# Visual Arts Grade 12 Visual Arts 2021 Exam Guideline (Afr)

> Grade 12 Visual Arts exam guideline from the Visual Arts 2021 (Afrikaans), 22 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/25eacfec-987f-4b31-bbdf-0ed679ece11a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Visual Arts
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 Visual Arts 2021 Exam Guideline (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/25eacfec-987f-4b31-bbdf-0ed679ece11a)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Visual Arts · 2021. Exam guideline, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          VISUELE KUNSTE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                 2                                    DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

INHOUD

                                                                            Bladsy
HOOFSTUK 1:      OORSIG
                 1.1 Inleiding                                                  3
                 1.2 Doelstellings                                              3

HOOFSTUK 2:          ASSESSERING
                     2.1 Assesseringsdoelwitte                                  4
                     2.2 Oorsig van Onderwerpe                                  4
                     2.3 Formele Assessering vir Graad 12                       5
                     2.4 Skoolgebaseerde Assessering (SGA)                      6
                     2.5 Kognitiewe Vlakke                                      6
                     2.6 Eksterne Eksamens                                      7

HOOFSTUK 3:      VAKINHOUD
                 3.1 PAT (Retrospektiewe Uitstalling)                           8
                 3.2 Vraestel 1: Visuele Kultuurstudies (Onderwerp 3)          10
                 3.3 Vraestel 2: Prakties (Onderwerp 1 en 2)                   13

HOOFSTUK 4:          ALGEMENE VAKINLIGTING
                     4.1 Verduideliking van Terminologie                       19
                     4.2 Bronne                                                20

HOOFSTUK 5:          ALGEMENE RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
                     5.1 Vraestel 1 (Onderwerp 3)                              21
                     5.2 Vraestel 2 (Onderwerp 1 en 2)                         21

HOOFSTUK 6:          SLOT                                                      22

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                  3                                           DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

HOOFSTUK 1: OORSIG

1.1      Inleiding

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Visuele Kunste beskryf die aard en
doel van die vak Visuele Kunste. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig
en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

     Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
      Seniorsertifikaat-eksamen in Visuele Kunste geassesseer gaan word
     Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doeltreffend vir die eksamens voor te berei

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

     Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
      (KABV): Visuele Kunste en Aangepaste Hoofstuk 4: KABV
     Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
      Senior Sertifikaat: 'n kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
      rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
     Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
      Kurrikulumstelling, graad R–12

1.2      Doelstellings

Graad 12 Visuele Kunste-leerders beoog om:

     Kreatiewe idees, in reaksie op beide ekstern opgestelde en selfontwikkelde projekte, aan die
      hand van eie ondervindinge en eie kennis van visuele kulture van die verlede en die hede, te
      verken, te ontwikkel en te verwesentlik
     Materiaal, tegnieke, prosesse en tegnologie met die vervaardiging van verbeeldingryke en
      innoverende kunswerke van persoonlike uitdrukking te verken en te manipuleer
     Materiaal, prosesse en tegnieke op 'n doeltreffende, ekonomiese, veilige en verantwoordelike
      manier te verken
     Hulle eie werkproses te bestuur
     Kunsvorms, prosesse en produkte waar te neem, te assesseer en te analiseer
     Met gebruik van visuele, mondelinge en geskrewe taalvaardighede doeltreffend te
      kommunikeer
     Hulle eie werk en die werk van ander krities te beoordeel
     Entrepreneursvaardighede en professionele praktyk in kuns te ontwikkel om 'n verskeidenheid
      loopbaanopsies te verken
     Aan die diversiteit van kunste-tradisies in internasionale en Suid-Afrikaanse kontekste
      blootgestel te word en dit as 'n hulpbron te gebruik
     Die kritiese rol te waardeer wat visuele kunste in die verryking van die visuele omgewing van
      die skool en omgewing speel
     Die skakels tussen visuele kunste en die kreatiewe nywerhede, soos ontwerp en reklame, te
      verstaan
     Die sosiale en geskiedkundige rol van visuele kunste in die herskepping van gemeenskappe
      te verstaan

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                               4                                        DBE/2021
                                        Eksamenriglyne
HOOFSTUK 2: ASSESSERING
2.1      Assesseringsdoelwitte
Soos in die KABV-dokument uiteengesit, is assessering bedoel om:
     Die onderwyser in staat te stel om 'n leerder se vordering betroubaar te beoordeel
     Leerders oor hulle sterk punte, swak punte en vordering in te lig
     Onderwysers, ouers en ander belanghebbendes te help om besluite oor die leerproses en
      vordering van die leerders te maak
2.2      Oorsig van Onderwerpe
Onderwerp 1: Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe
             idees
12 Ontwikkelingsproses:
     Pas verskillende benaderings onafhanklik toe om idees vir die formulering van 'n projek-
       opdrag te ontwikkel
     Krities betrokke by eie ondervinding van die wêreld deur die ontdekking, manipulasie en
       interpretasie van tekens en simbole uit die breër visuele kultuur verkry
    Verwesenliking van 'n konsep:
     Los 'n reeks visuele en konseptuele probleme onafhanklik op, en werk in die rigting van
       die ontwikkeling van 'n persoonlike visuele taal
     Dokumenteer en evalueer die proses van konseptuele ontwikkeling krities
Onderwerp 2: Maak kreatiewe kunswerke, bestuur proses en aanbieding, veilige praktyk
12 Maak van kunswerke:
     Kies die materiaal, gereedskap, tegnieke, temas en prosesse wat die geskikste is vir die
       gekose kuns- of kunsvlytvorm
     Toon 'n gevorderde mate van tegniese vaardigheid in, en kennis oor, 'n reeks materiaal,
       tegnieke, prosesse en toerusting wat met die gekose kuns- of kunsvlytvorm verband hou
     Dokumenteer en evalueer eie kreatiewe proses en kunswerke, en kies werke wat die
       geskikste is om by die portefeulje in te sluit
     Kunswerke moet met die opdrag verband hou
     Skep en transformeer/herskep visuele beelde deur beide nuwe en tradisionele
       tegnologieë te gebruik
    Bestuur/Beheer:
     Skep 'n samehangende groep werke wat konkrete bewys lewer van die
       konseptualiseringsproses en die maak van die kunswerk
     Beplan, bestuur en voltooi spesifieke take en projekte binne die aangeduide tyd-, ruimte-
       en hulpbronbeperkings
    Aanbieding:
     Vertoon, stal uit of bied eie werk op 'n manier aan wat die ekspressiewe en konseptuele
       impak van die werk versterk en komplementeer
    Veilige praktyk:
     Toon en bevorder die veilige gebruik van toerusting, materiaal en tegnologie in 'n
       groepwerkkonteks
Onderwerp 3: Visuele Kultuurstudies: klem op visuele geletterdheid
12 (VYF van die AGT voorgeskrewe temas)
     Toon kritiese analitiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns binne
       geskiedkundige en kulturele kontekste uit vele bronne
     Toon begrip van die geskiedkundige konteks en stilistiese evolusie van 'n versameling
       skone kuns-, toegepaste kuns- en kunsvlytvorms
     Doen onafhanklik navorsing oor geleenthede wat die verhouding beskryf tussen kennis
       en vaardighede, soos deur Visuele Kunste en post-VOO-onderrig opgedoen
     Uitstappie om loopbaan- en tersiêre geleenthede in Visuele Kunste te ondersoek
     Gebruik toepaslike terminologie rakende alle terreine van kunsteorie om kunswerke,
       kunsvlyt en toegepaste kunsvorms, beide verbaal en skriftelik, te beskryf en te bespreek
     Evalueer die doeltreffendheid van eie en ander se navorsing, kreatiewe prosesse en
       kunsprodukte
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                   5                                          DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

2.3      Formele Assessering vir Graad 12

                           FORMELE ASSESSERING VISUELE KUNSTE
        INTERN                                     EKSTERN
          SGA               PAT-UITSTALLING       PRAKTIESE                   TEORIE-EKSAMEN
                                                   EKSAMEN
         25%                      25%                25%                             25%
       100 punte               100 punte           100 punte                       100 punte
                                     TOTAAL 400 PUNTE

Aan die einde van graad 12 sal 'n Visuele Kunste-leerder t.o.v. die volgende nagesien word:

     SGA-punt: rou punte en totale vir assesseringstake vanaf Kwartaal 1 tot Kwartaal 3 en
      verwerk na 100
     PAT (retrospektiewe uitstalling): minimum van 2 kunswerke + 1 tot 2 werke van graad 11)
      – 100
     Praktiese eksamen: bronboek en kunswerk, ekstern opgestel en nagesien – 100
     Teorie-eksamen: ekstern opgestel en nagesien – 100

           JAARPROGRAM VAN ASSESSERING VIR VISUELE KUNSTE – GRAAD 12
                 SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING 25%
                                                                                  EKSAMEN 75%
    150 punte + 100 punte + 100 punte = 350 verwerk na 100 punte (SGA)
      KWARTAAL 1              KWARTAAL 2                 KWARTAAL 3               KWARTAAL 4
        150 punte               100 punte                    100 punte              200 punte
        TAAK 1                    TAAK 3                  TAAK 4                   TAAK 6
    TEORIETOETS          KONSEPTUALISERING           PROEFEKSAMEN              EINDEKSAMEN
(summatiewe assessering)      Onderwerp 1         (summatiewe assessering)           V1
      50 punte           (formatiewe assessering)       100 punte             TEORIE-EKSAMEN
                                 100 punte                                 (summatiewe assessering)
                                                                                  100 punte
         TAAK 2                                             TAAK 6                   TAAK 6
 KONSEPTUALISERING                                      EINDEKSAMEN              EINDEKSAMEN
      Onderwerp 1                                             V2                        V2
(formatiewe assessering)                             KONSEPTUALISERING            KUNSWERK
        100 punte                                   (summatiewe assessering) (summatiewe assessering)
                                                           50 punte                  50 punt)
                                             TAAK 5
                             PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT)
                      (Deurlopende assessering van Kwartaal 1 tot Kwartaal 2)
      KWARTAAL 1              KWARTAAL 2                 KWARTAAL 3               KWARTAAL 4
     KUNSWERK 1               KUNSWERK 2
                                                                    PAT: UITSTALLING
     Onderwerp 2              Onderwerp 2
                                                                 (summatiewe assessering)
(formatiewe assessering) (formatiewe assessering)
                                                                        100 punte
       100 punte                 100 punte
           25%                     25%                                    50%
 Intern geassesseerde kunswerk (Kwartaal 1 + 2)                  PROSES en UITSTALLING
                   50 punte                                            50 punte
                                                100%
    100 punte (SGA) + 100 punte (PAT) + 100 punte (PRAKTIESE EKSAMEN) + 100 punte (TEORIE-
                                 EKSAMEN) = 400 TOTALE PUNTE

Raadpleeg die RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE vir meer inligting.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                   6                                         DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

2.4       Skoolgebaseerde Assessering (SGA)

Alle SGA-take moet intern gemodereer word. Provinsiale en nasionale moderering sal deur die
Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) en/of die onderskeie provinsiale
onderwysdepartemente (POD's) gedoen word. Hierdie proses sal deur die provinsiale
onderwysdepartemente bestuur word. Die SGA-punt sal uit Taak 1, 2, 3 en 4 bestaan.

           KWARTAAL 1                        KWARTAAL 2                        KWARTAAL 3
            150 PUNTE                         100 PUNTE                         100 PUNTE

             TAAK 1                          TAAK 3                             TAAK 4
          TEORIETOETS                   KONSEPTUALISERING               TEORIE-PROEFEKSAMEN
            50 punte                       Onderwerp 1                         100 punte
                                            100 punte

           TAAK 2
      KONSEPTUALISERING
         Onderwerp 1
          100 punte

                               TOTAAL = 350 verwerk na 'n punt uit 100

2.5       Kognitiewe Vlakke

     Alle toetse en eksamens moet die volgende reeks kognitiewe vlakke volg. Vrae sal
      verskillende moeilikheidsgrade hê – maklik, medium en moeilik.
     Aangesien leerders 'n keuse van vrae in die Proefeksamen en Finale Eksamen het, moet elke
      vraag aan die reeks kognitiewe vlakke voldoen.

                     KOGNITIEWE VLAKKE                                   PERSENTASIE
    Laer orde: kennis                                                        30
    Middel-orde: begrip en toepassing                                        40
    Hoër orde: analise/ontleed, evaluering en sintese                        30

Verduideliking van kognitiewe vlakke: Bloom se Taksonomie

           KENNIS                             BEGRIP                         TOEPASSING
vertel, maak 'n lys, skryf, vind,     verduidelik, interpreteer,         los op, toon, gebruik,
beskryf, noem, spoor op, ens.       bespreek, onderskei, beskryf        illustreer, klassifiseer,
                                        in breë trekke, ens.         konstrueer, ondersoek, ens.
          ANALISE                             SINTESE                        EVALUERING
ontleed, vergelyk, ondersoek,          skep, bedink, beplan,               beoordeel, besluit,
  kategoriseer, identifiseer,       voorspel, ontwerp, stel voor,   regverdig/motiveer, debatteer,
      verduidelik, ens.                    formuleer, ens.             beveel aan, prioritiseer,
                                                                            beredeneer, ens.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                 7                                          DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Bloom se Hersiene Taksonomie

         BLOOM SE TAKSONOMIE                        BLOOM SE HERSIENE TAKSONOMIE
           Evaluering – hoër orde                         Skepping – hoër orde
             Sintese – hoër orde                         Evaluering – hoër orde
            Analise – middel-orde                        Analiseer – middel-orde
          Toepassing – middel-orde                        Toepas – middel-orde
            Begrip – middel-orde                          Begryp – middel-orde
             Kennis – laer orde                            Onthou – laer orde

Toetse en eksamens wat intern opgestel word
 'n Toets vir formele assessering moet nie uit 'n reeks klein toetse bestaan nie. Dit moet 'n
   aansienlike hoeveelheid inhoud dek en 45 tot 60 minute lank wees.
 Elke toets en eksamen moet uit 'n reeks kognitiewe vlakke bestaan en moet ook paragraaf-
   tipe antwoorde insluit.
 Daar word aanbeveel dat dieselfde formaat gebruik word in die eksamens wat intern opgestel
   word as in die finale Graad 12 einde-van-die-jaar-teorie-eksamen.
 Vrae moet ongesiene visuele beelde insluit om leerders se visuele-analise-vaardighede te
   toets. Hierdie beelde moet met die leerders se studietema verband hou, bv. tematies of
   stilisties, asook werke/bewegings wat hulle bestudeer het.
 Maak seker dat genoeg of meer feite by elke vraag in die nasienriglyne ingesluit word om 'n
   behoorlike instrument vir nasien en toekomstige onderrig te word.

2.6    Eksterne Eksamens

Alle Visuele Kunste-kandidate moet die PAT Retrospektiewe Uitstalling voltooi – TAAK 5:

      PAT                 Tipe vraestel        Totaal           Datum               Nasien
                    Prakties in die vorm van
                                                 100       September/Oktober        Ekstern
                          'n uitstalling

Alle Visuele Kunste-kandidate sal TWEE eksterne vraestelle voltooi, soos voorgeskryf:

  Vraestel       Tipe vraestel      Tydsduur        Totaal         Datum              Nasien
     1              Teorie            3 uur          100      Oktober/November        Ekstern
     2             Prakties      Maksimum 24 uur     100      Oktober/November        Ekstern

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                  8                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

HOOFSTUK 3: VAKINHOUD

3.1      PAT (Retrospektiewe Uitstalling)

Onderwerp 2: Die Maak van Kunswerke

Volgens die KABV moet graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n manier
wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer.
     Aan die einde van die jaar moet leerders 'n PAT-uitstalling van hulle werk as deel van hulle
      eksamenpunt aanbied.
     Hierdie uitstalling toon wesenlike bewyse van die leerders se Visuele Kunste-
      konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat mettertyd in die graad ontwikkel het.
      Dit vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling in die aanbieding van 'n groep werke
      soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling.
     Die kunswerke (Onderwerp 2) van die twee praktiese take is verpligtend en minimum
      vereistes. Een of twee graad 11-kunswerke moet ingesluit word om ontwikkeling en
      progressie te toon.
     Aangesien die aard van die vak kreatiwiteit en selfuitdrukking is, mag leerders nie ingeperk
      word deur die minimum vereistes nie, maar toegelaat word om meer werke te doen wat
      verband hou met die twee temas wat hulle ondersoek het. Selfuitdrukking en
      individualiteit van leerders moet in hierdie uitstalling aangemoedig word.
     Graad 12-leerders moet die geleentheid gebruik om hulle praktiese werk verder te ontwikkel
      en uit te brei na 'n samehangende en holistiese groep werke wat in die konteks van 'n
      uitstallingsomgewing gesien word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer
      van hierdie proses, bv. werk wat op hul eie gedoen is en/of die uitbreiding van hulle temas in
      meer kunswerke.
     Die bronboek(e), alhoewel dit reeds geassesseer is, moet vertoon word om die ontwikkeling
      na die finale kunswerk(e) te toon.
     Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.

Kontrolelys vir die uitstalling

     Graad 12: Die kunswerke (Onderwerp 2) van die twee praktiese take is VERPLIGTEND.
     Een of twee graad 11-kunswerke moet ingesluit word om ontwikkeling en progressie te toon.
     Leerders het die geleentheid om hul praktiese werk verder te ontwikkel en uit te brei na 'n
      samehangende en holistiese groep werke wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing
      gesien word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer van hierdie
      proses, bv. werk wat op hul eie gedoen is.
     Die bronboek(e), alhoewel dit reeds geassesseer is, moet vertoon word.

Aanbieding

     Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling verskaf, bv. die skoolsaal of kunsklas OF dit
      kan 'n aanlyn aanbieding wees soos deur die POD besluit is.
     Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hul
      werk en riglyne verskaf vir 'n netjiese, professionele uitstalling.
     Leerders moet self hul uitstallings beplan en uitvoer.
     Dit is onnodig om werke te raam, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk
      versterk.
     Leerders moet hulle daarvan weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die
      uitstalling moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon.
     As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die
      rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                   9                                          DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

Assessering

Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat tot die finale geldige punt sal lei:
     Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele oplossings
     Kreatiwiteit en oorspronklikheid
     Tegniese vaardighede
     Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke
     Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media,
      tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van teken.
     Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte
      moet aangepas word volgens die werke wat aangebied word.
     Die beskrywende rubriek, Assesseringskriteria vir Praktiese Werk, moet gebruik word om
      standaardisering te verseker.

Assesseringskriteria

Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.

    KRITERIA
    Algehele indruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering:
    Ontwikkeling van nuwe en unieke antwoorde/oplossings
    Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke:
    Geskiktheid van materiaal en tegnieke volgens die konsep; veiligheid en
    bestuurbaarheid; tegniese vaardighede getoon
    Gebruik van formele kunselemente:
    Die belangrikheid van elemente en kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte,
    ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie
    Interpretasie en praktiese implementering van tema(s):
    'n Persoonlike interpretasie van 'n tema; eksperimentering; hantering van nuwe
    uitdagings
    Voltooiing en aanbieding van kunswerk:
    Aandag aan detail; taak binne tydsduur voltooi; aanbieding volgens taak
    Kuratorskap (Aanbieding) van uitstalling:
    Professionaliteit; duidelik, ens.
    TOTAAL: 100

     Nasien moet volgens die DBE-rubrieke deur 'n paneel (mede-onderwysers of aangestelde
      paneel) gedoen word.
     Alle leerders moet individueel gemodereer word, m.a.w. moderering van aangesig tot
      aangesig of aanlyn, om die proses, produkte en punte te verifieer. Hierdie moderering moet
      deur provinsiale beamptes en/of persone aangestel deur die provinsie, gedoen word.
     Die provinsiale onderwysdepartement bestuur hierdie proses.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                  10                                            DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

3.2      Vraestel 1: Visuele Kultuurstudies (Onderwerp 3)

     Die geskrewe teorie-eksamen word deur die DBE opgestel oor die aangewese inhoud wat
      deur die jaar onderrig is. Slegs graad 12-inhoud sal geassesseer word. Kennis van graad 10
      en 11 kan egter nodig wees om sommige van die vrae te interpreteer en te beantwoord.
     Die tydsduur vir hierdie vraestel is 3 uur.
     Die vraestel sal uit agt vrae bestaan. Die leerder moet VYF vrae, wat handel oor wat hulle in
      graad 12 bestudeer het, kies om te beantwoord.
     Elke vraag sal 20 punte tel met 'n totaal van 100 vir die vraestel.
     Vrae verskyn op die linkerkantste bladsye, met visuele bronne in kleur op die regterkantste
      bladsye.
     Alle vrae moet in opstelformaat beantwoord word, met gebruik van volsinne en paragrawe
      volgens die instruksies vir elke vraag. Lyste met feite sal swaar gepenaliseer word.
     Vrae sal uit korter en langer opsteltipe vrae bestaan.
     Vrae sal bestaan uit visuele geletterdheid en inhoud wat bestudeer is.
     Die eksamen word ekstern geassesseer en word provinsiaal en nasionaal gemodereer.
     Die eksamen word volgens nasionale nasienriglyne geassesseer.

Die puntetoekenning vir die graad 12 November Teorie-eksamen word hieronder getoon.

                   GRAAD 12

                   Leerders moet enige VYF vrae beantwoord.
VRAAG 1            Die stem van opkomende kunstenaars                                    20

VRAAG 2            Suid-Afrikaanse kunstenaars beïnvloed deur Afrika- en/of              20
                   inheemse kunsvorms

VRAAG 3            Sosiopolitieke kuns – weerstandskuns van die 1970's en 1980's         20
                   ingesluit

VRAAG 4            Kuns, kunsvlyt en geestelike werke hoofsaaklik uit landelike          20
                   Suid-Afrika

VRAAG 5            Multimedia en nuwe media – alternatiewe kontemporêre en               20
                   populêre kunsvorme in Suid-Afrika

VRAAG 6            Demokratiese identiteit in Suid-Afrika ná 1994                        20

VRAAG 7            Geslagskwessies: manlikheid en vroulikheid                            20

VRAAG 8            Argitektuur in Suid-Afrika                                            20

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                11                                           DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

Riglyne:

   Leerders moet 'n minimum van VYF uit agt temas bestudeer.
   Die leerders moet met konsepte wat verband hou met internasionale en Suid-Afrikaanse kuns
    vertroud wees, en moet dit kan toepas. Hulle moet 'n duidelike, gebalanseerde begrip en
    kennis hê van tradisionele internasionale kunsbewegings en die betekenis van opkomende
    plaaslike style deur terme/begrippe, soos weerstandskuns, propagandakuns, aanwending/
    toe-eiening, die 'afgeskeepte tradisie', ens.
   Leerders moet bewus gemaak word van problematiese terminologie, kwessies, aannames en
    vooroordele met betrekking tot die kuns wat hulle bestudeer.
   Ten minste twee kunstenaars (of argitekte) moet in elke tema gekies, bestudeer word met 'n
    minimum van twee werke deur elke kunstenaar (of argitek).
   Die eksamenpaneel het kennis geneem van die groot verskeidenheid bronne beskikbaar, deur
    breë vrae op te stel sodat leerders hulle kennis op 'n relevante wyse kan kies en gebruik, hulle
    interpretasies/vertolkings en menings/opinies kan regverdig/motiveer of probleme kan oplos
    deur toegepaste kennis en kenniskonstruksie.
   Visuele geletterdheid is onderliggend aan die studie van al die temas, daarom moet die
    bestudering van spesifieke kunswerke gebruik word om die geskiedkundige, politieke, sosiale
    en/of ekonomiese agtergrond van beskawings/style/bewegings en individuele kunstenaars te
    verduidelik.
   Tydens die bestudering van kunswerke moet die klem op die volgende geplaas word:
     o Terminologie oor visuele geletterdheid – hoe kunselemente help om betekenis en
         boodskap oor te dra
     o Materiaal en tegnieke
     o Verskillende style, soos naturalisme, ekspressionisme, geabstraheerde werke, stilering,
         ens.
     o Funksie van die werk
     o Kontekstuele faktore
     o Idees, betekenis en boodskap
   Leerders moet aan alle kunsvorms blootgestel word, soos tweedimensionele kuns (skilder,
    teken, drukwerk, ens.), driedimensionele kuns (beeldhouwerk, ens.), argitektuur en
    toegepaste kuns/kunsvlyt (funksionele voorwerpe in 'n skonekunste-konteks).
   Alhoewel 'n diepgaande studie van spesifieke kunswerke in elke tema gemaak moet word,
    behoort leerders aan 'n wye reeks voorbeelde van elke tema blootgestel te word om kuns as
    visuele kommunikasie te illustreer.
   Aangesien die fokus in graad 12 hoofsaaklik op Suid-Afrikaanse kuns is, moet onderwysers,
    waar moontlik, temas met leerders se gemeenskappe in verband bring.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                   12                                              DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

Assessering van die leerder se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en
daarop te reageer:
 PRESTASIE-
                                  ONDERWERP 3: VISUELE KULTUURSTUDIES                                  
   KODE
        7            Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Uitstekend        sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    80–100%          lewer.
                     Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
                     studie van kuns.
                     Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
       6             Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
 Verdienstelik       kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   70–79%            kommentaar te lewer.
                     Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                     van kuns.
                     Toon uitstekende insig en begrip.
      5              Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul
 Substansieel        kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   60–69%            kommentaar te lewer.
                     Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                     van kuns.
                     Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
      4              Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Gemiddeld          sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   50–59%            lewer.
                     Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
      3              Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul
 Bevredigend         kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   40–49%            kommentaar te lewer.
                     Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                     kuns.
                     Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
       2             Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
   Elementêr         kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    30–39%           kommentaar te lewer.
                     Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
       1             Demonstreer min of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
 Nie behaal nie      kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
     0–29%           kommentaar te lewer.
                     Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele
                     kunsterminologie.
                     Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                 13                                          DBE/2021
                                           Eksamenriglyne

3.3      Vraestel 2: Praktiese Eksamen (Onderwerpe 1 en 2)

Die eksamenvraestel bestaan uit ONDERWERP 1 (Bronboek) en ONDERWERP 2 (Kunswerk).

TYD:
Onderwerp 1: Konseptualisering by die skool en/of tuis gedurende Kwartaal 3.
Onderwerp 2: Finale kunswerk onder gekontroleerde toestande slegs by skool vir 'n
              maksimum van 24 ure.
UITDEEL: Sal deur die DBE bepaal word.
SPERDATUM: Sal deur die DBE bepaal word.

     Die praktiese eksamen word deur die nasionale DBE opgestel.
     LET WEL: Die maksimum tydsduur vir die hele praktiese eksamenproses sal op die
                   nasionale praktiese vraestel (Vraestel 2) aangedui word.
     Die tema sal 'n breë, oop tema wees om voorsiening te maak vir diverse oplossings in die
      verskillende spesialisasiedissiplines.
     Gespesialiseerde opsies sluit in teken, skilder, beeldhouwerk, drukkuns, multimediawerk,
      fotografie, keramiekwerk, installasies, nuwemedia-werk, ens.
     Aangesien Onderwerp 1 (Konseptualisering) dieselfde gewig as Onderwerp 2 (Die kunswerk)
      het, moet genoeg tyd daaraan bestee word om die belangrikheid daarvan te erken.
     Die onderwyser kan by die voorafgaande voorbereidingsessie betrokke wees. As gevolg van
      die voorbereidende aard van Onderwerp 1, mag leerders ook by die huis werk.
     Alle Onderwerp 1-werk moet voltooi en gereed wees voor die aanvang van die Onderwerp 2-
      eksamenwerk. Leerders mag die Onderwerp 1-bronboek as verwysingspunt tydens hul
      Onderwerp 2-eksamen gebruik. Beide Onderwerp 1- en Onderwerp 2-eksamenwerk moet
      onmiddellik nadat die Onderwerp 2-eksamen voltooi is, by die eksamenbeampte/onderwyser
      ingelewer word. Hierdie datum sal in 'n amptelike brief deur elke provinsie bepaal word.
     Die onderwyser mag NIE die kandidaat OP ENIGE WYSE tydens die finale produksie van die
      kunswerk (Onderwerp 2) help NIE.
     Onderwerp 2 moet op 'n deurlopende basis tydens kontaktyd gedoen word, bv. tydens vier
      opeenvolgende dae van ses uur elk. Die keuse van eksamentydindeling of -opsies moet in
      elke skool onderhandel word.
     Onderwerp 2 moet by die leerder se eksamensentrum of geregistreerde kunssentrum gedoen
      word, onder die toesig van die skoolonderwyser. Onderwerp 2-werk mag NIE tuis gedoen
      word NIE en mag NIE die eksamenlokaal verlaat NIE.
     Elke provinsie sal die nasienproses van Onderwerp 1 (bronboek/konseptualisering) en
      Onderwerp 2 (finale kunswerk) bepaal. Skole sal deur die provinsies oor datum, tyd en plek in
      kennis gestel word vir die inlewering van werk by eksamensentrums, waar van toepassing.
     Leerders se werk is nie ten opsigte van grootte beperk nie, maar dit moet 'n aansienlike groep
      kunswerke wees wat ten minste 12 uur, en nie meer as 24 uur se werk nie, verteenwoordig.
      Hou by die puntetoekenning wanneer nagesien word.
     Die finale praktiese eksamen vir graad 12 verteenwoordig die hoogtepunt van leerders se
      kunsstudies deur die jaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                    14                                            DBE/2021
                                              Eksamenriglyne

RIGLYNE

ONDERWERP 1: Bronboek

     Dit moet gedurende Kwartaal 3 by die skool en tuis voltooi word.
     Die onderwyser moet die vraestel uiteensit/verduidelik.
     Die onderwyser kan die leerders lei ten opsigte van hulle keuse van onderwerp, media en
      tegnieke in Onderwerp 2 gebruik, met inagneming van die spesifieke konteks van die skool.
     Die onderwyser moet die leerders aanmoedig om soveel moontlik verskillende interpretasies
      te ondersoek. Monitor en lei leerders sorgvuldig soos hulle die tema navors.
     Die bronboek bied insig in die manier waarop leerders idees gevorm het, hoeveel alternatiewe
      hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet
      alle denkprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra.
     Daar is geen beperkings op grootte nie en dit kan in enige vorm aangebied word.
     Dit is belangrik dat alle direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens. Verbied word. Direkte
      kopiëring van 'n visuele beeld wat nie die leerder se eie is nie, sal gepenaliseer word. Dit is 'n
      vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.
     Die transformasie-proses van die bronmateriaal is uiters belangrik. Leerders kan egter
      geskikte beelde uit tydskrifte en ander bronne gebruik en dit met ander beelde kombineer om
      hul eie interpretasies te skep.
     Daar moet 'n duidelike verband tussen die finale kunswerk en die visuele/geskrewe inligting in
      die bronboek wees.
     Klem moet geplaas word op voorbereidende sketse, tekeninge, eksperimentering met
      tegnieke en materiaal wat in die finale werk gebruik gaan word.
     In die bronboek moet die leerder VISUEEL die 'storie' vertel van hoe die kunswerk BEPLAN,
      ONTWIKKEL en VERVAARDIG is. Dit moet met tekeninge, geskrewe gedeeltes,
      eksperimentering, ens. gedoen word.
     Die bronboek moet individualiteit en kreatiwiteit weerspieël.

Die volgende is 'n riglyn van items wat by die bronboek ingesluit kan word:

    Plak die eksamenopdrag voor in die eksamenbronboek.
    Voorstel/Idee, wat breinkaarte, dinkskrum, ens kan insluit.
    Ondersoek, eksperimentering en navorsing van benaderings en/of idees, wat bronmateriaal,
    soos sketse, kan insluit. Tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en
    navorsing oor kunstenaars wat geïnspireer het. Alle materiaal moet verband hou met die
    ontwikkeling van die finale kunswerk en besluite motiveer.
    Verpersoonlik en skep oorspronklike voorbereidende/komposisionele sketse en tekeninge op
    bronne gebaseer.
    Prosestekeninge.
    As die werk meer proses-gerig is, moet leerders bewyse van die kreatiewe proses insluit deur
    dokumentasie deur oorspronklike foto's, eksperimente en/of tekeninge en bygaande tekste.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                               15                                          DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

ONDERWERP 2: Kunswerk

   Die eksamenwerk moet in die teenwoordigheid van die Visuele Kunste-onderwyser in die
    kunsklasruimte voltooi word.
   Al die materiaal benodig vir die eksamen moet in die eksamenlokaal ingebring word, maar
    GEEN eksamenwerk mag uit die klaskamer geneem word NIE. Dit word as 'n
    eksamenonreëlmatigheid beskou.
   Leerders mag die vraestel voor die begin van die eksamen met die Visuele Kunste-
    onderwyser bespreek, maar geen bespreking van werk mag tydens die eksamenperiode
    plaasvind nie.
   Die leerders moet EEN kunswerk in die praktiese dissipline wat hulle vir die jaar gekies het,
    produseer.
   Die finale kunswerk kan as 'n enkele stuk aangebied word, of moontlik in die vorm van 'n
    diptiek, triptiek of 'n reeks werke wat as een werk gelees kan word.
   Daar is geen beperkings op grootte nie, maar die kunswerk moet hanteerbaar en duursaam
    wees ten opsigte van vervoer na die eksamensentrum, indien die provinsie dit vereis.
   Laat 'n verskeidenheid media, tegnieke, dissiplines en benaderings toe.
   Die leerders moet 'n gevorderde graad van tegniese vaardigheid toon met gebruik van 'n
    reeks materiaal en tegnieke wat gekies is.
   Daar is geen spesifieke voorskrifte oor die styl van die werk nie. Die leerder kan in die vorm
    van naturalisme, ekspressionisme, dekoratief, ens. werk.
   Leerders mag ook ander media inkorporeer om gemengdemedia-werk in enige van die
    praktiese dissiplines te skep.
   Kunswerke wat uit die kunsklas/skool vir gietwerk, bak van beelde, digitale druk van foto's,
    ens. verwyder word, moet noukeurig deur die kunsonderwyser gemonitor word, uitgeteken
    word wanneer dit verwyder word en ingeteken word wanneer dit na die kunsklas teruggeneem
    word.
   Die kunselemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme,
    balans, proporsie en komposisie, is uiters belangrik.
   Kreatiwiteit en individualiteit moet beklemtoon word. Die kunswerk behoort 'n uitdrukking te
    wees van die kandidaat se belangstellings/konsepte en bekommernisse op die vlak van 'n
    18- tot 19-jarige.
   'n Suksesvolle kunswerk is 'n kombinasie van die idee en die uitvoering daarvan. Wees
    versigtig vir illustratiewe werk. Die estetiese eienskappe, 'varsheid 'en energie van die
    kunswerk moet beklemtoon word.
   Idee-ontwikkeling/Konsep-ontwikkeling en die uitvoering daarvan moet in alle digitale/
    multimedia-/nuwemedia-werk 'n belangrike rol speel. Wanneer nagesien word, moet die
    kandidaat se denkprosesse wat tot die finale uitvoering van die idee/konsep gelei het, visueel
    sigbaar wees.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                   16                                            DBE/2021
                                             Eksamenriglyne

ASSESSERINGSKRITERIA

ONDERWERP 1: BRONBOEK

 ASSESSERINGSKRITERIA                           Dit sluit die volgende in:                  Gewigs-
                                                                                          toekenning
Konsep-ontwikkeling                  Breinkaarte, sketse met byskrifte en                   25%
                                      tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek,             Dit moet sommige of al die volgende insluit:                25%
eksperimentering, ens.             Sketse, tekeninge, foto's, beelde,
                                      versamelde gedigte, lirieke en enige ander
                                      materiaal wat jou inspireer
                                   Navorsing oor kunstenaars wat jou
                                      geïnspireer het
                                   Eksperimentering met media en/of
                                      verskillende tegnieke
                                   Alle materiaal moet verband hou met die
                                      ontwikkeling van jou werk en moet jou
                                      besluite ondersteun
Prosestekeninge                    Minstens 30% moet tekeninge wees om jou                   25%
                                      konsep-ontwikkeling te verduidelik
Aanbieding en algehele             Visueel interessant wat 'n persoonlike                    25%
voorkoms                              benadering toon
                                   Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10
                                      bladsye bestaan
TOTAAL                                                                                         50

ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK/PRAKTIES

 ASSESSERINGSKRITERIA                                   Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van                     Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die konsep
materiaal/tegnieke                       Veilig en hanteerbaar
                                         Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele                      Die belangrikheid van die elemente en beginsels van
kunselemente                              kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme,
                                          balans, harmonie, proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk:                   Ontwikkeling van nuwe en unieke oplossings
oorspronklikheid, kreatiwiteit,
innovering
Interpretasie en praktiese               'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
toepassing van navorsing                 Eksperimentering
                                         Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding van             Aandag aan besonderhede
kunswerk                                 Taak in toegelate tyd voltooi
                                         Aanbieding volgens taak
TOTAAL                                                                                          50

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                               17                                                DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK

Hierdie beskrywende rubriek moet in ALLE praktiese assesserings (Bronboeke, Kunswerke
en PAT-uitstalling) gebruik word om standaardisering te verseker.

Uitstaande       90–100      Die leerder het baie idees ontwikkel en ongewone kombinasies of
                              veranderinge ondersoek voordat een finale idee gekies is; hou verband
                              met vorige kennis; meesterlike probleemoplossingsvaardighede.
                             Poging is veel meer as wat nodig was.
                             Die 'WOW'-faktor is duidelik.
                             Werke toon groot innovasie.
                             Inhoudelike/Konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
                             Die werk spreek in geheel van selfvertroue en is stemmingsvol; dit betrek
                              die kyker met uitstekende visuele eienskappe.
                             Uitstaande en oorspronklike visie. Buitengewone vermoë, ryk aan
                              kreatiwiteit, insigryk, vloeiend, hoë vaardigheid, waarneming en kennis
                              sterk uitgedruk, ondersteun deur oorspronklike of ongewone keuse van
                              relevante visuele verwysings.
Uitstekend       80–89       Treffende impak; die meeste van bogenoemde; gedetailleerd; goed
                              georganiseerd en samehangend, afgerond; vaardigheid duidelik;
                              ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings;
                              aanbieding oorspronklik en oordink; 'n paar geringe foute sigbaar.
                             Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie
                              OF baie innoverend, maar 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed        70–79       Goed georganiseerd, soos hierbo, maar gebrek aan 'sprankel' (minder
                              oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie
                              vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie
                              keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite met
                              oorspronklike aanbieding gedoen; 'n paar duidelike teenstrydighede/
                              tekortkominge.
                             Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/Innoverend/Kreatief,
                              maar nie tegnies afgehandel nie.
                             Tegnies goed, maar ontbreek konseptuele rykheid of andersom. Werk is
                              dalk op kreatiewe vlak innoverend, maar gebrek aan tegniese
                              vaardigheid.
Goed             60–69       Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike voorneme;
                              oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; toon begrip, maar
                              neig soms na 'n alledaagse en stereotipiese reaksie; voldoende keuse
                              van relevante visuele verwysings; redelike moeite met aanbieding
                              gedoen; steurende/duidelike teenstrydighede.
                             Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld        50–59       Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig.
                             Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings nie altyd duidelik
                              geïdentifiseer nie.
                             Billike aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
                             Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlik beperkte
                              betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.
                             Visuele beelde is uit ander bron gekopieer met min transformasie van
                              beelde.
                             Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.
                             Die omvang van die werk is beperk en/of herhalend.
Onder            40–49       Genoeg materiaal/werke om te slaag; nie logies gekonstrueer nie.
gemiddeld                    Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek
                              aan tyd aan taak bestee, kan hiertoe bydra.
                             Min gebruik van visuele inligting; lomp of slordige aanbieding; het
                              ondersteuning/motivering nodig om te slaag.
                             Visuele beelde is uit ander bron gekopieer met baie min transformasie
                              van beelde.
                             Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning, of
                              onvolledige beplanning nie.
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                               18                                              DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

Swak                 30–39      Net genoeg materiaal/werke om te slaag.
                                Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
                                 vaardighede gebruik.
                                Min moeite gedoen om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied;
                                 min of geen visuele inligting/verwysings nie.
                                Algemene gebrek aan toewyding; het ondersteuning/motivering
                                 nodig om te slaag
                                Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder dit wat
                                 aanvaarbaar is.
                                Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
                                 oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak            20–29      Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; min
Druip                            of irrelevante werk/visuele inligting.
                                Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied
                                 nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
                                Baie swak vaardigheidsvlak.
                                Projek is baie swak of onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming.
                                Klasse is gemis en leerder het nie die werk ingehaal nie.
Onaanvaarbaar        0–19       Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip                            selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking.
                                Werk onvoltooid.
                                Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen nie.
                                Die meeste klasse is gemis en leerder het nie die werk ingehaal nie.
                                Onsamehangend: irrelevant, baie min of geen werk nie: gebrek
                                 aan selfs beperkte vaardighede wat toegepas word. Geen
                                 toegewydheid/samewerking nie.

Vraestel 2: Nasien en Moderering

   Nasien moet volgens die DBE-rubrieke deur 'n paneel (mede-onderwysers of aangestelde
    paneel) gedoen word.
   Alle leerders moet individueel gemodereer word, m.a.w. moderering van aangesig tot
    aangesig of aanlyn, om die proses, produkte en punte te verifieer. Hierdie moderering moet
    deur provinsiale beamptes en/of persone aangestel deur die provinsie, gedoen word.
   Die provinsiale onderwysdepartement bestuur hierdie proses.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste                                19                                         DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

HOOFSTUK 4: ALGEMENE VAKINLIGTING

4.1      Verduideliking van Terminologie

Visuele geletterdheid: Die eerste vlak van visuele geletterdheid is eenvoudige kennis: basiese
identifisering van die onderwerp of elemente in 'n kunswerk. Alhoewel akkurate inligting belangrik
is, is die verstaan van wat ons sien en die begrip van visuele verhoudings egter net so belangrik.
Hierdie hoër vlak van visuele geletterdheidsvaardighede vereis kritiese denke.
Formele analise: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele elemente in 'n
kunswerk, soos lyn, kleur, komposisie, ens.
Visuele analise: Dit is nie net 'n formele analise nie, dit sluit ook styl, tegniek, kontekstuele
invloede, betekenis en interpretasie in.

Die volgende is 'n paar van die sleutelkonsepte wat leerders moet verstaan en in kunswerke moet
kan identifiseer en verduidelik.

     Formele elemente van kuns:
      o Lyn (verskillende eienskappe van lyne, kontoerlyne, ens.)
      o Fatsoen en vorm (positiewe en negatiewe vorms, organies en anorganies)
      o Tonale waardes (chiaroscuro)
      o Tekstuur (geïmpliseerde en tasbare teksture)
      o Kleur (kleurteorie, bv. primêre, sekondêre, komplementêre, tersiêre, monochromaties, koel
         en warm kleure en hul invloed op 'n kunswerk)
      o Ruimte (lyn- en ruimteperspektief)
      o Patroon
     Ontwerpbeginsels (soos eenheid, ritme, beweging, proporsie/verhouding, klem, kontras,
      ens.)
     Komposisie en fokuspunt
     Verskillende kunswerkmedia (olieverfskilderye, marmerbeeldhouwerke, ens.)
     Tegnieke (bv. ingewerkte/vermengde areas of definitiewe kwashale by 'n skildery, kerwing of
      modellering by 'n beeld)
     Style (soos naturalisme, ekspressionisme, stilering, simbolisme, abstrak)
     Frontaliteit, verwringing, vereenvoudiging, ens.
     Begrip van konsepte/idees, soos Westerse Kuns, Nie-Westerse Kuns, Inheemse Kuns,
      modernisme, postmodernisme, funksionalisme, propagandakuns, toe-eiening, ens.
     Konsepte/Idees/Ideologieë wat spesifiek met Suid-Afrikaanse geskiedenis en kuns verband
      hou, soos apartheid, weerstandskuns, die 'afgeskeepte tradisie', ens.

(Raadpleeg woordelys in die goedgekeurde handboek en/of kunsboeke vir verduidelikings.)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Visual Arts P1 May June 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-memo-afr/da7a7857-9af7-4f88-a90d-0ec928d50ab2) — Visual Arts · Memo · 2021 · Afr
- [Visual Arts P1 May June 2019 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-memo-eng/497c5838-6809-4ac4-b34b-4b29374affd0) — Visual Arts · Memo · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-eng/9f154c43-9140-4379-af31-fcdaf444b8fa) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-eng/daf80e06-f100-4a60-9691-5a9e93ca93a5) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-afr/7f219bc0-3117-44ba-a2c7-78d846ae92ef) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2021-eng/461887ca-0e54-4465-b287-544137760c61) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
