# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-afr/63e51dea-40e6-49e4-ae13-09e20e9831e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-afr/63e51dea-40e6-49e4-ae13-09e20e9831e1)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                              FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

•     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
           puntetoekenning:

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              3                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

WOORDELYS

Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
spesifieke vraag te benader:

Analiseer/Ontleed: 'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
                   kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie
                   van 'n kunswerk.

Bespreek:             Stel jou standpunt en gee redes vir jou stellings.

Formele               Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep,
kunselemente:         soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie,
                      ensovoorts.

Interpreteer:         Analiseer/Ontleed en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n
                      kunswerk. Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities,
                      ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke
                      spesifieke voorbeelde te verwys.

Kontekstualiseer:     Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting;
                      met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting
                      verwys.

Kontemporêr:          Kuns wat op die voorpunt is vanaf ongeveer die 1970's tot
                      vandag.

Motiveer:             Om met bewyse of getuienis te ondersteun.

Noem:                 Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook
                      'n verduideliking.

Verduidelik:          Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.

Vergelyk:             Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne
                      dieselfde argument aan.

Visuele bronne:       Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of
                      waarna in ander bronne verwys word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              4                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Beide kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b se titel is Shebeen (Sjebeen). Dit
weerspieël hoe kunstenaars hulle sosiale, alledaagse lewens ervaar. 'n 'Sjebeen' is 'n
gewilde term wat gebruik word vir 'n informele kuierkroeg of drinkplek.

1.1      Verwys na FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf 'n paragraaf waarin jy die
         volgende bespreek:

          •     Keuse van kleur en die impak daarvan op die kyker
          •     Gebruik van lig in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b
          •     Gebruik van die menslike figuur in elke kunswerk
          •     Die atmosfeer/storie/boodskap wat in elke kunswerk weerspieël word           (8)

1.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat
         die alledaagse lewe, werk en maatskaplike omstandighede in Suid-Afrika
         weerspieël en uitbeeld.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn:

         •      Name van kunstenaars en titels van werke
         •      Formele kunselemente
         •      Onderwerp
         •      Styl
         •      Inspirasie en invloede
         •      Boodskappe/Betekenis                                                         (12)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           5                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

  FIGUUR 1a: Gerard Sekoto, The Shebeen, (Die Sjebeen), Sophiatown, gouache, circa 1939.

        FIGUUR 1b: Kay Hassan, The Shebeen (Die Sjebeen), plek-spesifieke installasie
          wat 'n geprojekteerde beeld op sinkplaat insluit, met agtergrondgeluide uit die
                                     alledaagse lewe, 1997.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                      DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 2:            SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
                    EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

John Clarke stel belang in die landskap en geskiedenis van die mense van Suider
Afrika. Nicholas Hlobo se werk ondersoek, herdenk en hou verband met sy erfenis en
kultuur as 'n Suid-Afrikaner.

2.1      In die vorm van 'n paragraaf, bespreek die volgende met betrekking tot die
         visuele bronne in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b:

         •      Visuele ooreenkomste
         •      Gebruik van verskillende media en tegnieke
         •      Die gebruik van lyn, sirkels/sirkelvormige vorms en die herhaling
                daarvan
         •      Die manier waarop die kunswerke na Afrika-/inheemse kunsvorme
                verwys                                                                     (8)

2.2      Skryf 'n opstel waarin jy spesifiek verwys na die kunswerke van enige TWEE
         kunstenaars wat jy bestudeer het wat hulle Afrika-erfenis uitbeeld.

         Jou opstel behoort die volgende in te sluit:

          •     Name van kunstenaars en titels van kunswerke
          •     Onderwerp en inhoud
          •     Stylbenadering
          •     Invloede op hulle werk
          •     Boodskappe/Betekenis                                                       (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         7                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS

      FIGUUR 2a: John Clarke, titel onbekend, houtskool en pastel, datum onbekend.

        FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, eksotiese en inheemse hout, staal, draad,
                               lint en rubberbinneband, 2006.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            8                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
         1970's EN 1980's

Kunstenaars gebruik dikwels verskeie beelde as simbole om kommentaar te lewer op
sosiopolitieke kwessies.

3.1      Verwys na die stelling hierbo, bestudeer die beeld in FIGUUR 3a en skryf 'n
         paragraaf waarin jy die volgende oorweeg:

         •      Onderwerp en die gebruik van beelde
         •      Fokuspunt
         •      Gebruik van kleure/toonwaardes
         •      Moontlike simbolisme
         •      Styl en tegniek – oorweeg die manier waarop die figure aangebied is
         •      Skaal/Verhouding                                                               (8)

3.2      In die vorm van 'n opstel, bespreek TWEE relevante kunswerke wat oor
         onderdrukking en trauma handel.

         Sluit die volgende by jou antwoord in:

         •      Naam(Name) van kunstenaars en titels van werke
         •      Onderwerp/Tema
         •      Moontlike kwessies wat deur die werke hanteer word
         •      Styl van die werke
         •      Gebruik van formele kunselemente soos kleur, lyn, tekstuur, ensovoorts
         •      Gebruik van media en tegniek                                                   (12)
                                                                                               [20]

Droënaald-ets: 'n Drukprosestegniek waar ŉ beeld met 'n harde naald met 'n skerp
               metaal- of diamantpunt uitgekrap word op 'n metaal-/koperplaat. Dit
               produseer 'n sagte druk.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 9            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                 NSS

                                                                 FIGUUR 3a: Norman Catherine, Witch Hunt (Heksejag), droënaald-ets met waterverf, 1988.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 4:       KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
               LANDELIKE SUID-AFRIKA

'n Profeet is 'n persoon wat deur geestelike inspirasie praat, of as 'n vertolker optree
deur wie die wil van 'n god uitgedruk word.

4.1      Skryf 'n kort opstel waarin jy die uitbeelding van die spirituele beelde in
         FIGUUR 4a en FIGUUR 4b bespreek.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn in jou bespreking:

          •     Wat doen die profeet in elkeen van hierdie werke?
          •     Komposisie
          •     Styl
          •     Fokuspunt
          •     Diepte en perspektief
          •     Atmosfeer
          •     Boodskappe/Betekenis                                                           (10)

4.2       Skryf 'n kort opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wie se werk deur
          hulle landelike en/of spirituele agtergrond beïnvloed is.

          Jou opstel moet die volgende insluit:

          •     Name van die kunstenaars en titels van werke
          •     Gebruik van kunselemente
          •     Gebruik van materiaal en tegnieke
          •     Invloede op die kunswerke
          •     Styl                                                                           (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

    FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, The Prophet (Die Profeet), olie op doek, 1913.

   FIGUUR 4b: Billy Mandindi, Prophecy III (Profesie III), lino-reliëfdrukwerk, 1985.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              12                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 5:            MULTIMEDIA EN    NUWE    MEDIA  –    ALTERNATIEWE
                    KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

FIGUUR 5a en FIGUUR 5b beeld Yinka Shonibare se installasiewerke uit waarin hy
visueel 'n 'balanseertoertjie' uitbeeld.

5.1      Ontleed die kunswerke in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b deur die volgende
         riglyne te gebruik:

         •      Die driedimensionele aspek van elke werk
         •      Verskille en ooreenkomste
         •      Gebruik van kostuums
         •      Gebrek aan koppe
         •      Verwys na die woord 'balanseertoertjie' hierbo en verduidelik die
                moontlike boodskappe/betekenisse van die kunswerke.                         (10)

5.2      Skryf 'n opstel en bespreek enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het
         waar die kunstenaar(s) multimedia op 'n kontemporêre manier gebruik het.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn:

          •     Naam(Name) van kunstenaar(s) en titels van werke
          •     Inhoud en gebruik van materiale en tegnieke
          •     Die gebruik van nuwe media/multimedia om waarde en betekenis tot die
                kunswerke by te dra
          •     Moontlike boodskappe wat die kunswerke oordra                               (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         13                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                         NSS

     FIGUUR 5a: Yinka Shonibare, Homeless Man (Hawelose Man), mannekyn, Hollandse
            wasgedrukte katoentekstiel, leertasse, aardbol en metaalbasis, 2012.

     FIGUUR 5b: Yinka Shonibare, Girl on Globe 2 (Meisie op Aardbol 2), area-spesifieke
        installasie: veselglas mannekyn, Hollandse wasgedrukte katoen, aardbol, 2011.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            14                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 6:       POST-1994- DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

Kunswerke vertel stories oor mense se leefstyle en identiteit.

6.1      Beide kunswerke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b vertel 'n storie. Skryf ŉ
         paragraaf waarin jy oor hierdie stelling uitbrei.

         Jy mag die volgende riglyne gebruik:

         •      Onderwerp/Beeldgebruik
         •      Komposisie en fokuspunt
         •      Hoe die gebruik van die medium bydra tot die interessantheid van die
                kunswerk
         •      Moontlike boodskappe en temas                                                (8)

6.2      In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk van enige TWEE relevante
         Suid-Afrikaanse post-1994 demokratiese kunstenaars wat hul identiteit
         ondersoek.

          Jy moet die volgende riglyne gebruik:

         •      Name van die kunstenaars en titels van die kunswerke
         •      Onderwerp/Temas
         •      Media/Tegnieke en materiale gebruik
         •      Formele kunselemente
         •      Moontlike betekenisse                                                        (12)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        15                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS

FIGUUR 6a: Lebogang Kganye, The Bicycle (Die Fiets), 'n digitaalgemanipuleerde foto van
               lewensgroot kartonuitknipsels van vergrote foto's, 2013.

          FIGUUR 6b: Neo Rauch, Abendmesse (Aandkermis), olie op doek, 2012.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Kunstenaars wat geslagskwessies in hulle werk uitbeeld, het dikwels sterk opinies oor
die bevooroordeelde idees van die gemeenskap en die rolle wat van mans en vroue
verwag word.

7.1     Vergelyk die visuele bronne in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b.

        Jou bespreking/vergelyking moet die riglyne hieronder volg:

        •    Die uitbeelding van die vrou in FIGUUR in 7a en FIGUUR 7b
        •    Lewer kommentaar oor die weerkaatsing in die spieël in elke kunswerk
        •    Hoe hanteer die kunstenaars manlikheid en vroulikheid in hulle werke?
             Gee redes vir jou antwoord.
                                                                                             (6)

7.2     In 'n opstel, bespreek die werk(e) van enige TWEE kunstenaars wat jy
        bestudeer het, wie se werke kommentaar lewer oor geslagskwessies.

        Jy mag die volgende gebruik:

        •    Name van kunstenaars en titels van werke
        •    Uitbeelding van geslagskwessies
        •    Kontemporêre elemente en beelde gebruik
        •    Media en tegnieke                                                               (14)
                                                                                             [20]

Bevooroordeeld:       Onregverdig, omstrede of eensydig

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           17                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

                     FIGUUR 7a: Édouard Manet, Bar at the Folies-Bergère,
                       (Kroeg by die Folies-Bergère), olie op doek, 1882.

           FIGUUR 7b: Yasumasa Morimura, Theater A (Teater A), gepixeleerde foto,
            kleurfotodruk, 1990. Die kunstenaar skep tonele uit beroemde skilderye en
                     plaas homself daarbinne as die sentrale of hoofkarakter.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VRAAG 8:       ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Voorafvervaardigde huise is 'n betroubare en intelligente oplossing vir beide ons en
ons kinders, waar ons die uitdagings van ekologie, ekonomie en energie aanpak.

8.1      Gebruik die volgende riglyne en bespreek FIGUUR 8a en FIGUUR 8b:

         •     Gee geldige redes waarom jy die geboue in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b
               inspirerend vind.
         •     Waarom word die gebou in FIGUUR 8a vrydraend oor die bouterrein laat
               hang?
         •     Wat kan die rede wees vir die bou van die interessante dak in
               FIGUUR 8b?                                                                    (6)

8.2      Skryf 'n opstel waarin jy ten minste TWEE geboue/strukture bespreek waar die
         argitek(te) oplossings vir nuwe uitdagings gekry het.

         Die volgende moet by jou bespreking ingesluit word:

         •    Name van geboue en argitekte
         •    Invloede
         •    Tyd en koste
         •    Funksie en terrein
         •    Omgewingsinvloede
         •    Gebruik van materiale en konstruksiemetodes                                    (14)
                                                                                             [20]

Voorafvervaardiging: Om 'n gebou of dele van 'n gebou vooraf te vervaardig

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          19                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

            FIGUUR 8a: Sebastián Irarrázaval, Caterpillar House (Ruspewoning),
         'n skeepshouer-gebaseerde gesinswoning wat uitkyk op die Andesgebergte,
              Chile. Die huis is saamgestel uit 12 skeepshouers wat slaapkamers,
                              leefareas en 'n swembad insluit, 2012.

        FIGUUR 8b: Tsai Design, oorspronklike idee van die 15-jarige Marshaam Brink,
           Vissershok Container Classroom project (Vissershok-skeepshouer-
                klaskamerprojek), Du Noon township, Suid-Afrika, herwinde
                     skeepshouers, sement, glas en polistireen, 2012.

                                                                       TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-afr/2930f8b2-df24-43e4-a669-76c011b61f30) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-eng/b5a2a312-1888-4971-bf2b-0bcb906cc3d2) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-afr-sept2016/f9112218-4fc8-4e7d-931a-488d1a964b1f) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-eng/622e685c-e321-4cf2-8e13-a8f02d4cdfab) — Visual Arts · QP · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-afr/0203f85d-5984-4052-9500-21cd7691e5bc) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-afr/b994d5c9-c798-4b76-884b-35eac847760c) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
