# Tourism Grade 12 NSC November 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-afr/d79e36fe-3b7b-4b15-ae95-9ed1f87a61c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-afr/d79e36fe-3b7b-4b15-ae95-9ed1f87a61c7)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     TOERISME

                                 NOVEMBER 2018

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                           DBE/November 2018
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE berekeninge vir die bewerkings.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van
           jou antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                          TYD
 AFDELING                               ONDERWERP                          PUNTE
                                                                                        (minute)
      A          Kortvrae                                                     40              20

                 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse valuta-
      B                                                                       50              50
                 verhandeling

                 Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
      C                                                                       50              50
                 Erfenistoerisme; Bemarking

                 Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
      D                                                                       30              30
                 Toerisme

                 Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
      E                                                                       30              30
                 Kommunikasie en Kliëntediens

                                                              TOTAAL         200           180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       3                      DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

      1.1.1    Die soort visum waarvoor aansoek gedoen word wanneer daar na
               Europese Unie-lande gereis word:

               A     Brasiliaanse
               B     Skotse
               C     Schengen
               D     Amerikaanse

      1.1.2    'n Verpligte inenting wat vereis word wanneer sekere Afrikalande besoek
               word:

               A     Bilharzia
               B     Geelkoors
               C     Hepatitis A
               D     Malaria

      1.1.3    'n Bank sal die … gebruik wanneer 'n Suid-Afrikaanse toeris op
               OR Tambo Internasionale Lughawe R5 000,00 vir euro verwissel:

               A     bankaankoopkoers
               B     bankbeleggingskoers
               C     bankterugneemkoers
               D     bankverkoopkoers

      1.1.4    Wanneer dagligbesparingstyd (DBT) toegepas word, word daar van
               deelnemende lande vereis om hulle horlosies …

               A     EEN uur in die somer terug te draai.
               B     EEN uur in die winter vorentoe te draai.
               C     EEN uur in die somer vorentoe te draai.
               D     TWEE ure in die somer terug te draai.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        4                           DBE/November 2018
                                               NSS

      1.1.5    'n IBP word vereis om …

               A     aan plaaslike kultuuraktiwiteite deel te neem.
               B     'n ligte vliegtuig in die buiteland te vlieg.
               C     'n voertuig by sekere buitelandse bestemmings te huur.
               D     aan witwater-vlotvaart-('white water rafting')aktiwiteite deel te neem.

      1.1.6    Die verskil tussen 'n besienswaardigheid en 'n ikoon:

               A     'n Besienswaardigheid is 'n glanspunt wat toeriste wil ervaar, terwyl
                     'n ikoon 'n simbool is wat 'n bestemming verteenwoordig.
               B     'n Besienswaardigheid is 'n simbool wat toeriste lok, terwyl 'n ikoon
                     'n besienswaardigheid is wat slegs kultuurtoeriste lok.
               C     'n Besienswaardigheid verteenwoordig 'n bestemming, terwyl 'n
                     ikoon tot die ekonomie van die land bydra.
               D     'n Besienswaardigheid is 'n nuwe ervaring by 'n bestemming, terwyl
                     'n ikoon 'n bestaande besienswaardigheid by 'n bestemming is.

      1.1.7    Die Jungfrau-Aletsch is 'n bergreeks wat in hierdie land aangetref word:

               A     Japan
               B     Indië
               C     Brasilië
               D     Switserland

      1.1.8    TWEE ikone wat in Rome aangetref word:

                     A                   B                   C                   D

               A     Ikoon A en ikoon B
               B     Ikoon A en ikoon C
               C     Ikoon C en ikoon D
               D     Ikoon B en ikoon D

      1.1.9    'n Kusstrook met goue strande en wêreldklasgolfbane:

               A     Drywende Markte
               B     Algarve
               C     Blou Moskee
               D     Petra

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      5                         DBE/November 2018
                                             NSS

      1.1.10 Die simbool hieronder dui aan dat 'n besienswaardigheid universeel
             toeganklik is:

               A

               B

               C

               D

      1.1.11 Indien 'n toerismebesigheid die driedubbele-slotreëlbenadering toepas,
             sal dit tot … toerisme lei.

               A     onverantwoordelike
               B     praktiese
               C     volhoubare
               D     vriendelike

      1.1.12 'n Betaling wat aan 'n werknemer gemaak word vir werk wat gedoen is:

               A     Besoldiging/Vergoeding
               B     Ruilooreenkoms/('Bartering')
               C     Verhandeling
               D     Transaksie

      1.1.13 'n Voorbeeld van etiese gedrag deur personeel:

               A     Stel die toesighouer in kennis wanneer jy nie by die werk sal wees
                     nie.
               B     Gee onbeperkte afslag aan gesinslede en vriende.
               C     Betaal nie 'n werknemer vir al die ekstra ure wat gewerk is nie.
               D     Neem krediet vir werk wat nie as jou eie beskou word nie.

      1.1.14 'n Voorbeeld van 'n byvoordeel vir kajuitbemanning by 'n lugdiens:

               A     Maandelikse salaris
               B     Skeidingsbetaling
               C     Uniformtoelaag
               D     Verminderde belasting

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       6                            DBE/November 2018
                                              NSS

      1.1.15 Die uitbarsting van 'n vulkaan op 'n eiland wat op toerisme
             as hoofinkomstebron staatmaak, sal hierdie negatiewe invloed tot
             gevolg hê:

               A     Beskadigde toegangspaaie en minder toeriste wat die oorde besoek
               B     Swaar sneeuneerslae en meer toeriste wat vir 'n ski-vakansie
                     opdaag
               C     Veldblomme wat blom en 'n toename in ekotoeriste op die eiland
               D     'n Vuurwerkvertoning en minder vrywilligers vir die opening-
                     seremonie

      1.1.16 Die beeld van 'n gasheerland wat 'n wêreldgebeurtenis aanbied, sal
             verbeter wanneer …

               A     onbekende borge by die gebeurtenis betrokke is.
               B     spertye tydens die voorbereidingsproses nagekom word.
               C     die gebeurtenis op een mediaplatform geadverteer word.
               D     plaaslike gemeenskappe nie toegelaat word om hulle produkte te
                     verkoop nie.

      1.1.17 Hierdie logo toon aan toeriste dat hulle                 vakansie    plaaslike
             gemeenskappe en ekonomieë bevoordeel:

                                      A                                 B

                                      C                                 D

      1.1.18 Algemene onrus, protesaksies en stakings in Suid-Afrika lei tot ...

               A     werkskepping.
               B     verlies aan beleggersvertroue.
               C     die versterking van die plaaslike geldeenheid.
               D     positiewe publisiteit.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        7                         DBE/November 2018
                                               NSS

      1.1.19 Statistiese inligting met betrekking tot toeriste-aankomste in Suid-Afrika
             vanaf lande soos die Verenigde State van Amerika en Australië, word
             as … geklassifiseer.

                   A   landmarkte
                   B   watermarkte
                   C   lugmarkte
                   D   spoormarkte

      1.1.20 Opknappingswerk aan 'n hotelkamer tydens 'n gas se verblyf kan …

                   A   BBP-groei verlaag.
                   B   spanbou onder die personeel verbeter.
                   C   die gas verontrief.
                   D   koste by die gas se rekening voeg.                                         (20)

1.2        Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
           woord(e)/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord(e)/term
           langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

             wêreldresessie; paspoort; aftrekking; FOREX; telegrafiese oorplasing
                TravelWallet; vermenigvuldigereffek; enkeltoeslag; MasterCard

           1.2.1        'n Voorbeeld van 'n voorafbetaalde buitelandse valutakaart waar
                        die wisselkoers deur die bank vasgestel word wanneer dit
                        aangekoop word

           1.2.2        'n Besigheid sal die logo van hierdie instelling vertoon om aan te
                        dui dat hulle kredietkaartbetalings aanvaar

           1.2.3        'n Elektroniese metode om fondse na die buiteland oor te plaas

           1.2.4        Die bykomende bedrag betaalbaar wanneer 'n gas verkies om nie
                        'n kamer te deel nie

           1.2.5        Die term op die salarisadvies van 'n werknemer wat die bedrag wat
                        aan die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF/'UIF') oorbetaal
                        word, aandui                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         8                        DBE/November 2018
                                                NSS

1.3        Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
           woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.

           1.3.1       Die (opvoedkundige vlak/finansiële status) van 'n kliënt is 'n
                       belangrike faktor wat in ag geneem moet word wanneer 'n toeris se
                       profiel saamgestel word.

           1.3.2       'n Suid-Afrikaanse toeris wat na die OR Tambo Internasionale
                       Lughawe terugkeer met geskenkaankope ter waarde van meer as
                       eenhonderdduisend rand, moet deur die (rooi/groen) kanaal by
                       doeane gaan.

           1.3.3       'n Positiewe invloed wat die aanbied van die 2018 FIFA-
                       Wêreldbekertoernooi in Rusland vir die plaaslike inwoners inhou,
                       staan as die (magnetiese/vermenigvuldiger-) effek bekend.

           1.3.4       Wanneer 'n Suid-Afrikaanse toeris vir 'n visum aansoek doen, is
                       bewyse van betaalde (akkommodasie/belastings) 'n verpligte
                       vereiste.

           1.3.5       Die (Blou Moskee/Koepel van die Rots) is 'n godsdienstige
                       struktuur wat in die stad Jerusalem geleë is.                             (5)

1.4        Kies die gasheer-(land/provinsie/stad) uit KOLOM B wat by die
           wêreldgebeurtenis in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
           vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                             KOLOM A                                KOLOM B
           1.4.1     Comrades-marathon                     A   Australië

           1.4.2     2018 G8-beraad                        B   Londen

           1.4.3     2018 Statebondspele                   C   New York

           1.4.4     Wimbledon-tennistoernooi              D   KwaZulu-Natal

           1.4.5     2016 Olimpiese Spele                  E   Kanada

                                                           F   Rio de Janeiro
                                                                                   (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                9                                 DBE/November 2018
                                                       NSS

1.5   Suid-Afrika, net soos ander lande, het jaarlikse statistiese inligting oor
      besoekersaankomste in die land nodig. Verwys na die hoofaanduiders van die
      statistiese inligting hieronder.

      Pas die hoofaanduiders by die inligtingsgrafika. Skryf slegs die letters (A–F)
      langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
      bv. 1.5.6 G.

                       HOOFAANDUIDERS VAN STATISTIESE INLIGTING

                Toeriste-                                    Navorsings-            C       Bron-
           A                                           B
                besienswaardighede                           metodes                        markte

                Openbare                                     Gemiddelde             F       Doel
           D    vervoer                                E     besteding                      van reis

      1.5.1
                                                                             Duitsland
                                                                             VK
                                                                             VSA
                                                                             Frankryk
                                                                             Nederland
                                 Top 7-lande
                                                                             Australië
                                                                             Switserland

      1.5.2                                                  1.5.3

                                                                 Akkommodasie uitgesluit

               Vakansie

                                                                      R1 189
                                         Besigheid

             Besoek
           familie/vriende           Opvoedkundig                           per persoon

      1.5.4                                                  1.5.5

           Natuur &    Kos &   Geskiedenis   Kuns &           Mondelinge
           buitelewe    wyn     & erfenis    kultuur          aanbeveling      Internet           Media

                                                                      [Aangepas uit www.travelstart.co.za]       (5)

                                                                             TOTAAL AFDELING A:                  40

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                  10                       DBE/November 2018
                                         NSS

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
VERHANDELING

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder, lees die inligting en beantwoord
      dan die vrae wat volg.

                              Kuba

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    11                              DBE/November 2018
                                           NSS

           OP PAD NA PAPIERLOSE REIS – DIE ELEKRONIESE INSTAPKAART

                                                    Voeg by
                                                    PASBOEK

                                            Vlug-       Datum
                                            nommer      3 Mei 2018
                                            AF0995      Parys

                                                     [Aangepas uit www.paperlesstravel.com]

      2.1.1    Verwys na mnr. David Smith se elektroniese instapkaart op sy
               selfoon en identifiseer die volgende:

               (a)    Die vlugnommer                                                               (1)

               (b)    Mnr. Smith se sitpleknommer                                                  (1)

               (c)    Die lughawekode vir Charles De Gaulle Internasionale
                      Lughawe in Parys                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      12                           DBE/November 2018
                                             NSS

      2.1.2    Met verwysing na mnr. Smith se instapkaart, gee EEN rede waarom
               hy by die voorste deur van die vliegtuig aan boord moet gaan.                  (2)

      2.1.3    Verduidelik TWEE voordele           vir   lugrederye   om   elektroniese
               instapkaarte te gebruik.                                                       (4)

      2.1.4    Bespreek die volgende:

               (a)    EEN voordeel van die gebruik van elektroniese instapkaarte vir
                      toeriste                                                                (2)

               (b)    EEN nadeel van die gebruik van elektroniese instapkaarte vir
                      toeriste                                                                (2)

2.2   Bestudeer die reisplan hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        REISPLAN

      Mnr. David Smith, 'n Suid-Afrikaanse ingenieur het in 2018 vanaf
      Johannesburg via Parys na Havana in Kuba gereis om toesig oor die
      konstruksie van 'n nuwe brug te hou.

      Eerste skof van mnr. Smith se reis
      Mnr. Smith het om 19:00 op Donderdag 3 Mei 2018 vanaf die OR Tambo
      Internasionale Lughawe vertrek. Die 11 uur lange vlug het die volgende
      oggend op die Charles De Gaulle Internasionale Lughawe in Parys
      aangekom. Hy het tot 16:00 in transito op die lughawe gebly.

      Tweede skof van mnr. Smith se reis
      Mnr. Smith het om 16:00 (plaaslike tyd) van die Charles De Gaulle
      Internasionale Lughawe in Parys na Havana, Kuba, vertrek. Hy het om 21:00
      (plaaslike tyd) op die José Marti Internasionale Lughawe in Havana
      aangekom.

      LET WEL: Ten tye van die reis het Frankryk en Kuba DBT toegepas.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                   13                         DBE/November 2018
                                          NSS

      2.2.1    Daar was geen direkte vlugte van Johannesburg na Havana
               beskikbaar op die datums waarop mnr. Smith wou reis nie. Die
               reisagent, wat die vlugbesprekings gemaak het, het logiese
               roetebeplanning vir mnr. Smith se reis in gedagte gehou.

               Verwys na die roete op die kaart en gee EEN rede wat hierdie
               stelling sal staaf (bevestig).                                            (2)

      2.2.2    Eerste skof van mnr. Smith se reis

               Bereken hoe laat dit in Parys was toe mnr. Smith om 19:00 van
               OR Tambo Internasionale Lughawe vertrek het.

               LET WEL: Frankryk pas DBT toe.

               Toon ALLE berekeninge.                                                    (4)

      2.2.3    Bereken hoeveel uur mnr. Smith op die Charles De Gaulle
               Internasionale Lughawe in transito was.

               Toon ALLE berekeninge.                                                    (4)

      2.2.4    Tweede skof van mnr. Smith se reis

               Bereken die vliegtyd van mnr. Smith se vlug vanaf Parys na Havana.

               LET WEL: Frankryk en Kuba pas albei DBT toe.
                                                                                         (5)
               Toon ALLE berekeninge.
                                                                                         [28]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     14                          DBE/November 2018
                                            NSS

VRAAG 3
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                           WISSELKOERSTABEL
        SUID-AFRIKAANSE RAND TEENOOR GELDEENHEDE VAN DIE WÊRELD

                                     BUITELANDSE VALUTA
                       16 November 2017
                                                    Ons          Ons
                                                  verkoop       koop
                       GELDEENHEID                 BSR          BBR
                       Euro                        16.85        16.81
                       Australiese dollar          10.87        10.84
                       Kanadese dollar             11.22        11.19
                       Amerikaanse dollar          14.11        14.07
                       Tsjeggiese kroon            0.66         0.63
                       Bulgaarse lev               8.61         8.58
                       Turkse lira                 3.69         3.65
                       Egiptiese pond              0.81         0.77

3.1   Verwys na die wisselkoerstabel hierbo en identifiseer die sterkste
      geldeenheid.                                                                          (1)
3.2   3.2.1    Gee EEN rede waarom die bankverkoopkoers van die geldeenhede
               in die tabel hoër as die bankaankoopkoers is.                                (2)
      3.2.2    In die tabel hierbo, identifiseer die TWEE lande                  waar
               Suid-Afrikaners die beste waarde vir hulle geld sal kry.                     (2)
3.3   Me. Nobuhle Maliti woon in Suid-Afrika en wil die Verenigde State van
      Amerika (VSA) besoek. Sy het R58 000,00 vir die reis.
      Haar retoervliegkaartjie sal R26 000,00 kos, die VSA-visum en reis-
      versekering sal R3 800,00 beloop en die toerpakket vir die VSA R23 100.
      3.3.1    Bereken, in rand, die totale koste van me. Maliti se reis na die VSA.        (2)
      3.3.2    Sal me. Nobuhle Maliti genoeg geld vir die reis hê?
               Gee EEN rede vir jou antwoord.                                               (2)
      3.3.3    Me. Maliti ruil R58 000 vir USD by die OR Tambo Internasionale
               Lughawe om.
               Gebruik die wisselkoerstabel hierbo en bereken die bedrag
               VS-dollar wat sy ontvang het toe sy R58 000 omgeruil het.                    (3)
      3.3.4    Met haar terugkeer na Suid-Afrika het me. Maliti USD150 oorgehad
               wat sy op die OR Tambo Internasionale Lughawe omgeruil het.
               Bereken die bedrag wat sy in rand ontvang het.                               (3)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    15                           DBE/November 2018
                                           NSS

3.4   Bestudeer die tydskrifvoorblad hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          DIE INVLOED VAN 'N SWAK RAND

                                                        'n Swak rand kan beide
                                                        'n negatiewe en
                                                        'n positiewe invloed op die
                                                        toerismebedryf en op die
                                                        Suid-Afrikaanse ekonomie
                                                        hê.

                                                        Die armoede en
                                                        werkloosheid wat in die
                                                        prent uitgebeeld word, is
                                                        'n dilemma (probleem)
                                                        waarmee baie Suid-
                                                        Afrikaners te doen kry.
                                                        Daar kan nie toegelaat
                                                        word dat hierdie toestand
                                                        voortduur nie.

                                                     [Aangepas uit www.financialmail.com]

      Verwys na die scenario hierbo en skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek hoe
      'n swak rand kan help om armoede en werkloosheid in Suid-Afrika te verlig.

      Jou bespreking moet die volgende insluit:

      •    Hoe 'n swak rand internasionale besoekers meer koopkrag sal gee     (2)
      •    Hoe die scenario tot die vermenigvuldigereffek sal bydra        (2 x 2)

      LET WEL: EEN punt sal toegeken word vir die paragraafformaat wat
               volledige, goed saamgestelde sinne sonder kolpunte ('bullets') of
               nommers bevat.                                               (1)             (7)
                                                                                            [22]

                                                           TOTAAL AFDELING B:               50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     16                             DBE/November 2018
                                            NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING
VRAAG 4
Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
4.1 Mnr. Bean is op 'n skattejag om die ikone en besienswaardighede in Londen te
    vind. Help hom om die ikone en besienswaardighede in Londen te vind deur die
    skattejagkaart hieronder te gebruik.

                                                              [Aangepas uit www.pintinterest.com]

     4.1.1   Gee die naam van die land waar die skattejag plaasvind.                                (1)
     4.1.2   Mnr. Bean gebruik openbare vervoer vir die skattejag.
             Identifiseer die openbare vervoermetode op die kaart wat hy kan gebruik.               (2)
     4.1.3   Identifiseer die DRIE internasionale ikone (1, 2 en 3) wat mnr. Bean tydens
             die skattejag moet vind.                                                               (3)
     4.1.4    (a) Identifiseer die militêre aktiwiteit 4 waarna mnr. Bean sal kan kyk
                  wanneer hy ikoon 3 besoek.                                                        (2)
              (b) Beskryf die militêre aktiwiteit in VRAAG 4.1.4(a).                                (2)
              (c)    Noem waarvoor ikoon 3 hoofsaaklik gebruik word.                                (2)
     4.1.5    Mnr. Bean se laaste leidraad is om die Kroonjuwele op te spoor.
              Noem die ikoon waar hy hierdie skat sal vind.                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        17                       DBE/November 2018
                                               NSS

4.2   Bestudeer die inligting hieronder en antwoord die vrae wat volg.

                              DIE AUSTRALIAANSE UITDAGING

      Die Australiërs beskou hierdie terrein as 'n prysenswaardige ikoon en is trots op
      die natuurlike skoonheid daarvan. Vir die Australiese inboorlinge (inheemse
      inwoners) is dit 'n heilige terrein wat hulle finansieel en geestelik ondersteun.

      Daar is egter 'n geskilpunt (konflik) tussen die Australiese inboorlinge en ander
      Australiërs oor die gebruik van die ikoon en die omliggende grond. Die hoofrede
      is dat toestemming gegee word om hierdie antieke heilige terrein te klim. Die
      Australiese inboorlinge het versoek dat besoekers nie die heilige terrein uitklim
      nie, maar hierdie versoek is geïgnoreer ter wille van winste en die begeerte om
      die top van hierdie manjifieke ikoon te bereik.

      Die klimmery het dele van die rots laat verweer. Die gebrek aan vullisdromme en
      behoorlike regulasies het tot gevolg dat toeriste doen wat hulle wil tydens die
      klimtog. 'n Gemiddeld van 400 000 toeriste het in 2017 die nasionale park
      besoek, wat die teikengetal van 300 000 per jaar oorskry het. Australiese
      inboorlinge sê dat hulle nie voordeel uit toerisme trek nie. Die oord wat naby aan
      die ikoon geleë is, het slegs een Australiese inboorling uit 'n personeel van 670
      mense in diens.
                                                               [Aangepas uit www.cnn.com]

      4.2.1    Identifiseer die ikoon in hierdie artikel.                                       (1)

      4.2.2    Noem EEN ander ikoon wat in Australië geleë is.                                  (1)

      4.2.3    Dink jy dat die ikoon wat in VRAAG 4.2.1 genoem is 'n suksesvolle
               toeristebesienswaardigheid is?

               Gee EEN rede vir jou antwoord.                                                   (2)

      4.2.4    (a)    Gee TWEE redes waarom die Australiese inboorlinge oor die
                      huidige situasie rakende hierdie ikoon ongelukkig is.                     (4)

               (b)    Beveel EEN manier aan waarop die Australiese owerhede aandag
                      kan skenk aan ELK van die redes wat in VRAAG 4.2.4(a) gegee is.           (4)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       18                                   DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 5
5.1   Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                           DIE ǂKHOMANI KULTURELE LANDSKAP

                                                  SUID-AFRIKA se 9de Wêrelderfenisterrein

      Die ǂKhomani Kulturele Landskap, wat as 'n Wêrelderfenisterrein verklaar is, dui
      op UNESCO se erkenning van die universele waarde en belang van hierdie
      terrein as 'n lewende erfenis.
      Die ǂKhomani en ander Sanstamme is uniek omdat hulle direkte afstammelinge
      van 'n oeroue groep mense is wat duisende jare gelede in Suid-Afrika gewoon
      het.
      Die ǂKhomani San het 'n nomadiese (trek voortdurend rond) kultuur gehad en
      het geleef van wat die aarde gebied het. Hulle het plante vir medisinale
      doeleindes en vir rituele gebruik. Min van die stamlede beoefen steeds hulle
      tradisionele jagter-versamelaar-leefstyl. Die ǂKhomani San is vaardige
      spoorsnyers wat wippe, spiese, boë en pyle, wat met slanggif of die sap van
      giftige plante bedek is, gebruik wanneer hulle jag. Baie van die ǂKhomani San
      verdien ook 'n inkomste uit toerisme deur tradisionele juweliersware en
      kunshandwerk aan toeriste te verkoop.
                                [Aangepas uit Sawobona, September 2017 en Indwe, Oktober 2017]

      5.1.1     Gee die naam van die provinsie waar die Wêrelderfenisterrein in hierdie
                artikel geleë is.                                                                           (1)
      5.1.2     Noem die tipe Wêrelderfenisterrein van die ǂKhomani Kulturele
                Landskap, volgens UNESCO se klassifikasie.                                                  (1)
5.2   Verduidelik EEN rede waarom daar na hierdie Wêrelderfenisterrein as 'n
      'lewende erfenis' verwys word.                                                                        (2)
5.3   Skryf 'n paragraaf en bespreek hoe die ǂKhomani Kulturele Landskap, wat as 'n
      Wêrelderfenisterrein verklaar is, die landelike ontwikkelingstrategie vir die
      ǂKhomani San sal ondersteun.
      Jou paragraaf moet die volgende insluit:
      •       Verbeterde lewensgehalte
      •       Kultuurtrots en volhoubaarheid
      •       Toeganklikheid tot infrastruktuur                                               (3 x 2)
      LET WEL: EEN punt sal toegeken word vir die paragraafformaat wat volledige,
               goed saamgestelde sinne sonder kolpunte ('bullets') of nommers
               bevat.                                                         (1)                           (7)
                                                                                                            [11]
Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       19                    DBE/November 2018
                                              NSS

VRAAG 6

Bestudeer Suid-Afrikaanse Toerisme (SAToerisme) se           Bemarkingsgebeurtenis
Kalender 2018 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         KALENDER 2018

      SUID-AFRIKAANSE TOERISME BEMARKINGSGEBEURTENISKALENDER
            7–11 Maart          8–10 Mei          10 Junie
                                              Bekendstelling van
                                                    PTGS

                  31 Julie               23–25 September        6–8 November
                Internasionale
             besigheidsnetwerk-
                 vergadering
            Dinsdag, 31 Julie 2018
             Greensledge Capital
            Parklaan 399, New York

                 Hoofspreker:
              Mnr. Thulani Nzima
           Voorsitter: Suid-Afrikaanse
                    Toerisme

6.1   Identifiseer TWEE internasionale gebeurtenisse waar SAToerisme Suid-Afrika
      as 'n voorkeurbestemming bemark.                                                       (2)

6.2   Verduidelik die doel van die gebeurtenis van 23 tot 25 September 2018.                 (2)

6.3   Noem TWEE maniere waarop SAToerisme Suid-Afrika by al die reisskoue
      hierbo bemark.                                                                         (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    20                         DBE/November 2018
                                           NSS

6.4   Die veldtog hieronder vind in Junie plaas en is op Suid-Afrikaners gemik.

      Bespreek TWEE maniere waarop hierdie veldtog:

      6.4.1    Suid-Afrikaanse besighede aanmoedig om 'n positiewe bydrae tot
               toerisme in Suid-Afrika te maak                                                 (2)

      6.4.2    Die Suid-Afrikaanse publiek aanmoedig om 'n positiewe bydrae tot
               toerisme in Suid-Afrika te maak                                                 (2)

6.5   Verduidelik EEN rede waarom SAToerisme hierdie kalender aan toerisme-
      belanghebbendes beskikbaar gestel het.                                                   (2)
                                                                                               [14]

                                                              TOTAAL AFDELING C:               50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                              21               DBE/November 2018
                                                     NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

7.1   Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 ONTNUGTER!!!*

      Megan werk die afgelope ses maande as kelner by 'n restaurant. Sy het 'n
      dienskontrak geteken nadat sy die pos by die restaurant aanvaar het.

      Alhoewel daar poste by die restaurant beskikbaar is, weier haar werkgewer om
      nuwe personeel aan te stel. Gevolglik moet sy dubbelskofte werk en haar
      verantwoordelikhede het toegeneem. Sy werk amper elke dag dubbelskofte
      sonder oortydbetaling. Sy word nie toegelaat om tydens haar skofte te sit nie.
      Haar werkgewer is dikwels met haar en ander werkers ongeskik. Daar is geen
      personeelvervoer beskikbaar wanneer hulle laat in die nag klaar gewerk het nie.

      Omdat sy bang is dat sy haar werk verloor, hou sy aan werk sonder om te kla.

      *Ontnugter: 'n Gevoel van teleurstelling

      7.1.1     Verduidelik die term dienskontrak.                                            (2)

      7.1.2     Identifiseer EEN manier in die uittreksel hierbo waarop Megan by haar
                werksplek uitgebuit word.                                                     (2)

      7.1.3     Gee Megan raad en noem TWEE maniere waarop haar griewe by die
                werksplek aandag kan geniet.                                                  (4)

      7.1.4     Bespreek TWEE maniere waarop die huidige werksomstandighede 'n
                invloed op Megan se werksetiek kan hê.                                        (4)
                                                                                              [12]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    22                          DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 8

8.1   Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       BASOTHO KULTUURDORPIE – ONS ERFENIS

      Om 'n verantwoordelike reisiger te wees, verg meer as net woorde en
      bedoelings. Dit behels dat 'n etiese kode gevolg word en dat jy jou deel doen om
      'n volhoubare en sorgsame benadering tot reis te skep.

      Bowendien, verdien jou kinders nie ook om hierdie kontinent te sien soos
      jy dit vandag sien nie?

      8.1.1    Verduidelik wat met 'n etiese kode vir verantwoordelike optrede deur
               toeriste bedoel word.                                                           (2)

      8.1.2    Verduidelik die betekenis van 'verdien jou kinders nie ook om hierdie
               kontinent te sien soos jy dit vandag sien nie?'.                                (2)

      8.1.3    Internasionale besoekers aan Suid-Afrika wil die Afrika-leefstyl en
               geskiedenis ervaar.

               Beveel DRIE maniere aan waarop hulle verantwoordelik kan optree
               tydens hulle besoek aan die Basotho-kultuurdorpie.                              (6)

8.2   Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           VERANDER LEWENS – MET SEEP
      Die Wildernes-avontuurkamp in Namibië bied
      opvoedkundige berading en finansiële
      ondersteuning aan 'n gemeenskapsprojek in
      Katutura, wat deur ses MIV-positiewe
      vrouens bestuur word. Die projek behels die
      vervaardiging van seep met 'n olyfoliebasis.

      Die kamp koop die seep by die
      gemeenskapsprojek vir hulle gaste. 'n Deel
      van die geld wat uit die verkope ontvang
      word, word in die seepvervaardigingsprojek
      teruggeploeg.

      Die vrouens woon die beradingsessies wat
      die Wildernes-avontuurkamp aanbied, by.
      Hierdie sessies fokus op gesondheids-
      ondersteuning aan die gebied se MIV-                                         [Bron:
      positiewe vroue en hulle kinders.                    www.wildernessadventures.com]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     23                        DBE/November 2018
                                            NSS

      8.2.1    (a)    Identifiseer die TWEE pilare van volhoubare toerismepraktyke wat
                      duidelik in hierdie uittreksel na vore kom.                             (2)

               (b)    Pas elke pilaar van volhoubare toerisme wat in VRAAG 8.2.1(a)
                      geïdentifiseer is, by EEN voorbeeld in die uittreksel.                  (2)

      8.2.2    Bespreek TWEE maniere waarop die ondersteuning wat die Wildernes-
               avontuurkamp bied, die lewens van die MIV-positiewe vrouens in die
               Katutura-gemeenskap ten goede verander.                                        (4)
                                                                                              [18]

                                                              TOTAAL AFDELING D:              30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       24                            DBE/November 2018
                                              NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                        TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Lees die nuusartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   MOONTLIKE RAMP – OF NIE?

           Die uitbreek van voëlgriep en die Robbeneiland-veerboot (passasiersboot)
           wat in 2017 amper gesink het, het negatiewe nagevolge vir die
           toerismebedryf in Suid-Afrika gehad.

           UITBREEK VAN VOËLGRIEP
           Die H5N8-voëlgriepvirus (wat onskadelik vir mense is) het die dood van baie
           wilde voëls oral in Suid-Afrika veroorsaak.

           Gewilde besienswaardighede het op verskillende maniere op die bedreiging
           gereageer:

           •   Die Monte Casino Voëlpark in Gauteng is tydens die skoolvakansie
               gesluit.
           •   Die World of Birds (voëlpark) in Kaapstad het nie meer eende, ganse en
               hoenders van die publiek ontvang nie, maar was oop vir besoeke.
           •   Om te keer dat die voëlgriep buite die Johannesburgse dieretuin versprei,
               is voertuie met ontsmettingsmiddel gespuit. Hulle het besoekers gevra
               om hulle skoene en voete te ontsmet. Hulle moes deur voetbaddens
               geloop het wanneer hulle die dieretuin verlaat.

           'N VEERBOOT HET BEGIN SINK
           'n Veerboot, wat toeriste van Robbeneiland af na Kaapstad se hawe vervoer
           het, het in September 2017 begin sink. Meer as 60 toeriste en
           bemanningslede moes deur ander bote gered word.

                                            [Aangepas uit www.timeslive.co.za en www.ewn.co.za]

           9.1.1     Gee EEN rede waarom Monte Casino Voëlpark en die World of Birds
                     (voëlpark) tydelik hulle normale aktiwiteite gestaak het.                       (2)

           9.1.2     Gee EEN positiewe en EEN negatiewe standpunt wat toeriste oor die
                     voorsorgmaatreëls wat die Johannesburgse dieretuin ingestel het,
                     kan hê.                                                                         (4)

           9.1.3     Noem die tipe insident in September 2017 waarby toeriste wat van
                     Robbeneiland af teruggekeer het, betrokke was.                                  (2)

           9.1.4     Bespreek TWEE maniere waarop die insident in VRAAG 9.1.3
                     genoem, 'n invloed op toeriste wat die Wes-Kaap besoek, sal hê.                 (4)

           9.1.5     Verduidelik TWEE maniere waarop die twee insidente in die uittreksel
                     'n invloed op die Suid-Afrikaanse ekonomie sal hê.                              (4)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      25                           DBE/November 2018
                                             NSS

9.2        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             STATISTIEK OOR INKOMENDE INTERNASIONALE LUGAANKOMSTE
                                   JUNIE 2017

                             1 082 675 inkomende internasionale toeriste
                             het in Junie 2017 in Suid-Afrika aangekom.

                          Inkomende internasionale toeriste word in drie
                             groepe volgens hulle reispatrone gedeel.

                   GROEP 1                    GROEP 2                  GROEP 3
              Slegs aankomste                Enkelreise            Veelvoudige reise
            Toeriste wat in Junie      Toeriste wat in Junie         Toeriste wat in
               2017 Suid-Afrika       2017 Suid-Afrika een       Junie 2017 Suid-Afrika
            binnegekom het en in     keer binnegekom het en         meer as een keer
              die land gebly het.     dit in dieselfde maand     binnegekom en verlaat
                                             verlaat het                   het
              263 230 (24,3%)            373 950 (34,5%)            445 495 (41,1%)
                                                           [Aangepas uit www.statssa.gov.za]

           9.2.1 Identifiseer die groep met die hoogste getal inkomende internasionale
                 toeriste-aankomste.                                                              (2)
           9.2.2 Reispatrone kan tot 'n toename in die gemiddelde besteding van
                 toeriste bydra.
                 Bespreek EEN manier waarop die volgende tot 'n toename in die
                 gemiddelde besteding van toeriste bydra:
                  (a)   Slegs aankomste                                                           (2)
                  (b)   Veelvoudige reise                                                         (2)
9.3        Finansiële instellings beloon kliënte met lojaliteitspunte elke keer wat hulle
           hulle kredietkaarte gebruik.
           Verduidelik hoe toeriste hierdie opgehoopte lojaliteitspunte kan gebruik
           wanneer hulle reis.                                                                    (2)
                                                                                                  [24]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         26                       DBE/November 2018
                                                NSS

VRAAG 10

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       TERUGVOERING VAN BUITELANDSE TOERISTE
                                MET AANBEVELINGS

           Volgens die terugvoering wat by 'n besienswaardigheid ingesamel en ontleed
           is, was die twee algemeenste klagtes deur buitelandse toeriste:

                       KLAGTE 1                            AANBEVELING

                      Verstaan nie wat die
                                                                 10.1.1
                       toeristegids sê nie

                       KLAGTE 2                            AANBEVELING

                       Tekort aan kos- en
                      drankfasiliteite by die                    10.1.2
                      besienswaardigheid.

10.1       Beveel EEN manier aan waarop ELK van die klagtes hierbo opgelos kan
           word. Nommer jou antwoorde as 10.1.1 en 10.1.2.              (2 x 2)               (4)

10.2       Noem EEN manier waarop die besienswaardigheid die suksesvolle
           implementering van die aanbevelings wat in VRAAG 10.1 gemaak is, kan
           meet.                                                                              (2)
                                                                                              [6]

                                                              TOTAAL AFDELING E:              30
                                                                  GROOTTOTAAL:                200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-eng/1cf70fb1-0900-45ac-9086-9e77a9da7408) — Tourism · QP · 2018 · Eng
- [Tourism Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2018-final-memo-afr/09348780-bcec-4e5d-9ea4-f436c6bac4cc) — Tourism · Memo · 2018 · Afr
- [TOURISM GR12 QP AFR SEPT 2018 D](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-afr-sept-2018-d/d841bd0e-065c-4a14-a579-919ad2540b9a) — Tourism · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism Preparatory 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-preparatory-2018-question-paper/7f6437e1-fd32-4ff5-a9fb-f8eb60eaeefd) — Tourism · QP · 2018
- [Tourism May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-afr/d45389bd-c17a-4c88-9347-2ffe4e468b36) — Tourism · QP · 2018 · Afr
- [Tourism May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2018-eng/e8b76614-b222-42e7-840b-c3b598c524b5) — Tourism · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
