# Tourism Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2014-afr/b92cc38a-b04c-4e31-9974-5e965017c260
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2014 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2014-afr/b92cc38a-b04c-4e31-9974-5e965017c260)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     TOERISME

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      2                            DBE/November 2014
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde in VRAAG 3.2 en 3.3 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE berekeninge.

6.         Gebruik die puntetoekenning by elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

7.         Skryf netjies en leesbaar.

8.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

AFDELING                          ONDERWERP                            PUNTE             TYD
                                                                                       (minute)
     A          Kortvrae                                                  40              20

     B          Kaartwerk en Toerbeplanning, Buitelandsevaluta-           50              50
                verhandeling

     C          Toerismebesienswaardighede, Kultuur- en                   50              50
                Erfenistoerisme, Bemarking

     D          Toerismesektore; Volhoubare en                            30              30
                Verantwoordelike Toerisme

     E          Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme,           30              30
                Kommunikasie en Kliëntediens

                                                          TOTAAL         200              180

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       3                        DBE/November 2014
                                              NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
           die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
           (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

           1.1.1      Die Grand Canyon is in die … geleë.

                      A    VK
                      B    VSA
                      C    SAOG
                      D    EU

           1.1.2      Hierdie ikoon word in Londen aangetref:

                      A    Auschwitz
                      B    Niagara-waterval
                      C    Big Ben
                      D    Algarve

           1.1.3      Die 2014 FIFA Wêreldbeker, 'n wêreldgebeurtenis, het die
                      volgende kenmerk:

                      A    Die gasheerland word nie toegelaat om borgskappe vir die
                           gebeurtenis te kry nie.
                      B    Slegs die gasheerland is verantwoordelik vir die befondsing
                           van die hele gebeurtenis.
                      C    Slegs die gasheerland is verantwoordelik vir die toestaan van
                           mediaregte aan ander lande.
                      D    Die gasheerland is 'n mede-organiseerder van die
                           gebeurtenis waaraan vele lande deelneem.

           1.1.4      Die aanval op die Westgate-winkelsentrum in Kenia is 'n voorbeeld
                      van hierdie tipe onvoorsiene gebeure:

                                     Kenia-winkelsentrum-aanval

                      A    Resessie
                      B    Terrorisme
                      C    Natuurramp
                      D    Ongeluk

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      4                           DBE/November 2014
                                             NSS

           1.1.5      'n 18-jarige brugjaarstudent met 'n baie beperkte begroting sal
                      verkies om hierdie tipe verblyf en vervoer te gebruik:

                      A    Selfsorgkothuis en gehuurde motor
                      B    Rugsakstappers-lodge en openbare vervoer
                      C    Luukse wildlodge en openbare vervoer
                      D    Driesterhotel en 'n pendelbussie

           1.1.6      Watter raad sou jy aan 'n toeris gee wat na 'n land reis waar
                      cholera uitgebreek het?

                      A    Wend gereeld sonskerm aan.
                      B    Drink gebottelde water.
                      C    Moenie in die see swem nie.
                      D    Drink malariapille.

           1.1.7      'n Rede waarom baie lande in die Noordelike Halfrond DBT toepas:

                      A    Om te voorkom dat daar te veel tydsones is
                      B    Om meer dagligure vir ontspanning te hê
                      C    Om minder dagligure vir ontspanning te hê
                      D    Om die uitbreek van voëlgriep te voorkom

           1.1.8      Noem die funksie van die organisasie wat in die volgende logo
                      uitgebeeld word:

                      A    Lig toeriste in oor gesondheidsregulasies
                      B    Lig rolspelers in toerisme in oor wêreldwye toerismestatistiek
                      C    Reguleer lugreise in die lugvaartbedryf
                      D    Reguleer handel in bedreigde spesies

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       5                            DBE/November 2014
                                              NSS

           1.1.9      Toeriste wat van wes na oos vlieg, volgens die rigting wat op die
                      kaart hieronder getoon word, sal ...

                      A    'n dag bykry deur oor die IDL te vlieg.
                      B    'n dag verloor deur oor die IDL te vlieg.
                      C    een uur verloor deur oor die IDL te vlieg.
                      D    nie 'n dag verloor of bykry deur oor die IDL te vlieg nie.

           1.1.10     Hierdie godsdienstige ikoon word in Jerusalem in Israel aangetref:

                      A    Mekka
                      B    Die Klaagmuur
                      C    Die Blou Moskee
                      D    Die Taj Mahal

           1.1.11     Suid-Afrikaanse buitelandse markaandeel verwys na …

                      A    die internasionale bemarking van Suid-Afrika.
                      B    die persentasie buitelanders wat na Suid-Afrika kom.
                      C    Suid-Afrikaanse besighede wat deur buitelanders besit word.
                      D    die persentasie uitgaande Suid-Afrikaanse reisigers.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       6                          DBE/November 2014
                                              NSS

           1.1.12     FTTSA het onlangs hul naam na FTT verander. Die rede vir die
                      naamsverandering is dat hulle …

                      A    billike en verantwoordelike besigheidspraktyk in Suid-Afrika
                           en buite die landsgrense aanmoedig.
                      B    nie meer betrokke is by toerisme-aktiwiteite nie, want hulle
                           het hul bedrywighede na Europa verskuif.
                      C    meer politieke beleid in hul bedryfsraamwerk in Suid-Afrika
                           ingesluit het.
                      D    hul kantore na New York verskuif het en alle bande met Suid-
                           Afrika verbreek het.

           1.1.13     Die driedubbele slotreël het sy oorsprong uit die 2002 King II-
                      verslag, wat die agtergrond vir ... in toerisme is.

                      A    tegnologie
                      B    volhoubaarheid
                      C    uitnemendheid
                      D    seisoenaliteit

           1.1.14     Een van die byvoordele in 'n kajuitbeampte se dienskontrak is ...

                      A    jaarlikse verlof.
                      B    kraamverlof.
                      C    afslag op reise.
                      D    maandelikse besoldiging.

           1.1.15     'n Gedragskode vereis hierdie tipe integriteit:

                      A    'n Goeie waardestelsel
                      B    Vaardigheidsontwikkeling
                      C    Verkryging van kwalifikasies
                      D    Om 'n nuwe loopbaanrigting te vind

           1.1.16     Hierdie faktore skep 'n positiewe beeld van die personeel van 'n
                      maatskappy:

                      A    Persoonlike versorging, persoonlike higiëne en 'n brandstof-
                           toelaag
                      B    Maandelikse inkomste, goeie kommunikasievaardighede en
                           positiewe interaksie met klante
                      C    Goeie kommunikasievaardighede, tydelike personeel en
                           positiewe interaksie met klante
                      D    Persoonlike     versorging,   persoonlike  higiëne,   goeie
                           kommunikasievaardighede en positiewe interaksie met klante

           1.1.17     Die drie 'P's' van volhoubare toerismepraktyke is planeet, profyt
                      en …

                      A    promosie ('planet, profit, promotion').
                      B    verpakking ('planet, profit, packaging').
                      C    mense ('planet, profit, people').
                      D    prys ('planet, profit, price').
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      7                           DBE/November 2014
                                             NSS

           1.1.18     Die bewaring van plaaslike kultuur en die verkoop van plaaslike
                      kuns en kunsvlyt vorm deel van die … pilare van volhoubare
                      toerismepraktyke.

                      A    maatskaplike en omgewings-
                      B    ekonomiese en omgewings-
                      C    omgewings- en mense-
                      D    maatskaplike en ekonomiese

           1.1.19     Om op 'n vriendelike wyse met klante te kan omgaan, is 'n …
                      vaardigheid vir 'n werknemer in die toerismebedryf.

                      A    tegniese
                      B    rekenaargeletterdheids-
                      C    beroepsgerigte
                      D    interpersoonlike

           1.1.20     'n Toerismebesienswaardigheid kan sy sukses verseker deur …

                      A    die etiese gedrag van sy personeellede te verbeter.
                      B    die veiligheids- en sekuriteitsplanne van die besiens-
                           waardigheid te verontagsaam.
                      C    klante van ander besienswaardighede weg te lok met
                           onrealistiese beloftes.
                      D    toeriste toe te laat om die reëls te verontagsaam, solank daar
                           'n wins gemaak word.                                   (20 x 1)       (20)

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur die
           woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           1.2.6 Bankaankoopkoers.

            belastingvrye goedere; verbode goedere; BBP; vermenigvuldigereffek;
                             valutaskommeling; wisselkoers; BNP

           1.2.1      Die totale waarde van alle goedere en dienste wat vir die jaar 2013
                      in Suid-Afrika geproduseer is                                              (1)

           1.2.2      Die vermoë van die Suid-Afrikaanse toerismebedryf om direkte en
                      indirekte werksgeleenthede te skep                                         (1)

           1.2.3      Goedere wat vrygestel is van belasting                                     (1)

           1.2.4      Goedere wat nie deur doeane geneem mag word nie                            (1)

           1.2.5      Die veranderings in die waarde van geldeenhede op 'n
                      betrokke dag                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      8                              DBE/November 2014
                                             NSS

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
           die    woord(e)    langs    die    vraagnommer      (1.3.1–1.3.5)  in    die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 paspoort.

           1.3.1     Die   (gedragskode/dienskontrak)          bevat   inligting      oor      die
                     diensvoorwaardes.                                                                  (1)

           1.3.2     (Betroubaarheid/Stiptelikheid) is een van die grondbeginsels
                     van FTT.                                                                           (1)

           1.3.3     (TOMSA/CATHSSETA) vorder toerismeheffings in wat gebruik word
                     om Suid-Afrika te bemark.                                                          (1)

           1.3.4     'n Toeris word aangeraai om (elektroniese                 fondsoordrag
                     ('EFT')/kontant) te gebruik om vir 'n taxi te betaal.                              (1)

           1.3.5     'n Buro vir buitelandse valuta in Suid-Afrika sal die (BAK/BVK)
                     gebruik wanneer 'n buitelandse toeris dollar vir rand verruil.                     (1)

1.4        Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
           Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 G

                              KOLOM A                                     KOLOM B
           1.4.1     Personeellede van Peter's Tours       A      natuurlike Wêrelderfenis-
                     verf 'n crèche op Mandela-dag                terrein

           1.4.2     Die San-rotstekeninge in die          B      voorkeurverskaffing
                     uKhahlamba-berge
                                                           C      korporatiewe
           1.4.3     Die Vredefortkoepel in die Vrystaat          maatskaplike belegging

           1.4.4     Die toekenning van 'n tender aan      D      driedubbele slotreël
                     'n toerismebesigheid
                                                           E      kulturele Wêrelderfenis-
           1.4.5     KwaZulu-Natal se Toerisme-                   terrein
                     owerheid betaal vir die ontwerp
                     van 'n kronkelroetekaart van die      F      bemarking
                     San-rotstekeninge
                                                                                            (5 x 1)     (5)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     9                          DBE/November 2014
                                            NSS

1.5        Bestudeer die poskaart hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                1.5.1
           €2

                                                                 Mnr. J Otten
                                1.5.2             1.5.3          Posbus 345
                                                                 Middelburg
                     1.5.4
                                                                 2546
                                                                 Mpumalanga
                                                                 Suid-Afrika
                                              1.5.5

           Noem die VYF lande wat die toeris besoek het.

           Skryf slegs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) en die naam van die land in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 China.                      (5 x 1)           (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                  10                                            DBE/November 2014
                                         NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING, BUITELANDSEVALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die inligting wat gegee word en
           beantwoord die vrae wat volg.

                                                                         Johannesburg

                         Berlyn

                             Londen

                                                        Rio de Janeiro

                                                                         00
                                                                         00

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       11                          DBE/November 2014
                                              NSS

                                       Die eindwedstryd van die 2014 FIFA
                                       Wêreldbeker is op 13 Julie 2014 in die
                                       Maracana-stadion in Rio de Janeiro gespeel.

            FIFA WÊRELDBEKER           Die afskoptyd was om 16:00, Brasiliaanse
                                       plaaslike tyd.
                                                               [Aangepas uit www.fifa.com]

           2.1.1     Die afskoptyd in Rio de Janeiro was om 16:00. Duitsland pas DBT
                     toe.

                     Bereken die tyd en die datum waarop Duitsers in Berlyn na die
                     afskop kon kyk.                                                           (5)

           2.1.2     Brasilië pas DBT toe.

                     Dink jy hulle sal DBT gedurende die Wêreldbeker toepas? Gee
                     EEN rede vir jou antwoord.                                                (2)

           2.1.3     Suid-Afrikaanse sokkergeesdriftiges het via São Paulo na Rio de
                     Janeiro gevlieg om na enkele van die Wêreldbekerwedstryde te
                     gaan kyk. Hulle het op Maandag 16 Junie 2014 om 10:30 op vlug
                     SA222 vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek. Hul
                     totale vliegtyd, wat oorstaantyd in São Paulo ingesluit het, was
                     14 uur.

                     Bereken hul aankomstyd in Rio de Janeiro. Toon ALLE                       (5)
                     berekeninge.

           2.1.4     Gee EEN rede waarom 'n toeris aan vluguitputting sal ly ná 'n vlug
                     van Londen na Suid-Afrika.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     12                             DBE/November 2014
                                            NSS

2.2        Bestudeer die foto's en die lys items hieronder en beantwoord die vrae
           wat volg.

                                         ROOI KANAAL

                                      Goods to declare
                                      Goedere om te verklaar

                                        GROEN KANAAL

                                             Nothing to declare
                                             Niks om te verklaar nie

                                           LYS ITEMS
           •   Geregistreerde kamera
           •   Vuurwapen
           •   50 mℓ parfuum
           •   10 x ontwerpersjeans vir 'n winkel in Sandton
           •   Sigarette x 400
           •   1 bottel wyn

           Tabuleer die items in die lys hierbo volgens die korrekte kanaal wat
           inkomende toeriste sal volg.

           Teken die tabel in jou ANTWOORDEBOEK oor en skryf slegs die kanale en
           die korrekte items in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld:

                      ROOI KANAAL                               GROEN KANAAL
                         Struike                               2 pakkies lekkergoed
                                                                                      (6 x 1)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       13                             DBE/November 2014
                                              NSS

2.3        Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Toeriste kan die volgende op die AA se webtuiste vind:

           •    'n Roetebeplanningsinstrument
           •    Digitale en aflaaibare kaarte
           •    Rekenaar om afstande te bereken
           •    Inligting oor tolgelde en toestand van paaie
                                                     [Aangepas uit 'n AA-advertensie, Julie 2013]

           2.3.1     (a)   Noem die reisdokument wat deur die AA uitgereik word.                      (2)

                     (b)   Noem EEN vereiste waaraan voldoen moet word om die
                           dokument wat in VRAAG 2.3.1(a) genoem is, te kry.                          (2)

           2.3.2     Gee EEN rede waarom 'n reisagent op die AA se webtuiste die
                     rekenaar om afstande te bereken, sal gebruik om 'n reisprogram op te
                     stel.                                                                            (2)

2.4        Verduidelik EEN rede waarom Suid-Afrikaanse toeriste 'n reiskliniek sal
           besoek voordat hulle na Zimbabwe reis.                                                     (2)
                                                                                                      [28]

VRAAG 3

3.1     Bestudeer die wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               LAND                  VALUTAKODE                BAK                  BVK
        Verenigde Koninkryk              GBP                   15.79                16.53
        Europese lande                   EUR                   13.27                13.88
        Japan                            JPY                    0.10                0.11

        3.1.1      Noem die amptelike geldeenheid wat deur 18 Europese lande
                   gebruik word.                                                                      (1)

        3.1.2      Vanuit 'n toerisme-oogpunt, noem EEN voordeel van die gebruik van
                   die enkele geldeenheid wat in VRAAG 3.1.1 genoem is.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      14                           DBE/November 2014
                                             NSS

3.2     Die koste van brandstofinname van 'n privaat huurvliegtuig word op die
        brandstofpomp hieronder getoon. (Verwys na die wisselkoerstabel in
        VRAAG 3.1 om die vrae te beantwoord.)

        'n Britse toeris in Suid-Afrika het 300 pond. Hy verruil sy pond vir rand.

        Bereken die bedrag in rand wat hy oor het nadat hy vir die brandstof betaal het.
        Toon ALLE berekeninge.                                                                    (4)

3.3     'n Suid-Afrikaanse besigheidstoeris besoek Japan en het R5 000 om te
        spandeer.

        Bereken die bedrag wat hy in jen sal ontvang deur na die inligting in die
        wisselkoerstabel in VRAAG 3.1 te verwys. Toon ALLE berekeninge.                           (3)

3.4     Bespreek die konsepte van buitelandse valuta wat met toerisme verband hou
        in 'n paragraaf.

        Sluit die volgende aspekte by jou paragraaf in:

        •   Toeriste se behoefte aan ander geldeenhede                                            (2)
        •   Wisselkoerse                                                                          (2)
        •   Veranderings in waarde                                                                (2)
        •   Die invloed van 'n swak rand op inkomende en uitgaande toerisme                       (4)
        •   Voorafgelaaide buitelandsevaluta-debietkaarte as die voorkeurbetalings-
            metode                                                                                (2)
                                                                                                  [22]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     15                           DBE/November 2014
                                            NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE, KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME, BEMARKING

VRAAG 4

4.1     Verwys na die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            A                                       B

                                                                    [Bron: en.wikipedia.org]

        4.1.1   Kelly en Mavis het albei onlangs hul graad in argitektuur verwerf. Hulle
                wil graag ikoon A en ikoon B besoek.

                (a)     Identifiseer ikoon A en ikoon B.                                         (2)

                (b)     Noem die stede waar ikoon A en ikoon B geleë is.                         (2)

        4.1.2   Beskryf EEN argitektoniese kenmerk          van   ikoon    A    en     EEN
                argitektoniese kenmerk van ikoon B.                                  (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    16                           DBE/November 2014
                                           NSS

4.2     Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                DIE GROOT ONTNUGTERING

        Daar is vasgestel dat die Taj Mahal 'n lewensgevaarlike siekte het, wat as
        marmerkanker bekend staan. Kenners meen dat as die lug nie gemonitor en
        gesuiwer word nie, die buitekant van hierdie besienswaardigheid uiteindelik
        swart sal verkleur.

        UNESCO het 'n skoonmaakprogram van stapel gestuur. Voorkomende
        maatreëls sluit in:

        •   Die skoonmaak van die marmer
        •   Navorsing oor die beste moontlike skoonmaakprodukte wat die minste
            invloed op die marmer sal hê
        •   Die gebruik van waterbestande deklae aan die buitekant

        'n Groen sone is ook rondom die besienswaardigheid gevestig. Dit verbied die
        oprigting van nywerhede en bevorder die aanplant van bome. Olieraffinaderye
        is aangeraai om hul besoedelingsvlakke te verlaag en hulle word aangemoedig
        om van steenkool na gas oor te skakel.

        Verkeer is ook 'n ernstige probleem in die omgewing met hoë vlakke
        koolstofmonoksied in die lug. Die ikoon lok jaarliks meer as 7 miljoen toeriste.
        Energiebesparende busse word tans gebruik om mense na en van die
        besienswaardigheid te vervoer.
                                                     [Aangepas uit www.preservationeng.net]

        4.2.1   Noem TWEE faktore in die gevallestudie wat tot die agteruitgang van
                die Taj Mahal bygedra het.                                                       (4)

        4.2.2   (a)    Verduidelik EEN rede waarom UNESCO betrokke is by die
                       probleem wat met die Taj Mahal verband hou.                               (2)

                (b)    Gee TWEE redes waarom dit vir UNESCO belangrik is om
                       navorsing   oor    die    skoonmaakprodukte in     hul
                       skoonmaakprogram te doen.                      (2 x 2)                    (4)

        4.2.3   Die Taj Mahal is een van die Sewe Wonders van die Wêreld. Dit is in
                die land se belang dat die Indiese Toerisme-owerheid die volgehoue
                sukses van die Taj Mahal sal verseker.

                Gee aan die Indiese Toerisme-owerheid raad oor EEN manier waarop
                hulle die voortgesette sukses van die besienswaardigheid kan
                verseker.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     17                              DBE/November 2014
                                            NSS

4.3     Lees die uittreksel hieronder, bestudeer die rotstekening en beantwoord die
        vrae wat volg.

        Jy is deur die munisipaliteit van Boesmanskloof in die Sederberg-streek gevra
        om verantwoordelikheid te aanvaar vir die verwaarloosde San-rotskuns-
        besienswaardigheid. Dit is nie meer gewild nie en bevorder nie meer toerisme
        na die dorp nie.

                                                      EEloves
                                                          lovesJJ

                                           Kilroywas
                                           Kilroy was
                                                                        here
                                                                         here

                                     [Aangepas uit www.south-africa-tours-and-travel.com]

        4.3.1   (a)    Identifiseer die tipe kriminele aktiwiteit wat op die rotstekening
                       hierbo uitgevoer is.                                                          (1)

                (b)    Noem EEN oplossing om te voorkom dat hierdie tipe kriminele
                       aktiwiteit in die toekoms plaasvind.                                          (2)

        4.3.2   'n Toeris het gekla dat die sekuriteitswag by die rotskunsterrein op
                betaling aandring as iemand foto's van die rotstekeninge wil neem.

                (a)    Bespreek EEN rede waarom die sekuriteitswag se optrede
                       oneties is.                                                                   (2)

                (b)    Verduidelik EEN manier waarop die bestuurder die kwessie
                       hierbo as deel van sy bestuursplan sal aanpak om die
                       voortgesette sukses van die besienswaardigheid te verseker.                   (2)
                                                                                                     [27]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       18                           DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 5

5.1        Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       WÊRELDERFENISTERREINE (WET) VAN SUID-AFRIKA

              A

                   B
                                                                  [Bron: www.saexplorer.co.za]

           5.1.1     (a)   Identifiseer Wêrelderfenisterrein A en B.                                (2)
                     (b)   Noem die provinsie waarin die Wêrelderfenisterreine wat in
                           VRAAG 5.1.1(a) geïdentifiseer is, geleë is.                              (1)

           5.1.2     Beskrywings van Wêrelderfenisterreine in Suid-Afrika word hieronder
                     gegee. Noem en pas elke WET by sy ligging op die kaart hierbo,
                     byvoorbeeld uKhahlamba-Drakensbergpark – 7.
                     (a)   Hierdie terrein was 'n plek waar 'n hoogs gesofistikeerde
                           beskawing met China, Indië en Egipte in goud en ivoor handel
                           gedryf het.                                                              (2)
                     (b)   Hierdie terrein bevat sensitiewe ekosisteme van Afrika se
                           marine-, vleiland- en savanna-omgewings.                                 (2)
5.2        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           'n Paar jaar gelede is die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap aan
           die Nama-mense terugbesorg. Vandag het hulle dit reggekry om 'n balans te
           vind tussen hul voorvaders se 'leef-van-die-land'-leefstyl en die behoefte aan
           bewaring.
                                                             [Aangepas uit www.safarinow.com]

           5.2.1     Verduidelik TWEE maniere waarop die Richtersveld Kulturele
                     Landskap aan UNESCO se kulturele kriteria voldoen.                             (4)
           5.2.2     Noem EEN manier waarop die Nama-gemeenskap voordeel trek uit
                     die Richtersveld Kulturele Landskap as 'n Wêrelderfenisterrein.                (2)
                                                                                                    [13]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      19                                 DBE/November 2014
                                             NSS

VRAAG 6

Bestudeer die spinnekopdiagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

   Het jy geweet                                                    Het jy geweet dat
         dat                                                        ek Suid-Afrika se
   Suid-Afrika die                                                   handelsmerk-
   herkenbaarste                                                    ambassadeur is?
     vlag in die
    wêreld het?

                                                                    Charlize Theron (aktrise)

                                            'n Handelsmerk is nie bloot 'n logo of 'n
                                             slagspreuk nie; dit verteenwoordig die
                                            land en hoe sy mense die wêreld raak.

  Miller Matola (HUB van Handelsmerk Suid-Afrika)
                                                          [Aangepas uit gridworldwide.prosite.com]

6.1        Die opmerkings hierbo         bevorder       Suid-Afrika       se     beeld        as     'n
           toeristebestemming.

           Verwys na die opmerkings hierbo en stel TWEE ander maniere voor waarop
           gewone Suid-Afrikaners ook ambassadeurs kan wees wat Suid-Afrika as 'n
           toeristebestemming bevorder.                                                                      (4)

6.2        Bespreek DRIE positiewe maniere waarop 'n herkenbare wêreldhandelsmerk
           Suid-Afrika as 'n aantreklike voorkeurbestemming kan posisioneer. (3 x 2)                         (6)
                                                                                                             [10]

                                                                      TOTAAL AFDELING C:                     50

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        20                           DBE/November 2014
                                               NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE, VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        Steak Beef Ranches is al die afgelope 30 jaar deel
                                        van die Suid-Afrikaanse familie en behou steeds sy
                                        handelsmerkbeeld, fisiese voorkoms en kenmerke.

                                        Dit het alles in 1977 begin toe die stigter, mnr. Xolani,
                                        R3 000 belê het om die eerste Steak Beef Ranch in
                                        Rondebosch, Kaapstad, oop te maak. Die restaurant
                                        het vinnig 'n reputasie ontwikkel vir smaaklike,
                                        voedsame, waarde-vir-geld-etes. Die besigheid het
                                        oor die laaste 30 jaar gegroei tot die huidige 200
                                        Steak Beef Ranches en is een van Suid-Afrika se
                                        herkenbaarste gesinsrestaurante.

7.1        Verwys na die uittreksel hierbo en verduidelik hoe hierdie maatskappy daarin
           geslaag het om 'n positiewe handelsmerkbeeld deur die volgende te vestig:

           7.1.1     Hul logo                                                                        (2)

           7.1.2     Die naam van die besigheid                                                      (2)

           7.1.3     Die fisiese voorkoms van die besigheid                                          (2)

           7.1.4     Die spesiale trekpleister vir ouers met jong kinders                            (2)

7.2        Noem TWEE voordele daarvan dat die Steak Beef Ranches 'n herkenbare,
           positiewe beeld het.                                          (2 x 2)                     (4)

7.3        Verwys na die foto's hierbo en bespreek TWEE punte wat deel kan vorm van
           die kleredragreëls vir kelners wat by 'n Steak Beef Ranches-restaurant werk.
                                                                                  (2 x 2)            (4)
                                                                                                     [16]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                               21                                 DBE/November 2014
                                                      NSS

VRAAG 8
Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                    CTi Koeriers – Gebruik ons as jou afleweringsdiens.
                             Ons lewer betyds af, enige plek in die wêreld.
            CTi is 'n tipiese voorbeeld van 'n ondersteunende diens in toerisme wat
             hoofsaaklik die VBKU*/VUSG** (Engels: MICE*/MESE**)-sektor bedien.
      *VBKU: Vergaderings, Belonings, Konferensies, Uitstallings **VUSG: Vergaderings, Uitstallings, Spesiale
       Gebeurtenisse
      *MICE: Meetings, Incentives, Conferences, Exhibitions **MESE: Meetings, Exhibitions, Special Events

                 Laat die planeet 'n beter plek vir die nageslag agter
  CTi is toegewy aan korporatiewe maatskaplike belegging (KMB/'CSI') en glo dat, as 'n
  wêreldorganisasie, daar drie hoofareas is wat ons help om ons doelwit te bereik, om te verseker dat ons
  die planeet 'n beter plek vir die nageslag agterlaat.

  Ons KMB-strategieë is: Lewer beter lewens, CTi-dinkgroen, Vervoer jou besigheid

                      CTi lewer
                        af via
                        spoor,
                      pad, water
                       en lug.

                                                   KORPORATIEWE
                                                   MAATSKAPLIKE
                                                     BELEGGING
                                                       (KMB)

                                                                               [Aangepas uit www.go2uti.com]

8.1     8.1.1     Wat verstaan jy onder KMB ('CSI')?                                                              (2)
8.2     8.2.1     Identifiseer CTi se strategie met betrekking tot omgewingsbewustheid.                           (2)
        8.2.2     Verduidelik EEN manier waarop CTi voordeel kan trek deur 'n
                  omgewingstrategie deel van sy KMB ('CSI') te maak.                                              (2)

8.3     As gevolg van die aard van CTi se besigheidsbedrywighede het hulle 'n
        verantwoordelikheid om hul koolstofvoetspoor te verminder.

        Stel DRIE punte voor wat in CTI se omgewingsbeleidstuk oor padvervoer ingesluit
        kan word.                                                                                                 (6)
8.4     Identifiseer die volhoubaretoerisme-pilaar in die diagram hierbo waarna 'Lewer
        beter lewens' verwys.                                                                                     (2)
                                                                                                                  [14]
                                                                                 TOTAAL AFDELING D:               30

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      22                          DBE/November 2014
                                             NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                     TOERISME,
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Wêreldtoerismedag, wat jaarliks op 27 September gevier word, is die grootste
           internasionale gebeurtenis in toerisme. Die doel van hierdie dag is om die
           wêreldgemeenskap van die belangrikheid van toerisme en die maatskaplike,
           kulturele, politieke en ekonomiese waarde daarvan bewus te maak.

           Die gebeurtenis poog om die universele uitdagings, soos in die Verenigde
           Nasies se Millennium-ontwikkelingsdoelwitte (MOD'e) omskryf word, aan te
           pak en die toerismesektor se bydrae om hierdie doelwitte te bereik, te
           beklemtoon.

           Mexiko in Sentraal-Amerika is gekies as die amptelike gasheerland vir
           Wêreldtoerismedag (WTD) in 2014 en Burkina Faso in Wes-Afrika vir WTD in
           2015. Die onderskeie temas sal 'Toerisme en Gemeenskapsontwikkeling' vir
           2014 en 'Een Miljard Toeriste, Een Miljard Geleenthede' vir 2015 wees.
                                                                [Bron: www.media.unwto.org]

           9.1.1   Noem EEN manier waarop die aanbied van Wêreldtoerismedag
                   waarde tot 'n land kan toevoeg.                                                  (2)

           9.1.2   Verduidelik hoe Burkina Faso op kulturele gebied voordeel kan trek uit
                   die aanbied van WTD.                                                             (2)

           9.1.3   Die tema vir 2015 in Burkina Faso is 'Een Miljard Toeriste, Een Miljard
                   Geleenthede'.

                   Gee TWEE moontlike redes               waarom     hierdie     tema vir
                   Wêreldtoerismedag 2015 gekies is.                                (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      23                        DBE/November 2014
                                             NSS

9.2        Die waarskuwingsteken hieronder word naby hoërisiko-tsoenami-areas
           vertoon.

                             TSOENAMI-GEVAARSONE

                              IN GEVAL VAN AARDBEWING,
                           BEWEEG NA HOOGLIGGENDE GEBIED
                                   OF DIE BINNELAND

                                                                  [Bron: www.jaxshells.org]

           9.2.1     Gee EEN rede waarom hierdie waarskuwingsteken 'n belangrike deel
                     uitmaak van rampbestuursplanne by besienswaardighede.                      (2)

           9.2.2     Noem EEN negatiewe invloed wat hierdie natuurramp op 'n land as 'n
                     toerismebestemming sal hê.                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                         24                                      DBE/November 2014
                                                                NSS

9.3        Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             SUID-AFRIKAANSE BUITELANDSETOERISTE-AANKOMSTE:
                                        2011 IN VERGELYKING MET 2012

            Getal toeriste

                                                                      China                                              Indië
                                                                              Frankryk
                                            VSA
                                     VK

                                                    Duitsland                             Australië    Nederland
            2011                  2012
                                                                                                [Bron: www.statsa.gov.za]

           9.3.1              Identifiseer Suid-Afrika se hoof inkomende mark.                                                          (2)

           9.3.2              Suid-Afrikaanse Toerisme behoort in die bemarking van Suid-Afrika in
                              Nederland te belê.

                              Stem jy saam met hierdie stelling? Gee EEN rede vir jou antwoord.                                         (2)

9.4        Suid-Afrikaanse Toerisme doen navorsing oor die duur van verblyf in elke
           provinsie.

           9.4.1              Gee EEN rede waarom toerismebesighede toegang tot hierdie
                              inligting moet hê.                                                                                        (2)

           9.4.2              Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                    DIE GEMIDDELDE DUUR VAN VERBLYF IN
                                            GAUTENG EN DIE WES-KAAP
                              SAT se visie vir 2015 is om die getal bednagte tot 10,5 nagte
                                                 per reis te laat toeneem.

                                  WES-KAAP                                               GAUTENG
                                   7,5 nagte                                              7,5 nagte

                              Noem EEN aksieplan wat verblyfinstellings kan implementeer om aan
                              SAT se visie vir 2015 te voldoen.                                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     25                          DBE/November 2014
                                            NSS

9.5        Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        ELEKTRONIESE OORPLASING VAN FONDSE

                                                            [Bron: www.scoopsandiego.com]

           9.5.1   Verduidelik die elektroniese oorplasing van fondse wat in die foto
                   hierbo uitgebeeld word, as betaalmetode in die toerismebedryf.            (2)

           9.5.2   Noem EEN voordeel van hierdie betaalmetode.                               (2)
                                                                                             [24)
VRAAG 10
Bestudeer die kliënteterugvoer-instrumente A en B hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.

                       A                                         B

                                              OPNAME:
                                               Uitstekend: 
                                                     Goed:
                                                  Redelik:
                                                     Swak:

                                                              [Bron: www.cartoondoc.stock]

10.1       Identifiseer die TWEE soorte terugvoer-instrumente wat in A en B hierbo
           getoon word.                                                                      (2)

10.2       Noem EEN nadeel van die gebruik van terugvoer-instrument A.                       (2)

10.3       Gee EEN rede waarom terugvoer-instrument B 'n meer doeltreffende
           kliënteterugvoermetode vir 'n besigheid is.                                       (2)
                                                                                             [6]

                                                                TOTAAL AFDELING E:           30
                                                                    GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2014-eng/1f9e2336-e75e-4ea4-9dec-3344ff9d946a) — Tourism · QP · 2014 · Eng
- [Tourism Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2022-afr/df275379-2d5a-4788-9113-e9fe354a1973) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Tourism Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2021-eng/44a97d12-325d-4c6b-82b0-0664a1cccaf1) — Tourism · QP · 2021 · Eng
- [Tourism Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-eng/51e2636b-096d-435d-8e50-a5e81c5dc71d) — Tourism · QP · 2020 · Eng
- [Tourism Nov 2020 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-afr/1de8b559-3a20-4f75-9cb9-9d1d38b558fd) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [Tourism Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2019-afr/dd6e14fc-6401-4bb5-948f-0ecd6ffd7770) — Tourism · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
