# Tourism Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Tourism question paper from the Eastern Cape November Exam 2022 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-qp-nov2022-afrikaans/3c852960-ed15-4ef4-8b7d-64ece38dccf2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/tourism) › [Tourism Grade 11 Eastern Cape November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-qp-nov2022-afrikaans/3c852960-ed15-4ef4-8b7d-64ece38dccf2)

## About this document

Tourism · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2022

                        TOERISME
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                      TOERISME                          (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig deur voordat u die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.    AL die vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

3.    Begin ELKE VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Dit sal tot u voordeel wees om alle berekeninge te toon.

6.    Rond u berekeninge tot twee plekke na die desimale punt in VRAAG 3.4 af.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

8.    Die volgende tabel is ŉ gids om u te help om u tyd volgens elke afdeling
      toe te ken.

        AFDELING        VRAAG         ONDERWERP            PUNTE         TYD

             A             1       Kortvrae               40 punte   20 minute

                                   Kaartwerk en
                           2       Toerbeplanning
             B                                            20 punte   30 minute
                                   Buitelandse
                           3
                                   Valutaverhandeling
                                   Toerisme
                           4       Aantreklikhede
             C                     Kultuur en             50 punte   50 minute
                           5
                                   Erfenistoerisme
                           6       Bemarking

             D             7       Toerismesektore        50 punte   50 minute

                                   Binnelandse,
                                   Streeks- en
                           8
                                   Internasionale
             E                                            40 punte   30 minute
                                   Toerisme
                                   Kommunikasie en
                           9
                                   Kliëntediens

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                        TOERISME                                                3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1     Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
         (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A.

         1.1.1       Die mees geskikte fasiliteit vir die ruil van rand vir buitelandse
                     valuta.

                     A    Groot hotelle
                     B    Toerskepe
                     C    Vakansieoorde
                     D    Buitelandsevaluta-handelaars

         1.1.2       Die hoofstad van Angola:

                     A    Kissama
                     B    Luanda
                     C    Libreville
                     D    Kinshasa

         1.1.3       Die belangrikste faktore om in ag te neem met die opstel van ŉ
                     toeristeprofiel.

                     A    Reismotiveerder, begroting, datums en lengte van die toer
                     B    Roetebeplanning, klere om in te pak, reisdatums
                     C    Reismotiveerder, koste, roetebeplanning
                     D    Bykomende inligting, aktiwiteite, begroting

         1.1.4       Waardevolle items soos historiese geboue wat uit vorige
                     generasies oorgedra is en deel uitmaak van die geskiedenis van
                     ŉ groep of ŉ nasie:

                     A    Erfenis
                     B    Diversiteit
                     C    Tradisie
                     D    Kultuur

         1.1.5       ŉ Persoon wat in die gasvryheidsbedryf werk, moet ...

                     A    ŉ toerbus kan bestuur.
                     B    ŉ vlieënierslisensie hê.
                     C    ŉ gekwalifiseerde sjef wees.
                     D    goed in spanverband kan werk.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                           TOERISME                           (EC/NOVEMBER 2022)

        1.1.6        Die Visrivier-canyon lok toeriste na ...

                     A    Botswana.
                     B    Namibië.
                     C    Demokratiese Republiek van die Kongo.
                     D    Suid-Afrika.

        1.1.7        As ŉ Gautrein-passasier die QR-kode op die inligtingsblaadjie
                     skandeer ...

                     A    sal hy/sy outomaties op die volgende beskikbare trein
                          bespreek word.
                     B    sal hy/sy in kontak met die Gautrein-webwerf geplaas word.
                     C    hoef hy/sy nie 'n goue kaart te hê om op die Gautrein te reis
                          nie.
                     D    mag hy/sy op die Gautrein eet en drink.

        1.1.8        Die jaarlikse Nasionale Kunstefees wat in ... gehou word, lok ŉ
                     groot aantal plaaslike toeriste.

                     A    Gqeberha
                     B    Makhanda
                     C    Kariega
                     D    Qonce

        1.1.9        ŉ Toer wat beplan word om op ŉ gereelde basis te vertrek,
                     ongeag die aantal toeriste wat daarop bespreek is.

                     A    Algemene toer
                     B    Inklusiewe toer
                     C    Geskeduleerde toer
                     D    Persoonlike toer

        1.1.10       ŉ Voorbeeld van ŉ promosiereklametegniek (onder-die-lyn):

                     A    Radio
                     B    Uitstalling
                     C    Oudiovisuele vertoning
                     D    Tydskrif

        1.1.11       Advies aan iemand wat ŉ motor van ŉ motorverhurings-
                     maatskappy huur.

                     A    Kontroleer die voertuig deeglik vir enige skade voordat u die
                          verhuringsdepot verlaat.
                     B    Maak seker dat u genoeg kontant by u het.
                     C    Kies die goedkoopste opsie, selfs al is die voertuig nie
                          heeltemal geskik nie.
                     D    Om ŉ voertuig te huur, moet die bestuurder ouer as 25 jaar
                          wees.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                       TOERISME                                                5

         1.1.12      Hierdie SAOG-lande grens aan die Indiese Oseaan aan die
                     oostekant:

                     A   Suid-Afrika en Angola
                     B   Malawi en Tanzanië
                     C   Angola en Malawi
                     D   Mosambiek en Tanzanië

         1.1.13      Indien daar ŉ noodgeval is wanneer jy op die Gautrein reis:

                     A   Bel die polisie
                     B   Maak die deur oop en spring uit
                     C   Maak gebruik van die trein se diensremme
                     D   Druk die alarmknoppie in die treinwa

         1.1.14      ŉ Mark- ... is ŉ ander naam vir ŉ groep toerisme-kliënte wat
                     eenders is en soortgelyke eienskappe deel.

                     A   volume
                     B   profiel
                     C   sektor
                     D   segment

         1.1.15      ŉ Reisiger wat R32 250 vir ŉ sakereis na Duitsland verruil teen
                     ŉ wisselkoers van 17,46 ontvang:

                     A   €563 085,00
                     B   €1 847,08
                     C   $563 085,00
                     D   $1 847,08

         1.1.16      Die Suid-Afrikaanse minister van Toerisme is ...

                     A   Lindiwe Sisulu.
                     B   Mmamoloko Kubayi-Ngubane.
                     C   Thokozile Xasa.
                     D   Fikile Mbalula.

         1.1.17      ŉ Toeroperateur vorm deel van die ... sektor van die
                     toerismebedryf.

                     A   reisorganiseerder
                     B   bestemmingsorganiseerder
                     C   ondersteuningsdienste
                     D   kommersiële

         1.1.18      ... vorm deel van die volksoorlewerings van verskillende kulture
                     in Suid-Afrika.

                     A   Storievertelling
                     B   Voedselsoorte
                     C   Tradisionele leierskap
                     D   Tradisionele medisyne

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        TOERISME                              (EC/NOVEMBER 2022)

       1.1.19    ŉ Reisplan is ŉ ...

                 A   lys van uitgawes wat ŉ reisiger kan verwag om tydens sy
                     toer te betaal.
                 B   skedule insluitend datums, tye, aktiwiteite en verblyf vir ŉ
                     toer.
                 C   lys met inligting oor wat reisigers vir hul reis moet inpak.
                 D   skedule wat die besonderhede in ŉ toeristeprofiel insluit.

       1.1.20    ... sal werknemers in die toerismebedryf help om dienslewering
                 aan kliënte te verbeter.

                 A   Bemarking
                 B   Opbouende kritiek
                 C   Negatiewe kritiek
                 D   Selfone                                                   (20 x 1)     (20)

1.2    Kies ŉ term uit KOLOM B wat ooreenstem met ŉ beskrywing in KOLOM A.
       Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 I. Jy mag ŉ gegewe opsie
       slegs een keer gebruik.

                          KOLOM A                                KOLOM B
       1.2.1    Word gewoonlik gesê met ŉ effense A             Haram
                buig en hande saamgedruk

       1.2.2    ŉ Term om voedsel te beskryf wat B              Advertensiebord
                voldoen aan ŉ streng stel dieetreëls in
                Judaïsme

       1.2.3    ŉ Japannese vertoning van respek, C             Brosjure
                berou, dankbaarheid en groet

       1.2.4    ŉ Groot buitelugreklame-struktuur         D     Namaste

       1.2.5    Gewoonlik gevou en bevat slegs ŉ E              Videomuur
                opsomming      van inligting  wat
                promosiegerig is

                                                          F     Buig

                                                          G     Strooibiljet

                                                          H     Kosjer
                                                                                  (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     TOERISME                                                  7

1.3     Kies die korrekte woord(e) vanuit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord
        langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1    ŉ Vlug van New York, VSA, na Rome, Italië, word as ŉ
                 (transatlantiese/transkontinentale) vlug geklassifiseer.

        1.3.2    Die Gautrein-stasie wat as skakel na die OR Tambo
                 Internasionale Lughawe dien, is die (Hatfield/Sandton)-stasie.

        1.3.3    ŉ Persoon met ŉ beperkte begroting wat ŉ vaart op ŉ luukse
                 toerskip wil bespreek, moet dit oorweeg om 'n (binnekajuit/suite)
                 te bespreek.

        1.3.4    ŉ Persoon wat versekering benodig teen skade aan die voorruit
                 van ŉ gehuurde voertuig, sal (OSA (CDW Engels))/VSK (WDW
                 Engels)) oorweeg.

        1.3.5    Biometriese skandeerders word op internasionale lughawens
                 gebruik om (passasiers vir Covid-19 te skandeer/die identiteit
                 van passasiers te verifieer).
                                                                            (5 x 1)        (5)

1.4     Kies ŉ bestemming uit die lys wat met die beskrywing hieronder
        ooreenstem. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers
        (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag ŉ gegewe opsie
        slegs EEN keer gebruik.

         Gariepdam; Tsodilo Heuwels; Victoriameer; Katsedam; Okavango-Delta;
           Bazaruto-eilandgroep; Serengeti Nasionale Park; Etosha Nasionale
                                  Park; Karibameer

        1.4.1    Namibië se gewildste park vir wildlewe, wat ook deur ŉ groot
                 soutpan gekenmerk word.

        1.4.2    Hierdie gewilde vakansiebestemming, gebou in die Lesotho
                 Maluti-berge, bied ŉ verskeidenheid water-gebaseerde aktiwiteite
                 aan.

        1.4.3    Hierdie aantreklikheid het een van die hoogste konsentrasies
                 rotskuns ter wêreld.

        1.4.4    Die grootste mensgemaakte meer ter wêreld langs die grens
                 tussen Zambië en Zimbabwe.

        1.4.5    ŉ Luukse, tropiese vakansiebestemming naby die suidkus van
                 Mosambiek geleë.
                                                                      (5 x 1)              (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     TOERISME                         (EC/NOVEMBER 2022)

1.5     Bestudeer die beeld van ŉ vliegtuig en die beskrywings wat gegee word.
        Identifiseer die areas gemerk 1.5.1 tot 1.5.5. Skryf slegs die korrekte
        antwoord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                         (5 x 1)     (5)
                                                                                   [40]

                                                       TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     TOERISME                                                    9

 AFDELING B:         KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                     VALUTAVERHANDELING

 VRAAG 2

 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae.

                     RY 'N MOTORFIETS DEUR DIE WILDE AFRIKA-BOS
                                                         Stel jou voor dat jy onder die
                                                         brandende Afrika-son, op
                                                         sommige van die mooiste
                                                         paaie en passe ter wêreld
                                                         ry. Elke dag eindig met
                                                         verblyf in luukse
                                                         akkommodasie in die
                                                         Laeveld van Mpumalanga.

         Ons eksklusiewe vyfster
         motorfiets safaritoer neem u na
         die hart van die Groot 5-land,
         deur die mees asemrowende
         natuurskoon, wat u die ervaring
         van die Afrika-bos gee. Hierdie is
         die ervaring van ŉ leeftyd.

         Die toer neem u deur die             DIE RIT
         Panorama-roete in Mpumalanga.        • 3 dae se ry in totaal
         Hoogtepunte sluit in: Blyderivier    • Maksimum 6 motorfietsryers per
         Canyon met Limpopo se                   toer
         wildreservate, Drakensberg se        • Motorfietshuur, versekering en
         platorand, Mac Mac Watervalle,          brandstof ingesluit
         God's Window, Pelgrimsrus en         • 2 nagte 4 – 5-ster-verblyf langs die
         Drie Rondawels ... die lys gaan         Panorama-roete ingesluit
         aan!
                                              • Passasiers welkom
                                              • Twee safari-ervarings ingesluit
                                                    [Aangepas uit https://famba-famba.com]

 2.1     Gee TWEE redes waarom bogenoemde toer vir toeriste uit ŉ hoë-
         inkomstegroep geskik sal wees.                                (2 x 2)               (4)

 2.2     Die bogenoemde toerpakket sal vir ŉ SIToeris aantreklik wees.

         Gee u mening oor hierdie stelling met ŉ relevante motivering.                       (2)

 2.3     Stel EEN rede voor waarom hierdie toer tot ŉ maksimum van 6
         motorfietsryers per toer beperk is.                                                 (2)
                                                                                             [8]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     TOERISME                          (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3

Bestudeer die beelde en beantwoord die vrae.

3.1     Gee die naam van die geldeenheid genommer A.                                   (1)

3.2     Noem die land wat die geldeenheid genommer B gebruik.                          (1)

3.3     Verwys na die prentjie genommer C en bespreek die impak wat toeriste-
        besteding op die ekonomie van die besoekte streek sal hê.      (2 x 2)         (4)

3.4     Gebruik die gegewe wisselkoerstabel om die vrae te beantwoord.

             Buitelandse geldeenheid                    Wisselkoers
                        £                                  20,28
                        $                                  14,74

        3.4.1   Bereken die hoeveelheid buitelandse valuta wat ŉ reisiger sal
                ontvang met die ruil van R18 500 ter voorbereiding van ŉ reis na
                die Verenigde State van Amerika.

                LET WEL:     Rond u antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                             Toon ALLE stappe van jou berekening.                      (3)

        3.4.2   Bereken die bedrag in rand wat ŉ Suid-Afrikaanse reisiger met die
                wisseling van £25 met sy terugkeer van ŉ reis na Engeland sal
                ontvang.

                LET WEL:     Rond u antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                             Toon ALLE stappe van jou berekening.                      (3)
                                                                                     [12]

                                                         TOTAAL AFDELING B:            20

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  TOERISME                                          11

 AFDELING C:         TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN
                     ERFENISTOERISME; BEMARKING

 VRAAG 4

 Verwys na die kaart van die SAOG-lande en beelde van besienswaardighede en
 beantwoord die vrae.

 4.1 Bestudeer die beelde hierbo wat SAOG-aantreklikhede toon en koppel elke
     prent met die naam van die SAOG-land om die onderstaande tabel te voltooi.
       Skryf slegs die naam van die SAOG-aantreklikheid langs die vraagnommers
       (4.1.1 tot 4.1.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       NAAM VAN SAOG-LAND                   NAAM VAN AANTREKLIKHEID
       Demokratiese Republiek van die
       Kongo                            4.1.1
       Lesotho                          4.1.2
       Mosambiek                        4.1.3
       Namibië                          4.1.4
       Tanzanië                         4.1.5
       Zimbabwe                         4.1.6
                                                                         (6 x 2)   (12)

 4.2 Gee ŉ voorbeeld van EEN avontuuraktiwiteit waaraan toeriste kan deelneem
     by die aantreklikheid wat in VRAAG 4.1 geïdentifiseer is tydens ŉ besoek
     aan:

       4.2.1    Lesotho                                                              (2)
       4.2.2    Namibië                                                              (2)
       4.2.3    Tanzanië                                                            (2)
                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      TOERISME                              (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 5

 5.1    Bestudeer die resensie wat op Tripadvisor, die wêreld se grootste aanlyn
        reisbeplanner, geplaas is en beantwoord die vrae.

        Robin het ŉ resensie in Desember 2019 geskryf
        Londen, Verenigde Koninkryk

        Fantastiese en insiggewende besoek aan 'n Xhosa-dorpie

        Ons was onlangs in Oos-Londen tydens ŉ bootvaart en het ŉ kulturele
        dorpstoer vir die middag bespreek. Na ŉ skilderagtige rit van 40 km, het
        ons by Khaya La Bantu Xhosa Kultuurdorp aangekom. Met ons aankoms
        was die atmosfeer elektries met die klank van dromme, tradisionele dans,
        kleurvolle, tradisionele klere en sang. Daarna het ons met die gebruik van
        lobola en Xhosa-erfenis kennisgemaak. Daar was ook ŉ geleentheid om
        tradisionele geregte en plaaslik gebroude bier te proe, asook om
        interessante kuns en handwerk te koop.

        Ons het hierdie toer geniet en beveel dit sterk aan.

                                                    [Aangepas uit www.tripadvisor.co.za]

        5.1.1   Identifiseer EEN unieke aspek van die Xhosa-kultuur wat die
                toergroep teëgekom het toe hulle die Khaya La Bantu Xhosa
                Kultuurdorp binnegegaan het.                                                (2)

        5.1.2   Stel DRIE items van Xhosa-kuns en -handwerk voor wat Robin en
                die toergroeplede tydens hul besoek aan die Khaya La Bantu
                Xhosa Kultuurdorp sou kon koop.                         (3 x 2)             (6)

        5.1.3   Verduidelik die Xhosa-gebruik van lobola.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      TOERISME                                                 13

 5.2    Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae.

            SIBUDU-GROT UITEINDELIK ’N NASIONALE ERFENISTERREIN
                                VERKLAAR

        Sibudu-grot, geleë op ŉ plaas in Sinembe, Kwadukuza-munisipaliteit in
        KwaZulu-Natal, is in 2020 tot ŉ Nasionale Erfenisterrein verklaar.

        Sibudugrot, ŉ rotsskuiling bokant die uThongathi-rivier in KwaZulu-Natal,
        word as een van Suid-Afrika se belangrikste argeologiese terreine beskou.

        Sibudu, wat in 1967 ontdek is, is die eerste keer in 1983 deur die argeoloog
        Aron Mazel van die Natal museum opgegrawe. Tussen 1998 en 2011 het
        Wits universiteit die opgrawings gelei, en sedert 2011 word opgrawings
        deur ŉ Duitse universiteit gelei.

        Daar word vermoed dat hierdie prehistoriese terrein antwoorde oor vroeë
        menslike gedrag kan gee. Die grot toon ŉ lang geskiedenis van bewoning
        tussen 77 000 en 35 000 jaar gelede gedurende die Middelsteentydperk.

        Uit die opgrawings by Sibudu is bewyse van sommige van die vroegste
        voorbeelde in die wêreld van seeskulpkrale gevind, ŉ wye verskeidenheid
        beengereedskap, beenpylpunte vir jag, die gebruik van kruiemedisyne en
        die vroegste voorbeeld van die gebruik van beddegoed – almal ongeveer
        70 000 jaar oud.

                        [Aangepas uit https://www.wits.ac.za en www.northcoastcourier.co.za]

        5.2.1    Noem die agentskap van die Departement van Kuns en Kultuur wat
                 Sibudu-grot in 2020 tot ŉ Nasionale Erfenisterrein verklaar het.               (2)
        5.2.2    Gee bewyse uit die uittreksel dat die Sibudu-grot aan sommige
                 van die vroegste voorbeelde van menslike tegnologie gekoppel
                 kan word.                                                 (2 x 2)              (4)

        5.2.3    Verduidelik EEN manier hoe die agentskap in VRAAG 5.2.1 ŉ
                 nasionaal verklaarde argeologiese erfenisterrein, soos Sibudu-
                 grot, sal beskerm.                                                             (2)

        5.2.4    Gee EEN rede waarom Sibudu-grot bestuur en beskerm moet
                 word.                                                                          (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    TOERISME                         (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 6

 Bestudeer die uittreksel uit die promosieveldtog hieronder en beantwoord die
 vrae.

 Hierdie week se reisaanbod: Safari bos-wegbreek

 LET WEL:       Alle Travelstart-promosies is onderhewig aan bepalings en
                voorwaardes. Sien promosiebladsye vir meer besonderhede.

 6.1    Identifiseer die toerismeonderneming wat verantwoordelik vir die
        promosieveldtog is.                                                           (1)

 6.2    Identifiseer die potensiële toeriste wat in die promosieveldtog geteiken
        word.                                                                         (1)

 6.3    Die toerismeonderneming maak gebruik van twee advertensietegnieke in
        hul bemarkingsveldtog. Noem:

        6.3.1   EEN mediareklametegniek (bo-die-lyn)                                  (2)

        6.3.2   EEN promosiereklametegniek (onder-die-lyn)                            (2)

 6.4    Stel EEN rede vir die toerismeonderneming voor om nie te oorweeg om
        tyd/ruimte op televisie vir hul bemarkingsveldtog te huur nie.                (2)

 6.5    Motiveer TWEE personeelonkostes wat in die begroting vir bogenoemde
        promosieveldtog ingesluit sou wees.                             (2 x 2)       (4)
                                                                                    [12]
                                                        TOTAAL AFDELING C:            50
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  TOERISME                             15

 AFDELING D: TOERISMESEKTORE

 VRAAG 7

 7.1 Bestudeer die collage en beantwoord die vrae.

      A – Inteken toonbanke

       B – Bagasie toedraai    C – Bagasie-opeisgebied

       D – Instaphek

Kopiereg voorbehou                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                       TOERISME                        (EC/NOVEMBER 2022)

      7.1.1    Noem EEN dokument wat ŉ passasier aan die personeellid van die
               lugdiens moet oorhandig wanneer hy/sy vir ŉ vlug by die toonbanke
               genommer A aanmeld.                                                      (2)

      7.1.2    Noem die deel van die lughawegebou waarin die gebied genommer
               C geleë is.                                                              (2)

      7.1.3    Noem EEN voordeel vir ŉ passasier wat van die toerusting
               genommer B gebruik maak.                                                 (2)

      7.1.4    Gee EEN voordeel vir ŉ besigheidsklaspassasier wanneer hy/sy in
               die gebied genommer D is.                                                (2)

      7.1.5    Verduidelik TWEE stappe in die inboekprosedure, behalwe die
               stap in VRAAG 7.1.1 genoem, wat ŉ passasier moet volg wanneer
               hy/sy vir ŉ vlug inboek.                                 (2 x 2)         (4)

      7.1.6    Verduidelik die funksie van die toonbank genommer E in die prent.        (2)

      7.1.7    Stel EEN manier voor waarop ACSA aan passasiers wat van die
               vliegtuig in die aankomsaal arriveer, kan aandui watter vervoerband
               hulle moet gebruik wanneer hulle hul bagasie in die prentjie
               genommer C afhaal.                                                       (2)

7.2   Bestudeer die diagram hieronder.

      Thando huur vir die eerste keer ŉ voertuig en is onseker oor sekere
      besonderhede in die huurooreenkoms. Help hom deur op elk van die
      navrae te reageer.                                                  (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                      TOERISME                                              17

7.3    Lees die uittreksel uit “Beginnersgids vir treinreise in Suid-Afrika” en
       beantwoord die vrae.

             SHOSHOLOZA MEYL LANGAFSTAND PASSASIERSTREINE

        Gemaklik en ongelooflik goedkoop, Shosholoza Meyl langafstand
        passasierstreine verbind Johannesburg met Kaapstad, Durban,
        Gqeberha (Port Elizabeth) en Oos-Londen. Die trein tussen Kaapstad en
        Johannesburg ry verby dieselfde wonderlike natuurskoon as die Bloutrein,
        maar kos slegs R690, insluitend ŉ bed in ŉ 2-slaapplek koepee of 4-
        slaapplek kompartement. Shosholoza Meyl se treine het ŉ restaurant
        eetwa waar passasiers ŉ ete kan bestel.

                                          [Aangepas uit www.seat61.com/SouthAfrica.htm]

        7.3.1    Verduidelik wat ŉ reisiger wat vir die eerste keer in Suid-Afrika per
                 trein ry kan verwag as hy in die eetwa op die Shosholoza Meyl
                 gaan eet.                                                                 (2)

        7.3.2    Bespreek die betekenis van die verwysing na die
                 kostevergelyking tussen die Shosholoza Meyl en die Bloutrein in
                 die uittreksel.                                                           (2)

        7.3.3    Vergelyk die vlak van gemak aan boord die Shosholoza Meyl met
                 dié van die Bloutrein.                                                    (4)

7.4     Bestudeer die beelde en beantwoord die vrae in die onderstaande tabel.
        Nommer u antwoorde korrek volgens die tabel.

        7.4.1    Noem       EEN      Suid-Afrikaanse
                 operateur wat elk van die
                                                              (a)             (b)
                 vervoermiddels wat aangedui word,
                 aanbied.                                                                  (2)
        7.4.2    Gee EEN fasiliteit beskikbaar op
                 elk van die aangeduide vervoer-              (a)             (b)
                 middels.                                                                  (4)
        7.4.3    Bespreek EEN rede waarom ŉ
                 toeris van elk van die aangeduide            (a)             (b)
                 vervoermiddels sal gebruik maak.                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     TOERISME                          (EC/NOVEMBER 2022)

 7.5    Lees die koerantberig van die Penika Times en beantwoord die vrae wat
        volg.

                 REMO’S ITALIAANSE RESTAURANT DEUR COVID-19
                           GRENDELTYDPERK GETREF

        Remo’s is ŉ Italiaanse restaurant in die Baakensvallei in Gqeberha (Port
        Elizabeth). Die heerlike resepte wat van geslag tot geslag oorgedra word en
        die gesinsatmosfeer maak van Remo's die perfekte Italiaanse restaurant.

        As gevolg van die Covid-19-pandemie het President Cyril Ramaphosa ŉ
        landswye grendeltydperk op 24 Maart 2020 aangekondig. Dit het die
        restaurantbedryf erg geraak en Remo's was nie ŉ uitsondering nie. Hulle
        moes hul deure toemaak terwyl hulle koelkamers vol vars produkte gehad
        het.

        Die mede-eienaar van die restaurant, Michelle Puggia, het die geleentheid
        aangegryp om haar passie vir kook uit te leef en het die vars produkte
        gebruik om ŉ verskeidenheid van Remo’s se gunsteling souse en geregte in
        die gemak van haar eie kombuis te kook en te vries.

        Volgens Puggia verkoop die restaurant wegneemetes met groot sukses,
        aangesien hulle nie hul perseel mag heropen nie.

        7.5.1   Identifiseer TWEE persoonlikheidseienskappe wat Michelle Puggia
                nodig gehad het om Remo’s Italiaanse restaurant van sluiting te
                red tydens die Covid-19-pandemie.                           (2 x 1)      (2)

        7.5.2   “Kulinêre vaardighede/kookvaardighede en gesonde sakepraktyke
                is noodsaaklik vir die restaurantbedryf om die Covid-19-pandemie te
                oorleef.”

                Bespreek hierdie stelling deur te verwys na die benadering van
                Michelle Puggia, mede-eienaar van Remo's.                   (2 x 2)      (4)
                                                                                        [50]

                                                           TOTAAL AFDELING D:             50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     TOERISME                                                  19

 AFDELING E:         BINNELANDSE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE
                     TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

 VRAAG 8

 8.1    Bestudeer die Twitter-uittreksel en beantwoord die vrae.

                 Hierdie Junie het @citylodgehotels ŉ spesiale Vadersdag-bederf vir
                 al die pa’s. Daar is ŉ verskeidenheid aanbiedings en etes om die
                 vaderfigure in jou lewe te bederf. Pryse wissel van slegs R700 per
                 nag en R99 per ete. Tarief sluit BTW en toerismeheffing in. Die
                 tarief is per kamer. Bespreek nou:https://clhg.com/specials

                                                  [Aangepas uit https://twitter.com/ShotLeft]

        8.1.1    Identifiseer die:

                 (a)   Suid-Afrikaanse binnelandse toerisme bemarkingsveldtog                   (1)

                 (b)   Huidige slagspreuk wat vir die Suid-Afrikaanse binnelandse
                       toerisme bemarkingsveldtog gebruik word                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                       TOERISME                         (EC/NOVEMBER 2022)

      8.1.2    ŉ Groot aantal Suid-Afrikaners reis steeds nie binnelands nie.

               Motiveer bogenoemde stelling deur DRIE redes te verskaf.
                                                                            (3 x 2)     (6)

      8.1.3    (a)   Identifiseer die binnelandse toerismesegment wat deur die
                     binnelandse toerisme bemarkingsveldtog op Twitter geteiken
                     word.                                                              (2)

               (b)   Gee EEN rede waarom die reisaanbod die belangstelling van
                     die geïdentifiseerde marksegment sal lok.                          (2)

               (c)   Bespreek TWEE strategiese doelwitte van die Groeistrategie
                     vir Binnelandse Toerisme wat uit die reisooreenkoms op
                     Twitter bereik sal word.                             (2 x 2)       (4)

8.2   Bestudeer die kaart van die SAOG-lidlande en beantwoord die vrae.

      8.2.1    Noem die lande genommer A en B.                              (2 x 1)     (2)

      8.2.2    Noem die hoofstede van die lande genommer C en D.            (2 x 1)     (2)

      8.2.3    ŉ Toename in streektoerisme sal die ekonomieë van SAOG-
               lidlande bevoordeel.

               Motiveer die stelling hierbo.                                           (2)
                                                                                      [22]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                     TOERISME                                           21

 VRAAG 9

 9.1 Bestudeer die uittreksel uit die opleidingshandleiding van ŉ hotel en
     beantwoord die vrae.

                                        ABC HOTEL

                       WERKNEMER OPLEIDINGSHANDLEIDING

        RESPEK VIR DIE KULTURELE EN GODSDIENSTIGE PRAKTYKE VAN
                          BUITELANDSE TOERISTE:
                Kos- en drankopsies wat toegelaat en verbode is

       9.1.1     Bestudeer die voedsel- en drankitems gemerk A–J.

                 (a)   Identifiseer EEN item wat verbode is vir Gesin A, wat die
                       godsdienstige dieetwette streng nakom.                            (2)

                 (b)   Identifiseer EEN item wat altyd deur Gesin B vermy sal word.      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                     TOERISME                         (EC/NOVEMBER 2022)

 9.2    Bestudeer die beeld en beantwoord die vrae.

        9.2.1   Gee, uit die restaurantbeeld, die rede vir mnr. Smith se
                diensleweringsklagte.                                                  (2)

        9.2.2   Maak ŉ lys van die EERSTE VIER stappe, in die korrekte
                volgorde, wat Lisa Jones moet volg om mnr. Smith se klagte
                effektief te hanteer.                                    (4 x 2)       (8)

        9.2.3   Verduidelik TWEE voordele vir Montana restaurant as die klagte
                van die kliënt bevredigend hanteer word.                  (2 x 2)     (4)
                                                                                     [18]

                                                         TOTAAL AFDELING E:           40
                                                             GROOTTOTAAL:            200

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-memo-nov2022-afrikaans/87fa414e-0ea6-4517-be46-003ffc7b959b) — Tourism · Memo · 2022 · Afr
- [TOURISM GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-tourism-2022-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/17c1898e-76cf-4c93-afee-8d742c792180) — Tourism · Memo · 2022 · Afr
- [TOURISM GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-qp-nov2017-afrikaans/a9a99f38-464c-4fbb-8c9c-6b1b59967b44) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [TOURISM GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-memo-nov2020-afrikaans/43f3818e-9f54-4a84-8164-54b086eef742) — Tourism · Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-tourism-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/490835ae-e6df-4034-9602-d935f3e0bec2) — Tourism · Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-tourism-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-afrikaans/a0f0bed8-8e90-47cb-a894-f65eea3f51a2) — Tourism · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Tourism

- [Gr11-Tourism-SG LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-tourism-sg-lr/09885856-68f7-4b9c-b05a-98bbc02b9519) — Guide
- [Gr 11 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-tou-atp-2023-24/d9c7a9e4-b45b-48ef-947f-28f9e1e997f5) — ATP
- [TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-qp-memo-nov2020-eng-d/b5120061-63fc-4f50-b8bc-4abc20f3c386) — Memo · 2020 · Eng
- [TOURISM GR11 MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-memo-nov2020-afr-d/838450ad-2680-486d-a2fe-ad36abab3f0c) — Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-qp-memo-nov2020-afr-d/c71533b9-e7d2-42ca-842b-aba5a0103589) — Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR11 MEMO NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr11-memo-nov2020-eng-d/ef47126b-7e85-4299-8d4f-4fd405d5506d) — Memo · 2020 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
