# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2019

                            TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2019)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

    2.    ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

    3.    Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

    4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

    5.    In VRAE 3.1.1, 3.1.2 en 3.1.3 moet jy jou antwoorde tot TWEE desimale
          plekke afrond.

    6.    Toon ALLE berekeninge waar nodig.

    7.    Skryf netjies en leesbaar.

    8.    Die volgende tabel is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
          afdeling in te deel.

          AFDELING       VRAAG           ONDERWERP            PUNTE         TYD

               A             1         Kortvrae               40 punte   20 minute

                                       Kaartwerk en
                             2
                                       Toerbeplanning
               B                                              50 punte   50 minute
                                       Buitelandse
                             3
                                       Valutaverhandeling
                                       Toerisme Attraksies
                             4
               C                       Kultuur-en Erfenis     50 punte   50 minute
                             5
                                       Toerisme
                             6         Bemarking

                             7         Toerismesektore

               D                       Volhoubare en          30 punte   30 minute
                             8         Verantwoordelike
                                       Toerisme

                                       Plaaslike-, Streeks-
                             9         en Internasionale
                                       Toerisme
               E                                              30 punte   30 minute
                                       Kommunikasie en
                            10
                                       Kliëntediens
                                            TOTAAL:             200         180
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                      TOERISME                                           3

  AFDELING A: KORTVRAE

  VRAAG 1

  1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.1.21 A.

        1.1.1    Die bepaling, ingestel deur die Departement van Binnelandse Sake
                 in 2016, dat ouers wat Suid-Afrika saam met ŉ kind besoek hierdie
                 spesifieke dokument moet toon, het ŉ negatiewe impak op
                 inkomende toerisme gehad.

                 A     Paspoort
                 B     Gesondheidsertifikaat
                 C     Volledige geboortesertifikaat
                 D     IBP

        1.1.2    Hierdie Afrika reis- en buitelewe-skou word jaarliks in … gehou.

                 A     Johannesburg en Durban
                 B     Bloemfontein en Durban
                 C     Kaapstad en Bloemfontein
                 D     Johannesburg en Kaapstad

        1.1.3    ŉ Voorbeeld van ŉ KMB-beleid in ŉ toerisme-besigheid:

                 A     Bied beurse aan studente wat beplan om Toerisme te studeer
                 B     Inlig van personeel oor die gedragskode van die besigheid
                 C     Inagneming van die gevolge wat toeriste-aktiwiteite op die
                       omgewing kan hê
                 D     Voorsien die personeel van uniforms

        1.1.4    ŉ Betaalmetode wat banksake gerieflik maak maar toegang tot die
                 internet benodig:

                 A     EFO
                 B     SWIFT
                 C     OTM
                 D     Bankwissel

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2019)

        1.1.5   ŉ Simptoom van malaria:

                A     Geswelde voete
                B     Uiterste moegheid
                C     Geel kleur van die vel en oë
                D     Hoofpyn, koors, spier- en gewrigspyn

        1.1.6   Hierdie ikoon is in … geleë.

                A     Sjina
                B     Thailand
                C     Jordanië
                D     Indië

        1.1.7   Watter van die onderstaande sal waarskynlik die MINSTE die
                professionele beeld van ŉ maatskappy weerspieël?

                A     Fisiese voorkoms van die besigheid
                B     Personeelgetalle
                C     Kliëntediens beleide
                D     Skryfbehoeftes en bemarkingsmateriaal

        1.1.8   … sal tot universele toegang vir toeriste by ŉ besienswaardigheid
                bydra.

                A     Die installering van brandalarms
                B     Die gebruik van Braille kennisgewingborde
                C     Die nie-beskikbaarheid van skuifdeure
                D     Die verwydering van hysbakke

        1.1.9   Die $ is die geldeenheid wat geruil moet word as iemand na …
                reis.

                A     Parys
                B     Harare
                C     Beijing
                D     Londen

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                       TOERISME                                             5

        1.1.10        Die ǂKhomani Kulturele Landskap Wêrelderfenisterrein is geleë
                      op die grens van Suid-Afrika en …

                      A   Namibië.
                      B   Namibië en Botswana.
                      C   Lesotho.
                      D   Zimbabwe en Botswana.

        1.1.11        Die tyd in New York, VSA (-5) as die horlosie 00:00 slaan met
                      Nuwejaar in Port Elizabeth, Suid-Afrika (+2) op 1 Januarie:

                      A   18:00
                      B   07:00
                      C   17:00
                      D   06:00

        1.1.12        Die grafiek, wat die gemiddelde spandering per dag deur
                      toeriste wat Suid-Afrika besoek gedurende kwartaal 4 vir die
                      tydperk 2014 tot 2016 toon, dui die volgende neiging aan:

                      A   Alle markte het ŉ konstante groei in die gemiddelde
                          besteding per dag deur toeriste getoon
                      B   Die gemiddelde besteding per dag deur toeriste van die
                          Europese mark was op ŉ konstante basis die hoogste
                      C   Alle markte het ŉ konstante afname in die gemiddelde
                          besteding per dag deur toeriste getoon
                      D   Afrika Landmarkte het ŉ konstante afname in die daaglikse
                          besteding per dag deur toeriste getoon

        1.1.13        ŉ Siekte wat nie deur inenting voorkom kan word nie:

                      A   Bilharzia
                      B   Geelkoors
                      C   Hepatitis A
                      D   Hepatitis B

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                           TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2019)

        1.1.14       Portugal se gewildste streek vir vakansiegangers:

                     A   Segovia
                     B   Die Parthenon
                     C   Die Algarve
                     D   Die Riviera

        1.1.15       Die lugredery, wat deur Suid-Afrika se Burgerlike Lugvaart
                     Owerheid (South African Civil Aviation Authority) in Mei 2018 as
                     gevolg van veiligheidskwessies met nege van hulle vliegtuie,
                     gehok (ground) is:

                     A   SAA
                     B   SA Airlink
                     C   SA Express
                     D   FlySafair

        1.1.16       Die Comrades-marathon word met hierdie stad geassosieer:

                     A   Londen
                     B   Pietermaritzburg
                     C   New York
                     D   Kaapstad

        1.1.17       Die eerste oorweging vir ŉ reisagent met die beplanning van ŉ
                     reisplan:

                     A   Reisdokumente
                     B   Bagasie en klere
                     C   Logiese roetebeplanning
                     D   Opstel van ŉ toeristeprofiel

        1.1.18       Die laaste stap in ŉ analise om die neiging in kliënte-
                     terugvoering te bepaal:

                     A   Besluit op ŉ aksieplan
                     B   Insleutel en bestudeer van die terugvoering
                     C   Begin die intervensieproses
                     D   Bepaal die mees algemene klagtes

        1.1.19       As ŉ reisiger ŉ voertuig in ŉ vreemde land wil bestuur, moet ŉ
                     … verkry word voordat die reisiger sy/haar land verlaat.

                     A   gesondheidsertifikaat
                     B   IDL
                     C   reistoelae
                     D   IBP

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                        TOERISME                                              7

        1.1.20        Hierdie wêreldikoon is bekend vir rotslae in skakerings van rooi,
                      wat miljoene jaar se geologiese geskiedenis blootlê:

                      A   Die Grand Canyon
                      B   Berg Everest
                      C   Machu Picchu
                      D   Petra                                                (20 x 1)   (20)

  1.2   Kies ŉ wêreldikoon vanuit die gegewe lys wat die beskrywings die beste
        voltooi. Skryf slegs die naam van die wêreldikoon langs die
        vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK.

         Die Koepel van die Rots, Swartwoud; Jungfrau-Aletsch; Ayers Rots; Blou
                      Moskee; Mekka; Klaagmuur; Berlynse Muur

        1.2.1     Hierdie gewilde aantreklikheid met dalende koepels en ses
                  minarette is tydens elkeen van die ses daaglikse bidtye vir nie-
                  aanbidders gesluit

        1.2.2     Die oorblyfsels van ŉ fisiese versperring wat die verdeling tussen
                  demokrasie en kommunisme en die gebrek aan vryheid
                  gedurende die Koue Oorlog gesimboliseer het

        1.2.3     ŉ Bergagtige streek in Suidwes-Duitsland bekend vir sy
                  prentjiemooi dorpies en vervaardiging van koekoekhorlosies

        1.2.4     ŉ Plek van gebed en pelgrimstog wat vir Jode ŉ heilige plek is

        1.2.5     Hierdie beskermde gebied is die tuiste van die grootste en
                  langste gletser in die Switserse Alpe                      (5 x 1)       (5)

  1.3   Kies die korrekte woord(e) uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
        korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1     As ŉ reisiger buitelandse valuta ter voorbereiding van ŉ reis
                  wissel, sal die bank die transaksie doen deur van die (BAK/BVK)
                  gebruik te maak.

        1.3.2     As geld deur die ekonomie van ŉ streek/land syfer en verskeie
                  organisasies bevoordeel, staan dit as die
                  (vermenigvuldigereffek/BBP) bekend.

        1.3.3     (Tokio, Japan/Parys, Frankryk) sal die gasheer vir die 2020
                  Somer Olimpiese Spele wees.

        1.3.4     Mapungubwe Kulturele Landskap Wêrelderfenisterrein is in
                  (Gauteng/Limpopo) geleë.

        1.3.5     Visa en MasterCard is korporasies wat finansiële dienste bied en
                  (krediet- en debietkaarte uitreik/internasionale betalingsnetwerke
                  bied).                                                       (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.4    Kies die woord(e) in KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM
        A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in
        die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H.

                        KOLOM A                             KOLOM B
        1.4.1   Toerisme besighede koop             A    Cholera
                goedere van vervaardigers en
                verskaffers in hulle gebied

        1.4.2   ŉ Suid-Afrikaanse diens wat      B       Vereiste vir ŉ visum-
                akkurate inligting bied om               aansoek
                ekonomiese groei en ontwikkeling
                te bevorder

        1.4.3   Bewyse dat die reisiger homself     C    Suid-Afrikaanse
                in die land wat besoek word kan          Toerisme
                onderhou                                 (South African Tourism)

        1.4.4   Dra by om Suid-Afrika as ŉ          D    Plaaslike verkryging
                bestemming van keuse op beide
                binnelandse en internasionale
                vlakke te bevorder

        1.4.5   ŉ Siekte wat deur kontak met die    E    Stats SA
                liggaamsvloeistowwe van ŉ
                besmette persoon oorgedra word

                                                    F    ITB

                                                    G    MIV/Vigs
                                                                           (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  TOERISME                                           9

  1.5    Bestudeer die beelde en dui aan of elkeen van die produkte as
         belastingvrye goedere, goedere om te verklaar of verbode goedere
         beskou word.

         1.5.1

                 Hennep/Dagga

         1.5.2

                 Parfuum

         1.5.3

                 Outomatiese wapen

         1.5.4

                 150 sigarette

         1.5.5

                 Bedreigde diere
                                                                        (5 x 1)   (5)

                                                       TOTAAL AFDELING A:          40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                      TOERISME                     (EC/SEPTEMBER 2019)

  AFDELING B:         KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                      VALUTAVERHANDELING

  VRAAG 2

  2.1    Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die gegewe inligting
         en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                               ZURICH

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                    TOERISME                                           11

         Die Raad vir Wêreld Reis en Toerisme (World Travel and Tourism
         Council) was die gasheer van die Globale Beraad in Seville, Spanje op 3
         en 4 April 2019. Afgevaardigdes (Verteenwoordigers) van verskeie lande
         het na Spanje gevlieg om hierdie Globale Beraad by te woon. Die Suid-
         Afrikaanse afgevaardigdes het na Madrid, Spanje gevlieg. In Madrid het
         hulle die afgevaardigdes van Engeland wat vanuit Londen gevlieg het
         ontmoet. Daarna het beide groepe afgevaardigdes per trein vanaf Madrid
         na Seville gereis. Die 530 km treinreis het 5 uur en 20 minute geduur.
         2.1.1    Bestudeer die skematiese voorstelling van die reisplan van die
                  besoekers van Engeland en beantwoord die daaropvolgende
                  vraag.

         Londen, Engeland                                   Madrid, Spanje
                                           02h25m
                                           Vlugtyd

         Londen 1 April                                     Madrid 1 April
         Tyd: 11:35                                         Tyd:?
         Vlug IB3169                                        Vlug IB3169

                  Die afgevaardigdes van Engeland het vanaf Heathrow
                  Internasionale Lughawe in Londen op hulle reis na Spanje vertrek.
                  Bereken die aankomstyd van vlug IB3169 as die vlugtyd van hulle
                  geen-stop (non-stop) vlug 02h25m was.
                  Onthou dat Europese lande Dagligbesparingstyd ten tye van die
                  vlug beoefen het.
                  Toon ALLE berekeninge.                                                (4)
         2.1.2    Bestudeer die skematiese voorstelling van die reisplan van die
                  besoekers van Suid-Afrika en beantwoord die daaropvolgende
                  vraag.

         Johannesburg,                                                   Madrid,
         Suid-Afrika                          13h10m                     Spanje
                                            Wagtydperk
                                            (wagtydperk
         Johannesburg        Zürich                       Zürich         Madrid
                                            voor die
         1 April             2 April                      2 April        Datum:?
                                            volgende
         Tyd:?               Tyd: 06:10+                  Tyd: 07:00     Tyd:?
                                            vlug)
         Vlug LX289                                       Vlug
                                            00h50m
                                                          LX2020

                  (a)   Die afgevaardigdes van Suid-Afrika het vanaf
                        Johannesburg, Suid-Afrika na Zürich, Switserland vertrek
                        oppad na Madrid, Spanje. Hulle vlugtyd van Johannesburg,
                        Suid-Afrika na Zürich, Switserland was 10h45m. Hulle
                        aankomstyd in Zürich is as 06:10+ aangedui. Bereken die
                        vertrektyd van hulle vlug van Johannesburg.
                        Onthou dat Europese lande Dagligbesparingstyd ten tye
                        van die vlug beoefen het. Toon ALLE berekeninge.                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2019)

                 (b)   Op die tweede been van hulle reis het die Suid-Afrikaners
                       vanaf Zürich, Switserland vertrek soos in die diagram
                       aangedui. Die vlugtyd van vlug LX2020 was 2h15m.
                       Bereken die aankomstyd en datum van hulle vlug in Madrid.

                       Onthou dat Europese lande Dagligbesparingstyd ten tye
                       van die vlug beoefen het. Toon ALLE berekeninge.                (4)

         2.1.3   Met hulle aankoms in Madrid kon die Suid-Afrikaanse
                 afgevaardigdes aan vluguitputting na hulle reis van 13h10m ly.

                 (a)   Gee EEN simptoom van vluguitputting.                            (1)

                 (b)   Verduidelik EEN oorsaak van die reisverwante toestand
                       waarna daar in VRAAG 2.1.3 (a) verwys is.                       (2)

         2.1.4   Bestudeer die inligting en diagramme en gebruik die gegewe
                 data om die vereiste inligting te verskaf.

                 (a)   Gee die nasionaliteite van die genoemde afgevaardigdes.         (2)

                 (b)   Identifiseer die tipe toeris wat die Globale Beraad besoek
                       het.                                                            (1)

                 (c)   Noem TWEE vervoertipes waarvan die afgevaardigdes
                       gebruik gemaak het op pad na die Globale Beraad in
                       Seville, Spanje.                                                (2)

                 (d)   Stel die tipe verblyf waarvan die afgevaardigdes in Seville
                       waarskynlik gebruik gemaak het voor. Motiveer jou
                       antwoord.                                                       (3)

                 (e)   Verduidelik die betekenis van die “+”, soos gedruk langs
                       die aankomstyd (06:10) van vlug LX289 in Zürich.                (2)

         2.1.5   Gee TWEE reisdokumente wat die Suid-Afrikaanse
                 afgevaardigdes met hulle aankoms in Europa moes toon.                 (2)

         2.1.6   Een van die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes het ses bottels van
                 die beste Suid-Afrikaanse wyn as geskenke vir
                 verteenwoordigers van ander wêreldlande saamgeneem.

                 (a)   Identifiseer die kanaal waardeur hy met sy aankoms by
                       doeane moes stap.                                               (1)

                 (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.1.6 (a).                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                       TOERISME                                           13

         2.1.7    Veiligheid is ŉ groot rede tot kommer met internasionale reis.

                  Adviseer die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes oor TWEE
                  oorwegings wat hulle in ag moet neem terwyl hulle by die
                  treinstasie vir hulle trein van Madrid na Seville, wag.  (2 x 2)          (4)
                                                                                          [34]

  VRAAG 3

  3.1     Bestudeer die onderstaande inligting en wisselkoerstabel en beantwoord
          die vrae wat volg.

          Mnr. Dlepu van King William’s Town gaan op ŉ besigheidsreis na
          Engeland en Frankryk. Hy gaan R20 000,00 vir sy besoek aan Engeland
          en R15 500,00 vir sy besoek aan Frankryk wissel.

             Toerismestreek           Geldeenheid-         BAK              BVK
                                          kode
          Verenigde Koninkryk             GBP              17,66            18,36
          Europese lande                  EUR              15,88            16,47

          3.1.1       Bereken die bedrag in pond wat mnr. Dlepu sal ontvang as hy
                      R20 000,00 vir sy reis na Engeland wissel.

                      LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                                   Toon ALLE stappe van jou berekening.                     (3)

          3.1.2       Bereken die hoeveelheid buitelandse valuta wat mnr. Dlepu tot
                      sy beskikking in Frankryk sal hê nadat hy R15 500,00 gewissel
                      het.

                      LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                                   Toon ALLE stappe van jou berekening.                     (3)

          3.1.3       Met sy terugkeer het mnr. Dlepu €25 oor om vir rand te wissel.
                      Bereken die bedrag wat hy sal ontvang.

                      LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                                   Toon ALLE stappe van jou berekening.                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                         TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2019)

  3.2    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae.

                                  Wisselkoers: ZAR na Euro
         Desember 2016                                 14,44
         Desember 2017                                 14,77
         Desember 2018                                 16,27

         3.2.1       (a)   Identifiseer die jaar wat die rand die swakste in
                           verhouding tot die euro was.                                      (1)

                     (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.2.1 (a).                         (2)

         3.2.2       Verwys na jou antwoord op VRAAG 3.2.1 (a) en bespreek die
                     effek wat die neiging op inkomende toerisme van Europese
                     lande na Suid-Afrika kon hê.                                             (4)
                                                                                            [16]

                                                              TOTAAL AFDELING B:              50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                  TOERISME                                           15

  AFDELING C:          TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN
                       ERFENISTOERISME; BEMARKING

  VRAAG 4

  4.1    Bestudeer die wêreldikoonkaart en beantwoord die vrae wat volg.

                                   WÊRELDIKONE

         4.1.1 Gee die amptelike name van die ikone gemerk A, B, E, F,
               G en H.                                                 (6 x 1)       (6)

         4.1.2 Noem die lande waar die ikone gemerk C en G geleë is.
                                                                           (2 x 1)   (2)

         4.1.3 Noem die stede, dorpe of gebiede waar die ikone gemerk
               E, F en H geleë is.                                    (3 x 1)        (3)

         4.1.4 Gee die amptelike name van die ikone gemerk C en D waar,
               tydens ŉ besoek, toeriste die katedrale kan besigtig. (2 x 1)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                     TOERISME                             (EC/SEPTEMBER 2019)

 4.2    Bestudeer die inligtingsbrosjure en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            Om daar uit te kom:
          SHAMBALA PRIVAAT
           WILDRESERVAAT                                    Afstand: 235 km

                                                            Per motor: 2½ uur

                                                            Per helikopter: 55 min
           Wêreld se voorste
          Privaat Wildreservaat
              2013 tot 2018
                                             SAFARI’S EN ERVARINGS
                                              Groot Vyf interaksie
                                              Wildritte
                                              Piekniek in die bosse
                                              Uitstappies in die bosse
                                              Wildnavorsing
                                              Sonsondergang bootvaarte
                                              Sterrekyk
                                              Visvang
                                              Vierwiel motorfiets ry
        ZOELOEKAMP
         Luukse huisies (chalets)
         Ons kokke skep disse uit die
          boonste rakke, volgens jou
          smaak en voorkeure.
         Jou persoonlike huiskneg is ten
          alle tye beskikbaar om jou by te
          staan.
                                             SHAMBALA SPA
                                              Die Spa is oop van 08:00 tot
                                               20:00.
                                              Die Spa het twee
                                               behandelingsvertrekke en ŉ dek
                                               met ŉ uitsig op die omliggende
                                               bos.
                                     [Verwerk uit www. shambalaprivategamereserve.co.za]
        *World Travel Awards – Wêreldreistoekennings

        4.2.1   Gee EEN voorbeeld uit die brosjure om Shambala Privaat
                Wildreservaat se volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne
                te beklemtoon.                                                              (2)
        4.2.2   Skryf ŉ paragraaf waarin jy toon hoe die verskaffing van ŉ
                positiewe besoekerservaring tot Shambala se ontvangs van
                verskeie Wêreldreis toekennings bygedra het.               (4 x 2)          (8)
                                                                                           [23]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                    TOERISME                                              17

  VRAAG 5

  Bestudeer die kaart en inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                  SUID-AFRIKA SE TIENDE WÊRELDERFENISTERREIN

         *Barberton MakhanjwaBerge

         In Noordoostelike Suid-Afrika geleë, is die Barberton Makhonjwaberge
         Wêrelderfenisterrein, een van die wêreld se oudste geologiese strukture,
         met vulkaniese en sedimentêre rots wat 3,5 biljoen jaar terug dateer – in
         die tyd toe die eerste vastelande op die primitiewe Aarde begin vorm het.
         Ten spyte van die feit dat die rotse biljoene jare oud is, is hulle so goed
         bewaar dat die fossiele daarin getrou rekord hou van die vroegste
         bakteriële lewensvorme op die planeet.
         Tesame met die uitsonderlike geologie is die gebied ryk aan wilde plante,
         diere en pragtige natuurskoon. Die verskeie groot en klein
         natuurreservate en die panoramiese skoonheid bied sleutelelemente wat
         benodig word vir ontwikkeling van diverse en innoverende toerisme
         vennootskappe en besighede.
                                                [Verwerk uit www. africageographic.com]

  5.1    Identifiseer die provinsie waar die Barberton Makhonjwaberge,
         Suid-Afrika se nuutste Wêrelderfenisterrein, geleë is.                           (1)

  5.2    Noem die tipe wêrelderfenisterrein wat deur UNESCO by die Barberton
         Makhonjwaberge verklaar is.                                                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                      TOERISME                             (EC/SEPTEMBER 2019)

  5.3    Bestudeer die uittreksel uit UNESCO se keuringskriteria vir goedkeuring
         tot die Wêrelderfenisterreinlys.

         Kriteria vii: “Om oortreffende natuurlike verskynsels of gebiede van
         uitsonderlike natuurlike skoonheid en estetiese belang te bevat.”

         Kriteria viii: “Om uitstaande voorbeelde van die hoofstadiums in die
         aarde se geskiedenis te wees, insluitend die opteken van lewe,
         beduidende voortdurende geologiese prosesse in die ontwikkeling van
         landvorme of beduidende geomorfiese of fisiografiese kenmerke.”
                                                          [Bron: www. whc.unesco.org]

         5.3.1 Identifiseer die keuringskriteria waaraan die Barberton
               Makhonjwaberge Wêrelderfenisterrein voldoen het.                            (2)

         5.3.2 Verduidelik TWEE maniere hoe die Barberton Makhonjwaberge
               aan die UNESCO keuringskriteria geïdentifiseer in VRAAG 5.3.1
               voldoen.                                               (2 x 2)              (4)

  5.4    Bestudeer die prente en inligting. Beantwoord die vraag wat volg.

         Dusty Tracks Off Road Adventures bied natuurskoon, avontuur, voëlkyk,
         geskiedenis, kultuur, geologiese en 4 x 4 toere. Barberton het ŉ Geo-
         spoor (trail) in die aangekondigde wêrelderfenisterrein en kundige gidse
         kan vir toere wat ŉ indiepte geskiedenis en geologie van die gebied insluit
         gereël word.
                                                    [Verwerk uit www.dustytracks.co.za]

         5.4.1 Bespreek hoe die verklaring van die Barberton Makonjwaberge
               Wêrelderfenisterrein tot volhoubare groei vir Dusty Tracks Off
               Road Adventures en sy toerismevennote in die Barberton-gebied
               sal lei.                                                   (2 x 2)          (4)
                                                                                          [13]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   TOERISME                                                 19

  VRAAG 6

  Bestudeer die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.

          SUID-AFRIKAANSE TOERISME EN KLM GEBRUIK HUURMOTORS
          OM TOERISME IN DIE VERENIGDE KONINKRYK (VK) TE
          ‘BESTUUR’

         Suid-Afrikaanse Toerisme is in vennootskap met KLM Royal Dutch
         Airlines (KLM) om toerisme na Suid-Afrika te bestuur.

         Die mees onlangse buite-huis bemarkingsveldtog van Suid-Afrikaanse
         Toerisme behels 100 VK huurmotors, met kenmerkende prente van Suid-
         Afrikaanse ikoniese wild, wat in die stede van Birmingham, Londen,
         Manchester en Newcastle, gedurende die maand April 2018 ry. Die
         veldtog is gemik op die bevordering van een van SA se mees gesogte
         vakansie-ervarings – om die Groot 5 op safari te besigtig.

         Deur hierdie poging mik KLM om hulle daaglikse diens na Johannesburg,
         Suid-Afrika se hoofpoort, via Amsterdam vanuit Newcastle, Manchester,
         Birmingham en Londen na vore te bring.
                                                    [Verwerk uit www.tourismupdate.co.za]

  6.1    Identifiseer die reismark-segment deur Suid-Afrikaanse Toerisme in sy
         Verenigde Koninkryk bemarkingsveldtog geteiken.                                     (2)

  6.2    Verduidelik hoe die VK-veldtog ŉ sleutelrol in Suid-Afrikaanse Toerisme
         se globale bemarkingsveldtog speel.                               (2 x 2)           (4)

  6.3    Evalueer hoe Suid-Afrikaanse Toerisme se veldtog-vennootskap met
         KLM Suid-Afrika as ŉ toerismebestemming sal bevorder.        (2 x 2)                (4)

  6.4     Gaste-faktuur voorbeeld
          Verblyf                 R1000
          1%-toerismeheffing      R10,00
          Totaal                  R1010
          BTW                    R151,50
          Groottotaal          R1 161,50

         Verduidelik hoe die gaste-faktuur voorbeeld en TOMSA tot die Suid-
         Afrikaanse Toerisme veldtog in die Verenigde Koninkryk gekoppel is.
                                                                         (2 x 2)             (4)
                                                                                            [14]
                                                          TOTAAL AFDELING C:                 50
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                     TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2019)

  AFDELING D:         TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN
                      VERANTWOORDELIKE TOERISME

  VRAAG 7

  Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg.

  7.1    Verduidelik aan mnr. Smith wat ŉ dienskontrak is.                            (2)

  7.2    Lys DRIE voorwaardes wat in mnr. Smith se dienskontrak ingesluit kan
         word.                                                          (3 x 1)       (3)

  7.3    Op die kantoormuur sien jy ŉ geraamde gedragskode vir PENIKA
         Reisagentskap. Bespreek die waarde van ŉ gedragskode vir ŉ besigheid.
                                                                        (2 x 2)       (4)

  7.4    Bespreek, deur TWEE redes te verskaf, die belangrikheid dat die
         personeel van PENIKA Reisagentskap te alle tye ŉ professionele beeld
         moet handhaaf.                                                  (2 x 2)      (4)
                                                                                     [13]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                     TOERISME                                               21

  VRAAG 8

  Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

          UNIEKE HANDGEMAAKTE PRODUKTE VAN HERWINBARE
        TEESAKKIES AS KUNSWERKE – ORIGINAL TEABAG DESIGNS

  Vir ŉ groep voorheen benadeelde mense in
  Houtbaai naby Kaapstad, Suid-Afrika, het een
  koppie tee die gemeenskap met opwinding,
  finansiële sekuriteit en hoop gevul.

  Original Teabag Designs is as ŉ handwerk- en werkskeppingsprojek begin.
  Vandag is die projek ŉ uitstekende voorbeeld van afval-vermindering,
  werkskepping en sosiale opheffing deur vaardigheidsontwikkeling en
  ondersteuning van lewensvaardigvaardighede.

  Original Teabag Designs bied ŉ reeks hoë kwaliteit, eksklusiewe handgemaakte
  produkte deur gebruik te maak van gebruikte teesakkies wat gedroog,
  leeggemaak, gestryk en deur plaaslike kunstenaars geverf word. Die
  kunstenaars ontvang betaling vir elke voltooide teesakkie.
  Hierdie voltooide produkte word dan aan houtskinkborde, plekmatjies, lapitems,
  muurbehangsels en vele ander vasgemaak.

  Kaapstad Sightseeing se opspring-afklim toerbusse (hop-on hop-off) stop
  gereeld by Original Teabag Designs se besigheidsperseel by Kronendal.
  Produkte is ook beskikbaar by ŉ stalletjie in die Handwerkmark by die V&A
  Waterfront.

                           [Verwerk uit www.tbagdesigns.co.za en resource.capetown.gov.za]

  8.1     Original Teabag Designs kan as ŉ besigheid beskou word wat
          verantwoordelike en volhoubare toerisme beoefen.

          Skryf ŉ paragraaf waarin jy hierdie stelling bespreek. Gee aandag aan
          die volgende in jou paragraaf:

             Identifiseer die drie pilare van volhoubare toerisme         (3 x 1)           (3)
             Koppel elkeen van die drie pilare van volhoubare toerisme aan ŉ
              voorbeeld uit die teks om te toon (wys) hoe Original Teabag Designs
              elkeen van die drie pilare beoefen.                           (3 x 2)          (6)

          LET WEL:       In jou paragraaf moet jy toon aan watter van die drie
                         pilare elkeen van die voorbeelde gekoppel word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                    TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2019)

  8.2    Verduidelik hoe die plaaslike gemeenskap baat kan vind as Original
         Teabag Designs ŉ plaaslike verkrygingstrategie in hul besigheid
         implementeer.                                                   (2 x 2)     (4)

  8.3    Stel TWEE strategieë voor wat Original Teabag Designs kan
         implementeer om omgewingsbewuste toeriste na hulle verkoopspunte
         (winkels) by Kronendal en die V&A Waterfront te lok.        (2 x 2)        (4)
                                                                                   [17]

                                                        TOTAAL AFDELING D:           30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   TOERISME                                          23

  AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
                       KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

  VRAAG 9

  9.1 Bestudeer die onderstaande prente en beantwoord die vrae wat volg.

        9.1.1 Klassifiseer die onvoorsiene gebeurtenis.                                 (2)

        9.1.2 Toerisme dra tot amper 30% by van die ekonomie van Hawaii se
              Groot Eiland (Big Island).

                In ŉ paragraaf, bespreek VIER maniere hoe die onvoorsiene
                gebeurtenis ŉ negatiewe impak op die toerismebedryf kon hê. (2 x 4)     (8)

        9.1.3 Verduidelik die volgende stelling.

                Basiese onkunde oor die geografiese ligging van Hawaii het selfs
                toerismebesighede ver van die gevaarsone benadeel.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                    TOERISME                                (EC/SEPTEMBER 2019)

  9.2 Bestudeer die onderstaande statistieke en beantwoord die vrae wat volg.

                INTERNASIONALE AANKOMELINGE IN SUID-AFRIKA
                   KWARTAAL 1 (Januarie tot Maart 2017 en 2018)
                                           K1 2017            K1 2018
       AANKOMELINGE (Miljoene)                2,6                2,8
       INKOMSTE (Biljoene)                  R19,0               R20,7
       GEMIDDELDE SPANDERING                 R730               R700
       (R per dag)
       LENGTE VAN VERBLYF (Nagte)             10                 11
                                                           [Verwerk uit www.southafrica.net]

       9.2.1 Bereken die toename in toerisme-inkomste in kwartaal 1 van 2018 in
             vergelyking met kwartaal 1 van 2017.                                                (2)

       9.2.2 Bespreek TWEE faktore wat direk bygedra het tot die toename in
             inkomste deur internasionale aankomelinge gegenereer in kwartaal 1
             van 2018 in vergelyking met kwartaal 1 van 2017.           (2 x 2)                  (4)

       9.2.3 Stel EEN faktor (rede) voor wat ŉ negatiewe effek op internasionale
             toeriste besteding in kwartaal 1 van 2018, in vergelyking met
             kwartaal 1 van 2017, sal hê.                                                        (2)

  9.3 Bestudeer die inligting van die reisresensiewebtuiste hieronder en
      beantwoord die vrae wat volg.

                                     07 Jul 2018, 13:17

                                     Hi

                                     Ek gaan na Suid-Afrika, langs die Tuinroete
                                     vanaf Kaapstad na Port Elizabeth, aan die
                                     begin van September vanjaar vir ons
                                     wittebroodsreis.

                                     Ek het raad gekry om aansoek te doen vir ŉ
                                     kredietkaart met goeie wisselkoers voordele
                                     vir gebruik oorsee, maar is ongelukkig deur
                                     my bank afgekeur. Is daar ŉ ander
                                     betaalmetode behalwe die gebruik van
                                     kontant of my debietkaart beskikbaar?

                                     Beste wense
                                     Lucy
                                                          [Verwerk uit www.tripadvisor.co.za]

       9.3.1 Adviseer Lucy oor die beste alternatiewe betaalmetode vir hul reis.                 (2)

       9.3.2 Bespreek EEN voordeel van die betaalmetode in VRAAG 9.3.1
             geïdentifiseer.                                                                     (2)
                                                                                                [24]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                   TOERISME                                          25

  VRAAG 10

  Baie mense wend hulle tot sosiale media om oor swak diens te kla. Lees die
  onderstaande uittreksels van Facebook en beantwoord die vrae.

  10.1    Identifiseer die metode wat in bostaande voorbeelde gebruik is om kliënte
          terugvoering te verkry.                                                       (2)

  10.2    Bespreek EEN rede waarom die bestuur van Shosholoza Meyl aandag
          behoort te skenk aan klagtes van hul kliënte op hulle Facebookblad.           (2)

  10.3    Stel EEN voordeel voor vir Shosholoza Meyl indien die bestuur aandag
          sou skenk aan die klagtes op hulle Facebookblad en die sake wat deur
          hulle kliënte aangemeld is, aanspreek.                                        (2)
                                                                                        [6]

                                                           TOTAAL AFDELING E: 30
                                                               GROOTTOTAAL: 200

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR 12 MEMO SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr-12-memo-sept-2019-afrikaans/5455507a-288c-4e61-b81f-7e3276d63b0e) — Tourism · Memo · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6) — Tourism · QP · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Tourism · Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Tourism · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — QP · 2022 · Afr
- [Tourism May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
