# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2022-afrikaans/88426a9b-1a13-441e-a8a0-9404d0236ac1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2022-afrikaans/88426a9b-1a13-441e-a8a0-9404d0236ac1)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2022

                       TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                         TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

 2.    ALLE vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

 3.    Begin ELKE VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 5.    In VRAAG 3.2, 3.3 en 3.4, rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.

 6     Toon ALLE berekeninge.

 7.    Skryf netjies en leesbaar.

 8.    Die volgende tabel is ŉ gids om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
       toe te ken.

        AFDELING       VRAAG           ONDERWERP             PUNTE        TYD

             A           1          Kortvrae                 40 punte   20 minute

                                    Kaartwerk en
                         2
                                    Toerbeplanning
             B                                               50 punte   50 minute
                         3          Buitelandse Valuta
                                    Toerisme
                         4
                                    Besienswaardighede
             C                      Kultuur- en Erfenis      50 punte   50 minute
                         5
                                    Toerisme
                         6          Bemarking
                         7          Toerisme Sektore
             D                      Volhoubare en            30 punte   30 minute
                         8          Verantwoordelike
                                    Toerisme
                                    Plaaslike, Streeks- en
                         9          Internasionale
                                    Toerisme
             E                                               30 punte   30 minute
                                    Kommunikasie en
                         10
                                    Kliëntediens

                                                TOTAAL:        200        180

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                      TOERISME                                             3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
       gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld, 1.1.21 A.

       1.1.1    ŉ Gesondheidsertifikaat verskaf bewys dat die draer ingeënt is
                teen siektes soos:

                A      Vlugvoosheid
                B      MIV
                C      Bilharzia
                D      Geelkoors

       1.1.2    Die Olimpiese Winterspele van 2022 is van 4 tot 20 Februarie
                2022 in … gehou.

                A      Melbourne, Australië
                B      Georgia, VSA
                C      Beijing, Sjina
                D      Montigny-le-Bretonneux, Frankryk

       1.1.3    ŉ Transitovisum …

                A      laat die draer toe om per trein deur ŉ aantal lande te reis.
                B      laat die draer toe om deur ŉ land te gaan op pad na sy/haar
                       eindbestemming.
                C      laat die draer toe om besigheid te doen in die land wat besoek
                       word.
                D      laat die draer toe om vir 14 dae in die land wat besoek word
                       te bly.

       1.1.4    Die wydverspreide plundering van winkels en besighede in die
                provinsies KwaZulu-Natal (KZN) en Gauteng gedurende die
                tydperk 9 tot 17 Julie 2021 word as … geklassifiseer.

                A      ŉ resessie
                B      ŉ burgeroorlog
                C      algemene onrus
                D      ŉ onvoorsiene gebeurtenis

       1.1.5    ŉ Betalingsvorm wat gebruik word om fondse elektronies van een
                rekening na ŉ ander oor te dra.

                A      EFO
                B      Reisbeursie (Travel Wallet)
                C      Kontant paspoort (Cash passport)
                D      Bankwissel

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                        TOERISME                            (EC/SEPTEMBER 2022)

       1.1.6    Riglyne oor die keuse van die korrekte kanaal by aankoms by
                doeane in Suid-Afrika:

                A     Kies die rooi kanaal as jy geskenke namens ander mense
                      dra.
                B     Kies die groen kanaal as jy ŉ 250 mℓ bottel parfuum dra.
                C     As die rooi- en groen kanaalstelsel nie in werking is nie, stap
                      reguit deur die doeanegebied.
                D     ŉ Passasier mag deur die groen kanaal beweeg met ŉ
                      vuurwapen solank hy/sy ouer as 21 jaar is.

       1.1.7    In 2019 het die kaartjieverkope vir toegang tot die Eiffeltoring in
                Parys, Frankryk, ongeveer 87 miljoen euro beloop, vergeleke met
                84,7 miljoen euro in 2018 en 68 miljoen euro in 2017.

                Die Eiffeltoring het die volgende kenmerk van ŉ suksesvolle
                toeriste-aantreklikheid getoon:

                A     Herhaalbesoeke het plaasgevind.
                B     Die personeel en bestuur was doeltreffend.
                C     Die werklike aantal besoekers kon nie die teikengetal
                      besoekers bereik nie.
                D     Die inkomste wat gegenereer is, het die teikensyfer oortref.

       1.1.8    As die rand swak is in verhouding tot ander geldeenhede sal …

                A     dit ŉ positiewe uitwerking op die BBP van die land hê.
                B     internasionale besoekers ontmoedig word om Suid-Afrika te
                      besoek aangesien dit nie as ŉ waarde vir geld bestemming
                      beskou sal word nie.
                C     internasionale besoekers aangemoedig word om Suid-
                      Afrika te besoek aangesien dit as ŉ waarde vir geld
                      bestemming beskou sal word.
                D     binnelandse toeriste in ŉ posisie wees om meer gereeld
                      internasionaal te reis.

       1.1.9    … is beginsels van toerismeverwante besighede wat Regverdige
                Handel Toerisme (Fair Trade Tourism) geakkrediteer is.

                A     Betroubaarheid, billikheid en regverdige salarisse
                B     Respek, deursigtigheid en demokrasie
                C     Volhoubaarheid, winsdeling en verantwoordelikheid
                D     BBSEB, deursigtigheid en omgewingsbewustheid

       1.1.10   Chichén Itzá is ŉ bouvallige antieke stad wat deur die … mense
                gebou is.

                A     Inka
                B     Zapoteke
                C     Maja
                D     Mauryaanse

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     TOERISME                                             5

       1.1.11    Plaaslike verkryging beteken ...
                 A     lede van die plaaslike gemeenskap word in diens geneem.
                 B     die verkryging van goedere vanaf aanlyn Suid-Afrikaanse
                       webwerwe.
                 C     om BBSEB-beginsels te volg wanneer personeel in diens
                       geneem word.
                 D     koop goedere deur besighede in jou omgewing vervaardig.
       1.1.12    TOMSA-heffing is die … heffing wat aan die verbruiker gehef
                 word vir die gebruik van spesifieke toerismedienste in Suid-
                 Afrika.
                 A     1%
                 B     5%
                 C     7%
                 D     15%
       1.1.13    Wanneer rand na buitelandse valuta gewissel word vir ŉ Suid-
                 Afrikaner wat beplan om Italië te besoek, sal die bank die
                 volgende gebruik:
                 A     BBP
                 B     BAK
                 C     BVK
                 D     KMB
       1.1.14    In Maart 2022 het Suid-Afrikaanse Toerisme die ... wêreldwye
                 bemarkingsvideo bekendgestel om na-inperking reise na Suid-
                 Afrika aan te moedig.
                 A     “Kom ons stel nie die lewe uit nie” (“Let’s not postpone
                       living life”)
                 B     “Lewendige Suid-Afrika” (“Vibrant South Africa”)
                 C     “Leef weer” (“Live Again”)
                 D     “Suid-Afrika is weer oop” (“South Africa is open again”)
       1.1.15    ŉ IBP …
                 A     is ŉ denkbeeldige lyn wat van noord na suid op 0°
                       lengtegraad loop.
                 B     is ŉ denkbeeldige lyn wat van noord na suid op 180°
                       lengtegraad loop.
                 C     gee reisigers toegang tot die BBP-sitkamer by lughawens.
                 D     laat toeriste toe om in ŉ vreemde land te bestuur.
       1.1.16    UNESCO is die akroniem vir:
                 A     Verenigde Nasies se Ekonomiese, Wetenskap- en
                       Kultuurkantoor
                 B     Verenigde Nasies se Omgewings-, Wetenskaplike en
                       Kultuurorganisasie
                 C     Verenigde Nasies se Ingenieurs-, Wetenskap- en
                       Kultuurkantoor
                 D     Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike
                       en Kulturele Organisasie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2022)

       1.1.17   ŉ Belangrike voorkomende maatreël wanneer jy na lande reis
                waar malaria voorkom.

                A     Kook kraanwater voor gebruik.
                B     Gebruik insekweerder en maak snags vensters en deure
                      toe.
                C     Vermy stilstaande water.
                D     Dra ŉ gesigmasker en ontsmet gereeld.

       1.1.18   Die Côte d'Azur, geleë langs die Mediterreense kus van …, is
                bekend daarvoor dat dit ŉ speelplek vir die rykes en beroemdes
                is.

                A     Italië
                B     Spanje
                C     Frankryk
                D     Portugal

       1.1.19   Identifiseer die mees professioneel geklede toergids wat geskik
                is vir ŉ Groot 5-safari in die Krugerwildtuin.

                A                                 B

                C                                 D

       1.1.20   Die proporsie inkomende toerisme wat Suid-Afrika ontvang in
                verhouding tot die res van die wêreld:

                A     Buitelandse markaandeel
                B     Bronmarkte
                C     Buitelandse aankomste
                D     Kernmarkte                                        (20 x 1)   (20)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    TOERISME                                              7

1.2    Kies die term/konsep wat in die lys hieronder verskaf word wat die
       beskrywings die beste pas. Jy mag die gegewe opsies net een keer
       gebruik. Skryf slegs die term/konsep langs die vraagnommers
       (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

            Mekka; Opvolgoproep; Berg Everest; SMS-boodskap; Strooibiljet;
           Jungfrau-Aletsch; Berg Kilimanjaro; Persoonlike verkope; Berg Fuji;
                                      Grand Canyon

       1.2.1    ŉ Bergagtige streek wat Europa se grootste gletser bevat.

       1.2.2    ŉ Verbale kliëntterugvoermetode wat deur diensverskaffers
                gebruik word.

       1.2.3    Klimmers spandeer maande om te akklimatiseer om hul liggame
                gereed te kry vir die uiterste toestande om die 8 849 m-spits te
                bereik.

       1.2.4    ŉ Nie-verbale kliëntterugvoermetode wat deur diensverskaffers
                gebruik word.

       1.2.5    ŉ Heilige berg wat ŉ sentrale rol in die Japannese kultuur en
                geestelike tradisies speel.
                                                                       (5 x 1)         (5)

1.3    Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
       slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1    ŉ Reistoelaag is die (maksimum/minimum) bedrag wat ŉ Suid-
                Afrikaanse burger wat oorsee reis, in ŉ jaar vir buitelandse valuta
                kan ruil.

       1.3.2    Reisigers moet ongebruikte buitelandse valuta binne (10/30) dae
                na hul terugkeer na Suid-Afrika terug na Suid-Afrikaanse rand
                wissel.

       1.3.3    Die eerste stop vir ŉ inkomende internasionale reisiger by
                aankoms in Suid-Afrika is (doeane/immigrasiebeheer).

       1.3.4    ŉ Suid-Afrikaner wat beplan om na die VSA te reis, moet ŉ
                paspoort by die (Departement van Binnelandse Sake/VSA-konsul
                naaste aan hul woonplek) verkry.

       1.3.5    Die duurste aspek van ŉ toer is (etes/vervoer).
                                                                            (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     TOERISME                      (EC/SEPTEMBER 2022)

1.4   Kies ŉ simbool uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 H.

                        KOLOM A                           KOLOM B
      1.4.1    Goeie omgewingsafvalbestuurs-       A
               praktyk by hotelle

      1.4.2    Die handhawing en verbetering van   B
               die sosiale welstand van ŉ
               gemeenskap

      1.4.3    Implementering van beleide om die   C
               beskerming van natuurlike
               hulpbronne te verseker

      1.4.4    Praktyke wat langtermyn ekonomiese D
               stabiliteit van ŉ besigheid ondersteun
               terwyl behoorlike bestuur verseker
               word

      1.4.5    Omskep afval in herbruikbare        E
               materiaal

                                                   F

                                                   G

                                                                     (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   TOERISME                                           9

 1.5 Bestudeer die prente van Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika. Pas die
     prent wat die beste met die Wêrelderfenisterreine wat hieronder gelys word
     geassosieer word. Skryf SLEGS die letter (A–E) langs die vraagnommers
     (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 G.

                         A                                  B

                         C                                  D

                         E                                  F

       1.5.1    iSimangaliso-vleilandpark

       1.5.2    Beskermde gebiede van die Kaapse blommestreek

       1.5.3    Mapungubwe Kulturele Landskap

       1.5.4    Barberton Makhonjwa-berge

       1.5.5    Robbeneiland                                            (5 x 1)    (5)

                                                       TOTAAL AFDELING A:          40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 TOERISME                   (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING B:         KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE
                     VALUTA

 VRAAG 2

 2.1    Gebruik die wêreldtydsonekaart en die scenario om die vrae te
        beantwoord.

                                          Dubai

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    TOERISME                                               11

        *EKSPO 2020, DUBAI, VAE

                     Die meeste reisigers kan Dubai binne 8 uur bereik
                1/3 van die wêreld se reisigers kan Dubai binne 4 uur bereik

        2.1.1    Die Suid-Afrikaanse afgevaardigdes het op 1 September vanaf
                 OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek op pad na Dubai
                 Internasionale Lughawe ter voorbereiding van die Wêreldekspo
                 2022. Hul vlugbesonderhede word hieronder gegee.

                           OR Tambo            Vliegtyd     Dubai
                           Internasionale                   Internasionale
                           Lughawe (+2)        8h15m        Lughawe (+4)
                 Vertrek: 18:50                             Aankoms: ?
                 Datum: 1 September                         Datum: ?
                 Vlugnommer SA7158                          Vlugnommer SA7158

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                       TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2022)

                (a)   Passasiers wat van Suid-Afrika na Dubai reis, moes ŉ Covid-
                      19-entstofsertifikaat toon, of ŉ negatiewe PCR-toets wat nie
                      meer as 72 uur voor vertrek gedoen is nie.

                      Bepaal EEN datum waarop die Suid-Afrikaanse
                      afgegevaardigdes hul PCR-toetse moes laat doen om aan
                      die Covid-19-reisregulasies wat deur die Verenigde
                      Arabiese Emirate vereis word te voldoen.                        (2)

                (b)   Bereken die aankomstyd en datum van vlug SA7158 by
                      Dubai Internasionale Lughawe.

                      LET WEL:     Toon ALLE berekeninge.                             (5)

       2.1.2    Op 1 Oktober het die Australiese Minister vir Handel, Toerisme en
                Belegging, Dan Tehan, vanaf Sydney Kingsford Smith
                Internasionale Lughawe vertrek op pad na Dubai Internasionale
                Lughawe om die Wêreldekspo 2022 by te woon. Sy
                vlugbesonderhede word hieronder gegee.

                       Sydney               Vliegtyd    Dubai
                       Kingsford Smith                  Internasionale
                       Internasionale       14h30m      Lughawe (+4)
                       Lughawe (+10)
                 Vertrek: ?                             Aankoms: 05:15
                 Datum: 1 Oktober                       Datum: 2 Oktober
                 Vlugnommer EK415                       Vlugnommer EK415

                (a)   Bereken die vertrektyd van vlug EK415 vanaf Sydney
                      Kingsford Smith Internasionale Lughawe.

                      Onthou dat Australië Dagligbesparingstyd ten tye van die
                      vlug beoefen het.

                      LET WEL:     Toon ALLE berekeninge.                             (5)

                (b)   Ten volle ingeënte Australiese burgers, permanente
                      inwoners en hul onmiddellike familielede kan van Australië
                      na internasionale bestemmings reis sonder om ŉ negatiewe
                      Covid-19 PCR-toets te toon.

                      Lei die impak af wat bogenoemde op uitgaande reise van
                      Australië na die Wêreldekspo 2022 in Dubai kan hê.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                       TOERISME                                           13

        2.1.3    Na die Wêreldekspo 2022 het die Amerikaanse afgevaardigdes na
                 New York, VSA, teruggekeer. Hul vlugbesonderhede word
                 hieronder gegee.

                         Dubai                Vliegtyd   John F.
                         Internasionale                  Kennedy
                         Lughawe (+4)        13h55m      Internasionale
                                                         Lughawe, New
                                                         York (-5)
                  Vertrek: 08:30                         Aankoms: ?
                  Datum: 1 April                         Datum: ?
                  Vlugnommer EK201                       Vlugnommer EK201

                 (a)   Noem die verpligte reisdokument wat die lede van die
                       Amerikaanse afgevaardigdes met hul aankoms by John F.
                       Kennedy Internasionale Lughawe, New York, moes toon.            (2)

                 (b)   Bereken die aankomstyd en datum van vlug EK201 by die
                       John F. Kennedy Internasionale Lughawe, New York.

                       Onthou dat die VSA Dagligbesparingstyd ten tye van die
                       vlug beoefen het.

                       LET WEL:     Toon ALLE berekeninge.                             (5)

        2.1.4    (a)   Gebruik die inligting wat gegee word om af te lei watter
                       passasiers, die Suid-Afrikaners, Australiërs of Amerikaners,
                       die waarskynlikste aan vlugvoosheid sal ly.                     (2)

                 (b)   Noem TWEE simptome wat die reisigers as gevolg van
                       vlugvoosheid kan ervaar.                        (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                       TOERISME                               (EC/SEPTEMBER 2022)

 2.2   Bestudeer die webwerf-uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                                     FLIO TOEP, JOU
                                       VLUGGESEL
                                  FLIO vergesel jou van
                                   die oomblik dat jy jou
                                  reis bespreek totdat jy
                                      jou bestemming
                                           bereik.
                                  Enige plek. Enige tyd.
           MOET NOOIT 'N          VERLORE BAGASIE                 LUGHAWEGIDS
         VLUG VERPAS NIE          Die veiligheid van jou       Kry al die inligting wat
           Kry onmiddellike       bagasie is nie meer ŉ           jy by die lughawe
          opdaterings vir jou       probleem nie! ŉ 24          nodig het: aankoms-
          vlugte, weet eerste             uur, 7-dag                en vertrektye,
            van vertragings,            inbelsentrum             hekliggings, beste
         hekveranderinge en        beskikbaar in 6 tale,       belastingvrye winkels,
        instaptye met FLIO se     sal die terugbesorging       terminaalkaarte ... ons
             werklike-tydse           van vertraagde                sien om na jou
           vlugstatusstelsel.      bagasie binne 48 uur                belange!
                                    behartig of jy kry ŉ
                                       terugbetaling!
                                       Spaar tyd, kry
                                  onmiddellike toegang
                                  tot BBP-sitkamers en
                                          parkering.

                                  Covid-19-opdaterings
                                  en riglyne vir reisigers.
                                                              [Aangepas uit www.flio.com]

       2.2.1    Noem EEN voordeel vir ŉ reisiger wat die FLIO-toepassing
                (toep/app) gebruik.                                                          (1)

       2.2.2    Gee TWEE vereistes vir ŉ reisiger wat die FLIO-toepassing wil
                gebruik.                                                (2 x 2)              (4)

       2.2.3    Lei die betekenis van die term ‘werklike-tydse vlugstatus’ af.               (2)

       2.2.4    Bespreek EEN impak van vlugvertragings vir ŉ reisiger.                       (2)

       2.2.5    Verduidelik die term ‘belastingvrye winkels’ aan ŉ
                eerstekeerreisiger (reisiger wat vir die eerste keer reis).      (2 x 2)     (4)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   TOERISME                                           15

 VRAAG 3

 Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die daaropvolgende
 vrae.

      Geldeenheid          Kode    Bankverkoop-koers       Bankaankoop-koers
 Britse pond              GBP            19,49                   18,80
 Euro                     EUR            16,25                   15,65
 Amerikaanse dollar       VSD            14,73                   14,37

 3.1    Noem die geldeenheid wat gebruik word wanneer ŉ toeris in Spanje reis.        (1)

 3.2    Bereken die bedrag wat ŉ Suid-Afrikaanse toeris sal ontvang wanneer
        R37 500,00 vir ŉ reis na Londen, Verenigde Koninkryk gewissel word.

        LET WEL:       Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                       Toon AL die stappe van jou berekening.                         (3)

 3.3    Bereken die bedrag wat ŉ Suid-Afrikaanse toeris sal ontvang wanneer
        R23 250,00 vir ŉ reis na New York, VSA gewissel word.

        LET WEL:       Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                       Toon AL die stappe van jou berekening.                         (3)

 3.4    ŉ Toeris wat van Italië af terugkeer, het €51 ná sy reis oor. Bereken die
        bedrag wat hy sal ontvang wanneer hy hierdie bedrag vir rand verruil/
        wissel.

        LET WEL:       Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                       Toon AL die stappe van jou berekening.                        (3)
                                                                                    [10]

                                                        TOTAAL AFDELING B:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                       TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING C:         TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN
                     ERFENISTOERISME; BEMARKING

 VRAAG 4

 4.1 Bestudeer die prente van wêreldikone en beantwoord die vrae wat volg.

      4.1.1    Voltooi die tabel:

                  NAAM VAN              NAAM VAN           DIE STAD WAARIN DIE
                     LAND             WÊRELDIKOON             IKOON GELEË IS
               Griekeland           (a)                   (b)
               Turkye               (c)                   (d)
               Indië                (e)                   (f)
               Jordanië             (g)                   (h)
                                                                         (8 x 1)        (8)

      4.1.2    Verwys na ikone A en B hieronder.

               (a)    Identifiseer ikone A en B hierbo.                      (2 x 1)    (2)

               (b)    Onderskei tussen die belangrikheid van ikone A en B in
                      Moslem- en Joodse pelgrimstogte.                       (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     TOERISME                                                17

4.2 Lees die besienswaardigheid-inligtingsblad en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      Verken twee museummeule
                                                 • Twee van ons meule, Nederwaard
                                                   Museummeul en Blokweer
                                                   Museummeul is daagliks vir die
                                                   publiek oop.
                                                 • Met jou toegangskaartjie kan jy albei
                                                   besoek.

                   Geniet ŉ bootrit                      Kyk na ŉ film oor Kinderdijk
     • Die ‘Cruiser’ maak ŉ heen-en-weerrit van       • Die film wat by De Fabriek
       30 minute en vaar naby die windmeule             Hulppompstasie vertoon word,
       verby.                                           neem jou op ŉ vinnige reis deur
     • Die ‘Hopper’ vaar heeldag ŉ vaste roete.         die geskiedenis van Kinderdijk.
       Seil naby die windmeule verby en stop          • Die film word op verskeie skerms
       op verskeie plekke om die area verder te         vertoon, met Engelse,
       verken.                                          Japannese, Franse en Duitse
     • Beide toerbote is rolstoeltoeganklik.            weergawes beskikbaar op jou
     • Met jou toegangskaartjie kan jy op een           versoek.
       van ons toerbote klim.                         • Die multiskerm-rolprentteater is
                                                        rolstoeltoeganklik.

               Luister na die oudiotoer                        Besoekersentrum
     • Laai ons splinternuwe Kinderdijk-              • Die Besoekersentrum, wat in
       toepassing gratis af.                            2019 geopen is, vorm deel van
     • Die toepassing beskik oor verskeie               die herontwikkeling van die
       oudiotoere; kort en uitgebreide toere, vir       Kinderdijk-ingangsone.
       kinders en volwassenes.                        • Die Besoekersentrumpersoneel
     • Jy kan slegs na die oudiotoere luister           staan gereed om jou by te staan.
       deur die nommer op jou toegangskaartjie        • Op die grondvloer sal jy ŉ
       in die toepassing in te voer.                    geskenkwinkel vind wat
     • Die toepassing beskik ook oor 'n digitale        aandenkings en volhoubare
       kaart van Kinderdijk en die omgewing             produkte verkoop, en die
       rondom dit. Deur op die kaart te tik, sal jy     Kinderdijk-kafee bied kos en
       selfs meer bruikbare agtergrondinligting         drinkgoed.
       by alle belangrike punte vind.                 • Die buiteterras, op die boonste
                                                        verdieping, bied ŉ uitstekende
                                                        uitsig oor die hele
                                                        windmeulekompleks.
                                                      • Die toilette is in die
                                                        kelderverdieping van die
                                                        Besoekersentrum en spesiale
                                                        toiletgeriewe vir gestremdes is
                                                        beskikbaar.
                                                            [Aangepas uit www.kinderdijk.com]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     TOERISME                        (EC/SEPTEMBER 2022)

        4.2.1   Noem die land waar Kinderdijk geleë is.                              (2)

        4.2.2   Gee EEN rede vir die ikoonstatus van die windmeule van die land
                wat in VRAAG 4.2.1 geïdentifiseer is.                                (2)

        4.2.3   Verskaf ŉ voorbeeld uit die gevallestudie wat Kinderdijk se
                toegewydheid tot universele toeganklikheid toon.                     (2)

        4.2.4   Bespreek die mees onlangse innoverende strategieë wat deur
                Kinderdijk se bestuur geïmplementeer is om ŉ positiewe
                besoekerservaring te verseker.                         (2 x 2)       (4)
                                                                                    [24]

 VRAAG 5

 Bestudeer die kaart van Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisgebiede en beantwoord
 die vrae wat volg.

 5.1    Identifiseer die provinsie waarin die UNESCO-wêrelderfenisgebiede
        gemerk A en B geleë is.                                                      (1)

 5.2    Gee die amptelike naam van die Suid-Afrikaanse Wêrelderfenisgebied
        wat grens aan:

        5.2.1   Namibië                                                              (1)

        5.2.2   Namibië en Botswana                                                  (1)

        5.2.3   Lesotho                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  TOERISME                                            19

 5.3    Beide Wêrelderfenisterreine gemerk A en B op die kaart, kwalifiseer vir
        insluiting op die Wêrelderfenislys gebaseer op kriterium (v).

        Kriterium (v)

        Om ŉ buitengewone voorbeeld van ŉ tradisionele menslike nedersetting,
        grondgebruik of seegebruik te wees wat verteenwoordigend is van ŉ
        kultuur (of kulture), of menslike interaksie met die omgewing, veral
        wanneer dit kwesbaar geword het onder die impak van onomkeerbare
        verandering.

        Wêrelderfenisgebied A:

        Wêrelderfenisgebied B:

        Verskaf TWEE kenmerke wat deur elk van die Wêrelderfenisterreine
        gemerk A en B vertoon word, wat hulle gekwalifiseer het om aan
        kriterium (v) te voldoen.                                      (4 x 2)     (8)
                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                     TOERISME                      (EC/SEPTEMBER 2022)

 VRAAG 6

 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Dubai Ekspo 2020, ŉ geleentheid om Suid-Afrika se
                   toerismesektor te vernuwe

 Ekspo 2020 het aan deelnemende lande ŉ geleentheid gebied om met
 potensiële vennote, beleggers en medewerkers te netwerk terwyl die
 wêreldekonomie na volhoubare maniere om te herstel van die impak van die
 Covid-pandemie gesoek het.

                     Suid-Afrikaanse Pawiljoen by EKSPO 2020

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   TOERISME                                              21

       Suid-Afrika, as ŉ deelnemende land, het sy potensiaal by die Suid-
       Afrikaanse pawiljoen ten toon gestel en handel en belegging, wêreldklas
       innoverende tegnologie, kreatiewe kunste, toerisme, sport en sy unieke
       kulturele diversiteit bevorder.

       Die Suid-Afrikaanse pawiljoen by die Wêreldekspo 2020 het gedurende
       Desember 2021 ŉ sterk toerismefokus gehad.

       Gedurende die maand is besoekers aan die pawiljoen en virtuele
       besoekers op ŉ Suid-Afrikaanse ekspedisie geneem, aangebied deur
       Suid-Afrikaanse Toerisme. ŉ Reeks digitale inhouduitstallings op die Suid-
       Afrikaanse Pawiljoen-aanlynportaal het al nege provinsies vertoon.
       Netwerksessies en -programme wat deur die Departement van Toerisme
       (NDT) en Suid-Afrikaanse Toerisme (SA Toerisme) uitgevoer is, is ook
       deur die maandlange tentoonstelling aangebied.

       6.1 Gedurende 2020 en die eerste helfte van 2021 het Suid-Afrikaanse
           Toerisme beperkte geleenthede gehad om Suid-Afrika internasionaal
           te bemark weens die Covid-19-pandemie.

             Noem TWEE internasionale reis-handelskoue waar Suid-Afrikaanse
             Toerisme nie kon uitstal nie.                            (2 x 1)         (2)

       6.2 Gee TWEE voorbeelde as bewys dat Ekspo 2020 aan Suid-
           Afrikaanse Toerisme ŉ geleentheid gebied het om ŉ globale gehoor
           te bereik om die toerismesektor te vernuwe.                (2 x 2)         (4)

       6.3 Beskryf DRIE fisiese aspekte van die Suid-Afrikaanse Pawiljoen wat
           Suid-Afrikaanse Toerisme se internasionale bemarkingspogings
           versterk het.                                               (2 x 2)        (4)

       6.4 Verduidelik die waarde van die reeks digitale inhouduitstallings wat
           al nege provinsies uitstal as ŉ bemarkingstrategie om die Suid-
           Afrikaanse toerismesektor te vernuwe.                          (2 x 2)    (4)
                                                                                    [14]

                                                        TOTAAL AFDELING C:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                    TOERISME                          (EC/SEPTEMBER 2022)

 AFDELING D:         TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN
                     VERANTWOORDELIKE TOERISME

 VRAAG 7

 Bestudeer die prent en teks en beantwoord die vrae wat volg.

 Dink terug aan al die hoogtepunte van jou laaste vakansie; die verblyf, die
 besienswaardighede, die kos wat jy geëet het. Die gemene faktor wat al hierdie
 dinge laat werk soos dit moes, is die mense wat in die toerismebedryf werk; die
 personeellede by elke onderneming wat jy tydens jou reis besoek het.

 Daar is gespesialiseerde vaardighede benodig vir ŉ suksesvolle loopbaan in
 toerisme. Dit sluit kliëntediens, kommunikasie en organisatoriese vaardighede
 in, en alles kombineer om ŉ professionele beeld van die onderneming te skep.

 7.1    Identifiseer EEN loopbaangeleentheid in die toerismebedryf wat in die
        beeld uitgebeeld word.                                                        (2)

 7.2    Stel EEN rede voor waarom die personeellid in die loopbaan in
        VRAAG 7.1 genoem uitstekende kommunikasievaardighede sal benodig.             (2)

 7.3    Werknemers in die toerismebedryf teken ŉ dienskontrak en ŉ
        gedragskode wanneer hulle in diens geneem word. Voltooi die tabel
        hieronder deur die funksie van elke dokument te gee.

                                    Dienskontrak             Gedragskode
        Funksie van dokument            7.3.1                   7.3.2
                                                                      (2 x 2)         (4)

 7.4    Bespreek TWEE voordele vir ŉ toerisme-onderneming as hul
        werknemers ŉ professionele beeld toon.                           (2 x 2)      (4)
                                                                                     [12]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    TOERISME                                                23

 VRAAG 8

 Lees die uittreksel, bestudeer die prente en beantwoord die vrae wat volg.

            Lugbrug by God’s Window in die Blyderivier Canyon-
                  Natuurreservaat binne twee jaar voltooi

         Planne vir die langverwagte lugbrug by God's Window in die Blyderivier
         Canyon Natuurreservaat is op koers met ŉ beplande sperdatum vir
         voltooiing in 2023.

         Die lugbrug, wat daarop gemik is om toerisme in die provinsie te verhoog,
         sal aan besoekers ŉ skilderagtige uitsig oor die Laeveld-streek bied met
         ŉ val van meer as 900 meter af na die plaaslike inheemse woud-beklede
         canyon. Die loopbrug sal sowat 12 meter oor die krans uitsteek en sal
         sowat vyf meter breed wees.

         Die lugbrug sal ook ander aktiwiteite aanbied, soos ŉ lugswaai en ŉ nul-
         swaartekragkamer. Die meeste van die aktiwiteite sal deur plaaslike
         werklose jeugdiges van die area bestuur word. Die Mapulana-stam,
         eienaars van die grond waarop die lugbrug gebou word, sal by die projek
         baat vind. Daar word beraam dat die konstruksie van die lugbrug 300
         werksgeleenthede sal skep, terwyl dit meer as 100 werksgeleenthede sal
         bied sodra dit voltooi is.

         Die ontwerp is gegrond op die beginsel van volhoubaarheid en sal ŉ
         daktuin, sonpanele en opgaar van reënwater insluit. Dennehoutteerpale
         van die omliggende plantasies sal vir die bou van die kolomme gebruik
         word.

         Projekte soos die lugbrug sal baie help om besoekersgetalle te verhoog
         en mense aan te moedig om langer in die area te bly, wat weer
         besoekersbesteding in die streek sal verhoog.

                                                    [Aangepas uit www:lowvelder.co.za]

 8.1     Identifiseer TWEE pilare van volhoubare toerisme wat gehandhaaf sal
         word deur werksgeleenthede aan lede van die Mapulana-stam te verskaf.           (2)

 8.2     Uit die beeld lei TWEE geleenthede af, afgesien van werkskepping,
         beskikbaar vir die plaaslike bevolking wat elkeen van die pilare wat in
         VRAAG 8.1 geïdentifiseer is, verder sal handhaaf.                  (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                    TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2022)

 8.3    Bespreek TWEE strategieë wat die ontwerpspan geïmplementeer het
        om te verseker dat die lugbrug die omgewingspilaar van volhoubare
        toerisme ondersteun.                                            (2 x 2)     (4)

 8.4    Projekte soos die lugbrug sal baie help om besoekersgetalle te verhoog
        en mense aan te moedig om langer in die area te bly, wat weer
        besoekersbesteding in die streek sal verhoog.

        Lei af wat die effek op die ekonomie van die area rondom die
        Blyderiviercanyon sal wees.                                                 (2)

 8.5    Stel TWEE praktyke voor wat besoekers aan die lugbrug by God's
        Window kan volg wat sal verseker dat hulle op ŉ verantwoordelike wyse
        optree.                                                         (2 x 2)     (4)

 8.6    Lewer kortliks kommentaar oor die gebruik van omgewingsvriendelike
        boupraktyke wat in die beeld sigbaar is.                                   (2)
                                                                                  [18]

                                                       TOTAAL AFDELING D:           30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  TOERISME                                            25

AFDELING E:           BINNELANDSE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
                      KOMMUNIKASIE EN KLIËNTESORG
VRAAG 9
9.1 Bestudeer die feiteblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Voor-Ekspo-fase (2013–2021)
     • November 2013: Dubai het die bod om Ekspo 2020 aan te bied gewen.
     • Maart 2016: Bouwerk begin by die Dubai Ekspo 2020-terrein, wat omtrent die
       grootte van 600 sokkervelde is.
     • Meer as 50% van die kontrakgeleenthede vir Ekspo 2020 is aan klein en medium
       ondernemings toegestaan.
     • 50% van die terrein het deel gevorm van die Ekspo-area, terwyl die oorblywende
       grond gewy is aan ondersteunende fasiliteite soos die Ekspo 2020 behuising,
       pakhuise, terreinbestuurbedrywighede, vervoer, hotelle en ŉ openbare park.
     • 15 vervoer-infrastruktuurprojekte is van stapel gestuur, insluitend opgraderings
       aan lughawens, die bou van paaie en brûe, en die uitbreiding van die Dubai
       Metro-treinstelsel.
     • Ekspo bou- en infrastruktuurkoste is op VS$10,3 miljard (ZAR 155 miljard)
       geraam.
                                Tydens-Ekspo-fase (2021–2022)
     • Oktober 2021 tot Maart 2022: Die Ekspo-terrein word lewendig met honderde
       plattelandse pawiljoene, wat 192 nasies verteenwoordig, ook Ekspo-
       medewerkerpawiljoene, organisasiepawiljoene en spesiale pawiljoene, 60
       regstreekse uitsendings elke dag, internasionale kookkuns wat by 200 Kos and
       Drank-afsetpunte aangebied word, ondersteun deur inspirerende kuns-, kultuur-
       en musiekprogramme.
     • Die helfte van die energie wat deur Ekspo 2020 gebruik word, is van hernubare
       bronne afkomstig.
     • 85% van alle afval wat deur Ekspo 2020 gegenereer is, is verminder, hergebruik,
       herwin en heraangewend deur afval in alles van kunsmis tot T-hemp-
       aandenkings te verander.
                          Post-Ekspo Nalatenskap-fase (2022–2032)
     • April tot Oktober 2022: Die Ekspo 2020-terrein is in Distrik 2020 omskep deur
       meer as 80% van Ekspo 2020 se beboude omgewing te behou.
     • Distrik 2020 sluit residensiële areas, kommersiële areas en wêreldklas innovasie,
       opvoedkundige, kulturele en vermaaklikheidsfasiliteite in.
     • Sommige internasionale en plaaslike kommersiële huurders het reeds ingekoop,
       maar baie meer korporasies asook klein en mediumgrootte ondernemings sal
       gewerf moet word om Ekspo 2020 se ambisieuse nalatenskapvisie te vervul.
                                                      [Aangepas uit www.expo2022dubai.com]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                                          TOERISME                         (EC/SEPTEMBER 2022)

      9.1.1    Ekspo 2020 Dubai word beskou as die grootste wêreldwye
               geleentheid wat sedert die begin van die Covid-19-pandemie gehou
               is.

               Gee EEN rede waarom Ekspo 2020 as ŉ globale gebeurtenis
               geklassifiseer word.                                                          (2)

      9.1.2    Identifiseer TWEE maniere waarop die gasheerland ŉ geleentheid
               met ŉ positiewe volhoubare omgewingsimpak gelewer het.                        (4)

      9.1.3    Die geraamde VS$10,3 miljard wat die regering gedurende die drie
               fases van Ekspo 2020 bestee het, het ŉ vermenigvuldigingseffek
               geskep wat ŉ positiewe impak op Dubai se ekonomie gehad het.

               Motiveer hierdie stelling.                                       (3 x 2)      (6)

 9.2 Bestudeer die statistieke oor Suid-Afrika se buitelandse toeriste-aankomste
     hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                              [Bron: www.statssa.gov.za]

      9.2.1    (a)    Identifiseer die tendens wat in toeriste-aankomste in Suid-
                      Afrika van April tot September 2020 vertoon word.                      (2)

               (b)    Lys EEN Covid-19-beperkende (voorkomende) maatreël deur
                      die Suid-Afrikaanse regering geïmplementeer, wat gelei het tot
                      die tendens wat in VRAAG 9.2.1 (a) geïdentifiseer is.                  (2)

      9.2.2    (a)    Identifiseer die tendens in Suid-Afrika se maandelikse toeriste-
                      aankomste in 2020 in vergelyking met 2019.                             (2)

               (b)    Bepaal die TWEE maande van 2020, in vergelyking met
                      2019, wat uitsonderings getoon het op die tendens wat in
                      VRAAG 9.2.2 (a) geïdentifiseer is.                    (2 x 1)         (2)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    TOERISME                                             27

 VRAAG 10

 Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 10.1    Ubuntu Burger Hut, ŉ kitskos-onderneming, gebruik QR-kodes op die
         verpakking van hul kos om kliëntterugvoer in te samel.

         Identifiseer die tipe toestel wat Ubuntu Burger Hut se kliënte sal gebruik om
         die QR-kode te skandeer om aan die opname deel te neem.                          (2)

 10.2    Verduidelik hoe Ubuntu Burger Hut sy kliënte oor die doel van die opname
         inlig.                                                                           (2)

 10.3    Gee DRIE redes waarom Ubuntu Burger Hut QR-kodes gekies het as ŉ
         metode om terugvoer van kliënte in te samel om kliëntediens te verbeter.
                                                                           (2 x 3)        (6)
                                                                                         [10]

                                                            TOTAAL AFDELING E:            30
                                                                GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2022-afrikaans-final/1403b445-16b4-4547-88df-afa43f0bb468) — Tourism · Memo · 2022 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2021-afrikaans/8d4e0a48-41bd-4f17-9702-13e63e5d88d6) — Tourism · QP · 2021 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Tourism · Memo · 2023 · Afr
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept2021-afrikaans/c19a9879-1d59-45fa-8093-3df7639fa1d4) — Tourism · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr12 Tourism Errata SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-errata-sep-2022-question-paper/5bcec1ac-12f8-41c1-9982-d8ba45ec098c) — Errata · 2022
- [Tourism May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919) — QP · 2022 · Afr
- [Tourism May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-eng/2c8a97ea-1bff-4566-9426-44c394dea649) — QP · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
