# Tourism Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-afr/d45389bd-c17a-4c88-9347-2ffe4e468b36
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC June 2018 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-afr/d45389bd-c17a-4c88-9347-2ffe4e468b36)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                     TOERISME

                                         2018

                                                                      PUNTE: 200

                                                                        TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                                    DBE/2018
                                              SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af.
H
5.         Toon ALLE berekeninge vir die bewerkings.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van
           jou antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                          TYD
 AFDELING                               ONDERWERP                          PUNTE
                                                                                        (minute)
      A          Kortvrae                                                     40              20

                 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse valuta-
      B                                                                       50              50
                 verhandeling

                 Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
      C                                                                       50              50
                 Erfenistoerisme; Bemarking

                 Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
      D                                                                       30              30
                 Toerisme

                 Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
      E                                                                       30              30
                 Kommunikasie en Kliëntediens
                                                              TOTAAL         200           180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      3                                       DBE/2018
                                             SSE

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

           1.1.1      Die reisdokument wat in 'n paspoort aangebring word wat toegang
                      tot 'n buitelandse bestemming verleen.

                      A   Internasionale bestuurslisensie
                      B   Toeristevisum
                      C   Geelkoorssertifikaat
                      D   Geboortesertifikaat

           1.1.2      Goeie raad wat aan 'n toeris gegee word met betrekking tot
                      veiligheid in die buiteland:

                      A   Hou altyd groot bedrae kontant by jou.
                      B   Vertoon duur kameratoerusting.
                      C   Verseker dat kamersleutels sigbaar is.
                      D   Hou afskrifte van reisdokumente by jou.

           1.1.3      Reistoelae is deel van …-regulasies van 'n land.

                      A   visum
                      B   paspoort
                      C   doeane
                      D   verhandelings

           1.1.4      … skommelings in die wisselkoers sal 'n invloed hê op uitgaande
                      toeriste wat buitelandse valuta net voor hul internasionale vlugte
                      koop.

                      A   Daaglikse
                      B   Maandelikse
                      C   Kwartaallikse
                      D   Jaarlikse

           1.1.5      Die afgradering van Suid-Afrika se ekonomiese status in 2017 deur
                      sekere graderingsagentskappe het … tot gevolg gehad.

                      A   die versterking van die waarde van die rand
                      B   'n daling in die waarde van die Amerikaanse dollar
                      C   'n styging in die wisselkoers van die rand
                      D   die ekonomiese resessie in Suid-Afrika

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      4                                    DBE/2018
                                             SSE

           1.1.6      Die ikone wat in Frankryk aangetref word:

                      A

                      B

                      C

                      D

           1.1.7      Die hoogste bergpiek in die wêreld wat deel van die Himalajas is:

                      A   Fuji
                      B   Switserse Alpe
                      C   Everest
                      D   Ayers-rots

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      5                                    DBE/2018
                                             SSE

           1.1.8      Die land waar die ikoon hieronder aangetref word:

                      A   Brasilië
                      B   Argentinië
                      C   Rio De Janeiro
                      D   Meksiko

           1.1.9      Die plek waar een van die grootste menseslagtings (grootskaalse
                      doodmaak van mense) gedurende die Tweede Wêreldoorlog
                      plaasgevind het:

                      A   Berlynse Muur
                      B   Kremlin
                      C   Auschwitz
                      D   Rooi Plein

           1.1.10     'n Faktor wat daartoe bydra dat Machu Picchu 'n suksesvolle
                      toeristebesienswaardigheid is:

                      A   Machu Picchu beperk die aantal toeriste wat die
                          besienswaardigheid besoek.
                      B   Toeriste wat Machu Picchu besoek, kry gratis verblyf.
                      C   Toeriste in rolstoele word nie toegelaat om Machu Picchu
                          te besoek nie.
                      D   Machu Picchu adverteer nie hulle toeristepakkette nie.

           1.1.11     Menseregte in die toerismebedryf kan beskryf word as …

                      A   stappe wat gedoen word tydens onderhandelings oor lone in
                          die werksplek.
                      B   die hantering van alle individue op 'n respekvolle en regverdige
                          manier.
                      C   'n toerisme-onderneming wat ekonomiese voordele vir hulleself
                          verkry.
                      D   die verantwoordelikhede van verbruikers wanneer hulle by 'n
                          winkelsentrum inkopies doen.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     6                                    DBE/2018
                                            SSE

           1.1.12     Verantwoordelike en volhoubare toerisme fokus op …

                      A   die dra van verbode produkte tydens vakansies.
                      B   die bevordering van goeie internasionale betrekkinge en
                          nasiebou.
                      C   roekelose bestuur in die buiteland.
                      D   die besparing en bewaring van bronne vir die nageslag.

           1.1.13     Laura is 'n sjef by 'n restaurant. Die geskikste kleredrag wat by
                      haar kernpligte sal aanpas, is:

                      A

                      B

                      C

                      D

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        7                                     DBE/2018
                                               SSE

           1.1.14     Verpligte inligting wat by 'n dienskontrak ingesluit word:

                      A   Vorige werkgewer
                      B   Persoonlike waardes
                      C   Belastingterugbetalings
                      D   Kernpligte

           1.1.15     'n Faktor wat tot die professionele beeld van 'n toerismebesigheid
                      bydra:

                      A   Omgewingsbeleidstukke
                      B   Afsterwebeleidstukke
                      C   Aftredebeleidstukke
                      D   Aankopebeleidstukke

           1.1.16     Die vraag na toerisme sal afneem by bestemmings waar daar 'n
                      toename in … is.

                      A   burgerlike konflik
                      B   kliëntelojaliteit
                      C   maatskaplike belegging
                      D   plaaslike aankope

           1.1.17     Die volle naam vir G8 in die 2016-logo hieronder is …

                      A   Agt Golf-leiers.
                      B   Agt top Duitse ekonomieë.
                      C   Groot agt lande.
                      D   Geskenke van agt regerings.

           1.1.18     Kultuurtoeriste sal graag hierdie aktiwiteite in hulle reisprogram wil
                      insluit wanneer hulle Mpumalanga besoek:

                      A   Ski en sneeubord-ry
                      B   Wildbesigtiging en tradisionele danse
                      C   Strand toe gaan en snorkel
                      D   Saam met dolfyne swem en kanoevaart

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       8                                     DBE/2018
                                              SSE

           1.1.19     Deur 'n diensleweringsopname te gebruik, kan die eienaar van 'n
                      bed-en-ontbytonderneming bepaal …

                      A   hoeveel toeriste 'n motor by hulle sal huur.
                      B   wat die waarde van die eiendom is met die doel om dit te
                          verkoop.
                      C   wat die tevredenheidsvlakke van gaste by die onderneming is.
                      D   wat die besettingstariewe is wat deur mededingers in die
                          bedryf gehef word.

           1.1.20     'n Opskrif wat die proses in die vloeidiagram hieronder beskryf:

                                 Toeriste wat 'n wêreldgebeurtenis bywoon,
                                  betaal hulle rekenings by 'n restaurant.

                                    Die restaurant koop groente en vleis
                                   by die plaaslike supermark en slaghuis.

                                  Die supermark en slaghuis koop groente
                                       en vleis by die plaaslike boere.

                            Al die personeel wat by die restaurante, supermarkte,
                           slaghuise en op plase werk, spandeer die geld wat hulle
                                    verdien het in die plaaslike ekonomie.

                     A    Vrywillige donasie/skenking
                     B    Ekonomiese ontwrigting
                     C    Wêreldresessie
                     D    Vermenigvuldigereffek                                    (20 x 1)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      9                                      DBE/2018
                                             SSE

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
           woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    Toring van Londen; Rio de Janeiro; ewenaar; UNESCO;
                             onvoorsiene gebeurtenis; UNWTO; UTK;
                   Brasilië; wêreldsportgebeurtenis; Eiffel-toring; breedtelyne

           1.2.1      Die organisasie verantwoordelik vir die insameling van toerisme-
                      statistieke oor wêreldreise                                                  (1)

           1.2.2      Die kroonjuwele word met hierdie ikoon geassosieer                           (1)

           1.2.3      Die term wat gebruik word om die 2023 Wêreldbeker-rugbytoernooi
                      te beskryf                                                                   (1)

           1.2.4      Hierdie denkbeeldige lyn staan ook as die 0°-lengtelyn bekend                (1)

           1.2.5      Die Standbeeld van Christus die Verlosser word in hierdie land
                      aangetref                                                                    (1)

1.3        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
           neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.

           1.3.1      (Toiletware/Etes) maak deel uit van die begroting wat deur 'n
                      reisagent saamgestel word.                                                   (1)

           1.3.2      Volgens SAToerisme word toeriste wat van Mauritius afkomstig is,
                      as Suid-Afrika se (lug/land)-bronmarkte beskou.                              (1)

           1.3.3      Die Wimbledon-tennistoernooi het 'n positiewe invloed op die
                      ekonomie van (Londen/New York) as die gasheerstad.                           (1)

           1.3.4      Passasiers wat van oos na wes oor die IDL vlieg, sal 'n dag
                      (bykry/verloor).                                                             (1)

           1.3.5      Die 2018 COP24 is            'n   konferensie   oor   (dienslewering/
                      klimaatsverandering).                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      10                                DBE/2018
                                             SSE

1.4        Kies die prent uit KOLOM B wat by die faktore wat tot 'n suksesvolle
           besienswaardigheid bydra in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs
           die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
           byvoorbeeld 1.4.6 K.

                       KOLOM A                             KOLOM B
           1.4.1     Misdaadvoorkoming       A

           1.4.2     Voorkoms en             B
                     instandhouding van
                     'n besienswaardigheid

           1.4.3     Bemarking van die       C
                     besienswaardigheid

           1.4.4     Universele              D
                     toeganklikheid

           1.4.5     Bekwame en etiese       E
                     gedrag van personeel

                                             F

                                                                                (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       11                                     DBE/2018
                                              SSE

1.5        Bestudeer die bladsy met 'Vrae wat gereeld gevra word' van die TOMSA-
           boekie hieronder.

           Pas die antwoorde (in die blokkie hieronder) by die 'Vrae wat gereeld gevra
           word'. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in
           die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 verblyf.

                       bemarking;    1%;    80%;      SAToerisme;    toeriste;
                         verblyfondernemings;     lugdienste;  verpligtend;
                                         vrywillig;    FTT

                   Vrae Wat Gereeld Gevra Word

                                                                  1.5.2
                                                                  Waarvoor word die
              1.5.1                                               toerismeheffing
              Hoeveel is die                                      gebruik?
              toerismeheffing?

                                                                    1.5.3
                                                                    Watter toerisme-
                                                                    besigheid vorder die
                                                                    heffing in?

               1.5.4
               Is die invordering
               van die toerisme-                                     1.5.5
               heffing verpligtend                                   Wie betaal die
               of vrywillig?                                         toerismeheffing?

                                                                                                 (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     12                                     DBE/2018
                                            SSE

AFDELING B:          KAARTWERK    EN    TOERBEPLANNING;                BUITELANDSE
                     VALUTAVERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord
           die vrae wat volg.

                                                                            Perth

                                            Parys

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      13                                   DBE/2018
                                             SSE

                     DIE 2019 FIFA-WÊRELDBEKERTOERNOOI VIR VROUE

           Suid-Afrikaanse sokkerondersteuners gaan na Parys, Frankryk, vlieg om na
           sommige van die Wêreldbekerwedstryde te gaan kyk. Hulle sal om 20:00 op
           Woensdag, 5 Junie 2019 vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe
           vertrek. Hulle totale vliegtyd sal 11 uur wees. Hulle gaan in Frankryk bly vir
           die duur van die Wêreldbeker. Daarna gaan hulle 'n paar dae in drie lande in
           die noord-ooste van Europa deurbring wat grense met Frankryk deel.

           LET WEL: Frankryk pas DBT toe.

           2.1.1      Noem die visum waarvoor Suid-Afrikaners sal moet aansoek doen
                      om Frankryk te mag binnegaan.                                              (1)

           2.1.2      Maak 'n lys van DRIE stawende dokumente wat saam met die
                      aansoek vir die visum in VRAAG 2.1.1 ingedien moet word.                   (3)

           2.1.3     (a) Bereken hoe laat kykers in Perth, Australië, na die lewendige
                         uitsending van die openingseremonie op televisie sal kan kyk.           (5)

                     (b) Bereken hoe laat die Suid-Afrikaanse ondersteuners in Parys,
                         Frankryk, sal aankom.

                          LET WEL: Toon ALLE berekeninge                                         (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     14                                         DBE/2018
                                            SSE

2.2                                DAGLIGBESPARINGSTYD
                        Dagligbesparingstyd 2019 in Frankryk begin om
           02:00 op Sondag, 31 Maart en sal om 03:00 op Sondag, 27 Oktober eindig.
           2.2.1      Verduidelik EEN rede waarom Suid-Afrikaanse sokker-
                      ondersteuners wat die Wêreldbeker bywoon van DBT in hulle
                      reisbeplanning bewus sal moet wees.                                             (2)
           2.2.2      Verduidelik TWEE tyd-verwante voordele vir Suid-Afrikaanse
                      ondersteuners terwyl hulle by die 2019 FIFA-Wêreldbekertoernooi
                      vir Vroue in Parys is.                                                          (4)
2.3        Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
           Die Suid-Afrikaanse sokkerondersteuners wil langer in Europa vertoef na die
           afloop van die 2019 FIFA-Wêreldbekertoernooi vir Vroue. Hulle beplan om
           DRIE lande in die noord-ooste van Europa te besoek wat grense met
           Frankryk deel. Hulle gaan die EuroRail gebruik om na hierdie lande te reis.
                  KAART VAN LANDE WAT GRENSE MET FRANKRYK DEEL

                                                            [Aangepas uit http://nissanmaxima.me]

           2.3.1      Logiese roetebeplanning     is   'n      belangrike     oorweging      vir
                      internasionale reise.
                      Kies DRIE lande in noordoos-Europa wat 'n grens met Frankryk
                      deel, wat die Suid-Afrikaners kan besluit om te besoek.
                      Skryf slegs die vraagnommer en die name van die lande neer.                     (3)
           2.3.2      Noem die buurland wat NIE die euro as geldeenheid gebruik NIE.                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       15                                         DBE/2018
                                              SSE

2.4        Bestudeer die prent hieronder en antwoord die vrae wat volg.

                             VLUGVOOSHEID EN VLUGUITPUTTING

                              Langafstandvlugte kan 'n invloed op
                              die fisiese welstand van 'n toeris hê.

                                                            [Bron: http://www.huffingtonpost.co.za]

           2.4.1      Verduidelik die verskil tussen vlugvoosheid en vluguitputting.                   (4)

           2.4.2     (a) Verwys na die         prent   en   gee     TWEE      simptome        van
                         vlugvoosheid.                                                                 (4)

                     (b) Noem TWEE maniere waarop die simptome                          wat    in
                         VRAAG 2.4.2(a) gegee is, verminder kan word.                                  (4)
                                                                                                       [38]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         16                                        DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die prent en die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die
           vrae wat volg.

                                          FOOITJIES ('TIPS')
                       'n Internasionale besoeker het 'n fooitjie vir die kelner
                           op die tafel in 'n restaurant in Suid-Afrika gelos.

           LAND                    VALUTAKODE                 BAK            BVK
           Verenigde               GBP                        16.00          16.06
           Koninkryk
           Europese lande          EUR                        13.60          13.70

           3.1.1      Identifiseer die valuta wat vir die kelner op die tafel gelos is.                  (1)

           3.1.2      (a) Tel die totale waarde van die buitelandsevaluta-note en
                          -kleingeld wat op die tafel gelos is, bymekaar.                                (1)

                      (b) Bereken hoeveel die kelner in rand kan verwag wanneer die
                          eienaar van die restaurant die valuta namens hom/haar
                          omruil.                                                                        (3)

3.2        'n Britse toeris het 27 Britse pond vir die kelner op die tafel gelos.

           3.2.1      Bereken die bedrag wat die kelner in rand ontvang het.

                      Toon ALLE berekeninge en rond jou antwoord tot TWEE desimale
                      plekke af.                                                                         (3)

           3.2.2      (a) Vergelyk die twee scenario's hierbo ten opsigte van die
                          waarde van die fooitjies wat die kelner ontvang het.                           (2)

                      (b) Verduidelik hoe die fooitjies ('tips') wat die kelner ontvang het,
                          tot die vermenigvuldigereffek in die nabygeleë gemeenskap
                          kan bydra.                                                                     (2)
                                                                                                         [12]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                   50

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      17                                     DBE/2018
                                             SSE

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Verwys na die leidrade hieronder en voltooi die blokkiesraaisel.

           Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.6) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.7 Eiffel-toring.

           LEIDRADE

                            AF                                   DWARS
           4.1.1 Gebou ter herdenking van die      4.1.2 Die struktuur wat afgebreek is
                 sultan se vrou                          om die val van kommunisme
                                                         te simboliseer
           4.1.3 Toeristebesienswaardigheid
                 ook bekend as Uluru               4.1.4 Ikoon in Portugal

                                                   4.1.5 Stad waar hierdie standbeeld
                                                         geleë is

                                                   4.1.6 Land waar hierdie multikuns-
                                                         sentrum geleë is
                                                                                 (6 x 1)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       18                                      DBE/2018
                                              SSE

4.2        Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     IS OPTELGOED HOUGOED?
           Vyfduisend artefakte* wat baie jare gelede by Machu Picchu opgegrawe is,
           word by die Universiteit van Yale se museum in die VSA bewaar. Die rede
           hiervoor is dat toe dit oorspronklik ontdek is, die Universiteit van Yale in die
           1900's die regte tot eienaarskap by die regering van Peru gekoop het.
           Akademici van Peru was destyds so gefassineer deur hulle antieke kultuur en
           erfenis dat hulle daarteen gekant was dat die artefakte uit die land geneem
           word. Sommige mense van Peru was van mening dat dit 'n belediging vir
           hulle was om Noord-Amerika toe te moet gaan om dit, wat eens in Peru en
           deel van die geskiedenis van hulle voorvaders was, te gaan bestudeer.
           Onderhandelinge is 'n paar jaar gelede tussen die Universiteit van Yale en die
           regering van Peru begin om sommige van die artefakte na die nuut
           gerestoureerde (herstelde) museum by Machu Picchu terug te bring. Yale is
           egter huiwerig om sekere van die artefakte terug te gee aangesien hulle b
           beweer dat hulle die wettige eienaars van die artefakte is. Peru het met
           'n hofgeding (hofsaak) teen Yale gedreig indien 'n ooreenkoms nie bereik
           word nie. Tot dusver is daar nog geen ooreenkoms bereik nie en die stryd om
           die artefakte na hul wettige eienaars terug te bring, duur voort.
           *Kultuurvoorwerpe van belang
                                                [Aangepas uit www.kimmacquarrie.com/peru-yale]

           4.2.1      Noem die antieke kultuurgroep wat met Machu Picchu verbind
                      word.                                                                         (1)
           4.2.2      Noem die kontinent waar Machu Picchu geleë is.                                (1)
           4.2.3      Verduidelik waarom hierdie ikoon gebou is.                                    (2)
           4.2.4      Hierdie ikoon is hoog in die berge van Peru ontdek.
                      Bespreek EEN rede waarom hierdie kultuurgroep sou verkies het
                      om so hoog in die berge te woon.                                              (2)
           4.2.5      Identifiseer TWEE maniere in die artikel waarop die regering van
                      Peru probeer om die belangrikheid van hierdie ikoon te laat herleef.          (4)
           4.2.6      In 'n paragraaf, verduidelik die meningsverskil oor die artefakte van
                      Machu Picchu.
                      Jou paragraaf moet op die volgende fokus:
                      • 'n Bespreking oor die meningsverskil tussen Yale en Peru ten
                         opsigte van die ikoon.                               (2 x 2)
                      • EEN argument ten gunste van Peru se standpunt.            (2)

                      LET WEL:       EEN punt sal toegeken word vir die formaat van die
                                     paragraaf wat volledige, goed saamgestelde sinne
                                     sonder 'bullets' of nommers bevat.             (1)             (7)
                                                                                                    [23]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      19                                      DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 5

Bestudeer die inligtingsbord hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      [Aangepas uit www.unesco.org]

5.1        Noem die tipe Wêrelderfenisterrein wat op die inligtingsbord getoon word.              (1)

5.2        Noem die provinsie waar die terrein in VRAAG 5.1 geleë is.                             (1)

5.3        Gee EEN rede waarom die UNESCO-logo's op die inligtingsbord verskyn.                   (2)

5.4        Op die inligtingsbord hierbo beweer UNESCO: 'Hierdie werke toon die
           evolusie van menslike beskawings en vestiging oor baie jare heen …'

           Stel TWEE kenmerke van hierdie terrein voor wat die evolusie van menslike
           beskawings aandui.                                                                     (4)

5.5        Verduidelik TWEE maniere waarop hierdie terrein van globale belang vir die
           nageslag is.                                                                           (4)
                                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         20                                    DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 6

Bestudeer die inligting uit die TOMSA-boekie hieronder en beantwoord die vrae wat
volg.

Ons Inisiatiewe:
•     Die Toerismeveiligheidsinisiatief (TVI/'TSI') is 'n nasionale misdaadvoorkomings-
      en slagofferondersteuningsprogram vir die toerismebedryf in Suid-Afrika. TVI help
      om misdaad in ons bedryf en land as 'n geheel uit te wis deur bronne in
      samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens te gebruik.
•     Om die groei en ontwikkeling van die toerismesektor te bevorder, die
      bemarkingsbegroting te vergroot en sodoende die aantal toeriste na Suid-Afrika
      te verhoog.
•     Om verhoudings met die Toerismebesigheidsraad van Suid-Afrika (TBRSA/
      'TBCSA') te versterk.
•     Om heffinginvorderaars 10% afslag aan te bied wanneer hulle by plaaslike en
      internasionale handelskoue as deel van die Suid-Afrikaanse uitstalruimte kom
      uitstal.

6.1        Naam die organisasie wat in die logo verteenwoordig word.                                 (1)

6.2        Noem     TWEE     maniere    waarop             die   Toerismeveiligheidsinisiatief
           toerismebesighede sal bevoordeel.                                                         (4)

6.3        Uit die inligting, identifiseer die volgende:

           6.3.1      EEN openbare entiteit wat saam met Suid-Afrika se
                      bemarkingsliggaam werk om die toerismebedryf in Suid-Afrika te
                      laat groei en ontwikkel                                                        (1)

           6.3.2      EEN organisasie wat saam met Suid-Afrika se bemarkingsliggaam
                      werk om die toerismebedryf in Suid-Afrika te laat groei en ontwikkel           (1)

6.4        Bespreek TWEE maniere hoe toerismebesighede uit die inisiatiewe in die
           artikel voordeel kan trek.                                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      21                               DBE/2018
                                             SSE

6.5        Gee die naam van die volgende:

           6.5.1      Die internasionale reishandelskou in Duitsland waar Suid-Afrika
                      bemark word.                                                           (1)

           6.5.2      Die plaaslike reishandelskou in Durban.                                (1)

6.6        Gee TWEE voorbeelde van e-bemarking wat gebruik word om Suid-Afrika as
           'n voorkeurbestemming te bemark.                                                  (2)
                                                                                             [15]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           50

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      22                                   DBE/2018
                                             SSE

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die prente van werknemers by 'n reisagentskap hieronder en antwoord die
vrae wat volg.

               ME. TEISTERING                               MNR. LUIAARD

7.1        Verduidelik die belangrikheid van 'n gedragskode by 'n reisagentskap.                (2)

7.2        Bespreek TWEE maniere waarop die onprofessionele gedrag van die
           personeel in die prente hierbo 'n negatiewe invloed op die werksetiek van
           ander personeellede in die reisagentskap kan hê, ten opsigte van:

           7.2.1      Teistering                                                                (4)

           7.2.2      Luiheid                                                                   (4)

7.3        Verduidelik TWEE maniere waarop die werkgewer die gevalle van
           onprofessionele optrede hierbo doeltreffend kan hanteer om produktiwiteit by
           die reisagentskap te verseker.                                                       (4)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        23                                      DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 8
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      DIE 'SWOP SHOP' – HELP KINDERS OMGEE
Toeriste wat Gansbaai vir haaihokduik besoek, word aangemoedig om die Gansbaai
'White Shark Swop Shop' te besoek.
Die Swop Shop is al sedert November 2007 in bedryf en bevorder ontwikkeling binne
die plaaslike gemeenskap.
Die kinders van Masekhane maak bottels, blikke, plastiek- en ander herwinbare
materiaal bymekaar in sakke wat by die Swop Shop afgelewer word. In ruil daarvoor,
verdien hulle kooppunte wat hulle in die winkel kan spandeer. Die winkel hou voorraad
aan soos skryfbehoeftes, basiese kosvoorraad en klere.
Die organiseerders van die projek glo dat die items wat bymekaargemaak word in ruil
vir iets in die winkel, die plaaslike kinders waardevolle lewenslesse leer, soos:
• Handelsvaardighede
• Die belangrikheid van herwinning
• Trots te wees op die netheid van hulle omgewing
• Om keuses te maak oor wat om in die winkel te koop
• Om hulle kooppunte te bestuur en om vir groter items in die winkel te spaar
Die White Shark Swop Shop-KMB('CSI')-inisiatief kombineer bewaring, maatskaplike
verbetering en opvoeding op 'n unieke manier.
                                                      [Aangepas uit www.whitesharkproject.co.za]

8.1        8.1.1      Uit die uittreksel hierbo is dit duidelik dat die primêre fokus van die
                      White Shark-projek die omgewings- en maatskaplike pilaar van
                      volhoubare toerisme is.
                      Identifiseer EEN voorbeeld hoe die ekonomiese pilaar by die Swop
                      Shop toegepas word.                                                             (2)
           8.1.2      Verduidelik DRIE maniere, uit 'n ekonomiese perspektief, waarop
                      die White Shark Swop Shop- projekorganiseerders die kinders van
                      Masekhane bemagtig om in selfonderhoudende individue te
                      ontwikkel.                                                                      (6)
8.2        Lees die slagspreuk hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                VERANTWOORDELIKE REIS:
                         PLAAS TERUG IN REIS WAT JY DAARUIT KRY

           Stel TWEE maniere voor waarop toeriste kan 'terugplaas in reis wat hulle
           daaruit kry', deur:
           8.2.1      Die plaaslike gemeenskap te ondersteun                                          (4)
           8.2.2      Die omgewing te bewaar                                                          (4)
                                                                                                      [16]
                                                                    TOTAAL AFDELING D:                30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      24                                    DBE/2018
                                             SSE

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                   TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

Lees die koerantberig hieronder en antwoord die vrae wat volg.

      VYF VORIGE PRESIDENTE VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA
              SAMEL FONDSE IN NA VERWOESTENDE ORKANE

Die vyf lewende voormalige (vorige) Amerikaanse presidente verskyn saam op die
verhoog by 'n fondsinsamelingsgeleentheid.

Orkaan Harvey het in 2017 Texas getref, Orkaan Irma het Florida getref en Orkaan
Maria het gedeeltes van die Karibiese Eilande verwoes. Dit het etlike honderde
sterftes en skade van miljarde dollar aangerig.

Fondse is tydens hierdie geleentheid ingesamel vir diegene wat deur hierdie
orkane geaffekteer is.

                                                         [Aangepas uit www.theguardian.com]

9.1        9.1.1      Gee 'n beskrywing van 'n orkaan.                                           (2)

           9.1.2      Bespreek TWEE redes waarom 'n gedeelte van die geld, wat deur
                      die voormalige presidente ingesamel is, op toerisme-infrastruktuur
                      in gebiede wat deur die orkane geaffekteer is, bestee moet word.           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       25                                   DBE/2018
                                              SSE

9.2        Suid-Afrika het in die laaste jare sy eie deel natuurrampe beleef, soos die
           verwoestende veldbrande gedurende 2017 in Knysna.

           Stel DRIE maniere voor waarop die toerismebedryf in Knysna van die
           veldbrandramp kan herstel.                                                             (6)

9.3        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    JOHANNESBURG IS TOPS
           Volgens MasterCard, was Johannesburg in 2016, vir die vierde jaar, die
           bestemmingstad wat die meeste uit 13 stede in Afrika besoek is.

                     2015                      2016               JAAR-TOT-JAAR-GROEI
           3,39 miljoen besoekers     3,6 miljoen besoekers           6,2% toename

           Die top bronmarkte na Johannesburg, besoekersgetalle en besteding word in
           die tabel hieronder gegee.

              TOP 5 STEDE VANWAAR                 GESKATTE               INTERNASIONALE
               JOHANNESBURG SE                 INTERNASIONALE               BESOEKER-
               BESOEKERS IN 2016                   OORNAG-                 BESTEDING IN
                AFKOMSTIG WAS                     BESOEKER-                 VS-DOLLAR
                                                   GETALLE
           1. Londen (Verenigde Koninkryk)          373 000               USD285 miljoen
           2. Harare (Zimbabwe)                     294 000               USD106 miljoen
           3. Frankfurt (Duitsland)                 233 000               USD84 miljoen
           4. Maputo (Mosambiek)                    185 000               USD41 miljoen
           5. Parys (Frankryk)                      163 000               USD155 miljoen
                                                    [Aangepas uit www.newsroom.mastercard.com]

           9.3.1      Noem die maatskappy wat die statistiek in die inligting hierbo
                      saamgestel het.                                                             (1)

           9.3.2      Gee die betalingsmetode wat           met    die    onderneming     in
                      VRAAG 9.3.1 geassosieer word.                                               (2)

           9.3.3     (a) Noem of die top 5 bronmarkte volgens besoekersgetalle of
                         besteding gerangskik is.                                                 (1)

                     (b) Gee EEN rede vir die antwoord op VRAAG 9.3.3(a).                         (2)

           9.3.4      Identifiseer die volgende markte:

                     (a) Die mark met die laagste besteding                                       (1)

                     (b) Die mark met die hoogste besteding                                       (1)

           9.3.5      Noem EEN manier waarop die stad Johannesburg die markte met
                      die laagste besteding se bestedingspatrone kan verhoog.                     (2)
                                                                                                  [22]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      26                                   DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 10

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              HOTELLE MOET HULLE AANLYN REPUTASIES BESTUUR

Die meeste toeriste lees aanlyn beoordelings as deel van hulle reisbeplanning. Hulle
besoek webtuistes waar beoordelings en graderings langs tariewe en
besprekingsopsies genoem word.

Hierdie aanlyn beoordelings sal 'n invloed op die toeris se keuse van verblyf hê.
Daarom moet 'n hotel sy aanlyn reputasie bestuur deur op alle beoordelings wat op die
internet geplaas word, te reageer.
                                                            [Aangepas uit www.reknown.com]

10.1       Noem EEN manier waarop terugvoering van klante reisbeplanning beïnvloed.           (2)

10.2       Stel EEN manier voor waarop 'n hotel op die volgende moet reageer:

           10.2.1     'n Positiewe aanlyn beoordeling van die hotel                           (2)

           10.2.2     'n Negatiewe aanlyn beoordeling van die hotel                           (2)

10.3       Verduidelik EEN rede waarom reaksie op aanlyn beoordelings by
           VRAAG 10.2 'n manier is om 'n hotel se aanlyn reputasie te bestuur.                (2)
                                                                                              [8]

                                                                TOTAAL AFDELING E:            30
                                                                    GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-eng/e8b76614-b222-42e7-840b-c3b598c524b5) — Tourism · QP · 2018 · Eng
- [Tourism May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-memo-afr/9fee089b-b7ad-49d3-9d06-6d5aa1d030c7) — Tourism · Memo · 2018 · Afr
- [TOURISM GR12 QP AFR SEPT 2018 D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-afr-sept-2018-d/d841bd0e-065c-4a14-a579-919ad2540b9a) — Tourism · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2018-question-paper/7f6437e1-fd32-4ff5-a9fb-f8eb60eaeefd) — Tourism · QP · 2018
- [Tourism Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-eng/1cf70fb1-0900-45ac-9086-9e77a9da7408) — Tourism · QP · 2018 · Eng
- [Tourism Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2018-afr/59b1055e-4ee8-4ac7-b985-3fac7c737c03) — Tourism · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
