# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2015-memo-afr/559b0084-ed7f-45be-b9d3-5ae1b5a6bea8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2015-memo-afr/559b0084-ed7f-45be-b9d3-5ae1b5a6bea8)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2015

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               2                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                        NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:

•     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Die plasing van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die afgebeelde visuele bronne in kleur verwys waar dit
           vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
           puntetoekenning:

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              3                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                       NSS – Memorandum

WOORDELYS

Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
spesifieke vraag te benader:

Analiseer:            'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
                      kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie
                      van 'n kunswerk.

Beskryf:              Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die kunswerk;
                      berig oor wat die oog mag sien.

Bespreek:             Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling.

Formele               Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep,
kunselemente:         soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie,
                      ensovoorts.

Interpreteer:         Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n kunswerk.
                      Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities,
                      ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke
                      spesifieke voorbeelde te verwys.

Kontekstualiseer:     Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting;
                      met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting
                      verwys.

Motiveer:             Om met bewyse of getuienis te ondersteun.

Noem:                 Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook
                      'n verduideliking.

Verduidelik:          Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.

Vergelyk:             Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne
                      dieselfde argument aan.

Visuele bronne:       Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of
                      waarna in ander bronne verwys word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Die werke wat deur hierdie kunstenaars geskep is was suiwer afkomstig van hulle
begeerte om hulle omgewing uit te beeld sonder kritiese of politieke kommentaar.

1.1      Bestudeer FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf 'n kort opstel waarin jy soveel
         waarnemings maak as wat jy kan.

         Verwys na die volgende:

         •   Die tema van die skilderye
         •   Styl van die werke
         •   Gebruik van lyn en toonwaarde
         •   Betekenisse van die kunswerke

         FIGUUR 1a: Sophie Peters, Die ou dae, Linosnee op papier, 1991:

         • Tema/onderwerp
         Ons sien voorstellings van 'n ou man en 'n jong kind wat in 'n park sit in 'n
         groot stad. Die geboue in die agtergrond bevestig die feit dat dit 'n
         stadstoneel is. Die park word geïdentifiseer deur die bank en die heining.
         Hulle braai vleis op 'n rooster bo-op 'n konka wat 'n tipiese pasgemaakte
         'stoof' is van die landelike volk in Afrika. Dit is 'n metaal blik waarin gate
         gemaak is. 'n Vuur word in die blik gemaak vir kook en hitte. 'n Bron van
         elektriese lig is sigbaar in die straat regoor die park. Die toneel is die van
         hawelose mense in 'n stad.
         Die toneel dra inligting oor van die lewe van straat mense in 'n stad. Die titel
         suggereer ook dat die toneel in die ou dae plaasgevind het, wat goed was of
         'n teken is vir 'n belofte van beter omstandighede in die toekoms.

         • Styl van werk:
         Baie ekspressionistiese liniêre werk met vereenvoudigde en verwronge
         (distorte) beelde – herinner ons aan die werk van Kirchner.

         • Gebruik van lyn/tonale waardes:
         'n Verskeidenheid van verskillende lyne is sigbaar in hierdie werk met die sny
         tegniek van die lino wat interessante teksture en vorms skep. Sommige harde
         buitelyne en gebroke lyne is gebruik om vensters, bakstene en omheining te
         skep deur die sny instrument. Tonale waardes is geskep deur die refleksie
         van die vuur op die figure en die verskeie digtheid van die snylyne.

         • Betekenis van die kunswerk:
         'n Stadstoneel wat die armoede van twee hawelose mense uitbeeld.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

         FIGUUR 1b: Durandt Sihlali, Suid-Afrika krotbuurt, Zondi 'Township',
         waterverf, 1957:

          • Tema/onderwerp:
          Sihlali verf 'n 'township' in 'n plattelandse omgewing sonder om enige
          boodskap oor te dra. 'n Klein nedersetting word weergegee in 'n landelike
          area met 'n vreedsame landskap in die agtergrond. Alhoewel die titel 'n
          onderliggende betekenis het van 'n krotbuurt, is dit eerder 'n informele
          nedersetting.

         • Styl van die werk:
         Die gebruik van waterverf skep 'n Impressionistiese gevoel. Oranje en blou is
         komplimentêre kleure en kenmerkend van die Impressioniste. Die sagte
         kleure in die agtergrond skep diepte. Die grondpad in die voorgrond lei die
         oog in die prentvlak en dra dit deur tot by die verdwynpunt in die agtergrond
         oor die heuwel.

         • Gebruik van lyn/tonale waardes:
         Die sagte horisontale lyne van die huise kontrasteer met die vertikale lyne
         van die boomstompe in die voorgrond. Tonale waardes in die huise en die
         landskap skep ook diepte.

         • Betekenis van die kunswerk:
         'n Landskaptoneel wat die informele nedersetting uitbeeld.                            (8)

1.2      Skryf 'n opstel waarin EEN kunswerk elk van enige TWEE kunstenaars wat jy
         bestudeer het wie se werk getuig van sy of haar omgewing, bespreek.

         Jou opstel moet die volgende insluit:

         •   Name van die kunstenaars en titel van kunswerk
         •   Temas/onderwerpe
         •   Gebruik van media en tegnieke
         •   Styl van werk
         •   Gebruik van formele elemente
         •   Sosio/kulturele en ander invloede                                                 (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 2:            SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
                    EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Alhoewel die werk van Cecil Skotnes en Sfiso Ka-Mkame met 50 jaar verskil, toon
beide sterk bewyse van 'n Afrika-identiteit. Die vraag ontstaan of hierdie invloed
vandag nog steeds van toepassing is.

2.1      Analiseer FIGUUR 2a en FIGUUR 2b krities deur die stelling hierbo te
         bespreek.

         Jou antwoord moet die volgende insluit:

         •   Die manier waarop hierdie werke 'n 'Afrika-identiteit' reflekteer
         •   Die manier waarop die Afrika-invloed hulle styl affekteer?
         •   Gebruik van vorms, simbole en patrone
         •   Betekenis of boodskappe in die werke

         FIGUUR 2a: Cecil Skotnes, Twee koppe, geverfde houtpaneel, datum
         onbekend

         •      Op watter manier reflekteer hierdie werke 'n Afrika identiteit?
         Cecil Skotnes se visuele abstraksie van die twee koppe stem ooreen met die
         Afrika houtbeelde en veral Afrika maskers. Hierdie geverfde houtpaneel is
         gestileerd met 'n groot verskeidenheid lyne. Skotnes is beïnvloed deur die
         gebruik van organiese plant en diere vorms. Die aard kleure soos geel oker,
         gebrande siënna en helder rooi word ook geassosieer met die kleurgebruik
         van die rotskunstenaars.

         •      Op watter manier het dit sy styl beïnvloed of geaffekteer?
         Die vibrerende kleure van Afrika is gebruik in die weergawe van die twee
         koppe wat ooreenkom met maskers. Die gebruik van organiese vorms het
         Skotnes beïnvloed soos gesien kan word in die vereenvoudiging en
         verwringing van die gelaatstrekke van die koppe.

         •      Gebruik van vorms, simbole en patrone
         Cecil Skotnes het gebruik gemaak van lyne om 'n verskeidenheid patrone en
         vorms te skep. Die harde lyne op die houtpaneel kom ooreen met die
         houtkerfwerk van die Afrika hout. Kontras tussen horisontale en vertikale lyne
         skep interessante patroon wat balanseer met dik en duidelike lyne.

         •      Betekenis of boodskap in kunswerk
         Dit is belangrik vir enige volk om sy geskiedenis van oorsprong te bewaar
         sodat geslagte wat kom daaruit kan leer. Nog 'n rede waarom die huidige
         generasie gereeld na hulle geskiedenis toe moet verwys, is om die stryd en
         oorwinnings te waardeer wat die land gelei het tot dit nou is en die mens tot
         wie hy is.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            7                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

         FIGUUR 2b: Sfiso KaMkame, 'n Lied vir Afrika ll:

         •       Agtergrondinligting oor kunstenaars:
         Sfiso Ka-Mkame, 'n self geleerde kunstenaar, van Zanzibar afkoms, is gebore
         in Claremont aan die buitewyke van Durban in 1963. Hy bly in sy
         nedersetting, en reis elke dag na sy studio in Umkhumbane/Cato Manor.
         Gedurende die 80's ontvang hy sporadies kunsklasse, en behaal sukses in
         1988 met verkoping van sy werk, 'Letters to God', aan die Suid-Afrikaanse
         Nasionale Kunsgalery in Kaapstad. Sy vroeëre werk reflekteer politieke
         konflik, daaglikse stryd en swaarkry.

         •     Op watter manier reflekteer hierdie werke 'n Afrika Identiteit?
         Ka-Mkame se werk is baie dekoratief, en toon 'n nostalgie vir Afrika simbole.
         Hy het begin soek na simbole vir 'n Afrika identiteit buite sy eie omgewing.
         Ka-Mkame gee gewoonlik sy werke 'n titel wat die kyker voorsien van die
         begin van 'n storie wat sy werk inspireer het. Sy Afrika figure wat gekleurde
         en dekoratiewe lang klere dra, skep 'n idée van verlange na 'n omgewing van
         wonderwerke en die mistieke. Baie van sy werke verwys na sy drome. Die
         twee Afrika figure bestaan uit verskillende geometriese vorms en patrone.

         •      Op watter manier het dit sy styl beïnvloed?
         Hierdie werk het 'n horisontale komposisie. Dit is 'n uitbeelding van twee groot
         geometriese figure in 'n landskap, wat ook die fokale punt vorm. In die
         boonste gedeelte van die komposisie/agtergrond is 'n groen veld met beeste,
         twee soldate en 'n drommer.

         •      Gebruik van vorm, simbole en patrone
         Ka-Mkame se werk is baie dekoratief, en toon 'n nostalgie vir Afrika simbole.
         Hy het begin soek na simbole vir 'n Afrika identiteit buite sy eie omgewing en
         dit word in sy werk weerspieël. Hy bou lae kleur op met oliepastelle
         beginnende met 'n geel agtergrond en voeg dan donker kleure by in volgorde
         sodat hy patrone kan blootstel en uitkrap. In hierdie werk is die gebruik van
         kras kleure, geel oker, blou, oranje groene en wit, feestelik gebruik. Wit is
         gebruik as 'n aksent kleur om figure en vorms te omlyn.

         •     Betekenis of boodskap in werke
         Deur gebruik te maak van die voorstellings van beeste, vegters en 'n
         tromslaner sowel as motiewe van inheemse tipiese Afrika ontwerp elemente,
         gee die kunstenaar inligting oor kulturele erfenis.                                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                     DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

2.2      Bespreek EEN of meer werke van EEN kunstenaar wie jy bestudeer het wat
         grootliks deur Afrika beïnvloed is.

         Jou antwoord moet die volgende insluit:

         •   Naam van kunstenaar en titel(s) van werk(e)
         •   Invloed of gebruik van Afrika-simbole en -beelde
         •   Gebruik van media en tegniek
         •   Komposisie en styl van werk
         •   Betekenisse van die werke                                                   (12)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN
         DIE 1970's EN 1980's

Kentridge het die tipiese hoë middelklas van die 1980's uitgebeeld om sy teenstand te
toon teenoor die manier waarop mense fondse ingesamel het vir natuurbewaring. Dit
was gedurende hierdie tyd dat die 'Save the Rhino' (Red die renoster) -veldtog van
stapel gestuur is.

3.1.    Verwys na die visuele bron in FIGUUR 3 en skryf 'n kort opstel waarin jy die
        volgende beantwoord:
        •   Wat is die verband tussen mens en dier in die kunswerk?
        •   Verduidelik die betekenis/doel van die gebruik van 'n interieur in die eerste
            twee panele en 'n eksterieur in die derde paneel.
        •   Wat is die betekenis van die uitbeelding van die verkyker in die middelste
            paneel?
        •   Identifiseer die afbeelding van die diere en die moontlike betekenis
            daarvan.
        •   Die gebruik van lyn en kleur.
        FIGUUR 3: William Kentridge, Conservationist Ball, houtskool en
        conté,1985

        •     Verhouding tussen mens en dier
        Mense oor die algemeen is besorg oor wilde diere. In sy werk beeld Kentridge
        die skynheiligheid uit van die mense in Suid-Afrika. Hulle bewaar maar gebruik
        terselfdertyd die natuur tot hulle eie voordeel. Dit word bewys deur die vrou in
        paneel 1, wat 'n pelsjas dra en 'n jagluiperd as 'n troeteldier het. Die hond wat
        in paneel 3 'n hiëna word, is die aasdier wat simboliseer hoe die mens leef.
        Hierdie is 'n triptiek wat in drie dele gedoen is: Uitdun – Culling, Game
        Watching – Diere kyk; en Taming – mak maak.
        •     Verduidelik die betekenis/doel van die gebruik van 'n interieur in
              die eerste twee panele en 'n eksterieur in die derde paneel.
        In hierdie deel sien ons die binnekant van 'n restaurant wat ons herinner aan
        die vermaaklikhede in Frankryk. Teen die muur van die kafee is 'n opgestopte
        Amerikaanse eland (moose). Hierdie is ironies aangesien die mens moet
        bewaar en nie doodmaak nie. 'n Amerikaanse eland (moose) is ook nie 'n
        inheemse dier in Suid-Afrika nie. Die beeld van die skulp word herhaal.
        In 'Taming' is daar beelde van voertuie in die agtergrond wat 'n boodskap
        oordra van 'n chaotiese, besige stad, Bertrams, waar die kunstenaar se studio
        was. Aan die linkerkant is 'n spieël wat die beelde weerkaats. Hierdie is 'n
        herhaling van wat in Culling ook te sien is. Die enigste dier wat beskou kan
        word as getem, is die neonlig in die vorm van 'n vis wat 'n wegneem- ete kafee
        adverteer. Doringdraad word op die balkon waargeneem wat die vrees van die
        stadsmens uitbeeld.
        •     Wat is die betekenis van die verkyker?
        Die besigtiging van wilde diere is die uiteindelike doel met natuurbewaring, en
        is meer vir die middelklas gereserveer. 'n Verkyker word gebruik om diere oor
        'n afstand te besigtig. Dit word ironies want die mense hou net partytjie en het
        geen visie van die realiteit van natuurbewaring nie. Die enigste bewys van
        diere kyk is die nuttelose verkyker op die tafel.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           10                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

        •     Identifiseer die beelde van diere en die moontlike betekenisse.
        In 'Culling', sit 'n dame met 'n pelsjas en haar troeteldier wat 'n jagluiperd is.
        Die jagluiperd is verlig deur 'n elektriese lig wat dit in 'n kollig plaas van
        moontlike uitwissing. In die middelste paneel is 'n man in gesprek met 'n
        renosterbeeldjie. 'n Opgestopte Amerikaanse eland (moose) hang teen 'n
        muur. Dis ironies aangesien hulle moet bewaar en nie doodmaak nie. 'n
        Amerikaanse eland (moose) is nie inheems aan Suid-Afrika nie. In die derde
        paneel is die polisiehond wat in 'n hiëna op rolskaatse verander het om aan te
        pas by 'n tegniese samelewing.

        •    Gebruik van lyn en kleur
        Kentridge gebruik conté en houtskool, om te kommunikeer met die kyker.
        Conté en houtskool is 'n vinnige tekenmedium en hy kon dit gekies het om die
        krasheid van die boodskap uit te dra. Harde ekspressiewe buitelyne en
        vereenvoudiging is kenmerkend van ekspressionisme. Die kunstenaar gebruik
        kontrasterende swart en wit lyne. Deur kleur weg te laat, wys hy 'n somber
        atmosfeer in 'n feestelike situasie.                                                       (10)

3.2      Analiseer TWEE spesifieke kunswerke wat jy bestudeer het en skryf 'n opstel
         waarin jy bespreek hoe die kunstenaar(s) kommentaar lewer op sosiale en
         politieke kwessies in hulle werk.

         Jou opstel moet die volgende insluit:

         •   Name van kunstenaars en titels van werke
         •   Kwessies aangeroer
         •   Moontlike boodskappe/betekenisse                                                      (10)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Baie Suid-Afrikaanse landelike kunstenaars het hulle eie interpretasie van spirituele
sake, en het soms in die proses verwronge en vereenvoudigde weergawes. Hulle werk
is eerlik, sonder vooroordeel, en is 'n refleksie van hulle ware oortuigings.

4.1      Vergelyk FIGUUR 4a en 4b en skryf 'n paragraaf oor elkeen waarin jy na die
         volgende verwys:

         •    Watter rol speel die media in elke werk? Verwys na styl en
              kunselemente.
         •    Verduidelik die verskillende interpretasies en moontlike invloede van die
              verhaal van Adam en Eva soos gebruik deur elke kunstenaar.

         FIGUUR 4a: Jackson Hlungwani, Adam en die geboorte van Eva, hout,
         1985-89.
         Jackson Hlungwani se Adam en Eva is 'n drie dimensionele werk wat
         uitgekerf is uit inheemse hout, wat 'n 'rondom' beeldhouwerk vorm, wat die
         kyker aanmoedig om rondom die werk te beweeg en sodoende al die
         verskillende sye en hoeke te sien.
         Eva word uit Adam se liggaam 'gebore'. Dit is hoe die kunstenaar die
         skepping van die mens verstaan.
         Die figure is vereenvoudig en verwring, inmekaar gevleg, wat die indruk skep
         dat Eva uit een van Adam se ribbes verskyn. Die growwe hout verleen
         tekstuur en lewe aan die werk.
         In Adam se hand is 'n eier, wat die kwesbaarheid van 'n verhouding en liefde
         tussen man en vrou simboliseer Enige liefdesverhouding is kosbaar en moet
         soos 'n breekbare eier gekoester word.'
         Hy is 'n baie gelowige man, en sy werk reflekteer sy geloof as Christen.
         Hierdie is 'n naïewe benadering maar dra by tot die onskuld van sy persepsie
         van die Christendom

         FIGUUR 4b: Azaria Mbatha, Adam en Eva/Vervloek is die grond,
         Linosnee op papier, 1964.
         Azaria Mbatha se Adam en Eva is 'n tweedimensionele stuk, gedruk op
         papier deur 'n drukwerkproses. Die harde lyne van die linodruk is
         ekspressionisties en die afwesigheid van tonale waardes laat die vorms plat
         voorkom. Pragtige tekstuur is verkry deur klein motiewe uit die lino te kerf.
         Azaria het sy godsdienstige geloof verkry met sy assosiasie met verskeie
         priesters vandat hy 13 jaar oud is. Dit is duidelik in die meeste van sy werke.
         Die drukwerk beeld die lewe van Adam en Eva in die Tuin van Eden uit. Die
         boom in die middel van die tuin verdeel die werk in twee. Die naïewe
         persepsie van die boom is sigbaar deur die druiwe wat in die boom groei. Aan
         die regterkant van die drukwerk is God besig om met 'n man te praat in
         daglig, aangedui deur die son, en Hy waarsku hulle om gehoorsaam te wees.
         Aan die linkerkant van die drukwerk het God sy rug op die mens gedraai en
         die duister is aangedui deur die maan. Satan is 'n groot reptiel met bene.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          12                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

         Die titel van die kunswerk, 'Adam en Eva/ Vervloek is die grond', herinner ons
         aan die Bybelse verhaal van die oorsprong van die sonde, wat deur Adam en
         Eva gepleeg is deur die eet van die boom van kennis, en gevolglik deur God
         vervloek is. Azaria se werk herinner ons aan die sonde en wil ons dalk bewus
         maak van die gehoorsaamheid aan God.                                                   (8)

4.2      Bespreek TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se
         werk jy bestudeer het, wat 'n spirituele inhoud weergee.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn in jou antwoord:

         •    Name van kunstenaars en titels van werke
         •    Spirituele beelde
         •    Media en tegnieke
         •    Invloede
         •    Inhoud en betekenis                                                               (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           13                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Robin Rhode maak kuns op straat. Op speelgronde, sementsypaadjies en teen
baksteenmure, gebruik hierdie Suid-Afrikaner slegs 'n stukkie kryt of houtskool om
gebeurteniskuns ('performance art') te skep wat die grens tussen twee- en drie-
dimensies uitdaag.

Verwys na die visuele bronne in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b en bespreek hoe Robin
Rhode deur sy kuns kommunikeer.

Oorweeg die volgende in jou antwoord:

•   Bespreek EEN werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wie
    alternatiewe, kontemporêre of populêre kunsvorms gebruik om hulle boodskappe
    na die kyker oor te dra
•   Opvoering en dokumentering
•   Storie oorgedra deur die aksie van die kunstenaar
•   Moontlike boodskappe/betekenisse
•   Die betekenis van die gebruik van speelgronde, sementsypaadjies en
    baksteenmure

FIGUUR 5a en FIGUUR 5b: Robin Rhode Stone, Vlag, dokumentering van
gebeurteniskuns, 2004:

•       Opvoering en Dokumentering
Rhode se opvoering en dokumentering van werk besit 'n atletiese fisieke kwaliteit, en
sy straatkind uitrustings ondersteun die kleure wat geassosieer word met Suid
Afrikaanse sportspanne. Die agtergrond vir sy foto's is meestal grys, vervalle stad
beton en teer In die krake en inheemse graffiti vind hy 'n onaantreklike oppervlak vir sy
verrassende verbeeldingryke werke. Die tekenwerk op mure en binnehowe, of direk op
die oppervlakte van 'n straat, met sy strokiesagtige krytwerke en houtskoolafbeeldings,
word soms in die oppervlak gepers om 'n driedimensionele spel van illusie te skep.
'Stone Flag' (2004): Aangetrek in 'n spierwit uitrusting van sy eie skepping wat
gelyktydig 'n deftige sport soos krieket of tennis voorstel, stel Rhode homself voor in
nege kleurfoto's wat 'n uitbeelding is van 'n vlag wat swaai. (Daar is slegs een vlag in
FIGUUR 5b)
Hy word van bo af gesien teen die agtergrond van ou, gekraakte sement in sy ma se
Johannesburgse erf. Die dowwe skadu's van haar huislike wasgoedlyn en
wasgoedpenne is effens sigbaar in die agtergrond. 'n Vlag wat bestaan uit 'n dosyn
rooi, kleibakstene, wapper aan 'n paal, gemaak van verroeste en vervalle pyp wat hy in
sy hand swaai. In elke skoot mimiek hy die sparteling om die vlag te beheer, die
waarskynlike beweging weergegee deur die spoor van rooi wat elke verstelling
agterlaat op die dowwe sement. Tussen die mees universele simbole van Post-
Apartheid, is die nuwe vlag. Deur gebruik te maak van bakstene - letterlik die boustene
van 'n nuwe beskaafde gemeenskap, lig hy 'Stone Flag' van toertjie na 'n dieper
betekenis. Hierdie kunswerk skep interessante vrae aangaande simbole, beide
persoonlik en polities.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          14                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

•      Verhaal oorgedra deur die aksie van die kunstenaar
Sy uitoefening van sy kuns ontleed die alledaagse en word 'n instrument vir die
ontplooiing van weerstand – sonder om noodwendig in opstand te kom maar dit word
eerder speels, verleidelik en 'n fantasie. Hy gebruik die narratiewe of vertelling om 'n
brug te bou tussen diverse gemeenskappe en gehore. Fantasie en storievertellinge
stel voor sosiale opvoerings, en dit dra by tot uitbreiding van 'n sosiale belewing,
sonder eksklusiewe kulturele of kunstige belewings.

•       Moontlike boodskappe/betekenisse
Sy fokus is om ruimtes te vul met 'n teenwoordigheid wat voorheen uitgesluit was. As
'n herinnering aan die konstante stryd om spasie, plaas hy die liggaam in fiktiewe
spasies wat ook as 'n realiteit kan funksioneer. Verhoudings, bydraes en
bekommernisse is kwessies wat sy werkproses deurdring, terwyl hy getrou bly aan
plaaslike kwessies en plekke. Sy werk reflekteer hoe persoonlike geskiedenis in
verband gebring kan word met objekte en ondervindings wat degradasie en korrupsie
kan insinueer. 'n Waardesisteem word gekonfronteer deur opvoering as 'n monoloog.
Aksies is gevul met politiese, retoriese en anargistiese energie, wat die kwesbaarheid
reflekteer van geheue en kuns wat die sulke onthou bevat, en verlig 'n gemeenskaplike
erfenis van begrensing. Sy scenario's getuig van die pogings om binne standaarde en
raamwerke in te pas wat deur ander mense daar gestel is, asook situasies wat geskep
is vir die uitsluiting van mense en die daarstelling van mislukkings. Hy gebruik ook
humor en spel om te verwar en die onwelvoeglike te erken, en gee uitdrukking aan die
begeerte om te analiseer, verander, fantaseer en om alternatiewe oplossing te skep vir
situasies wat totaal gedomineer word deur die politiek en markstrategieë.
Rhode glo dat kuns 'n definitiewe praktiese funksie en opvoedkundige potensiaal het,
wat deels die rede is waarom hy sy kuns 'regte lewensvorm' gee. Hy poog om te
vermaak en verwag van die gehoor om te beoordeel.
In sy opvoering verdof hy die gewoonlik daadwerklike grense tussen illusie en realiteit
deur 'n poging om driedimensionaliteit met 'n tweedimensionele skets te integreer , en
speel met die moderne siening van die kunstenaar as 'n 'kreatiewe genie'. Alhoewel
die sketse al die konvensionele kwaliteite van teken besit (houtskool op wit oppervlak),
word hierdie sketse gemaak om so fiktief as moontlik voor te kom, om 'n intense
bewustheid te skep dat dit nie saak maak hoe groot die genie is nie, 'n weergawe bly
maar net 'n weergawe.

•        Die doel van die gebruik van speelgronde, sypaadjies en baksteen mure
Sy kuns kom meer tuis voor buitenshuis as in die flou gange van kantore, of miskien
vereis sy kuns van die kultuur van basketbal, straatdanse en graffiti. Hy maak kuns
letterlik op die straat. Op speelgronde, sementsypaadjies en baksteenmure gebruik
slegs 'n stompie kryt of houtskool om opvoerings te skep wat die grense tussen
tweedimensies en driedimensies uitdaag en konfronteer die geskiedenis en
onuitwisbare herinneringe wat opgesluit lê in argitektuur.

Die leerders moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
bespreek wat alternatiewe kontemporêre of populêre kunsvorme gebruik.                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          15                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 6: POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

Ons geskiedenis vorm ons identiteit. Om sin te maak uit wreedhede uit die verlede, het
kunstenaars geskiedenis en tradisie nagevors vir heling en bevryding.

Anselm Kiefer is 'n Duitse kunstenaar wat die landskap as metafoor gebruik vir die
swaarkry en skuldgevoelens van die Duitse volk na die Nazi gruweldade van die
Tweede Wêreldoorlog.

Boltanski verken temas van verlies en herinneringe deur die skep van gedenk-
installasies vir onbekende mense – naamlose individue wat moontlik slagoffers van die
Joodse volksmoord was.

6.1      Skryf 'n paragraaf oor FIGUUR 6a en 6b deur die volgende te beantwoord:

          •   Hoe is elke werk gemaak? Oorweeg die styl en aanbieding van elk.
          •   Wat dink jy is die betekenis van die gebruik van materiaal soos strooi,
              beskuitjiehouers, fotografie en beligting?
          •   Op watter moontlike manier het hierdie werke gehelp met die
              helingsproses?
          •   Hoe belangrik is ons geskiedenis in die vorming van ons identiteit?

         FIGUUR 6a: Anselm Kiefer, Nuremberg, akriel, emulsie en strooi op
         doek, 1983.
         Kiefer was deel van die Neo-Ekspressionisme beweging van die 1980's en
         het bekend geword vir sy swaar tekstuurlandskappe. Die landskappe verwys
         na die Nazi geskiedenis van Duitsland bv. die Nuremburg is geskryf op die
         skildery. Hy sien die landskap as 'n simbool van die Duitse siel wat geskend is
         deur die Nazi's. Kiefer gebruik sterk ekspressionistiese kenmerke soos die
         sterk liniêre kwaliteite om sy angs uit te druk. Die diepte van die werk word
         aangedui deur die gebruik van swart diagonale lyne wat saamvloei in die
         verte. Diagonale lyne stel beweging of onstabiliteit voor. Die strooi skep 'n
         tasbare, amper driedimensionele werk. Die strooi ondersteun die idée van die
         Nazi stewels wat die aarde vertrap het, en die aarde vermink en oopgemaak
         het. Die strooi verteenwoordig sterk ekspressiewe kwashale in 'n skildery wat
         handel oor die proses van skilder. Die skildery is baie dof as gevolg van die
         sterk gebruik van swart, okers en bloue met wit as die kontrasterende
         ligpunte. Die landskap het dele van 'n dorp of stad in die verte. Daar is geen
         figure in die landskap nie wat die idee van isolasie en afsondering versterk.

         FIGUUR 6b: Christian Boltanski, Monument (Odessa) ses afdrukke, drie
         koekieblikke, ligte en draad, 1989.
         Boltanski het 'n drie dimensionele installasie gemaak deur die gebruik van
         foto's en koekieblikke wat teen 'n muur opgehang is. Hierdie objekte is
         verbind deur die bedrading van ligte. Die werk kry sy impak deur die
         kombinasie van gevonde voorwerpe en foto's. Dit is 'n konseptuele werk wat
         sy 'storie' vertel deur die gebruik van non-tradisionele kuns media. Betekenis
         word afgelei deur die kombinasie van objekte.

         Die leerders moet sê waar hulle dink die betekenis lê in die gebruik van
         materiaal soos strooi, koekie bokse, ligte en draad.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          16                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

         FIGUUR 6a: Anselm Kiefer, Nuremberg, akriel, emulsie en en strooi op
         doek, 1983.
         Kiefer sien strooi as 'n simbool van kwesbaarheid (dit kan maklik brand en
         vernietig word), maar kan ook simbolies wees van die landbou wat nie
         moontlik kan wees in hierdie verminkte landskap nie. 'n Ander verwysing
         waarom hy die strooi gebruik het, is die tipies blonde Ariese vrou wie se hare
         die kleur van strooi is. Leerders mag dalk nie hierdie spesifieke betekenisse
         weet nie, maar kan afleidings maak oor die kwesbaarheid van strooi. Strooi is
         bros en maklik vernietigbaar. Dit is ook lig en skep tekstuur in die skildery.
         Strooi is ook die eindproduk van die koring- siklus – die oorblyfsels van
         verganklikheid en dit mag ook verwys na die barre aarde.

         FIGUUR 6b: Christian Boltanski, Monument (Odessa) ses afdrukke, drie
         koekieblikke, ligte en draad, 1989.
         Boltanski werk met die onbekende slagoffers van die groot mense slagting.
         Die foto's is van onbekende kinders wat die voorstellend is van die baie
         kinders wat verdwyn het na die konsentrasiekampe. Die foto's en 'n outydse
         voorkoms. Die beligting skep 'n skedelagtige voorkoms van die gesigte. Die
         koekie bokse verwys na die houers wat gebruik is om kosbaarhede te stoor
         soos foto's en briewe. Die beligting en komposisie skep 'n altaar effek wat
         hulde bring aan die wat verdwyn het.

         •      Op watter maniere kan hierdie werke help met die heelmaak
                proses?
         FIGUUR 6a: Anselm Kiefer, Nuremberg, akriel, emulsie en strooi op
         doek, 1983.
         Nuremberg was een van die plekke waar Adolf Hitler en die Nazi's hulle groot
         byeenkomste gehou het. Dit was ook die plek waar die verhore van die Nazi
         oorlog misdadigers gehou is. Die naam Nuremburg is belaai met die
         geskiedenis van die Nazi's. Vir baie jare wou die Duitsers nie hierdie deel van
         hulle geskiedenis erken nie. Kiefer het gevoel dat om op hierdie wandade te
         fokus sal dit die Duitse volk help om hulle gedeelde geskiedenis te erken en
         om die heelmaak proses te begin en aan te beweeg.

         FIGUUR 6b: Christian Boltanski, Monument (Odessa) ses afdrukke, drie
         blik koekieblikke, ligte en draad, 1989.
         Christian Boltanski se Monuments-reeks vors na die temas van verlies en
         geheue. Boltanski transformeer kortstondige en kommersiële materiaal, wat
         die Monument (Odessa) in die lig van 'n altaar plaas wat die raak aan die
         grense van die anonieme en identifiseerbare, die sentimentele en die
         tragiese. Hierdie installasie bring hulde aan onbekende persone – naamlose
         individue wat dalk slagoffers kon gewees het van die Joodse volksmoord.
         Sodoende bevraagteken dit die betekenis wat die kyker aan die fotografiese
         dokumente gee. Foto's kontrasteer in tonale waarde, swart en wit foto's [2d].

         Die leerder moet bespreek hoe belangrik hulle geskiedenis is in die
         vorming van hulle identiteit.                                                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          17                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

6.2      Geskiedenis is net een van die maniere waarop ons identiteit kan vorm. Skryf
         'n opstel waarin jy ten minste EEN ander kunstenaar se werk bespreek wat 'n
         ander manier het om 'n mens se identiteit weer te gee.

         Jou opstel moet die volgende insluit:

          •   Naam van kunstenaar en titel van werk
          •   Gebruik van medium en tegniek
          •   Hoe die kunstenaar identiteit in die werk weergegee het
          •   Hoe huidige kwessies deur die kunstenaar hanteer is                              (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Die Venus de Milo is 'n verpersoonliking van die perfekte vrou, maar is met verloop
van tyd beskadig. Lionel Smit verkies om met die konsep van fragmentasie te werk,
terwyl Marc Quinn 'n alternatiewe blik van vroulike skoonheid en heldhaftigheid toon
met sy uitbeelding van Alison Lapper, 'n vrou wat sonder arms gebore is.

7.1      Die vroue wat voorgehou is in FIGUUR 7a, FIGUUR 7b, FIGUUR 7c en
         FIGUUR 7d is 'n verpersoonliking van al die kwaliteite wat 'n vrou behoort te
         verteenwoordig: skoonheid, vrugbaarheid, sereniteit en grasie.

         Neem die stelling hierbo in ag en skryf 'n paragraaf waarin jy die DRIE
         beeldhouwerke bespreek.

         Jou paragraaf moet die volgende insluit:

          •     Die konsep van 'vroulike skoonheid'
          •     Gebruik van verwringing of fragmentasie
          •     Uitdrukking van vroulike heldhaftigheid
          •     Publieke interaksie met die werke
          •     Met watter werk kan jy jouself die meeste vereenselwig? Motiveer jou
                antwoord.

         •      Die konsep van vroulike skoonheid
         Die Venus de Milo wys die ideale klassieke skoonheid van die vroulike
         liggaam. Fragmentasie van Smit wys die skoonheid van 'n Maleisiese vrou
         wat ironies is omdat Maleisiese vrou nie normaalweg kaal sal poseer nie. Die
         konsep van vroulike skoonheid in hierdie kunswerke is die naakte boonste
         gedeelte van 'n vrou. Breath was oorspronklik gekonseptualiseer as 'n
         marmer beeldhouwerk van 'n swanger Alison Lapper, wie gebore is sonder
         arms en verdwergde bene.

         •      Die gebruik van distorsie en fragmentering
         Die Venus de Milo is ontdek in die vroeë 19de eeu deur 'n boer wat sy lande
         geploeg het. Deur die eeue het die arms verlore geraak. Groot debatte het
         ontstaan oor die oorspronklike posisie van die arms. Hierdie imperfeksie het
         bygedra dat sy as 'n ikoon van skoonheid beskou word. Die torso in
         Fragmentasie gemodelleer uit aparte lae klei, miskien om die kompleksiteit
         van hierdie kultuur uit te lig. Breath is 'n naturalistiese weergawe van 'n regte
         vrou met gestremdhede wat die feit bevestig dat ten spyte van haar
         gestremdheid sy nog steeds 'n vrugbare, pragtige weergawe is van die
         vroulike vorm.

         •     Uitdrukking van vroulike heldhaftigheid
         Venus de Milo is voorgestel as die perfekte kaalborstige verpersoonliking
         van 'n vroulike godin. Fragmentasie besit 'n stille, waardige houding om
         haar, met 'n effe afwaartse blik, wat nie direk die kyker insluit nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           19                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                     NSS – Memorandum

         •       Publieke interaksie met die werke
         7a is een van duie groot aantrekkingkragte van die Louvre in Parys.
         Fragmentasie word uitgestal in 'n galery en siende dat 'n driedimensionele
         werk is, kan die kyker van alle kante die werk besigtig. Breath is oorspronklik
         uitgestal in 'n publieke spasie in Londen. 'n Reuse opblaas kopie is gebruik
         tydens die openingseremonie van die Londen Para-Olimpiade. Vir die 2013
         Venesiese Biënnale, het Quinn hierdie opblaaskopie uitgestal met 'n uitsig
         oor die kanaal. Die Katolieke kerk was uiters ontsteld oor hierdie figuur net
         buite 'n kerk.

         •     Met watter kunswerk vereenselwig jy die meeste? Motiveer jou
               antwoord.
         Leerders moet hulle eie opinie lewer                                                    (6)

7.2      In die vorm van 'n kort opstel, bespreek TWEE ander voorbeelde wat jy
         bestudeer het wat handel oor geslagskwessies as óf manlikheid óf
         vroulikheid.

         Jy kan die volgende as 'n riglyn gebruik:

         •    Name van kunstenaars en titels van werke
         •    Beskrywing of interpretasie van die kunswerk
         •    Gebruik van styl
         •    Moontlike interpretasies/betekenisse                                               (14)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          20                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 8:            ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Volgens die Franse filosoof, Jacques Derrida, is 'argitektuur niks anders nie as net nog
een van die baie maniere om te kommunikeer.'

Verwys na die stelling hierbo. Gebruik enige TWEE geboue/strukture wat jy bestudeer
het, sowel as die visuele bronne in FIGUUR 8a en 8b, en skryf 'n opstel waarin jy die
volgende in gedagte hou:

•   Name van argitekte en geboue
•   Ligging en plasing
•   Gebruik van boumateriale en tegnieke
•   Moontlike inspirasie en invloede
•   Konstruksiemetodes
•   Gebruik van styl
•   Funksie van die gebou

FIGUUR 8a Nico van der Meulen ArGITEKTE, Die Glas huis, 2012
•   Die ligging van hierdie gebou in 8(a) is bepaal deur sy funksionaliteit. Die
    Glashuis is 'n privaat woning in Johannesburg, waar elke kamer sy eie
    uitstekende uitsig het.
•   Met 'n kliënte opdrag wat slegs aangedui het dat 'hulle 'n moderne, deftige,
    oopplanhuis, vol lig met uitsigte vanaf al die kamers in die huis na die tuin
    verlang', het die argitekte genoeg vryheid gehad om kreatief te dink.
•   Die argitektoniese invloede van modernisme, Internasionale styl en die ontwerpe
    van Le Corbusier kan duidelik gesien word in die reguit lyne en vierkantige
    vorms.
•   Hierdie huis is 'n voorbeeld van Nico van der Meulen se ontwerpfilosofie dat die
    uiterlikevan 'n huis net 'n verlengstuk is van die interieur. Met gemak het hulle
    hierdie idee bereik. Elke detail van hierdie uitgebreide woning besit 'n ongekende
    skoonheid.
•   Gebou om 'n groot gesin te onderhou en om gaste te ontvang en om funksies in
    te hou, is hierdie gebou toegerus met elke gerief benodig. Die hele area is lig en
    ruim. Die geniale ontwerp van Nico van der Meulen is om hierdie reusagtige huis
    huislik te laat voorkom en nie oorweldigend te laat vertoon nie.
•   Die glas visdam wat die kyker begroet, beklemtoon die gebruik van glas, waar
    alles deursigtig is en deur die glas gesien word.
•    Die Glashuis kom voor of dit slegs van glas gebou is, alhoewel dit nie die enigste
    materiaal is wat in die ontwerp van die projek gebruik is nie. Hierdie glas word
    gekomplimenteer met die gebruik van gladde staal, ruwe rots, koel sement en
    warm hout met 'n verskeidenheid van teksture en afwerkings wat in sekere
    aksente in die huis gebruik is

FIGUUR 8b: Die Jay Pritzker-paviljoen
•   Frank Gehry se Jay Pritzker-paviljoen is 'n raamwerk van 'n skulp, ontwerp deur
    argitek, Frank Gehry, in Millennium Park in Chicago. Hierdie gebou is voltooi in
    2004. Die paviljoen het 4 000 permanente sitplekke en het addisionele plek vir
    7 000 mense op 'n grasperk.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         21                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                   NSS – Memorandum

•    Dekonstruksionisme is 'n argitekskool wat fragmentasie navors, wat mure, dakke
     en interieur volumes versteur. Hulle omring die gebou in 'n tipe gekontroleerde
     chaos om doelbewus ongemak en verwarring te skep.
•    Die paviljoen is die nuwe tuiste van die simfonie orkes en koor, sowel as vir
     buitenshuise kunstenaars. Alle repetisies is oop vir die publiek.
•    Om enige wettige kwessies te vermy rakende beperkings op die hoogte van
     geboue in Chicago, het die stad die Skulp as 'n kunswerk geklassifiseer eerder as
     'n gebou. Die geborselde vlekvrye staal kopstuk omraam die teater, en is verbind
     aan 'n traliewerk van kruis en dwars staalpype. Die dak van die paviljoen rus op
     12 stutte. Die skulpspasie van die orkes is met reuseglasdeure omring.
•    'Ons wil nie graag dat argitektuur dit wat onrusbarend is uitsluit nie', het die
     medestigters van die Oostenrykse argitektuurfirma, Coop Himmelblau, geskryf
     oor die estetiese, wat aanvanklik die post-moderne argitektuurbeweging uitgelig
     het, wat eers samehorigheid teengestaan het en tweestryd gekoester het sedert
     die 1980's.

Leerders moet ook TWEE geboue wat hulle bestudeer het insluit in hulle antwoord.             [20]

                                                                            TOTAAL:          100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2014-memo-eng/17816c8e-5e49-4c90-9af5-717ea66dee9c) — Visual Arts · Memo · 2015 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2015-afr/85c436ef-7e80-472f-a8d8-9d6fd23831bd) — Visual Arts · QP · 2015 · Afr
- [Visual Arts P1 Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2015-eng/868b8917-8014-4e09-b2cf-dd84361c1ffe) — Visual Arts · QP · 2015 · Eng
- [VSLA P1 GR12 MEMO AFR SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/vsla-p1-gr12-memo-afr-sept-2015/891cc38c-16a4-4636-8708-2f2883f512dd) — Visual Arts · Memo · 2015 · Afr
- [VSLA P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/vsla-p1-gr12-memo-eng-sept-2015/a0796a58-926d-4aa3-86b1-46f93e3be27f) — Visual Arts · Memo · 2015 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2015-memo-afr/18285348-f3b5-40b5-88ce-597427d99981) — Visual Arts · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
