# Tourism Grade 12 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-afr/1de8b559-3a20-4f75-9cb9-9d1d38b558fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2020 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-afr/1de8b559-3a20-4f75-9cb9-9d1d38b558fd)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2020. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           SENIOR SERTIFIKAAT/
                      NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                       TRSM.1

                                     TOERISME

                                 NOVEMBER 2020

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

                     MIDDAGSESSIE

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        2                          DBE/November 2020
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde by VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE stappe van die berekeninge.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling
           in te deel.

                                                                                      TYD
AFDELING                             ONDERWERP                           PUNTE
                                                                                    (minute)
      A           Kortvrae                                                  40          20

                  Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse Valuta-
      B                                                                     50          50
                  verhandeling

                  Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en
      C                                                                     50          50
                  Erfenistoerisme; Bemarking

                  Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike
      D                                                                     30          30
                  Toerisme

                  Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
      E                                                                     30          30
                  Kommunikasie en Kliëntediens

                                                             TOTAAL        200         180

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        3                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

           1.1.1      'n Verpligte inenting vir toeriste wat hoë-risiko-areas binnegaan of
                      verlaat:

                      A   Bilharzia
                      B   Diarree
                      C   Geelkoors
                      D   Diabetes

           1.1.2      Wanneer daar oor baie tydsones gevlieg word, word passasiers
                      aangeraai om die tyd op hulle horlosies na ... te verander.

                      A   twee ure na plaaslike tyd
                      B   een uur na plaaslike tyd
                      C   een uur voor plaaslike tyd
                      D   die plaaslike tyd van die bestemmingstad

           1.1.3      BBP is die totale waarde van …

                      A   toerismedienste wat in 'n land verskaf en ervaar word.
                      B   vervaardigde goedere wat in 'n land geproduseer en verskaf
                          word.
                      C   goedere en dienste wat jaarliks in 'n land geproduseer word.
                      D   die jaarlikse netto wins van die dienstebedryf in 'n land.

           1.1.4      Die IDL is 'n denkbeeldige lyn wat ...

                      A   lande in drie verskillende klimaatstreke verdeel.
                      B   veranderinge aan die dag en datum van 'n land veroorsaak.
                      C   die aarde in die Noordelike en Suidelike Halfrond verdeel.
                      D   van oos na wes op die aardbol loop.

           1.1.5      Die rede waarom die tydsones van die Verenigde State van
                      Amerika vanaf -4 tot -8 op 'n tydsonekaart strek:

                      A   Omdat die VSA in baie distrikte verdeel is.
                      B   Dit is 'n besluit wat deur die mense van die VSA geneem is.
                      C   Dit is as gevolg van die posisie van die maan.
                      D   Dit is as gevolg van die grootte van die land.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         4                   DBE/November 2020
                                              SS/NSS

           1.1.6      Die ikoon hieronder word as een of die mens se grootste
                      argitektoniese prestasies van die Antieke Wêreld beskou:

                      A   Taj Mahal
                      B   Brandenburg-hek
                      C   Groot Muur van China
                      D   Groot Piramides van Giza

           1.1.7      Die … is tussen Kanada en die Verenigde State van Amerika
                      geleë.

                      A   Niagara-waterval
                      B   Victoria-waterval
                      C   Angela-waterval
                      D   Tugela-waterval

           1.1.8      Die Rotskoepel en die Klaagmuur is twee wêreldbekende ikone
                      wat in … aangetref word.

                      A   Turkye
                      B   Indië
                      C   Israel
                      D   Jordanië

           1.1.9      Die prent hieronder wys dat die besienswaardigheid ... toegang
                      aan toeriste met spesiale behoeftes verskaf.

                      A    gratis
                      B    indiensnemings-
                      C    universele
                      D    strand-
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       5                       DBE/November 2020
                                            SS/NSS

           1.1.10     Die hoofrol van UNESCO:

                      A   Beskerming en ontwikkeling van Wêrelderfenisterreine
                      B   Beskerming van die Suid-Afrikaanse ekonomie en die mense
                      C   Bevorder wreedheid teenoor diere in aanhouding
                      D   Bevorder etiese gedrag onder personeel

           1.1.11     'n Werknemer het die reg om hierdie dokument te ontvang
                      wanneer sy/haar diens beëindig word:

                      A   Belastingterugbetalingstrokie
                      B   Dienssertifikaat
                      C   Lys van byvoordele
                      D   Kwitansie vir regskoste

           1.1.12     Regulasies met betrekking tot die gebruik van sterk parfuum by
                      die werk:

                      A   Persoonlike higiëne
                      B   Persoonlike aura
                      C   Emosionele integriteit
                      D   Emosionele stamina

           1.1.13     Wanneer 'n werknemer in die toerismebedryf op 'n openbare
                      vakansiedag werk, is die werknemer geregtig op ...

                      A   vyf dae bykomende verlof.
                      B   tyd af gelykstaande aan twee maande.
                      C   betaling teen dubbel die normale tarief.
                      D   verminderde jaarlikse bonusse.

           1.1.14     Die boetiekhotel by die Wieg van die Mensdom lok toeriste omdat
                      daar gras op die dakke geplant is wat met die omliggende Hoëveld
                      saamsmelt.

                      Hierdie akkommodasie-instelling is …

                      A   inkopievriendelik.
                      B   sosiaal vriendelik.
                      C   ekonomies vriendelik.
                      D   omgewingsvriendelik.

           1.1.15     Die personeel van 'n toerisme-IT-maatskappy het geskenke en
                      klere aan 'n kinderhuis gegee. Hierdie skenking word as …
                      beskou.

                      A   omgewingsbewaring
                      B   'n korporatiewe maatskaplike belegging
                      C   infrastruktuurontwikkeling
                      D   kulturele bewaring

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      6                         DBE/November 2020
                                           SS/NSS

           1.1.16     Die vlak van kliëntetevredenheid wat hieronder getoon word:

                      A   Swak
                      B   Gemiddeld
                      C   Goed
                      D   Uitstekend

           1.1.17     Volgens die WTTC is die verwagte getal buitelandse toeriste-
                      aankomste in Suid-Afrika in 2028 …

                                        WTTC-TOERISTE-AANKOMSTE

                      A   14 miljoen.
                      B   8 miljoen.
                      C   10 miljoen.
                      D   2 miljoen.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       7                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

           1.1.18     'n Voorbeeld van 'n onvoorsiene gebeurtenis:

                      A   'n Koninklike troue
                      B   Uitbreek van COVID-19
                      C   Wêreldreismark ('World Travel Market')
                      D   Die Olimpiese Spele

           1.1.19     Buitelandse markaandeel verwys na die …

                      A   aantal plaaslike besighede wat handelsmerkprodukte aan
                          plaaslike toeriste in Suid-Afrika verkoop.
                      B   aantal plaaslike toeriste wat in 'n tydperk van een jaar die nege
                          Suid-Afrikaanse provinsies besoek.
                      C   persentasie van die bedryf wat deur inkomende toerisme na
                          Suid-Afrika verdien word.
                      D   lengte van verblyf per toeris in Gauteng in 'n spesifieke
                          tydperk.

           1.1.20     Tegnologie wat aan toeriste vinnige toegang tot reis-verwante
                      inligting sal gee:

                      A    Fotostaatmasjien
                      B    Faksmasjien
                      C    Internet
                      D    Sakrekenaar                                             (20 x 1)       (20)

1.2        Gee EEN rede vir die afname in inkomende aankomste na Suid-Afrika deur
           uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die rede langs die vraagnommers
           (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 bank-
           aankoopkoers.

                     negatiewe persepsies; erge droogtes;       visumverwerking;
                         onvoldoende vlugte; geblikte jag;      filmpermitte

           1.2.1      'n Ernstige tekort aan water wat waterbeperkings in sekere hoof-
                      toerismestede in Suid-Afrika tot gevolg het

           1.2.2      Beperkte lugvervoer na Suid-Afrika vanaf sekere Afrika- en
                      oorsese bestemmings

           1.2.3      Probleme om regte te bekom om rolprente en dokumentêre
                      programme in Suid-Afrika te maak

           1.2.4      Die doodmaak van wilde diere vir trofee-doeleindes in 'n ingeperkte
                      gebied, soos 'n omheinde kamp

           1.2.5      Internasionale toeriste verkies om nie Suid-Afrika te besoek nie as
                      gevolg van slegte publisiteit in die buitelandse media       (5 x 1)        (5)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        8                         DBE/November 2020
                                             SS/NSS

1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
           slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.

           1.3.1      'n Konferensievenue moet sy skryfbehoeftes, soos penne,
                      skryfpapier en lêers wat aan konferensiegangers verskaf word,
                      (verkoop/'n handelsmerk gee).

           1.3.2      'n Dinkskrum word gebruik wanneer ('n naam gekies word/'n bank-
                      rekening oopgemaak word) om herkenbaarheid van die
                      handelsmerk te verseker.

           1.3.3      Die (slagspreuk/logo) vorm deel van die handelsmerk van 'n
                      toerisme-besigheid.

           1.3.4      (Kansellasie van 'n reisprogram/Bemarkingsmateriaal) is 'n faktor
                      wat tot die professionele beeld van 'n toerorganiseerder bydra.

           1.3.5      Die prosedures wat in 'n toerismebesigheid gevolg moet word
                      wanneer klagtes hanteer word, sal in die (kliëntediensbeleid/
                      dienskontrak) aangetref word.                         (5 x 1)              (5)

1.4        Kies 'n kliënteterugvoeringsmetode in KOLOM B wat by die beskrywing in
           KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
           (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                          KOLOM A                                KOLOM B
           1.4.1      Kliënte gebruik Facebook om     A   terugvoeringkaarte
                      oor hulle ervarings
                      terugvoering te gee             B   sosiale media

           1.4.2      Kliënte skryf hulle klagtes     C   e-pos-antwoorde
                      neer en los dit in hulle
                      hotelkamers nadat hulle         D   onderhoude
                      uitgeboek het
                                                      E   slakpos
           1.4.3      Persoonlike kliënte-
                      terugvoering tussen twee        F   SMS-boodskapdiens
                      mense

           1.4.4      Reële tyd('Real-time')-
                      (Onmiddellike) terugvoering
                      deur selfone in 'n restaurant
                      te gebruik

           1.4.5      Skriftelike antwoorde op vrae
                      wat aan oor die internet aan
                      die kliënt gestuur is
                                                                                   (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     9                         DBE/November 2020
                                          SS/NSS

1.5        Rangskik die stede hieronder in die KORREKTE volgorde van wes na oos.
           Skryf die vyf stede in die korrekte volgorde langs die vraagnommer (1.5) in
           die ANTWOORDEBOEK neer.

              Kaapstad (+2)
              Londen (0)
              San Francisco (-8)
              Delhi (+5.5)
              Rio de Janeiro (-3)                                               (5 x 1)      (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:              40

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                                 10                DBE/November 2020
                                                       SS/NSS

AFDELING B:                            KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
                                       VERHANDELING

VRAAG 2

2.1        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die inligting wat gegee is en
           beantwoord die vrae wat volg.

               Kaap-Verdiese Eilande

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                         11                         DBE/November 2020
                                               SS/NSS

           Mnr. en mev. Vermaak is onlangs getroud en het vir hulle wittebrood na
           Frankryk gereis. Hulle het Tripadvisor geraadpleeg voordat hulle hul
           wittebrood beplan het. Die paartjie is nie kuns- en kultuur-entoesiaste nie.
           Tripadvisor is 'n webtuiste waar reisigers na verskeie toerismeprodukte en
           -dienste kan soek en dit bespreek.
                         WEBBLAD UIT TRIPADVISOR SE WEBTUISTE

                       Dinge om te
            Hotelle                  Restaurante     Vlugte     Motorhuur   Vakansiehuise
                          doen

                                                    Romantiese vaart
                                                    op die Seine

           2.1.1       Identifiseer VIER toerismeprodukte of -dienste wat op die
                       Tripadvisor-webtuiste aangetref word.                                       (4)
           2.1.2       Die Vermaaks het besluit om die Eiffeltoring te besoek.
                       (a)   Identifiseer die toer wat hulle sal kies.                             (2)
                       (b)   Gee, uit die webblad, die koste van die toer wat jy in
                             VRAAG 2.1.2(a) geïdentifiseer het.                                    (2)
                       (c)   Noem EEN voordeel vir die paartjie indien hulle hierdie toer
                             sou kies.                                                             (2)
                       (d)   Beveel EEN ander besienswaardigheid vir die paartjie aan
                             wat by hulle profiel sal pas.                                         (2)
           2.1.3       Stel TWEE redes voor waarom die Vermaaks besluit het om
                       Tripadvisor te gebruik om hulle reis te beplan.                             (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      12                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

2.2        Die paartjie het 'n skootrekenaar ter waarde van R6 500 by 'n belastingvrye
           winkel op Charles De Gaulle-lughawe in Frankryk gekoop.

           Hulle was onseker oor watter kanaal hulle moes deurbeweeg toe hulle op
           OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom het.

           2.2.1      Gee die paartjie raad oor die korrekte kanaal wat hulle moet kies.          (2)

           2.2.2      Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                               (2)

           2.2.3      Noem die regeringsdepartement wat verantwoordelik is vir die
                      beheer van verklaarde goedere wat in die land ingebring word.               (2)

           2.2.4      Noem tipe belasting wat die paartjie sal betaal.                            (2)

2.3        Bestudeer die inligting hieronder en gebruik die Wêreldtydsonekaart om die
           vrae wat volg, te beantwoord.

                                   ANGELA VLIEG NA DIE VSA

           Hieronder is Angela se vluginligting vir haar reis vanaf Kaapstad na San
           Francisco.

              Angela het vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe na San Francisco
               gevlieg.
              Haar vlug het om 17:00 op 21 Oktober uit Kaapstad vertrek.
              Die vlug het op die Kaap-Verdiese Eilande op pad na San Francisco
               gestop.
              Die totale vliegtyd, wat die oorstaantyd in die Kaap-Verdiese Eilande
               insluit, was 23 uur.

           2.3.1      Gee EEN rede waarom die vlug op die Kaap-Verdiese Eilande
                      gestop het.                                                                 (2)

           2.3.2      Bereken Angela se tyd en datum van aankoms in San Francisco.                (6)

           2.3.3      Nadat Angela tyd saam met familie in San Francisco deurgebring
                      het, het sy haar reis na Dallas voortgesit. Sy het om 08:00 op
                      8 Januarie in Dallas aangekom.

                      Bereken hoe laat Angela se vlug vanaf San Francisco vertrek het
                      as die vlug 3 ure lank was.                                                 (6)
                                                                                                  [38]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     13                          DBE/November 2020
                                           SC/NSS

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die buitelandse wisselkoerstabel hieronder en beantwoord die vrae
           wat volg.

                                BUITELANDSE WISSELKOERSE
                               Rand per buitelandse geldeenheid
           GELDEENHEID       KODE     BANKVERKOOPKOERS          BANKAANKOOPKOERS
           VS-dollar          USD           14.73                     14.12
           Pond sterling      GBP           19.28                     18.29

           3.1.1      'n Suid-Afrikaanse toeris keer met £2 500 uit die Verenigde
                      Koninkryk terug.
                                                                                                  (3)
                      Bereken hoeveel die Suid-Afrikaner in rand sal ontvang.

           3.1.2      Jy het 'n vriend wat in die Verenigde State van Amerika studeer.
                      Dit is jou vriend se verjaarsdag en jy wil R1 800 as 'n geskenk na
                      sy rekening oorplaas.

                      Bereken hoeveel jou vriend in VS-dollar sal ontvang.                        (3)

3.2        Dit is vir volhoubare toerisme belangrik om 'n balans tussen die impak op die
           omgewing en die ekonomiese voordeel vir die toerismebedryf te vind.

           Skryf 'n paragraaf om te verduidelik hoe 'n sterk rand hierdie balans kan
           bereik.

           Jou paragraaf moet die volgende insluit:

              Volhoubare toerismebesighede
              'n Balans tussen ekonomiese en omgewingsvoordele vir die toerisme-
               bedryf
              Werkskepping                                                (3 x 2)                (6)
                                                                                                  [12]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       14                            DBE/November 2020
                                             SS/NSS

AFDELING C:          TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                     'N DRAAI VAN 'N LEEFTYD

           Mellissa is 'n finalis in die 'Strike It Lucky'-kompetisie. Deur die wiel te draai,
           staan sy 'n kans om 'n vakansie te wen na enige van die ikone wat hieronder
           getoon word.

                                                                          [Bron: www.fotolia.com]

           4.1.1      Identifiseer wêreldikone A tot E.

                      Skryf slegs die letter (A–E) en die naam van die ikoon langs die
                      vraagnommer (4.1.1) in die ANTWOORDEBOEK neer.                                 (5)

           4.1.2      Ikone A en B word op dieselfde kontinent aangetref.

                      Gee die naam van die kontinent.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      15                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

           4.1.3      Wêreldbekende ikone is belangrik vir die land of stad waar hulle
                      geleë is.

                      Gee EEN rede waarom ikone A, C en D gebou is.

                      Skryf slegs die antwoord langs die letter (A, C en D) in die
                      ANTWOORDEBOEK neer.                                                         (6)

4.2        Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               KAN AUSCHWITZ GERED WORD?

           Baie oorlewendes kan nie van die swaarkry vergeet wat hulle in Auschwitz
           verduur het nie. Wat beskou is as 'n werkkamp met storte en dokters wat na
           siekes sou omsien, het uiteindelik 'n doodskamp geword met gaskamers en
           dokters wat op mense geëksperimenteer het.

           Auschwitz het 'n baie hartseer en neerdrukkende verlede; deesdae het die
           besienswaardigheid egter sy eie probleme met instandhouding. Baie geboue
           het gekraakte mure en fondasies wat sak. Lekkende dakke het die
           houtstapelbeddens beskadig.

           Besoekergetalle het verdubbel. Meer as 30 000 besoekers beweeg op
           spitsdae deur die kamp se geboue.

           Auschwitz is 'n plek van herinneringe; dit gaan nie net oor die geskiedenis nie
           – dit gaan ook oor die toekoms. Die laaste oorlewendes van die kamp sal
           binnekort sterf en sal die herinneringe oor wat in die kamp gebeur het, saam
           met hulle neem.

                                                             [Aangepas uit www.survivor.com]

           4.2.1      Noem die land waar die Auschwitz-konsentrasiekamp geleë is.                 (2)

           4.2.2      Bespreek TWEE faktore in die uittreksel wat bygedra het tot
                      Auschwitz se:

                     (a) Hartseer en neerdrukkende verlede                                        (4)

                     (b) Hedendaagse probleme                                                     (4)

           4.2.3      Beveel TWEE maniere aan waarop Auschwitz as 'n toeriste-
                      besienswaardigheid in stand gehou kan word.                                 (4)
                                                                                                  [27]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     16                            DBE/November 2020
                                           SS/NSS

VRAAG 5

5.1        Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       DISA CHARTERS VERBIND JOU MET DIE
                      WÊRELDERFENISTERREINE IN SUID-AFRIKA

                                                            Disa Charters:
                                                            'n Vervoermaatskappy
                                                            wat in die individuele
                                                            behoeftes van toeriste
                                                            voorsien
                                                         [Bron: www.GlobalSecurity.org]

           Disa Charters bied daaglikse vlugte vanaf KwaZulu-Natal na Gauteng, die
           Noord-Kaap en die Wes-Kaap aan.

           Noem TWEE Wêrelderfenisterreine wat toeriste sal besoek wanneer hulle
           saam met Disa Charters na ELK van die volgende provinsies reis:

           5.1.1      Gauteng                                                                      (2)

           5.1.2      Noord-Kaap                                                                   (2)

           5.1.3      Wes-Kaap                                                                     (2)

5.2        UNESCO het in Julie 2018 'n nuwe Wêrelderfenisterrein in Suid-Afrika
           aangekondig. Disa Charters moet nou 'n nuwe roete by hulle bestaande
           vlugskedule voeg.

           Gebruik die kaart om die provinsie waar hierdie Wêrelderfenisterrein geleë is,
           te identifiseer.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                    17                           DBE/November 2020
                                          SS/NSS

5.3        Disa Charters bied afslagpryse op hulle vliegkaartjies na die Wêreld-
           erfenisterreine in Suid-Afrika aan. Reisagente trek hieruit voordeel deur
           verskillende toerpakkette na die Wêrelderfenisterreine beskikbaar te stel.

           Bespreek TWEE maniere waarop die toerpakkette na die Wêreld-
           erfenisterreine hierdie reisagentskappe sal bevoordeel.                               (4)
                                                                                                 [12]

VRAAG 6

Verwys na die 2019-kalender hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               TBRSA

                                                           [Bron: www.myplanner.org]

6.1        Nhlanhla, 'n toerorganiseerder, het 4–6 Oktober 2019 uitgehou om die reis-
           handelskou wat op die kalender hierbo verskyn, by te woon.

           Noem die hoofborg van hierdie reishandelskou.                                         (2)

6.2        Noem EEN ander handelskou wat jaarliks deur SAToerisme in Suid-Afrika
           aangebied word.                                                                       (1)

6.3        Verduidelik DRIE doelwitte van die toerismehandelskoue wat jaarliks in
           Suid-Afrika gehou word.                                                               (6)

6.4        Noem EEN organisasie wat verantwoordelik is vir Suid-Afrika se plaaslike en
           internasionale toerismebemarking wat verteenwoordigers na die vergadering             (2)
           op 15 Oktober 2019 sal stuur.                                                         [11]

                                                               TOTAAL AFDELING C:                50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      18                          DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

7.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  DIENS OP DIE REGTE SPOOR

             Die kelners hieronder werk vir Exquisite Rail Luukse Treinmaatskappy in
             Suid-Afrika. Een of die voorwaardes van indiensneming is om te alle tye
             'n professionele beeld uit te dra.

                                                              [Bron: www.istockphoto.com]

           7.1.1      Identifiseer TWEE maniere in die prent waarop die kelners
                      professionalisme by die werksplek vertoon.                                  (4)

           7.1.2      Die dienskontrak spesifiseer die kleredragkode vir die kelners,
                      maar sluit nie finansiële vergoeding (betaling) vir uniforms in nie.
                      Die kelners in die prent hierbo voel die enigste manier waarop hulle
                      aan die kleredragkode kan voldoen, is as hulle 'n uniformtoelaag
                      ontvang.

                      Verduidelik EEN rede waarom die twee werknemers voel dat hulle
                      op 'n uniformtoelaag geregtig is.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     19                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

7.2        Lees die dialoog hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

             BILLIKE BEHANDELING VAN ONS GEWAARDEERDE PASSASIERS

           Passasiers op Exquisite Rail verdien uitstekende standaarde. Dit sluit die
           gedrag van die bemanningslede in diens van die maatskappy in.

           Die gesprek hieronder gaan oor die moets en moenies vir bemanningslede
           wat op 'n luukse trein werk.

           Leerling:      Hoe moet bemanningslede teenoor gaste optree wanneer hulle
                          op 'n luukse trein werk?

           Instrukteur: 1. 'n Bemanningslid moet nooit met 'n gas argumenteer nie. In
                        plaas daarvan moet enige klagtes wat deur 'n gas gelê word,
                        onmiddellik by die toesighouer aangemeld word.

                          2. 'n Gas mag nooit na die bemanningskwartiere genooi word
                          nie en uitnodigings mag nie aanvaar word om sosiaal met
                          gaste te verkeer nie.

                          3. Wees daarvan bewus dat ouers met jong kinders dalk die
                          bemanning se interaksie met hulle kinders verkeerd kan
                          interpreteer.

                          4. 'n Bemanningslid moet ook versigtig wees om nie te veel
                          aandag aan een spesifieke gas te gee wanneer dit oor
                          dienslewering gaan nie, want dit kan ook verkeerd
                          geïnterpreteer word.

           7.2.1       Kies die korrekte opsie tussen hakies:
                       Die opleiding hierbo is deel van die maatskappy se (gedragskode/         (2)
                       jaarlikse diensbonus)

           7.2.2       Verduidelik EEN rede waarom Exquisite Rail gereeld hierdie tipe
                       opleidingsessie aanbied.                                                 (2)

           7.2.3       Identifiseer TWEE voorbeelde van optrede deur die bemanning in
                       die dialoog wat as 'n oortreding van die gedragskode beskou kan
                       word.                                                                    (4)
                                                                                                [14]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        20                             DBE/November 2020
                                              SS/NSS

VRAAG 8

8.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         VRYWILLIG AFRIKA
                                Gesertifiseer deur Fair Trade Tourism

                             INKOMENDE VAARDIGHEDE VERSEKER
                                    'N BETER TOEKOMS
                              Internasionale vrywilligers en persone wat internskappe
                             doen, raak betrokke by vrywilligerprogramme in
                             landelike skole in die Oos-Kaap.

                   Verskeie vrywilligertoere                Die vrywilligerprogram
                   ('voluntours') beskikbaar
              Kombineer reis met 'n week van           Die onderrig van rekenaar-
              vrywilligerswerk                         vaardighede in landelike skole;
                                                       hulp aan leerders om na skool
                                                       makliker werk te kry

                   Vrywilligers neem deel aan              Ander programme sluit in
              Gemeenskapsontwikkelings-                   Gemeenskap se voorskoolse
              inisiatiewe:                                 program
               Volwasse-rekenaar-                        Weeshuisprojek
                  geletterdheid
               Jeugsportontwikkeling
                                                       [Aangepas uit www.volunteerforever.com]

           8.1.1       Verduidelik die term vrywilligertoerisme ('voluntourism').                      (2)

           8.1.2       Identifiseer die pilaar van die driedubbele slotreël wat in die
                       vrywilligerprogramme uitgelig word.                                             (2)

           8.1.3       Verduidelik die rol van Fair Trade Tourism in hierdie program.                  (2)

           8.1.4       In 'n paragraaf, bespreek die impak van vrywilligertoerisme op
                       gemeenskapsontwikkeling.

                       Die paragraaf moet die volgende insluit:

                          Onderwys
                          Vaardigheidsontwikkeling
                          In die Gees van Ubuntu                                        (3 x 2)       (6)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     21                          DBE/November 2020
                                           SS/NSS

8.2        Lees die gedragskode vir        verantwoordelike   toerisme   hieronder     en
           beantwoord die vrae wat volg.

                GEDRAGSKODE VIR INKOMENDE INTERNASIONALE TOERISTE
            A
                                   Doen voor aankoms navorsing oor Suid-Afrika
                                   Leer 'n paar woorde in die plaaslike taal.
                                   Leer oor die kultuur van die omgewing.

                                   Ondersteun plaaslik vervaardigde handwerk.
                                   Ondersteun gemeenskapsuitreikprogramme.
                                   Ondersteun plaaslike besighede.

                         B

           8.2.1      Verduidelik EEN manier waarop 'n toeris verantwoordelike gedrag
                      toon deur 'n paar basiese woorde in die plaaslike taal te leer.           (2)

           8.2.2      Gee EEN rede waarom die ondersteuning van plaaslike besighede
                      by B ekonomies verantwoordelik is.                                        (2)
                                                                                                [16]

                                                              TOTAAL AFDELING D:                30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      22                           DBE/November 2020
                                            SS/NSS

AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                              TOERISME;
            KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               DIE JEUG- OLIMPIESE SPELE 2020
                                     Lausanne, Switserland
                                      9–22 Januarie 2020

           Die Jeug- Olimpiese Spele ('JOG') is 'n groot internasionale multisport-
           gebeurtenis en kulturele fees wat elke vier jaar vir tieners gehou word. Die
           kern van hierdie projek is die hoofkonsepte van volhoubaarheid en
           verantwoordelikheid. Dit fokus ook op die betrokkenheid van die jeug tussen
           die ouderdomme van 15 en 18.

                                                                JEUG-
                                                              OLIMPIESE
                                                                SPELE

                                                         [Bron: https://www.lausanne2020.sport]

           9.1.1      Identifiseer die hoofsportsoort waaraan tieners by die winter- Jeug-
                      Olimpiese Spele sal deelneem.                                                (2)

           9.1.2      Gee EEN rede waarom hierdie gebeurtenis elke jaar in die
                      Europese winter gehou word.                                                  (2)

           9.1.3      Verduidelik TWEE kenmerke van hierdie gebeurtenis wat dit uniek
                      maak in vergelyking met ander Olimpiese Spele.                               (4)

           9.1.4      Die gebeurtenis lok jongmense van oor die wêreld heen.

                      Beveel TWEE maniere aan waarop die gasheerstad sulke groot
                      getalle internasionale tienerbesoekers kan bestuur.                          (4)

           9.1.5      Stel TWEE maniere voor waarop die jong besoekers bewus
                      gemaak kan word van die belangrikheid van volhoubaarheid
                      wanneer hulle omgewingsensitiewe areas in die Lausanne-gebied
                      besoek.                                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      23                             DBE/November 2020
                                            SS/NSS

9.2        Bestudeer die statistiek in die kolomgrafiek en tabel hieronder en beantwoord
           die vrae wat volg.

                                   PROVINSIALE AANDEEL IN
                             INTERNASIONALE TOERISTE-AANKOMSTE

                      GP      WK      OK    KZN       MPU     LMP       NW       NK        VS
           2017      39,4%   16,8%   4,0%   7,9%     15,3%   18,3%     7,5%     1,1%     11,6%
                                                                [Bron: http://www.statssa.gov.za]

           9.2.1       Identifiseer in die grafiek hierbo die provinsie wat die grootste
                       volume toeriste in 2017 ontvang het.                                          (2)

           9.2.2       Gee EEN rede vir die neiging in VRAAG 9.2.1.                                  (2)

           9.2.3       Gee die persentasie besoekers aan Limpopo.                                    (2)

           9.2.4       Limpopo deel 'n grens met Zimbabwe.

                       Verduidelik waarom Limpopo se ligging hoë besoekersgetalle lok in
                       vergelyking met ander provinsies.                                             (2)
                                                                                                     [24]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       24                           DBE/November 2020
                                             SS/NSS

VRAAG 10

10.1       Bestudeer die inligtingsgrafika hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         NEEM KLIËNTETERUGVOERING ERNSTIG OP

                              ONTLEDING VAN KLIËNTETERUGVOERING

                                        Bestudeer en lê die
                                         terugvoeringdata        Bepaal die omvang van
                                               vas                kliëntetevredenheid

                                          Identifiseer die
                                          mees algemene
                                              klagtes

                                           Besluit op 'n
                                                                        Begin die
                                            aksieplan
                                                                    ingrypingsproses

                                                                              [Bron: Eie grafika]

           Gee EEN rede waarom toerismeproduk-eienaars NIE klante se klagtes moet
           ignoreer NIE.                                                                            (2)

10.2       Verduidelik die verskil tussen die aksieplan en die ingrypingsproses.         (2 x 2)    (4)
                                                                                                    [6]

                                                                 TOTAAL AFDELING E:                 30
                                                                     GROOTTOTAAL:                   200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Tourism Nov 2020 Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-eng/51e2636b-096d-435d-8e50-a5e81c5dc71d) — Tourism · QP · 2020 · Eng
- [Tourism Nov 2020 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-memo-eng/8d8e96f4-0387-46a6-a53e-a036a272697f) — Tourism · Memo · 2020 · Eng
- [Tourism Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2020-memo-afr/0ab595f0-cbd1-4d71-9728-69db8b19176e) — Tourism · Memo · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/61481c79-1171-46a6-8c30-556a64e62afb) — Tourism · QP · 2020 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPTGR12 2020 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-septgr12-2020-english/037efd1b-70db-4e2b-950d-50e2bc96f4e1) — Tourism · QP · 2020 · Eng
- [Grade 12 NSC Tourism (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-tourism-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/1c5c7dd8-d89c-4927-ba26-de7c3f4232ef) — Tourism · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
