# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 32 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-afr-sept-2018-d/d841bd0e-065c-4a14-a579-919ad2540b9a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-afr-sept-2018-d/d841bd0e-065c-4a14-a579-919ad2540b9a)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2018

                            TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                              *TRSMA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2018)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

    2.    ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

    3.    Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

    4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    5.    In VRAE 3.1.1 en 3.1.2 (b) en (c), moet jy jou antwoorde tot TWEE
          desimale plekke afrond.

    6     Toon ALLE berekeninge.

    7.    Skryf netjies en leesbaar.

    8.    Die tabel hieronder is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
          afdeling in te deel.

                                                                           TYD
          AFDELING       VRAAG           ONDERWERP            PUNTE
                                                                         (minute)

               A             1         Kortvrae                 40             20

                                       Kaartwerk en
                             2
                                       Toerbeplanning
               B                                                50             50
                                       Buitelandse
                             3
                                       Valutaverhandeling
                                       Toerisme Attraksies
                             4
               C                       Kultuur- en              50             50
                             5
                                       Erfenistoerisme
                             6         Bemarking

                             7         Toerisme Sektore

               D                       Volhoubare en            30             30
                             8         Verantwoordelike
                                       Toerisme

                                       Plaaslike-, Streeks-
                             9         en Internasionale
                                       Toerisme
               E                                                30             30
                                       Kommunikasie en
                            10
                                       Kliëntediens

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    TOERISME                                              3

  AFDELING A: KORTVRAE

  VRAAG 1

  1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 A.

        1.1.1    ŉ Suid-Afrikaanse reisiger ruil ZAR 4 000 vir buitelandse valuta voor
                 sy vertrek. Die bureaux de change sal die transaksie doen deur van
                 die … gebruik te maak.

                 A     BBP
                 B     BVK
                 C     BAK
                 D     Euro

        1.1.2    Die gasheer van die 2018 Winter Olimpiese Spele:

                 A     Sochi, Rusland
                 B     Pyeongchang, Suid-Korea
                 C     Beijing, China
                 D     Vancouver, Kanada

        1.1.3    Identifiseer die beginsels van Regverdige Handel (‘Fair Trade’)
                 vanuit die onderstaande opsies:

                 A     Betroubaarheid, volhoubaarheid en billike aandeel
                 B     Respek, deursigtigheid en regverdigheid
                 C     Billike aandeel, demokrasie en verantwoordelikheid
                 D     Volhoubaarheid, regverdigheid en gelyke behandeling

        1.1.4    Hierdie bekende globale gebeurtenis vir die reisbedryf word jaarliks
                 in … gehou.

                                                      *Wêreldreismark

                 A     Lissabon
                 B     Los Angeles
                 C     Luanda
                 D     Londen

        1.1.5    Watter van die onderstaande is NIE ŉ rede waarom daglig-
                 besparingstyd gebruik word NIE?

                 A     Om energieverbruik te verminder.
                 B     Om dagligure te verleng ten einde produktiwiteit te verhoog.
                 C     Om ontspanningstyd te verleng.
                 D     Om te verseker dat reisigers betyds vir hulle vlugte inboek.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                          TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2018)

        1.1.6        Hierdie godsdienstige ikoon is in Istanbul, Turkye geleë:

                     A    Chichen Itza
                     B    Die Koepel van die Rots
                     C    Die Blou Moskee
                     D    Mekka

        1.1.7        ŉ Simptoom van vluguitputting is …

                     A    geswelde bene en voete.
                     B    ontwatering en geïrriteerdheid.
                     C    uitermatige moegheid.
                     D    hoofpyn en irritasie van die nasale kanale.

        1.1.8        Kriteria 8 van UNESCO se Wêrelderfeniskriteria verklaar dat ŉ
                     Wêrelderfenisterrein ŉ uitstaande voorbeeld van die
                     hooftydperke van die wêreld se geskiedenis moet
                     verteenwoordig. Hierdie terrein voldoen aan Kriteria 8
                     aangesien dit die mees verweerde meteoriet impakstruktuur in
                     die wêreld is:

                     A    Wieg van die Mensdom
                     B    iSimangaliso Vleilandpark
                     C    Mapungubwe Kulturele Landskap
                     D    Vredefortkoepel

        1.1.9        Die dokument wat jou Suid-Afrikaanse bestuurslisensie in
                     verskeie tale onderskryf:

                     A    IBP
                     B    IDL
                     C    Schengen visum
                     D    WGO

        1.1.10       ŉ Eienskap van ŉ suksesvolle toerisme-aantreklikheid:

                     A    Ontvang meer besoekers as wat hulle mikpunt is
                     B    Het ŉ webtuiste
                     C    Personeel praat en verstaan Engels
                     D    Het ŉ logo

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                          TOERISME                                          5

        1.1.11        Die tyd in Sydney, Australië (+10) as dit 11:00 in Johannesburg,
                      Suid-Afrika (+2) op 25 Desember is:

                      A    02:00
                      B    03:00
                      C    19:00
                      D    20:00

        1.1.12        ŉ Reis na Nederland sal nie volkome wees sonder ŉ besoek aan
                      EEN van die land se ikoniese … nie.

                      A    argeologiese terreine
                      B    windmeulens
                      C    diep klowe (ʽcanyons’)
                      D    drywende markte

        1.1.13        Watter van die onderstaande sal die MINSTE oorweeg word met
                      die opstel van ŉ dag-vir-dag reisplan vir toeriste?

                      A    Vervoer
                      B    Verblyf
                      C    Items wat die toeriste by hulle bagasie moet inpak
                      D    Aantreklikhede en aktiwiteite

        1.1.14        ŉ Manier om kliëntetevredenheid te bepaal sonder dat die
                      toerismebesigheid die kontakbesonderhede van die kliënt
                      benodig:

                      A    SMS-boodskap
                      B    Lyftaal
                      C    Terugvoerkaart
                      D    Opvolg-oproep

        1.1.15        Die £ is die geldeenheid wat gebruik word tydens reis in …

                      A    Rio de Janeiro.
                      B    Londen.
                      C    Berlyn.
                      D    Sydney.

        1.1.16        Die Berlynse Muur …

                      A    is in 2007 as een van die nuwe sewe wonders van die
                           wêreld benoem.
                      B    is ŉ plek van gebed vir Jode van regoor die wêreld.
                      C    is simbolies van die skeiding tussen demokrasie en
                           kommunisme tydens die Koue Oorlog.
                      D    is die wêreld se langste mensgemaakte
                           verdedigingstruktuur.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                          TOERISME                       (EC/SEPTEMBER 2018)

        1.1.17       Die … mark het die hoogste gemiddelde besteding per dag in
                     Suid-Afrika gedurende die vierde kwartaal van 2016 getoon.

                     A    Amerikas
                     B    Asië en Australasië
                     C    Europa
                     D    Afrika Land

        1.1.18       Die geldwaarde van al die goedere en dienste wat oor ŉ
                     spesifieke tyd, gewoonlik ŉ jaar, in ŉ land geproduseer word
                     staan bekend as die …

                     A    vermenigvuldigingseffek.
                     B    Fluktuasie-koers.
                     C    BBP.
                     D    koopkrag.

        1.1.19       ŉ Toeris wat gedurende die somermaande in Suid-Afrika reis
                     behoort die volgende voorsorgmaatreëls te tref:

                     A    Gebruik sonskerm en dra klere wat beskerming teen die
                          son bied
                     B    Drink altyd gebottelde water tussen 12:00 en 14:00
                     C    Hou waardevolle items in ŉ sak wat om die nek gedra
                          word
                     D    Verseker dat hy/sy ŉ paspoort het

        1.1.20       Robbeneiland word as ŉ … Wêrelderfenisterrein geklassifiseer.

                     A    natuurlike
                     B    kulturele
                     C    kulturele en natuurlike
                     D    gemengde                                        (20 x 1)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    TOERISME                                             7

  1.2   Kies ŉ betalingsmetode vanuit die gegewe lys wat die onderstaande
        beskrywings die beste voltooi. Skryf slegs die betalingsmetode langs die
        vraagnommer (1.2.1−1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         voorafgelaaide buitelandse valuta debietkaarte; bankwissels; buitelandse
                   banknote; EFO; SWIFT; kredietkaart; reisigerstjeks

        1.2.1    Laat die eienaar toe om geld by die uitreiker te leen

        1.2.2    ŉ Transaksie wat oor ŉ gerekenariseerde netwerk, van een
                 bankrekening na ŉ ander, plaasvind

        1.2.3    Kan nie gewissel word nie, tensy dit in ŉ bankrekening inbetaal
                 word

        1.2.4    PIN-kode beskerm en word nie aan ŉ bankrekening gekoppel nie

        1.2.5    Kontantnote in die geldeenheid van die land wat besoek word,
                 wat meestal vir kleiner aankope gebruik word             (5 x 1)     (5)

  1.3   Kies die korrekte woord(e) uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
        korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1    ŉ Dokument wat aan alle personeel riglyne gee oor aanvaarbare
                 gedrag in die werksplek staan as ŉ (dienskontrak/gedragskode)
                 bekend.

        1.3.2    (Die Getaway-Skou/Indaba) is ŉ buitelewe leefstyl en avontuur-
                 reisbemarkingsgeleentheid.

        1.3.3    Volgens Suid-Afrika se doeaneregulasies word goedere wat in ŉ
                 tronk vervaardig word as (verbode/beperkte) goedere beskou.

        1.3.4    (Algemene onluste/Ongelukke) sal as ŉ onvoorsiene gebeurtenis
                 beskou word.

        1.3.5    Die lengtelyn waarvan tyd bereken word staan as die
                 (UTK/ewenaar) bekend.                                     (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2018)

    1.4   Kies die woord(e) in KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM
          A pas. Skryf slegs die letter (A−G) langs die vraagnommer (1.4.1−1.4.5) in
          die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.4.6 H.

                          KOLOM A                              KOLOM B
          1.4.1   Die maksimum hoeveelheid rand         A   Venesië
                  wat ŉ Suid-Afrikaanse burger wat
                  na die buiteland reis, jaarliks vir
                  buitelandse geldeenhede kan ruil

          1.4.2   ŉ Inka-stad, omring deur tempels, B       Reistoelae
                  terrasse en waterkanale, gebou
                  op ŉ bergtop

          1.4.3   ŉ Eiland-stad wat deur kanale         C   Identiteitsdokument
                  geskei is en deur brûe aan
                  mekaar gekoppel is

          1.4.4   ŉ Belangrike oorweging met            D   Petra
                  betrekking tot internasionale reis

          1.4.5   ŉ Antieke stad wat halfpad uit        E   Reisversekering
                  rots gebou is en halfpad uit rots
                  gebeitel is en deur berge omring
                  word

                                                        F   Auschwitz

                                                        G   Machu Picchu
                                                                              (5 x 1)   (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  TOERISME                                             9

  1.5    Identifiseer die reisverwante siektes wat aan die onderstaande prente
         gekoppel word. Nommer jou antwoorde (1.5.1–1.5.5) en gee die naam
         van die reisverwante siekte, bv. 1.5.6 Hepatitis B.

         1.5.1

                 * Waarskuwing! Besmette voedsel

         1.5.2

         1.5.3

         1.5.4

         1.5.5

                                                                          (5 x 1)   (5)

                                                        TOTAAL AFDELING A:          40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2018)

  AFDELING B:         KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                      VALUTAVERHANDELING

  VRAAG 2

  2.1   Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die gegewe inligting en
        beantwoord die daaropvolgende vrae.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       TOERISME                                          11

        Die gasheerland van die 2018 FIFA Wêreldbeker
        Sokkertoernooi was Rusland. Die toernooi het op
        14 Junie 2018 afgeskop en het met die finaal
        geëindig by Luzhniki Stadion, Moskou op 15 Julie
        2018 om 18:00. Sokkerliefhebbers vanoor die
        hele wêreld het vasgenael voor hulle
        televisiestelle gesit om die finaal te kyk.

        2.1.1     Bereken die tyd en datum waarop sokkerliefhebbers in Londen,
                  Engeland hulle televisiestelle aangeskakel het om die finaal van
                  die 2018 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi te kyk.

                  Onthou dat Engeland Dagligbesparingstyd beoefen maar Rusland
                  nie Dagligbesparingstyd beoefen nie.

                  Toon ALLE berekeninge.                                                 (5)

        2.1.2     Die verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Sokker-vereniging
                  (South African Football Association – SAFA) het vanaf OR Tambo
                  Internasionale Lughawe na Moskou, Rusland via Frankfurt,
                  Duitsland gevlieg om die 2018 FIFA Wêreldbeker Sokkertoernooi
                  by te woon. Hulle vlugbesonderhede word hieronder gegee.

        Johannesburg,                                                       Moskou,
        Suid-Afrika                        16 uur 45 minute                 Rusland

                                              Wagtydperk
        Johannesburg          Frankfurt    (tyd wat voor die    Frankfurt   Moskou
        2 Junie, 18:55        3 Junie,       volgende vlug      3 Junie,    3 Junie,
        Vlug SA7573           Tyd: ?      gewag moet word)      08:35       12:40
                                            3 uur 05 minute     Vlug
                                                                LH1444

                (a)   Die SAFA-verteenwoordigers het vanaf OR Tambo
                      Internasionale Lughawe aan boord vlug SA7573 om 18:55 op 2
                      Junie 2018 via Frankfurt op pad na Moskou vertrek. Die vlugtyd
                      vir die eerste been van hulle reis was 10 uur 35 minute. Bereken
                      die tyd en datum waarop hulle in Frankfurt, Duitsland het op die
                      eerste been van hulle reis aangekom.

                      Onthou dat Duitsland Dagligbesparingstyd beoefen.

                      Toon ALLE berekeninge.                                             (6)

                (b)   Na die 2018 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi, het die SAFA-
                      verteenwoordigers vanaf Moskou vertrek en na Suid-Afrika via
                      Frankfurt teruggekeer. Hulle het om 08:30 op 19 Julie 2018 na
                      ŉ vlug van 20 uur geland. Bereken hoe laat hulle uit Moskou
                      vertrek het.
                      Toon ALLE berekeninge.                                             (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2018)

        2.1.3    Met hulle reis na Rusland moes die Suid-Afrikaners hulle paspoorte
                 by immigrasiebeheer toon, maar het nie nodig gehad om ŉ visum te
                 bekom om Rusland binne te gaan nie.

                 (a)    Gee aan die SAFA-verteenwoordigers raad oor watter
                        regeringsdepartement en in watter land hulle aansoek moet
                        doen om ŉ paspoort te bekom.                        (2 x 1)       (2)

                 (b)    In ŉ kort paragraaf bespreek die verskil tussen die TWEE
                        reisdokumente waarna daar in VRAAG 2.1.3 (a) verwys word.
                                                                            (2 x 2)       (4)

        2.1.4    Nadat hulle deur paspoortbeheer by OR Tambo Internasionale
                 Lughawe gegaan het, het die Suid-Afrikaners ŉ geleentheid gehad
                 om deur die doeanevry-winkels te loop en goedere aan te koop
                 voor hulle vertrek.

                 Gee EEN voorwaarde wat van toepassing op reisigers is wanneer
                 hulle goedere by doeanevry-winkels by internasionale lughawens
                 koop.                                                                    (2)

        2.1.5    Met hulle terugkeer na Suid-Afrika het die SAFA
                 verteenwoordigers voor hulle vertrek 1 liter Russiese vodka by die
                 doeanevry-winkels gekoop.

                 Gee aan hulle raad of hulle die rooi of die groen kanaal moet kies
                 met hulle aankoms by OR Tambo Internasionale Lughawe.
                 Motiveer jou antwoord.                                                   (3)

  2.2   Lees die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat daarop volg.

        Die reisagent wat vir die reisreëlings van die SAFA-verteenwoordigers
        verantwoordelik was het aan die groep ŉ keuse uit twee pakkette met
        opsionele aktiwiteite gebied.

                       Pakket A                             Pakket B
        Verblyf:                                Verblyf:
        x Yum-yum Backpackers hostel            x Aerostar hotel, Moskou
           geleë aan die buitewyke van             middestad
           Moskou                               x 4 ster, besigheidsgeoriënteerde
        x Slegs bed, ontbyt op aanvraag            verblyf
           beskikbaar                           x Aandete, bed en ontbyt
        x Gedeelde verblyf in slaapsale         x Pendeldiens
                                                x 24 uur Wi-Fi
        Opsionele aktiwiteite:                  Opsionele aktiwiteite:
        x Een week visvang op die ys in         x Besoek aan die Rooi Plein
          Siberië (in die noordelike deel van   x Opspring-afspring bus-
          Rusland)                                 stadstoer
        x Vier dae ski op die sneeubedekte
          berge

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       TOERISME                                            13

        2.2.1     (a)       Bepaal die mees gepaste pakket vir die SAFA-
                            verteenwoordigers.                                               (1)

                  (b)       Motiveer jou keuse van pakket in VRAAG 2.2.1 (a).                (2)

        2.2.2 Gee TWEE veiligheidsmaatreëls wat die SAFA-verteenwoordigers
              in ag moet neem by hulle plek van verblyf in Moskou.    (2 x 1)               (2)
                                                                                           [33]

  VRAAG 3

  3.1     Bestudeer die onderstaande wisselkoerstabel en beantwoord die vrae
          wat daarop volg.

                   Land                  Geldeenheidkode          BAK           BVK
            Verenigde State van
                                                USD              12,52          12,85
                 Amerika
              Groot Brittanje                   GBP              16,62          17,32

          3.1.1       ŉ Toeris van Londen, Engeland het 1 750 GBP en wil dit met
                      haar aankoms in Suid-Afrika omruil vir ZAR vir haar vakansie.
                      Bereken hoeveel Rand die toeris sal ontvang.

                      LET WEL:     Rond die antwoorde tot TWEE desimale plekke af.
                                   Toon AL die stappe van jou berekening.                    (3)

          3.1.2       Sipho, ŉ besigheidsman van Mdantsane naby Oos-Londen, reis
                      na ŉ vergadering in New York, VSA. Hy het ZAR 22 510
                      sakgeld.

                      (a)   Sipho is gewaarsku dat wisselkoerse op ŉ daaglikse basis
                            skommel en dat hy eers navorsing moet doen voordat hy
                            sy ZAR wissel. Verduidelik die begrip skommeling met
                            verwysing na wisselkoerse.                                       (2)

                      (b)   Bereken hoeveel hy in USD sal ontvang wanneer hy sy
                            ZAR wissel.

                            LET WEL:    Rond die antwoorde tot TWEE desimale
                                        plekke af.
                                        Toon AL die stappe van jou berekening.               (3)

                      (c)   Met sy terugkeer het Sipho 250 USD oor. Bereken hoeveel
                            hy in Rand sal ontvang as hy die USD wissel.

                            LET WEL:    Rond die antwoorde tot TWEE desimale
                                        plekke af.
                                        Toon AL die stappe van jou berekening.               (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2018)

  3.2    Bestudeer die strokiesprent en beantwoord die onderstaande vrae wat
         volg.

                        SUID-AFRIKAANSE RAND VERSTERK!!

         *Swak Dollar

         In ŉ paragraaf bespreek die impak wat ŉ sterk rand op die onderstaande
         kan hê:

         x   Toeriste van die Verenigde State van Amerika wat beplan om Suid-
             Afrika te besoek
         x   Suid-Afrikaanse uitgaande toeriste
         x   Suid-Afrikaanse binnelandse toeriste                                    (6)
                                                                                    [17]

                                                         TOTAAL AFDELING B:           50

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                  TOERISME                                           15

  AFDELING C:          TOERISME-BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN
                       ERFENISTOERISME; BEMARKING

  VRAAG 4

  4.1    Bestudeer die reisagentskap-strooibiljet en beantwoord die onderstaande
         vrae.

                              PENIKA REISAGENTSKAP
                           Jou wêreldtoer beplanning deskundiges

           Nou kan jy ophou daaroor praat en dit doen! Ons sal jou wêreldikoon
                             droomreis ŉ werklikheid maak.

         4.1.1 Gee die amptelike name van die ikone op die strooibiljet
               uitgebeeld.                                                (7 x 1)    (7)

         4.1.2 Identifiseer die SES lande wat tydens die geadverteerde Penika
               Reisagentskap wêreldtoer besoek gaan word.                (6 x 1)     (6)

         4.1.3 Benoem die TWEE dorpe/stede wat in dieselfde land geleë is wat
               tydens die toer besoek gaan word.                      (2 x 1)        (2)

         4.1.4 Bespreek, in ŉ paragraaf, waarom sekere aantreklikhede in die
               wêreld as wêreldikone beskou word.                       (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                     TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.2 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae.

              Table Mountain Aerial Cableway Company (Maatskappy)
                             Hoogtepunte 2016/2017

                                                Ons winkels,        Ons Kabelspoor
       Die Cheapflights
                             Die Table        spesifiek die Exit    oudiotoer, gevul
       Reistoekennings
                          Mountain Aerial    Shop, is opgeknap      met feite oor die
          het op 24
                             Cableway         met die doel om        Maatskappy en
       November 2016
                             Company            meer spasie          Tafelberg, is in
       Tafelberg as die
                          (TMACC) het sy     beskikbaar te stel        twee toere
         beste Suid-
                               87ste           asook om beter        verdeel, een vir
          Afrikaanse
                            bestaansjaar          vloei van        die Boonste Stasie
        aantreklikheid
                              gevier.           besoekers te          en een vir die
           benoem.
                                                vergemaklik.        Onderste Stasie.
                           Ons gaan voort                           TMACC het meer
                          om meer as 95%                            kaartjie-aankoop
                               van ons                             opsies beskikbaar
                             kleinhandel-                            gestel deur met
                           produkte vanaf                          iVenture Card and
                               plaaslike                              City Pass in
                            verskaffers te                           vennootskap te
                                bekom.                                    gaan.

                                    Ons het Tafelberg se
                                    vyfde herdenking as
      Leerders het aan ons Class                             9% vermindering van
                                    een van die nuwe 7
      in the Clouds program                                   watergebruik per
                                     Wonders van die
      deelgeneem.                                                 besoeker.
                                       Wêreld op 11
                                   November 2016 gevier.

      Verduidelik hoe die Table Mountain Aerial Cableway Company
      (Maatskappy) hul voortgesette sukses tussen 2016 en 2017 verseker het
      met verwysing na:

      4.2.1     Volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne                 (2 x 2)     (4)

      4.2.2     Positiewe ervaring van besoekers                              (2 x 2)    (4)
                                                                                        [26]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                       TOERISME                                                        17

 VRAAG 5

 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat daarop volg.

            SA se ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP AS NUWE UNESCO
                      WÊRELDERFENISTERREIN VERKLAAR

         Die ǂKhomani Kulturele Landskap strek oor 959 100 hektaar, vorm deel
         van die Kgalagadi Oorgrenspark en sluit ook die hele Kalahari Gemsbok
         nasionalepark in. Volgens UNESCO, ‘toon die groot sand oppervlak
         bewyse van menslike bewoning van die Steentydperk tot die hede en word
         met die kultuur van die voormalige nomadiese ǂKhomani San mense en
         die strategieë wat hulle toegelaat het om by die strawwe
         woestyntoestande aan te pas, verbind’.

         Die ǂKhomani San leef in volkome harmonie met die natuur, hulle neem
         slegs dit wat vervang kan word en wat hulle benodig. Hulle is een van die
         enigste San-groepe wat nog hulle tradisionele jagter-versamelaar
         leefwyse beoefen. Met merkwaardige uithouvermoë is hulle in staat om ŉ
         dier se spore vir dae aaneen te volg en die dier dood te maak met ŉ giftige
         pyl. Hulle kennis van die medisinale gebruik van plante, naboots van diere
         en voëls en hulle musiek en dans is welbekend. Hulle het vaardighede
         ontwikkel om skaars hulpbronne soos water te gebruik en om plantvoedsel
         in ŉ uiters vyandige omgewing te vind.

                            [Verwerk uit www. whc.unesco.org, www. khomani.co.za en www.sa-venues.com]

 5.1     Noem die provinsie van Suid-Afrika waar die ‡Khomani Kulturele
         Landskap geleë is.                                                                              (2)

 5.2     Identifiseer TWEE SAOG-lande, behalwe vir Suid-Afrika, wat by die
         verklaring van ‡Khomani Kulturele Landskap as ŉ Wêrelderfenisterrein
         sal baat.                                                       (2 x 1)                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                      TOERISME                              (EC/SEPTEMBER 2018)

 5.3        UNESCO se Kriteria 5 vir verklaring tot ŉ Wêrelderfenisterrein.

         “Om ŉ uitstaande voorbeeld van ŉ tradisionele menslike nedersetting,
         land- of seegebruik wat verteenwoordigend van ŉ kultuur (of kulture), of
         menslike interaksie met die omgewing, veral as dit kwesbaar geword het
         onder die impak van onherroeplike verandering, te wees.
                                                               [Bron: www. whc.unesco.org]

         Die ‡Khomani Kulturele Landskap het voldoen aan UNESCO se Kriteria
         5 om Wêrelderfenisstatus te verkry.

         Beskryf TWEE voorbeelde van strategieë wat die ‡Khomani San oor
         baie eeue ontwikkel het in hulle interaksie met ŉ omgewing van uiterste
         toestande.                                                       (2 x 2)             (4)

 5.4     Stel TWEE entrepreneurs-geleenthede voor wat die ‡Khomani San kan
         oorweeg om hulle unieke kulturele erfenis ten toon te stel en te bewaar
         terwyl hulle waarde toevoeg aan die toerismebedryf van die omgewing.
                                                                            (2 x 2)           (4)
                                                                                             [12]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   TOERISME                                           19

  VRAAG 6

  Bestudeer die onderstaande beelde en beantwoord die daaropvolgende vrae.

           SAToerisme bemarkingsveldtog in metrotreinstasies in Beijing,
                            China
          6 metro spoorlyne

           20 vertoonborde

                120
          bemarkingsplekke
              per dag

           Totale beraamde
             besigtigings:
             282 580 200

  6.1    Verskaf bewyse uit die bostaande beeld dat daar verwag word dat die
         SAToerisme se bemarkingsveldtog ŉ groot invloed op die Chinese
         reismark in Beijing sal hê.                                                  (2)

  6.2    Gee TWEE maniere hoe SAToerisme se bemarkingsveldtog in Beijing,
         China, Suid-Afrika as ŉ toerismebestemming sal bevoordeel. (2 x 2)           (4)

  6.3    Verduidelik hoe SAToerisme befondsing vir hulle bemarkingsinisiatiewe
         in China en ander internasionale markte van die privaatsektor ontvang.       (2)

  6.4

         Die belangrikste faktor vir die Chinese reismark met die kies van ŉ
         bestemming, is die reputasie van die handelsnaam (ʽbrand reputation’).

         Bespreek TWEE maniere hoe die privaat safarigastehuise (ʽprivate
         game lodges’) in die Kruger Nasionale Park, hierbo uitgebeeld, tot die
         bemarkingspogings van SAToerisme in China kan bydra deur ŉ
         betroubare handelsmerk vir Suid-Afrika te skep.                  (2 x 2)     (4)
                                                                                     [12]

                                                         TOTAAL AFDELING C:            50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                  TOERISME                       (EC/SEPTEMBER 2018)

  AFDELING D:         TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN
                      VERANTWOORDELIKE TOERISME

  VRAAG 7

  Bestudeer die onderstaande beeld en beantwoord die daaropvolgende vrae.

         Ontmoet die          Thandi            Warrick         Stuart
         span!              Algemene           Toergids      Operasionele
                            bestuurder                        bestuurder

  7.1    Identifiseer die tipe toerisme dienslewering waarby die span van
         Amapondo Backpackers Lodge betrokke is.                                (2)

  7.2    Die personeel van Amapondo Backpackers Lodge werk in ŉ veeleisende
         omgewing. Gee EEN motivering om hierdie stelling te ondersteun.        (2)

  7.3    Gee EEN diensvoorwaarde wat in ŉ dienskontrak vir personeel van
         Amapondo Backpackers Lodge ingesluit kan word.                         (2)

  7.4    Stel EEN rede voor waarom die personeel van Amapondo Backpackers
         Lodge informele klere dra en nie ŉ formele uniform nie.                (2)
                                                                                [8]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    TOERISME                                            21

  VRAAG 8

  Bestudeer die onderstaande beelde en beantwoord die daaropvolgende vrae.

               MAROPENG SE VOLHOUBARE TOERISME-BELEID

  8.1     Identifiseer die volhoubare toerisme-pilaar genommer A.                        (2)

  8.2     Gee TWEE voorbeelde van goeie omgewingspraktyke wat die bestuur
          van Maropeng kan implementeer om te verseker dat hulle by hulle
          omgewingsbestuurstrategie hou.                                 (2 x 2)         (4)

  8.3     Verduidelik hoe Maropeng se plaaslike verkryging aankopestrategie ŉ
          positiewe ekonomiese impak vir die plaaslike gemeenskap kan hê.                (2)

  8.4     Stel TWEE aanlyn-bemarkingsplatforms wat die bestuur van Maropeng
          van gebruik kan maak voor wat omgewingsbewuste besoekers na die
          Wêrelderfenisterrein kan lok.                                (2 x 2)           (4)

  8.5     Stel TWEE voorbeelde van verantwoordelike toeristegedrag voor, buiten
          dié wat in die teks gelys is, wat die bestuur van Maropeng in hulle
          gedragskode vir verantwoordelike toerisme kan insluit.              (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                        TOERISME                       (EC/SEPTEMBER 2018)

  8.6    Die bestuur van Maropeng onderneem om, as deel van hulle KMB
         beleid, op opvoedkundige instansies te fokus.

         8.6.1       Verduidelik die begrip KMB.                                       (2)

         8.6.2       Bespreek, in ŉ paragraaf, TWEE maniere waarby die bestuur
                     van Maropeng hulle KMB-beleid in opvoedkundige instansies
                     kan implementeer.                                     (2 x 2)    (4)
                                                                                     [22]

                                                           TOTAAL AFDELING D:         30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    TOERISME                                                    23

 AFDELING E:          PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
                      KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

 VRAAG 9

 9.1 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat daarop volg.

       Las Vegas, ŉ belangrike vermaaklikheidstad wat in die staat Nevada, VSA
       geleë is, is bekend vir mega-dobbelhotelle, dobbelary, inkopies, naglewe,
       teaters en restaurante.

       Amper 43 miljoen mense, binnelandse toeriste ingesluit, het Las Vegas in 2016
       besoek. Die stad was gasheer vir bykans 22,000 konferensies. Gemiddeld 95
       persent van die 149,339 beskikbare kamers was oor naweke vol bespreek. Die
       stad het US$9,7 biljoen in inkomste (geld) uit dobbelary gegenereer.

       Op 1 Oktober 2017 het Las Vegas die toneel van die dodelikste massa-
       skietvoorval in die geskeidenis van die VSA geword, toe ŉ gewapende man op
       konsertgangers geskiet het vanuit sy kamer op die 32ste verdieping van die
       Mandalay Bay Resort en Casino hotel. Hy het ten minste 58 mense is
       doodgeskiet en 520 beseer voordat hy homself doodgeskiet het. Kort na die
       skietery het ŉ radikale Islamitiese groep, Isis, verantwoordelikheid vir die
       insident geneem. Die tragedie word deur die Verenigde State Federale Buro
       vir Ondersoek (FBI) ondersoek.

        BINNELANDSE EN INTERNASIONALE LUGREDERYBESPREKINGS NA
                            DIE LAS VEGAS TRAGEDIE
               (Top 5 binnelandse en internasionale markte per streek)

                                                               [Verwerk uit www.forwardkeys.com]

       9.1.1    Klassifiseer die tragedie waarna daar in die uittreksel verwys word.               (2)

       9.1.2    Gee TWEE redes waarom binnelandse en internasionale lugredery
                besprekings kort na die Las Vegas tragedie drasties afgeneem het.
                                                                             (2 x 2)               (4)

       9.1.3    Stel DRIE maniere voor hoe hierdie tragedie ŉ negatiewe impak op
                hierdie hoof vermaaklikheidstad gehad het.                  (3 x 2)                (6)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                         TOERISME                              (EC/SEPTEMBER 2018)

  9.2    Bestudeer die onderstaande grafiek van buitelandse toeriste
         aankomelinge en beantwoord die daaropvolgende vrae.

           PROVINSIALE VERSPREIDING – GEDEELTE VAN BUITELANDSE
                         TOERISTE AANKOMELINGE
                     KWARTAAL 1 (Januarie tot Maart 2017)
                       KWARTAAL 2 (April tot Junie 2017)

                                                              [Verwerk uit www.southafrica.net]

         9.2.1       Bepaal watter TWEE provinsies ŉ toename in die getal
                     buitelandse toeriste aankomelinge in kwartaal 2 het in vergelyking
                     met kwartaal 1 getoon.                                     (2 x 1)            (2)

         9.2.2       Gauteng het 1 043 754 buitelandse besoekers in kwartaal 1
                     ontvang, waarvan 666 043 van Afrika landmarkte afkomstig was.

                     Noem TWEE Afrika landmarkte waarvan Gauteng inkomende
                     toeriste ontvang het.                              (2 x 1)                    (2)

         9.2.3       Bereken die afname in die volume buitelandse aankomelinge na
                     die Oos-Kaap in kwartaal 2, in vergelyking met kwartaal 1.                    (2)

         9.2.4       Gauteng, die Wes-Kaap en Limpopo het tesame 52% van
                     internasionale aankomelinge in kwartaal 2 gelok en 74% van
                     toerisme inkomste vir hierdie tydperk gegenereer.

                     Stel TWEE maniere voor hoe hierdie ongelyke geografiese
                     verspreiding van die ekonomiese impak van toerisme
                     aangespreek kan word.                                   (2 x 2)               (4)
                                                                                                  [22]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   TOERISME                                           25

  VRAAG 10

  Bestudeer die onderstaande kliënte-terugvoermetode en beantwoord die
  daaropvolgende vrae.

           Wat is die waarskynlikheid dat u ons sal aanbeveel aan iemand wat
                                         u ken?

          Glad nie                                                         Definitief

                                  U evaluasie was ŉ 2.
                               Sal u verduidelik waarom?
          Die gesindhede en gedrag van jou skoonmaakpersoneel is
          onaanvaarbaar.

                                 Dankie vir u terugvoering.

  10.1    Identifiseer die elektroniese kommunikasiemetode wat die
          toerismebesigheid gebruik het om die kliënte-terugvoeringstrument hierbo
          aan kliënte te versprei.                                                       (2)

  10.2    Gee EEN rede waarom dit belangrik is vir toerismebesighede om
          terugvoering van hulle kliënte te kry.                                         (2)

  10.3    Stel TWEE strategieë vir ingryping voor wat die besigheidsbestuurder kan
          implementeer om die klagte wat die kliënt in die bostaande vraelys
          geïdentifiseer het, aan te spreek.                                 (2 x 2)     (4)
                                                                                         [8]

                                                           TOTAAL AFDELING E: 30
                                                               GROOTTOTAAL: 200

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com

### Page 31

Downloaded from hlayiso.com

### Page 32

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [TOURISM GR12 MEMO ENG SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-eng-sept-2018/4f10260b-3566-4236-b88c-5719be056596) — Tourism · Memo · 2018 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO AFR SEPT 2018 D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-afr-sept-2018-d/202e10b5-a355-401a-b030-c668fbef02f3) — Tourism · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2018-question-paper/7f6437e1-fd32-4ff5-a9fb-f8eb60eaeefd) — Tourism · QP · 2018
- [Tourism May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-afr/d45389bd-c17a-4c88-9347-2ffe4e468b36) — Tourism · QP · 2018 · Afr
- [Tourism May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-eng/e8b76614-b222-42e7-840b-c3b598c524b5) — Tourism · QP · 2018 · Eng
- [Tourism Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-eng/1cf70fb1-0900-45ac-9086-9e77a9da7408) — Tourism · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
