# Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC June 2022 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                      TOERISME

                                          2022

                                                                     PUNTE: 200

                                                                       TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      2                                      DBE/2022
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde by VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE berekeninge.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                       TYD
AFDELING                            ONDERWERP                          PUNTE
                                                                                     (minute)
     A           Kortvrae                                                 40             20
     B           Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse Valuta-
                                                                          50             50
                 verhandeling
     C           Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
                                                                          50             50
                 Erfenistoerisme; Bemarking
     D           Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
                                                                          30             30
                 Toerisme
     E           Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
                                                                          30             30
                 Kommunikasie en Kliëntediens
                                                            TOTAAL       200            180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       3                                 DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

           1.1.1     Die toerismekonsep wat in 'n reisprogram kan voorkom wat die prent
                     hieronder beskryf:

                     A    Bestemming
                     B    Roetebeplanning
                     C    Geskeduleerde reisprogram
                     D    'n Aktiwiteit

           1.1.2     Die verskil tussen vlugvoosheid en vluguitputting:

                     A    Vlugvoosheid is reis tussen twee stede in 'n land en
                          vluguitputting is reis tussen twee stede in 'n buurland.
                     B    Vlugvoosheid is moegheid as gevolg van vlieg oor baie
                          tydsones en vluguitputting is moegheid as gevolg van 'n
                          langafstandvlug.
                     C    Vlugvoosheid is spanning op 'n vliegtuig wat deur windspoed
                          veroorsaak word en vluguitputting is erge moegheid gedurende
                          'n vlug as gevolg van die ouderdom van die vliegtuig.
                     D    Vlugvoosheid het beperkte of geen newe-effekte vir passasiers
                          nie, terwyl vluguitputting baie simptome het en hospitalisasie
                          kan vereis.

           1.1.3     Toeriste het nou die voordeel om hulle buitelandse valuta deur
                     hierdie aanlyn metode te verkry:

                     A    Forex
                     B    Aandelebeurs
                     C    Bitcoin
                     D    Banktoep ('Banking app')

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      4                           DBE/2022
                                           SS/NSS

           1.1.4     Die tydverskil tussen Londen en New York:

                           01:00 (+1)               09:00        14:00

                     A    3 uur
                     B    4 uur
                     C    5 uur
                     D    6 uur

           1.1.5     Die term wat gebruik word om die neiging wat in die grafiek
                     hieronder getoon word, te beskryf:

                                          VS-DOLLAR vs. RAND

                     A    Daaglikse skommeling
                     B    Bankverkoopkoers
                     C    Buitelandse valuta
                     D    Bankaankoopkoers

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       5                                  DBE/2022
                                            SS/NSS

           1.1.6     Die prent hieronder toon 'n antieke ikoon. Identifiseer die antieke
                     ikoon.

                     A    Berlynse Muur
                     B    Groot Muur van China
                     C    Sydney Operahuis
                     D    Groot Piramides van Giza

           1.1.7     uShaka Mariene-wêreld ('uShaka Marine World') maak voorsiening
                     vir mense met gestremdhede deur …

                     A    rolstoele by die ingang te verskaf.
                     B    die dienste van onbevoegde personeellede te beëindig.
                     C    te verseker dat alle toeriste skoon drinkwater het.
                     D    gebaretaal tot voordeel van visueel gestremde toeriste te
                          gebruik.

           1.1.8     Die verklaring van 'n nuwe Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika sal …

                     A    alle armoede en werkloosheid in die plaaslike gemeenskap
                          uitwis.
                     B    Suid-Afrika    negatiewe    mondelinge    reklame   in   die
                          internasionale gemeenskap gee.
                     C    toerisme-infrastruktuurontwikkeling   na      die   plaaslike
                          gemeenskap bring.
                     D    veroorsaak dat ander Wêrelderfenisterreine toemaak.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        6                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

           1.1.9     Die grootste bydraers tot die TOMSA-heffing:

                                 Bydraers tot die TOMSA-heffing

                         Motorverhuring

                         Reisagentskappe

                         B&O'e

                     A    Vervoersektor
                     B    Konferensiesektor
                     C    Reisbesprekingsektor
                     D    Akkommodasiesektor

           1.1.10    Die prent hieronder toon 'n ... tipe Wêrelderfenisterrein.

                     A    natuurlike
                     B    kulturele
                     C    gemengde
                     D    indringer-

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       7                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

           1.1.11    'n Voorbeeld van hoe lugdienste die plaaslike gemeenskap, wat
                     naby die lughawe geleë is, ondersteun:

                     A    Neem werkers uit 'n buurprovinsie in diens
                     B    Voer al hulle uniforms vanuit die buiteland in
                     C    Gee nuwe rekenaars aan 'n plaaslike skool
                     D    Skenk vliegtuigbrandstof aan die plaaslike petrolstasies

           1.1.12    Volhoubare toerismepraktyke in Suidelike Afrika word deur ...
                     geakkrediteer.

                     A    FTT
                     B    SAL
                     C    BAK
                     D    VSD

           1.1.13    'n Manier waarop 'n toerismebestemming omgewingsbewuste
                     toeriste kan lok:

                     A    Teken op aanlyn sporttydskrifte in
                     B    Adverteer plastiekverpakkingsprodukte op hulle webtuiste
                     C    Skenk geld aan internasionale mynmaatskappye
                     D    Publiseer hulle belofte tot volhoubare praktyke op hulle
                          webtuiste

           1.1.14    Een van die provinsies wat die grootste aantal internasionale
                     besoekers ontvang:

                     A    Noord-Kaap
                     B    Vrystaat
                     C    Limpopo
                     D    Gauteng

           1.1.15    Nagskof-ure vanaf … kan as billike werkstoestande beskou word.

                     A    23:00 tot 07:00
                     B    11:00 tot 07:00
                     C    19:00 tot 09:00
                     D    00:00 tot 23:00

           1.1.16    Die gedragskode gee riglyne oor die verwagte … by die werk.

                     A    gedrag
                     B    betaling
                     C    verlof
                     D    voordele

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       8                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

           1.1.17    Wanneer 'n klant met 'n koors hoër as (>) 37,5 °C 'n restaurant
                     binnegaan, is die restaurant verplig om soos volg op te tree:

                                                     > 37,5 °C
                                                     < 37,5 °C

                     A    Stuur die klant na die ISE ('ICU') by die naaste hospitaal
                     B    Laat dadelik 'n Covid-19-toets doen
                     C    Weier die klant toegang tot die restaurant
                     D    Kry dadelik 'n versterker('booster')-inenting

           1.1.18    'n Beraad is 'n … waar sake van internasionale belang bespreek
                     word.

                     A    politieke situasie
                     B    onvoorsiene gebeurtenis
                     C    byeenkoms van staatshoofde
                     D    byeenkoms van slegs SAOG-ministers

           1.1.19    Toeriste moet van hierdie kriminele aktiwiteite bewus wees wanneer
                     finansiële transaksies aanlyn gedoen word:

                     A    Hulle kredietkaarte kan beskadig of gekrap word.
                     B    Persoonlike inligting kan gesteel word wanneer 'n selfoon
                          gebruik word.
                     C    Persoonlike inligting kan gesteel word wanneer vir goedere en
                          dienste met kontant betaal word.
                     D    Persoonlike inligting kan gesteel word wanneer daar per tjek
                          betaal word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       9                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

           1.1.20    Volgens die statistiek in die 'Bestee'-kolom hieronder bestee
                     besoekers uit … die meeste geld wanneer hulle Suid-Afrika besoek.

                           SUID-AFRIKA SE BESTEDING EN AANKOMSTE (2019)
                             STREEK             BESTEE        AANKOMSTE
                                               (IN RAND)
                     Afrika                    34 431 514 535    6 602 000
                     Amerikas                  11 780 832 483      533 000
                     Asië en die Stille Oseaan  4 733 653 697      237 000
                     Australasië                2 490 378 950      128 000
                     Europa                    30 465 971 781    2 400 000
                     Midde-Ooste                   51 134 039        3 000
                     GROOTTOTAAL               83 953 485 482    9 903 000
                                                                   [Bron: www.statssa.gov.za]

                     A    Asië en die Stille Oseaan
                     B    Europa
                     C    Afrika
                     D    Amerikas                                                 (20 x 1)       (20)

1.2        Kies EEN woord/term uit die lys hieronder om elk van die volgende sinne te
           voltooi. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5)
           in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 bankaankoopkoers.

                  konferensie; positiewe; Limpopo; uitstaller; negatiewe;
              Mpumalanga; Victoria-waterval; koper; Niagara-waterval; avontuur

           1.2.1     Baie …-toeriste gaan by 'n ski-oord in die Swartwoud tuis.

           1.2.2     Maklike toegang tot 'n besienswaardigheid het 'n … besoekers-
                     ervaring tot gevolg.

           1.2.3     Die Barberton-Makhonjwa-berge is in … geleë.

           1.2.4     'n Buitelandse reisagent woon Afrika se Reis-Indaba as 'n … by
                     om luukse akkommodasie wat onlangs oopgemaak het, vir sy
                     kliënte te vind.

           1.2.5     Lagies ys vorm in die winter oor die …                          (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          10                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.

           1.3.1     Robbeneiland word as 'n (natuurlike/kulturele) Wêrelderfenisterrein
                     geklassifiseer.

           1.3.2     'n Toename in (volume/aansporings)                verwys     na    groter
                     besoekersgetalle aan Suid-Afrika.

           1.3.3     Suksesvolle toeristebesienswaardighede in Suid-Afrika verkry hulle
                     produkte hoofsaaklik by (plaaslike/globale) verskaffers.

           1.3.4     UNESCO-kriteria gebruik 'n (metrieke/Romeinse) nommeringstelsel.

           1.3.5     Die stad Venesië is op baie (eilande/heuwels) gebou.              (5 x 1)       (5)

1.4        Kies 'n term in KOLOM B wat pas by die 21ste-eeuse tegnologiese uitvindings
           in KOLOM A wat gebruik word om toeriste se ervarings te verbeter. Skryf
           slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                          KOLOM A                                  KOLOM B
           1.4.1     'n Digitale ervaring van 'n        A   biometriese skandering
                     bestemming wat besoek
                     gaan word                          B   e-Visum

           1.4.2     Gebruik die Wêreldwye Web          C   virtuele toer
                     en 'n slimfoon om aanlyn
                     besprekings te maak en vir         D   robotika-huishouding
                     veelvuldige toerismeprodukte
                     te betaal                          E   internet

           1.4.3     Verkry toegang tot jou             F   skootrekenaar
                     hotelkamer deur jou
                     vingerafdruk te gebruik

           1.4.4     'n Vereiste elektroniese
                     reisdokument

           1.4.5     'n Veilige en sekere kamer-
                     skoonmaakdiens in 'n hotel
                                                                                       (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        11                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

1.5        Reis binne Suid-Afrika se grense het die risiko van Covid-19-infeksie en
           -oordrag verhoog.

           Die Maharajah-gesin in die prentjie hieronder gaan vir hulle jaarlikse vakansie
           vanaf Durban na Johannesburg reis. Hulle sal die veiligste vervoeropsie
           oorweeg om die risiko van infeksie vir hulle gesin te voorkom. Die koste van
           die vervoer en die tyd wat die reis gaan neem, is nie 'n probleem nie. Alles
           gaan oor die veiligheid van die gesin.

           Kies VYF vervoeropsies hieronder wat die veiligste vir die Maharajah-gesin
           sal wees. Skryf slegs die letters (A–H) langs die vraagnommers
           (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.                                               (5)

            'n Nuwe Siening                                          Watter soort
                                                                   vervoer moet ons
                                                                       gebruik?

            van Ontspannings-
             reise

                                reisigers sal besluite neem op grond van gesondheids-
                                en higiëneprotokolle wanneer hulle 'n vervoermiddel
                                na 'n bestemming moet kies.

           A                          B                            C
           Gehuurde motor             Die Gautrein                 Luukse passasiersboot

           D                          E                            F
           Lugreise                   Trem                         Busse met slaapstoele
                                                                   ('Sleeper coaches')

           G                          H                            I
           Eie motor (selfbestuur)    Shosholoza Meyl              Mikroligte vliegtuig

                                                      [Aangepas uit www.advertising.expedia.com]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:                 40

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     12                                  DBE/2022
                                          SS/NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1     Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        Woorde met 'n asterisk (*) gemerk, word in die woordelys op die volgende
        bladsy verduidelik.

                                NUWE TOERISME-NEIGINGS
        INSTA-REIS*
        Hedendaagse reisigers kan onmiddellik hulle lekker toerisme-ervarings via
        Instagram aan die massas bekendmaak. 'n Nuwe toerisme-neiging is besig om
        pos te vat waar toeriste hierdie bestemmings wat hulle op Instagram gesien
        het, wil besoek. Een van hierdie bestemmings is 'n klein juweeltjie met die
        naam Old MacDoodle-plaas (@old_macdoodle's_farm) wat hier in Suid-Afrika
        in die Wes-Kaap weggesteek is.

                                MY STORIE
                                Ek is Brie Hart, 'n Spaanse burger, en ek woon in
                                Madrid. Ek is 'n ster('celebrity')-vlogger* en 'n
                                Instagram-beïnvloeder*. Insta-reis is my gunsteling
                                ding om te doen, so volg my soos ek na Old
                                MacDoodle-plaas naby Kaapstad in Suid-Afrika reis.
                                My vlug vertrek om 15:00 op 10 November 2021 en ek
                                het nie eers 'n visum nodig nie!

                                Ek gaan vir vier nagte bly en op 15 November 2021
        na Madrid terugkeer. Ek gaan met ekonomiese klas reis en in een van die
        Airstream-woonwaens* tuisgaan. Dit klink so opwindend; ek kan nie wag om
        my reis na Suid-Afrika met jou op my Insta-post* op Instagram te deel nie.

        OOR ONS
        Old MacDoodle-plaas is deels 'n karavaanpark en deels 'n
        ontwerpersplaaslodge. Hierdie plasie, wat in 'n pragtige, bergagtige deel van
        die Elginvallei naby Kaapstad geleë is, is 'n perfekte plek om net te ontspan.
        Old MacDoodle-plaas bied unieke akkommodasie, soos die Airstream-woonwa-
        eenhede, wat permanente karavane op die plaas is, teen R1 895 PPPN, asook
        gerieflike 'glamping'*-styl-tente.

        Old MacDoodle-plaas, net 'n uur buite Kaapstad en geleë tussen appelbome,
        bied oop ruimtes, bergpaadjies, 'n meer en baie buitelug-aktiwiteite.

        Geniet 'n heerlike plaasontbyt in die restaurant, wat daagliks vanaf 06:00 tot
        10:00 voorgesit word, of kies 'n voorafverpakte ontbytpakkie vir 'n
        vroegoggend-staproete op een van die vele bergpaadjies. Daar is oop ruimtes
        waar jy kan rondstap, die natuur kan bewonder, video's kan opneem en deel.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                           13                                      DBE/2022
                                                SS/NSS

                               BUITE-AANSIG VAN DIE WOONWAENS

                 AIRSTREAM-WOONWAENS
           BINNEKANT VAN WOONWA 1                          BINNEKANT VAN WOONWA 2

                                                              [Aangepas uit www.oldmacdaddy.co.za]

             WOORDELYS                                   VERDUIDELIKING
        Ster('celebrity')-vlogger       'n Persoon wat 'n video op sosialemedia-platforms
                                        plaas en wat 'n groot aantal volgelinge op hierdie
                                        platforms het
        Instagram-beϊnvloeder           'n Persoon wat die vermoë het om mense te oortuig
                                        om hulle menings en optrede op sosialemedia-
                                        platforms, soos Instagram, te volg
        Insta-reis                      Reis met die doel om foto's of video's te neem en dit
                                        dan op Instagram te plaas
        Insta-post                      'n Plasing op Instagram
        Airstream-woonwaens             'n Amerikaanse woonwa-handelsmerk met al die
                                        luukshede van 'n hotelkamer
        'Glamping'                      Luukse buitelug-akkommodasie in tente

        2.1.1        (a)   Voltooi die sin: Brie is 'n … tipe toeris.                                   (2)

                     (b)   Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.1.1(a).                             (2)

        2.1.2        Noem EEN kenmerk van Old MacDoodle-plaas as 'n bestemming,
                     wat by Brie se kliënteprofiel sal pas.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        14                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

        2.1.3        Gee TWEE redes waarom Brie gekies het om in die Airstream-
                     woonwa op die plaas tuis te gaan.                                             (4)

        2.1.4        Bereken die totale koste van Brie se akkommodasie vir vier nagte.             (2)

        2.1.5        Die onderstreepte woorde of frases in die reisprogram hieronder is
                     nie korrek nie omdat dit nie genoegsame en relevante inligting bevat
                     nie.

                     DAG 2:
                     Word vroeg wakker, eet ontbyt, neem na ontbyt foto's in jou kamer.
                     'n 2 uur lange begeleide staptog in die berge wat om 14:00 by die
                     restaurant begin.

                     Herskryf Dag 2 se inskrywing in Brie se reisprogram om al die
                     relevante inligting te gee wat sy mag nodig kry.                              (4)

        2.1.6        Stel EEN manier voor waarop Old MacDoodle-plaas hulle tegnologie
                     kan verbeter om aan hulle Insta-reisigers se vereistes te voldoen.            (2)

        2.1.7        Noem EEN verpligte reisdokument wat Brie vir haar reis na
                     Kaapstad sal nodig hê.                                                        (2)

        2.1.8        Brie het gespesialiseerde kameratoerusting wat sy na Kaapstad wil
                     neem.

                     Gee aan haar inligting oor hoe die lugdiens die toerusting tot by die
                     finale bestemming sal vervoer.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                 15                               DBE/2022
                                      SS/NSS

2.2     Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die reisinligting wat gegee is en
        beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         16                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

           Woensdag 10 November 2021

                                                                            EUR3 787.22

           2.2.1     (a)   Gee die vlugnommer vir Brie se vlug na Kaapstad.                        (2)

                     (b)   Sitpleknommer 20A op die vliegtuig is aan Brie toegeken.

                           Verduidelik waarna die letter 'A' met betrekking tot die ligging
                           van haar sitplek op die vliegtuig verwys.                               (2)

                     (c)   Verduidelik EEN rede waarom Brie die weerstoestande in ag
                           moet neem wanneer sy haar tasse vir die reis na Kaapstad pak.           (2)

           2.2.2     Nadat sy vier nagte by Old MacDoodle-plaas tuisgegaan het, sal Brie
                     na Madrid terugkeer.

                     Brie se terugvlug land om 17:00 op 15 November 2021 in Madrid.

                     Bereken hoe laat en op watter datum sy uit Suid-Afrika vertrek.               (6)

2.3        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                            DIE BEKENDSTELLING VAN 'N GLOBALE
                              COVID-19-PASPOORT VIR TOERISME
           Toerisme is wêreldwyd die hardste deur Covid-19 getref en het die beperking
           van alle beweging van mense tot gevolg gehad. Die enigste oplossing om
           toerisme wêreldwyd weer aan die gang te kry, was om bewyse van 'n inenting
           deur middel van 'n globale Covid-19-paspoort te hê. Die globale Covid-19-
           paspoort is 'n bykomende, verpligte gesondheidsdokument wat saam met die
           gewone paspoort en ander reisdokumente getoon moet word.

                                                                              [Bron: Eie teks]

           Dink jy dat die globale Covid-19-paspoort internasionale reise sal herstel?

           Gee TWEE redes vir jou mening.                                                          (4)
                                                                                                   [38]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        17                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 RAND/EURO-WISSELKOERSTABEL
                    LAND          VALUTAKODE       BAK                          BVK
           Italië                     EUR          17,12                        17,88

           3.1.1     'n Suid-Afrikaanse toeris is op pad Italië toe. Hy gaan na 'n
                     buitelandsevaluta-verhandelingskantoor op OR Tambo Internasionale
                     Lughawe. Hy het R50 500 wat hy vir euro wil wissel.

                     Bereken hoeveel hy in euro sal ontvang.                                       (3)

           3.1.2     Met sy terugkoms in Suid-Afrika gaan die toeris na 'n
                     buitelandsevaluta-verhandelingskantoor op OR Tambo Internasionale
                     Lughawe en wissel EUR200.

                     Bereken hoeveel hy in rand sal ontvang.                                       (3)

3.2        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Die volgende aankondiging het op 30 September 2020 op SARS se webtuiste
           verskyn:

                            'Heropening van aankoms- en vertrekhawens vir
                           internasionale beweging van persone en goedere'

           Die President van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa, het op 16 September 2020
           aangekondig dat reise na en vanaf Suid-Afrika vir besigheid, plesier en ander
                 doeleindes met ingang van 1 Oktober 2020 toegelaat sal word.

                                                                    [Bron: www.sars.gov.za]

           3.2.1     Hierdie aankondiging was goeie nuus vir die passasiersboot-
                     maatskappye.

                     Noem TWEE maniere waarop die terugkeer van die passasiersboot-
                     maatskappye na Suid-Afrikaanse hawens tot buitelandse-inkomste-
                     verdienste vir Suid-Afrika sal bydra.                                         (2)

           3.2.2     Bespreek TWEE maniere waarop die aankondiging hierbo en die
                     terugkeer van die passasiersboot-maatskappye 'n positiewe impak op
                     die BBP-groei in Suid-Afrika sal hê.                                          (4)
                                                                                                   [12]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          18                                          DBE/2022
                                               SS/NSS

AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
            TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Bestudeer die prentjies en beskrywings van wêreld-ikone hieronder en
           beantwoord die vrae wat volg.

                                            WÊRELD-IKONE

                   A                      B                           C

                      Kalksteen;                   Klip en              Sandsteen;
                     standbeeld;                  marmer;                monoliet;
                   antieke struktuur;            kloktoring;               kleur
                   naby die Nylrivier;           kerkplein;              verander;
                        naby die                 onstabiele              woestyn;
                      Piramides;                   grond;               Australiese
                         Farao                   Romeinse               inboorlinge
                                                     styl

                                                                              [Bron: Eie skepping]

           4.1.1     Teken die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor.

                     Gee die naam en die land vir ikoon A, B en C.

                         IKOON              NAAM VAN IKOON                        LAND
                           A
                           B
                           C                                                                             (6)

           4.1.2     Identifiseer die natuurlike ikoon in die prentjies hierbo.

                     Skryf slegs die letter          langs     die   vraagnommer         in     die
                     ANTWOORDEBOEK neer.                                                                 (2)

           4.1.3     Beskryf EEN unieke kenmerk van ikoon C wat baie toeriste lok.                       (2)

           4.1.4     Verduidelik EEN manier waarop ikoon A met die Farao's (konings)
                     verbind word.                                                                       (2)

           4.1.5     Noem EEN kenmerk wat deel vorm van die naam van ikoon B wat dit
                     'n toeristebesienswaardigheid maak.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         19                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

4.2        Lees die nuusberig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              NUWE VLOER VIR DIE COLOSSEUM

                Die huidige arena binne die             Ontwerp van die opgeknapte
                        Colosseum                      arena-vloer van die Colosseum

           Die oorblyfsels van die oorspronklike houtvloer van die Colosseum se arena
           is in die 19de eeu deur argeoloë (historiese wetenskaplikes) verwyder. Dit het
           al die kamers en tonnels onder die vloer waar swaardvegters en diere
           aangehou is, ontbloot.
           Die regering het in 2021 besluit om die houtvloer te herbou, wat toeriste in
           staat sal stel om na die middel van die arena te loop waar swaardvegters
           2 000 jaar gelede gestaan het. Die vloer sal van houtplanke gemaak word wat
           kan roteer (draai) om oop te maak om lig en lug na die ondergrondse areas te
           bring of wat toegemaak kan word om reën uit te hou. 'n Reënwater-
           opvangstelsel sal die hoeveelheid water op die vloer verminder en die
           reënwater sal in die openbare badkamers gebruik word. Die nuwe vloer sal
           die strukture en tonnels onder die vloer teen verdere skade beskerm.
           Daar word verwag dat die opknappingswerk teen 2023 voltooi sal wees en
           dat die arena vir die aanbied van kulturele gebeurtenisse gebruik sal kan
           word.
           Die Colosseum het in 2019 'n rekordgetal van 7,6 miljoen besoekers ontvang
           voordat die wêreldwye Covid-19-pandemie besoekersgetalle drasties laat
           afneem het.
                                                                [Aangepas uit www.bbc.com]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         20                                   DBE/2022
                                              SS/NSS

           4.2.1     Noem die stad en die land waar die herstelwerk aan die Colosseum
                     plaasvind.                                                                    (2)

           4.2.2     Baie mense is verdeeld oor die bewaring of opgradering van hierdie
                     antieke plekke.

                     Bespreek EEN punt ten gunste van:

                     (a)   Bewaring van die terrein (behou die oorspronklike vorm)                 (2)

                     (b)   Modernisering van die terrein (gradeer op en verbeter)                  (2)

           4.2.3     Die Colosseum het in 2019 'n rekordgetal van 7,6 miljoen besoekers
                     gekry.

                     Noem EEN manier waarop die besoekersgetalle in 2019 'n
                     aanduiding is dat die Colosseum 'n suksesvolle toeriste-
                     besienswaardigheid is.                                                        (2)

           4.2.4     Bespreek TWEE maniere waarop die herstelwerk aan die Colosseum
                     volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne sal insluit.                    (4)

           4.2.5     In die lig van die Covid-19-pandemie, verduidelik TWEE redes
                     waarom die installering van die vloer voor 2023 as 'n wyse besluit
                     beskou kan word.                                                              (4)
                                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        21                                      DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 5

5.1        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           UNESCO SE PROSES VIR DIE VERKLARING
                               VAN WÊRELDERFENISTERREINE

              1        'n Terrein wat 'n land beplan om te nomineer, word eers op 'n
                       Tentatiewe Lys (voorlopig voorgestelde terreine) geplaas.

                             Lande voltooi 'n nominasielêer wat kenmerke, bestuur
                      2      en bewaringsmaatreëls wat ingestel is, insluit.

                               UNESCO stuur voorstelle terug om die nominasie
                        3      te verbeter en die status van die terrein is steeds
                               'Ter Oorweging'.

                             'n UNESCO-komitee neem 'n besluit nadat die
                      4      voorgestelde terrein besoek en geëvalueer is.

                        UNESCO kondig gewoonlik die nuutverklaarde Wêreld-
               5        erfenisterreine in Julie aan en voeg die terreine by hulle
                        webtuiste.

                                                                 [Aangepas uit edition.cnn.com]

           5.1.1     Gee die totale getal Wêrelderfenisterreine wat deur UNESCO in
                     Suid-Afrika verklaar is.                                                       (2)

           5.1.2     Noem EEN Wêrelderfenisterrein wat oor provinsiale grense heen in
                     Suid-Afrika strek.                                                             (2)

           5.1.3     Bespreek TWEE maniere waarop UNESCO by die verklaring van
                     Wêrelderfenisterreine betrokke is.                                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       22                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

5.2        Bestudeer die prente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           5.2.1                     Mapungubwe Kulturele Landskap

                                                                    [Bron: www.unesco.org]

                     Verduidelik EEN rede waarom die goue renoster van belang is.                 (2)

           5.2.2              Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap

                                                                    [Bron: www.unesco.org]

                     Verduidelik EEN rede waarom die hut wat deur die Nama-mense
                     gemaak is, van belang is.                                                    (2)
                                                                                                  [12]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        23                                        DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 6

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 DEELNAME AAN ITB
                          Die Wêreld se
                          Toonaangewende
                          Reishandelskou

                                                      Inspirerende nuwe maniere
            9–13 Maart 2022                             Inspirerende nuwe maniere

Die ITB                                        Inligting oor deelname
Suid-AfrikaanseToerisme (SAToerisme)            10 000 maatskappye en organisasies
neem elke jaar aan die ITB (Internationale      Verteenwoordig meer as 180 lande
Tourismus-Börse) in Berlyn deel. Die ITB        Uitstallings in 26 sale
bring professionele mense en                    Suid-Afrika se uitstalling is in Saal 20
sleutelpersone uit die globale                     by Stalletjie 138.
toerismebedryf byeen.
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging               Bemarking van Suid-Afrika
Vyftig toerismeproduk-eienaars was deel        ITB bied 'n platform om
van die Suid-Afrikaanse afvaardiging           bemarkingspogings 'n hupstoot te gee.
(groep wat bygewoon het). Die                  Suid-Afrika word geposisioneer as veilig,
afgevaardigdes het klein toerisme-             bekostigbaar, waarde-vir-geld met 'n
besighede en opkomende entrepreneurs           verskeidenheid asemrowende ervarings.
uit die nege provinsies ingesluit, wat         Topbesluitnemers en -kundiges vanoor
Suid-Afrika se uniekheid en kulturele          die hele wêreld woon die ITB by.
diversiteit verteenwoordig.
                                                               [Aangepas uit www.southafrica.net]

6.1        Noem die gasheerland van die ITB Berlyn.                                                    (2)

6.2        Uit die inligting hierbo, gee EEN rede waarom SAToerisme aan die ITB Berlyn
           2022 deelgeneem het.                                                                        (2)

6.3        Bespreek EEN manier waarop SAToerisme sou verseker het dat daar 'n
           geografiese verspreiding van Suid-Afrikaanse produk-eienaars by ITB Berlyn
           was.                                                                                        (2)

6.4        Verduidelik EEN rede waarom die Suid-Afrikaanse handelsmerklogo in die
           prent hierbo by al 50 toerisme-uitstallings by ITB Berlyn 2022 vertoon is.                  (2)
                                                                                                       [8]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:                 50

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        24                                   DBE/2022
                                             SS/NSS

AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
            TOERISME
VRAAG 7

Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          NIKS IS SO SUKSESVOL SOOS DIE SKYN VAN SUKSES NIE
Om 'n professionele beeld in die toerismebedryf te toon, sê dat jy vol selfvertroue,
betroubaar en toeganklik is. Positiewe indrukke word geskep en weerspieël deur die
VIER hoofbydraers hieronder.

As hierdie bydraers konsekwent en met toewyding uitgevoer word, sal dit werknemers
beslis help om vertroue, geloofwaardigheid en loopbaanvooruitgang te bou.
                VIER HOOFBYDRAERS TOT POSITIEWE INDRUKKE

                       Lyftaal

                                                            Gedrag

                                       ONDERHOUD-
2                                        KAMER

                                 3
                                             4

                                                      5
 1                                       6

HOTELONTVANGS                        Voorbeeld

                                                                       [Bron: Eie skepping]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         25                                     DBE/2022
                                              SS/NSS

7.1        Voltooi die sinne in VRAAG 7.1.1(a)–(e) deur prente 1–5 by die VIER
           hoofbydraers in die inligtingsgrafika op die vorige bladsy te pas.

           VOORBEELD: Prent 6 pas by bydraer 'Voorkoms'.

           7.1.1     (a)   Prent 1 pas by bydraer …
                     (b)   Prent 2 pas by bydraer …
                     (c)   Prent 3 pas by bydraer …
                     (d)   Prent 4 pas by bydraer …
                     (e)   Prent 5 pas by bydraer …                                    (5 x 1)       (5)

           7.1.2     Bespreek TWEE maniere waarop die onaanvaarbare voorkoms van
                     werknemers by die werk 'n negatiewe invloed op die besigheid se
                     winsgewendheid kan hê.                                                          (4)

           7.1.3     Lees die stelling hieronder.

                     'n Werksaansoeker moet sy/haar normale voorkoms verander
                     wanneer hy/sy 'n onderhoud het en sy/haar voorkoms met die profiel
                     van die maatskappy laat ooreenstem.

                     Regverdig TWEE punte wat jou mening oor die stelling hierbo
                     weerspieël.                                                                     (4)

7.2        Josephine, 'n jong entrepreneur, beplan om 'n skoonheidsalon te begin. Sy het
           jou raad gevra om die besigheid van die grond af te kry.

           Beantwoord Josephine se vrae, VRAAG 7.2.1 en 7.2.2, hieronder.

                                                       7.2.1 Waarom moet my
                                                        besigheid 'n logo hê?

                                                    7.2.2 Watter faktore moet
                                                     ek oorweeg wanneer ek
                                                     'n naam vir my besigheid
                                                              kies?

                                                                                                     (4)
                                                                                                     [17]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      26                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 8

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     HAKATOURS GRAWE DIEP IN ONS WORTELS IN
 MAATSKAPLIK
                                                            OMGEWING
   (mense)

                                DRIE-
                              DUBBELE
                              SLOTREËL

                                                          EKONOMIE

                                                          [Aangepas uit www.hakatours.com]
Hakatours is 'n volhoubare toeroperateur wat in aktiwiteite spesialiseer wat toeriste by
volhoubare toerismepraktyke betrek. Die toeroperateur adverteer op hulle webtuiste
dat hulle die driedubbele slotreël in die daaglike werksaamhede van hulle besigheid
uitvoer.

Een van die aktiwiteite wat Hakatours vir omgewingsbewuste toeriste aanbied, is dat
elke toeris 'n inheemse boom op die maatskappy se plaas plant. Die toeriste kan die
soort boom kies wat hulle wil plant. Die toeriste ontvang 'n sertifikaat met die presiese
kaartverwysing na waar die boom geplant is.

Hakatours gebruik fotograwe uit die plaaslike gemeenskap om foto's van die
boomplant-aktiwiteit te neem. Die fotograwe druk en raam ook die foto's en verkoop dit
aan die toeriste. Die fotorame word van droë hout gemaak wat afkomstig is van
indringerbome (nie-inheemse bome) wat voorheen op die plaas voorgekom het.

                                                                       [Bron: Eie skepping]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     27                                 DBE/2022
                                          SS/NSS

8.1        Skryf EEN woord uit die titel hierbo neer wat na beide die omgewing en die
           gemeenskap verwys.                                                                (1)

8.2        Verduidelik wat Hakatours bedoel met die uitvoer van 'die driedubbele
           slotreël'.                                                                        (2)

8.3        Gee TWEE redes waarom Hakatours slegs die plant van inheemse bome
           toelaat.                                                                          (4)

8.4        Skryf DRIE van Hakatours se volhoubare aktiwiteite neer en pas EEN van die
           drie pilare van die driedubbele-slotreëlbenadering by ELK.                        (6)
                                                                                             [13]

                                                              TOTAAL AFDELING D:             30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       28                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                     TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               KONFERENSIE VAN DIE PARTYE
                          ('CONFERENCE OF THE PARTIES') (COP26)

           Die COP26-konferensie is in 2020 uitgestel as gevolg van die Covid-19-
           pandemie. Die 26ste Konferensie van die Partye oor Klimaatsverandering het
           in November 2021 in Glasgow (Skotland) plaasgevind. Dit was onder
           voorsitterskap van die Verenigde Koninkryk in vennootskap met Italië.

           Youth4Climate Driving Ambition (September 2021 in Milaan, Italië)
           Vierhonderd jong deelnemers het die verteenwoordigers uit 40 lande ontmoet
           en het samesprekings met beide die Italiaanse en die Britse regerings gehou.
           Die idees en voorstelle wat uit die Milaan-samesprekings voortgespruit het, is
           by die Youth4Climate-manifes ('Youth4Climate Manifesto') ingesluit. Hierdie
           dokument is toe aan verteenwoordigers van al die lande wat die COP26-
           konferensie in Glasgow bygewoon het, gestuur.

           Die COP26-konferensie ondersteun 'n groen en lewenskragtige herstel van
           die globale toerismebedryf wat volhoubare groei en werkskepping bevorder.

                                                            [Aangepas uit https://ukcop26.org]

           9.1.1     Skotland is deel van die Verenigde Koninkryk.

                     Kies TWEE ander lande uit die volgende wat ook deel van die VK
                     vorm: Engeland, Griekeland, Ierland, Wallis.                                  (2)

           9.1.2     Bespreek TWEE voordele daarvan dat Skotland die gasheer van die
                     COP26-konferensie was, vir die buurlande wat in VRAAG 9.1.1
                     gekies is.                                                                    (4)

           9.1.3     Verduidelik TWEE redes waarom die jeug deur die Milaan-
                     byeenkoms in September by die COP26-konferensie betrokke was.                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       29                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

9.2        9.2.1     Verduidelik TWEE redes waarom die Covid-19-pandemie as die
                     hoofrede vir die uitstel van die konferensie in 2020 beskou kan
                     word.                                                                        (4)

           9.2.2     Verduidelik DRIE maniere waarop die organiseerders in 2021 die
                     beskerming van al die afgevaardigdes teen Covid-19 by die COP26-
                     konferensie moes verseker.                                                   (6)

9.3        Afgevaardigdes na die COP26-konferensie in Glasgow, Skotland, het
           verskeie opsies gehad om vir hulle goedere en dienste te betaal.

                       BETALING VIR GOEDERE EN DIENSTE IN GLASGOW

            Betaling
           suksesvol

                                                                  [Aangepas uit www.fsp.com]

           9.3.1     Identifiseer die tipe tegnologie vir betaling wat algemeen in AL die
                     prente hierbo gebruik word.                                                  (1)

           9.3.2     Noem EEN nadeel van die gebruik van hierdie tipe tegnologie in
                     VRAAG 9.3.1.                                                                 (2)

           9.3.3     Behalwe vir die tegnologie in die prente hierbo, stel TWEE maniere
                     voor waarop kliënte by die COP26-konferensie vir goedere en
                     dienste kan betaal.                                                          (2)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                   30                                    DBE/2022
                                         SS/NSS

VRAAG 10

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       KLIËNTETERUGVOERING BY DIE HOTEL IS VAN KARDINALE BELANG
                Prent 1                          Prent 2

                                                                     [Bron: Eie skepping]

10.1       As die bestuurder van 'n hotel, kies die vlak van kliëntetevredenheid uit
           Prent 1 wat jy die meeste in terugvoering van gaste wil sien.                    (1)

10.2       Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 10.1.                                     (2)

10.3       Verwys na Prent 2. Verduidelik EEN manier waarop bestuurders die
           terugvoering van kliënte tot voordeel van die hotel kan gebruik.                 (2)
                                                                                            [5]

                                                              TOTAAL AFDELING E:            30
                                                                  GROOTTOTAAL:              200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-eng/2c8a97ea-1bff-4566-9426-44c394dea649) — Tourism · QP · 2022 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2022-afrikaans/88426a9b-1a13-441e-a8a0-9404d0236ac1) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2022-english/afc69060-b96e-4191-89f5-9b7fdaad8637) — Tourism · QP · 2022 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2022 English Deaf](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2022-english-deaf/01114150-b841-466b-8c94-0b9f07142882) — Tourism · QP · 2022 · Eng
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-english-sep-2022-question-paper/c78344a1-f735-4c05-88fe-77cdd40c4c8c) — Tourism · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
