# Tourism Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 25 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2017-afr/d6041d47-6462-48a8-aa19-833445349c4b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2017-afr/d6041d47-6462-48a8-aa19-833445349c4b)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     TOERISME

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                           DBE/November 2017
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE bewerkings.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                       TYD
AFDELING                           ONDERWERP                            PUNTE
                                                                                     (minute)
     A          Kortvrae                                                   40           20

     B          Kaartwerk en Toerbeplanning;                               50            50
                Buitelandsevalutaverhandeling

     C          Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en                    50            50
                Erfenistoerisme; Bemarking

     D          Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike            30            30
                Toerisme

     E          Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;            30            30
                Kommunikasie en Kliëntediens

                                                           TOTAAL         200           180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        3                          DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
           (1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D.

           1.1.1     Gondels en kanale word met hierdie stad verbind:

                     A    New York
                     B    Johannesburg
                     C    Moskou
                     D    Venesië

           1.1.2     Die siekte wat veroorsaak word deur besmette (besoedelde) water
                     te drink:

                     A    Malaria
                     B    Geelkoors
                     C    Cholera
                     D    Voëlgriep

           1.1.3     'n Simptoom van vlugvoosheid:

                     A    Jeukende vel
                     B    Verhoogde eetlus
                     C    Verlies aan eetlus
                     D    Velverkleuring

           1.1.4     Die jen is die geldeenheid wat in hierdie land gebruik word:

                     A    Japan
                     B    Thailand
                     C    China
                     D    Rusland

           1.1.5     San Francisco (UTK -8) lê … van Beijing (UTK +8).

                     A    noord
                     B    suid
                     C    oos
                     D    wes

           1.1.6     Buckingham-paleis is die woning van die … koninklike gesin.

                     A    Skotse
                     B    Walliese
                     C    Ierse
                     D    Britse

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        4                             DBE/November 2017
                                               NSS

           1.1.7     'n Antieke struktuur in Jordanië wat uit soliede klip gekerf is:

                     A    Everest
                     B    Petra
                     C    Niagara
                     D    Mekka

           1.1.8     Universele toegang verwys na die vermoë …

                     A    van mense met spesiale behoeftes om toegang tot
                          toeristebesienswaardighede te hê.
                     B    van mense met spesiale behoeftes om toegang tot onbeperkte
                          webtuistes op die Internet te hê.
                     C    om biometriese skandering te gebruik om toegang tot die
                          Internet te verkry.
                     D    om toegang tot toerismebronne vir navorsing te verkry.

           1.1.9     Die natuurlike Wêrelderfenisterrein wat in KwaZulu-Natal geleë is:

                     A    Vredefortkoepel
                     B    Mapungubwe Kulturele Landskap
                     C    iSimangaliso-vleilandpark
                     D    Wieg van die Mensdom

           1.1.10    Die toerismehandelskou hieronder is waar …

                     A    Suid-Afrika se plaaslike besienswaardighede bemark word.
                     B    slegs mediese toerisme bemark word.
                     C    internasionale toeriste die land bemark.
                     D    besighede deur die graderingsraad bemark word.

           1.1.11    Een van die kriteria wat deur die TGRSA gebruik word om die
                     professionele beeld van 'n akkommodasie-instelling te bepaal:

                     A    Demokrasie
                     B    Fisiese voorkoms
                     C    Aantal personeellede
                     D    Vermenigvuldigereffek

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      5                             DBE/November 2017
                                             NSS

           1.1.12    'n Hotelgroep wil 'n wolkekrabberhotel (hoë, meerverdiepinghotel) in
                     die Nasionale Krugerwildtuin bou.

                     Volgens die driedubbele-slotreëlbenadering sal dit … wees.

                     A    maatskaplik onverantwoordelik
                     B    ekonomies onverantwoordelik
                     C    privaat verantwoordelik
                     D    omgewingsonverantwoordelik

           1.1.13    Die mees etiese (korrekte) manier vir die kaptein van 'n toerskip om
                     die situasie hieronder te hanteer, is om ...

                                         ETIEK IN DIE WERKPLEK

                                                                    Ek kan nou die skip
                                                                     verlaat – almal is
                                                                          gered.

                     A    as kaptein van die skip, die skip eerste te verlaat.
                     B    eerstens die veiligheid van sy bemanning te verseker.
                     C    seker te maak dat alle passasiers en bemanning die skip voor
                          hom verlaat.
                     D    die skip onmiddellik te verlaat nadat hy 'n waarskuwing
                          uitgereik het.

           1.1.14    'n Kulturele dorpie was genoodsaak om die buitelugdans-
                     programme vir internasionale toergroepe te kanselleer, as gevolg
                     van aanhoudende swaar reën en oorstromings.

                     Die kansellasie van die buitelugdansprogramme het …

                     A    geen ekonomiese invloed op die gemeenskap gehad nie.
                     B    tot gevolg gehad dat die gemeenskap inkomste verloor het.
                     C    'n positiewe invloed op die gemeenskap gehad.
                     D    die plaaslike verkryging van dienste moontlik gemaak.

           1.1.15    Die beste raad wat 'n hotel aan sy gaste kan gee om water te
                     bespaar, wat deel van die hotel se verantwoordelike en volhoubare
                     praktyk is, is om …

                     A    te stort in plaas van te bad.
                     B    hulself in die hotel se swembad te was.
                     C    te bad in plaas van te stort.
                     D    stil te bly oor die waterkwessie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       6                          DBE/November 2017
                                              NSS

           1.1.16    'n Wêreldgebeurtenis wat elke vier jaar plaasvind:

                     A

                     B

                     C

                     D

           1.1.17    Een van die prestasie-aanduiders (-aspekte) waaroor SAToerisme
                     verslag lewer:

                     A    Kommunikasie
                     B    Fooitjies
                     C    Bybetalings
                     D    Seisoenaliteit

           1.1.18    Die statistiek wat lae internasionale besoekersgetalle aan sekere
                     besienswaardighede toon, gee die provinsiale toerisme-owerhede
                     die geleentheid om …

                     A    werknemers by die besienswaardighede af te dank.
                     B    die besienswaardighede op te gradeer en te bemark.
                     C    besienswaardighede in ander provinsies te bemark.
                     D    die provinsie se uitgaande reise te vermeerder.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       7                           DBE/November 2017
                                              NSS

           1.1.19    Wanneer toerismestatistieke ontleed word, verwys die term
                     natuurlewe na aktiwiteite waar toeriste …

                     A    aan sportbyeenkomste deelneem.
                     B    kunstefeeste en musiekfeeste bywoon.
                     C    reservate besoek waar diere vry rondloop.
                     D    by casino's dobbel en spa's besoek.

           1.1.20    'n Rede waarom toerismemaatskappye SMS'e as 'n terugvoering-
                     metode gebruik:

                     A    Dit is 'n persoonlike manier om individuele toeriste te bereik.
                     B    Die boodskap word dadelik ontvang, selfs al is die selfoon se
                          battery pap.
                     C    'n Operateur kan met die toeris praat en vrae vra.
                     D    Lugtyd kan vir lojaliteitspunte omgeruil word.           (20 x 1)         (20)

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur
           'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
           die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           1.2.6 Bankaankoopkoers.

                    skryfbehoeftes; plaaslike omgewing; kritiek; markaandeel;
            plaaslike aankope; buitelandse besteding; terrorisme; werksure; opname

           1.2.1     'n Restaurant kry goedere en dienste by gemeenskappe daar naby

           1.2.2     'n Regulasie wat in die dienskontrak gespesifiseer word

           1.2.3     'n Stel vrae om kliëntetevredenheid te bepaal

           1.2.4     Die persentasie buitelandse aankomste in 'n land

           1.2.5     'n Geweldsdaad gemik teen 'n groep mense, met die doel om vrees
                     en paniek te saai                                        (5 x 1)               (5)

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 gebeurtenis.

           1.3.1      Die (Koepel van die Rots/Alcazar van Segovia) is in Israel geleë.

           1.3.2      'n Werknemer wat nie sy diensvoorwaardes nagekom het nie, kan
                      (beëindiging van diens/betaling vir diens) deur 'n werkgewer
                      verwag.

           1.3.3      Lande wat DBT toepas,           draai   hulle   horlosies    een    uur
                      (vorentoe/agtertoe).

           1.3.4      (Opsionele toere/Visums) is 'n element wat in ag geneem moet
                      word wanneer 'n plaaslike reisprogram saamgestel word.

           1.3.5      (UTK/IDL) is die lengtelyn waarvandaan alle lande hulle tyd lees.
                                                                                   (5 x 1)          (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     8                         DBE/November 2017
                                            NSS

1.4        Kies 'n manier van betaling wanneer internasionaal gereis word uit KOLOM B
           wat by die voorbeeld in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
           vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
           1.4.6 G.

                         KOLOM A                              KOLOM B
           1.4.1                                  A   voorafgelaaide
                                                      buitelandsevaluta-debietkaart

                                                  B   SWIFT

                                                  C   reisigerstjek
           1.4.2
                                                  D   buitelandse valuta

                                                  E   kredietkaart wat internasionaal
                                                      gebruik word

           1.4.3                                  F   plaaslike debietkaart

           1.4.4

           1.4.5
                     Vinnige, maklike en
                     gerieflike oorplasing
                     van fondse vanaf enige
                     plek in die wêreld

                                                                                  (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                   9                         DBE/November 2017
                                          NSS

1.5    Pas die prente van onverantwoordelike toeristegedrag by die korrekte reëls vir
       verantwoordelike toeristegedrag.

       Skryf slegs die vraagnommer (1.5.1–1.5.5) en die letter (A–E) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.5.6 F.

                       ONVERANTWOORDELIKE TOERISTEGEDRAG
       1.5.1                         1.5.2

       1.5.3                                1.5.4

       1.5.5

                  REËLS VIR VERANTWOORDELIKE TOERISTEGEDRAG
       A    Moenie die omgewing besoedel wanneer jy die buitelewe geniet nie.
       B    Moenie diere in hulle natuurlike habitat steur nie.
       C    Moenie gevaarlike diere in 'n wildreservaat steur nie.
       D    Bly op aangewese paadjies in ekologies sensitiewe areas.
       E    Respekteer reëls en volg regulasies in museums.
                                                                                (5 x 1)     (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       10                          DBE/November 2017
                                              NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
                     VERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Mnr. Jackson, 'n Suid-Afrikaanse prokureur, gaan Duitsland besoek om die
           Berlynse Internasionale Filmfees by te woon. Hy sal 'n motor in Duitsland
           huur.

           2.1.1     Noem die verpligte reisdokument wat mnr. Jackson sal nodig hê:

                     (a)   Om sy land van herkoms (permanente woonadres) aan te dui               (2)

                     (b)   Wat aan hom toestemming gee om Duitsland binne te gaan                 (2)

           2.1.2     Mnr. Jackson het 'n Suid-Afrikaanse rybewys.

                     Gee hom raad oor die:

                     (a)   Dokument wat hy nodig sal hê om in Duitsland te bestuur                (2)

                     (b)   Rede waarom hy die dokument in VRAAG 2.1.2(a) moet hê                  (2)

           2.1.3     Dit is belangrik om 'n kliëntprofiel op te stel voordat 'n reisprogram
                     vir 'n toeris ontwikkel word.

                     Gee EEN rede waarom dit belangrik is om 'n profiel vir mnr. Jackson
                     op te stel voordat sy reisprogram ontwikkel word.                            (2)

           2.1.4     Mnr. Jackson wil biltong Duitsland toe neem as 'n Trots
                     Suid-Afrikaans-geskenk vir sy Duitse vriend. Daar is aan hom gesê
                     dat dit verbode is om vleisprodukte in Duitsland in te neem.

                     Gee TWEE redes waarom Duitsland nie toelaat dat vleisprodukte in
                     die land ingeneem word nie.                                                  (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         11                     DBE/November 2017
                                                NSS

2.2        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord
           dan die vrae wat volg.

                                                      Abu Dhabi (+4)
            Berlyn (+1)

                          New York (-5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       12                         DBE/November 2017
                                              NSS

           Mnr. Jackson het vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe (Johannesburg)
           na Tegel Internasionale Lughawe (Berlyn in Duitsland) gevlieg om die
           Berlynse Internasionale Filmfees by te woon. Hy het in Abu Dhabi oorgestaan.
           •   Mnr. Jackson se vlug het om 12:00 vanaf OR Tambo Internasionale
               Lughawe vertrek.
           •   Hy het op Abu Dhabi Internasionale Lughawe (+4) oorgestaan om
               'n aansluitingsvlug na Tegel Internasionale Lughawe (+1) te kry.
           •   Die vliegtyd vanaf Johannesburg na Abu Dhabi Internasionale Lughawe
               was 8 uur.
           •   Mnr. Jackson het om 22:00 in Abu Dhabi aangekom.
           •   Die oorstaantyd (transito-tyd) in Abu Dhabi was 5 uur.
           •   Sy vliegtyd vanaf Abu Dhabi na Berlyn was 7 uur.

           2.2.1     (a)   Bereken hoe laat dit in Abu Dhabi was toe mnr. Jackson vanaf
                           OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek het.

                           Toon ALLE berekeninge.                                                 (3)
                     (b)   Bereken hoe laat hy vanaf Abu Dhabi Internasionale Lughawe
                           vertrek het.
                           Toon ALLE berekeninge.                                                 (3)
                     (c)   Bereken hoe laat mnr. Jackson op Tegel Internasionale
                           Lughawe in Berlyn aangekom het.                                        (4)

           2.2.2     Bereken die duur van mnr. Jackson se hele reis.                              (2)

2.3        Verwys na die kennisgewing hieronder wat by die ontvangstoonbank van die
           hotel waar mnr. Jackson tuisgegaan het, geplaas is. Beantwoord die vrae wat
           volg.

           2.3.1     Gee mnr. Jackson raad oor TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat
                     hy in gedagte moet hou wanneer hy in die hotel is.                           (4)

           2.3.2     Noem TWEE gevolge vir die hotel indien gaste tydens hulle verblyf
                     nie behoorlik oor veiligheids- en sekerheidskwessies ingelig word nie.       (4)
                                                                                                  [34]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                             13                      DBE/November 2017
                                                    NSS

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die inligting en die forex-tabel hieronder en beantwoord die vrae
           wat volg.

           Mev. Biggs, wat in Suid-Afrika woon, het na die VSA gereis. Haar seun het
           R600,00 tot haar sakgeld bygedrag, wat sy op OR Tambo Internasionale
           Lughawe vir USD omgeruil het voordat sy Suid-Afrika verlaat het.

           Met haar terugkeer na Suid-Afrika het mev. Biggs VS$219,99 van al haar
           sakgeld oorgehad.

                              RAND/VS-DOLLAR-WISSELKOERSTABEL
                   LAND          VALUTAKODE        BAK                          BVK
                    VSA              USD           13.25                        13.57

           3.1.1      (a)   Bereken die bedrag in USD wat mev. Biggs ontvang het toe sy
                            die R600,00 omgeruil het.

                            LET WEL:         Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                                             Toon AL die stappe van jou berekening.                 (4)

                      (b)   Bereken die bedrag in rand wat mev. Biggs ontvang het toe sy
                            die VS$219,99 in Suid-Afrika omgeruil het.

                            LET WEL:         Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.
                                             Toon AL die stappe van jou berekening.                 (4)

3.2        Verwys na die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                VERNAAMSTE GELDEENHEDE TUIMEL

           Europa, wat die Verenigde Koninkryk insluit, het 'n daling in die waarde van
           hulle geldeenhede gehad. Sommige ekonome het Brexit* daarvoor
           geblameer, terwyl ander die skuld op die toestroming van vlugtelinge na
           Europa geplaas het. Die daling in die waarde van die vernaamste
           geldeenhede kan 'n negatiewe en positiewe invloed op Suid-Afrikaners hê
           wat na hierdie lande reis.

           *Brittanje se onttrekking uit die Europese Unie

           3.2.1      Noem die TWEE buitelandse geldeenhede waarna in die uittreksel
                      hierbo verwys word.                                                           (2)

           3.2.2      Bespreek, in 'n paragraaf, DRIE maniere waarop 'n daling in die
                      wisselkoers van die geldeenhede wat in VRAAG 3.2.1 genoem is, 'n
                      positiewe invloed sal hê op Suid-Afrikaners wat Europa besoek.                (6)
                                                                                                    [16]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              50
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         14                             DBE/November 2017
                                                NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Bestudeer die kaart hieronder wat 'n wêreldtoer na beroemde ikone toon en
           beantwoord die vrae wat volg.

           Twee toeriste gaan op 'n wêreldtoer en sal van die beroemdste ikone besoek.
           Pas die ikone (A–H) by die lande (4.1.1–4.1.8). Skryf slegs die vraagnommer
           (4.1.1–4.1.8), die letter van die ikoon (A–H) en die land waar dit geleë is, in
           die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.9 J Suid-Afrika.
                                        WÊRELDTOERROETE

                                                4.1.8
                                                                4.1.7
                                                                                4.1.6
                            4.1.1

                                                        4.1.3

                                                                        4.1.4

                                    4.1.2

                                                                                        4.1.5

                     A                      B                      C                    D

                     E                      F                     G                     H

                                                          [Aangepas uit www.famouslandmarks.com]       (16)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       15                            DBE/November 2017
                                              NSS

4.2        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        DIE EIFFELTORING GAAN MET GLAS VEILIG BLY

           Die Eiffeltoring is een van die suksesvolste toeristebesienswaardighede in
           Frankryk.

           Parys het die veiligheid om sy gewildste besienswaardighede verskerp ná
           onlangse terroriste-aanvalle in die stad.

           Die Eiffeltoring het tans metaalversperrings rondom sy basis as
           'n sekerheidsmaatreël om verdere terroriste-aanvalle te voorkom.
           Die metaalversperrings lyk nie baie mooi op foto's wat deur toeriste geneem
           is nie.

           Die Franse owerhede beplan om die metaalversperrings aan die voorkant van
           die Eiffeltoring te verwyder en dit met permanente koeëlvaste glasmure te
           vervang. Die oorblywende metaalversperrings sal met 'n mooier omheining
           vervang word.
                                                 [Aangepas uit Sunday Times, 19 Februarie 2017]

           4.2.1     Gee EEN rede waarom die Franse owerhede die bestaande
                     metaalversperrings by die Eiffeltoring met koeëlvaste glasmure
                     wil vervang.                                                                      (2)

           4.2.2     Voorspel wat kan gebeur as die bestuur                 die     bestaande
                     veiligheidsmaatreëls by die Toring verslap.                                       (2)

           4.2.3     Identifiseer EEN ander kriterium wat die voortgesette sukses van die
                     ikoon sal verseker, behalwe om veiligheid by die Eiffeltoring te
                     verseker.                                                                         (2)
                                                                                                       [22]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      16                         DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 5

5.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   DIE CHELSEA-BLOMMESKOU IN LONDEN HET IN 2011
               SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE BEKEND GESTEL

           By die Chelsea-blommeskou kry lande die geleentheid om blomme-
           rangskikkings te gebruik om hulle besienswaardighede te vertoon. Dit maak
           die Chelsea-blommeskou 'n ideale geleentheid om Suid-Afrika en sy ryk
           natuurlike biodiversiteit en kultuurerfenis te bevorder. Die skou lok meer as
           150 000 besoekers in vier dae en die Suid-Afrikaanse uitstalling is altyd
           'n groot gunsteling.
           Dr. Tanya Abrahamse, HUB van SANBI, het gesê: 'Baie besoekers reis na
           Suid-Afrika nadat hulle ons uitstalling by die Chelsea-blommeskou gesien het
           en ons verwelkom die geleentheid om ons pragtige land deur sy
           Wêrelderfenisterreine te vertoon.'

                                                               [Aangepas uit www.sanbi.org]

5.1        Noem die TWEE Wêrelderfenisterreine wat in 2011 by die Chelsea-
           blommeskou in Londen vertoon is.                                                      (4)
5.2        Noem die TWEE provinsies wat die meeste voordeel uit die blootstelling by
           die Chelsea-blommeskou sou getrek het.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      17                          DBE/November 2017
                                             NSS

5.3        Gee EEN rede waarom UNESCO Wêrelderfenisstatus aan die twee terreine
           in VRAAG 5.1 gegee het.                                                               (2)

5.4        Suid-Afrika se uitstallings by die Chelsea-blommeskou het werk en
           entrepreneurskapgeleenthede geskep vir plaaslike verskaffers van
           plantmateriaal en ander items wat nodig is om die perfekte uitstalling te skep.

           Stel TWEE ander maniere voor waarop die uitstalling van die twee
           Wêrelderfenisterreine by die Chelsea-blommeskou in Londen waarde by
           Suid-Afrika se toerismebedryf voeg.                                                   (4)
                                                                                                 [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        18                          DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 6

6.1        Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     Suid-Afrika se stalletjie by die
                     Wêreldreismark ('World Travel
                       Market'/'WTM') in Londen

                                              DOEL
           Om die getal buitelandse aankomste         Om internasionale bewustheid van
                in Suid-Afrika te verhoog         Suid-Afrika as 'n reisbestemming te verhoog
                                                                  [Aangepas uit www.wtm.com]

           6.1.1     Noem die organisasie wat daarvoor verantwoordelik is om
                     Suid-Afrika internasionaal te bemark.                                          (2)
           6.1.2     Verwys na die prent hierbo en verduidelik die betekenis van
                     Suid-Afrika se handelsmerkslagspreuk: 'Inspiring new ways'
                     ('Inspireer nuwe maniere').                                                    (2)
           6.1.3     Gee EEN rede waarom Suid-Afrika se handelsmerklogo en
                     handelsmerkslagspreuk so prominent (duidelik) as deel van die
                     uitstalling vertoon word.                                                      (2)
           6.1.4     Die organisasie in VRAAG 6.1.1 bemark Suid-Afrika internasionaal
                     op verskillende maniere, byvoorbeeld uitstallings by internasionale
                     toerismehandelskoue en reisprogramme oor die radio en op televisie.
                     Gee TWEE ander voorbeelde van hoe die organisasie genoem in
                     VRAAG 6.1.1 internasionale bewustheid en buitelandse aankomste
                     in Suid-Afrika kan verhoog.                                                    (4)
6.2        Verduidelik, in 'n paragraaf, hoe toerismeheffings in Suid-Afrika ingesamel
           word.
           Jou paragraaf moet die volgende insluit:
           • Die stappe by die insameling van die heffings
           • Die rol van TOMSA in die insamelingsproses
           • 'n Verduideliking van waarvoor hierdie heffings gebruik word            (3 x 2)        (6)
                                                                                                    [16]
                                                                   TOTAAL AFDELING C:               50
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        19                          DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

7.1        Verwys na die uittreksel uit die webtuiste van Suid-Afrikaanse Nasionale
           Parke hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        SUID-AFRIKAANSE NASIONALE PARKE (SANParke)

                                     B
                   A                                    C          D

                                                                             Sosio-ekonomiese
                                                                             ontwikkeling

                                                                [Aangepas uit www.sanparks.org]

           Kies 'n item uit die uittreksel wat by 'n beskrywing hieronder pas. Skryf slegs
           die vraagnommer (7.1.1–7.1.4) en die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK
           neer, byvoorbeeld 7.1.5 E.

           7.1.1       Die logo van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke                                 (1)

           7.1.2       EEN doelwit van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke                              (1)

           7.1.3       Inligting oor Suid-Afrikaanse Nasionale Parke                                (1)

           7.1.4       Beskikbaarheid van akkommodasie by Suid-Afrikaanse Nasionale
                       Parke                                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      20                             DBE/November 2017
                                             NSS

7.2        Bestudeer die foto hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 Sawubona. My naam is
                                                                Nkosi Xaba. Ek is op die
                                                              punt om in hierdie helikopter
                                                              te klim om 'n roetinepatrollie
                                                              van die wild in die Nasionale
                                                                 Krugerwildtuin te doen.

                                                      [Aangepas uit www.sanparks.org]

           7.2.1     Noem TWEE aspekte van Nkosi Xaba se kleredrag wat die
                     professionele beeld van Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
                     (SANParke) toon.                                                                (2)

           7.2.2     Verwys na Nkosi se woorde in die spraakborrel.

                     Bespreek EEN manier waarop roetinepatrollies toon dat SANParke
                     'n omgewingsbeleid ingestel het.                                                (2)
                                                                                                     [8]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      21                            DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 8

8.1        Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            VERENIGDE NASIES VERKLAAR 2017 AS DIE
INTERNASIONALE JAAR VAN VOLHOUBARE TOERISME VIR ONTWIKKELING

2017 is om die volgende redes as die Internasionale Jaar van Volhoubare Toerisme vir
Ontwikkeling verklaar:

•     Dit is 'n geleentheid om te kyk hoe die toerismebedryf deur klimaatsverandering
      beïnvloed word.
•     Om te bepaal hoe die kweekhuisgasvrystellings deur die toerismebedryf beperk
      kan word.
•     Om maniere te vind waarop die toerismebedryf by stygende wêreldtemperature
      kan aanpas.
•     As een van die wêreld se grootste werkverskaffingsektore verskaf die
      toerismebedryf belangrike inkomstegeleenthede, verminder armoede en moedig
      ontwikkeling aan.

Die toerismebedryf maak op die klimaat staat. Uiterste weerstoestande, soos storms,
hittegolwe, droogtes, varswaterverlies en stygende seevlakke, is 'n bedreiging vir
kusoorde. Verlaagde sneeuval het 'n negatiewe invloed op ski-oorde.

Die Verenigde Nasies Wêreldtoerisme-organisasie (UNWTO) beraam dat die
toerismebedryf vir ongeveer 5% van die wêreld se CO 2 -vrystellings verantwoordelik
is. Toeriste en toerismebesighede word aangemoedig om hulle koolstofvoetspoor
te verklein.

           DIE TOERISMEBEDRYF SE BYDRAE TOT CO 2 -VRYSTELLINGS
        AKKOMMODASIESEKTOR                            VERVOERSEKTOR
20% van die vrystellings kom van         75% van die vrystellings kom van lug-,
verhitting, lugversorging en die         motor- en spoorvervoer. 'n Gedeelte van
instandhouding van kroeë, restaurante en die vrystellings kan voorkom word deur
swembaddens.                             die mees volhoubare vervoermiddel te
                                         kies.
                                                              [Aangepas uit www2.unwto.org]

           8.1.1     Gee TWEE voorbeelde van klimaatsverandering waarna in die
                     artikel hierbo verwys word.                                                   (2)

           8.1.2     Stel EEN manier voor waarop klimaatsverandering 'n invloed op die
                     Switserse Alpe as 'n toeristebestemming kan hê.                               (2)

           8.1.3     Verwys na die artikel hierbo en verduidelik hoe die toerismebedryf
                     beide voordelig en skadelik vir die omgewing kan wees.      (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      22                          DBE/November 2017
                                             NSS

8.2        Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           Bestemmings kan 'n rol speel om die Internasionale Jaar van Volhoubare
           Ontwikkeling te ondersteun.

           8.2.1     Verduidelik, in 'n paragraaf, hoe toerismebestemmings             die
                     driedubbele-slotreëlbenadering kan gebruik met betrekking tot:

                     •   Vervoer
                     •   Opvoeding/Onderwys
                     •   Werkskepping                                                            (6)

           8.2.2     Noem TWEE maniere waarop hotelgaste 'n rol kan speel in die
                     verantwoordelike gebruik van hulpbronne terwyl hulle by 'n hotel
                     tuisgaan.                                                                   (4)

8.3        'n Suksesvolle B&O (Bed en Ontbyt) is een kilometer vanaf 'n skool geleë wat
           Toerisme as vak aanbied.

           Stel TWEE maniere voor waarop die eienaar van die B&O die Toerisme-
           leerders kan ondersteun deur die beginsel van KMB te beoefen.                         (4)
                                                                                                 [22]

                                                                TOTAAL AFDELING D:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        23                          DBE/November 2017
                                               NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                      TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DIE BEKENDE WIMBLEDON
           Wimbledon is 'n jaarlikse tennistoernooi wat die
           gasheerstad al vir die afgelope 140 jaar
           bevoordeel.

           Spelers uit verskeie lande neem deel en hulle
           wedstryde lok toeskouers van oor die hele
           wêreld.
                                                           [Aangepas uit www.atpworldtour.com]

           9.1.1     Verduidelik EEN rede waarom            die   Wimbledon-toernooi         as
                     'n wêreldgebeurtenis beskou word.                                              (2)

           9.1.2     Noem TWEE positiewe invloede wat die Wimbledon-tennistoernooi
                     op die ekonomie van die gasheerstad het.                                       (4)

9.2        Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               ONVOORSIENE GEBEURE IN ITALIË

           Baie lewens is verloor en baie skilderye, antieke en historiese geboue en
           ander belangrike terreine wat vorige aardbewings oorleef het, is in die
           aardbewings van 2016 en 2017 vernietig.

           Die aardbewings is so ver as Rome gevoel, waar vervoerowerhede die
           spoorstelsel toegemaak het en belangrike toeristebesienswaardighede tydelik
           gesluit het om die skade te bepaal en veiligheid te verseker.

                                                                  [Aangepas uit www.cnbc.com]

           9.2.1     Identifiseer die soort onvoorsiene gebeurtenis in die artikel hierbo.          (2)

           9.2.2     Noem TWEE maniere waarop skade aan die vervoerinfrastruktuur
                     'n invloed op toeriste kan hê.                                                 (4)

           9.2.3     Kragonderbrekings kom algemeen na groot aardbewings voor.

                     Beveel 'n geskikte betalingsmetode aan wat buitelandse toeriste
                     tydens kragonderbrekings kan gebruik.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      24                           DBE/November 2017
                                             NSS

9.3        Bestudeer die statistiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           SAToerisme versamel en ontleed inligting oor buitelandse toeristeaankomste
           in Suid-Afrika.

                      BUITELANDSE INKOMENDE TOERISTEAANKOMSTE
                                 IN SUID-AFRIKA (2016)

            PROVINSIE         AANKOMSTE            BESTEDING               LENGTE VAN
                                                   (MILJOENE)               VERBLYF
           Gauteng               894 287             R8 125                    8,4
           Wes-Kaap              394 357             R3 481                   11,7
           Oos-Kaap               63 353              R488                     9,9
           KwaZulu-Natal         146 954             R1 169                    8,5
           Mpumalanga            202 588             R1 061                    5,7
           Limpopo               162 796             R1 644                    4,3
           Noordwes              113 888              R434                     5,4
           Noord-Kaap             16 022              R145                     7,7
           Vrystaat              253 838              R283                     8,0
                                                           [Aangepas uit: www.southafrica.net]

           9.3.1     Gee die bedrag inkomste wat deur die inkomende internasionale
                     toeriste wat die Vrystaat besoek het, geskep is.                              (2)

           9.3.2     Identifiseer TWEE provinsies aan die Ooskus met laer getalle
                     toeristeaankomste as die Vrystaat.                                            (4)

           9.3.3     Gee EEN rede waarom die provinsies wat in VRAAG 9.3.2
                     geïdentifiseer is, 'n hoër bestedingsyfer as die Vrystaat het.                (2)

9.4        Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                            AMPTELIKE BEGROTINGSTOEWYSING

           'n Bykomende R494 miljoen is in die 2017-begrotingstoespraak toegewys om
           toerisme te bevorder.
                                                       [Aangepas uit www.grantthornton.co.za]

           Gee EEN rede waarom 'n groot gedeelte van die begroting vir bemarking in
           opkomende markte, soos China, gebruik moet word.                                        (2)
                                                                                                   [24]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     25                              DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 10

Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 OPLEIDING VIR WERKNEMERS

                                                                   Was jy
                                                                  tevrede
                                                                  met ons
                                                                 produkte
                                                                 en diens?

                                                                       [Bron: www.prfree.com]

10.1       Identifiseer die   kliënteterugvoeringsmetode   wat    in   die    prent   hierbo
           getoon word.                                                                          (2)

10.2       Verduidelik TWEE maniere hoe die terugvoeringsmetode in VRAAG 10.1
           bydra om die diensleweringsvlakke van toerismebesighede te verbeter.                  (4)
                                                                                                 [6]

                                                                 TOTAAL AFDELING E:              30
                                                                     GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2017-memo-eng/1db94413-fa8a-4d86-85ed-e29e2fff1508) — Tourism · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2017-question-paper/640cd7ed-e481-47a3-be29-1a9c00d027df) — Tourism · QP · 2017
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/ec6edadc-0127-4389-83e0-7bae35e51922) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Tourism Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-afr/57bfd419-f913-43c5-aa39-bb645ddb70f3) — Tourism · QP · 2017 · Afr
- [Tourism Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-feb-march-2017-eng/9745b952-56b4-4c76-942b-48efd486989a) — Tourism · QP · 2017 · Eng
- [Tourism Nov 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2022-afr/df275379-2d5a-4788-9113-e9fe354a1973) — Tourism · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
