE REISBEGROTING

           Toeriste moet hulle begroting in gedagte hou wanneer hulle 'n reis beplan.

           Pas die elemente van die begroting by die beskrywings hieronder. Skryf
           slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 Fooitjies

                                          Akkommodasie

                                                                      Reisversekering

              Vermaak

               Etes                                                        Reisdokumente

                                                                               Vervoer
            Bykomende
             uitgawes

           Die element van die begroting wat betaal vir:

           1.5.1     Vlugte, motorverhuring, treinkaartjies en bootritte

           1.5.2     Paspoorte, visums en gesondheidsertifikate

           1.5.3     Onvoorsiene gebeurtenisse soos vlugkansellasies, bagasie wat
                     verlore raak, siekte en dood

           1.5.4     Besoeke aan temaparke, nagklubs en casino's

           1.5.5     Opsionele toere, inkopies en geskenke
                                                                                  (5 x 1)           (5)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     10                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Tony het pas teruggekeer na Suid-Afrika na 'n vakansie in Indië. Op die
      OR Tambo Internasionale Lughawe het hy deur die groen kanaal by doeane
      beweeg.

      2.1.1 Noem die openbare sektor wat verantwoordelik is om te verseker dat
            reisigers aan die betrokke doeaneregulasies op Suid-Afrika se
            internasionale lughawes voldoen.                                                 (1)

      2.1.2 Gee TWEE redes waarom Tony deur die groen kanaal en NIE die rooi
            kanaal by doeanebeheer gegaan het NIE.                                           (4)

      2.1.3 Tydens Tony se reis na Indië het die temperatuur tussen 35°C en 40°C
            gewissel.

             Gee Tony raad oor die volgende:

             (a)     TWEE redes waarom hy slegs gebottelde water moet drink                  (4)

             (b)     TWEE redes waarom dit belangrik is om sonblokroom te gebruik            (4)

2.2   Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     DROOMVAKANSIES

      Watter bestemmings is boaan jou wenslysie?

      Waarheen jy ook al droom om volgende keer te reis, moet reise na spesiale
      plekke deeglik beplan word. Die kans is goed dat jy slegs een keer in jou lewe
      daarheen sal reis.

      Besoek ons dus by Droomvakansies waar 'n deeglik beplande reisprogram jou
      drome sal verwesenlik.

      2.2.1 Noem TWEE elemente van 'n reisprogram.                                           (2)

      2.2.2 Gee TWEE redes waarom Droomvakansies glo 'n deeglik beplande
            reisprogram die sleutel tot 'n suksesvolle vakansie is.                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          11                   DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

2.3        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord
           dan die vrae wat volg.

             Rome +1

                       New York -5

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        12                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

           2.3.1   Karlien het van Johannesburg na Rome gereis.
                    Haar vlug het om 14:00 op 6 Februarie 2018 vanaf die OR Tambo
                      Internasionale Lughawe vertrek.
                    Die vlug vanaf Johannesburg na die Leonardo Da Vinci
                      Internasionale Lughawe in Rome het 14 uur geduur.

                   (a)   Gee die tydsverskil tussen Johannesburg en Rome.                          (2)

                   (b)   Bereken die tyd en datum waarop sy in Rome sal aankom.

                         Toon ALLE berekeninge.                                                    (5)

                   (c)   Dit is 08:00 in Rome en Karlien wil haar vriend in New York bel.

                         Bereken hoe laat haar vriend die telefoonoproep in New York sal
                         ontvang.

                         Toon ALLE berekeninge.                                                    (4)

           2.3.2   Londen pas DBT toe.

                   (a)   Verduidelik die begrip dagligbesparingstyd (DBT).                         (2)

                   (b)   Bespreek TWEE positiewe uitwerkings van dagligbesparingstyd vir
                         Londen.                                                                   (4)
                                                                                                   [36]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    13                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 3

        Bestudeer die inligting en die forex-tabel hieronder en beantwoord die vrae wat
        volg.

        'n Suid-Afrikaanse universiteitskoor is uitgenooi om by 'n internasionale
        musiekfees wat in Londen (VK) gehou word, op te tree.

        Die koorlede het elk R610,00 sakgeld ontvang.

                                    WISSELKOERSE
                   LAND              VALUTAKODE                BAK             BVK
        Verenigde Koninkryk              GBP                   16.09           17.18
        Verenigde State van Amerika      USD                   14.31           14.45

3.1     Bereken die bedrag in pond wat elke student ontvang het toe hulle R610,00 by
        die buitelandsevaluta-verhandelingskantoor op die OR Tambo Internasionale
        Lughawe verruil het.

        LET WEL:      Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                      Toon AL die stappe van jou berekening.                                  (4)

3.2     Met hulle aankoms in Suid-Afrika het een van die koorlede £26,35 by die
        buitelandsevaluta-verhandelingskantoor op die OR Tambo Internasionale
        Lughawe verruil.

        Bereken die bedrag in rand wat hy ontvang het.

        LET WEL:      Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                      Toon AL die stappe van jou berekening.                                  (4)

3.3     Maak 'n lys van SES faktore wat 'n uitwerking op verhandelingkoers-
        skommelings in Suid-Afrika kan hê.                                                    (6)
                                                                                              [14]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        14                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
Jy het op 'n ou fotoalbum van jou ouma afgekom.
Bestudeer die ses foto's (A–F) van 'n wêreldtoer in haar album hieronder en
beantwoord die vrae wat volg.

                                   ONS WÊRELDTOER – 1962

             A                                         B

            C                                         D

            E                                         F

                                                [Aangepas uit www.placestoseeinyourlifetime.com]

4.1        Identifiseer die ikone en die lande in die foto's (A–E) wat jou ouma op haar
           wêreldtoer besoek het.

           Skryf slegs die letter (A–E) en die naam van die ikoon en land langs die
           vraagnommer (4.1.1–4.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           J Vryheidstandbeeld – VSA                                                                  (10)
4.2        4.2.1     Gee die getal lande wat jou ouma op haar 1962-toer besoek het.                   (2)
           4.2.2     Noem die kontinent wat sy NIE besoek het NIE.                                    (2)
           4.2.3     Identifiseer EEN land wat sy in die Suidelike Halfrond besoek het.               (2)
                                                                                                      [16]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          15                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                 NSS

VRAAG 5

5.1        Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE

                                                                    Wêrelderfenisterreine
                                                                        in Suid-Afrika

                                                                [Aangepas uit Google Maps]

           Pas die ligging van die Wêrelderfenisterreine (A–H) op die kaart by die naam
           van die Wêrelderfenisterrein (5.1.1–5.1.5).

           Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommer (5.1.1–5.1.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.1.6 J.

           5.1.1     iSimangaliso-vleilandpark                                                    (2)

           5.1.2     Vredefortkoepel                                                              (2)

           5.1.3     Wieg van die Mensdom                                                         (2)

           5.1.4     Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap                                 (2)

           5.1.5     uKahlamba-Drakensbergpark                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        16                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

5.2        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      DIE ROL VAN UNESCO
           UNESCO streef daarna om netwerke tussen
           nasies te bou en het die idee van
           Wêrelderfenis geskep om unieke terreine
           regoor die wêreld te beskerm sodat die
           nageslag dit ook kan geniet.

           5.2.1     Noem TWEE provinsies in Suid-Afrika wat NIE 'n Wêrelderfenisterrein
                     het NIE.                                                                      (2)

           5.2.2     Noem TWEE aspekte waarna UNESCO kyk wanneer terreine vir
                     Wêrelderfenisstatus oorweeg word.                                             (4)

           5.2.3     UNESCO SE KRITERIUM (iii)
                     … om 'n unieke of minstens uitstaande getuienis te wees vir 'n
                     kulturele tradisie of vir 'n lewende beskawing of een wat verdwyn het.

                     Noem EEN Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisterrein wat aan die
                     beskrywing in kriterium (iii) hierbo voldoen.                                 (2)

           5.2.4     Bespreek TWEE voordele vir die Suid-Afrikaanse toerismebedryf as
                     Suid-Afrika nog 'n Wêrelderfenisterrein sou bykry.                            (4)
                                                                                                   [22]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      17                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 6

Bestudeer die skermskoot (prent) van 'n video op YouTube.
                                                                                                      Teken in

                                                                                   23 ongelooflike Suid-
                                                                       Video 1     Afrikaanse feite
                                                                                   Taltanic
                                                                                   165 544 keer gekyk

                                                                                   Die provinsies van
                                                                                   Suid-Afrika
                                                                       Video 2     Suid-Afrikaanse Toerisme
                                                                                   37 616 keer gekyk

                                                                                   WOW Suid-Afrika
                                                                                   (SAT Toerisme se
                                                                      Video 3      amptelike video)
                                                                                   Gary Parker
                                                                                   36 300 keer gekyk

                                                                                   Wonderlike Suid-
                                                                      Video 4      Afrika
                                                        3:16 min                   Lion Mountain TV
                                                                                 167 018 keer gekyk

                                                      [Aangepas uit http://youtu.be/WJcLC-SA5KA]

6.1        Noem die organisasie wat hierdie video op YouTube gelaai het.                                         (2)

6.2        Behalwe vir die nuwe handelsmerkvideo in die skermskoot hierbo, gee die
           name van TWEE soortgelyke video's wat op YouTube opgelaai is.                                         (4)

6.3        In 'n paragraaf, evalueer die gebruik van hierdie video as 'n bemarking-
           strategie om Suid-Afrika as 'n toerismebestemming bekend te stel.

           Jou paragraaf moet die volgende insluit:

              Redes vir die gebruik van YouTube om Suid-Afrika te bemark
              Geskiktheid van die titel van die nuwe handelsmerkvideo
              Kykersgetalle                                                                                     (6)
                                                                                                                 [12]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:                           50

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        18                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

7.1        Goeie kommunikasie is 'n hoofoorweging vir besighede wanneer dit by die
           handhawing van 'n professionele beeld kom.

           Die bestuurder van A1 Hotel het 'n e-pos ontvang waarin 'n hotelgas gekla het
           oor die swak werksetiek van sommige van die hotelpersoneel en die gebrek
           aan goeie dienslewering.

                         BESTUURDER SE ANTWOORD OP DIE KLAGTE

             Hi ek is jammer dat jy die diens by ons hotel swak gevind het.
             Die personeel is onderbetaal en oorwerk.

             Ons is tog net 'n 3-ster hotel, WAT VERWAG JY!!!

             Bestuurder – A1 Hotel

           7.1.1      Noem die dokument wat werknemers moet onderteken wanneer
                      hulle 'n pos in die gasvryheidsbedryf aanvaar.                                (2)

           7.1.2      Verduidelik waarom die eienaar van hierdie hotel dissiplinêre stappe
                      teen die bestuurder kan doen nadat hy die e-pos hierbo gelees het.            (2)

           7.1.3      Verduidelik EEN rede waarom die hotel se slagspreuk 'Ons stel jou
                      eerste' in die hotel se kliënteterugvoeringsbeleid ingesluit sal word.        (2)

           7.1.4      Die bestuurder van die A1 Hotel het swak sakeskryfvaardighede.

                      (a) Identifiseer TWEE voorbeelde van swak skriftelike
                          kommunikasie in die bestuurder se e-pos wat NIE in
                          sakekommunikasie gebruik moet word NIE.                                   (2)

                      (b) Korrigeer (maak reg) TWEE voorbeelde van swak skriftelike
                          kommunikasie wat in VRAAG 7.1.4(a) geïdentifiseer is.                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      19                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

7.2        Bestudeer die advertensie hieronder en antwoord die vrae wat volg.

           7.2.1     Verwys na die advertensie hierbo en noem TWEE waardes wat van
                     die persoon wat vir hierdie pos aansoek doen, verwag kan word.            (2)

           7.2.2     Noem TWEE kommunikasievaardighede wat vir hierdie pos vereis
                     word.                                                                     (2)
                                                                                               [14]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     20                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

VRAAG 8

Bestudeer die inligting hieronder en antwoord die vrae wat volg.

                               MAAKJY REGTIG 'N VERSKIL?
                             DIE STORIE VAN DIE BLOEDLEEUS

        Hierdie artikel is gebaseer op
        'n dokumentêre program oor
        Bloedleeus wat op televisie
        uitgesaai is. Dit ondersoek
        die leeujagbedryf en gee
        ontstellende waarhede wat
        daartoe aanleiding gegee het
        dat Billike Handeltoerisme
        (FTT) hulle standpunt oor
        wildlewetoevlugsoorde
        (plekke van veiligheid)
        hersien het.

        Die bemarkingsbestuurder van Billike Handeltoerisme verduidelik dat die
        dokumentêre program die volgende aan die lig gebring het:

              Leeuwelpies word na geboorte van hulle moeders geskei en na
               sogenoemde 'leeutoevlugsoorde' gestuur. Dit skep 'n wanindruk dat die
               welpies deur hulle moeders verwerp is, en dat hulle in die wildernis
               hervestig gaan word – iets wat baie selde gebeur.
              Die toeriste word baie geraak deur die verwerpte leeuwelpies en hulle is
               gretig om hulle dollars te gee om die welpies te vertroetel, terwyl hulle
               onder die indruk verkeer dat hulle help om na die welpies om te sien.
              Wanneer die leeuwelpies 4 jaar oud is, word hulle na 'n jagplaas geneem,
               waar nog internasionale jagters gretig is om dollars te betaal om hierdie
               leeus te jag.
              Die hartseer storie eindig nie daar nie, die leeus se karkasse (dooie
               leeus) word dan vir R20 000 tot R30 000 aan die Verre Ooste vir
               medisinale doeleindes verkoop.

        Volgens Billike Handeltoerisme, mag geen organisasie wat
        deur FTT gesertifiseer wil word, vanaf 1 Junie 2016 fisiese
        interaksie tussen toeriste en diere in aanhouding toelaat nie.

                                             [Aangepas uit Sawubona-tydskrif, September 2016]

8.1     Verduidelik die teenstellings (teenoorgestelde standpunte) wat in die
        dokumentêre program oor toevlugsoorde vir leeus uitgelig word.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      21                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

8.2     Die beginsels van FTT:

           Etiese besigheidspraktyke
           Respek vir menseregte, kultuur en omgewing
           Billike lone en werksomstandighede
           Billike verspreiding van voordele
           Billike werksaamhede, aankope (koop by plaaslike verskaffers) ingesluit
           Volhoubare praktyke

        Lees die beginsels van FTT hierbo.

        Identifiseer die TWEE beginsels van FTT wat NIE deur hierdie toevlugsoorde
        vir leeus toegepas word NIE.                                                           (2)

8.3     Bespreek hoe ELK van die TWEE beginsels wat in VRAAG 8.2 geïdentifiseer
        is, in konflik is met die praktyke wat in die dokumentêre program oopgevlek is.        (4)

8.4     Bespreek die hoofmotivering vir die misbruik van hierdie leeus volgens die
        dokumentêre program.                                                                   (2)

8.5     Stel EEN manier voor waarop FTT probeer het om hierdie uitbuiting (misbruik)
        reg te stel om verantwoordelik en volhoubare toerisme te bevorder.                     (2)

8.6     Verduidelik TWEE negatiewe uitwerkings wat hierdie dokumentêre program op
        ekotoeriste kan hê wat 'n egte (ware) Suid-Afrikaanse wildlewe-ervaring in
        Suid-Afrika wil hê.                                                                    (4)
                                                                                               [16]

                                                              TOTAAL AFDELING D:               30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    22                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                   TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       INVLOED VAN FIFA WÊRELDBEKER-TOERNOOIE

        Die befondsing vir 'n FIFA Wêreldbeker-toernooi word spandeer aan die
        konstruksie van nuwe en bestaande infrastruktuur wat die gebeurtenis sal
        ondersteun.

        Suid-Afrika het meer geld as wat oorspronklik beplan is aan die 2010 FIFA
        Wêreldbeker-toernooi spandeer. Die vyf stadions wat vir die gebeurtenis gebou
        is, is nie almal in staat om hulleself volhoubaar te bedryf nie.

        In Brasilië is party van die stadions en projekte steeds onvoltooid na die FIFA
        Wêreldbeker-toernooi. Rusland het egter die koste van infrastruktuur-
        ontwikkeling vir die 2018 FIFA Wêreldbeker-toernooi verminder.

                                                              [Aangepas uit www.duke.edu]

        9.1.1    Verwys na die uittreksel en noem EEN positiewe ekonomiese
                 uitwerking vir lande wat die FIFA Wêreldbeker-toernooi aanbied.                  (2)

        9.1.2    Daar is geen waarborg dat die aanbied van 'n FIFA Wêreldbeker-
                 toernooi ekonomiese voordele sal inhou nie.

                 Bespreek EEN rede waarom die gasheerland die risiko van
                 oorbesteding sal neem, wetende dat daar 'n finansiële verlies kan
                 wees met die aanbied van die FIFA Wêreldbeker-toernooi.                          (2)

        9.1.3    Stel EEN manier voor waarop die niewinsgewende stadions in
                 Suid-Afrika na plekke wat 'n inkomste genereer, omgeskakel kan
                 word.                                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     23                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

9.2     Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             HOTEL ONDER SNEEU BEGRAWE

                                                                    Na swaar
                                                                    sneeustorms en
                                                                    kragtige
                                                                    aardbewings in
                                                                    2017, het 'n
                                                                    sneeustorting 'n
                                                                    hotel in Italië getref
                                                                    en 29 toeriste is
                                                                    dood en 11 mense
                                                                    is beseer.

                                                           [Aangepas uit www.news.sky.com]

        9.2.1    Identifiseer die soort onvoorsiene gebeurtenis.                                  (2)

        9.2.2    Bespreek TWEE invloede wat die gebeurtenis hierbo op die ski-oord in
                 Italië kan hê.                                                                   (4)

9.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         'N TEKORT AAN KONTANT IN ZIMBABWE

        Toeriste in Zimbabwe kan moontlik nie kontant by OTM'e onttrek nie as gevolg
        van 'n kontanttekort in die land.

                                                          [Aangepas uit www.ftwonline.co.za]

        9.3.1        Verduidelik EEN uitdaging wat toeriste in Zimbabwe gaan ervaar
                     wanneer hulle by 'n OTM kontant wil onttrek.                                 (2)

        9.3.2        Gee raad aan 'n toeris wat na Zimbabwe reis oor TWEE maniere
                     om die uitdaging in VRAAG 9.3.1 te oorkom.                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         24                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

9.4     Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg.

               TOP 5 BUITELANDSE                     NUWE LUGREDERY IN SUID-AFRIKA
            AANKOMSTE PER LUG IN
                 DESEMBER 2016
         LUGMARKTE        AANKOMSTE
                           GETALLE                   Eurowings is 'n sakpaslugredery wat
        Frankryk             13 952                  deur Lufthansa (Nasionale Lugdiens
        Duitsland            31 603                  van Duitsland) besit word. Die Suid-
                                                     Afrikaanse owerhede het toestemming
        Nederland            14 986
                                                     aan Eurowings verleen om vanaf
        Verenigde
                             53 462                  5 November 2017 tot 18 Maart 2018
        Koninkryk
                                                     'n direkte seisoenale vlug tussen
        Verenigde State                              Kaapstad en Cologne, Duitsland, te
                             31 309
        van Amerika                                  bedryf.
                [Aangepas uit www.southafrica.net]            [Aangepas uit www.eurowings.com]

        9.4.1   Uit die statistiek hierbo, identifiseer die lugmark waarvandaan
                Suid-Afrika sy grootse buitelandse markaandeel ontvang.                              (2)

        9.4.2   Met die instelling van die Eurowings-vlugte, identifiseer die bestaande
                lugmark wat 'n toename in toeriste-aankomste na Suid-Afrika sal toon.                (2)

        9.4.3   Bespreek EEN rede waarom die Suid-Afrikaanse owerhede
                toestemming aan Eurowings gegee het om in Suid-Afrika besigheid te
                doen.                                                                                (2)
                                                                                                     [24]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    25                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 10

Bestudeer die uittreksel hieronder en antwoord die vrae wat volg.

                                          'N RESTAURANT KRY DIT REG

                               Die restaurant se kliënte het oor stadige diens en die
                               kwaliteit van die kos gekla. Die restaurant het gevolglik
                               'n SMS-terugvoeringstelsel ingestel. Kliënte kry 'n
                               kaartjie met die restaurant se selnommer daarop en
                               word gevra om terugvoering per SMS te gee.

                               Wanneer daar 'n klagte per SMS ontvang word,
                               reageer die bestuurder van die restaurant binne
                               10 minute. Hy stuur 'n SMS-boodskap terug en
                               verseker die kliënt dat die klagte ondersoek sal word
                               en bied          20%-afslag op hulle volgende besoek
                               aan.
                                                 [Aangepas uit www.marketingminefield.co.uk]

10.1    In die uittreksel hierbo, identifiseer TWEE voordele van die gebruik van SMS'e
        as terugvoeringsmetode.                                                                 (4)

10.2    Gee EEN ander terugvoeringsmetode waar die kliënte tegnologie vir hulle
        klagtes kan gebruik.                                                                    (2)
                                                                                                [6]

                                                                TOTAAL AFDELING E:              30
                                                                    GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-eng/64851036-4266-4e5a-be9c-c875018018d3) — Tourism · QP · 2018 · Eng
- [Tourism Feb March 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-memo-eng/4bf42c58-31b2-4632-bc50-74bbc1ddb394) — Tourism · Memo · 2018 · Eng
- [Tourism Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-memo-afr/db7bbc2c-eac9-48ce-bfc5-cf6aa5cd4bb1) — Tourism · Memo · 2018 · Afr
- [TOURISM GR12 QP AFR SEPT 2018 D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-afr-sept-2018-d/d841bd0e-065c-4a14-a579-919ad2540b9a) — Tourism · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2018-question-paper/7f6437e1-fd32-4ff5-a9fb-f8eb60eaeefd) — Tourism · QP · 2018
- [Tourism May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-afr/d45389bd-c17a-4c88-9347-2ffe4e468b36) — Tourism · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
