# Tourism Grade 12 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2019-afr/dd6e14fc-6401-4bb5-948f-0ecd6ffd7770
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2019-afr/dd6e14fc-6401-4bb5-948f-0ecd6ffd7770)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                     TOERISME

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       2                           DBE/November 2019
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde op VRAAG 3.2 en 3.3 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE stappe van die berekeninge.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van
           jou antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                          TYD
 AFDELING                               ONDERWERP                          PUNTE
                                                                                        (minute)
      A          Kortvrae                                                     40              20

                 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse Valuta-
      B                                                                       50              50
                 verhandeling

                 Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
      C                                                                       50              50
                 Erfenistoerisme; Bemarking

                 Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
      D                                                                       30              30
                 Toerisme

                 Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
      E                                                                       30              30
                 Kommunikasie en Kliëntediens

                                                              TOTAAL         200           180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     3                          DBE/November 2019
                                            NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

      1.1.1    'n Gesin van vier, twee volwassenes en twee kinders, met 'n begroting
               van R1 000,00 vir vervoer, moet vanaf Durban na Kaapstad reis om
               'n troue by te woon.

               Die geskikste vorm van vervoer vir die gesin volgens hulle begroting:

               A     Motorhuur
               B     Toerskip
               C     Vliegtuig
               D     Trein

      1.1.2    Die verskil tussen vlugvoosheid en vluguitputting:

               A     Vlugvoosheid is wanneer die vliegtuig agter ander vliegtuie raak as
                     gevolg van vertragings tydens opstyg, terwyl vluguitputting die
                     vliegtuig se moegheid is, omdat dit 'n langafstandvlug is.
               B     Vluguitputting is die disoriëntasie van passasiers na 'n
                     langafstandvlug oor baie tydsones, terwyl vlugvoosheid fisiese
                     moegheid is wat ondervind word na 'n langafstandvlug oor 'n paar
                     of geen tydsones.
               C     Vlugvoosheid word veroorsaak wanneer passasiers nie genoeg
                     oefen tydens die vlug nie, terwyl vluguitputting veroorsaak word
                     wanneer passasiers tydens die vlug te veel gaskoeldrank drink.
               D     Vlugvoosheid is die disoriëntasie van passasiers na 'n
                     langafstandvlug oor baie tydsones, terwyl vluguitputting fisiese
                     moegheid is wat ondervind word na 'n langafstandvlug oor 'n paar
                     of geen tydsones.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     4                          DBE/November 2019
                                            NSS

      1.1.3    Die tyd wat in die prent hieronder aangedui word, herskryf volgens die
               24-uur-skryfwyse, is ...

               A     14h50.
               B     14:10 nm.
               C     13:50.
               D     13:10.

      1.1.4    'n Tipe bemarkingstrategie wat tydens vertonings en konserte gebruik
               word waar die gehoor hulle ervarings opneem en dit met hulle vriende
               op sosialemedia-platforms deel:

               A     Digitale advertensies
               B     Gedruktemedia-advertensies
               C     Persoonlike advertensies
               D     Reklamebord-advertensies

      1.1.5    Hierdie instruksie is deel van die brandbeveiligingontruimingsprosedure
               wat in 'n meerverdiepinghotel vertoon word:

               A     Ontruim deur slegs die hysbakke te gebruik.
               B     Ontruim deur slegs die trappe te gebruik.
               C     Maak al jou besittings bymekaar.
               D     Kom by die ontvangstoonbank bymekaar.

      1.1.6    Die tradisionele aktiwiteit wat deel is van die Spaanse geskiedenis en
               kultuur:

               A     Stiergevegte
               B     Gevegskuns
               C     Skopboks
               D     Stoei

      1.1.7    Word as die heiligste stad in die Islamitiese godsdiens beskou:

               A     Istanbul
               B     Tehran
               C     Mekka
               D     Lagos
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     5                          DBE/November 2019
                                            NSS

      1.1.8    'n Simbool van verdeling tussen Oos- en Wes-Duitsland tydens die
               Koue Oorlog:

               A     Klaagmuur
               B     Berlynse Muur
               C     Viëtnamese Muur
               D     Westerse Muur

      1.1.9    'n Faktor wat tot die sukses van 'n SANParke-natuurreservaat bydra:

               A     Geteëlde paadjies by die besienswaardigheid
               B     Onvoorspelbare weerpatrone
               C     Akkreditasie deur Avis-motorverhuurmaatskappy
               D     Brosjures wat oor die besienswaardigheid beskikbaar is

      1.1.10 Die biodiversiteit-warmkol ('hotspot') met die hoogste konsentrasie
             plantspesies ter wêreld:

               A     ‡Khomani Kulturele Landskap
               B     Kaapse Blommeryk
               C     Mapungubwe Kulturele Landskap
               D     Robbeneiland

      1.1.11 Een van die reëls in die gedragskode wat bemanningslede op 'n
             toerskip moet nakom:

               A     Mag tydens veiligheidsoefeninge afwesig wees.
               B     Gaste word in die bemanningslid-areas toegelaat.
               C     Mag weier om bloedalkoholinhoud te laat toets.
               D     Bemanningslede moet te alle tye betyds wees.

      1.1.12 Om te verseker dat die item in die prent hieronder tot die identiteit van
             'n luukse gastehuis bydra, moet die …

               A     woord 'Seep' verwyder word.
               B     verpakking 'n unieke handelsmerk op hê.
               C     inhoud deur ander gaste hergebruik word.
               D     toeriste hulle eie koekies seep bring.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      6                        DBE/November 2019
                                             NSS

      1.1.13 'n Toename in toeriste-aankomste             wat   verkeersopeenhopings
             veroorsaak, is 'n teken van …

               A      verantwoordelike toeristegedrag.
               B      goeie toerisme-infrastruktuur.
               C      massatoerisme.
               D      ekotoerisme.

      1.1.14 Vir goeie omgewingsbestuurpraktyke in 'n natuurreservaat moet die
             park se werknemers alle ... verwyder.

               A     uitheemse plante
               B     inheemse flora
               C     plaaslike wildlewe
               D     vulkaniese rotse

      1.1.15 Sommige toeriste buit plaaslike inwoners gedurende hulle besoeke uit,
             ten spyte daarvan dat hulle beweer dat hulle verantwoordelike toeriste
             is.

               'n Riglyn vir 'n verantwoordelike toeris wat foto's van die plaaslike
               mense neem:

               A     Publiseer foto's van die plaaslike inwoners in koerante om die
                     aandag op hulle moeilike omstandighede te vestig.
               B     Vra die plaaslike inwoners se toestemming voordat foto's van hulle
                     geneem word.
               C     Neem beskermde kulturele items in plaas van foto's as
                     aandenkings.
               D     Neem slegs van kinders foto's, veral dié wat lyk asof hulle
                     straatkinders is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     7                         DBE/November 2019
                                            NSS

      1.1.16 Kaapstad het gedurende die waterkrisis in 2018 amper 'Dag Zero' in die
             gesig gestaar. Dit het tot gevolg gehad dat …

                               Jy mors ons
                               kosbare water.

               A     daar 'n betekenisvolle toename in besoekersgetalle na Kaapstad
                     was.
               B     toeriste meer gebad as gestort het om water te bespaar.
               C     'n groot gebeurtenis wat vir Kaapstad beplan was, gekanselleer is.
               D     die owerhede die verkoop van gebottelde water verbied het.

      1.1.17 Die wêreldgebeurtenis wat in 2016 in Rio de Janeiro plaasgevind het,
             gaan weer in … plaasvind.

               A      2019.
               B      2020.
               C      2021.
               D      2022.

      1.1.18 Die skietery in 2019 by 'n moskee in Christchurch in Nieu-Seeland kan
             as 'n … beskou word.

               A     ongeluk
               B     selfmoordbomaanval
               C     terreuraanval
               D     protesoptrede

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     8                           DBE/November 2019
                                            NSS

      1.1.19 Die visuele beeld hieronder word met kliënte-… verbind.

               A     ervarings
               B     behoeftes
               C     voorkeure
               D     profiele

       1.1.20 Die rede waarom toeriste die kaart hieronder gebruik wanneer hulle
              internasionaal reis:

                A     Die kaart is vooraf gelaai met die wisselkoers van die dag waarop
                      dit gekoop is en kan nie fluktueer (skommel) nie.
                B     Die kaart word deur straatverkopers aanvaar omdat hulle
                      kontanttransaksies verkies.
                C     Die toeris moet ses weke wag dat die geldeenheid op die kaart
                      vervang word wanneer dit gesteel is.
                D     Die kaart kan met een geldeenheid gelaai word en sal slegs in
                      een land werk.                                             (20 x 1)       (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       9                       DBE/November 2019
                                              NSS

1.2    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
       woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs
       die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
       1.2.6 bankaankoopkoers.

                 Wimbledon; COP25; Tour de France; Olimpiese Spele;
                G7-beraad; Comrades-marathon; FIFA Wêreldbeker-toernooi

        1.2.1   'n Fietswedren wat sportgeesdriftiges vanoor die wêreld lok

        1.2.2   'n Jaarlikse tennistoernooi

        1.2.3   'n Jaarlikse byeenkoms van lande om klimaatsverandering te bespreek

        1.2.4   Die 45ste byeenkoms van staatshoofde gehou in Augustus 2019 in
                Biarritz, Frankryk

        1.2.5   'n Jaarlikse sportgebeurtenis wat in KwaZulu-Natal gehou word (5 x 1)          (5)

1.3     Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
        die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.

        1.3.1   Tuberkulose is 'n siekte wat (lugoordraagbaar/wateroordraagbaar) is,
                waarvan toeriste bewus gemaak moet word wanneer hulle in hoërisiko-
                areas reis.

        1.3.2   Passasiers wat die doeane-area op 'n internasionale lughawe
                binnegaan, moet beperkte goedere in hulle besit (konfiskeer/verklaar).

        1.3.3   Suid-Afrikaners wat in Desember na bestemmings in die Noordelike
                Halfrond reis, moet (somers-/winters-)klere inpak.

        1.3.4   In Nederland lok die (windmeule/gondolas) daagliks besoekers.

        1.3.5   'n Geldeenheidwisselkoersblad bevat bedrae wat die (kode/waarde)
                van ander geldeenhede met betrekking tot die plaaslike geldeenheid
                aandui.                                                     (5 x 1)            (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       10                          DBE/November 2019
                                              NSS

1.4     Kies die term uit KOLOM B wat by die professionele beeld van bemanning op
        'n toerskip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die
        vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
        1.4.1   Voorkantoorpersoneel moet              A   persoonlike higiëne
                seker maak dat hulle naels goed
                versorg is.                            B   sosiale vaardighede

        1.4.2   Daar word van 'n gasvrou by die        C   kommunikasievaardighede
                kaptein se banket (formele
                aandete) verwag om formele             D   toonaangewend
                aanddrag te dra.
                                                       E   versorging ('grooming')
        1.4.3   Daar word van die afrigters in die
                gimnasium verwag om gereeld te         F   kleredragkode
                stort om vars te bly.

        1.4.4   Die vermaaklikheidsbemanning
                moet 'n glimlag op die passasiers
                se gesigte plaas.

        1.4.5   Die eerste offisier maak 'n
                aankondiging oor die
                interkomstelsel om passasiers
                oor veiligheidsregulasies in te lig.
                                                                                     (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    11                        DBE/November 2019
                                           NSS

1.5     Identifiseer die volgende gebeurtenis/ikoon/Wêrelderfenisterrein wat by die
        finansiële impak pas wat hieronder beskryf word. Skryf slegs die letter (A–F)
        langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
        1.5.6 G.

                                                      Vloede in Mosambiek

                      20182018
                           FIFAFIFA-
                                Sokker
                        Wêreldbeker
                     Wêreldbekertoernooi

                         Groot Muur                        ‡Khomani San
                         van China                       Kulturele Landskap

        1.5.1   Toegangskaartjies van US$20 per toeris verdien US$6 miljoen per jaar
                vir Peru.

        1.5.2   US$14,5 miljard is tot die BBP van Brasilië bygedra toe hierdie
                gebeurtenis aangebied is.

        1.5.3   50% van die wins van 'n nuwe ruskamp in die Kgalagadi Oorgrenspark
                sal na die plaaslike gemeenskap gaan.

        1.5.4   Durban, die gasheerstad, het ongeveer R60 miljoen in direkte inkomste
                ontvang deur hierdie gebeurtenis aan te bied.

        1.5.5   Verlies aan inkomste by die Indiese Oseaan-kusbestemmings is deur
                Sikloon Idai veroorsaak.                                   (5 x 1)           (5)

                                                             TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                 12                        DBE/November 2019
                                        NSS

AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
            VERHANDELING

VRAAG 2

Bestudeer die Wêreldtydsonekaart hieronder wat vir VRAAG 2.2 gebruik gaan word.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                 13                                   DBE/November 2019
                                                        NSS

2.1     Lees die inligting om die vrae wat volg, te beantwoord.

        Brandon is 'n fotojoernalis vir 'n reistydskrif. Hy moet dikwels vir sy werk
        reis. Brandon moet vir vier dae Duitsland toe reis en sy maatskappy het vir
        hom vir die duur van sy besigheidsreis 'n keuse tussen Airbnb of
        'n multigegradeerde hotel gegee. Sy maatskappy het ingestem dat hy sy tyd in
        Duitsland met twee dae vir 'n vakansie kan verleng, waarvoor hy self sal
        betaal. Hy sal Uber as vervoermiddel gebruik.

           'Blesier'-toerisme                                              Airbnb
           'n Groeiende neiging by                                         'n Aanlyn akkommodasieplatform
           besigheidsreise waar                                            (besprekingswebtuiste) wat huis-
           besigheidsreisigers werk en                                     eienaars wat hulle huise wil verhuur,
           plesier tydens een reis                                         verbind met mense wat na
           kombineer deur die                                              akkommodasie op soek is.
           besigheidsreis te verleng om
           die bestemming te verken.                                       Vir reisigers:
           Hulle neem soms hul gesin of                                    Reisigers soek na en bespreek
           'n reisgenoot saam. Die                                         akkommodasie aanlyn deur die
           plesierdeel van die reis word                                   Airbnb-toep (-'app') te gebruik.
           gewoonlik deur hulself en nie                                   MULTIGEGRADEERDE
           deur die maatskappy betaal                                            HOTEL
           nie.

                                           Uber
                                           'n Slimfoontoep (-'app') wat
                                           toeriste in staat stel om die
                                           dienste van privaat
                                           motoreienaars te huur.

                                           Vir reisigers:
                                           Uber is 'n gerieflike,          Multigegradeerde hotel
                                           goedkoop en veilige taxi-       Die jongste neiging by hotelle is om
                                           diens. Met die druk van 'n      multigegradeerde vloere te hê.
                                           knoppie op enige slimfoon       Hierdie soort akkommodasie is gewild
                                           kom laai die naaste             onder besigheidstoeriste as gevolg
                                           bestuurder 'n kliënt binne      van die beskikbaarheid en
                                           minute op en vervoer            toeganklikheid van die jongste
                                           hom/haar na sy/haar             tegnologie.
                                           bestemming.

                                                                                      [Bron: www.stfalcon.com]

        2.1.1       Gee EEN rede waarom Brandon 'n blesier-toeris is.                                                 (2)

        2.1.2       (a)    Verwys na die inligting oor akkommodasie hierbo en gee EEN
                           rede waarom Brandon die multigegradeerde tipe akkomodasie vir
                           die besigheidsdeel van sy reis verkies het.                                                (2)

                    (b)    Brandon se maatskappy het vir hom op die 5-ster-vlak van die
                           hotel bespreek. Brandon kan ongelukkig nie bekostig om op
                           dieselfde vloer aan te bly vir die vakansiegedeelte van sy reis nie,
                           en hy wil nie na ander akkommodasie in die omgewing skuif nie.

                           Stel EEN manier voor waarop Brandon sy akkommodasie-
                           probleem volgens sy begroting kan oplos.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      14                            DBE/November 2019
                                             NSS

        2.1.3   Brandon moet vir 'n Schengen-werksvisum vir sy reis na Duitsland
                aansoek doen.

                (a)   Gee EEN rede waarom Brandon vir sy reis vir 'n werksvisum en
                      nie 'n vakansievisum nie moet aansoek doen.                                   (2)

                (b)   Noem EEN dokument van sy werkplek wat Brandon aan sy
                      visumaansoekvorm moet heg.                                                    (2)

        2.1.4   Verwys na die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      NUWE REISIGERNEIGING: AANGEPASTE REALITEIT (AR)

                Aangepaste realiteit ('Augmented reality'/AR)

                'n Nuwe tegnologie wat 'n toeris in staat stel om toegang te kry tot
                inligting oor fasiliteite wat in reële tyd ('real time') (onmiddellik) in die
                omgewing beskikbaar is.

                Aangepaste realiteit word moontlik gemaak deur die gebruik van die
                internet, 'n slimfoon en 'n toep ('app') wat die toeris in staat stel om
                toegang tot inligting te verky.

                Brandon het 'n aangepaste-realiteit-toep op sy slimfoon afgelaai om
                aangepaste realiteit te gebruik.

                               AANGEPASTE REALITEIT IN WERKING

                                             Fliek

                                                                     [Bron: www.guytech.com]

                (a)   Identifiseer in die prent hierbo EEN finansiële diens waartoe
                      Brandon deur die aangepaste-realiteit-toep toegang kan kry.                   (2)

                (b)   Noem EEN voordeel vir Brandon van die gebruik van die
                      aangepaste-realiteit-toep gedurende sy reis.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     15                            DBE/November 2019
                                            NSS

        2.1.5   Indien Brandon verkies om NIE Uber te gebruik NIE, noem die
                dokument wat hy sou benodig as hy in Duitsland sou bestuur.                         (2)

        2.1.6   Verwys na die prentjie en inligting hieronder en beantwoord die vraag
                wat volg.

                                  WAT IS DIE 'INTERNET VAN DINGE'
                                   ('INTERNET OF THINGS' ('IoT'))?

                Die Internet van Dinge sluit alles in wat aan die internet gekoppel is.
                Die term word gebruik om te verwys na apparate, toestelle en ander
                'dinge' wat aan die internet koppel, data stuur en ontvang.

                Hierdie apparate, toestelle en ander 'dinge' is in staat om met mekaar
                te 'praat' of in wisselwerking met mekaar te wees. Die tegnologie laat
                apparate toe om oor 'n afstand beheer of gemonitor te word.
                'n Voorbeeld hiervan is 'n lugdiens wat die jongste inligting oor vlugte
                aan passasiers oordra.

                                               Lughawe-tegnologie
                                                                            Slimfoon
                      Wi-Fi-warmkol

                                                                Die internet

                                                                Hoteltegnologie

                                                                    [Bron: www.revfine.com]

                Bespreek in 'n paragraaf DRIE maniere waarop Brandon die Internet
                van Dinge ('Internet of Things' ('IoT')) sal gebruik om aan sy behoeftes
                as 'n blesiertoeris te voldoen.                                   (3 x 2)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          16                                   DBE/November 2019
                                                 NSS

2.2     Bestudeer die tekenprent en teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MANDISA EN BONGWA SE REISPLANNE

                   Mandisa, ek vertrek                                               Wel Bongwa,
                 om 05:00 op 7 Oktober                                             ek gaan in die
                vanaf Bangkok na Beijing.                                     somer Londen toe. Ek
                  My vlug is 5 ure lank.                                        vertrek om 20:00 op
                                                                              21 Oktober vanaf OR Tambo
                                                                                Internasionale Lughawe.
                                                                                   My vlug is 11 ure
                                                                                         lank.

                                                                                    Raam 2

                                                     Londen pas
                                              gedurende jou besoek
                                            DBT toe!!! Wat is gedurende
                                              hierdie tyd die tydverskil
                                                tussen Suid-Afrika en
                                                     Londen?

           Raam 1
           1                                                                           Raam 3
                                                             [Eie
                                                               [Eiebron.
                                                                     bron.Illustrasies
                                                                             Illustrasiesdeur
                                                                                          deurNehum
                                                                                               NehumPillay.]
                                                                                                     Pillay.]

        2.2.1    Bereken die tyd en datum waarop Bongwa in Beijing sal aankom.                                  (6)

        2.2.2    Bereken die tyd en datum waarop Mandisa in Londen sal aankom.                                  (8)

        2.2.3    (a)     Gee die antwoord op Bongwa se vraag in RAAM 3.                                         (1)

                 (b)     Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.3(a).                                       (2)
                                                                                                                [39]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    17                           DBE/November 2019
                                           NSS

VRAAG 3

Bestudeer die inligting en geldeenheidwisselkoerstabel hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.

Mev. Fortuin gaan op haar eerste Europese toer en sy gaan 'n besoek aan haar
maatskappy se kantoor in Brussel insluit. Sy gaan na 'n buitelandsevaluta-
verhandelingskantoor om inligting oor forex te kry.

                          BUITELANDSEVALUTAKOERSE

                         Rand per buitelandse geldeenheid
       Geldeenheid            Kode     Bankverkoopkoers         Bankaankoopkoers
          EURO                EUR           16.65                     15.72

3.1     Verduidelik aan mev. Fortuin waarom banke              en   buitelandsevaluta-
        verhandelingskantore 'n BAK en 'n BVK gebruik.                                          (2)

3.2     Mev. Fortuin gaan €500 in kontant saamneem en €1 250 op haar kredietkaart
        vir die Europese toer laai.

        3.2.1   Bereken hoeveel sy in rand sal betaal om €500 te ontvang.

                LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.                         (3)

        3.2.2   Bereken hoeveel sy in rand vir €1 250 sal moet betaal.

                LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.                         (3)

3.3     Met mev. Fortuin se terugkeer na Suid-Afrika het sy 'n €5 000-geskenkbewys
        van haar kantoorvriende in Brussel by haar.

        Bereken hoeveel sy in rand sal ontvang.

        LET WEL: Rond jou antwoord tot TWEE desimale plekke af.                                 (3)
                                                                                                [11]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    18                          DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1     Grant en Amy het pas van 'n wêreldtoer teruggekeer. Hieronder is die posseëls
        van die lande wat hulle besoek het.

        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       POSSEËLS VAN GRANT EN AMY SE AVONTURE
                         A                            B

                         C                                       D

                         E

                                                                [Bron: www.collection.com]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    19                              DBE/November 2019
                                           NSS

        4.1.1   Identifiseer die ikone (A–E) en die lande wat die paartjie gedurende
                hulle vakansie besoek het.

                Skryf slegs die naam van die ikoon en die land langs die letters
                (A tot E) in die ANTWOORDEBOEK neer.                                                (10)

        4.1.2   (a)   Noem EEN eienskap wat ikoon B wêreldberoemd maak.                             (2)

                (b)   Verduidelik waarom ikoon E oorspronklik gebou is.                             (2)

        4.1.3   Die paartjie is in kennis gestel dat wanneer hulle ikoon D besoek, hulle
                ook 'n ander besienswaardigheid in hierdie land kan besoek.

                (a)   Noem die besienswaardigheid wat algemeen as die speelplek van
                      die rykes en bekendes bekendstaan.                                            (2)

                (b)   Noem EEN gewilde wateraktiwiteit waaraan hulle by die
                      besienswaardigheid in VRAAG 4.1.3(a) kan deelneem.                            (2)

4.2     Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          GEHEIM VAN DIE DRYWENDE MARKTE
                                         Die drywende markte is bekend vir
                                         hulle kleurvolle handelaars wat produkte
                                         aan kopers al langs die beknopte
                                         rivierkanale verkoop. Die markte is
                                         al jare lank die middelpunt vir handel dryf
                                         en sosialisering.
                                             Baie plaaslike inwoners is egter
                                             bekommerd oor die voortgesette bestaan
                                             van die drywende markte. Een van die
                                             bydraende faktore is die jonger geslag
                                             wat verkies om eerder in 'n meer formele
                                             omgewing te werk as om 'n tradisionele
                                             landbouleefstyl te volg.

        Die plaaslike inwoners verkies ook om landvervoer, weg van die rivierkanale af,
        te gebruik.
        Die Thaise regering wil die drywende markte bewaar (in stand hou) en
        daarmee volhou.
                                                 [Aangepas uit www.wonders of the world.co.za]

        4.2.1   Verduidelik EEN rede waarom die drywende markte 'n unieke inkopie-
                ervaring aan toeriste bied.                                                         (2)

        4.2.2   Bespreek EEN manier waarop landvervoer 'n negatiewe uitwerking op
                die drywende markte het.                                                            (2)

        4.2.3   Stel TWEE redes voor waarom die Thaise regering met die drywende
                markte wil volhou.                                                                  (4)
                                                                                                    [26]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      20                          DBE/November 2019
                                             NSS

VRAAG 5

Verwys na die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         NOG 'N WENNER VIR SUID-AFRIKA

           Die Barberton Makhonjwa-bergreeks – 10de Wêrelderfenisterrein

           ONS HET BERGE
           OUER AS DIE
           KONTINENTE.

                                                                [Bron: www.humala.co.za]

5.1     Identifiseer die provinsie waar die 10de Wêrelderfenisterrein geleë is.                  (2)

5.2     Bespreek TWEE redes waarom toeriste aangemoedig word om die Genesis-
        roete te volg wanneer hulle die Barberton Makhonjwa-bergreeks-Wêreld-
        erfenisterrein besoek.                                                                   (4)

5.3     Die kitsvloede in Februarie 2019 het groot padsluitings tussen Badplaas en
        Barberton tot gevolg gehad. Die swak toestand van paaie as gevolg van vloede
        het 'n afname in toerisme in hierdie provinsie tot gevolg gehad.

        Verduidelik hoe die swak toestand van paaie 'n negatiewe invloed op
        besoekergetalle op die Genesis-roete kan hê.                                             (4)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                             21                                DBE/November 2019
                                                    NSS

VRAAG 6

Verwys na die voorbeeld van die akkommodasiefaktuur hieronder en beantwoord die
vrae wat volg.

                                    Redcliff Manor
                                                               FAKTUUR
                                    Bennetweg 131
                                    Foon: 031 293 1030
                                    Faks: 031 293 0123
                                    E-pos: redcliffm@change.co.za

                        Mnr. B Brand

                       Posbus 2546
                       Johannesburg
                       E-pos: bertb@hithe.co.za

                               Vraag 6.1
                               Vraag 6.1

6.1     Mnr. Brand het navraag gedoen oor die bedrag van R10 wat by sy
        akkommodasiefaktuur gevoeg is.

        Verduidelik aan mnr. Brand die rede vir die bykomende R10 op sy faktuur.                              (2)

6.2     Die ontvangsdame het mnr. Brand ingelig dat die geld nie deur die hotel
        gebruik word nie, maar aan SAToerisme gegee word.

        Verduidelik aan mnr. Brand die DRIE stappe wat gevolg word om die geld by
        SAToerisme te kry.                                                                                    (6)

6.3     Verduidelik hoe geld wat by gaste soos mnr. Brand verhaal word, gebruik sal
        word om ELK van die volgende drie kernfunksies van SAToerisme te
        ondersteun:

        6.3.1   Internasionale bemarking                 van        Suid-Afrika   as    'n   voorkeur-
                toerismebestemming                                                                            (2)

        6.3.2   Instandhouding en verbetering van die standaard van fasiliteite en
                dienste vir toeriste                                                                          (2)

        6.3.3   Koördinering van die bemarkingsaktiwiteite van rolspelers in die bedryf                       (2)
                                                                                                              [14]

                                                                             TOTAAL AFDELING C:               50
Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       22                         DBE/November 2019
                                              NSS

AFDELING D : TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
             TOERISME

VRAAG 7

7.1     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     IS ONS WARM OF NIE?

           Die fisiese voorkoms van 'n onderneming dra tot 'n professionele beeld by.

        Die prentjies hieronder toon die kamersleutels wat deur elke hotel aan hulle
        gaste gegee word wanneer hulle inteken.

             HOTEL A: SUNSET HOTEL                     HOTEL B: DAWN HOTEL

        7.1.1     (a)   Identifiseer in die prentjies hierbo die hotel wat aan sy
                        professionele beeld waarde heg.                                           (2)

                  (b)   Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 7.1.1(a).                          (2)

        7.1.2     Buiten kamersleutels, beveel EEN manier aan waarop                    die
                  professionele beeld van hotelkamers verbeter kan word.                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                               23                            DBE/November 2019
                                                      NSS

7.2     Bestudeer die uittreksel van die kernpligte van 'n motorverhuuragent hieronder
        en beantwoord die vrae wat volg.

                                KERNPLIGTE – MOTORVERHUURAGENT

                               KERNPLIG A                              KERNPLIG B
                             Ontvang telefoon-                      Gee aandag aan
                              oproepe en hanteer                      oproepe en ondersteun
                              kliëntekwessies of stuur                kliënte doeltreffend.
                              boodskappe direk aan
                              toepaslike personeel.

                              KERNPLIG C                               KERNPLIG D
                            Kommunikeer met                         Lê die korrekte inligting
                             kliënte wat in die ry                    vas, verskaf die koerse
                             staan om hulle te                        en voorwaardes van die
                             verseker dat hulle so                    ooreenkoms en gee die
                             gou as moontlik gehelp                   vereiste magtiging.
                             sal word.

                              KERNPLIG E                               KERNPLIG F
                            Verifieer die akkuraatheid              Hou die werkplek skoon
                             van die inligting op die                 en sonder rommel.
                             huurkontrak.
                            Verskaf inligting oor die
                             verskillende produk-
                             aanbiedings beskikbaar.

                                                                       [Aangepas uit www.indeed.co.za]

        7.2.1   (a)          Benoem die dokument wat die kernpligte van 'n persoon wat by 'n
                             motorverhuuragentskap werk, aandui.                                            (2)
                (b)          Verduidelik EEN rede waarom die werknemer die kernpligte, in
                             die dokument in VRAAG 7.2.1(a) gespesifiseer, moet uitvoer.                    (2)

        7.2.2   'n Kliënt het regsaksie teen 'n motorverhuuragent ingestel omdat die
                agent nie die bepalings en voorwaardes van die huurkontrak
                verduidelik het nie. 'n Tugverhoor gaan binne die maatskappy gehou
                word om vas te stel of die verhuuragent skuldig is of nie.

                (a)          Buiten die dokument wat in VRAAG 7.2.1(a) genoem is, stel EEN
                             ander dokument voor waarna tydens die tugverhoor verwys sal
                             word.                                                                          (2)
                (b)          Verwys na die kernpligte van 'n motorverhuuragent en identifiseer
                             TWEE stelle kernpligte in die uittreksel waarna tydens die interne
                             tugverhoor verwys sal word.
                             Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer neer, bv. G.                (4)
                                                                                                            [16]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                          24                               DBE/November 2019
                                                                 NSS

VRAAG 8

Bestudeer die inligtingsgrafika 'Toekenning vir Nul % Afval' hieronder en beantwoord
die vrae wat volg.

Die Wild Coast Sun-oord het in 2019 die eerste Nul % Afval-toekenning vanaf die Groen
Bouraad van Suid-Afrika (GBRSA) ontvang.

                                                    NUL % afval

                                GAYO Onderneming-ontwikkelingsprojek

                                                                                     Plastiek

           Bespaar hotel R430 000 wat voorheen op kompos vir tuine en golfbaan
                                      gespandeer is.

                                                                                                Oorskietkos
                                                                                                na skole se
                                                                                                voeding-
                                                                                    Voer Ons
                                                                                                skemas
                 Skenk herwinbare meubels, toestelle, linne en                       Kinders
                        rekenaars aan gemeenskappe

                                                                    [Aangepas uit www.engineeringnews.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                   25                        DBE/November 2019
                                          NSS

8.1     Noem EEN verandering in hulle omgewingsbeleid wat daartoe gelei het dat die
        Wild Coast Sun in 2019 'n toekenning ontvang het.                                   (2)

8.2     Bespreek EEN ekonomiese voordeel van die Vuka Uzenzele Projek vir die:

        8.2.1   Wild Coast Sun-oord                                                         (2)

        8.2.2   Gemeenskap rondom die Wild Coast Sun                                        (2)

8.3     Identifiseer EEN niefinansiële korporatiewe maatskaplike beleggings(KMB)-
        inisiatief van die oord in die inligtingsgrafika.                                   (2)

8.4     Die Vuka Uzenzele Projek voldoen aan die kriteria van volhoubaarheid volgens
        een van die beginsels van FTT.

        Bespreek DRIE maniere waarop hulle projek 'Vanaf afvalkos na organiese
        groentetuine na die restaurant' die beginsel van volhoubaarheid aanpak.             (6)
                                                                                            [14]

                                                            TOTAAL AFDELING D:              30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    26                          DBE/November 2019
                                           NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                   TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       2018 – 'N RAMPSPOEDIGE JAAR VIR INDONESIË

        Indonesië is in die Stille Oseaan se Ring van Vuur geleë waar 90% van
        aardbewings plaasvind. Die streek ervaar ook dikwels vulkaniese aktiwiteit,
        tsoenami's en grondverskuiwings. Die grootste tsoenami in 2018 het meer as
        2 000 lewens op die eiland Sulawesi geëis.
                Grondverskuiwings en                       Aardbewings
                    oorstromings                       29 Julie, 18 Augustus,
                     22 Februarie                    28 September, 1 Oktober

                                                               Lombok
                         Jakarta                             en Sulawesi
                         Tornado                              Tsoenami
                       6 Desember                            24 Desember
                        Wes-Java                             Sunda Strait

                                                             [Aangepas uit www.abc.net.au]

        9.1.1   Voltooi die sin:

                Indonesië het vele onvoorsiene … rampe soos grondverskuiwings,
                oorstromings, aardbewings, tornado's en tsoenami's beleef.                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        27                        DBE/November 2019
                                               NSS

        9.1.2   (a)   Voltooi die tydlyn van die rampe in 2018 deur ontbrekende
                      inligting A en B in te vul. Skryf slegs die antwoord langs die letter
                      neer,
                      bv. C – vulkaniese uitbarsting.

                                2018-TYDLYN VAN RAMPE IN INDONESIË

                             MAANDE                                  RAMPE
                                   Januarie
                                                          Grondverskuiwings en
                               22 Februarie
                                                          oorstromings
                                       Maart

                                       April

                                         Mei

                                       Junie

                                    29 Julie              A
                               18 Augustus                Aardbewing

                             28 September                 Aardbewing

                                  1 Oktober               Aardbewing

                                 November

                                        B                 Tornado
                              24 Desember                 Tsoenami
                                                                                                  (2)

                (b)   Indonesië is baie afhanklik van hulle toerismebedryf as 'n bron
                      van inkomste.

                      Verwys na die prentjies en die tydlyn hierbo en bespreek DRIE
                      invloede van hierdie gebeure op die toerismebedryf van
                      Indonesië.                                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 28

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                  28                                  DBE/November 2019
                                                         NSS

9.2        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           BETAAL ENIGE IEMAND IN ENIGE GELDEENHEID

           Shyft is 'n aflaaibare toep ('app') wat gebruik word om buitelandsevaluta-
           transaksies op mobiele toestelle te doen. Die toep stel gebruikers in staat om
           betalings aan enige iemand, enige plek in die wêreld te maak.

             Maak internasionale                                                   Kyk na saldo's, huidige
                       betalings.                                                  wisselkoerse en koop
                   Voeg slegs 'n                                                   buitelandse valuta.
                     begunstigde
                 (ontvanger) by,
                  sleutel sy/haar
            besonderhede in, die
              bedrag en voeg 'n
                   verwysing by.

                                                                                   Kry werkliketyd('real-
                   Skep verskeie                                                   time')-koerse en wissel
               virtuele* kaarte in                                                 tussen rand, VS-dollar,
              enige geldeenheid                                                    Britse pond, euro en
             om aanlyn vir enige                                                   die Australiese dollar
                  doel te bestee.                                                  met die druk van 'n
                                                                                   knoppie.

                  Vul jou virtuele
              kaart enige tyd aan
                        ('top up').

            *Virtuele: Iets wat slegs elektronies op 'n elektroniese toestel bestaan en slegs elektronies gebruik
            kan word

                                                                            [Aangepas uit www.getshyft.co.za]

        9.2.1        Verduidelik TWEE maniere waarop hierdie toep betalings geriefliker
                     maak wanneer internasionaal gereis word.                                                         (4)

        9.2.2        Gee EEN rede waarom dit veiliger is om hierdie toep te gebruik as om
                     voorafgelaaide debietkaarte of kontant te dra wanneer internasionaal
                     gereis word.                                                                                     (2)

        9.2.3        Noem EEN struikelblok wat 'n toeris kan ervaar wanneer hierdie toep
                     vir elektroniese transaksies gebruik word.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                               Blaai om asseblief

### Page 29

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                29                             DBE/November 2019
                                                       NSS

9.3        Interpreteer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                            SUID-AFRIKA
                               SLEUTELTOERISME-PRESTASIE-AANDUIDERS
                                            Vergelyking tussen 2018 en 2017

                                                  KWARTAAL 2
                                                (APRIL TOT JUNIE)
                              TOTALE
                            BUITELANDSE       LENGTE VAN                              GEOGRAFIESE
                                                                  BEDNAGTE
                              DIREKTE          VERBLYF                                VERSPREIDING

             AANDUIDERS
                             BESTEDING

            2018            R17,9 miljard       12 nagte           27 miljoen                 12%
        KWARTAAL 2

            2017            R17,6 miljard      12,5 nagte         28,9 miljoen                14%
        KWARTAAL 2

                                                                      [Bron: www.southafrica.net/research]

        9.3.1             Identifiseer die algemene neiging (2018               vs.   2017)    van   die
                          sleuteltoerisme-prestasie-aanduiders hierbo.                                        (2)

        9.3.2             Buiten uitdagings wat in sommige wêrelddele ervaar word om visums
                          te kry om na Suid-Afrika te reis, gee TWEE ander redes vir die neiging
                          wat in VRAAG 9.3.1 geïdentifiseer is.                                               (4)
                                                                                                              [24]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 30

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                          30                           DBE/November 2019
                                                 NSS

VRAAG 10

Lees die klant se klagte op die 'Hello Peter'-webtuiste en beantwoord die vrae wat volg.

                                     DIE SLEGSTE EETERVARING

        Ons het teen ongeveer 11:00 in die Format Restaurant gaan sit. Ons moes
        15 minute wag voordat iemand ons gehelp het. Slegs drie ander tafels was
        beset. Ons het uiteindelik ons bestelling geplaas. Dit was 'n baie eenvoudige
        bestelling, twee pizzas en twee koeldranke. Die kelner was stadig en het
        genoem dat hy nog babalaas was van die vorige aand. Ons het ons kos
        veertig minute later ontvang. Die koeldrankbestelling was reg, maar hulle het
        ons pizzabestelling opgemors. Ons het twee geroosterde kaastoebroodjies
        gekry. Ons het uiteindelik die pizzas gekry, maar het die res van die tyd
        bestee om vlieë weg te jaag.
Antwoord vanaf die restaurant:
E-pos dringend jou kontakbesonderhede na feedback@ pizformat.co.za sodat ons
bedryfspan verder ondersoek kan instel.
                                                                [Aangepas uit www.hellopeter.com]

10.1       Identifiseer EEN klagte van die kliënt in die uittreksel.                                (2)

10.2    Verduidelik EEN voordeel vir beide die klant en die onderneming om die
        Hello Peter-webtuise te gebruik.                                                            (2)

10.3    Gee jou mening oor die antwoord vanaf die restaurant.                                       (2)
                                                                                                    [6]

                                                                       TOTAAL AFDELING E:           30
                                                                           GROOTTOTAAL:             200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2019-memo-afr/177a3931-bd47-436f-ae74-ec6fd7718fcc) — Tourism · Memo · 2019 · Afr
- [Tourism Nov 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2019-memo-eng/2927bdba-1e98-4ac5-90ec-0e17100824ee) — Tourism · Memo · 2019 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-afrikaans/7207b8ac-60de-404a-bc19-c257d519ccb3) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2019 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2019-english/49d1fadc-36c9-4623-8171-d6c962ca190a) — Tourism · QP · 2019 · Eng
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) X10 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-x10-2019-preparatory-examination-question-paper/b66489d0-a84c-4e18-af4d-ef3c23585ac1) — Tourism · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Tourism (English) 2019 Preparatory Examination Posible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-english-2019-preparatory-examination-posible-answers/5fc1474e-97f7-4a50-811e-230c0d7f2740) — Tourism · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
