# Tourism Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2019-afr/94458fec-1fd3-435d-b16f-813f074238ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2019-afr/94458fec-1fd3-435d-b16f-813f074238ac)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC June Exam · 2019. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                      TOERISME

                                          2019

                                                                        PUNTE: 200

                                                                         TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE berekeninge vir die bewerkings.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van
           jou antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

 AFDELING                               ONDERWERP                          PUNTE          TYD
                                                                                        (minute)
      A          Kortvrae                                                     40           20

      B          Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse valuta-             50              50
                 verhandeling

      C          Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en                      50              50
                 Erfenistoerisme; Bemarking

      D          Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike              30              30
                 Toerisme

      E          Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;              30              30
                 Kommunikasie en Kliëntediens

                                                              TOTAAL         200           180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       3                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

           1.1.1      'n Vlug vanaf Alaska na China kan veroorsaak dat 'n sporttoeris
                      aan … ly.

                      A   tuberkulose
                      B   cholera
                      C   vlugvoosheid
                      D   malaria

           1.1.2      'n Gesondheidsertifikaat wat vir reisverwante siektes vereis word:

                      A   SAID
                      B   Ebola
                      C   Geelkoors
                      D   Diarree

           1.1.3      'n Voorgestelde uitgawe wat by 'n reisbegroting ingesluit moet
                      word:

                      A   Sigarette
                      B   Alkohol
                      C   Versekering
                      D   Parfuum

           1.1.4      'n Voorbeeld van 'n belastingvrye toelating:

                      A   Twee liter wyn per persoon
                      B   Plante wat in 'n land ingebring word
                      C   Vuurwerke of plofstof
                      D   Medikasie sonder 'n voorskrif

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       4                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

           1.1.5      Die prent hieronder toon 'n afname in die waarde van die rand
                      teenoor die belangrikste geldeenhede. Dit het …

                      A   'n negatiewe uitwerking op die koopkrag van inkomende
                          internasionale toeriste.
                      B   'n positiewe uitwerking op die koopkrag van inkomende
                          internasionale toeriste.
                      C   'n positiewe uitwerking op die koopkrag van uitgaande Suid-
                          Afrikaanse toeriste.
                      D   geen uitwerking op die koopkrag van uitgaande Suid-
                          Afrikaanse toeriste nie.

           1.1.6      Rotslae wat deur baie jare heen deur die vloei van die Colorado-
                      rivier ontbloot is, het hierdie ikoon op die volgende kontinent
                      gevorm:

                      A   Suid-Amerika
                      B   Noord-Amerika
                      C   Afrika
                      D   Europa

           1.1.7      By hierdie ikoon kan toeriste die koop van plaaslik gekweekte
                      vrugte en groente ervaar en ook 'n voorsmakie van plaaslik
                      voorbereide kosse kry:

                      A   Switserland
                      B   Mekka
                      C   Drywende markte
                      D   Chichen Itza

           1.1.8      'n Eienskap van 'n suksesvolle toeristebesienswaardigheid:

                      A   Dit vorm deel van toeriste se moet-sien-lys as 'n
                          besienswaardigheid wat besoek moet word.
                      B   Dit is een van die Sewe Wonders van die Wêreld wat deur baie
                          toeriste besoek word.
                      C   Dit het 'n positiewe uitwerking op die plaaslike gemeenskap en
                          die omgewing.
                      D   Dit is deur Trip Advisor as een van die topbestemmings in die
                          wêreld aangewys.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       5                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

           1.1.9      Die Wêrelderfenisterrein wat vryheid en die oorwinning van die
                      menslike gees verteenwoordig:

                      A   iSimangaliso Vleilandpark
                      B   Robbeneiland
                      C   Mapungubwe Kulturele Landskap
                      D   Hominied-fossielterreine

           1.1.10     Suid-Afrika se huidige handelsmerkslagspreuk:

                      A   'Toerisme vir Almal' ('Tourism for All')
                      B   'Ons doen Toerisme' ('We do Tourism')
                      C   'Inspirerende Nuwe Maniere' ('Inspiring New Ways')
                      D   'Suid-Afrika se Speelgrond' ('South Africa's Playgrond')

           1.1.11     Die Sunshine-hotelgroep ondersteun die plaaslike jeug-
                      bemagtigingsprogram. Hierdie program is deel van die Sunshine
                      hotelgroep se …

                      A   KMB.
                      B   SAT.
                      C   DBT.
                      D   BBP.

           1.1.12     Hierdie pilaar van volhoubaarheid skep positiewe bewustheid van
                      kulturele erfenis en nasionale trots:

                      A   Ekonomiese
                      B   Maatskaplike
                      C   Omgewings-
                      D   Politiese

           1.1.13     'n Voorbeeld van 'n … wat aan 'n toerisme-verwante besigheid/
                      organisasie behoort.

                      A   kontrak
                      B   slagspreuk
                      C   visie
                      D   logo

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      6                                   DBE/2019
                                           SS/NSS

           1.1.14     'n Getekende ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer wat
                      inligting oor werksure, posbeskrywing en diensvoorwaardes bevat:

                      A   Vennootskapskontrak
                      B   Eienaarskapskontrak
                      C   Permanensiekontrak
                      D   Dienskontrak

           1.1.15     'n Gedragskode bevorder … in die werkplek.

                      A   e-leer
                      B   unievergaderings
                      C   eerlike aktiwiteite
                      D   loononderhandelings

           1.1.16     Die natuurramp wat in die satellietfoto van die Karibiese Eilande
                      hieronder uitgebeeld word:

                      A   Aardbewing
                      B   Grondstorting
                      C   Orkaan
                      D   Droogte

           1.1.17     'n Positiewe uitwerking vir plaaslike toerisme wanneer Suid-Afrika
                      'n wêreldgebeurtenis aanbied:

                      A   Plaaslike en internasionale toeriste betaal hoër pryse
                      B   Toeriste vanaf Noord-Amerika gaan op post-gebeurtenistoere
                      C   Baie Suid-Afrikaners verlaat die land om die buiteland te
                          besoek
                      D   Suid-Afrikaners reis na en spandeer geld by die gebeurtenis

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          7                                     DBE/2019
                                               SS/NSS

           1.1.18      'n Nadeel daarvan om EFO ('EFT') te gebruik om 'n betaling te
                       maak:

                       A     Die bank kan nie die betaling omkeer as die verkeerde
                             rekeningnommer ingesleutel is nie.
                       B     Daar is 'n klaringstydperk van drie maande voordat die betaling
                             verwerk kan word.
                       C     Die ontvanger moet op dieselfde tyd as die persoon wat die
                             transaksie doen aanlyn wees.
                       D     Die betaling kan slegs gedurende amptelike werksure binne-in
                             die bank gedoen word.

           1.1.19      Suid-Afrikaanse provinsies met … sal 'n groter aantal inkomende
                       internasionale toeriste hê.

                       A     vraglughawens
                       B     plaaslike lughawens
                       C     internasionale lughawens
                       D     lughawens in privaat besit

           1.1.20      'n Stap wat vereis word voordat 'n toerismebesigheid 'n intervensie
                       (ingrypings-)proses kan begin wat op terugvoering van kliënte
                       gebaseer is:

                       A     Adverteer vakatures in die maatskappy se nuusbrief
                       B     Ontwerp 'n aksieplan wat geïmplementeer kan word
                       C     Evalueer die sukses van die ingryping
                       D     Dien boekhourekords vir ouditdoeleindes in                               (20)

1.2        Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys
           hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers
           (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                    Japan;     Vryheidstandbeeld; banknote; bankaankoopkoers;
                             reisigerstjeks; internetbetaling; konsentrasie;
                                   Eiffeltoring; diversifikasie; Spanje

           1.2.1       Die beste vorm van betaling van klein bedrae sonder die gebruik
                       van tegnologie wanneer internasionaal gereis word                              (1)

           1.2.2       'n Elektroniese deposito vir 'n hotelbespreking                                (1)

           1.2.3       'n Geskenk van Frankryk aan die Verenigde State van Amerika                    (1)

           1.2.4       Stiergevegte is 'n kulturele aktiwiteit in hierdie land                        (1)

           1.2.5       Stel landelike gemeenskap in staat om deur inkomste uit toerisme
                       minder afhanklik van 'n enkele bedryf, soos boerdery, te wees                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       8                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
           die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.

           1.3.1       Die uitbarsting van die Kilauea-vulkaan in Hawaii is 'n voorbeeld
                       van 'n (natuurramp/wêreldgebeurtenis).                                     (1)

           1.3.2       Wanneer iemand deur 'n besmette muskiet gesteek word, kan dit
                       tot (ingewandskoors/geelkoors) lei.                                        (1)

           1.3.3       Daar word dikwels na (Chichen Itza/Machu Picchu) as die Verlore
                       Stad van die Inkas verwys.                                                 (1)

           1.3.4       (Ayers-rots/Koepel van die Rots) is op die Australiese kontinent
                       geleë.                                                                     (1)

           1.3.5       Om vir 'n vriend gratis toegang tot 'n besienswaardigheid te gee,
                       kan as (etiese/onetiese) optrede beskou word.                              (1)

1.4        Kies die voorbeeld uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                     KOLOM A                              KOLOM B
           1.4.1     Orkaan            A    'n Skudding het vir 20 sekondes lank die
                                            aardoppervlak in Meksiko hewig geskud wat
           1.4.2     Terrorisme             veroorsaak het dat geboue ineenstort en 370
                                            mense dood en 6 000 beseer is.
           1.4.3     Aardbewing
                                       B    Die Suid-Afrikaner, Kevin Anderson, het in
           1.4.4     Ongeluk                die finaal van die 2017 Amerikaanse Ope-
                                            tennistoernooi gespeel.
           1.4.5     Siektes
                                       C    Daar was in 2017 'n uitbreking van die plaag
                                            in Madagaskar.

                                       D    'n Man het skote uit sy hotelkamer op 'n
                                            skare van 22 000 toeriste by 'n konsert in
                                            Las Vegas geskiet.

                                       E    Ongeveer 70 000 mense is as gevolg van 'n
                                            verwoestende tropiese storm in Puerto Rico
                                            na veiligheid gebring.

                                       F    'n Vlug van Parys na Kaïro het in Mei 2016 in
                                            die Middellandse See as gevolg van onklaar
                                            enjin neergestort.
                                                                                   (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     9                                   DBE/2019
                                          SS/NSS

1.5        Identifiseer die VYF reisverwante dokumente (A–E) in die prent hieronder.
           Pas die dokumente by die beskrywings (1.5.1 tot 1.5.5) wat volg. Skryf slegs
           die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 F.

                                 REISVERWANTE DOKUMENTE

           1.5.1      Die verpligte dokument wat 'n bewys van voorkomende maatreëls
                      ten opsigte van reisverwante siektes is                                  (1)

           1.5.2      Die reisdokument wat die toegang- en uitgangstempels bevat van
                      lande of stede besoek                                                    (1)

           1.5.3      Die dokument waarop die sitpleknommer verskyn en wat toegang
                      tot die vliegtuig gee                                                    (1)

           1.5.4      Die reisdokument wat deur die Automobiel Assosiasie uitgereik
                      word                                                                     (1)

           1.5.5      Die dokument wat deur 'n ambassade uitgereik word wat toegang
                      tot die bestemmingsland gee                                              (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                               10                              DBE/2019
                                     SS/NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die scenario hieronder en
           beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     11                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

           SCENARIO
           Twee Britse toeriste, die 14-jarige Gareth en sy ma, het op 10 Mei 2019 vanaf
           die Londen-Heathrow-lughawe na die OR Tambo Internasionale Lughawe in
           Johannesburg gereis. Hulle vertrekvlug, wat op die elektroniese inligtingsbord
           van die vertreksaal in die prent hieronder getoon word, is met twee uur
           vertraag.
           Toe hulle in Suid-Afrika aangekom het, het hulle om 12:00 'n een-uur-
           aansluitingsvlug met Kulula.com na Durban geneem. Gareth het vanaf 12 tot
           14 Mei 2019 aan die internasionale branderplankkampioenskap in Durban
           deelgeneem. Gareth en sy ma het op 'n allesomvattende basis by die Blue
           Waves Hotel op die strandfront tuisgegaan en het die hotel se pendeldiens vir
           vervoer gebruik.
           Met hulle aankoms by die Sun Coast-strand in Durban, het Gareth vanaf
           16:00 tot 17:00 'n laatmiddag-branderplankoefensessie gehad. Daarna het hy
           sy afrigter in Londen gebel om oor die seetoestande in Durban verslag te
           doen.

                   LONDEN-HEATHROW-LUGHAWE – VERENIGDE KONINKRYK

           2.1.1      Noem die vlugnommer van die vlug na Johannesburg.                          (1)
           2.1.2      Die Verenigde Koninkryk het vanaf 25 Maart 2019                   tot
                      28 Oktober 2019 dagligbesparingstyd toegepas.
                      Gee EEN rede waarom dagligbesparingstyd by die vertrektye op
                      die elektroniese inligtingsbord in die prent hierbo ingesluit is.          (2)
           2.1.3      Die vlug na Johannesburg is met 2 uur vertraag.
                      Bereken die nuwe vertrektyd vir die vlug na Johannesburg.                  (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      12                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

2.2        2.2.1      Die vliegtyd vanaf die Londen-Heathrow-lughawe na die
                      OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg was 11 uur.

                      LET WEL:      Die vertrekvlug is met twee uur vertraag en DBT was
                                    reeds ingesluit.

                      Bereken die tyd en datum waarop hulle in Johannesburg
                      aangekom het. Toon ALLE berekeninge.                                       (6)

           2.2.2      Nadat Gareth sy branderplankoefensessie teen 17:00 voltooi het,
                      het hy sy afrigter in Londen gebel om oor die seetoestande in
                      Durban verslag te doen.

                      LET WEL:     Londen pas DBT toe.

                      Bereken hoe laat sy afrigter die oproep in Londen ontvang het.
                      Toon ALLE berekeninge.                                                     (4)

2.3        Gebruik die inligting wat in die scenario in VRAAG 2.1 gegee is om die
           tweede dag van Gareth en sy ma se reisprogram saam te stel.                           (5)

           LET WEL:      Dit sal tot jou voordeel strek om die formaat vir reisprogramme
                         te gebruik en volledige sinne in 'n paragraaf te skryf.                 (3)

2.4        2.4.1      Regulasies vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar, wat saam
                      met of sonder hulle ouers reis, het in 2014 in Suid-Afrika verander.
                      Daar word nou van kinders verwag om 'n bykomende
                      reisdokument by hulle te hê.

                      Behalwe vir 'n paspoort, noem die reisdokument wat Gareth as
                      gevolg van sy ouderdom by paspoortbeheer moes toon.                        (1)

           2.4.2      Verwys na die sporttoerusting wat Gareth in die prent by hom
                      gehad het.

                      Stel EEN manier voor waarop Gareth aan die bagasieregulasies
                      van die lugdiens kon voldoen.                                              (2)

           2.4.3      Verduidelik EEN rede waarom Gareth en sy ma deur die
                      sekuriteitskontrolepunt by die lughawe moes gaan voordat hulle na
                      Hek 14 kon gaan.                                                           (2)

           2.4.4      Noem EEN manier waarop Gareth en sy ma hulle handbagasie
                      veilig kon hou.                                                            (2)

2.5        2.5.1      Afgesien van Gareth en sy ma se bagasie, noem DRIE items wat
                      toeriste by hulle dra wat 'n permit vereis wanneer hulle Suid-Afrika
                      binnekom.                                                                  (3)

           2.5.2      Gareth en sy ma het deur die GROEN KANAAL op die OR Tambo
                      Internasionale Lughawe in Johannesburg gegaan.

                      Gee EEN rede waarom hulle deur die groen kanaal gegaan het.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     13                                   DBE/2019
                                           SS/NSS

2.6        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                GESONDHEIDSAANBEVELINGS
                           KYK MOOI NA JOUSELF WANNEER JY REIS

           Kry inentings                         Neem malariamedikasie

           Eet en drink veilig                   Voorkom insekbyte

           Bly weg van diere af                  Verminder jou blootstelling aan kieme

           Kies enige TWEE toepaslike gesondheidsaanbevelings hierbo.

           Verduidelik elke aanbeveling aan Gareth en sy ma om hulle vir hulle reis na
           Durban voor te berei.                                                                (4)

2.7        Kriminele aktiwiteite by die OR Tambo Internasionale Lughawe het
           daadwerklik toegeneem en toeriste is gewaarsku om versigtig te wees.

           Stel TWEE veiligheidsmaatreëls aan Gareth en sy ma voor nadat hulle op die
           OR Tambo Internasionale Lughawe in Suid-Afrika aangekom het.                         (4)
                                                                                                [43]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     14                                  DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 3

3.1        Gebruik die wisselkoerstabel hieronder om die vrae wat volg te beantwoord.

                                     WISSELKOERSTABEL
           GELDEENHEID                      BAK                         BVK
           Pond Sterling (GBP)             18.02                        18.10

           Met hulle aankoms in Suid-Afrika, het Gareth en sy ma GBP4000 vir
           Suid-Afrikaanse rand geruil.

           Bereken hoeveel hulle in rand ontvang het. Rond jou antwoord tot TWEE
           desimale af.                                                                        (3)

3.2        Gareth en sy ma het teen die einde van hulle reis ZAR2000 oorgehad en het
           die geld vir GBP op OR Tambo Internasionale Lughawe geruil voordat hulle
           vir hulle vlug terug na die VK aan boord gegaan het.

           Bereken die bedrag wat hulle in GBP ontvang het. Rond jou antwoord tot
           TWEE desimale af.                                                                   (3)

3.3        Noem EEN reisdokument wat Gareth se ma moes toon voordat sy valuta kon
           ruil.                                                                               (1)
                                                                                               [7]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       15                                 DBE/2019
                                             SS/NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Bestudeer die ikone hieronder en bantwoord die vrae wat volg.

           Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord in jou ANTWOORDEBOEK
           neer, bv. 4.1.6 Eiffeltoring.

                       A                         B                         C

                       D                         E                         F

                       G

           4.1.1      Gee die naam van die ikoon wat die amptelike woning van die
                      President van Rusland is.                                                 (1)

           4.1.2      Noem die stad waar ikoon C aangetref word.                                (1)

           4.1.3      Noem die kontinent waar ikoon E aangetref word.                           (1)

           4.1.4      Noem die ikoon by F.                                                      (1)

           4.1.5      Noem die land waar ikoon G aangetref word.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                 16                                    DBE/2019
                                                       SS/NSS

4.2         4.2.1         Noem die kulturele groep wat met ikoon E verbind word.                            (1)
            4.2.2         Gee EEN rede vir die oprigting van die ikoon by F.                                (2)
            4.2.3         Verduidelik EEN rede waarom die besienswaardigheid by B nie as
                          'n ikoon wat die VSA verteenwoordig, beskou kan word nie.                         (2)
4.3        Lees die inligting oor die ikoon Petra en antwoord die vrae wat volg.

                                             HET JY GEWEET???
               Daar word na Petra as Die Verlore Stad verwys.
               Dit is een van die Sewe Wonders van die Wêreld.
               Indiana Jones and the Holy Grail is in Petra verfilm.
               The Transformers: Revenge of the Fallen is in Petra verfilm.
               Ten minste 11 ander films is by Petra verfilm.

               INDIANA JONES AND                                             EEN VAN DIE SEWE
                 THE HOLY GRAIL                                           WONDERS VAN DIE WÊRELD

                  TRANSFORMERS:
               REVENGE OF THE FALLEN

                    RIGLYNE VIR VERANTWOORDELIKE TOERISME BY PETRA

           Moet asseblief nie         Beskerm en                Moet asseblief nie   Gooi alle rommel
            enige oudhede            respekteer die                  op die                weg
             (rots of munt-           erfenisterrein              monumente
           stukke) koop nie                                         loop nie

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      17                                       DBE/2019
                                            SS/NSS

                              TOEGANGSGELD VIR BESOEKERS
                          WAT VIR TEN MINSTE EEN NAG OORBLY
                 TOEGANGSKAARTJIE                      PRYS
                         Een dag                       50(JD)
                        Twee dae                       55(JD)
                         Drie dae                      60(JD)
           JD – Jordaniese dinar

                              BESOEKERSGETALLE AAN PETRA
                           JAAR                  GETAL BESOEKERS
                           2013                       574 729
                           2014                       551 491
                           2015                       410 371
                           2016                       464 154
                                                     [ Aangepas uit www.nationalgeographic.com]

           4.3.1      Noem die land waar die ikoon Petra aangetref word.                             (1)

           4.3.2      Gee EEN rede waarom daar na Petra as Die Verlore Stad verwys
                      word.                                                                          (2)

           4.3.3      Jy skryf 'n blog (elektroniese artikel wat op die internet gedoen
                      word) vir 'n reismaatskappy.

                      Bespreek Petra se sukses as 'n toeristebesienswaardigheid.
                      Sluit die volgende by jou blog in:

                         EEN neiging met betrekking tot besoekersgetalle aan Petra                  (2)
                         EEN kenmerk van Petra                                                      (2)
                         EEN positiewe invloed wat Petra as 'n gewilde plek vir films het           (2)
                         EEN bedreiging vir Petra                                                   (1)
                         TWEE maniere waarop die bedreiging wat hierbo geïdentifiseer
                          is, deur die owerhede van die land hanteer moet word. (2 x 2)              (4)
                                                                                                     [24]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      18                                     DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 5

Bestudeer die kaart van Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.

Die name van die terreine wat op die kaart hierbo verskyn, is volgens UNESCO se
inskrywings van Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine.

Ander name wat in Suid-Afrika vir sommige van die Wêrelderfenisterreine gebruik word,
sluit in:

Die Fossiel hominied-terrein (ook bekend as die Sterkfonteingrotte of die Wieg van die
Mensdom)
Maloti-Drakensbergpark (ook bekend as die uKhahlamba-Drakensbergpark)
                                                                [Aangepas uit www.unesco.org]

5.1        Skryf die letter van die Wêrelderfenisterrein neer wat in Limpopo geleë is.             (1)

5.2        Skryf die letter neer van die gemengde Wêrelderfenisterrein.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     19                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

5.3        Noem die provinsie waar Wêrelderfenisterrein B aangetref word.                        (1)

5.4        Noem die Wêrelderfenisterrein wat die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur
           insluit.                                                                              (1)

5.5        Gee EEN rede waarom die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap as
           'n Wêrelderfenisterrein verklaar is.                                                  (2)

5.6        Gee die name van die TWEE Wêrelderfenisterreine wat die volgende
           verteenwoordig:

           5.6.1      Antieke kulture                                                            (1)

           5.6.2      Antieke menslike fossiele                                                  (1)

5.7        Verduidelik die verskil tussen die iSimangaliso-vleilandpark en die Kaapse
           Blommeryk met betrekking tot diversiteit.                                             (4)
                                                                                                 [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     20                                       DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAAG 6
Bestudeer die webblad van Suid-Afrikaanse Toerisme hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.

                              SEPTEMBER IS TOERISMEMAAND
           EK DOEN TOERISME             Gelukkige Wêreld-            DOEN TOERISME
                                          toerismedag
                                                                TOMSA-heffingbydraers!!
                                                                Adverteer JOU Toerisme-
                                       Volg ons op Twitter,      maand-aanbiedinge by
                                          Facebook en                     ons!
                                            Instagram
                                                                 Kliek hier om uit te vind
                                                                  hoe jy jou besigheid
                                                                 GRATIS kan bevorder.
                                                              [Aangepas uit www.southafrica.net]

6.1        Gee die naam van die organisasie wat vir die invordering van die
           toerismeheffing verantwoordelik is.                                                     (1)
6.2        Identifiseer by wie sekere verblyfondernemings die 1%- toerismeheffing
           invorder.                                                                               (1)
6.3        Slegs sekere toerismebesighede vorder die 1%-toerismeheffing in en dit word
           op 'n vrywillige basis deur toerismebesighede gedoen.
           Bespreek TWEE redes waarom hierdie praktyk verander moet word, sodat
           alle toerismebesighede verplig sal wees om die 1%-toerismeheffing in te
           vorder.                                                                                 (4)
6.4        6.4.1       Verwys na die webbladsy en identifiseer EEN manier waarop
                       Suid-Afrikaanse Toerisme besighede wat tot die 1%-heffing bydra,
                       ondersteun.                                                                 (2)
           6.4.2       Verduidelik TWEE redes waarom besighede wat tot die
                       1%-toerismeheffing bydra, die ondersteuning waarna in
                       VRAAG 6.4.1 verwys word, moet benut.                                        (4)
6.5                  Die EK DOEN TOERISME-veldtog ('I DO TOURISM') is by die
                               2017 Toerisme-indaba bekendgestel.

           Stel EEN manier voor waarop hierdie veldtog jou, as 'n Toerismeleerder,
           aanmoedig om deel van toerisme in Suid-Afrika te wees.                                  (2)
                                                                                                   [14]
                                                                  TOTAAL AFDELING C:               50
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      21                                  DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

7.1        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Zach, 'n gekwalifiseerde toeroperateur, wil sy eie reisagentskapmaatskappy
           begin. Hy is daarvan bewus dat die professionele beeld van sy maatskappy
           vir die sukses van sy besigheid belangrik is.

           7.1.1      Verduidelik hoe die volgende tot die professionele beeld van Zach
                      se besigheid kan bydra:

                      (a)   Skryfbehoeftes met sy handelsmerk                                   (2)

                      (b)   'n Geskikte naam vir die besigheid                                  (2)

           7.1.2      Bespreek TWEE redes waarom die meeste toerismebesighede
                      verkies dat hulle personeel uniforms dra.                                 (4)

7.2        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           'n Besigheidskaartjie is 'n belangrik kommunikasie- en netwerkinstrument wat
           indirek vir bemarking gebruik word, maar wat dikwels nie effektief deur
           maatskappye gebruik word nie.

                                       BESIGHEIDSKAART

           7.2.1      Identifiseer TWEE items wat op die besigheidskaartjie hierbo
                      verskyn.                                                                  (2)

           7.2.2      Verduidelik TWEE redes waarom die besigheidskaart hierbo nie as
                      'n effektiewe kommunikasie- en netwerkinstrument, wat 'n
                      besigheid moet bevorder, beskou kan word nie.                             (4)
                                                                                                [14]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                   22                                      DBE/2019
                                         SS/NSS

VRAAG 8

Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   SUN MOUNTAIN LODGE – DIE SUKSESVERHAAL

Die Sun Mountain Lodge is oortuig daarvan dat hulle op die regte pad is om
verantwoordelik, volhoubaar en verantwoordbaar te wees. Die Sun Mountain Lodge is
naby die Batlokoa-gemeenskap op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal
geleë.

Van die hotel se belangrikste inisiatiewe om die pilare van volhoubaarheid te
inkorporeer, sluit in:
 Die interne koerant wat aan gaste gegee word, word op herwinde papier gedruk.
 Inligting oor die algemene bedrywighede van die lodge word op inligtingsborde,
    eerder as in inligtingsboekies, geplaas om die gebruik van papier te beperk.
 Gebruikte kookolie word aan 'n plaaslike boer (wat hulle groenteverskaffer is)
    geskenk wat biodiesel maak om die afleweringswaens aan die gang hou.
 Plaaslike kunshandwerkers word die geleentheid gebied om 'n ekstra inkomste te
    verdien deur die binneversiering van die Sun Mountain Lodge oor te doen.

Die Sun Mountain Lodge is besig om aansoek te doen vir hulle Fair Trade Tourism-
akkreditasie.
                                                    [Aangepas uit www.traveller24news.com]

8.1        Verwys na die uittreksel en identifiseer EEN voorbeeld van hoe die Sun
           Mountain Lodge effektiewe afvalbestuur toepas deur die volgende:

           8.1.1      Vermindering                                                              (2)

           8.1.2      Herwinning                                                                (2)

           8.1.3      Hergebruik                                                                (2)

8.2        Toerismebesighede moet vennootskappe met die gemeenskap aangaan
           waarin hulle besigheid doen.

           Verduidelik EEN manier waarop die Sun Mountain Lodge die plaaslike
           gemeenskap by hulle besigheidsbedrywighede betrek.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      23                                   DBE/2019
                                            SS/NSS

8.3        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  BILLIKE HANDEL IN TOERISME
           Die organisasie, Fair Trade in Tourism South Africa (FTTSA), het in Mei 2013
           hulle naam na Fair Trade Tourism (FTT) verander. Die rede hiervoor was om
           op streeksvlak 'n rolspeler in toerisme te word.

                   UIT MET DIE OUE                            IN MET DIE NUWE

           8.3.1      Gee die funksie van die Fair Trade Tourism-organisasie.                    (2)

           8.3.2      Stel EEN manier voor waarop die bestuurder van die Sun Mountain
                      Lodge die volgende 'Billike Handel-/Fair Trade'-beginsels kan
                      implementeer:

                      (a) Billike lone                                                           (2)

                      (b) Billike werksvoorwaardes                                               (2)

                      (c) Deursigtigheid                                                         (2)
                                                                                                 [16]

                                                                TOTAAL AFDELING D:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       24                                      DBE/2019
                                             SS/NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       BRASILIË EN SUID-AFRIKA SPAN KRAGTE SAAM

                     BRASILIË
                                                                    SUID-
                                                                    AFRIKA

           Die Minister van Buitelandse Sake van Brasilië het in 2017 Suid-Afrika
           besoek om bande tussen die twee lande te versterk en het die volgende
           gesê: 'Brasilië en Suid-Afrika het gemeenskaplike uitdagings as
           ontwikkelende lande en streef na demokrasie, menseregte en inklusiwiteit vir
           al hulle mense.'

           Die twee lande werk wêreldwyd op verskeie platforms saam, soos by die
           Verenigde Nasies, die BRICS-beraad en die G20.

           Brasilië en Suid-Afrika het albei hulle wêreldklas infrastruktuur en bewese
           organisasievermoë met die aanbied van wêreldgebeurtenisse getoon.
           Voorbeelde hiervan sluit die FIFA-Wêreldbekertoernooie wat in 2010 in Suid-
           Afrika en in 2014 in Brasilië gehou is in. Die Rio Olimpiese Spele en die
           Paralimpiese Spele is ook in 2016 in Brasilië gehou.
                                                                 [Aangepas uit www.sabc.co.za]

           9.1.1      Noem TWEE eienskappe wat die FIFA-Wêreldbekertoernooie en
                      die Olimpiese Spele gemeen het.                                                (4)

           9.1.2      Verwys na die uittreksel en identifiseer TWEE positiewe uitkomste
                      van die aanbied van die gebeurtenisse in VRAAG 9.1.1.                          (4)

           9.1.3      Verduidelik EEN positiewe invloed wat die aanbied van 'n
                      wêreldklas G20-beraad op die gasheerlande het.                                 (2)

           9.1.4      Politieke onstabiliteit in Brasilië of Suid-Afrika kan tot gevolg hê dat
                      hulle die bod om toekomstige BRICS-berade aan te bied, verloor.

                      In die lig van politieke onstabiliteit, bespreek TWEE faktore wat die
                      BRICS-keurkomitee in gedagte moet hou wanneer enige van die
                      lande hierbo oorweeg word om die beraad aan te bied.                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     25                                        DBE/2019
                                           SS/NSS

9.2        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     TOERISTE-AANKOMSTE UIT BRASILIË IN SUID-AFRIKA
                             JANUARIE TOT JUNIE 2016 EN 2017
           Toeriste wat na Suid-Afrika reis, word in inkomende buitelandse markte-
           kategorieë geplaas volgens hulle land van herkoms. 'n Vergelykende studie
           van al die opkomende lande het getoon dat Brasilië gedurende die
           2016–2017-tydperk die beste presteer het met 'n toename in internasionale
           toeriste-aankomste in Suid-Afrika.

           Die internasionale aankomstegetalle vir die eerste ses maande van elke
           jaar is:
                     JANUARIE–JUNIE 2016           JANUARIE–JUNIE 2017
                              18 202                        32 368

           Volgens die 2016-toerismejaarverslag was die gemiddelde bedrag wat 'n
           Brasiliaanse toeris in Suid-Afrika spandeer het, R17 400 per reis.

                                       [Aangepas uit www.statssa.gov.za en www.southafrica.net]

           9.2.1      Bereken   die     toename       in    inkomende     internasionale
                      aankomstegetalle vanaf Brasilië in die 2016–2017-tydperk.                      (2)

           9.2.2      Voorspel EEN uitwerking wat die antwoord in VRAAG 9.2.1 op
                      buitelandse verdienste vanaf Brasiliaanse toeriste sal hê.                     (2)

           9.2.3      SAToerisme het vasgestel dat Brasilië 'n opkomende mark is.

                      Stel DRIE maniere voor waarop SAToerisme die inligting uit die
                      statistiek kan gebruik om die Brasiliaanse mark verder te laat
                      groei.                                                                         (6)
                                                                                                     [24]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      26                                    DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 10

Bestudeer die terugvoeringsinstrument hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                          x
                                    EVALUEER ONS NOU
  Vertel ons van jou besoek.

  Voltooi die inligting in die spasies hieronder en druk die stuur-knoppie. Dankie vir jou
  terugvoering en ondersteuning!

       1. Gee ons 'n ster-gradering.

       2. Wat sal jy ander oor jou ervaring vertel?

       3. Vul jou naam en van in.
    Jou naam en van

       4. Vul jou e-pos adres in.
    naam@voorbeeld.com

                              STUUR EVALUERING
                                   REVIEW
                                                                [Bron: www.support.grade.ons]

10.1       Gee EEN manier waarop die voltooide terugvoeringsinstrument van die
           kliënte die toerismebesigheid gaan bereik.                                           (2)

10.2       Verwys na vraag 2 ('Wat sal jy ander oor jou ervaring vertel?') op die
           terugvoeringsinstrument.
           Gee TWEE redes waarom die toerismebesigheid hierdie vraag op die
           terugvoeringsinstrument ingesluit het.                                               (4)
                                                                                                [6]

                                                                TOTAAL AFDELING E:              30
                                                                    GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2019-eng/fb0c1369-5e9b-47eb-9a7d-2f1f9fc82614) — Tourism · QP · 2019 · Eng
- [Tourism May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2019-memo-afr/061b391e-64ab-4ba0-80ad-43f73331c1cd) — Tourism · Memo · 2019 · Afr
- [Tourism May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2019-memo-eng/f48b2851-1d2f-41a6-9689-db22d6f2b2b6) — Tourism · Memo · 2019 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-english/49d1fadc-36c9-4623-8171-d6c962ca190a) — Tourism · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
