# Tourism Grade 12 Tourism 2021 Exam Guideline (Afrikaans)

> Grade 12 Tourism exam guideline from the Tourism 2021 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/843a4fb1-6f6b-4074-b8f4-5e15ee12aaa2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Tourism
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Tourism 2021 Exam Guideline (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/843a4fb1-6f6b-4074-b8f4-5e15ee12aaa2)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Tourism · 2021. Exam guideline, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 TOERISME

                        EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    2                                     DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE

                                                                                   Bladsy
1.     INLEIDING                                                                     3

2.     ASSESSERING IN GRAAD 12                                                       4
       2.1  Verkorte Afdeling 4 van die KABV                                         4
       2.2  Formaat van die graad 12 Toerisme-vraestel                               5
       2.3  Kognitiewe eise in die vraestel                                          5
       2.4  Struktuur van die vraestel: graad 12 Rekord- en Finale NSS-eksamen       6

3.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)                                8

4.     DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)                                          12

5.     SLOT                                                                          13

BYLAE A:    DIE TYDSONEKAART                                                         14
BYLAE B:    AKSIEWERKWOORDE: BLOOM SE HERSIENE TAKSONOMIE                            15
BYLAE C:    LYS VAN TERME WAT ALGEMEEN GEBRUIK WORD WANNEER VRAE
            OPGESTEL WORD                                                            16
BYLAE D:    LYS VAN HANDBOEKE DEUR DIE DBE GOEDGEKEUR                                16

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    3                                      DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Toerisme beskryf die aard en doel
van die vak Toerisme. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en
assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
 Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
    Seniorsertifikaat- (NSS) -eksamen in Toerisme geassesseer gaan word
 Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamen voor te berei
 Onderwysers en leerders in te lig oor die waarde van die PAT vir die finale promosiepunt

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens, skoolgebaseerde
assessering (SGA) en die praktiese assesseringstaak (PAT).

Hierdie Eksamenriglyne moet saam met die volgende gelees word.
 Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
   (KABV): Toerisme
 Die 2021 Nasionale Herstel Jaarlikse Onderrigplan: Toerisme graad 12
 Die Verkorte Afdeling 4 (Graad 12 KABV-wysigings vir Toerisme) 2021
 Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
   Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
   rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
 Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
   Kurrikulumstelling, Graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      4                                        DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

2.     ASSESSERING IN GRAAD 12

2.1    Verkorte Afdeling 4 van die KABV

       Hersiene skoolgebaseerde assessering (SGA) vir 2021–2023

       GRAAD 12

                                TOERISME
                HERSIENE SGA-GEWIGTOEKENNING VIR 2021–2023

                                       GRAAD 12
Formele assessering graad 12

       SGA                  SGA                SGA            BEVORDERINGSPUNT
  KWARTAAL 1           KWARTAAL 2         KWARTAAL 3              KWARTAAL 4
Taak 1                Taak 2             Taak 3              SGA = Kwartaal 1, 2 + 3
Maart                 Vaardigheids-      Datahantering       = 300 ÷ 3 =         100
kontroletoets         assessering        Taak                                     25%
                      Taak               25%
                                                             PAT =                 100
100%                  100%                                                         25%

                                         Taak 4              November
                                         Rekord-eksamen      Eksamen               200
                                         75%                                       50%
       100                  100                 100                      100
                           PAT
                          50 + 50
                      Punte toegeken
                       in Kwartaal 4

Die formele assesseringsvereistes vir Toerisme (graad 12)
 Vier formele teoretiese (SGA) assesseringstake moet gedurende die skooljaar vir graad 12
   voltooi word. Dit dra 25% tot die totale punte vir die jaareind-assessering in Kwartaal 4, by.
   Die vier formele assesseringstake (SGA) is VERPLIGTEND.

Die assessering aan die einde van die jaar bestaan uit twee dele:
 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) en 'n geskrewe teorie-vraestel. Saam maak hierdie twee
   dele die oorblywende 75% in graad 12 uit.
 Die drie komponente vorm saam die promosiepunt vir die einde van die jaar van 100%.
 In graad 12 word alle SGA-assesseringstake intern opgestel, nagesien en gemodereer.
 Die NSS-assessering (75%) aan die einde van die jaar in graad 12 word ekstern opgestel,
   nagesien en gemodereer.
 Elke taak moet voorsiening maak vir 'n gebalanseerde reeks kognitiewe vlakke, sowel as die
   voorgeskrewe reeks vir moeilikheidsvlakke.
 'n Item en foute-ontleding van leerderprestasies moet voltooi word nadat 'n formele
   assesseringstaak nagesien is. Die doel van die ontleding is om 'n gebrek aan kennis en begrip
   of swak ontwikkelde vaardighede bloot te lê. Dit help verder om die mees geskikte
   intervensiestrategie te identifiseer om die vlak van kennis en begrip en leerderprestasie te
   verbeter.
 Die PAT word intern geassesseer deur die onderwyser en departementshoof verantwoordelik
   vir Toerisme. Dit kan ook deur die vakadviseur/provinsiale vakhoof ekstern gemodereer word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          5                                       DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

2.2        Formaat van die graad 12 Toerisme-vraestel

     Die Toerisme-eksamen bestaan uit een 3 uur-vraestel van 200 punte.
     Die vraestel is in vyf VERPLIGTE afdelings ingedeel.
     Die nasionale Toerisme-vraestel word met gebruik van 'n spesifieke struktuur opgestel. Dit sal
      tot die voordeel van leerders strek om hulle met hierdie formaat vertroud te maak. Daar word
      aanbeveel dat onderwysers die formaat hieronder gebruik vir alle eksamens wat intern
      opgestel word.

Die tabel hieronder dui die struktuur van die vraestel aan.

AFDELING           VRAAG                       ONDERWERP                          PUNTE
   A                  1     Kortvrae (dek alle onderwerpe)                          40
                      2     Kaartwerk- en Toerbeplanning
       B                                                                             50
                      3     Buitelandsevaluta-verhandeling
                      4     Toerismebesienswaardighede
       C              5     Kultuur- en Erfenistoerisme                              50
                      6     Bemarking
                      7     Toerismesektore
       D                                                                             30
                      8     Volhoubare en Verantwoordelike Toerisme
                      9     Binnelandse, Streeks- en Internasionale Toerisme
       E                                                                             30
                     10     Kommunikasie en Kliëntediens

2.3        Kognitiewe eise in die vraestel

Die vraestel maak voorsiening vir die verskillende leervermoëns van leerders met 'n reeks
kognitiewe vlakke. Leerders kan vrae met laer, middel- en hoër kognitiewe vlakke verwag.

Om leerders voldoende vir die kognitiewe eise van die finale eksamenvraestel voor te berei, is dit
noodsaaklik dat onderwysers die kognitiewe eise van alle interne formele assesseringstake vir
graad 10–12 volgens die vlakke wat in die KABV uiteengesit word, opstel. Meer komplekse leer
sal tot hoër-orde denke lei. Onderwysers moet seker maak dat interne formele assesseringstake
nie net 'weet wat'-vrae bevat nie, maar ook 'weet hoe'-vrae.

Die tabel hieronder dui die gewigstoekenning van die kognitiewe eise in die vraestel aan, soos in
die KABV of Verkorte Afdeling 4-wysigings uiteengesit.

    KOGNITIEWE VLAKKE                                          %        200 PUNTE
    Laer orde:                                                 30           60
    Onthou

    Middel-orde:                                               50           100
    Begrip                                                     20           40
    Toepassing                                                 30           60

    Hoër orde:                                                 20            40
    Ontleed
    Evalueer
    Skep

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        6                                        DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

Onderwysers en leerders moet daarop let dat daar 'n verband is tussen die punte wat vir 'n
spesifieke vraag toegeken word en die kognitiewe eise daarvan. Vraestelle word ook in
ooreenstemming met die voorgeskrewe reeks vir moeilikheidsvlakke opgestel. Leerders moet dit
in gedagte hou wanneer hulle vrae beantwoord.

   MOEILIKHEIDSVLAKKE                    PERSENTASIE
Maklik                                       30%
Gemiddeld                                    50%
Moeilik                                      20%

Wanneer vraestelle of enige ander formele assesseringstake opgestel word, moet beide
eksaminators en onderwysers 'n ontledingstabel voltooi om te verseker dat die korrekte
gewigstoekenning, volgens die kognitiewe vlakke in die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se
Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV): Toerisme uiteengesit, in die vraestel
toegepas word.

2.4      Struktuur van die vraestel: graad 12 Rekord- en Finale NSS-eksamen

In die tabel hieronder is die tydtoekenning bygevoeg om leerders te help om hulle tyd te bestuur
sodat hulle die vraestel betyds kan voltooi.

    AFDELING VRAAG                 ONDERWERP                               PUNTE        MINUTE
       A        1  Kortvrae (dek alle onderwerpe)                            40           20
                2  Kaartwerk- en Toerbeplanning
       B                                                                     50            50
                3  Buitelandsevaluta-verhandeling
                4  Toerismebesienswaardighede
       C        5  Kultuur- en Erfenistoerisme                               50            50
                6  Bemarking
                7  Toerismesektore
       D                                                                     30            30
                8  Volhoubare en Verantwoordelike Toerisme
                   Binnelandse, Streeks- en Internasionale
                9
       E           Toerisme                                                  30            30
               10  Kommunikasie en Kliëntediens
                                                                            200           180

Onderwysers moet op hoogte bly van die nuutste verwikkelinge en huidige tendense in die
toerismebedryf wanneer hulle informele en formele assesseringstake opstel. Moedig leerders aan
om 'n woordelys te ontwikkel met woorde/terme wat met elk van die onderwerpe hierbo verband
hou.

Let op die volgende:

     Alle vrae is VERPLIGTEND.
     Leerders moet aangemoedig word om die vraestel aandagtig deur te lees voordat hulle begin
      skryf.
     Toepassing van die inhoud is een van die vaardighede wat vir die beantwoording van die
      Toerisme-vraestel vereis word.
     Wanneer leerders toegelaat word om te begin skryf, moet hulle die gedagtes of idees agterin
      die ANTWOORDBOEK neerskryf. Die neerskryf van idees kan 'n nuttige geheuesneller wees
      wanneer die werklike vrae beantwoord word.
     Lees al die opskrifte en instruksies aandagtig deur. Leerders moet betrokke raak by
      hulpbronne, soos gevallestudies, uittreksels, grafieke, kaarte, strokiesprente, prente,
      vloeidiagramme, infografika, wisselkoerstabelle en woordwolke. Bestudeer die bronne en die
      vrae: 'Waaroor gaan dit?; Wat sê dit?; Met watter deel van my kennis hou dit verband?'
     Leerders moet geleer word om die puntetoekenning in ag te neem wanneer die lengte van
      hulle antwoorde bepaal word.
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       7                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

   Leerders moet aangemoedig word om toerisme-terme en -konsepte in hulle antwoorde te
    gebruik.
   Beantwoord in volsinne, tensy anders aangedui.
   Leerders moet aangemoedig word om genoeg tyd aan die einde van die eksamen te los om
    oor hul antwoorde te besin.
   Netjiese, leesbare handskrif is noodsaaklik. Korrigering van swak uitdrukking, spelling en die
    nagaan van berekeninge sal tot hul voordeel wees.
   Geen punte sal toegeken word vir slegs 'ja'/'nee' nie; punte sal toegeken word vir die
    motivering/ondersteuning van die antwoord.
   Die graad 12 Toerisme-vraestel is die finale eksamen van die driejaar-VOO-fase en inhoud
    wat in graad 10 en 11 gedek is, sal gebruik word om die diepte van die leer in hierdie fase te
    eksamineer.

AFDELING A: KORTVRAE

Hierdie afdeling sal kortvrae soos meervoudigekeuse-vrae, pasitems (KOLOM A/KOLOM B), kies
die korrekte woord uit die opsies gegee, gee die korrekte woord, kaartwerk, grafieke,
geheuekaarte, prente, toerisme-logo's, strokiesprente, 'ínfographics' en woordwolke bevat. Ken
die toerismeterminologie en afkortings/akronieme goed; dit kan in hierdie afdeling geassesseer
word. Daar is geen WAAR/ONWAAR-vrae nie.

Leerders moet daarvan bewus gemaak word dat, strydig met die algemene opvatting, hierdie
afdeling nie noodwendig as die 'maklike' deel van die vraestel beskou kan word nie. Vrae wat met
die eerste oogopslag eenvoudig lyk, kan moontlik deeglike oorweging vereis. Oorweeg die afleiers
in die meervoudigekeuse-vrae sorgvuldig.

Alle onderwerpe en subonderwerpe in die graad 12-KABV kan in hierdie afdeling geassesseer
word, graad 10- en 11-inhoud, wat as fundamentele, onderliggende kennis beskou word, kan
hierby ingesluit kan word. Vrae kan ook geformuleer word om die verskillende vlakke van
kognitiewe vereistes te dek.

AFDELINGS B, C, D en E

Hierdie afdelings beoordeel individuele onderwerpe in meer diepte en benodig gewoonlik meer
omvattende en in sommige gevalle meer diepgaande antwoorde van leerders.

Vrae in hierdie afdelings kan bronne, soos kaarte, grafieke, tabelle, prente, logo's,
vloeidiagramme, uittreksels, gevallestudies, strokiesprente, infografika en woordwolk, insluit. Dit
sal tot leerders se voordeel wees as hulle vanaf graad 10 aan hierdie bronne in die formele en
informele assesseringstake blootgestel word.

Die vraestel sal nie net die leerders se kennis van die onderwerpe se inhoud assesseer nie, maar
ook hul vermoë om meer komplekse begrip- en probleemoplossingvaardighede te toon. Leerders
kan gevra word om te verduidelik, te motiveer, te staaf, te interpreteer, toe te pas, te redeneer en
te bereken. Leerders moet daarop gewys word om ALLE STAPPE TE TOON by berekeninge en
om antwoorde tot TWEE desimale plekke in Forex-berekeninge af te rond.

Vrae kan met 'Gee jou standpunte oor …'; 'Verduidelik waarom …'; 'Bespreek hoe …';
'Lewer kommentaar op …'; 'Stel … voor …'; 'Analiseer/Ontleed …'; 'Evalueer …'; 'Stem jy
saam …'; 'Maak aanbevelings oor …'; 'Regverdig/Motiveer/Staaf …'; 'Na jou mening …';
'Redeneer vir of teen …'; ens. begin. Hierdie vrae vereis hoër-orde-denkvaardighede en leerders
moet krities en kreatief dink of probleme oplos.

Hierdie afdelings sal ook vrae bevat wat paragraaftipe antwoorde vereis. Daar word aanbeveel
dat leerders opgelei word om paragraaftipe antwoorde te skryf.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       8                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

3.     UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)

'n Uitbreiding van die inhoud en konteks wat in die assessering van die onderwerpe vir Toerisme
ingesluit word, word hieronder gegee. Hierdie afdeling moet saam met die Toerisme-KABV
(Afdeling 3 en 4) sowel as die Verkorte Afdeling 4 (graad 12 KABV-wysigings vir Toerisme –
2021) gelees word.

AFDELING A: KORT VRAE                                                     40 punte
VRAAG 1
Vrae in hierdie afdeling sal die inhoud volgens kennis, begrip en toepassing assesseer.
AFDELING B: (TWEE vrae)                                               50 punte
Leerders sal 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar vir hierdie afdeling nodig hê.
VRAAG 2: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING
Leerders kan vrae oor die volgende verwag:
Toerplanne en roetebeplanning, die opstel van 'n daaglikse toerplan, die opstel van 'n
toerbegroting, gesondheid, veiligheid, reisdokumentasie, wêreldtydsones en berekening van
wêreldtye wanneer daar tussen lande gereis word.
Algemene opmerkings:
Die tydsonekaart (BYLAE C) wat saam met hierdie riglyne verskaf word, moet vir die
interpretasie en begrip van tydsones gebruik word.
Daar word nie van leerders verwag om te weet watter lande dagligbesparingstyd (DBT) toepas
nie, maar hulle moet uit die gegewe scenario/tabel kan bepaal in watter gevalle DBT toegepas
moet word. Hulle moet die invloed van tydsones en DBT op reisbeplanning en reise verstaan.
Leerders moet alle berekenings toon. Punte sal toegeken word vir elke stap wat in die
berekenings gebruik word. Dit word aanbeveel dat leerders hulleself met die formaat van
tydsoneberekenings in die nasienriglyne van vorige vraestelle vertroud maak.
Leerders    moet    vertroud    wees     met    lugdiens-terminologie,   soos    oorstaantyd,
reisonderbrekingstyd en +1, wat na die volgende dag op 'n lugdiensskedule verwys.
Leerders moet blootgestel word aan huidige wêreldwye gesondheidskwessies wat die reis na
die bestemming sal beïnvloed. Ken die aanbevole stappe/voorsorgmaatreëls wat gevolg word
met die mees onlangse uitbrekings van siektes.
Oor die algemeen moet gesondheids- en veiligheidsmaatreëls vir toeriste in terme van
onvoorsiene gebeure aan die hand van die huidige inligting bespreek word.
Leerders moet vertroud wees met die jongste dokumentasie wat benodig word vir toegang tot
reisdokumente, doeanevereistes en die invloed hiervan op internasionale inkomende en
uitgaande reise.
VRAAG 3: BUITELANDSEVALUTA-VERHANDELING
Leerders kan vrae verwag oor:
Buitelandse valuta
Algemene opmerkings: Die impak/invloed van die geldeenheidskommelinge of -wisselinge op
reise. Gebruik slegs wisselkoerse wat uitgedruk word as 1 eenheid van buitelandse valuta =
waarde in rand, d.i. 1USD = R13,50. Sakrekenaars mag vir bewerkings gebruik word. Alle
berekeninge tot TWEE desimale moet afgerond, bv. R74,56.
Leerders moet alle berekenings toon. Leerders moet weet wanneer om die
bankaankoopkoers (BAK) en die bankverkoopkoers (BVK) vir berekenings te gebruik. Leerders
moet 'n wisselkoerstabel kan gebruik en interpreteer om vrae oor Forex te beantwoord.
 Verstaan die redes vir die skommelinge van die rand teenoor vernaamste geldeenhede
 Ken die redes vir die skommelinge in wisselkoerse en die impak wat dit op internasionale
    inkomende en uitgaande reise het

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       9                                       DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

AFDELING C (DRIE vrae)                                                50 punte

VRAAG 4: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE

Leerders kan vrae verwag oor:
Internasionale wêreld-ikone en -besienswaardighede hieronder gelys, in lyn met die
2021 Nasionale Herstel Jaarlike Onderrigplan: Toerisme graad 12

Die volgende ikone moet gedurende die periode 2021–2023 bestudeer word:

             2021                            2022                         2023
Australië: Sydney Operahuis*,   Israel: Die Rotskoepel, die    Peru: Machu Picchu* (Cuzco)
Ayers Rock/Uluru-Kata Tjuta     Klaagmuur
Nasionale Park*

Brasilië: Die standbeeld van    Griekeland: Die Parthenon      Pole: Auschwitz*
Christus die Verlosser of       (Athene)
Corcovado
(Rio de Janeiro)

Kanada: Niagara-waterval        Indië: The Taj Mahal* (Agra)   Portugal: Die Algarve

Italië: Colosseum (Rome)*,      Turkye: Blou Moskee            Spanje: Alcázar van Segovia,
die Leunende Toring van Pisa    (Istanbul)                     stiergevegte
(Piazza del uomo)*,
Venesië*, Vatikaanstad

Egipte: Die Groot Piramides     Frankryk: Die Eiffel-toring,   Thailand: Drywende markte
van Giza*, die Sfinx            die Franse Riviera

Duitsland: Berlynse muur,       Japan: Berg Fuji               Rusland: Die Kremlin*, die
Swartwoud                                                      Rooi Plein* (Moskou)

China: Die groot muur van       Mexiko: Chichen Itza           Verenigde Koninkryk: Big
China*                          (Yucatan)*                     Ben* (Westminster-paleis*),
                                                               Buckingham-paleis, Toring
                                                               van Londen*, Toringbrug
                                Jordanië: Petra*               Verenigde State van Amerika:
                                                               Die Vryheidstandbeeld* (New
                                Nepal: Berg Everest            York), die Grand Canyon*
                                                               (Arizona)
                                Saoedi-Arabië: Mekka

                                Switserland: Die Switserse
                                Alpe (Jungfrau-Aletsch)*

                                Nederland: Windmeulens

          13 ikone                        14 ikone                       14 ikone
*Dui aan dat die wêreld-ikoon en besienswaardighede Wêrelderfenisterreine (WET) is

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      10                                       DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Algemene opmerkings:
Leerders moet onderskei tussen 'n besienswaardigheid en 'n ikoon en die jongste statistiek, wat
in die vorm van grafieke, tekste en tabelle aangebied word, kan interpreteer en evalueer.
Leerders kan verwag om geassesseer te word oor die ligging van ikone/besienswaardighede
op 'n wêreldkaart (land, stad/dorp/gebied), rede(s) waarom dit 'n ikoon/besienswaardigheid is
en 'n unieke kenmerk wat dit 'n ikoon/besienswaardigheid maak.
Uit gevallestudies, scenario's, uittreksels, ens., wat verskaf word, moet leerders hulle kennis
kan verbind met/toepas op die faktore en kenmerke wat tot 'n suksesvolle toerisme-
besienswaardigheid of ikoon bydra.
Onderwysers moet seker maak dat leerders blootgestel word aan beeldmateriaal van
ikone/besienswaardighede bo en behalwe teoretiese feite soos deur die KABV vereis.
VRAAG 5: KULTUUR- EN ERFENISTOERISME
Leerders kan vrae verwag oor:
Wêrelderfenisterreine
Algemene opmerkings:
Met gebruik van die jongste inligting moet leerders (onder meer) 'n beskrywing van al die
Wêrelderfenisterreine (WET) in Suid-Afrika, hul liggings op 'n kaart van Suid-Afrika, en hoe
hulle aan UNESCO-kriteria voldoen, kan gee. Hulle moet ook die logo/embleem kan herken en
weet wat die hooffunksie en rol van UNESCO ten opsigte van die WET is. Leerders moet ook
die status van Wêrelderfenisterreine kan evalueer. Onderwysers moet seker maak dat die
jongste, opgedateerde inligting oor Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika onderrig word.
VRAAG 6: BEMARKING
Leerders kan vrae verwag oor:
Die bemarking van Suid-Afrika as 'n toerismebestemming
Die rol van Suid-Afrikaanse Toerisme (SAToerisme) in die bemarking van Suid-Afrika
Algemene opmerkings:
Leerders moet die konsepte, kernmarkte en opkomende markte verstaan, en ook hoe hulle met
die bemarking van Suid-Afrika as 'n toerismebestemming verband hou.
Leerders moet vertroud wees met:
 SAToerisme-handelsmerkbeeld en kernbesigheid
 Befondsing vir bemarkingsdoeleindes – die rol van TOMSA en TBRSA
 Verskeie platforms waar Suid-Afrika bemark word as 'n voorkeurbestemming, naamlik
    reishandelskoue WTM/ITB/Africa Travel Indaba en die Getaway-skou.

AFDELING D: (TWEE vrae)                                                 30 punte
VRAAG 7: TOERISME-SEKTORE
Leerders kan vrae verwag oor:
Professionele beeld in die toerismebedryf, diensvoorwaardes en die doel en waarde van 'n
gedragskode
Algemene opmerkings:
Eksaminators kan 'n verskeidenheid bronne gebruik en daar sal van leerders verwag word om
die inligting te interpreteer en toe te pas. Daar word nie van leerders verwag om enige
wetgewing te memoriseer nie.
VRAAG 8: VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME
Leerders kan vrae verwag oor:
Die drie pilare van volhoubare toerisme, korporatiewe maatskaplike belegging (KMI) in
toerisme, verantwoordelike toerisme en toeriste

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       11                                        DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Algemene opmerkings:
Die drie pilare van volhoubare toerisme is 'n uitdagende onderwerp. Dit is dus noodsaaklik dat
die basis, d.i. die terminologie en konsepte wat met hierdie afdeling verband hou wat in graad
10 onderrig is, deeglik hersien en beklemtoon word. Leerders moet 'n begrip van die konsep en
agtergrond van die driedubbeleslotreël-benadering kan demonstreer.
Daar sal van leerders verwag word om hulle kennis op verskeie bronne wat gegee is, toe te pas
om aanbevelings te maak en oplossings te gee oor hoe om die driedubbele-slotreël in 'n
toerismebesigheid te implementeer.
Leerders moet die rol van korporatiewe maatskaplike belegging ('CSI'), soos dit deur besighede
en organisasies beoefen word, krities kan evalueer en assesseer.
Onderwysers moet voorbeelde van maatskappye se inisiatiewe op die internet en gedrukte
media gebruik. Inligtingsbronne oor verantwoordelike toerisme, bv. Verantwoordelike Toerisme
Handboek, FTTSA/FTT-webwerf, Gauteng Verantwoordelike Toerisme handboek, ens.

AFDELING E: (TWEE vrae)                               30 punte
VRAAG 9: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME
Leerders kan vrae verwag oor:
Wêreldgebeure van internasionale belang, politieke situasies en onvoorsiene gebeurtenisse
van internasionale belang, vorme van betaling wanneer internasionaal gereis word, buitelandse
markaandeel en statistiek oor inkomende internasionale toerisme
Algemene opmerkings:
Leerders het nie nodig om die gebeure as sodanig te bestudeer nie, slegs voorbeelde van
wêreldgebeure van internasionale belang word vereis. Leerders moet die uitwerking wat hierdie
gebeure op toerisme (plaaslike, streek- en internasionaal) het, kan aflei. Die jongste inligting
en die mees onlangse gebeure moet in die media gekry word.
Leerders het nie nodig om die politieke situasies en onvoorsiene gebeure te bestudeer nie.
Fokus op die impak wat hierdie situasies en gebeure op internasionale toerisme en die
ekonomie van die betrokke land het. Dit is belangrik om te verseker dat leerders van onlangse
voorbeelde bewus is.
Buitelandse markaandeel en statistiek: Leerders moet sleutelkonsepte, soos inkomende
toeriste; buitelandse markaandeel; kernmarkte; nuwe markte; bestaande markte; bronmarkte;
toeriste-aankomste en ontluikende markte, ken.
Wanneer toerisme-aankomsstatistiek geassesseer word om buitelandse markaandeel te
bepaal, kan van leerders verwag word om grafieke en statistiese inligting oor lande van
oorsprong, tipes toeriste en hul belange te interpreteer. Hulpbronne: die internet; Statistiek
Suid-Afrika; Suid-Afrikaanse Toerisme (jaarlikse toerismeverslae); reisjoernale en tydskrifte en
provinsiale toerisme-owerhede.
VRAAG 10: KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
Leerders kan vrae verwag oor:
Metodes om kliënteterugvoering te kry en om kliëntetevredenheid te meet
Algemene opmerkings:
Leerders kan gevra word om inligting uit uittreksels, prente, spotprente, ens. te interpreteer en
toe te pas.

Onderwysers word aangeraai om die DBE se goedgekeurde handboeke te gebruik wat voldoen
aan die vereistes van die KABV vir Toerisme. Verwys na die lys goedgekeurde handboeke op
BYLAE D.
Die toerismebedryf is 'n dinamiese bedryf wat voortdurend verander. Onderwysers moet op die
hoogte bly van die nuutste verwikkelings en neigings in die toerismebedryf aangesien vrae oor
verwikkelings en neigings in die vraestel kan voorkom.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          12                                         DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

4.       DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)

Die praktiese assesseringstaak is 'n verpligte komponent van die vak Toerisme en dra tot die
finale promosiepunt by.

4.1      Opstel van die PAT

     Die PAT vir graad 12 sal jaarliks ekstern opgestel en gemodereer word.
     Die PAT assesseer die praktiese vaardighede van die vak.
     Die PAT sluit toepassing van vaardighede in wat van basiese tot gevorderde vaardighede
      vorder.
     Basiese inhoud en vaardighede van graad 10 en 11 kan in die graad 12-PAT geassesseer
      word.
     Die graad 12 PAT-pakket bevat die PATs 1 & 2 (die assesseringsinstrumente ingesluit) en 'n
      hulpbronpakket vir leerders.
     Onderrig-inligting oor mediasie en implementering word in die Onderwyserriglyne ingesluit.

4.2      Struktuur en implementering

Die PAT-pakket bestaan uit TWEE dele:
Deel 1 (Vir onderwysers): Die Onderwyserriglyne (vir bemiddeling en inligting)

            Vir gebruik         Inhoud        Tydraamwerk                          Implementering
               deur:
Deel       Onderwysers Onderwyserriglyne: Voor die PAT-sessie                  Verstaan en raak
1                       Bemiddeling en                                         vertroud met die inhoud
                        inligting                                              van die
                                                                               Onderwyserriglyne ter
                                                                               voorbereiding van die
                                                                               PAT-sessie
Deel 2 (Vir leerders): Die PAT, die assesseringsinstrument en die PAT-hulpbronpakket
           Vir gebruik          Inhoud                 Tydraamwerk                 Implementering
              deur:
                                                              DAG 1
Deel 2 Leerders           1. PAT vir Dag 1       Dag 1 van die PAT:            DAG 1
                                                 (2 ure*) + (2 ure) =          Leerders ontvang:
                                                 4 ure                         PAT vir Dag 1 en die
                          2. Amptelike PAT-                                    hulpbronpakket in die
                          hulpbronpakket         *NOTA: 'n Pouse volgens die   lokaal/lokale.
                                                 diskresie van die skool       Leerders handig in:
                                                                                ANTWOORDEBOEK
                                                                                PAT vir Dag 1
                                                                                Hulpbronpakket
                                                              DAG 2
                          3. PAT vir Dag 2       Dag 2 van die PAT             DAG 2
                                                 (2 ure*) + (2 ure) =          Leerders ontvang:
                                                 4 ure                         PAT vir Dag 2 en
                                                                               hulpbronpakket in die
                                                 *NOTA: 'n Pouse volgens die   lokaal/lokale.
                          4. Amptelike PAT-      diskresie van die skool       Leerders handig in:
                          hulpbronpakket                                        ANTWOORDEBOEK
                                                                                PAT vir Dag 2
                                                                                Hulpbronpakket

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         13                                       DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

4.3      Administrasie

     Die PAT moet onder gekontroleerde eksamentoestande gedoen word.
     Die PAT sal in 'n sessie van 8 uur aangebied word, opgedeel in twee sessies van 4 uur. Die
      twee sessies van 4 uur moet oor twee agtereenvolgende dae geskeduleer word. Pouses
      moet na goeddunke van die skool geïmplementeer word.
     Albei sessies moet op opeenvolgende dae plaasvind. Hierdie datums word deur DBE bepaal.
     Provinsies en skole mag nie hierdie taak verander of oortik of die taak van die vorige jaar
      gebruik nie.
     Alle PAT'e moet met die hand geskryf word, met die uitsondering van leerders wat om 'n
      konsessie aansoek gedoen het.
     Slegs hulpbronne en bylae wat in die amptelike PAT voorsien word, moet gebruik word.
     Kandidate wat nie die PAT-sessies bywoon nie, met of sonder 'n geldige rede, sal in
      ooreenstemming met paragraaf 4B(f)(ii), 6(4)(a)(ii), 8(1), 8(4), 8(5), 8(6), 8(7), 9(2), 10(3),
      14(1)(b), 14(1)(d), 14(1)(e) van die Nasionale Protokol vir Assessering en die Nasionale
      Beleid rakende die Program- en Promosievereistes (NPPPR) paragraaf 29(1) hanteer word.

4.4      Nasien en moderering

     Die PAT word deur die onderwyser nagesien en deur die departementshoof/vakhoof
      verantwoordelik vir Toerisme gemodereer. Dit word ook ekstern deur die vakadviseur/
      provinsiale vakhoof gemodereer. Hierdie proses word ekstern deur DBE/Umalusi geverifieer.
     Die leerders se PAT'e word op alle vlakke van moderering gemodereer: Skool/Distrik/
      Provinsiaal.
     Slegs die modereringsinstrument wat in die PAT Onderwyserriglyne voorsien word, moet vir
      alle vlakke van moderering gebruik word om die geloofwaardigheid van die
      modereringsproses te verseker.
     Die standaard van die leerder-PAT word deur die vakadviseur/provinsiale vakhoof bepaal en
      goedgekeur vir die finale indiening van die punte.

5.       SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                  14                              DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

BYLAE A
DIE TYDSONE-KAART (wat in die NSS- eksamenvraestel gebruik word)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          15                                          DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

BYLAE B

AKSIEWERKWOORDE: BLOOM SE HERSIENE TAKSONOMIE

       KOGNITIEWE VLAKKE                               VERMOË
 1     Onthou                                          Herroeping van feite, begrippe,
       (vlak verwerking: vereis feitelike antwoorde,   veralgemening, terminologie, name, ens.
       toets herroeping en herkenning)
 2     Verstaan/Begrip                                 Die vermoë om feitelike kennis te interpreteer
       (weergee, interpreteer en ekstrapoleer)         en om materiaal wat geleer is, weer te gee, te
                                                       orden en te herrangskik
 3     Toepassing                                      Die vermoë om bestaande kennis op nuwe of
       (om te weet wanneer om toe te pas;              soortgelyke probleme toe te pas om dit op te
       waarom toe te pas en weergeepatrone te          los
       herken na situasies wat nuut, onbekend is,
       of 'n nuwe inslag vir leerders het)
 4     Ontleed                                         Die vermoë om elemente van 'n
       (opbreek in dele, vorms)                        georganiseerde geheel of gestruktureerde
                                                       situasie af te breek en te identifiseer
 5     Evalueer                                        Die vermoë om die waarde en akkuraatheid
       (volgens 'n stel kriteria, en noem waarom)      van materiaal aangebied, volgens vasgestelde
                                                       kriteria te kan beoordeel
 6     Skep                                            Die vermoë om besluitnemingsituasies te
       (die kombinasie van elemente in 'n patroon      ontwerp en te debatteer en te neem
       wat duidelik nie voorheen daar was nie)

VLAK    DENKVAARDIGHEID BENODIG                              AKSIEWERKWOORD
                                                             LET WEL: Aksiewerkwoorde word bepaal
                                                             deur die kognitiewe vlak van die vraag.
  1     KEN terminologie, definisies, formules,              Noem
        volgordes, tendense, metodes, teorieë,               Beskryf
        oorsake, ens.                                        Dui aan
                                                             Gee
                                                             Identifiseer
                                                             Kies
  2     VERSTAAN/BEGRIP word weerspieël deur                 Verduidelik
        interpretasie, omskakeling, ekstrapolasie, ens.      Gee
                                                             Vergelyk
                                                             Definieer
                                                             Onderskei
                                                             Voorspel
  3     TOEPASSING van beginsels, metodes, teorieë.          Identifiseer
        ens. voorheen bemeester                              Bereken/Skakel om
                                                             Vergelyk
                                                             Ondersoek
                                                             Illustreer
  4     ONTLEDING van elemente, verhoudings,                 Kies/Identifiseer
        klassifikasiebeginsels, ens.                         Analiseer/Vergelyk
                                                             Bespreek/Verduidelik
                                                             Vergelyk
  5.    EVALUERING van logiese samehang van                  Evalueer/Beveel aan
        materiaalstudies, praktiese toepassing, ens.         Stel voor
                                                             Vergelyk
                                                             Stel voor/Los op
  6.    SKEP deur middel van die afleiding van die           Ontwerp
        abstrakte verhouding, die voorstel van nuwe          Ontwikkel
        metodes en klassifikasies, ens.                      Rangskik/Orden/Voorspel/Skep

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      16                                      DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

BYLAE C

LYS VAN TERME WAT GEWOONLIK GEBRUIK WORD WANNEER VRAE OPGESTEL WORD

Die volgende is 'n lys van terme wat gewoonlik gebruik word wanneer vrae opgestel
word:
1.   Beskryf                Skryf die kenmerke van iets op 'n logiese en goed gestruktureerde
                            manier neer
2.   Bespreek/Redeneer Ondersoek en stel die aspekte van die saak of stelling krities
3.   Vergelyk               Lig ooreenkomste en verskille uit. Die leerder moenie eers die een
                            saak bespreek of beskryf en dan na die volgende oorgaan nie.
4.   Volgorde/Rangskik      Rangskik konsepte, stellings of beskrywings volgens 'n bepaalde
                            kriterium
5.   Identifiseer/Kies      Identifiseer die wesenlike eienskappe van die saak
6.   Evalueer/Bespreek      Beoordeel die basis van 'n bepaalde vertrekpunt of kriterium.
     krities                Beklemtoon die sterk- en swakpunte nadat die feite en/of
                            standpunte oorweeg is.
7.   Beplan                 Beplan 'n metode/modus operandi, bv. 'n eksperiment
8.   Noem/Gee               Gee die basiese feite sonder bespreking
9.   Verduidelik/Klaar uit Maak dit duidelik, stel dit eenvoudig sodat die leser kan verstaan.
                            Blote feitestelling is nie voldoende nie.
10. Gee byskrifte           Benoem 'n skets of diagram
11. Analiseer               Verdeel in dele of elemente en verduidelik die verhouding
12. Onderskei               Lig die besonderhede uit wat die een en die ander onderskei
                            (verskille)
13. Voorspel                Voorspel wat sou gebeur
14. Som op                  Lig die hoofaspekte van die hele saak/inhoud kortliks uit, maar
                            behou die kern – gee 'n oorsig.
15. Bereken                 Pas wiskundige berekeninge toe om 'n antwoord te kry

BYLAE D

LYS VAN HANDBOEKE DEUR DIE DBE GOEDGEKEUR

                           HANDBOEK                                      UITGEWER
1    Fokus Toerisme graad 10–12                                Maskew Miller Longman
2    Oxford Suksesvolle Toerisme graad 10–12                   Oxford University Press
3    Oplossings vir alle Toerisme graad 10–12                  Macmillan S Afrika
4    Spot on Toerisme graad 10–12                              Heinemann Uitgewers
5    Topklas Toerisme graad 10–12                              Schuter & Shooter
6    Via Afrika Toerisme graad 10–12                           Via Afrika

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [TOURISM GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept2021-afrikaans/c19a9879-1d59-45fa-8093-3df7639fa1d4) — Tourism · Memo · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT2021 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept2021-english/51e0902e-f133-41af-8fe0-e92ed07bb71b) — Tourism · Memo · 2021 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6) — Tourism · QP · 2021 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714) — Tourism · Memo · 2021 · Afr
- [Gr12 Tourism (English) 2021 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-english-2021-preparatory-question-paper/c6e3b5db-4d7c-4919-9734-aedf738e4c11) — Tourism · QP · 2021 · Eng
- [Tourism (English) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/tourism-english-2021-qp/49e4b9e6-5e6d-42b5-b820-75a4b83fa037) — Tourism · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Tourism May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-eng/65e78d57-90d6-41c8-baba-b6762d597ce5) — QP · 2025 · Eng
- [Tourism Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-tourism-2025-nsc-november-exam-question-paper/3fe7d031-5dc8-45d6-9d5b-a0e6508f31db) — QP · 2025 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2024-afrikaans/4b7faafb-4bfd-4f7d-ba15-d1b6f13cf66b) — QP · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2024 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2024-english/0acc5914-8d78-42bf-b359-e05e8614355c) — QP · 2024 · Eng
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
