# Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Tourism question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/trsm-s12-qp-afr/f03a75a5-b6ca-432d-9334-1082c080bccb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Tourism
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Tourism](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/tourism) › [Tourism Grade 12 Eastern Cape Mock 2012 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/trsm-s12-qp-afr/f03a75a5-b6ca-432d-9334-1082c080bccb)

## About this document

Tourism · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                             TOERISME

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                             *TRSMDM*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     TOERISME                              (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings.

2.    AL die vrae in AFDELING A, B, C, D en E is VERPLIGTEND.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.    Die volgende tabel is ŉ riglyn om jou tyd volgens elke afdeling in te deel.

      AFDELING A      Kortvrae                              40 punte    20 minute
                      Toerisme as ŉ Ineengeskakelde
      AFDELING B                                            40 punte    40 minute
                      stelsel.
                      Volhoubare en Verantwoordelike
      AFDELING C                                            40 punte    40 minute
                      Toerisme
                      Toerisme-aardrykskunde,
      AFDELING D                                            50 punte    50 minute
                      Aantreklikhede en Reisneigings
      AFDELING E      Kliëntediens en Kommunikasie          30 punte    30 minute

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                          TOERISME                                   3

 AFDELING A: KORTVRAE

 VRAAG 1

 1.1    In elk van die volgende vrae word vier opsies as moontlike antwoorde
        gegee. Kies die antwoord en skryf die letter (A – D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 – 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer.
        Bv. 1.1.21 D

        1.1.1      Toerisme is belangrik, want dit is …

                   A    arbeidsintensief.
                   B    die grootste werkskepper.
                   C    ŉ finale produk.
                   D    al die bogenoemde.

        1.1.2      Die … mense word beskou en erken as die inheemse inwoners
                   van die sub-kontinent. Hierdie groep mense verteenwoordig die
                   essensie van Suider-Afrika se diep verlede.

                   A    Ndebele
                   B    Xhosa
                   C    San
                   D    Zulu

        1.1.3      … verwys na die kode om vriendelik oor die telefoon te praat om
                   ŉ professionele, vriendelike en hulpvaardige beeld van die
                   werkplek oor te dra.

                   A    Telefoon etiket
                   B    Stereotipe
                   C    Verbale kommunikasie
                   D    Luister

        1.1.4      Die land wat die IRR Rugby Wêreldbeker in 2011 aangebied het:

                   A    Nieu-Seeland
                   B    Australië
                   C    Wallis
                   D    Ierland

        1.1.5      Onderneem in Oktober 2011 om te verseker dat alle Suid-
                   Afrikaners getel word om te verseker dat dienste gelewer kan
                   word met behoorlike beplanning:

                   A    Plaaslike regeringsverkiesings
                   B    Sensus 2011
                   C    Tel 2011
                   D    Geeneen van die bogenoemde

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  TOERISME                             (SEPTEMBER 2012)

    1.1.6   Die plaaslike lugredery was onlangs geloods om passasiers
            tussen Johannesburg en Bhisho te vervoer:

            A    NAPTOSA
            B    SAA
            C    SANTACO
            D    MANGO

    1.1.7   … is Suid-Afrika se nasionale voël.

            A    Die Peregrine Falcon
            B    Die Egiptiese gans
            C    Die Blou kraanvoël
            D    Die Arend

    1.1.8   Hierdie marksegment van die “Binnelandse Toerisme
            Groeistrategie” word gebruik om binnelandse toerisme in Suid-
            Afrika te bevorder:

            A    Geen-inkomste gesinne
            B    Ouer opkomende sakemanne
            C    BATS
            D    Goue ouer paartjies

    1.1.9   Die doel van die Ramsar-konvensie is om …

            A    geslagsgelykheid te bevorder.
            B    die wyse gebruik van alle vleilande deur plaaslike, streeks,
                 nasionale en internasionale samewerking te bevorder.
            C    MIV/Vigs te bestry.
            D    globale uitlating van kweekhuisgasse te verminder.

    1.1.10 Die hoofdoel van hierdie jaarlikse toekennings is om mededinging
           in dienslewering in die Suid-Afrikaanse toerismebedryf uit te bou:

            A    Imvelo-toekennings
            B    Welcome-toekenings
            C    ETEYA Toekennings
            D    Blou vlag-toekennings

    1.1.11 Die doel van die Kyoto-protokol was om …

            A    geslagsgelykheid te bevorder.
            B    armoede te verminder.
            C    MIV/Vigs te bestry.
            D    globale uitlating van kweekhuisgasse te verminder.

    1.1.12 Indien ŉ reisiger 15° links van GMT beweeg, sal hy/sy … reis.

            A    ooswaarts
            B    weswaarts
            C    noordwaarts
            D    suidwaarts

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                           TOERISME                                 5

        1.1.13 Lande wat hul horlosies een uur vooruit stel in verhouding met hul
               plaaslike tyd, sal … beoefen.

                   A   universele tyd
                   B   primêre tyd
                   C   sentrale Afrikaanse tyd
                   D   daglig-besparingstyd

        1.1.14 In spanwerk is die persoon wat sal verseker dat een persoon nie
               die groep domineer nie en verseker dat sperdatums nagekom
               word, bekend as die …

                   A   inisiator (inisieerder).
                   B   gatekeeper (hekwagter).
                   C   clarifier (uitklaarder).
                   D   encourager (motiveerder).

        1.1.15 Die term wat gebruik word om toeriste te beskryf wat ŉ land
               besoek vir kulturele ervarings, maar nie vir natuurlike ervarings
               nie, staan bekend as …

                   A   ethnotourism (etnotoerisme).
                   B   ekotoerisme.
                   C   avontuurtoerisme.
                   D   binnelandse-toerisme.

        1.1.16 Die internasionale organisasie wat verantwoordelik is vir die
               insameling van toerisme statistieke wêreldwyd is die …

                   A   Verenigde Nasies Wêreld Toerisme-organisasie (UNWTO).
                   B   Afrika-unie (AU).
                   C   Wêreld Gesondheidsorganisasie (WHO).
                   D   Suider-Afrikaanse Toerisme Diens Assosiasie (SATSA).

        1.1.17 … is die manier om kommentaar, voorstelle en klagtes van ŉ
               verskeidenheid inligtingsbronne te kollekteer om bestuursbesluite
               te beïnvloed:

                   A   Opdrag
                   B   Terugvoering
                   C   Markverkope
                   D   Standaardstelling

        1.1.18 ŉ Vorm van geskrewe kommunikasie wat gebruik word om ŉ kort
               boodskap tussen werkers in dieselfde organisasie oor te dra:

                   A   Verslag
                   B   Faks
                   C   Besigheidsbrief
                   D   Memorandum

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      TOERISME                              (SEPTEMBER 2012)

      1.1.19 Hierdie studie word uitgevoer voordat toerisme ontwikkeling kan
             plaasvind om die impak daarvan op die omgewing te evalueer:

              A     Omgewingsbestuurstelsel
              B     Geografiese Inligtingstelsel
              C     Omgewingsimpak
              D     Omgewingsaangeleenthede

      1.1.20 Buitelandse valuta kan op die volgende maniere verkry word:

              A     Swift-kaart
              B     Telegrafiese oordrag
              C     Money Gram (Bankoordrag)
              D     Al die bogenoemde                                        (20x1)    (20)

1.2   Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
      slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in die
      ANTWOORDEBOEK neer.

      1.2.1   Werks(etnies/etiek) verwys na ŉ werknemer se betrokkenheid in
              die werkplek.

      1.2.2   ŉ (Visa/Paspoort) word deur ŉ persoon se eie land uitgereik.

      1.2.3   Hierdie markte, verwys na as (teiken/nis)-markte, is klein
              gespesialiseerde afdelings van ŉ groter mark, elk met ŉ duidelike
              gedefinieerde eienskap.

      1.2.4   ŉ (Rooster/Reisplan) is ŉ plan wat aandui waarna die toeriste elke
              dag reis en die aktiwiteite waaraan hulle sal deelneem gedurende
              die toer.

      1.2.5   Die (Bankaankoopkoers/Bankverkoopkoers) word gebruik
              wanneer ŉ toeris buitelandse valuta vir ZAR wissel.             (5x1)    (5)

1.3   Ten einde ŉ suksesvolle toer/uitstappie vir ŉ kliënt te beplan, is dit
      belangrik vir die persoon wat die toer beplan om noukeurig en logies te
      werk. Hieronder is ŉ lys van dinge wat gedoen moet word, en soos jy kan
      sien, is dit nie in ŉ logiese en korrekte volgorde nie. Herskryf die stappe in
      ŉ logiese volgorde. Skryf slegs die letter langs die ooreenstemmende
      nommer 1.3.1 – 1.3.5: bv. 1.3.6 E

      1.3.1   A     Stel die reisiger in kennis en oorhandig al die dokumentasie

      1.3.2   B     Besluit op die beste en geskikste klas, reisgeld en
                    kamerprys

      1.3.3   C     Gaan al die kaartjies en dokumentasie na

      1.3.4   D     Bespreek die vliegtuigkaartjie en hotelkamer

      1.3.5   E     Identifiseer die behoeftes van die reisiger               (5x1)    (5)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                      TOERISME                                             7

 1.4    Kies die protokol (regulasies en bepalings) in KOLOM A wat by die
        agentskap in KOLOM B pas. Skryf slegs die letter (A – G) langs die
        vraagnommer (1.4.1 – 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
        Byvoorbeeld: 1.4.6 E

                   KOLOM A            KOLOM B
        1.4.1      Japan         A    Wêreldbeheerraad vir Volhoubare
                                      Ontwikkeling (WSSD)
        1.4.2      Brasilië      B    Montreal-protokol
        1.4.3      Suid-Afrika   C    Kyoto-protokol
        1.4.4      Denemarke     D    VN Stockholm konferensie oor die
                                      menslike omgewing
        1.4.5      Kanada        E    Copenhagen Accord/Kopenhagenakkoord)
                                 F    Berlyndeklarasie (-verklaring)
                                 G    Aardeberaad
                                                                       (5x1)         (5)

 1.5    Bestudeer die onderstaande kentekens (logo’s) en noem die globale
        gebeurtenis wat elkeen verteenwoordig.

                                                           IKR 2011

                            A                                 B

                                                                  IRR 2011

                            C                                 D

                            E                                                (5x1)   (5)

                                                        TOTAAL AFDELING A:           40

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    TOERISME                            (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B: TOERISME AS ŉ INEENGESKAKELDE STELSEL

VRAAG 2

2.1   Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop
      gebaseer is.

                           VAAR DIE SEE (SAILING THE SEAS)
                          Hierdie MARIENE LOODS help om skepe
                          veilig in die hawe te dok

      S
              Y het opgegroei in die klein Oos-Kaapse dorpie, Aliwal-Noord. Sy
              het nooit gedroom dat sy ooit naby die see sal woon nie. Maar
              vandag ken LulamaTsholoba (26) nie net sommige van Suid-
              Afrika se pragtigste kusdorpe en stede nie, maar sy het ook ŉ
              loopbaan vir haarself by die see uitgekap.

      As ŉ mariene loods wat in Saldanhabaai aan die Weskus woon, is
      Lulama se hooftaak om skepe te help vasmeer en om weer die Saldanha-
      hawe veilig te verlaat. “Ek is die skakel tussen die beheerkamer en die
      kaptein wat met die boot die hawe binnevaar.”

      Lama, soos sy bekend staan, sê dit is ŉ veeleisende werk. “Daar is geen
      ruimte vir foute nie. Jy moet elke dag op jou hoede wees.” Maar sy geniet
      die uitdaging. Haar belangstelling in ŉ mariene loopbaan was gestimuleer
      toe sy twee manne in hul onberispelike wit uniforms in Kaapstad sien
      rondloop het. “Hulle het goed gelyk,” sê sy, “en ek het gewonder watter
      soort werk hulle doen. Ek het later uitgevind dat hulle offisiere in die
      seemag was.”

      Kort daarna het sy ŉ loopbaan-uitstalling by die destydse Kaapse
      Technikon bygewoon en ŉ plakkaat gesien wat maritieme studies
      adverteer. Op die plakkaat was mense geklee in die onberispelike wit
      uniforms wat sy onlangs bewonder het. Daar en dan het sy besluit om ŉ
      maritieme loopbaan na te streef.

      “Ek wou iets verskillends doen,” verduidelik Lama. Selfs toe sy gehoor het
      dat die maritieme bedryf mans-georiënteerd was, het dit haar nie
      afgeskrik nie. “Ek hou van ŉ goeie uitdaging,” lag sy. Sy is nou in diens
      van Transnet National Port Authority – die enigste maatskappy in SA wat
      werk vir mariene loodse aanbied. Lama is perfek geskik vir die werk. Sy
      werk 12-uur skofte, een dag aan diens en die ander dag af, en is aan
      diens twee naweke per maand. “Geen dag is dieselfde nie,” sê sy. “My
      dae word deur die weer bepaal. As die see kalm is, is dit maklik om ŉ
      boot te meer, maar as die wind begin om te waai of dit reën, kan dinge ŉ
      bietjie rof raak.” Ongeag die reën, wind of sonskyn gee Lama net haar
      beste en aanvaar sy die uitdaging.
                    Aangepas en vryelik vertaal uit: Drum Magazine Aug 2011

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                           TOERISME                                               9

        2.1.1      Noem die loopbaan wat Lulama vir haar gekies het.                       (1)

        2.1.2      As haar werkgewer, stel DRIE punte voor wat ingesluit kan word
                   as jy ŉ gedragskode vir Lulama sou opstel.                 (3x2)        (6)

        2.1.3      Vind sinne in die uittreksel wat die volgende voorstel:

                   (a)   Lulama se saak handel oor bemagtiging van vroue.                  (2)

                   (b)   Lulama is ŉ skofwerker                                            (2)

        2.1.4      Noem TWEE ander loopbaangeleenthede wat in Lulama se
                   industrie gevind kan word.                                              (2)

 2.2    Twee uittreksels (A en B) word hieronder gegee. Lees dit versigtig en
        beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

                UITTREKSEL A                              UITTREKSEL B
       BELLAGIO BY DIE BLUBIRD               OLIVA KROEG EN RESTAURANT OP
       SENTRUM IN BIRNAM                     OXFORDWEG 178
        Hierdie diens was nie so goed        Dit was relatief stil die Dinsdagaand in
        soos dit moes wees nie.              die eetplek en die twee jong kelners was
        Ons kelner was oud en                vriendelik en vinnig. Hulle het ook
        dooierig, wat veroorsaak het         kraanwater aangedra en nie die
        dat sy diens ook lusteloos en        irriterende opsies van “still of sparkling”
        sonder inspirasie was. As daar       nie, wat veroorsaak dat kliënte verplig
        in aanmerking geneem was             moet voel om gebottelde water te koop.
        dat dit middagete was en die         Sjef Beer was ook op hande, nie net om
        restaurant slegs ŉ derde vol         kos vir ons aan te dra nie, maar ook vir
        was, was ons glad nie                die ander kliënte. Die beste ding omtrent
        beïndruk nie.                        die eetplek is dat dit aan die sjef behoort
        Ons moes vra vir “specials”.         en dat die eienaar op die perseel is en
        Hy het my slaai vergeet en           te alle tye beskikbaar is.
        sommige van die geregte op
        die spyskaart was nie
        beskikbaar nie. Dit was
        irriterend.

        2.2.1      Noem die belangrikste komponent van die toerismebedryf wat in
                   die twee uittreksels bespreek word.                                     (1)

        2.2.2      Kliënte in Restaurant A (Bellagio by die Blubird Sentrum in
                   Birnam) het nie waarde vir hul geld gekry nie. Verskaf bewyse
                   vanuit die uittreksel om die feit te motiveer.              (2x2)       (4)

        2.2.3      Voorspel die impak wat die kliënte-ervaring in Restaurant B (Oliva
                   Kroeg en Restaurant op Oxfordweg 178) vir ons land, Suid-Afrika
                   sal inhou.                                                   (3x2)      (6)

        2.2.4      Noem DRIE ongunstige werksomstandighede vir kelners in
                   restaurante.                                           (3x2)             (6)
                                                                                           [30]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                       TOERISME                           (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3

3.1   Lees die verklaring hieronder en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

                                    VIER SUKSES IN TOERISME

                                         In die verlede was die
                                         meerderheid mense uitgesluit
                                         uit die Toerismebedryf. Dit is
                                         nou belangrik dat hierdie
                                         tendens omgekeer moet word.

                    ŉ Suksesvolle
                    Swart Vrou           Aangepas uit “business partners’
                    van Mthatha          advertisement”

      3.1.1   Noem TWEE maniere hoe hierdie tendens omgekeer kan word.                (2)

      3.1.2   Hieronder is TWEE toerisme-strategieë van die regering wat tans
              in ons land in gebruik is. Verduidelik ELKE strategie en noem
              EEN doelwit van elk.

              (a)   Die Binnelandse Toerisme Groei-strategieë van DvOT
                                                                    (1 + 1x2)         (3)

              (b)   Die Swart Ekonomiese Bemagtings-(BEE)Handves (1 + 1x2)            (3)

      3.1.3   Voor 1994 het die voorheen benadeelde gemeenskappe beperkte
              voordele vanaf die toerismebedryf ontvang.
                                   [Aangepas uit: Toerisme Witskrif Dokument.]

              Noem EEN positiewe bydra om die probleem aan te spreek deur ...

              (a)   die regering.                                                     (1)

              (b)   die privaatsektor.                                                (1)
                                                                                     [10]

                                                          TOTAAL AFDELING B:          40

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                         TOERISME                                      11

 AFDELING C: VERANTWOORDELIKE EN VOLHOUBARE TOERISME
 VRAAG 4
 4.1    Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop
        gebaseer is.

                   Duitse lugredery wil OK-biobrandstof koop
        ŉ          uitse lugredery, Lufthansa, het ingestem om vliegtuigbrandstof

            D      van ŉ Oos-Kaapse maatskappy te koop wat biobrandstof
                   bemark as ŉ antwoord om die koolstofvoetspore (carbon
                   footprints) van multi-nasionale maatskappye te beperk.
         Entrepreneurspaartjie, William en Sylvia Charles, van die Sakhisizwe
         Trust, het die afgelope vier jaar aan hierdie projek gewerk, met Lufthansa
         as hulle eerste kliënt.
         Hulle inisiatief het ten doel om die koolstofvoetspoor van die wêreld te
         verminder, en geleenthede vir werkskepping te verhoog terwyl daar
         planne beraam word vir die bou van ŉ biobrandstof-raffinadery in die
         provinsie.
         “Ons kan nou ons planne openbaar want ons het al die belangrikste
         boublokke in plek – die grondstowwe, die tegnologie, die aanleg en
         belangrik, ŉ vennoot in Lufthansa,” sê Sylvia, bemarkingsdirekteur van
         die Sakhisizwe Trust.
         Die belangrikste grondstof vir die biobrandstof sal sojabone wees wat in
         die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal verbou word.
         Volgens die maatskappy se mediawoordvoerder, Ed Richardson van
         Siyathetha-kommunikasies, is Afrika die ideale plek vir so ŉ projek omdat
         Afrika die grond het en biobrandstof plantasies is byderhand. “Dit is meer
         as net ŉ droom, biobrandstof is besig om die wêreld oor te neem,” sê
         Richardson.
         “Al die boustene is in plek; ons moet net die model in plek stel, sodat die
         boere kan begin.” Die bone bevat groente-olie wat in biokerosene verfyn
         word, of vliegtuigbrandstof. ŉ Besending van sowat 8000 ton ru-groente-
         olie, gemaak van bone wat in die gebied gegroei het, sal binnekort na
         Finland verskeep word en in vliegtuigbrandstof verfyn word, en deur
         Lufthansa vir ŉ proef-periode gebruik word. “Daar is omtrent twee of drie
         ander soortgelyke projekte wat in die lug sweef sonder kliënte, so om vir
         Lufthansa aan boord te hê is uitstekend,” sê Richardson.
         Hy het gesê dat die projek werk in die landelike gemeenskappe sal skep,
         en die koolstofvoetspoor sal verminder. Onderhandelinge is aan die gang
         met Clean Tech Africa in Berlin, naby Oos-Londen, wat besig is met die
         vervaardiging van biobrandstof om dit te toets en sal help om die
         produksie te bespoedig. ŉ Hernieubare energie-middelpunt vir die Oos-
         Kaap is vasgestel. Daar is wêreldwyd ŉ groot aanvraag na biobrandstof-
         produkte en Lufthansa op sy eie, benodig omtrent 400 miljoen liters per
         jaar wêreldwyd.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   TOERISME                              (SEPTEMBER 2012)

     Volgens Sylvia Charles is ingenieurs van die tegnologie-verskaffers
     CimbriaSket, alreeds besig met ŉ fabriek wat in staat is om 100 000 ton
     sojaboon-olie per jaar te vervaardig, gevolg deur ŉ raffinadery. Volle
     produksie is geskeduleer om in 2014 te begin. “Ons is in onderhandelinge
     met landbou-organisasies om te praat oor die produsering van bone,” sê
     sy.

     Sy het ook kommer besweer dat die vervaardiging van biobrandstof
     voedselsekuriteit sal beïnvloed. “Navorsing het getoon dat
     sojaboonproduksie nie ŉ impak op voedselsekuriteit sal hê nie, maar dit
     inderdaad sal vermeerder.” ŉ Hoog-aangeskrewe Duitse afvaardiging sal
     in Oktober die Oos-Kaap besoek om die fasiliteite te inspekteer, en
     besoek af te lê by die twee nywerheidsontwikkelingsone en ŉ draai gaan
     maak by die plase waar die bone geproduseer sal word. Die globale
     lugvaartbedryf ondervind uitdagende teikens om die vrystelling van
     kweekhuisgasse te verminder.
                                     Aangepas en vryelik vertaal uit: City Press

     4.1.1   Beskryf DRIE doelwitte van hierdie biobrandstof projek.                 (3)

     4.1.2   Noem DRIE provinsies wat sal baat vind by hierdie inisiatief.           (3)

     4.1.3   Voorspel hoe die biobrandstofprojek die beginsel van
             verantwoordelike en volhoubare toerisme in terme van die
             Driedubbele-slotreëlbenadering aanmoedig.                       (3x2)   (6)

     4.1.4   Haal ŉ sin uit die uittreksel aan wat daarop dui dat Afrika geskik is
             vir hierdie projek.                                                     (2)

     4.1.5   Bespreek die betrokkenheid van die plaasboere in hierdie projek.        (2)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                          TOERISME                                    13

 4.2    Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

                    Aardverwarming word direk
                    gekoppel aan menslike gedrag.
                    Daar word gesê dit is die
                    oorsaak van klimaats-
                    verandering, wat groot uiterstes
                    in weerpatrone veroorsaak,
                    insluitende meer gewelddadige
                    storms, oorstromings en
                    droogte.

        4.2.1      Verduidelik die begrip aardverwarming.                          (2)

        4.2.2      Meld die volgende:

                   (a)   Een effek wat aardverwarming op die ski-oord sal hê       (2)

                   (b)   Een effek van aardverwarming op die ysbere                (2)

        4.2.3      Lys DRIE dinge wat jy kan doen om te help om die probleem van
                   aardverwarming aan te spreek.                                   (3)

        4.2.4      Evalueer die verhouding tussen aardverwarming en die
                   uitsterwing van sekere dierespesies.                             (2)
                                                                                   [27]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   TOERISME                            (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 5

5.1   5.1.1   Noem TWEE natuurlike hulpbronne wat deur inheemse Afrika-
              kunswerkers gebruik word.                                            (2)

      5.1.2   Noem EEN produk van elk van die natuurlike hulpbronne wat jy in
              VRAAG 5.1.1 hierbo gelys het.                                        (2)

5.2   Identifiseer VYF elemente van die bemarkingsmengsel wat die Afrika
      kunswerkers moet oorweeg indien hulle hul produkte wil bemark.               (5)

5.3   Beskryf die kultuur van die Zulu’s onder die volgende onderafdelings:

      5.3.1   Godsdienstige oortuigings                                            (2)

      5.3.2   Klerasie                                                             (2)
                                                                                  [13]

                                                       TOTAAL AFDELING C:          40

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                      TOERISME                                     15
 AFDELING D:       TOERISME-AARDRYKSKUNDE, BESIENSWAARDIGHEDE EN
                   REISNEIGINGS
 VRAAG 6
 6.1 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
     Gebruik die Wêreld Tydsonekaart om die vrae te beantwoord.
        ŉ Groep Suid-Afrikaanse atlete stel belang om aan die Olimpiese Spele
        deel te neem wat gedurende die somer van 2012 in Londen sal plaasvind.
        Die Suid-Afrikaanse atlete se reisplan is deur die Olimpiese Komitee van
        Suid-Afrika georganiseer. Die atlete is geïnteresseerd in die volgende
        inligting:
        • Die aantal tydsones wat hulle gaan oorsteek
        • Of Suid-Afrika voor of agter die tyd is in vergelyking met Engeland
        • Of hulle aan vlugvoosheid sal ly wanneer hulle in Londen sal arriveer

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   TOERISME                            (SEPTEMBER 2012)

      6.1.1   Bepaal die aantal tydsones tussen Johannesburg en Londen.            (2)

      6.1.2   Meld of Suid-Afrika se tyd voor of agter dié van Londen is. Gee
              redes vir jou antwoord.                                              (3)

      6.1.3   Die Olimpiese Komitee wil ŉ telefoonoproep na die
              organiseerders van die atletiekbyeenkoms om 16:00 maak.

              (a)   Bereken die tyd wat die oproep in Londen ontvang sal word.
                    Hou in gedagte dat Londen Dagligbesparingstyd gedurende
                    hierdie periode beoefen.                                       (3)

              (b)   Verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Olimpiese Komitee
                    dit gerieflik sal vind om enige tyd ŉ oproep na Londen te
                    maak.                                                          (2)

      6.1.4   Noem TWEE voordele van Dagligbesparingstyd.                          (2)

      6.1.5   Die Suid-Afrikaanse Nasionale Rugby Span, die (Amabokoboko)
              het aan die IRR se rugby wêreldbeker in Nieu-Seeland gedurende
              2011 deelgeneem. Hulle het op Vrydag, die 2de September 2011,
              om 08:00 in Nieu-Seeland aangekom. Hulle vliegtuig het 16 uur
              geneem om vanaf Suid-Afrika te reis. Die wêreldbeker was
              geskeduleer om amptelik op die 9de September te begin. Die span
              het vroeg gearriveer om die negatiewe gevolge van vlugvoosheid
              te verminder voor hul geskeduleerde wedstryd teen Wallis op die
              11de September.

              (a)   Bereken die tyd, dag en datum toe die rugby span vanaf
                    Suid-Afrika se OR Tambo-Internasionale lughawe vertrek
                    het.                                                           (4)

              (b)   Noem TWEE simptome van vlugvoosheid.                           (2)

              (c)   Beskryf hoe die Amabokoboko die negatiewe gevolge van
                    vlugvoosheid kon verminder het.                                (2)

6.2   Gesondheid, sekuriteit en veiligheid is belangrike elemente wat die
      sukses of mislukking van die toerisme bedryf op globale vlakke bepaal.
      Lande wat versuim om gesondheid, sekuriteit en veiligheid van sy
      besoekers te waarborg, staar verskillende probleme in die gesig wanneer
      dit by toerisme kom.

      6.2.1   Noem TWEE bronne waar toeriste inligting oor gesondheid,
              sekuriteit en veiligheid oor ŉ land kan bekom.                       (2)

      6.2.2   Meld EEN rede waarom lande gesondheidsbeperkings toepas.             (1)

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                          TOERISME                                       17

 6.3    Bestudeer die volgende wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat
        daarop volg.
        GELDEENHEID            WAARDE IN RAND
        VSA dollar                  8,75
        Pond sterling              12,45
        Euro                        9,95
        Japanese yen                0,08

        6.3.1      In Suid-Afrika is die prys van ŉ bord kos, bestaande uit groente,
                   slaai en vleis, R45,00. Bereken wat dit in Italiaanse geldeenheid
                   sal kos. Toon AL jou berekeninge.                                   (3)
        6.3.2      ŉ Duursame manshemp kos in Londen £15,00. Bereken wat dit in
                   Suid-Afrikaanse Rand sal kos. Toon AL jou berekeninge.              (3)
        6.3.3      Verduidelik die verskil tussen die bankverkoopprys en
                   bankaankoopprys.                                                    (4)
        6.3.4      Noem DRIE verskillende maniere om buitelandse valuta op jou te
                   dra.                                                                (3)
 6.4    Noem TWEE plekke waar buitelandse valuta verkry kan word.                      (2)
 6.5                         FIFA FOKUS NOU OP BRASILIË
        Die 2014 Wêreldbeker-sokkertoernooi is op pad na Brasilië. In minder as
        4 jaar sal die grootste sokker skouspel na ŉ land gaan wat die
        aanskoulikste sokker speel en ons voorgestel het aan die “beautiful
        game”. Vir die eerste keer in 64 jaar sal sokker se grootste gebeurtenis
        die stadions van Brasilië versier en ŉ fees van sokker sal deur die
        deelnemers aan die passievolle ondersteuners opgedis word. Brasilië
        moet egter met die kwessie van die Wêreldbeker gedurende 2010 in
        Suid-Afrika rekening hou, maar sokker ondersteuners dwarsoor Brasilië
        vryf hulle hande in afwagting vir die 2014 Brasilië Wêreldbeker-
        sokkertoernooi.
        6.5.1      Definieer die term globale gebeurtenis.                             (2)
        6.5.2      Meld enige DRIE positiewe impakte wat die 2014 Wêreldbeker-
                   sokkertoernooi vir Brasilië kan inhou.                              (3)
        6.5.3      Meld enige DRIE negatiewe impakte wat die 2014 Wêreldbeker-
                   sokkertoernooi op Brasilië kan hê.                                  (3)
        6.5.4      Ter voorbereiding vir die 2014 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi
                   moet Brasilië die veiligheid en sekuriteit van hul gestremde
                   sportliefhebbers in ag neem.
                   (a)   Noem TWEE maniere hoe jy die fasiliteite kan verbeter wat
                         vir gestremde reisigers in die akkommodasie sektor
                         voorsien word.                                                (2)
                   (b)   Noem TWEE maniere hoe jy die fasiliteite in sportstadions
                         kan verbeter om voorsiening te maak vir gestremde
                         reisigers.                                                    (2)
                                                             TOTAAL AFDELING D:        50

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                    TOERISME                             (SEPTEMBER 2012)

AFDELING E: KLIËNTEDIENS EN KOMMUNIKASIE

VRAAG 7

7.1   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop
      gebaseer is.

      Daar is baie toer-operateurs in Suid-Afrika wat vakansie-pakkette
      verkoop. Hulle verkoop vakansies aan ŉ verskeidenheid oorsese markte
      soos die VK, Duitsland, Italië, Afrika-lande, ens. Soms evalueer hulle die
      sukses van hul promosie-aktiwiteite. Van tyd tot tyd doen hulle
      marknavorsing om hul kliënte se behoeftes te bepaal en om aan kliënte
      tevredenheid te voldoen.

      7.1.1   Definieer die term marknavorsing.                                      (2)

      7.1.2   Onderskei tussen Bestaande markte en Nuwe markte.                      (4)

      7.1.3   Noem DRIE gebruike van marknavorsing in Toerisme.                      (3)

7.2           Die Pimville-museum in Underberg: Kwa-Zulu Natal

      Die museum is net buite die landbou-dorp Underberg in die Drakensberg
      Erfenisterrein van Kwa-Zulu Natal geleë. Dit toon hoofsaaklik die
      geskiedenis van die gebied, insluitende die Anglo Boere-oorlog wat
      gedurende 1902 plaasgevind het. Die foto’s van die grotte en die
      implemente wat deur die Boesmans gebruik is, is ŉ vereiste om te sien.
      Daar is ongeveer 15 voltydse werkers by die museum. Die bestuur streef
      daarna om uitstekende diens te lewer. Onlangs het hulle begin kyk na
      maniere hoe om die gehalte van kliëntediens te evalueer.

      7.2.1   Verduidelik die begrip Kliëntediensterugvoering.                       (2)

      7.2.2   Kies DRIE toepaslike terugvoeringsmetodes wat die Pimville-
              museum kan gebruik om kliënte-tevredenheid te evalueer en te
              meet.                                                                  (3)

      7.2.3   Voorspel die positiewe impakte wat kliëntediensterugvoering vir
              die Museum en vir Underberg in die algemeen kan inhou.                 (4)

      7.2.4   Bespreek TWEE voordele van voorstel-houers as ŉ metode van
              kliëntediensterugvoering.                                              (4)
                                                                                    [22]

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2012)                          TOERISME                                  19

 VRAAG 8

 8.1
                                           Virginia Town House
                              “ŉ B&B-oord in die Dorp”.
         ŉ Plek waar jy waarskynlik alles kan vergeet en weer jonkheid in jou
                     lewe blaas om te wees wie jy regtig wil wees.
           4 enkel lugversorgde en suite kamers. Geleë in Mandela Drive in
                           Mthatha, naby die Hotel Savoy.
               Tel: 047 5316 323
               Faks: 047 5423 118
                             Virginiahouse@mweb.co.za
                                 www.virginia.co.za

        8.1.1      Definieer e-pos.                                               (2)

        8.1.2      Verskaf die e-pos adres van die B&B.                           (1)

 8.2    8.2.1      Identifiseer die webtuiste-adres van die B&B.                  (2)

        8.2.2      Verduidelik wanneer jy moontlik die adres sal gebruik.         (2)

 8.3    Haal die slagspreuk van die B&B aan.                                      (1)
                                                                                  [8]

                                                            TOTAAL AFDELING E:    30

                                                                   GROOTTOTAAL:   200

## Related documents

- [TRSM S12 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/trsm-s12-qp-eng/47250299-c3ef-4bf9-b6de-da57f2b45b0b) — Tourism · QP · 2012 · Eng
- [TRSM S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/trsm-s12-memo-afr/bde3fc6b-d1c4-4e14-a2d6-0c29dc424a28) — Tourism · Memo · 2012 · Afr
- [Tourism Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/tourism-nov-2012-afr/34080ed9-f1f1-49f5-b56f-b350e04a9a63) — Tourism · QP · 2012 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2023-english/eef87206-3c0b-41cc-b5aa-3a485d2fe7d5) — Tourism · QP · 2023 · Eng
- [TOURISM GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept2022-afrikaans/88426a9b-1a13-441e-a8a0-9404d0236ac1) — Tourism · QP · 2022 · Afr
- [TOURISM GR12 QP SEPT 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-qp-sept-2022-english/afc69060-b96e-4191-89f5-9b7fdaad8637) — Tourism · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Tourism

- [Gr 12 Tou ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tou-atp-2023-24/4a3f87bb-0e9c-4318-ae42-69c3fd65355f) — ATP
- [Tourism Grade 12 MEMO March 2025 Eastern Cape](https://www.hlayiso.com/library/tourism-grade-12-memo-march-2025-eastern-cape/ee2b0f72-064f-44cd-9f61-f4f4c9b770a0) — Memo · 2025
- [Tourism May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/tourism-may-june-2025-mg-eng/ec771c5b-542a-4493-a34f-3fd64c21fc0c) — Memo · 2025 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/bb51a3e6-6506-479a-bff1-02b2b49c3ded) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Tourism P1 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tourism-p1-english-june-2024-question-paper/4afd17c7-8998-4f08-8a0f-983813a2422f) — QP · 2024 · Eng
- [TOURISM GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tourism-gr12-memo-sept-2023-afrikaans-final/c7a5014e-71b8-4365-8270-65fe0d37bae2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
