# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/9b8c6138-9d1d-46f8-aec5-c0d06d84ebd2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/9b8c6138-9d1d-46f8-aec5-c0d06d84ebd2)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                 SENIORSERTIFIKAAT

                       GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2023

                      TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

2                                      TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.   ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

3.   Begin ELKE VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

4.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.   In VRAAG 3.1.1 en 3.1.2 rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.

6    Toon ALLE berekeninge waar nodig.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Die volgende tabel is ŉ gids om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
     toe te ken.

       AFDELING        VRAAG          ONDERWERP            PUNTE         TYD

            A              1      Kortvrae                 40 punte   20 minute

                                  Kaartwerk en
                           2
                                  Toerbeplanning
            B                                              50 punte   50 minute
                                  Buitelandse
                           3
                                  valutaverhandeling
                                  Toerisme
                           4      Besienswaardighede
            C                     Kultuur- en Erfenis      50 punte   50 minute
                           5
                                  Toerisme
                           6      Bemarking

                           7      Toerisme Sektore

            D                     Volhoubare en            30 punte   30 minute
                           8      verantwoordelike
                                  toerisme

                                  Plaaslike, streeks- en
                           9      internasionale
                                  toerisme
            E                                              30 punte   30 minute
                                  Kommunikasie en
                          10
                                  kliëntediens

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                     TOERISME                                             3

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.1.21 A.

       1.1.1    ŉ Toerismebestemming wat sporttoerusting vir ŉ skool in die plaaslike
                gemeenskap borg, is ŉ voorbeeld van:

                A     BAK
                B     KMB
                C     BVK
                D     FTT

       1.1.2    Die FIFA-Wêreldbeker word elke … deur ŉ verskillende land
                aangebied.

                A     jaar
                B     drie jaar
                C     vier jaar
                D     vyf jaar

       1.1.3    As die rand swak is in verhouding tot ander geldeenhede, sal die
                uitwerking op internasionale toerisme … wees.

                A     ŉ toename in binnelandse toerisme in Suid-Afrika
                B     ŉ aansienlike toename in die BBP van Suid-Afrika
                C     ŉ toename in internasionale reisigers na Suid-Afrika
                D     ŉ afname in internasionale reisigers na Suid-Afrika

       1.1.4    Tipes ondernemings wat finansieel by ŉ globale gebeurtenis sal baat:

                A     Slegs ondernemings wat gratis dienste aanbied.
                B     Verskaffers van dienste soos hotelle, restaurante,
                      aandenkingswinkels en toerbusse.
                C     Ondernemings buite die area waar die geleentheid gehou word.
                D     Slegs vervoerverskaffers.

       1.1.5    Plaaslike verkryging verwys na die ...

                A     aankoop van produkte van plaaslike verskaffers.
                B     uitkontraktering van werksgeleenthede na ander lande.
                C     aankoop van produkte van internasionale verskaffers.
                D     stel van standaarde vir omgewingsvriendelike geboue.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                      TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2023)

        1.1.6    Die gevolg daarvan om nie ŉ omgewingsimpakstudie (OIS) te doen
                 voordat ŉ globale gebeurtenis plaasvind nie:

                 A    Daar sal geen behoefte vir vullisdromme of vullis-
                      verwyderingstrategieë wees nie.
                 B    Die unieke besienswaardighede van ŉ gasheerbestemming
                      sal nie bevorder word nie.
                 C    Die omgewing kan negatief beïnvloed word as gevolg van
                      verhoogde besoedeling, skares en oorgebruik.
                 D    Daar sal geen negatiewe uitwerking op die omgewing wees
                      nie.

        1.1.7    Die volgorde van plekke om in ŉ lughawegebou aan te meld
                 wanneer ŉ reisiger met ŉ internasionale vlug in Suid-Afrika
                 aankom.

                 A    Bagasie-opeisarea, immigrasie, doeane
                 B    Bagasie-opeisarea, doeane, immigrasie
                 C    Doeane, immigrasie, bagasie-opeisarea
                 D    Immigrasie, bagasie-opeisarea, doeane

        1.1.8    ŉ Strategie wat bestuurders kan volg om die sukses van ŉ toeriste-
                 aantreklikheid te verseker:

                 A    Voortdurende herontdekking van die produk deur nuwe
                      dienste en diverse aktiwiteite aan te bied.
                 B    Bied voortdurend dieselfde dienste en aktiwiteite aan.
                 C    Stel strategieë van hoë pryse.
                 D    Om konserwatief in die bemarking van die produk te wees.

        1.1.9    Die tyd in New York, VSA is … Johannesburg, Suid-Afrika.

                 A    7 uur agter
                 B    7 uur voor
                 C    5 uur agter
                 D    5 uur voor

        1.1.10   Die belangrikheid van die Vredefortkoepel Wêrelderfenisgebied:

                 A    Dit het van die mooiste natuurtonele in Suid-Afrika.
                 B    Dit is die enigste plek waar die Nama woon en hul tradisionele
                      nomadiese leefstyl beoefen.
                 C    20% van Afrika se plante word daar aangetref.
                 D    Dit verskaf belangrike inligting oor die aarde se geologiese
                      geskiedenis.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                         TOERISME                                            5

        1.1.11        Wanneer daar vir ŉ visum om Suid-Afrika te besoek aansoek
                      gedoen word, moet ŉ aansoeker die volgende indien:

                      A    Inligting oor die aansoeker se finansiële status, datum van
                           laaste besoek aan Suid-Afrika, vingerafdrukke en biometrie.
                      B    Nasionaliteit, aantal lande wat in Afrika besoek is voor die
                           besoek waarvoor aansoek gedoen word, een maand se
                           bankstate.
                      C    Een maand se bankstate, bewys van woonadres,
                           vingerafdrukke en gesondheidsertifikaat.
                      D    Nasionaliteit, paspoortnommer, besonderhede van die
                           besoek aan Suid-Afrika en inligting oor die aansoeker se
                           finansiële status.

        1.1.12        Diereregte-aktiviste protesteer dikwels teen die omstrede tradisie
                      van stiergevegte in ...

                      A    Spanje.
                      B    Serbië.
                      C    Seychelle.
                      D    Saoedi-Arabië.

        1.1.13        ’n Reisiger van die Verenigde Koninkryk wat beplan om Suid-
                      Afrika vir die Desembervakansie te besoek, moet onthou om die
                      volgende in te pak, …

                      A    ŉ kamera en selfoon.
                      B    sonskerm en 'n hoed.
                      C    ŉ warm baadjie en serp vir die koue aande.
                      D    gebottelde water en versnaperinge vir die vlug.

        1.1.14        ŉ Maatreël wat die bestuur kan neem om misdaad by hul
                      bestemming te voorkom:

                      A    Vertoon duidelike kennisgewingborde om besoekers oor nat
                           vloere of ongelyke vloerareas te waarsku.
                      B    Vertoon duidelike kennisgewingborde om besoekers oor die
                           gebruik van kringtelevisiekamerastelsels te waarsku.
                      C    Vertoon veiligheidsreëls prominent.
                      D    Vertoon duidelike kennisgewings om brandblussers en
                           branduitgange aan te dui.

        1.1.15        Reisversekering moet …

                      A    vir hospitalisasie en verwante mediese koste in die land wat
                           besoek gaan word, betaal.
                      B    die koste van ŉ visumaansoek betaal.
                      C    die koste van vliegkaartjies betaal.
                      D    vir een maand voor die reisiger se vertrek uit sy/haar land van
                           verblyf geldig wees.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                                         TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2023)

      1.1.16    Die verskil tussen ŉ toeriste-aantreklikheid en ŉ ikoon:

                A      ŉ Toeriste-aantreklikheid is in ŉ spesifieke area en ŉ ikoon
                       kan enige plek geleë wees.
                B      ŉ Toeriste-aantreklikheid het nie soveel simboliese
                       betekenis soos ŉ ikoon nie.
                C      ŉ Toeriste-aantreklikheid is meer bekend as ŉ ikoon.
                D      ŉ Toeriste-aantreklikheid is natuurlik en ŉ ikoon is
                       mensgemaak.

      1.1.17    ŉ Toeristeprofiel moet inligting oor ... insluit.

                A      die reisiger se stokperdjies en datums van beplande besoek
                B      die reisiger se begroting en stokperdjies
                C      die reisiger se behoeftes, voorkeure en begroting
                D      bestemmings wat reeds regoor die wêreld besoek is en
                       datums van beplande besoek

      1.1.18    Die WTM word in … gehou.

                A      Sydney, Australië
                B      Londen, Verenigde Koninkryk
                C      Tokio, Japan
                D      Berlyn, Duitsland

      1.1.19    Die vermenigvuldigereffek …

                A      gebeur wanneer ŉ toerisme-onderneming volhoubare
                       toerisme beoefen.
                B      veroorsaak dat die waarde van die rand fluktueer.
                C      het ŉ negatiewe impak op die BBP van ŉ land.
                D      vind plaas wanneer geld deur die ekonomie syfer en ander
                       organisasies binne die streek/land bevoordeel.

      1.1.20    ŉ Voortgesette klagte of probleem in die kliënteterugvoer-ontleding
                van ŉ toerisme-onderneming, dui op (ŉ) ...

                A      suksesvolle kliëntedienslewering.
                B      behoefte aan ŉ plan van aksie om die situasie te verbeter.
                C      behoefte aan meer produkte en dienste.
                D      behoefte aan meer advertensies.                    (20 x 1)      (20)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                    TOERISME                                             7

1.2    Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur ŉ
       woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
       vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag
       elkeen van die gegewe woorde/terme slegs EEN keer gebruik.

             Handelsmerk; Kontaklose betalings; Statistiek; SWIFT; Eko-reis;
          Buitelandse markaandeel; Spesiale aanbiedinge; Visa; Discovery; KMA
                             (COD); Bitcoin; Segmentering

       1.2.1    ŉ Betaalkaart wat wêreldwyd deur diensverskaffers en outomatiese
                tellermasjiene (OTM'e) aanvaar word.

       1.2.2    Die proporsie van ŉ internasionale mark wat ŉ bestemming het in
                verhouding tot sy vernaamste mededingers.

       1.2.3    ŉ Langtermynstrategie wat deur Suid-Afrikaanse Toerisme gebruik
                word om identiteit en voorkeur vir Suid-Afrika as ŉ
                voorkeurbestemming te verkry.

       1.2.4    ŉ Wêreldwye betaalstelsel wat jou toelaat om geld veilig en vinnig na
                internasionale bankrekeninge oor te dra deur kodes te gebruik.

       1.2.5    ŉ Huidige toerismeneiging wat met tegnologie verband hou      (5 x 1)      (5)

1.3    Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
       die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    ŉ Reisverwante dokument wat die draer toelaat om ŉ voertuig in ŉ
                ander land as sy/haar woonplek te bestuur, word ŉ (IBP/IDL) genoem.

       1.3.2    50 mℓ parfuum en 1 x 750 mℓ bottel wyn word deur Suid-Afrikaanse
                doeane as (beperkte/belastingvrye) goedere geklassifiseer.

       1.3.3    ŉ Belastingvrye inkopiesone by ŉ internasionale lughawe laat
                reisigers toe om goedere te koop (met/sonder) betaling van BTW op
                voorwaarde dat die goedere uit die land geneem word.

       1.3.4    ŉ Dienskontrak stipuleer (werksure en vergoeding/
                kliëntediensbeleide en kleredragreëls) in die werksplek.

       1.3.5    Wanneer tydsones bereken word; as die reisrigting vanaf die bekende
                tyd na die onbekende tyd wes is, moet ŉ mens die aantal ure se
                tydverskil na/van die bekende tyd (optel/aftrek).             (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                                    TOERISME                       (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4   Kies ŉ woord(e) uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H.

                        KOLOM A                           KOLOM B
      1.4.1    ŉ    Reisverwante     siekte   wat A   Malaria
               veroorsaak word wanneer ŉ sekere
               soort waterslak die vel van ŉ mens
               wat in besmette water swem of loop
               binnedring en eiers in die persoon
               se blaas of ingewande lê

      1.4.2    ŉ Dodelike virus wat deur kontak B     Covid-19
               met die liggaamsvloeistowwe van ŉ
               besmette persoon oorgedra word

      1.4.3    ŉ Reisverwante siekte wat voorkom C    Bilharzia
               kan word deur deure en vensters
               snags toe te hou in gebiede waar
               die siekte voorkom

      1.4.4    ŉ Reisverwante siekte wat vereis D     Cholera
               dat ŉ reisiger ingeënt word voordat
               hy/sy ŉ land binnegaan. Hierdie
               siekte kan slegs een keer
               opgedoen word

      1.4.5    ŉ   Reisverwante   siekte    wat E     Tuberkulose
               veroorsaak word deur die inneem
               van besmette kos of water
               Simptome is diarree en erge
               naarheid/braking

                                                 F    MIV

                                                 G    Geelkoors
                                                                        (5 x 1)   (5)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                       TOERISME                                               9

1.5      Bestudeer die beelde van wêreldikone en beantwoord die vrae wat volg.

         Identifiseer die wêreldikone wat by die beskrywings in VRAE 1.5.1 tot 1.5.5
         pas. Skryf slegs die naam van die wêreldikoon langs die vraagnommer
         (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 Blou Moskee.

         1.5.1        ŉ Simbool van volksmoord in die wêreld.

         1.5.2        ŉ Baie gewilde plek vir toeriste om die tradisionele manier van
                      verkoop en koop van goedere te sien.

         1.5.3        Die gebied is as een van Portugal se belangrikste toeriste-
                      ‘hotspots’ bekend.

         1.5.4        Een van die bekendste paleis-kastele in Spanje.

         1.5.5        Duisende jare se geologiese geskiedenis kan in die kleurlae van
                      tekstuurgesteentes by die terrein gesien word.             (5 x 1)    (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:          40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                                  TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                     VALUTA

VRAAG 2

2.1   Gebruik die wêreldtydsonekaart en die scenario om die vrae wat volg te
      beantwoord.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                    TOERISME                                          11

         Kaapstad bied
         Netbalwêreldbeker 2023
         aan!
         Die Vitality Netbalwêreldbeker 2023 vind plaas in Kaapstad, Suid-Afrika,
         vanaf die 28ste Julie tot die 6de Augustus 2023. Kwalifiserende spanne
         van netbalspelende lande regoor die wêreld sal middel Julie na Kaapstad
         vir hul spanne se voorbereiding en deelname aan die geleentheid stroom.

         2.1.1    Lede van die Britse Netbalwêreldbeker-span sal vanaf Londen,
                  Engeland na Kaapstad, Suid-Afrika reis. Hul vlugbesonderhede
                  word hieronder gegee.

                  Londen, Engeland Vliegtyd      Kaapstad, Suid-
                          (0)                       Afrika (+2)
                       Heathrow                      Kaapstad
                    Internasionale     11h        Internasionale
                       Lughawe        40min          Lughawe
           Engeland het Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug beoefen.
         Vertrek       22:25                   Aankoms          ?
         Datum         14 Julie 2023           Datum            15 Julie 2023
         Vlugnommer    BA59                    Vlugnommer BA59

                  (a)   Noem TWEE voordele vir 'n land wat Dagligbesparingstyd
                        beoefen.                                         (2 x 2)       (4)

                  (b)   Die spanlede sal waarskynlik aan vluguitputting ly met hul
                        aankoms in Kaapstad.

                        Noem EEN oorsaak van hierdie reisverwante siekte.              (2)

                  (c)   Bereken die tyd van aankoms van die Britse Netbal-
                        wêreldbeker-span in Kaapstad, Suid-Afrika.

                        Toon ALLE berekeninge.                                         (6)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

12                                    TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2023)

      2.1.2    Lede van die Nieu-Seelandse Netbalwêreldbeker-span sal vanaf
               Auckland, Nieu-Seeland, vertrek op pad na Kaapstad, Suid-Afrika.
               Hul vlugbesonderhede word hieronder gegee.

                       Auckland,    Totale       Kaapstad,
                     Nieu-Seeland  vliegtyd      Suid-Afrika
                          (+12)   29h15min          (+2)
                        Auckland    Sluit 1       Kaapstad
                     Internasionale
                                 tussenstop    Internasionale
                        Lughawe        in         Lughawe
                                  Singapoer
                                      in.
          Nieu-Seeland het nie Dagligbesparingstyd ten tye van die vlug
                                  beoefen nie.
      Vertrek         ?                      Aankoms          09:25

      Datum                ?                     Datum           15 Julie 2023

      Vlugnommer           SQ286                 Vlugnommer      SQ286

               Bereken die tyd en datum van vertrek van die Nieu-Seelandse
               Netbalwêreldbeker-span vanaf Auckland, Nieu-Seeland.

               Toon ALLE berekeninge.                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                     TOERISME                                             13

        2.1.3     Die bestuur van Sri Lanka se Netbalwêreldbeker-span sal
                  verskillende vlugopsies oorweeg vir hul span om na Kaapstad,
                  Suid-Afrika te vlieg vir die Netbalwêreldbeker. TWEE opsies vir
                  vlugte vanaf Sri Lanka na Suid-Afrika op 14 Julie 2023 word
                  hieronder gegee.

                  Oorweeg die opsies wat gegee word en beantwoord die vrae wat
                  volg.

                      Opsie 1                         Opsie 2
          Lugdiens: Sri Lankan Airlines      Lugdiens: Qatar Airways
               Land van                        Land van
                 vertrek: Sri Lanka              vertrek: Sri Lanka
             Datum van                        Datum van
                 vertrek: 14 Julie 2023          vertrek: 14 Julie 2023
             Vertrektyd: 18:25               Vertrektyd: 04:55
               Land van                        Land van
              aankoms: Suid-Afrika             aankoms: Suid-Afrika
           Aankomstyd: 14:30+1             Aankomstyd: 17:15
         Totale vliegtyd: 23h35m         Totale vliegtyd: 15h50m
          Aantal stoppe: 2                Aantal stoppe: 1
                          (Doebai –                       (Doha – 1h05m)
                          6h45m; Addis
                          Abeba – 1h20m)
        Totale koste pp: ZAR 28 129,00   Totale koste pp: ZAR 49 009,00

                  (a)   Bepaal die aankomsdatum van Opsie 1 (Sri Lankan
                        Airlines) in Suid-Afrika.                                          (2)

                  (b)   Motiveer, deur EEN rede te gee, vir die spanbestuur se
                        besluit om Opsie 1 (Sri Lankan Airlines) vir hul vlug na Suid-
                        Afrika te kies.                                                    (2)

                  (c)   Motiveer, deur EEN rede te gee, vir die spanbestuur se
                        besluit om Opsie 2 (Qatar Airways) vir hul vlug na Suid-
                        Afrika te kies.                                                    (2)

 2.2    Netbal SA het jou gevra om te help met die opstel van ŉ brosjure met
        belangrike reisverwante inligting vir die netbalspelers wat na die
        Wêreldbekertoernooi gaan kom. Daar word van jou verwag om inligting oor
        die volgende te verskaf:

        2.2.1    Noem TWEE dokumente wat deur die besoekers met hul aankoms
                 by immigrasiebeheer getoon moet word.                                     (2)

        2.2.2    Gee EEN brokkie raad oor die veilige bewaring van reisdokumente
                 terwyl ŉ reisiger in Suid-Afrika is.                                      (2)

        2.2.3    Verduidelik die prosedure wat gevolg moet word wanneer ŉ kanaal
                 met aankoms by doeane gekies word.                       (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

14                                       TOERISME                                (EC/SEPTEMBER 2023)

2.3   Bestudeer die inligting op TripIt-reisbeplanner-toep (toepassing) en
      beantwoord die vrae wat volg.

      Is jy ŉ reisverslaafde?

      Hou jy van veelvoudige-bestemming reis?

      As jy ‘ja’ op hierdie vrae geantwoord het, soek niks
      verder as TripIt nie.

      Al wat jy moet doen is om jou reisbevestigingbesonderhede na
      plans@tripit.com te stuur, en die toep skep ŉ meesterdokument vir al jou
      reise sodat jy georganiseerd kan bly!

      Jy kan enige tyd toegang daartoe kry, Wi-Fi of geen Wi-Fi.

      Gradeer op na die betaalopsie om intydse vlugkennisgewings, ŉ
      wisselkoers-omskakelaar, kragprop-vereistes by jou bestemming, wenke
      oor betaling van fooitjies en alternatiewe roetes vir gekanselleerde vlugte te
      ontvang.
                          [Bron: https://www.goabroad.com/articles/best-travel-booking-apps]

      2.3.1    Noem EEN toestel waarop die TripIt-reisbeplanner-toep afgelaai kan
               word.                                                                            (2)

      2.3.2    Noem EEN voordeel vir ŉ reisiger wat intydse vlugkennisgewings
               kry.                                                                             (2)

      2.3.3    Lei EEN tipe toeris af wat van die TripIt-reisbeplanner-toep gebruik
               sal maak.                                                                        (2)

      2.3.4    Stel EEN manier voor waarop die TripIt-reisbeplanner-toep ŉ toeris
               kan help om geld te spaar.                                                       (2)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                    TOERISME                                           15

VRAAG 3

3.1    Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            Geldeenheid              Kode             Bank-           Bank-
                                                  verkoopkoers     aankoopkoers
       Britse pond                   GBP              22,29            21,59
       Australiese dollar            AUD              12,48            11,69

       3.1.1    ’n Lid van die Britse netbalspan ruil £125 met haar aankoms by
                Kaapstad Internasionale Lughawe. Bereken hoeveel sy in ZAR sal
                ontvang wanneer hierdie transaksie gedoen word.

                LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                             Toon ALLE stappe van jou berekening.                       (3)

       3.1.2    ’n Lid van die Australiese netbalspan ruil AUD 250 met haar
                aankoms by Kaapstad Internasionale Lughawe. Bereken hoeveel sy
                in ZAR sal ontvang wanneer hierdie transaksie gedoen word.

                LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                             Toon ALLE stappe van jou berekening.                       (3)

       3.1.3    Bepaal watter van die geldeenhede genoem in VRAAG 3.1.1 en
                VRAAG 3.1.2 die sterker geldeenheid is in vergelyking met die Suid-
                Afrikaanse Rand. Motiveer jou antwoord deur EEN rede te gee.
                                                                            (2 x 2)     (4)
                                                                                       [10]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                                   TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING C:          TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR EN ERFENIS
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1   Bestudeer die kaart en prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Penika Reisagentskap bied ŉ twee week lange toerpakket aan vir graad 12-
      leerders om bekende wêreldikone in twee lande te besoek.
                                   VLUGROETE

          BEKENDE IKONE WAT GEDURENDE DIE TOER BESOEK WORD
                    A                           B

                         C                                   D

                         E                                   F

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                    TOERISME                                            17

       4.1.1    Identifiseer die land wat besoek sal word wanneer die toergroep in
                die volgende stad is:

                (a)   Londen                                                             (1)

                (b)   Moskou                                                             (1)

       4.1.2    Pas die prente van ikone gemerk A tot F met die stede van Londen
                of Moskou.

                Teken die tabel hieronder oor in jou ANTWOORDEBOEK.

                Skryf die letters (A–F) en die name van die ikone wat in elk van die
                stede besoek sal word.

                            Londen                             Moskou

                                                                                        (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

18                                    TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2023)

4.2     Bestudeer die inligtingsbrosjure oor die Vryheidstandbeeld en beantwoord
        die vrae wat volg.
Statue City Cruises is die ENIGSTE handelaar wat gemagtig is om kaartjies en
vervoer na Liberty- en Ellis-eilande te verskaf. Besoekers en hul besittings is
onderhewig aan ŉ sekuriteitsondersoek voordat hulle op die veerboot klim.
Hoe om kaartjies te koop vir
die veerboot wat vanaf New
York vertrek
• Gaan na
   StatueCityCruises.com
                 OF
• Persoonlik by die Statue City
   Cruises-kaartjiehokkies in
   Castle Clinton in Battery Park
Wat is by jou algemene toegangskaartjie ingesluit
• Retoer veerboot-diens met stoppe by Liberty-eiland en Ellis-eiland.
• Toegang tot die Vryheidstandbeeld-museum (Statue of Liberty Museum) en die
    Ellis-eiland Nasionele Museum van Immigrasie (National Museum of
    Immigration).
• Oudiotoere, wat op elke eiland ontvang kan word. Inhoud is beskikbaar in 12
    tale.
• Natuurbewaarders (‘Park rangers’) bied Engelstalige begeleide toere reg deur
    die dag. Toere is gratis, en almal is welkom!
Hoe om jou voetstuk of kroontoegangskaartjies te bespreek (pedestal or
crown admission tickets)
Kaartjies na die Voetstuk-en-Kroon moet vooraf aanlyn by Statue City Cruises
bespreek word. Toegangskaartjies vir die Vryheidstandbeeld Kroon en Voetstuk
(Statue of Liberty Crown and Pedestal) is beperk en maande voor die tyd
uitverkoop.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                    TOERISME                                                19

        4.2.1    Noem die land waar die Vryheidstandbeeld geleë is.                            (2)

        4.2.2    Verskaf EEN rede waarom besoekers kaartjies moet bespreek as
                 hulle by die Vryheidstandbeeld wil ingaan.                                    (2)

        4.2.3    Verwys na die Liberty-eiland-satellietbeeld en kaartsleutel.

                 Gee EEN voorbeeld om te toon hoe die bestuur seker gemaak het
                 dat:

                 (a)   Geleenthede om bykomende inkomste vir die terrein te
                       genereer in plek is.                                                    (2)

                 (b)   Die behoeftes van mense met fisiese gestremdhede in ag
                       geneem word.                                                            (2)

                 (c)   Die veiligheid van besoekers en die veiligheid van die
                       Vryheidstandbeeld ŉ prioriteit is.                                      (2)

        4.2.4    Stel TWEE redes voor waarom slegs EEN handelaar toegelaat
                 word om kaartjieverkope en vervoer na die Vryheidstandbeeld aan
                 te bied.                                                 (2 x 2)             (4)
                                                                                             [28]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

20                                     TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 5

Bestudeer die kaart van Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg.

5.1     Gee die naam van die provinsie waar die Wêrelderfenisgebied genommer
        A geleë is.                                                                     (1)

5.2     Identifiseer die Wêrelderfenisterreine genommer A, B en C. Skryf slegs
        die amptelike naam van die Wêrelderfenisgebied langs die letter (A–C) in
        jou ANTWOORDEBOEK neer.                                           (3 x 1)       (3)

5.3     Bespreek EEN voorbeeld van hoe elk van die Wêrelderfenisgebiede
        gemerk A, B en C aan die beskrywing in kriterium (iii) voldoen het om
        UNESCO Wêrelderfenisstatus te ontvang.                             (3 x 2)      (6)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2023)                   TOERISME                                                   21

VRAAG 6

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      #LiveAgain: Suid-Afrikaanse Toerisme loods nuwe
                     wêreldwye veldtog
Maart 2022

Vir die eerste keer in vyf jaar het Suid-Afrikaanse Toerisme ŉ kragtige en
opwindende nuwe oudiovisuele bemarkingsveldtog van stapel gestuur. Die
boodskap is redelik eenvoudig – met die einde van die pandemie is dit tyd dat
mense weer lewe … en daar is nêrens soos Suid-Afrika om dit te doen nie.

Is jy gereed vir #LiveAgain? Kyk na die pragtige nuwe advertensie hieronder:

                                      [Aangepas en vertaal uit https://ilovesouthafrica.com]

6.1      Identifiseer die sosialemedia-platform wat gebruik word om na Suid-
         Afrikaanse Toerisme se nuwe bemarkingsveldtog te kyk, te deel en
         daarvan te hou.                                                                        (2)

6.2      Verduidelik waarom Suid-Afrikaanse Toerisme die sosialemedia-platform
         wat in VRAAG 6.1 geïdentifiseer is, vir sy bemarkingsveldtog gebruik het.              (2)

6.3      Beskryf hoe bestemming Suid-Afrika by die nuwe bemarkingsveldtog kan
         baat.                                                         (2 x 2)                  (4)

6.4      Verduidelik TOMSA se rol in Suid-Afrikaanse Toerisme se nuwe
         bemarkingsveldtog.                                                        (2 x 2)      (4)
                                                                                               [12]

                                                              TOTAAL AFDELING C:                50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 22

22                                      TOERISME                             (EC/SEPTEMBER 2023)

AFDELING D:          TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
                     VERANTWOORDELIKE TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die uittreksel uit “Die Toergids Gedragskode” (Wes-Kaap) en
beantwoord die vrae wat volg.

ŉ Professionele toergids:

▪     Sal op geen manier diskrimineer wanneer diens aan enige toeris aangebied
      word nie, bv. op grond van kleur, geslag, ras, nasionaliteit, ouderdom, ens.
▪     Sal onbevooroordeeld en positief wees en Suid-Afrika sonder vooroordeel
      verteenwoordig.
▪     Moet te alle tye toepaslik geklee en netjies wees.
▪     Sal te alle tye oor die veiligheid van die toeris besorgd wees.
▪     Sal die toepaslike toergidskenteken dra en sal sy/haar registrasiekaart dra.

Toergids naam: ____________________

Handtekening: ___________________

Datum: ________________

                                                  [Bron: https://www.westerncape.gov.za]

7.1      Noem TWEE diensvoorwaardes van ŉ toergids wat hierdie ŉ uitdagende
         loopbaan maak.                                                 (2 x 1)             (2)

7.2      Noem EEN rede waarom ŉ toergids “die toepaslike toergidskenteken en
         sy/haar registrasiekaart sal dra”.                                                 (2)

7.3      Stel EEN rede voor waarom die frase “Moet te alle tye toepaslik geklee en
         netjies wees” in hierdie gedragskode ingesluit is.                                 (2)

7.4      Bespreek die waarde vir ŉ toerismebesigheid om ŉ gedragskode soos die
         een in die voorbeeld te hê.                                     (2 x 2)            (4)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2023)                      TOERISME                                                23

VRAAG 8
8.1    Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Eksklusiewe wegbreekplekke – Three Tree Hill Lodge

       Three Tree Hill Lodge is ŉ eko-vriendelike
       natuurlodge          in     KwaZulu-Natal        se
       Spioenkopvallei. Hierdie Fair Trade-(Billike
       Handel) gesertifiseerde lodge prioritiseer
       volhoubare en verantwoordelike toerisme en
       verbind hulle tot die plaaslike gemeenskap en
       die ontwikkeling daarvan. Volhoubare toerisme
       is 'n hoë prioriteit, wat beteken dat mense uit die
       plaaslike gemeenskap in diens geneem en
       ontwikkel word, fondsinsameling word vir
       gemeenskapskole               gedoen,       skool-
       voedingsfondse is in plek en bestuur van Three
       Tree Hill Lodge fokus op entrepreneurskap en
       vaardigheids-ontwikkeling onder lede van die
       plaaslike gemeenskap. Gaste by die eko-lodge
       kan      pragtige       natuurskoon,    begeleide
       natuuraktiwiteite geniet en aan tuis-gemaakte
       plattelandse kos smul. Die lodge het
       gemonitorde programme vir energiebesparing
       en afvalbestuur.
                                                      [Bron: https://exclusivegetaways.co.za]

       8.1.1    Three Tree Hill Lodge het ŉ skoolvoedingsfonds gestig en neem
                mense van die plaaslike gemeenskap in diens.
                Identifiseer die pilaar van volhoubare toerisme wat Three Tree Hill
                Lodge handhaaf deur hierdie praktyke te implementeer.                           (2)

       8.1.2    Noem die pilaar van volhoubare toerisme wat Three Tree Hill Lodge
                handhaaf deur op entrepreneurskap en vaardigheidsontwikkeling te
                fokus.                                                                          (2)

       8.1.3    Noem EEN energiebesparingstrategie wat Three Tree Hill Lodge kan
                implementeer om hul reputasie as ŉ volhoubare toerismebestemming
                te verseker.                                                                    (2)

       8.1.4    Lys EEN strategie wat Three Tree Hill Lodge kan implementeer om te
                verseker dat hul afval doeltreffend bestuur word.                               (2)

       8.1.5    Bespreek die waarde van ŉ Fair-Trade-akkreditasie (Billike Handel)
                vir die bestuur en plaaslike gemeenskap van Three Tree Hill Lodge.              (2)

       8.1.6    Stel TWEE verantwoordelike toerismepraktyke voor wat die bestuur
                van Three Tree Hill Lodge hul gaste kan versoek om aan te voldoen.
                                                                            (2 x 2)             (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 24

24                                    TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2023)

8.2   Beskou die prentjie en beantwoord die vrae wat volg.

      8.2.1    Stel EEN antwoord voor op die vraag “Waarom Toerisme saakmaak”
               in die prent.                                                         (2)

      8.2.2    Bespreek die waarde van volhoubare toerisme vir besoekers aan ŉ
               volhoubare toerismebestemming.                            (2 x 2)     (4)
                                                                                    [20]

                                                        TOTAAL AFDELING D:           30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/SEPTEMBER 2023)                      TOERISME                                              25

AFDELING E:           BINNELANDSE, STREEKS EN INTERNASIONALE TOERISME;
                      KOMMUNIKASIE EN KLIËNTESORG

VRAAG 9

9.1    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        PERU: VOORTDURENDE GEWELDDADIGE PROTESAKSIES
                        WORD VERWAG
       Sedert vroeg in Desember 2022 het betogings teen die regering gelei tot die
       dood van minstens 58 mense, aangesien betogers met veiligheidsmagte
       gebots het. Dit is Peru se ergste uitbreek van geweld in meer as 20 jaar.

       Betogers het ook polisiekantore aangeval, lughawens gesluit, hoofsnelweë
       versper en die land se vervoerinfrastruktuur beskadig.

       Terwyl betogings regoor die land
       ervaar is, is van die ergste
       geweld uit die suide van Peru
       aangemeld, wat Cusco insluit.
       Hierdie streek is ook Peru se
       toerisme-kernsentrum.
       Alhoewel die betogings nie
       spesifiek teen besoekers gerig is
       nie, het dit die reis- en
       toerismesektor       beïnvloed.
       Reisigers kan dalk verontrief
       word            deur         die
       onvoorspelbaarheid van die
       geweld of deur die sluiting en
       ontwrigting van die land se
       toeristebestemmings, en skade
       aan infrastruktuur.
                                            UNESCO se Wêrelderfenisterrein, Machu
       Toerisme is die sleutel tot die      Picchu, is op 22 Januarie 2023 tydelik vir
       Peruaanse ekonomie en ŉ              drie weke gesluit.Voor die sluiting van
       belangrike bron van werk, wat        Machu Picchu is spoorwegdienste na die
       sowat 4.5 miljoen besoekers per      terrein opgeskort weens skade aan die
       jaar gelok het voor die Covid-19-    spoorlyn deur betogers. Die enigste manier
       pandemie in 2020.                    om die gewilde toeristeterrein te bereik, is
                                            per trein of staptog.

       9.1.1    Identifiseer die tipe politieke situasie wat in die uittreksel beskryf word.   (2)

       9.1.2    Beskryf TWEE maniere waarop die reisplanne van toeriste negatief
                beïnvloed is tydens hul verblyf in Peru.                   (2 x 2)             (4)

       9.1.3    Gee DRIE gevolge van die voortdurende betogings op Peru se
                toerismebedryf.                                            (3 x 2)             (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

26                                         TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2023)

9.2   Bestudeer die inligting en statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die Suid-Afrikaanse toerismesektor, wat in Maart 2020 tot stilstand gebring is
      weens COVID-19-beperkings, toon tekens van herstel met ŉ aanwyser wat die
      toename in internasionale aankomste uit oorsese streke is.

         Aantal internasionale aankomste volgens oorsese woonstreek vir die
                       tydperk Januarie 2020 tot Januarie 2023
      Oorsese           Jan        Jan       Jan       Jan      Verskil
      streek            2020       2021      2022      2023     tussen        % verander-
                                                                Jan 2022       ing tussen
                                                                en Jan        Jan 2022 en
                                                                2023            Jan 2023
      Asië             25 763      1 870     4 738    12 467      7 729          163,1%
      Australasië      9 584        223      1 621    7 452       5 831          359,7%
      Sentraal- en
      Suid-
      Amerika           12 567      401      1 065     3 689      2 624         188.4%
      Europa           157 808     8 682    47 528    128 898     81 370        314.6%
      Midde-Ooste       5 234       359       823      3 262      2 439         296,4%
      Noord-
      Amerika          31 594      2 152     8 939    31 421      22 482        232,6%
                                                           [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

      9.2.1    Identifiseer die:

               (a)   Oorsese streek met die hoogste aantal inkomende internasionale
                     toeriste in Januarie 2023.                                                    (2)

               (b)   TWEE oorsese streke wat die hoogste groeipersentasie in
                     internasionale aankomste in Januarie 2023 getoon het vergeleke
                     met Januarie 2022.                                     (2 x 2)                (4)

      9.2.2    Verwys na die internasionale aankomste vir Januarie 2020 en Januarie
               2023.

               (a)   Bepaal die oorsese streek waar internasionale aankomste in
                     Januarie 2023 byna voor-Covid-vlakke bereik het.                              (2)

               (b)   Stel EEN rede voor wat bygedra het tot die herstel van die streek
                     wat in VRAAG 9.2.2 (a) geïdentifiseer is.                                  (2)
                                                                                               [22]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 27

(EC/SEPTEMBER 2023)                   TOERISME                                           27

VRAAG 10

Bestudeer die reaksie van die kliënt-terugvoerinstrument wat deur ŉ hotel gebruik
word en beantwoord die vrae wat volg.

Was dit jou eerste besoek aan ons hotel?

Hoe voel jy oor die hotel se dienste?

                                  DIEN IN

10.1     Gee EEN manier waarop die voltooide kliëntterugvoerinstrument van die
         gas deur die hotel ontvang sal word.                                            (2)
10.2     Beveel TWEE strategieë aan wat die bestuur van die hotel kan
         implementeer om die probleme wat deur die gas geïdentifiseer is, aan te
         spreek.                                                           (2 x 2)       (4)
10.3     Noem EEN manier waarop die hotelbestuur die suksesvolle
         implementering van die aanbevelings wat in VRAAG 10.2 gemaak is, kan
         meet.                                                                          (2)
                                                                                        [8]
                                                          TOTAAL AFDELING E:            30
                                                              GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Tourism · Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6) — Tourism · QP · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Tourism · Memo · 2022 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept2021-afrikaans/c19a9879-1d59-45fa-8093-3df7639fa1d4) — Tourism · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — QP · 2022 · Afr
- [Tourism May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
