# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                             TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.     ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

3.     Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

4.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.     In VRAE 3.1, 3.2 en 3.3 moet jy jou antwoorde tot TWEE desimale
       plekke afrond.

6      Toon ALLE berekeninge, waar benodig.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

8.     Die volgende tabel is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
       afdeling in te deel.

                                                                         TYD
        AFDELING        VRAAG         ONDERWERP            PUNTE
                                                                       (minute)

             A            1         Kortvrae               40 punte   20 minute

                                    Kaartwerk en
                          2
                                    Toerbeplanning
             B                                             50 punte   50 minute
                                    Buitelandse
                          3
                                    Valutaverhandeling
                          4         Toerisme Attraksies
                                    Kultuur- en Erfenis
             C            5                             50 punte      50 minute
                                    Toerisme
                          6         Bemarking

                                    Volhoubare en
             D            7         Verantwoordelike
                                                           30 punte   30 minute
                                    Toerisme

                                    Plaaslike-, Streeks-
                          8         en Internasionale
                                    Toerisme
             E                                             30 punte   30 minute
                                    Kommunikasie en
                          9
                                    Kliëntediens

Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                         TOERISME                                           3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1   Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A.

       1.1.1    Dagligbesparingstyd is ŉ praktyk waarby sekere lande hul tyd een
                uur … skuif.

                A      agtertoe gedurende die somermaande
                B      vorentoe gedurende die somermaande
                C      agtertoe gedurende die wintermaande
                D      vorentoe gedurende die wintermaande

       1.1.2    Die jaarlikse wêreldsportgebeurtenis wat in Wimbledon in die
                Verenigde Koninkryk gehou word, vertoon die beste … in die
                wêreld.

                A      fietsryers
                B      tennisspelers
                C      langafstand atlete
                D      motorrenjaers

       1.1.3    Verblyf wat vir ŉ groep oorbruggingsjaar toeriste wat in Kaapstad
                op ŉ beperkte begroting bly, die geskikste is.

                A      Cape Grace 5-ster hotel
                B      Flintstones Gastehuis
                C      Green Elephant Rugsakreisigers
                D      Camps Bay B&O

       1.1.4    In Februarie 2020 is wêreldwye reisbeperkings deur baie lande
                ingestel as gevolg van die uitbreek van die Coronavirus in …

                A      Kambodja.
                B      Thailand.
                C      Viëtnam.
                D      Sjina.

       1.1.5    ŉ Siekte, veroorsaak deur larwes wat die menslike liggaam
                binnegaan, wat vermy kan word deur uit potensieel besmette riviere
                te bly.

                A      Bilharzia
                B      Malaria
                C      Geelkoors
                D      MIV

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2020)

       1.1.6    Toeriste wat die iSimangaliso Vleilandpark Wêrelderfenisterrein
                besoek, kan die natuurlike skoonheid van … besigtig.

                A     moerasse en lang sandstrande
                B     klowe en valleie
                C     riviere en woestyne
                D     berge en watervalle

       1.1.7    ŉ Dokument wat benodig word wanneer buitelandse valuta voor
                vertrek op ŉ oorsese vakansie gekoop word.

                A     Geldige vliegtuigkaartjie
                B     Gesondheidsertifikaat
                C     ID-dokument
                D     Doeane-verklaringsvorm

       1.1.8    Hierdie ikoon is in … geleë.

                A     Turkye
                B     Meksiko
                C     Verenigde State van Amerika
                D     Jordanië

       1.1.9    Die tyd en datum in Moskou, Rusland (+4) as dit 09:00 is op
                1 Januarie in New York, VSA (-5).

                A     18:00 op 1 Januarie
                B     00:00 op 1 Januarie
                C     00:00 op 2 Januarie
                D     18:00 op 2 Januarie

       1.1.10   … sal tot veiligheid by ŉ besienswaardigheid/attraksie bydra.

                A     Bewaring van natuurlike hulpbronne
                B     ŉ Amptelike webtuiste
                C     ŉ Krisisbestuursplan
                D     Gratis toegang vir reisjoernaliste

Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     TOERISME                                               5

       1.1.11    Die term wat gebruik word wanneer daar na daaglikse
                 veranderinge in die waarde van geldeenhede verwys word:

                 A     Bankaankoopkoers
                 B     Bankverkoopkoers
                 C     Wisselkoers
                 D     Skommelings

       1.1.12    Maatreëls wat deur ŉ toerismeonderneming geneem word om
                 swak kliëntediens aan te spreek sal tot … lei.

                 A     ŉ mededingende nadeel
                 B     swak personeel moraal
                 C     gereelde wisseling van werknemers
                 D     verhoogde winsgewendheid

       1.1.13    Die onderstaande beeld verteenwoordig die … pilaar van
                 volhoubare toerisme.

                 A     sosiale
                 B     omgewings
                 C     ekonomiese
                 D     gemeenskaps

       1.1.14    ŉ Onvoorsiene gebeurtenis wat grootskaalse verwoesting in
                 Australië gedurende 2019 en 2020 veroorsaak het:

                 A     Aardbewing
                 B     Veldbrande
                 C     Tsunami
                 D     Vulkaniese uitbarsting

       1.1.15    Personeellede van die Grand West casino in Kaapstad het tyd van
                 hulle besige skedules geneem om herstelwerk en opknappings by
                 die nabygeleë SOS kinderhuis te doen om die geboue ŉ bietjie
                 beter te maak vir almal wat by die kinderhuis woon. Hierdie is ŉ
                 voorbeeld van …

                 A     korporatiewe maatskaplike belegging.
                 B     universele toegang.
                 C     verantwoordelike toerisme.
                 D     Regverdige Handel Toerisme.

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                        TOERISME                      (EC/SEPTEMBER 2020)

       1.1.16   Word as Suid-Afrika se top Afrika landreismarkte beskou:

                A     Nigerië en Angola
                B     Mauritius en Swaziland
                C     Zimbabwe en Lesotho
                D     Botswana en Kenia

       1.1.17   ŉ Reisiger wat ŉ tweede vlug op pad na sy/haar finale bestemming
                moet kry, word as … beskou terwyl hy/sy by die lughawe wag.

                A     in besit van ŉ visum
                B     gedeporteer
                C     in transito
                D     ŉ toeroperateur

       1.1.18   Die prosedure wat gevolg word met die versameling van die 1%
                toerismeheffing:

                A     Hotelle en motorverhuringsmaatskappye betaal ŉ 1%
                      toerismeheffing direk aan die TBRSA oor.
                B     Die TBRSA dra die 1% toerismeheffing wat versamel is oor
                      aan TOMSA.
                C     TOMSA versamel die 1% toerismeheffing wat deur hotelle en
                      motorverhuringsmaatskappye betaal is.
                D     SAToerisme (SATourism) ontvang die 1% toerismeheffing
                      wat versamel is van TOMSA.

       1.1.19   Narkotiese middels, vir persoonlike gebruik, word deur SARS as
                … beskou.

                A     verbode goedere
                B     onwettige goedere
                C     deel van die reistoelae
                D     beperkte goedere

       1.1.20   Konstruksie, veral die ontwerp van die dak, maak hierdie
                argitektoniese meesterstuk ŉ welkome besienswaardigheid vir
                besoekers:

                A     Alcázar van Segovia
                B     Sydney Operahuis
                C     Buckinghampaleis
                D     Die Algarve                                          (20 x 1)   (20)

Kopiereg voorgehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     TOERISME                                                  7

 1.2   Kies die naam van ŉ wêreldikoon vanuit die gegewe lys wat die beste by die
       ligging op die wêreldkaart pas. Skryf slegs die naam van die wêreldikoon
       langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       Sphinx; Drywende markte; Berg Fuji; Groot Muur van Sjina; Berg Everest;
       Berlynse Muur; Toringbrug (Tower Bridge); Taj Mahal; Rooi Plein,

                                                                                (5 x 1)     (5)

 1.3   Kies die korrekte woord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
       korrekte woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK.

       1.3.1    ŉ Reisiger wat Sentraal-Afrika besoek kan teen (geelkoors/cholera)
                ingeënt word om besmetting te voorkom.

       1.3.2    Internasionale reisigers behoort (hulle paspoorte in hulle inboek-
                bagasie te hou sodat dit veilig sal wees/afskrifte van hulle paspoorte
                in hulle inboek-bagasie te sit).

       1.3.3    ŉ Toerisme bestemming wat omgewingsbewuste toeriste wil lok
                behoort op (www.info.gov.za/www.greenglobe.com) te bemark.

       1.3.4    Argitekte wat ŉ omgewingsvriendelike hotel ontwerp behoort (groot
                vensters in die vertrekke in te sluit/lugversorging in die vertrekke in
                te sluit).

       1.3.5    Die twee duurste items met die opstel van ŉ toerbegroting is (verblyf
                en maaltye/vervoer en verblyf).
                                                                              (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorgehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.4   Kies ŉ woord/term uit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in
       KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
       (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.4.6 H.

                            KOLOM A                                KOLOM B
       1.4.1   ŉ Transaksie wat oor ŉ gerekenariseerde A         Indaba
               netwerk plaasvind, of tussen rekeninge by
               dieselfde bank of na verskillende rekeninge
               by verskillende finansiële instellings

       1.4.2   ŉ Bemarkingsveldtog om Suid-Afrika en die B       EFO
               Suider-Afrikastreek aan die wêreld bekend
               te stel

       1.4.3   Die wêreld se grootste elektroniese C             ‘Travel Wallet’
               betalingsboodskapstelsel wat deur banke
               gebruik word om betalingsinstruksies met
               mekaar te kommunikeer

       1.4.4   ŉ Tjek wat jy van ŉ bank kan koop om D            Getawayskou
               iemand te betaal wat nie bereid is om ŉ
               persoonlike tjek te aanvaar nie

       1.4.5   Die voorste verbruiker-, reis-, buitelewe- en E   ITB
               avontuurskou in Suid-Afrika

                                                            F    SWIFT

                                                            G Bankwissel
                                                                             (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   TOERISME                                                 9

 1.5    Koppel die internet-verwante reistoepassing in die beelde hieronder
        uitgebeeld met die gegewe funksies. Skryf slegs die vraagnommers
        (1.5.1–1.5.5) en die korrekte antwoord, byvoorbeeld 1.5.6 F.

        A                                      D

        B                                      E

        C

        1.5.1 Gee aanwysings en inligting oor padwerke, interessante plekke en
              rusplekke op die gekose roete.

        1.5.2 Gee die nuutste inligting oor vlugte, hul status en inboektye.

        1.5.3 ŉ Slimfoon-toepassing wat die nuutste inligting oor wêreldwye siektes
              aan die gebruiker gee.

        1.5.4 Bied ŉ virtuele toer van die bestemming aan.

        1.5.5 Bied reisigers die geleentheid om resensies oor hotelle, restaurante
              en bestemmings te kry.
                                                                            (5 x 1)       (5)

                                                           TOTAAL AFDELING A:             40

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING B:         KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                     VALUTAVERHANDELING

 VRAAG 2

 2.1    Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting oor die
        Rugbywêreldbeker 2019 in Japan en beantwoord die daaropvolgende
        vrae.

Kopiereg voorgehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   TOERISME                                         11

        Verenigde Koninkryk              Japan                Nieu-Seeland

        Engeland rugbyspan reisplan         Nieu-Seeland rugbyspan reisplan
        Vertrek: Heathrow Internasionale    Vertrek: Auckland Internasionale
        Lughawe (International Airport),    Lughawe (International Airport), Nieu-
        Engeland                            Seeland
        Aankoms: Narita Internasionale      Aankoms: Narita Internasionale
        Lughawe (International Airport),    Lughawe (International Airport),
        Japan                               Japan
        Vertrektyd: 13:50                   Vertrektyd: ?
        Aankomstyd: ?                       Aankomstyd: 16:50
        Vertrekdatum: 8 September 2019      Aankomsdatum: 9 September 2019
        Vlugtyd: 11h40m                     Vlugtyd: 11ure

                       Suid-Afrika Rugbywêreldbeker-kampioene 2019!

Kopiereg voorgehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                      TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2020)

       2.1.1    In Suid-Afrika het baie rugbyliefhebbers die Rugbywêreldbeker-
                finaal op 2 November in Yokohama, Japan gekyk. Die begintyd van
                hierdie wedstryd was 18:00 (Japan plaaslike tyd).

                Bereken hoe laat rugbyliefhebbers in Suid-Afrika hul televisiestelle
                moes aanskakel om die rugbywedstryd te kyk.

                Toon ALLE berekeninge.                                                     (3)

       2.1.2    Bereken die aankomstyd en datum van die Engeland rugbyspan op
                Narita Internasionale Lughawe (International Airport) in Tokio,
                Japan.

                Onthou dat Engeland nie Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug
                op die reisplan beoefen het nie.

                Toon ALLE berekeninge.                                                     (6)

       2.1.3    Bereken die vertrektyd en datum van die Nieu-Seeland rugbyspan
                van Auckland Internasionale Lughawe (International Airport), Nieu-
                Seeland.

                Onthou dat Nieu-Seeland Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug
                op die reisplan beoefen het.

                Toon ALLE berekeninge.                                                     (6)

       2.1.4    Oorweeg die gegewe reisverwante inligting met die beantwoording
                van die volgende vrae.

                (a)    Identifiseer EEN reisverwante toestand waaraan die Engeland
                       rugbyspan en hulle bestuurslede moontlik met hulle aankoms
                       in Japan kan ly.                                                    (1)

                (b)    Gee EEN oorsaak van die reisverwante toestand in
                       VRAAG 2.1.4 (a) geïdentifiseer.                                     (2)

                (c)    Stel EEN voorkomende maatreël voor wat die bestuurslede
                       van die Engeland rugbyspan kon neem om die effek van die
                       reisverwante toestand in VRAAG 2.1.4 (a) geïdentifiseer te
                       beperk.                                                             (2)

       2.1.5    Identifiseer EEN dokument wat die Suid-Afrikaanse rugbyspan moes
                toon met hulle aansoek vir ŉ visum om Japan binne te gaan.                 (2)

       2.1.6    In ŉ kort paragraaf, verduidelik aan reisigers wat Suid-Afrika
                binnekom wat hulle by doeanebeheer kan verwag.                 (3 x 2)     (6)

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    TOERISME                                              13

 2.2    Gebruik die inligting en beelde om die volgende vrae te beantwoord.

        Die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika (TGRSA) het onlangs ŉ
        vennootskap met Waze, die grootste gemeenskapsgebaseerde vervoer-
        en navigasietoepassing, (toep (app) wat ontwikkel is om reisigers te help
        om hul rigting te vind) gesluit, om aanwysings vir reisigers na alle toerisme
        gegradeerde ondernemings te gee.

        Stel jou voor jy bestuur deur verkeer op pad na ŉ bestemming terwyl jy na
        die beste roete soek. Waze laat ondernemings, of dit ŉ hotel, bed & ontbyt
        of konferensiebestemming is, op die gebruiker se kaart op hulle selfoon of
        tablet verskyn om hulle in die regte rigting te stuur. ‘Deur van Waze gebruik
        te maak spaar reisigers tyd op die pad, geld op brandstof en uitlating van
        gas in die omgewing.’

        Deur gebruik te maak van nuwe tegnologie soos Waze, is ŉ wonderlike
        geleentheid om TGRSA se benadering oor die gebruik van moderne
        tegnologie uit te lig en hoe dit ondernemings kan help om herken te word
        op ŉ toestel in die palm van die persoon se hand.

                                                             [Bron: www.southafrica.net]

        2.2.1    Gee EEN vereiste vir ŉ reisiger wat die Waze-toepassing wil
                 gebruik.                                                                   (2)

        2.2.2    Lei EEN voordeel vir die TGRSA af wanneer reisigers die Waze-
                 toepassing gebruik.                                                        (2)

        2.2.3    Stel EEN manier voor hoe die Waze-toepassing reisigers met
                 toerbeplanning kan help.                                                   (2)
                                                                                           [34]

Kopiereg voorgehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3

 Gebruik die inligting oor buitelandse valuta om die vrae te beantwoord.

                            A                  B                      C

                          GBP                EUR                    VSD
           BVK            18,78              15,99                  14,22
           BAK            18,07              15,41                  13,89

 3.1    Mnr. Dlamini, ŉ besigheidsman van King William’s Town, Oos-Kaap gaan
        op ŉ besigheidsreis na Parys, Frankryk. Hy het R22 500,00 om voor sy
        vertrek te wissel.

        Bereken hoeveel buitelandse valuta hy sal ontvang.

        LET WEL:      Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                      Toon ALLE stappe van jou berekening.                                (3)

 3.2    Mnr. en Mev. Felix van Port Elizabeth, Oos-Kaap gaan hulle kinders in
        New York, Verenigde State van Amerika besoek. Hulle wil R37 800,00
        wissel voordat hulle Suid-Afrika verlaat.

        Bereken hoeveel buitelandse valuta hulle sal ontvang.

        LET WEL:      Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                      Toon ALLE stappe van jou berekening.                                (3)

 3.3    Thando en Johnathan van Oos-Londen, Oos-Kaap is vriende wat op ŉ
        toer na die Verenigde Koninkryk was. Met hulle terugkeer het hulle £17
        om vir Suid-Afrikaanse rand te wissel.

        Bereken hoeveel rand hulle sal ontvang.

        LET WEL:      Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                      Toon ALLE stappe van jou berekening.                                (3)

Kopiereg voorgehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    TOERISME                                          15

 3.4    Bestudeer die beeld en beantwoord die vrae.

                              RAND SE WAARDE NEEM AF

        3.4.1     Gee die betekenis van die afkorting, ‘BBP’.                         (1)

        3.4.2     Verduidelik die verhouding, soos deur die legkaartstukke
                  uitgebeeld, tussen die BBP van Suid-Afrika en die Suid-
                  Afrikaanse ekonomie.                                                (2)

        3.4.3     Bespreek die effek van die vermindering van die waarde van die
                  rand op internasionale inkomende toerisme, soos hierbo
                  uitgebeeld.                                             (2 x 2)     (4)
                                                                                     [16]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           50

Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                       TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING C:          TOERISME ATTRAKSIES; KULTUUR- EN
                      ERFENISTOERISME; BEMARKING

 VRAAG 4

 4.1    Bestudeer die beelde          van    wêreldikone    en   beantwoord      die
        daaropvolgende vrae.

                                      WÊRELDIKONE

        4.1.1 Gee die name van die ikone genommer C, D en E.                (3 x 1)        (3)

        4.1.2 Noem die stad waar die ikoon genommer F geleë is.                            (1)

        4.1.3
                                 Mnr. Kammies van Kaapstad
                                 wil ŉ Islamitiese godsdienstige
                                 pelgrimstog onderneem.

                (a)    Gee die naam van die ikoon wat die beste by sy profiel pas.         (2)

                (b)    Noem die land waarna hy sal moet reis ten einde sy
                       pelgrimstog uit te voer.                                            (1)

                (c)    Noem die Islamitiese godsdienstige pelgrimstog wat hy sal
                       uitvoer met sy besoek aan die ikoon.                                (2)

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   TOERISME                                           17

 4.2    Bestudeer die inligting     oor   Machu    Picchu   en   beantwoord    die
        daaropvolgende vrae.

                                                    AANTAL BESOEKERS

          MACHU
          PICCHU

           NUWE
         REЁLS VIR
        BESOEKERS
            2020

        4.2.1 Noem die land waar Machu Picchu geleë is.                                 (1)

        4.2.2 Verduidelik EEN rede vir die bekendstelling van nuwe reëls vir 2020
              deur na die ikoon se besoekersgetalle te verwys.                          (2)

        4.2.3 Identifiseer TWEE items wat verbied is ten einde die vloei van
              besoekers op die terrein te verbeter.                        (2 x 2)      (4)

        4.2.4 Machu Picchu is een van die wêreld se mees ikoniese argeologiese
              terreine. Daar is egter groot kommer oor die impak van toerisme op
              die bewaring van Machu Picchu.

                Skryf ŉ paragraaf waarin jy VIER maniere bespreek hoe die nuwe
                reëls die impak van besoekers op die terrein sal beperk
                (verminder).                                              (4 x 2)      (8)
                                                                                      [24]

Kopiereg voorgehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     TOERISME                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 5

 Bestudeer die inligting oor Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika en beantwoord die
 daaropvolgende vrae.

          WÊRELDERFENISTERREIN A                WÊRELDERFENISTERREIN B

 5.1   Identifiseer die Wêrelderfenisterreine, opgeskryf as kulturele landskappe
       op die UNESCO Wêrelderfenislys, genommer A en B.                      (2 x 2)      (4)

 5.2   Die Wêrelderfenisterreine genommer A en B het beide die vereistes van
       UNESCO se kriteria (v) nagekom.

       UNESCO KRITERIA (v):
       “Om ŉ uitstekende voorbeeld te wees van ŉ tradisionele menslike
       nedersetting, landgebruik of seegebruik wat verteenwoordigend is van ŉ
       kultuur (of kulture), of menslike interaksie met die omgewing, veral wanneer
       dit kwesbaar geword het onder die impak van onomkeerbare verandering.”

       5.2.1    Identifiseer die natuurlike verskynsel wat tot die verval van die
                kulturele vestiging in die Wêrelderfenisterrein genommer A gelei
                het.                                                                      (2)

       5.2.2    Verwys na die Wêrelderfenisterrein genommer B:

                Verduidelik TWEE metodes wat die San-mense gebruik om skaars
                hulpbronne in ŉ uiters vyandige omgewing te ontgin soos deur hulle
                voorvaders oor ŉ tydperk van duisende jare beoefen.
                                                                           (2 x 2)        (4)

 5.3   UNESCO beskou die toekenning van ŉ lisensie vir mynbou 5 km van die
       grens van die Wêrelderfenisterrein genommer A as ŉ bedreiging. Planne
       om die myn van steenkool te hervat is opgeskort en dit is onseker wanneer
       mynbou weer ŉ aanvang sal neem.

       Stel EEN negatiewe impak van mynbou op die toekoms van die terrein
       voor.                                                                              (2)
                                                                                         [12]

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                          TOERISME                                                  19

 VRAAG 6

 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die daaropvolgende vrae.

 *Famil: ŉ Gratis of laekoste reis aangebied vir reisagente of konsultante deur ŉ groothandelaar of
 lugdiens as ŉ manier om aan hulle moontlike dienste bekend te stel.

 Aandag alle Australiaanse en Nieu-Seeland reiskonsultante …
 Dit is nuut, dit is pret en jy kan 1 van 6 plekke op ŉ famil na Suid-Afrika in 2020
 wen.

 Laai Suid-Afrikaanse Toerisme se opleidingstoepassing nou af:

 Hoe meer jy die speletjie speel en suksesvol elke opleidingsvlak voltooi, hoe meer
 sterre sal jy verdien. Elke ster verdien gee jou een toegangskaartjie vir ons
 kompetisie. Hoe meer sterre jy verdien, hoe groter die kans dat jy na Suid-Afrika
 kan vlieg.

 Wenners sal ŉ 7-nag famil na Suid-Afrika geniet, insluitend retoer ekonomieseklas
 vlugte van South African Airways en 4 tot 5 ster verblyf ingesluit ŉ luukse
 wildreservaat-ervaring, die meeste maaltye en aktiwiteite geborg deur Australië se
 opkomende Afrika-groothandelaar, MW Tours.

 Kompetisie sluit 10 Januarie 2020. Beste wense!

                                                                  [Verwerk uit www.southafrica.net]

 6.1 Identifiseer die bemarkingsplatform deur SAToerisme gekies om
     Australiaanse en Nieu-Seeland reisagente in hul opleidingspeletjie-
     kompetisie in te sluit.                                                                           (2)

 6.2 Verduidelik hoe die SAToerisme bemarkingsveldtog tot ŉ toename in
     Australiaanse en Nieu-Seeland besoekers na Suid-Afrika kan lei.   (3 x 2)                         (6)

 6.3 Bepaal die TWEE kernfunksies van SAToerisme wat deur hierdie
     bemarkingsveldtog bereik is.                                                           (2 x 2)    (4)

 6.4 Bespreek hoe SAToerisme hul handelsmerk geïnkorporeer het om die
     bemarkingsveldtog te versterk.                                                                    (2)
                                                                                                      [14]

                                                                      TOTAAL AFDELING C:               50

Kopiereg voorgehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                     TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING D: VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME

 VRAAG 7

 7.1 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die daaropvolgende
     vrae.

      Tourvest is Suider-Afrika se voorste geïntegreerde (verenigde)
      toerismegroep wat verskeie besighede bedryf van reisbestuur-
      maatskappye, hotelle, herberge en restaurante tot handewerk-,
      aandenking- en juwelierswarewinkels en buitelandse valuta handelaars.
      Tourvest se maatskaplike verantwoordelikheidsprogramme ondersteun
      volhoubare maatskaplike ontwikkeling deur gemeenskapsontwikkelings-
      programme.
      Die onderstaande is begunstigdes van Tourvest en hul onderskeie
      afdelings se KMB-beleid:

      7.1.1    Identifiseer die begunstigde deur die bypassende letter, genommer
               A, B, C of D, te gee wat bewys dat Tourvest die onderstaande
               pilare van volhoubare toerisme ondersteun:

               (a)    Omgewing                                                         (2)

               (b)    Sosiaal                                                          (2)

               (c)    Ekonomies                                                        (2)

      7.1.2    Stel EEN manier voor hoe Afrika Tikkun se Beroepsgereedheids-
               program aan leerders ŉ blinker toekoms kan bied.                        (2)

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      TOERISME                                            21

 7.2 Bestudeer die brosjure en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                                        !Khwa ttu: As ŉ unieke reisbestemming
                                        en opleidingsentrum, by !Khwa ttu
                                        kombineer ons kultuur en erfenis,
                                        avontuur    en   ontspanning,      asook
                                        opvoeding en daardeur gee ons ŉ nuwe
                                        verstandhouding aan die frase, ‘San Gees
                                        Gedeel’.
       *SAN GEES GEDEEL

                       By ||Kabbo Akademie, by !Khwa ttu gebaseer, ontwikkel ons
                       vaardighede om die plaaslike San voor te berei vir
                       indiensneming, om hulle die vermoë te gee om hul gesinne te
                       onderhou. Deur ons Toerisme Opleidingsprogram word
                       werklose jong San geleer hoe om natuur- en kultuurgidse te
                       wees en vaardighede te ontwikkel met die doel om in diens
                       geneem te word in die gasvryheidsbedryf. Hierdie program
                       ontwikkel vaardighede wat die San help om die werkplek te
                       betree.

                       By !Khwa ttu is ons verbind tot die bewaring van biodiversiteit
                       en die aanmoediging van ŉ volhoubare omgewing. Deur ons
                       natuurprojek laat !Khwa ttu die grond toe om van boerdery te
                       herstel en verwyder indringerplante. Inheemse wild word weer
                       ingebring. Water- en energiebesparingsmaatreëls is ingestel.

                       Op 24 September 2018 het ons ons wêreldklas !Khwa ttu San
                       Erfenissentrum geloods. Die sentrum is toegewy aan die
                       geskiedenis, lewens, uitdagings en suksesse van alle San
                       groepe in Suider-Afrika. Hierdie is die enigste Erfenissentrum
                       in die wêreld wat aan die San toegewy is en die San kultuur en
                       gelowe demonstreer. San kunstenaars en vakmanne maak en
                       verkoop hulle produkte by die sentrum. Ons neem regverdige
                       handelsbeginsels in ag in ons onderhandelinge met hierdie
                       kunstenaars en vakmanne in ag.

                       Ons unieke, San-Begeleide eBike toer na ŉ San kulturele dorp
                       word deur mense van die plaaslike gemeenskap gelei en gee
                       ŉ begrip van die tradisionele leefstyl van die San, hul kultuur,
                       erfenis en antieke oorlewingsvaardighede.

       7.2.1    Identifiseer TWEE aktiwiteite wat besoekers aan !Khwa ttu tydens
                hulle besoek kan geniet.                                  (2 x 2)           (4)

       7.2.2    Lys TWEE Regverdige Handelsbeginsels wat die bestuur van
                !Khwa ttu kan volg in hulle onderhandelinge met San-kunstenaars
                en vakmanne.                                              (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorgehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                      TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2020)

      7.2.3    Bespreek DRIE maniere waarby die San mense by !Khwa ttu
               betrokke ŉ inkomste kan verdien om hul lewenskwaliteit te
               verbeter.                                                 (3 x 2)       (6)

      7.2.4    Stel TWEE strategieë (planne) voor wat die bestuur van !Khwa ttu
               kan implementeer om:

               (a)    Water en energie te bespaar                         (2 x 2)      (4)

               (b)    Omgewingsbewuste toeriste na die bestemming te lok (2 x 2)      (4)
                                                                                     [30]

                                                         TOTAAL AFDELING D:            30

Kopiereg voorgehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    TOERISME                                               23

 AFDELING E:          PLAASLIKE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
                      KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

 VRAAG 8

 8.1   Bestudeer die uittreksel      en   beelde   hieronder   en   beantwoord        die
       daaropvolgende vrae.

       Hong Kong is bekend as ŉ inkopie-paradys. Daar is egter so veel meer aan
       Hong Kong as inkopies doen. Besoekers kan uitsigte van die stad vanuit die
       hoogtes geniet, plaaslike kossoorte proe, fees vier en sportkompetisies kyk.
       Hong Kong is ook ŉ middelpunt van handeldryf, lugreis, finansies,
       konferensies, uitstallings en handelskoue.

       Sedert Junie 2019 het anti-regering protesaksie Hong Kong vir maande
       geteister en die situasie blyk nie vinnig op te klaar nie.

                                                                 [Verwerk uit twitter.com]

       8.1.1    Klassifiseer die voorbeeld van ŉ politieke situasie in die uittreksel
                hierbo.                                                                      (2)

       8.1.2    Bespreek VIER nagevolge van die politieke situasie wat tot die
                koerantopskrif: ‘Hotelle in Hong Kong ervaar kansellasies en ŉ
                afname in besprekings’, gelei het.                            (4 x 2)        (8)

       8.1.3    Stel EEN ander maatreël voor, behalwe vir vermindering in
                hotelkamer-tariewe, wat die Hong Kong hotelbedryf kan instel om die
                negatiewe impak van die politieke situasie te oorkom.                        (2)

Kopiereg voorgehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                       TOERISME                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 8.2    Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                      [Bron: SA Tourism Performance Report: January–December 2018, 2019]

        8.2.1   Identifiseer die streke wat getoon het dat meer as die helfte van
                die toeriste se hoofrede vir hul besoek aan Suid-Afrika vakansie
                was.                                                         (4 x 1)         (4)

        8.2.2   Bespreek EEN faktor (rede) wat bygedra het tot die Asië-streek,
                veral Sjina, se verbeterde prestasie in terme van besigheidsreise
                na Suid-Afrika in 2018.                                                      (2)

        8.2.3   Verduidelik die waarde van statistiek vir die toerismebedryf.               (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorgehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    TOERISME                                           25

 VRAAG 9

 Bestudeer die vloeidiagram oor kliënteterugvoer en beantwoord die vrae.

 9.1     Identifiseer die metode deur ABC-hotel gebruik om terugvoer van hul
         gaste te kry.                                                                   (2)

 9.2     Beskryf die hoof kliënteklagte oor swak dienslewering, deur die bestuur van
         ABC-hotel geïdentifiseer, na afloop van ŉ analise van die terugvoerdata.        (2)

 9.3     Stel DRIE strategieë voor wat die bestuur van ABC-hotel kan inbring om
         die terugvoer van hul gaste aan te spreek.                        (3 x 2)      (6)
                                                                                       [10]

                                                           TOTAAL AFDELING E:            30
                                                               GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorgehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept2020-afrikaans/76d3231a-0c07-40c1-bf55-fa8795788345) — Tourism · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6) — Tourism · QP · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/f249e9aa-40c4-42eb-8edf-042414fa3a25) — Tourism · Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Tourism · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
