# Tourism Grade 12 NSC November 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2022-afr/df275379-2d5a-4788-9113-e9fe354a1973
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 NSC November 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2022-afr/df275379-2d5a-4788-9113-e9fe354a1973)

## About this document

Tourism · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                      TOERISME

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      2                            DBE/November 2022
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

4.         Rond jou antwoorde by VRAAG 3.1 tot TWEE desimale plekke af.

5.         Toon ALLE berekeninge.

6.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.         Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou
           antwoord.

8.         Skryf netjies en leesbaar.

9.         Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in
           te deel.

                                                                                      TYD
AFDELING                          ONDERWERP                           PUNTE
                                                                                    (minute)

      A          Kortvrae                                                40             20

                 Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse
      B                                                                  50             50
                 Valuta-verhandeling

                 Toeristebesienswaardighede; Kultuur- en
      C                                                                  50             50
                 Erfenistoerisme; Bemarking

                 Toerismesektore; Volhoubare en
      D                                                                  30             30
                 Verantwoordelike Toerisme

                 Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme;
      E                                                                  30             30
                 Kommunikasie en Kliëntediens

                                                         TOTAAL         200            180

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      3                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING A: KORTVRAE

VRAAG 1

1.1        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
           Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
           (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D.

           1.1.1      'n Onlangse Covid-19-vereiste vir internasionale reise:

                      A   Visumaansoek
                      B   Bewys van inenting
                      C   Cholerasertifikaat
                      D   Internasionale rybewys

           1.1.2      Me. Jones het juweliersware ter waarde van R50 000 tydens 'n
                      onlangse oorsese reis gekoop. Met haar aankoms by die Suid-
                      Afrikaanse doeane, sal hierdie aankope val onder ...

                      A   items wat verklaar moet word.
                      B   items wat nie verklaar moet word nie.
                      C   belastingvrye toelae.
                      D   verbode goedere.

           1.1.3      Sydney (+10) is … uur voor Johannesburg (+2).

                      A   0
                      B   9
                      C   8
                      D   6

           1.1.4      Vluguitputting is 'n reisverwante toestand wat deur reis …
                      veroorsaak word.

                      A   oor baie tydsones
                      B   op 'n langafstandvlug
                      C   op ongewone tye van die dag
                      D   slegs in die nag

           1.1.5      Die bankverkoopkoers is altyd … die bankaankoopkoers.

                      A   laer as
                      B   hoër as
                      C   gelyk aan
                      D   dubbel

           1.1.6     Die bekende muur in Israel wat vir gebede en belydenisse gebruik
                     word:

                     A    Berlynse Muur
                     B    Suidelike Muur
                     C    Klaagmuur
                     D    Oostelike Muur

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       4                        DBE/November 2022
                                              NSS

           1.1.7      Petra is in hierdie Midde-Oosterse land geleë:

                      A   Israel
                      B   Jordanië
                      C   Libanon
                      D   Turkye

           1.1.8      Die Switserse Alpe staan as ... bekend

                      A   'n heilige bergreeks vir plaaslike inwoners
                      B   'n bergreeks in Nepal
                      C   'n bergreeks wat gewild is vir skivakansies
                      D   die hoogste bergreeks in die wêreld

           1.1.9      Die Vredefortkoepel en iSimangaliso Vleilandpark het die volgende
                      in gemeen:

                      A   Beide is in KwaZulu-Natal geleë.
                      B   Beide is natuurlike terreine.
                      C   Beide is kulturele terreine.
                      D   Beide is in Noordwes geleë.

           1.1.10     Die huidige handelsmerk van Suid-Afrika:

                      A                                  B

                      C                                  D

                                                          Inspirerende nuwe maniere

           1.1.11     Riglyne wat uniforms en ander kledingstukke wat tydens werksure
                      gedra moet word, reguleer:

                      A   Kleredragkode
                      B   Mediabeleid
                      C   Verpakkingsbeleid
                      D   Valutakode

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        5                           DBE/November 2022
                                               NSS

           1.1.12     'n Basiese diensvoorwaarde wat by 'n dienskontrak ingesluit is:
                      A   Finansiële uitdagings
                      B   Produkverpakking
                      C   Name van besighede
                      D   Kernpligte
           1.1.13     Baie verantwoordelike toerismebesighede verbind hulleself tot 'n
                      belofte wat ...
                      A   die negatiewe uitwerking van misdaad sal maksimaliseer.
                      B   die voordele van toeristebesoeke sal laat afneem.
                      C   wildstroping in 'n beskermde gebied sal laat toeneem.
                      D   die uitwerking op die omgewing sal minimaliseer.
           1.1.14     Lugdienspersoneel ontvang vliegkaartjies teen 'n afslagprys
                      as 'n ...
                      A   reisvoordeel.
                      B   stedelike legende.
                      C   geheime kliënt.
                      D   doeanevereiste.
           1.1.15     'n Volhoubare praktyk wanneer 'n lodge in 'n omgewings-
                      sensitiewe area gebou word:
                      A   Bome word afgekap om die lodge te bou.
                      B   Bakstene word uit die buiteland ingevoer.
                      C   Groot areas word skoongemaak om die lodge te bou.
                      D   Wandelpaaie van hout word om bestaande bome gebou.
           1.1.16     Die G20 (Groep van Twintig)-byeenkoms wat in November 2022 in
                      Bali, Indonesië, gehou is, is 'n voorbeeld van 'n …
                      A   wêreldberaad.
                      B   plaaslike gebeurtenis.
                      C   politieke situasie.
                      D   onvoorsiene gebeurtenis.
           1.1.17     … is nie 'n veilige betalingsopsie wanneer internasionaal gereis
                      word nie.
                      A   'n Diners Klub-debietkaart
                      B   'n EFO ('EFT') elektroniese betalingskaart
                      C   Om groot bedrae kontant by jou te dra
                      D   'n Voorafgelaaide buitelandsevaluta-debietkaart
           1.1.18     'n Voorbeeld van 'n politieke situasie wat 'n invloed op toerisme
                      kan hê:
                      A   Siektes
                      B   Aardbewings
                      C   Tsoenamies
                      D   Burgeroorloë

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      6                          DBE/November 2022
                                             NSS

           1.1.19     Die Cape Town Cycle Tour, een van die wêreld se grootste fiets-
                      tydrenne, is 'n voorbeeld van 'n ... gebeurtenis.
                      A   godsdienstige
                      B   wêreld-
                      C   handels-
                      D   beraad
           1.1.20     Die Covid-19-pandemie is 'n voorbeeld van 'n …
                      A   politieke situasie.
                      B   natuurlike ramp.
                      C   onvoorsiene gebeurtenis.
                      D   terreuraanval.                                          (20 x 1)       (20)
1.2        Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings deur 'n
           woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
           vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6
           bankaankoopkoers.

             fisiese voorkoms van die besigheid; naamborde; bevorder integriteit;
                 sosiale byeenkoms van die werkers; maatskappyskryfbehoeftes;
                                uniformtoelaes; selfversorging

           1.2.1      Papier en penne met die hotelhandelsmerk wat die beeld van die
                      hotel verbeter
           1.2.2      Netheid van die reisagentskap en die omliggende tuine
           1.2.3      Aanvaarbare haarstyl en kort naels vir manlike werknemers
           1.2.4      Die waarde van 'n gedragskode vir toeristegidse
           1.2.5      Lugrederye wat tot die koste van die kajuitbemanning se
                      werksklere bydra                                  (5 x 1)                  (5)
1.3        Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs
           die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
           ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort.
           1.3.1      'n Voorbeeld van herwinning is die (herbesoek/hergebruik) van
                      plastiekkratte waarin groente aan 'n restaurant gelewer word.
           1.3.2      Om energie-doeltreffende gloeilampe in 'n museum te gebruik, is 'n
                      voorbeeld van volhoubare (bestuur van bronne/bewaring van
                      artifakte).
           1.3.3      Die verwydering van (indringerplante/inheemse diere) is voordelig
                      vir die natuurlike omgewing.
           1.3.4      'n Toerismebesigheid wat (gryswater/seewater) vir          tuinbou-
                      doeleindes gebruik, sal omgewingsbewuste toeriste lok
           1.3.5      'n  Verantwoordelike   toeris  sal   'n   billike  prys   vir
                      (massavervaardigde/handgemaakte) aandenkings betaal. (5 x 1)               (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        7                          DBE/November 2022
                                               NSS

1.4        Kies 'n bestemming uit KOLOM B wat by 'n wêreldwye natuurramp in
           KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers
           (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G.

                                KOLOM A                                KOLOM B
           1.4.1     Baie toeriste moes in 2022 hulle          A   Filippyne
                     vakansie na hierdie Suid-Afrikaanse
                     kusprovinsie as gevolg van erge           B   Madagaskar
                     oorstromings kanselleer
                                                               C   Ecuador
           1.4.2     Die Januarie 2021-modderstortings
                     het ernstige skade en ontwrigting in      D   KwaZulu-Natal
                     hierdie Suider-Afrikaanse buurland
                     aangerig                                  E   Texas

           1.4.3     Tropiese storm Megi het in April 2022     F   Eswatini
                     ernstige skade in hierdie Suidoos-
                     Asiatiese land aangerig

           1.4.4     Sikloon Emnati het in Februarie 2022
                     verwoesting op hierdie Indiese
                     Oseaan-eiland gesaai

           1.4.5     Vlugte is as gevolg van as-uitbarstings
                     vanaf die Wolf-vulkaan in hierdie
                     Suid-Amerikaanse land vertraag
                                                                                     (5 x 1)       (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        8                           DBE/November 2022
                                               NSS

1.5        'n Toeris wat belangstel in Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine wil graag
           terrein A, B, C, D en E op die kaart hieronder getoon, besoek. Die toer begin
           by A en eindig by E.
           .
           Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         SUID-AFRIKA SE WÊRELDERFENISTERREINE
                                   ONTDEK ONS SKATTE

                                                                           [Bron: Eie skepping]

           Identifiseer die Wêrelderfenisterreine wat in VRAAG 1.5.1 tot 1.5.5 hieronder
           beskryf word.
           Skryf slegs die naam van die Wêrelderfenisterrein langs die vraagnommers
           (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.5.6 Vredefortkoepel.
           1.5.1      Wêrelderfenisterrein A word met die goue renoster verbind.
           1.5.2      Wêrelderfenisterrein B stel toeriste aan antieke berglandskappe in
                      Mpumalanga bekend.
           1.5.3      Wêrelderfenisterrein C    is   Suid-Afrika   se   enigste     gemengde
                      Wêrelderfenisterrein.
           1.5.4      Wêrelderfenisterrein D toon bewyse van die oorsprong van die
                      mens.
           1.5.5      'n    Voormalige       Suid-Afrikaanse        president         is        by
                      Wêrelderfenisterrein E gevange gehou.                                (5 x 1)     (5)
                                                                   TOTAAL AFDELING A:                  40

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      9                            DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING B:          KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSEVALUTA-
                     VERHANDELING
VRAAG 2
2.1        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
                           FILAN-TOERISME: 'N GROEIENDE NEIGING
           Mnr. Murdock kom van Kanada. Hy is 'n filantroop* en reis na bestemmings
           wat toerisme-ontwikkeling benodig. Hy het na die vloedgeteisterde areas in
           KwaZulu-Natal gereis om te help met die herbou van die beskadigde
           toerisme-infrastruktuur.
           Hy volg die groeiende filan-toerisme-neiging, 'n nuwe term wat 'n kombinasie
           van die woorde 'filantropie' en 'toerisme' is. Die doel van filan-toerisme is om
           na bestemmings te reis om 'n positiewe invloed op beide die plaaslike
           gemeenskap en die omgewing te hê.
           In KwaZulu-Natal het hy by plaaslike B&O'e tuisgegaan en openbare vervoer
           gebruik.
           *Filantroop: 'n persoon wat vir die gemeenskap omgee deur met projekte te
           help en finansiële bydraes te maak

                                                            [Aangepas uit www.malaymail.com]

           2.1.1      Noem EEN manier, in die uittreksel hierbo, waarop mnr. Murdock
                      by filan-toerisme betrokke is.                                               (2)
           2.1.2      Kanadese toeriste het nie 'n visum nodig wanneer hulle na
                      Suid-Afrika reis nie.
                      Noem die verpligte reisdokument wat mnr. Murdock sal benodig
                      om Suid-Afrika binne te kom                                                  (2)
           2.1.3      Daar kan van mnr. Murdock vereis word om bewys van 'n
                      Covid-19-inenting te toon.
                      Noem die wêreldorganisasie wat vir die regulering van die
                      Covid-19-inentings verantwoordelik is.                                       (2)
           2.1.4      Beveel EEN gesondheidsvoorsorgmaatreël vir mnr. Murdock aan
                      wanneer hy die vloedgeteisterde area besoek.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                               10                     DBE/November 2022
                                      NSS

2.2        Bestudeer die Wêreldtydsonekaart en die reisprogram hieronder en
           beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       Vancouver

                                                                            Frankfurt

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      11                         DBE/November 2022
                                             NSS

                            MNR. MURDOCK SE REISPROGRAM
           Daar is geen direkte vlugte vanaf Vancouver, Kanada, na Johannesburg,
           Suid-Afrika nie.

           Mnr. Murdock moes vanaf Vancouver Internasionale Lughawe na Frankfurt in
           Duitsland vlieg om 'n aansluitingsvlug na Suid-Afrika te haal.

            Die vlug het om 18:00 op Saterdag vanaf Vancouver Internasionale
             Lughawe vertrek.
            Die ononderbroke ('nonstop') vlug het 9 uur geduur.
            Hy was in transito op Frankfurt Internasionale Lughawe in Duitsland totdat
             sy vlug om 16:00 op Sondag na Suid-Afrika vertrek het.
            Die duur van die vlug na Suid-Afrika was 11 uur.

           LET WEL: Kanada en Duitsland het nie DBT ten tye van mnr. Murdock se
                    reis toegepas nie.

           2.2.1      Verduidelik die term aansluitingsvlug.                                    (2)
           2.2.2      Bereken die tyd en dag in Frankfurt toe mnr. Murdock vanaf
                      Vancouver Internasionale Lughawe vertrek het.

                      Toon ALLE berekeninge.                                                    (4)
           2.2.3      Mnr. Murdock het om 12:00 op Sondag op die Frankfurt
                      Internasionale Lughawe aangekom.

                      Bereken hoe lank hy in transito was voordat sy vlug na Suid-Afrika
                      vertrek het.                                                              (2)
           2.2.4      Bereken die tyd en dag wat mnr. Murdock in Johannesburg
                      aangekom het.

                      Toon ALLE berekeninge.                                                    (5)

2.3        Nadat hy op OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom het, het
           mnr. Murdock na paspoortbeheer gegaan. Daarna het hy sy bagasie gekry en
           deur doeane beweeg.

           2.3.1      Kies die doeanekanaal waardeur mnr. Murdock moes beweeg na
                      sy aankoms op OR Tambo Internasionale Lughawe.                            (2)
           2.3.2      Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                             (2)
           2.3.3      Mnr. Murdock het vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe na
                      King Shaka Internasionale Lughawe gevlieg. Met sy aankoms op
                      King Shaka Internasionale Lughawe in Durban, het mnr. Murdock
                      vervoer vanaf die lughawe na die B&O benodig. Daar is baie
                      vervoerdiensteverskaffers wat by die lughawe sake doen.
                      Gee mnr. Murdock raad oor TWEE veiligheidsoorwegings voordat
                      hy 'n vervoerverskaffer kies.                                             (4)
                                                                                                [29]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      12                          DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 3

3.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              TENNISDROOM WORD BEWAARHEID!
           Mev. Murray, 'n tennis-entoesias, het
           vanaf Suid-Afrika na Londen gevlieg om
           na Wimbledon, die beroemdste tennis-
           toernooi in die wêreld, te kyk. Sy het vier
           dae in Londen deurgebring.

           Koste van die reis:
            Ononderbroke ('non-stop') retoervlug
              na Londen: R13 000
            Visumkoste: R2 950
            Reisversekering: R1 456
            Wimbledonpakket: R37 850
              (akkommodasie, etes en
              Wimbledonkaartjies ingesluit)                        [Bron: www.wikipedia.org]

           Sy het 'n totale begroting van R75 000.

                                BUITELANDSE WISSELKOERSE
                                    Rand per geldeenheid
           LAND/STREEK           VALUTA-           BANK       BANK
                                  KODE       AANKOOPKOERS VERKOOPKOERS
                                                   (BAK)      (BVK)
              Brittanje            GBP             19,23      20,42
              Europa               EUR             16,75      17,22

           3.1.1      Noem die geldeenheid wat mev. Murray vir haar reis na Londen
                      benodig het.                                                                (2)

           3.1.2      Bereken die totale koste in Suid-Afrikaanse rand van mev. Murray
                      se reis na Wimbledon.                                                       (2)

           3.1.3      Verwys na die bedrag in VRAAG 3.1.2 en na haar totale begroting
                      vir die reis.

                      Bereken die bedrag in rand wat sy beskikbaar gehad het om in
                      Londen te spandeer.                                                         (2)

           3.1.4      Mev. Murray het tydens haar besoek aan Londen genoeg geld
                      gehad om te spandeer.

                      Stem jy saam met die stelling hierbo? Gee TWEE redes vir jou
                      antwoord.                                                                   (4)

           3.1.5      Skakel die totale koste van die reis in VRAAG 3.1.2 om na die
                      geldeenheid wat in Londen gebruik word.                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     13                         DBE/November 2022
                                            NSS

3.2        Bestudeer die inligting en tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat
           volg.

                                        VALUTA-KRISIS

           Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne en die voortslepende
           Covid-19-pandemie het skommelings in buitelandse geldeenhede tot gevolg
           gehad en sukkel om stabiliteit te herwin.

           Die uitwerking van hierdie wêreldgebeure, asook die plaaslike vloede in
           KwaZulu-Natal, het 'n negatiewe invloed op die Suid-Afrikaanse rand gehad.

                                                            [Bron: www.miningweekly.com]

           3.2.1      Verduidelik die term skommeling.                                         (2)

           3.2.2      Die invloed van die oorlog tussen Rusland en Oekraïne, die
                      voortslepende Covid-19-pandemie en die vloede in KwaZulu-Natal
                      het 'n negatiewe invloed op die waarde van die Suid-Afrikaanse
                      rand gehad.

                      Bespreek in 'n paragraaf die invloed van 'n swak rand op die
                      toerismebedryf in Suid-Afrika.

                      Jou paragraaf moet fokus op:

                       EEN invloed van die swak rand op inkomende toerisme                    (2)
                       TWEE invloede op die vermenigvuldigereffek in Suid-Afrika              (4)
                                                                                               [21]

                                                              TOTAAL AFDELING B:               50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                       14                         DBE/November 2022
                                              NSS

AFDELING C:          TOERISTEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS-
                     TOERISME; BEMARKING

VRAAG 4

4.1        Bestudeer die ikone hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           WÊRELDIKONE
                       A                        B                           C

                       D                            E                       F

           4.1.1      Identifiseer ikone A tot F in die prente hierbo.

                      Skryf slegs die naam van die ikoon langs die letter in die
                      ANTWOORDEBOEK, bv. G Groot Muur van China.                                 (6)

           4.1.2      Verduidelik die verskil tussen 'n ikoon en 'n besienswaardigheid.
                                                                                   (2 x 2)       (4)

           4.1.3      Beskryf TWEE unieke kenmerke van ELK van die ikone hieronder:

                      (a)     Ikoon B                                                            (4)

                      (b)     Ikoon D                                                            (4)

           4.1.4      Bespreek in 'n paragraaf waarom ikoon E beskou word as die
                      ikoon wat die meeste in Frankryk besoek word.

                      Jou paragraaf moet die volgende insluit:

                       EEN unieke kenmerk van hierdie ikoon
                       EEN ekonomiese voordeel vir Frankryk                       (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      15                          DBE/November 2022
                                             NSS

4.2        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       FANTASTIESE FUJI

                       Kaart van die staproetes na en van die kruin van Fuji

           Toerisme is voordelig vir die gemeenskappe wat rondom Fuji geleë is. Daar is
           egter ook baie uitdagings wat deur die toestroming van toeriste en die hoë
           besoedelingsvlakke as gevolg van rommelstrooiing veroorsaak word.
                                                                [Aangepas uit www.mdpi.com]

           4.2.1      Noem die land waar Fuji geleë is.                                          (2)

           4.2.2      Noem EEN negatiewe invloed wat massa-toerisme (oor-toerisme)
                      op Fuji het.                                                               (2)

           4.2.3      Stel TWEE volhoubare en verantwoordelike praktyke voor wat
                      beter bestuur van Fuji tot gevolg sal hê.                                  (4)
                                                                                                 [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      16                             DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 5

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                JUWELE VAN DIE NOORD-KAAP

                                       A

                                       B

                                                         [Aangepas uit www.roomsforafrica.com]

5.1        Identifiseer Wêrelderfenisterreine A en B in die prente hierbo.                          (4)

5.2        Die San- en die Namamense word met Wêrelderfenisterreine A en B verbind
           (gekoppel aan).

           5.2.1      Gee EEN rede waarom dit belangrik is om die kultuur van die San-
                      en die Namamense te beskerm.                                                  (2)

           5.2.2      Verduidelik EEN manier waarop die Sanmense hulle kultuur aan
                      besoekers aan die area bekendstel.                                            (2)

5.3        Bespreek EEN manier waarop die provinsie voordeel trek uit die
           Wêrelderfenisterreine wat in VRAAG 5.1 geïdentifiseer is.                                (2)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      17                        DBE/November 2022
                                             NSS

VRAAG 6

Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             AFRIKA SE REISINDABA 2022

                                                                  AFRIKA
                                                                    SE
                                                                REISINDABA

                                                                 [Bron: www.theevent.co.za]

6.1        Gee die definisie van 'n reis-handelskou.                                            (2)

6.2        SAToerisme gebruik Afrika se Reisindaba om Suid-Afrika nasionaal en
           internasionaal te bemark.

           Noem EEN ander reis-handelskou wat in Suid-Afrika gehou word.                        (2)

6.3        Verduidelik die DRIE stappe waarop die 1%-heffing, wat van toerisme-
           besighede ingesamel word, gebruik word om SA te bemark.                              (6)
                                                                                                [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:              50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      18                           DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING D:          TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE
                     TOERISME

VRAAG 7

7.1        Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 KAMER MET 'N BETER UITSIG
                           Instagram-plasing en reaksie van die hotel
                        Mike Mudau @MikeMudau · 25 Jun 2022
                        Die binnekant van my kamer by die Tango Hotel is regtig mooi,
                        maar daar is geen uitsig nie.

                            1                             5

                        Tango Hotels @TangoHotelsLtd · 25 Jun 2022
                        @MikeMudau Ek is bly jy hou van jou kamer! By watter Tango
                        Hotel gaan jy tuis? Ek kan jou dalk na 'n kamer met 'n uitsig
                        skuif. :D DJ

                            1                             5

                        Mike Mudau @MikeMudau · 25 Jun 2022
                        @TangoHotelsLtd Ek is by die Tango Vancouver Suites, maar
                        ek vertrek môreoggend.

                            1                             5

                        Tango Hotels @TangoHotelsLtd · 25 Jun 2022
                        @MikeMudau Kan jy my DM ('direct message') sodat ek vir jou
                        'n paar wenke vir jou volgende bespreking kan gee? :D DJ

                            1                             5         Volg

           Mnr. Mudau het 'n plasing op Instagram oor sy kamer sonder 'n uitsig
           gemaak. Hy het nie die hotel daarby ingesluit ('tag', in kennis gestel/ingelig)
           nie. Tango Hotelle monitor hulle sosialemedia-platforms baie noukeurig en
           het binne 'n uur op mnr. Mudau se Instagram-plasing gereageer. Hulle het
           mnr. Mudau na 'n beter kamer geskuif, waar hy met sjokolade en 'n nota met
           'n verskoning verras is.

                                                              [Aangepas uit www.zendesk.com]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                        19                          DBE/November 2022
                                               NSS

           7.1.1       Daar is verskeie faktore wat tot die professionele beeld van 'n
                       toerismebesigheid bydra.

                       Identifiseer EEN voorbeeld van professionele optrede deur die
                       personeel van Tango Hotelle.                                                 (2)

           7.1.2       Afgesien van die beeld van die personeel, identifiseer TWEE
                       aspekte op die Instagram-plasing wat op die professionele beeld
                       van die hotel dui.                                                           (4)

7.2        Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  ROYAL TOERISMEDIENSTE
                                     Billike Arbeidspraktyke
           Om hulle werknemers billik te behandel, implementeer                        Royal
           Toerismedienste die vereiste diensvoorwaardes.

                       Alle                     Alle                  Aftrekkings
                   werknemers              werknemers                word volgens
                   het regtens             word 'n billike           regsvereistes
                    bindende                salaris/loon               gemaak.
                    kontrakte.                betaal.

                   Werksure en                                       Werknemers
                                              Werknemers
                      oortyd                                          het toegang
                                              kry etenstye
                   voldoen aan                                        tot die Wet
                                               gedurende
                     die wet.                                         op Basiese
                                               werksure.
                                                                        Diens-
                                                                     voorwaardes.
                                                                            .

                                                                            [Bron: Eie skepping]

           7.2.1       Verduidelik TWEE diensvoorwaardes wat met die betaling van
                       personeel verband hou.                                                       (4)

           7.2.2       Verduidelik die verskil tussen werksure en oortyd.                           (4)
                                                                                                    [14]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     20                           DBE/November 2022
                                            NSS

VRAAG 8

Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                FAIR TRADE TOURISM  KRITERIA VIR TOERISMEBESIGHEDE

              Maatskaplike ontwikkelingsprojekte, bv. infrastruktuur, onderwys,
               kapasiteitsbou, gesondheid, sanitasie en klimaatsverandering word
               ondersteun.

            Plaaslike gemeenskappe vind ekonomies baat by werkskepping.

            Geleenthede word vir gaste geskep om tot sosio-ekonomiese ontwikkeling
             by te dra.

            Besighede koop goedere en dienste by plaaslike verskaffers en ander Fair
             Trade-maatskappye aan.

            Om besigheid in die area te doen, het nie 'n negatiewe invloed op die
             plaaslike gemeenskap nie.
                                                       [Aangepas uit www.fairtradetourism.org]

8.1        Gee TWEE voorbeelde van hoe Fair Trade Tourism-besighede by sosiale
           ontwikkelingsprojekte betrokke is.                                                     (4)

8.2        Behalwe vir die maatskaplike pilaar, identifiseer TWEE pilare van volhoubare
           toerisme in die Fair Trade Tourism-kriteria.                                           (4)

8.3        Verduidelik TWEE maniere waarop 'n gesertifiseerde Fair Trade Tourism-
           besigheid tot die plaaslike ekonomie bydra.                                            (4)

8.4        Gee TWEE redes hoe die frase 'Gaan tuis waar die geld wat jy spandeer,
           regtig tel', verantwoordelike toerismepraktyke in Suid-Afrika sal aanmoedig.           (4)
                                                                                                  [16]

                                                                TOTAAL AFDELING D:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                      21                             DBE/November 2022
                                             NSS

AFDELING E:          PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE                      TOERISME;
                     KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS

VRAAG 9

9.1        Bestudeer die koerantartikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       VERAFGELEË KONFLIK, PLAASLIKE GEVOLGE
                     Hoe die oorlog in Oekraïne 'n invloed op Suid-Afrika se
                                      toerismebedryf sal hê

           Russel Morena: 16 Maart 2022

           Die konflik tussen Rusland en Oekraïne lyk dalk ver weg. Dit hou egter
           ernstige gevolge vir Suid-Afrika en die land se toerismebedryf in.

           Stygings in die prys van ru-olie sal hoër brandstofpryse tot gevolg hê vir
           Suid-Afrikaners met besighede wat goedere aflewer en mense vervoer.

           Rusland en Oekraïne is albei belangrike koringprodusente. Hulle verskaf 'n
           derde van Suid-Afrika se koring, 'n hoofbestanddeel vir die bak van brood.
           Die internasionale koringprys het as gevolg van beperkte voorraad gestyg.
                                                       [Aangepas uit City Press, 16 Maart 2022]

           9.1.1      Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word:

                      Rusland en Oekraïne is albei in die (Noordelike/Suidelike) Halfrond
                      geleë.                                                                        (2)

           9.1.2      Identifiseer, uit die uittreksel, TWEE invloede wat die oorlog tussen
                      Rusland en Oekraïne op Suid-Afrika het.                                       (4)

           9.1.3      Die invloede wat in VRAAG 9.1.2 geïdentifiseer is, sal inkomende
                      internasionale toeriste na Suid-Afrika verder verontrief.

                      Bespreek DRIE maniere waarop die reisbehoeftes van inkomende
                      internasionale toeriste tydens hulle verblyf in Suid-Afrika negatief
                      geraak sal word.                                             (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                     22                             DBE/November 2022
                                            NSS

9.2        Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       PROVINSIALE GEDEELTE VAN INTERNASIONALE
                              TOERISTE-AANKOMSTE IN 2020

                                       [Bron: SAToerisme Jaarverslag 2020, gepubliseer in 2021]

           9.2.1      Rangskik die DRIE provinsies wat die meeste internasionale
                      besoekers na Suid-Afrika ontvang het van die meeste tot die
                      minste.                                                                       (6)

           9.2.2      Die twee provinsies wat die minste besoeke ontvang het, was
                      Noordwes (1,1%) en die Noord-Kaap (0,1%).

                      Gee EEN rede vir die lae internasionale besoekersgetalle aan
                      hierdie provinsies.                                                           (2)
                                                                                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Toerisme                                             23                         DBE/November 2022
                                                    NSS

VRAAG 10

Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   UITSLAE VAN KLIËNTE-TEVREDENHEIDOPNAME
                         VIR THE BLUE FISH RESTAURANT

  Ontvang rekening sonder om lank te wag                  24%
                         Waarde-vir-geld-ete
                       Waarde-vir-geld   ete                                    82%
                         Die kos was heerlik                                      85%
                 Kos is aantreklik voorgesit                                        90%
           Aanvaarbare wagtyd vir die kos                                         85%
  Spyskaart bied n verskeidenheid geregte                                     75%
 Kelners het goeie kennis van die spyskaart               22%
 Personeel was vriendelik en professioneel                     38%
  Restaurant was skoon en goed onderhou                     30%
          Warm verwelkoming by aankoms                    25%
                                               0% 10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90%100%

                                                                               [Bron: Eie skepping]

10.1       Gee EEN rede waarom die eienaar van The Blue Fish restaurant dit nodig
           gevind het om die opname hierbo te laat doen.                                              (2)

10.2       Die eienaar van The Blue Fish restaurant het 'n kontant-aansporing vir sy
           personeel ingestel as teken van sy waardering vir goeie werk.

           Verwys na die uitslae van die opname en identifiseer die personeel wat die
           kontantaansporing moet ontvang.                                                            (2

10.3       Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 10.2.                                             (4)

10.4       Stel EEN strategie voor wat by die eienaar se aksieplan ingesluit kan word,
           wat tot 'n toename in besoekergetalle en winsgewendheid vir die restaurant
           sal lei.                                                                                   (2)
                                                                                                      [10]

                                                                       TOTAAL AFDELING E:             30
                                                                           GROOTTOTAAL:               200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [TOURISM GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2022-afrikaans/88426a9b-1a13-441e-a8a0-9404d0236ac1) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2022-english/afc69060-b96e-4191-89f5-9b7fdaad8637) — Tourism · QP · 2022 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2022 English Deaf](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2022-english-deaf/01114150-b841-466b-8c94-0b9f07142882) — Tourism · QP · 2022 · Eng
- [Gr12 Tourism (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-afrikaans-sep-2022-question-paper/6e37ff57-107b-4678-874c-5c00ec48c4bb) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Tourism (English) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-tourism-english-sep-2022-question-paper/c78344a1-f735-4c05-88fe-77cdd40c4c8c) — Tourism · QP · 2022 · Eng
- [Tourism May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2022-afr/a0347674-b4e7-4ed0-844e-ff6dc0f7c919) — Tourism · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
