# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2021 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2021

                       TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                       TOERISME                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies aandagtig voordat die vrae beantwoord word.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

 2.    ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

 3.    Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    In VRAE 3.1, 3.2 en 3.3.1 EN 3.3.2 moet jy jou antwoorde tot TWEE
       desimale plekke afrond.

 6.    Toon ALLE berekeninge.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

 8.    Die volgende tabel is ŉ riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke
       afdeling in te deel.

                                                                      TYD
        AFDELING        VRAAG         ONDERWERP            PUNTE
                                                                    (minute)
             A            1              Kortvrae           40        20

                                    Kaartwerk en
                          2
                                    Toerbeplanning
             B                                              50        50
                                    Buitelandse
                          3
                                    Valutaverhandeling
                          4         Toerisme Attraksies
                                    Kultuur- en
             C            5                                 50        50
                                    Erfenistoerisme
                          6         Bemarking

                          7         Toerismesektore

             D                      Volhoubare en           30        30
                          8         Verantwoordelike
                                    Toerisme

                                    Plaaslike-, Streeks-
                          9         en Internasionale
             E                      Toerisme                30        30
                                    Kommunikasie en
                          10
                                    Kliëntediens
                                                TOTAAL      200       180

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        TOERISME                                                3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1   Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 A.

       1.1.1    Die tyd in Japan as dit 16:00 op 1 Junie in Suid-Afrika is.

                A      11 nm
                B      23h00
                C      23:00
                D      11 uur in die nag

       1.1.2    In 2022, sal … die eerste Midde-Oosterse nasie asook die kleinste
                land wees wat gasheer vir die FIFA-Wêreldbeker is.

                A      Irak
                B      Katar
                C      Israel
                D      Jordanië

       1.1.3    Met ŉ visumaansoek moet ŉ … aan die owerhede van die land wat
                besoek wil word ingedien word.

                A      voltooide aansoekvorm en bevestiging van indiensneming
                B      voltooide aansoekvorm en besonderhede van gesinslede wat
                       die land in die afgelope vyf jaar besoek het
                C      paspoort en gesinsgeskiedenis
                D      kleur foto’s en DHA 73 vorm

       1.1.4    Voorbeelde van politieke situasies:

                A      Burgeroorlog en natuurrampe
                B      Ongelukke en uitbreek van siektes
                C      Terrorisme en resessies
                D      Algemene onluste en terrorisme

       1.1.5    ŉ Suid-Afrikaanse reisiger sal aansoek doen vir ŉ Schengenvisum as
                hy/sy … wil besoek.

                A      Zambië
                B      Italië
                C      Australië
                D      Kanada

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                         TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2021)

       1.1.6    Volgens UNESCO se kriteria, is/verteenwoordig die Wieg van die
                Mensdom …

                A     ŉ meesterstuk van menslike kreatiewe vernuf.
                B     ŉ uitstaande voorbeeld van ŉ tipe gebou.
                C     hoofstadiums in die geskiedenis van die aarde.
                D     ŉ unieke bewys van ’n beskawing wat verdwyn het.

       1.1.7    ŉ IBP …

                A     is ŉ lengtelyn wat op 180° gevind word.
                B     staan vir In Diepte Besonderhede Profiel en word deur
                      reisagente gebruik om die behoeftes, voorkeure en
                      verwagtinge van ŉ toeris te bepaal.
                C     bekragtig die draer se bestuurderslisensie in die buiteland.
                D     laat ŉ reisiger toe om ŉ vreemde land binne te gaan.

       1.1.8    Die vorm van betaling hieronder …

                A     word hoofsaaklik vir kleiner aankope gebruik.
                B     is PIN-beskerm en nie aan ŉ bankrekening gekoppel nie.
                C     vind plaas oor ŉ gerekenariseerde netwerk, van een
                      bankrekening na ŉ ander.
                D     laat nie toe dat die gelde ontvang vir kontant verruil word nie.

       1.1.9    ŉ Toerismeonderneming wat beurse aan voorheen benadeelde
                leerders bied is ŉ voorbeeld van …

                A     BSEB.
                B     plaaslike verkryging.
                C     driedubbele-slotreëlbenadering.
                D     KMB.

       1.1.10   Die Vatikaanstad is …

                A     ŉ plek van gebed en pelgrimstog wat heilig is vir Jode.
                B     die geestelike sentrum vir lede van die Katolieke geloof.
                C     die oudste Islamitiese monument in die wêreld.
                D     ŉ bekende Romeinse paleis.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     TOERISME                                               5

       1.1.11    Toeriste wat ŉ paar woorde in ŉ buitelandse taal aanleer voordat
                 hulle die land waarin die taal gepraat word besoek, beoefen …

                 A     KMB.
                 B     Regverdige Handel Toerisme (Fair Trade Tourism).
                 C     verantwoordelike toerisme.
                 D     volhoubare toerisme.

       1.1.12    Een van Suid-Afrika se grootste reis-, buitelug- en avontuur
                 geleenthede:

                 A     Comrades Marathon
                 B     Indaba
                 C     Getaway-skou
                 D     WRM (WTM) Afrika

       1.1.13    Oorwegings vir die bestuur met die beplanning van die
                 professionele beeld van hulle onderneming:

                 A     Skryfbehoeftes, kliëntediensbeleide, personeel
                       selfoonbeleid
                 B     Kenteken, personeel ontspanningsarea, slagspreuk
                 C     Voorkoms van die onderneming, ouderdom van personeel,
                       ligging van die personeelrestaurant
                 D     Slagspreuk en kenteken, skryfbehoeftes, voorkoms van die
                       onderneming

       1.1.14    Die skade wat deur ŉ … veroorsaak is, word in die onderstaande
                 beeld getoon.

                 A     aardbewing
                 B     veldbrand
                 C     droogte
                 D     vulkaniese uitbarsting

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                       TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2021)

       1.1.15   ŉ Reisverwante siekte wat nie deur inenting verhoed kan word
                nie:

                A     Malaria
                B     Geelkoors
                C     Hepatitis A
                D     Masels

       1.1.16   Die Richtersveld Kulturele- en Botaniese Landskap
                Wêrelderfenisterrein word deur die … gemeenskap besit en
                bestuur.

                A     Nama
                B     San
                C     Damara
                D     Himba

       1.1.17   ŉ Kommersiële bank wat ZAR vir GBP ruil vir ŉ Suid-Afrikaanse
                reisiger voor sy vertrek, sal van die … gebruik maak.

                A     BBP
                B     BVK
                C     BAK
                D     EFO

       1.1.18   Die kernfunksie van SAToerisme:

                A     Misdaadbekamping
                B     Koördinering van die bemarkingspogings van rolspelers in
                      die toerismebedryf
                C     Koördinering van die onderhoud van aantreklikhede
                D     Bied opleiding aan toergidse

       1.1.19   ŉ Voorbeeld van goedere wat deur Suid-Afrikaanse doeane as
                beperkte goedere beskou word:

                A     Een maand se voorraad van farmaseutiese middels of
                      medisyne vir persoonlike gebruik met ŉ dokter se voorskrif
                B     150 sigarette
                C     1 ℓ wyn
                D     ŉ 50 mℓ bottel parfuum

       1.1.20   Suid-Afrika se huidige handelsmerk slagspreuk:

                A     “Niks is meer pret nie” (“Nothing is more fun”)
                B     “Inspirerende nuwe maniere” (“Inspiring new ways”)
                C     “Dit is moontlik” (“It’s possible”)
                D     “Joune om te ontdek” (“Yours to explore”)          (20 x 1)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                      TOERISME                                                   7

 1.2   Kies die term/begrip vanuit die gegewe lys wat die beskrywings die beste
       voltooi. Skryf slegs die term/begrip langs die vraagnommers (1.2.1−1.2.5)
       in die ANTWOORDEBOEK neer.

              Herbesoeke; Markaandeel; Kredietkaart; Die Parthenon;
         Kringtelevisiekameras; Kontant; Colosseum; Vermenigvuldigereffek

       1.2.1    Die persentasie buitelandse inkomende toeriste in ŉ land.

       1.2.2    Die beste betaalmetode vir ŉ toeris wat ŉ huurmotor gebruik.

       1.2.3    ŉ Romeinse arena wat vir openbare geleenthede gebruik word.

       1.2.4    ŉ Faktor wat tot die sukses van ŉ toeriste-aantreklikheid bydra.

       1.2.5    ŉ Eienskap van ŉ suksesvolle toeriste-aantreklikheid.
                                                                                (5 x 1)    (5)

 1.3   Kies die korrekte woord uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
       korrekte woord langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    ŉ Reisiger wat Suid-Afrika binnekom en ŉ pakkie vir ŉ vriend dra
                wat deur die vriend se ma gepak is, behoort die (rooi/groen) kanaal
                met aankoms by doeane te kies.

       1.3.2    Dagligbesparingstyd word in sekere lande beoefen deur hulle
                horlosies EEN uur vorentoe te skuif in die (winter-/somer-)
                maande.

       1.3.3    (Vlugvoosheid/vluguitputting) is ŉ reisverwante toestand wat deur
                lang ure vlieg in ŉ vliegtuig veroorsaak word.

       1.3.4    (Indië/Sentraal-Afrika) is ŉ geelkoors endemiese gebied.

       1.3.5    ŉ Paspoort wat aan ŉ Suid-Afrikaanse burger op die ouderdom
                van 12 jaar uitgereik word, is geldig vir (10/5) jaar vanaf die datum
                van uitreiking.
                                                                                (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                         TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.4 Kies ŉ aantreklikheid/bestemming uit KOLOM B wat by die beskrywing in
     KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
     (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H.

                          KOLOM A                                KOLOM B
       1.4.1      ŉ Reuse standbeeld uit kalksteen       A    ǂKhomani Kulturele
                  gemaak, wat in Giza, Egipte geleë is        Landskap

       1.4.2      ŉ Simbool van die skeiding tussen      B    Baberton Makhonjwa
                  demokrasie en kommunisme tydens             Berge
                  die Koue Oorlog

       1.4.3      Op die Suid-Afrikaanse grens tussen C       Die Sphinx
                  Botswana en Namibië geleë

       1.4.4      Bo-op Corcovado-berg, Rio de           D    Vredefort Koepel
                  Janeiro, Brasilië geleë

       1.4.5      ŉ Welgestelde Afrika koninkryk wat     E    Standbeeld van
                  1 000 jaar terug dateer                     Christus die
                                                              Verlosser

                                                         F    Die Berlynmuur

                                                         G    Mapungubwe
                                                              Kulturele Landskap
                                                                             (5 x 1)      (5)

 1.5 Herrangskik die stappe in die korrekte volgorde vir ŉ inkomende
     internasionale toeris met sy aankoms by OR Tambo Internasionale
     Lughawe (ORTIA) in Suid-Afrika. Skryf slegs die letters, A–E, in die
     ANTWOORDEBOEK.

    A. Vlug land op aanloopbaan 03L/21R by ORTIA.

        B. Passasier kry bagasie by bagasie-opeisarea.

               C. Passasier stap deur doeane.

                   D. Passasier gaan lugkant van ORTIA binne.

                       E. Passasier meld by immigrasiebeheer aan.

                                                                             (5 x 1)      (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    TOERISME                                                9

 AFDELING B:              KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                          VALUTABEHEER

 VRAAG 2

 2.1    Gebruik die wêreldtydsonekaart en die gevallestudie om die vrae te
        beantwoord.

                                                               Canberra

                      Switserland

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2021)

                            WGO AANLYN-
                          PERSKONFERENSIE
                           OOR DIE COVID-19
                             PANDEMIE
       Die Wêreld Gesondheidsorganisasie is ŉ gespesialiseerde agentskap van
       die Verenigde Nasies en is verantwoordelik vir internasionale openbare
       gesondheid.

       WGO-hoofkwartiere: Genève, Switserland

       Die WGO bied gereeld aanlyn konferensies oor die stand van globale
       Covid-19 infeksies om sodoende die internasionale gemeenskap met die
       nuutste inligting op hoogte te hou. Perskonferensies word vanuit die WGO
       hoofkwartiere uitgesaai.

       Volgende aanlyn perskonferensie oor die stand van globale Covid-19
       infeksies:

       ❖ Vergaderingsdatum: 3 Maart 2020

       ❖ Vergadering begin 15:00

       Kliek op die gegewe skakel om by die globale aanlynvergadering aan te
       sluit:

       https://global.zoom//covid19update//pandemic

       2.1.1    Bereken die tyd en datum wat die VSA Sekretaris van
                Gesondheid, mnr. Xavier Becerra, by die aanlyn-perskonferensie
                vanuit sy kantore in Washington DC, die hoofstad van die
                Verenigde State van Amerika, aangesluit het.

                LET WEL:     Toon ALLE berekeninge.                                (4)

       2.1.2    Bereken die tyd en datum wat die Australiese Minister van
                Gesondheid, die agbare Greg Hunt, by die aanlyn-
                perskonferensie vanuit sy kantore in Canberra, die hoofstad van
                Australië, aangesluit het.

                Onthou dat Australië tydens       die   aanlyn-perskonferensie
                dagligbesparingtyd beoefen het.

                LET WEL:     Toon ALLE berekeninge.                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     TOERISME                                             11

        2.1.3    Suid-Afrika het by die res van die wêreld aangesluit in die soektog
                 na Covid-19 inentings. Die eerste besending inentings is op ŉ
                 Emirates Lugdiens vlug wat van Chhatrapati Shivaji Maharaj
                 Internasionale Lughawe in Mumbai, Indië op pad na OR Tambo
                 Internasionale Lughawe, Johannesburg, Suid-Afrika op
                 31 Januarie 2021 gelaai.

                 Die vlugroete word hieronder aangedui.

                 Vertrek       Chhatrapati Shivaji Maharaj Internasionale
                 04:30         Lughawe – Mumbai, Indië
                 Aankoms       Dubai Internasionale Lughawe – Dubai, Verenigde
                 06:00         Arabiese Emirate
                                    Wagtydperk: 3 uur 55 min
                 Vertrek       Dubai Internasionale Lughawe – Dubai, Verenigde
                 09:55         Arabiese Emirate
                 Aankoms:      OR Tambo Internasionale Lughawe –
                 --------      Johannesburg, Suid-Afrika
                                  Totale vliegtyd 15 uur 15 min

                 (a)    Bereken die datum en tyd van aankoms van die vlug by
                        OR Tambo Internasionale Lughawe, Johannesburg,
                        Suid-Afrika.

                        LET WEL:     Toon ALLE berekeninge.                            (6)

                 (b)    Die bemanningslede van die Emirates Lugdiens vlug wat
                        inentings na Suid-Afrika vervoer het, het aan vlugvoosheid
                        met hulle aankoms gely.

                        Lys DRIE simptome van hierdie reisverwante toestand.           (3)

                 (c)    Met hulle aankoms in Suid-Afrika moet die
                        bemanningslede van die Emirates Lugdiens vlug met hulle
                        persoonlike bagasie deur doeane beweeg.

                        Verduidelik die funksie wat deur doeanebeheer uitgeoefen
                        word.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                       TOERISME                             (EC/SEPTEMBER 2021)

 2.2   Bestudeer die beeld en teks en beantwoord die vrae wat volg.

                     A                        B                           C

       2.2.1    Identifiseer die verpligte reisdokument in die bostaande prent.
                Verwys na die letters A, B of C in jou antwoord.                          (2)

       2.2.2    Verduidelik die gebruik van die reisdokument genommer C.                  (2)

       2.2.3    As gevolg van reisbeperkings wat na aanleiding van die Covid-19
                pandemie in plek gestel is, oorweeg sommige lande inenting-
                paspoorte. Hierdie is ŉ digitale sertifikaat, met bewys van inenting,
                wat op die passasier se slimfoon gestoor word en as bewys van
                inenting dien en hulle toelaat om te reis.

                Bespreek TWEE voordele van ŉ reisiger om in besit van ŉ
                inentingpaspoort te wees as hy/sy internasionaal reis.                    (4)

 2.3   Lees die uittreksel en beantwoord die vrae.

       Keer terug na ŉ nuwe konferensie-ervaring waar u
       veiligheid gelykstaan met ons bekende gasvryheid.

       2.3.1    Identifiseer die tipe toeris wat ŉ konferensie wat aan Covid-19
                vereistes voldoen by een van Tsogo Sun se hotelle sal bywoon.             (1)

       2.3.2    Stel TWEE Covid-19 veiligheidsmaatreëls voor wat                   die
                konferensie-organiseerder van Tsogo Sun in plek moet hê.                  (4)
                                                                                         [33]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   TOERISME                                           13

 VRAAG 3

 Bestudeer die onderstaande wisselkoers tabel en beantwoord die vrae wat
 volg.

        Land            Geldeenheid-kode           BAK              BVK
 Italië                       EUR                  16,39            16,98
 Engeland                     GBP                  19,06            19,77
 VSA                          USD                  13,54            13,87

 3.1    ŉ Suid-Afrikaanse besigheidseienaar beplan ŉ besigheidsreis na Rome,
        Italië. Hy het R45 000 om vir sy uitgawes gedurende die reis te wissel.

        Bereken die aantal Euro’s wat hy sal ontvang wanneer hy sy R45 000
        wissel.
        LET WEL:        Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                        Toon ALLE stappe van jou berekening.                           (3)

 3.2    Met sy terugkeer na Suid-Afrika het die besigheidseienaar €23 van sy
        reisgeld oor. Bereken hoeveel Rand hy sal ontvang wanneer hy die €23
        wissel.
        LET WEL:        Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                        Toon ALLE stappe van jou berekening.                           (3)

 3.3    Siya is ŉ top graad 12 akademiese presteerder by sy Oos-Kaapse skool.
        Wanneer hy sy skoolloopbaan voltooi, wil hy medies studeer en spaar
        reeds baie jare sy geld. Hy het R175 000 vir sakgeld gespaar.

        Hy het aansoek gedoen, en is by die Universiteit van Kalifornië, VSA en
        die Universiteit van Oxford, Engeland, aanvaar.

        3.3.1    Bereken hoeveel USD Siya sal ontvang as hy R175 000 wissel
                 ter voorbereiding vir sy reis.

                 LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                              Toon ALLE stappe van jou berekening.                     (3)

        3.3.2    Bereken hoeveel GBP Siya sal ontvang as hy R175 000 wissel
                 ter voorbereiding vir sy reis.

                 LET WEL:     Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                              Toon ALLE stappe van jou berekening.                     (3)

        3.3.3    Bepaal in watter land Siya die meeste sakgeld gaan hê terwyl hy
                 medies studeer.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2021)

 3.4    Bestudeer die prent en beantwoord die vraag wat volg.

        Bespreek die impak van die afname in die waarde van die Rand in
        verhouding tot die VS Dollar met betrekking tot inkomende toeriste
        vanuit die Verenigde State van Amerika na Suid-Afrika.            (2 x 2)     (4)
                                                                                    [17]

                                                        TOTAAL AFDELING B:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     TOERISME                                            15

 AFDELING C:          TOERISME AANTREKLIKHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS
                      TOERISME; BEMARKING

 VRAAG 4

 4.1    Bestudeer die reis-visiebord (travel vision board) (ŉ collage van al die
        plekke waarna jy wil reis) wat jy geskep het met prente van die
        wêreldikone en beantwoord die vrae wat volg.

        4.1.1 Gee die amptelike name van die ikone genommer A tot F op jou
              reis-visiebord.                                                         (6)

        4.1.2 Verskaf die volgende inligting oor jou reis-visiebord:

                (a)    Die aantal vastelande/kontinente wat jy gaan besoek.           (2)

                (b)    Die naam van die land waarin TWEE ikone gevind kan word.       (2)

                (c)    EEN natuur-gebaseerde aktiwiteit waaraan jy kan deelneem
                       as jy die ikoon genommer A besoek.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                      TOERISME                                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 4.2    Bestudeer die inligting oor Venesië en beantwoord die vrae wat volg.

        In voor-Covid-19 tye het Venesië, met ŉ beraamde bevolking van 54 000,
        meer as 30 miljoen toeriste jaarliks verwelkom, (±60 000 tot 80 000
        toeriste per dag) waarvan die helfte dagbesoekers was. Van April tot
        Oktober, het luukse toerskepe na die stad gestroom en
        ±32 000 passasiers het daagliks die nou strate ingevaar. Die oorbevolking
        het tot ŉ ongewenste omgewing vir plaaslike inwoners en besoekers
        gelei.

        In 2017 het die stadsowerhede verskeie maatreëls ingestel om toerisme
        op ŉ meer volhoubare manier te bestuur. Die oopmaak van nuwe kitskos
        afsetpunte is verban en die getal winkels wat pizzastukke, kebabs en
        ander soorte kitskos verkoop, is beperk. ŉ Verbod is ook geplaas op die
        oopmaak van nuwe hotelle in die middestad.

        Soos die stad regmaak om weer besoekers te ontvang, maak owerhede
        van die geleentheid gebruik om dinge anders te doen. Vanaf 2021, word
        luukse toerskepe wat meer as 40 000 ton weeg verban om die Venesië-
        strandmeer en kanaal, wat tot die historiese St Mark’s-plein lei, binne te
        gaan. Hulle word na nabygeleë hawens herlei. In Januarie 2022, word ŉ
        toerisme-heffing op enige persoon wat Venesië binnegaan sonder ŉ
        oornagbespreking gehef.
                                    [Verwerk uit https://edition.cnn.com & www.thelocal.it]

        4.2.1   Identifiseer die hoofbron van kommer, deur toerisme veroorsaak,
                wat deur die stadsowerhede van Venesië bestuur moet word.                      (2)

        4.2.2   Gee EEN rede waarom Venesië ŉ gewilde ikoon is.                                (2)

        4.2.3   Stel TWEE faktore voor, wat tot die besluit van die stadsowerhede
                om stappe teen kitskos afsetpunte in Venesië te neem, gelei het.
                                                                           (2 x 2)             (4)

        4.2.4   Bespreek TWEE voordele vir die omgewing wat uit die verbod
                op groot luukse toerskepe voortspruit.                 (2 x 2)                 (4)
                                                                                              [24]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     TOERISME                                             17

 VRAAG 5

 Bestudeer die beeld van ŉ Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisterrein en beantwoord
 die vrae wat volg.

 5.1    Identifiseer die Wêrelderfenisterrein in die beeld.                                 (2)

 5.2    Noem die provinsie waarin ŉ toeris moet wees om die Wêrelderfenisterrein
        te kan besoek.                                                                      (2)

 5.3    UNESCO, in vennootskap met die Afrika Wêreld Erfenisfonds (African
        World Heritage Fund) hou van tyd tot tyd ŉ #MyAfricanHeritage Instagram
        kompetisie vir jong mense tussen die ouderdomme van 18 en 32.
        Deelnemers moet hul prente of video’s van ŉ Afrika UNESCO
        Wêrelderfenisterrein oplaai deur van die hutsmerk #MyAfricanHeritage
        gebruik te maak.

        Die prente of video’s wat opgelaai is moet die unieke karakter van ŉ Afrika
        UNESCO Wêrelderfenisterrein uitbeeld om ŉ kans te staan om een van die
        pryse te wen.

        5.3.1    Jy besluit om vir die kompetisie in te skryf en reël met jou familie
                 om die Wêrelderfenisterrein in bostaande beeld te besoek.

                 Noem DRIE tipes landvorme waarvan jy foto’s geneem het om die
                 geografiese diversiteit van die Wêrelderfenisterrein uit te beeld.
                                                                               (3 x 2)      (6)

        5.3.2    Stel TWEE maniere voor waarby UNESCO se Afrika
                 Wêrelderfenisterrein Instagram kompetisie waarde tot Suid-Afrika
                 se toerismebedryf sal voeg.                              (2 x 2)          (4)
                                                                                          [14]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                    TOERISME                                (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 6

 Bestudeer die uittreksels hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           [Verwerk uit https://twitter.com/southafricauk]

 6.1 Identifiseer die bronteikenmark wat deur SAToerisme in sy Twitter
     bemarkingsveldtog geteiken is.                                                           (2)

 6.2 SAToerisme #MeetSouthAfrica bemarkingsveldtog is herdoop na
     #MeetSouthAfricaLater as gevolg van die Covid-19 pandemie se
     internasionale reisbeperkings.

       Stel TWEE redes voor vir SAToerisme se Twitter inskrywing van 31 Mei
       2020.                                                            (2 x 2)               (4)

 6.3

       Die WRM (WTM) is die leier in globale geleenthede vir die reisbedryf om
       professionele mense in die bedryf te ontmoet en mee besigheid te doen.

       Verduidelik hoe SAToerisme befonds word om Suid-Afrika as ŉ
       voorkeurbestemming by die WRM (WTM) te bemark.                            (3 x 2)      (6)
                                                                                             [12]

                                                           TOTAAL AFDELING C:                 50

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   TOERISME                                            19

 AFDELING D:          TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
                      VERANTWOORDELIKE TOERISME

 VRAAG 7

 Lees die koerantartikel en beantwoord die vrae wat volg.

 Kajuitbemanningslid daag bekende Suid-Afrikaanse lugdiens voor die hof
 vir onregverdige ontslag.
 Susan Smith, kajuitbemanningslid van
 Penika Lugdiens, het die lugdiens vir
 onregverdige ontslag voor die hof gedaag.
 Dit is nadat sy ontslaan is omdat sy op ŉ vlug
 van Port Elizabeth na Johannesburg aan die
 slaap geraak het. Smith beweer dat sy ŉ 14-
 uur skof sonder ŉ ruskans moes werk nadat
 twee van haar kollegas siek geword het en
 nie hulle skofte kon doen nie.
 Volgens die HUB van Penika Lugdiens, Themba Njengane, moes die lugdiens
 hulle vlugskedule op 31 Januarie aanpas aangesien twee van hul vliegtuie
 weens meganiese probleme nie kon vlieg nie en twee personeellede siek
 geword het.
 In ŉ verklaring het Njengane genoem dat dit jammer is dat Smith ŉ 14-uur skof
 sonder ruskans moes werk, maar sy het aan die slaap geraak terwyl sy
 passasiers se maaltye bedien het. Njengane het genoem dat Smith op ŉ
 onprofessionele manier opgetree het toe sy teenoor die passasiers gekla het
 omdat sy 14-uur sonder ŉ ruskans moes werk. Die bestuur van Penika Lugdiens
 het gevoel dat Smith se optrede haar onmiddellike ontslag (afdanking)
 geregverdig het.

 7.1    Noem die kontrak wat Susan met haar indiensneming by Penika Lugdiens
        moes geteken het.                                                                (1)

 7.2    Gee EEN rede waarom dit belangrik vir werknemers is om die kontrak
        genoem in VRAAG 7.1 te onderteken.                                               (2)

 7.3    Identifiseer die dokument wat Susan nie gehoor aan gegee het nie
        (oortree het) toe sy op ŉ onprofessionele manier opgetree het en teenoor
        die passasiers oor haar werksure gekla het.                                      (1)

 7.4    Lys TWEE redes waarom ŉ besigheid die dokument waarna daar in
        VRAAG 7.3 verwys is, moet hê.                               (2 x 2)              (4)

 7.5    Gee jou opinie oor die geldigheid van die stelling deur die HUB van Penika
        Lugdiens, Themba Njengane, oor Susan se onprofessionele gedrag.                  (2)

 7.6    Kajuitbemanningslede werk onder uiters uitdagende omstandighede.
        Gee EEN rede om hierdie stelling te ondersteun.                                 (2)
                                                                                       [12]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                    TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 8

 Lees die gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.

 Verantwoordelike Omgewingsbestuur by Mashovhela Lodge –
 Morning Sun Natuurreservaat

 Morning Sun Natuurreservaat is ŉ Nasionale Erfenisterrein, geken vir sy unieke
 biodiversiteit, wat in die Soutpansberge, Limpopo Provinsie geleë is. Bestuur by
 Mashovhela Lodge is bewus van hulle verantwoordelikheid om die diversiteit en
 natuurlike skoonheid van die reservaat vir toekomstige geslagte te bewaar en om
 soveel moontlik mense op te voed oor bewaring van ons planeet.

 Mashovhela Lodge is ŉ Regverdige Handel Toerisme (Fair-
 Trade Tourism) geakkrediteerde maatskappy wat die
 ontwikkeling van volhoubare toerisme in Suid-Afrika
 ondersteun en die ses beginsels van Regverdige Handel
 Toerisme handhaaf.

 Hieronder is verskeie maniere hoe Mashovhela Lodge skade aan die omgewing
 verhoed en eko-vriendelike beginsels insluit:

                                                  [Verwerk uit www.morningsun.co.za]

 8.1    Lys TWEE van die SES beginsels van Regverdige Handel Toerisme.                  (2)

 8.2    Bespreek die waarde van ŉ Regverdige Handel Toerisme akkreditasie vir
        Mashovhela Lodge.                                                               (4)

 8.3    Stel EEN strategie voor, onder elk van die onderstaande opskrifte, wat
        Mashovhela Lodge kan implementeer om hul verbintenis aan
        verantwoordelike omgewingsbestuur te toon:

        8.3.1   Afvalbestuur                                                            (2)

        8.3.2   Watertoevoer                                                            (2)

        8.3.3   Hernubare energie                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   TOERISME                                     21

 8.4     Verduidelik EEN rede waarom Mashovhela Lodge mense oor die
         beskerming van ons planeet moet opvoed.                                   (2)

 8.5     Volhoubare toerisme behels meer as om te verseker dat die omgewing
         goed opgepas word. Stel EEN manier voor hoe Mashovhela Lodge
         verseker kan wees dat hulle die onderstaande pilare van volhoubare
         toerisme handhaaf:

         8.5.1    Sosiale pilaar                                                   (2)

         8.5.2    Ekonomiese pilaar                                                (2)
                                                                                  [18]

                                                     TOTAAL AFDELING D:            30

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                      TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING E:         BINNELANDSE-, STREEKS- EN INTERNASIONALE
                     TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS
 VRAAG 9
 9.1   Bestudeer die uittreksel    en    beelde    hieronder   en    beantwoord     die
       daaropvolgende vrae.

                                           G7-BERAAD IN CORNWALL,
                                           VERENIGDE KONINKRYK: Vreugde
                                           en bekommernis toe Carbisbaai
                                           gekies is om gasheer vir die beraad
                                           te wees
                                           Die kusdorpie Carbisbaai in die distrik,
                                           Cornwall, met ŉ bevolking van ongeveer
                                           4 000, is gekies as die hoofgasheer van
                                           die G7-beraad wat vanaf 11 tot 13 Junie
                                           2021 gehou word. St. Ives en Falmouth,
                                           saam met ander dorpe in die omgewing,
                                           sal ondersteuning aan Carbisbaai bied.

 Plaaslike leiers voel om gasheer te wees van die G7-beraad in Cornwall sal ŉ
 wonderlike geleentheid bied om die streek aan die wêreld bekend te stel.
 Plaaslike mense verwag ook ŉ ekonomiese hupstoot met die huisvesting van
 wêreldleiers, internasionale afgevaardigdes en die media, maar is bekommerd oor
 potensiële chaos in die klein kusdorpie en omliggende gebiede.

                                                               [Verwerk uit www.bbc.com]

       9.1.1   Verduidelik EEN rede wat plaaslike leiers beïnvloed het om die
               volgende stelling te maak: “Om gasheer te wees van die G7-beraad
               in Cornwall sal ŉ wonderlike geleentheid bied om die streek aan die
               wêreld bekend te stel.”                                                     (2)

       9.1.2   Stel TWEE insidente (gebeurtenisse) voor wat die lewens van die
               inwoners sou ontwrig gedurende die weke en dae voor die G7-
               beraad asook tydens die beraad.                             (2 x 2)         (4)

       9.1.3   Die globale herstel na die Covid-19 pandemie was een van die
               hoofbesprekingspunte by die G7-beraad.

               In ŉ paragraaf, bespreek DRIE maniere waarop hierdie onvoorsiene
               gebeurtenis die internasionale toerisme-ekonomie negatief
               beïnvloed het.                                             (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   TOERISME                                            23

 9.2     Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die daaropvolgende
         vrae.

            Waarop spandeer internasionale besoekers hulle geld
                      terwyl hulle in Suid-Afrika is?
            Uiteensetting van totale spandering volgens persentasie en produk
                     gerangskik van hoogste na laagste (2005 – 2017)
           Totale spandering in 2005 = R51 miljard. Totale spandering in 2017 =
                                       R151 miljard.

         *Nie-spesifieke produkte: Hierdie is produkte wat nie spesifiek aan
         toerisme-aktiwiteite gekoppel word nie. Inkopies val onder hierdie
         kategorie.
                                                           [Bron: www.statssa.gov.za]

         9.2.1   Gee die toename in die totale bedrag van internasionale
                 besoekerspandering wat tot die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2017
                 in vergelyking met 2005 bygedra het.                                    (2)

         9.2.1   Identifiseer die jaar waarin die lugvervoer spanderingsitem vir
                 internasionale besoekers die hoogste was.                               (2)

         9.2.3   Stel TWEE maniere voor hoe toerismeondernemings die
                 spandering deur internasionale toeriste kan verhoog.                    (4)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                     TOERISME                              (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 10

 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                                              Hellopeter is ŉ platform wat Suid-
                                              Afrikaanse verbruikers en
                                              ondernemings met mekaar verbind.

 Ou Hoender Slegte Ervaring                                18 Maart 2021, 11:32
 Ek het ŉ 514 (Hoender) by TikaThai, Oos-Londen op 17 Maart omstreeks 14:15
 bestel. Toe my maaltyd bedien is kon ek proe dat die hoender vrot was. Ek het
 met die bestuurder gepraat en hy het aangebied om vir my ŉ ander 514 (Hoender)
 te maak. Toe die nuwe maaltyd bedien is, was die hoender steeds vrot en het
 selfs erger gesmaak. Die bestuurder het ook gesê hy kon ruik dat die hoender
 vrot was.

 Hi Raeez
 Ons is jammer om te hoor dat jy ongelukkig was met jou maaltyd van TikaThai,
 Oos-Londen. Ons het hierdie aangemeld by die relevante spanlid om met jou
 kontak te maak. Ons vra weereens om verskoning vir enige ongerief veroorsaak.
 Groete,
 Die TikaThai-span

 Dit is nou al amper 6 dae en niemand het met my kontak gemaak nie.
                                                [Verwerk uit https://www.hellopeter.com]

 10.1   Identifiseer die kliënte terugvoermetode wat in die bostaande uittreksel
        gebruik is.                                                                         (2)

 10.2   Gee EEN voordeel vir verbruikers om diensleweringresensies op die
        Hellopeter-platform te lees.                                                        (2)

 10.3   Stel DRIE negatiewe impakte vir die onderneming voor omdat die bestuur
        van TikaThai nie die intervensieplan wat hulle op die Hellopeter-platform
        geplaas het opgevolg het nie.                                       (3 x 2)         (6)
                                                                                           [10]

                                                           TOTAAL AFDELING E:               30
                                                               GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept2021-afrikaans/c19a9879-1d59-45fa-8093-3df7639fa1d4) — Tourism · Memo · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/edd5dcc0-74a5-4997-8f35-89fa496ba714) — Tourism · Memo · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Tourism · Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Tourism · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — QP · 2022 · Afr
- [Tourism May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919) — QP · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
