# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-afr/2930f8b2-df24-43e4-a669-76c011b61f30
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-afr/2930f8b2-df24-43e4-a669-76c011b61f30)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                               VISUELE KUNSTE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          2                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                   NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:

1.       Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
         'n totaal van 100 punte beantwoord.

2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in
         baie gevalle:
         •    Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
         •    Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
         •    Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.

3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoord te struktureer.

4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.

5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing.

6.       Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
         antwoord bespreek, waar van toepassing.

7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
         dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
         die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
         in die nasienproses.

ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
•    Hierdie memorandum moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
     dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat
     die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die
     memorandum kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
•    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
•    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
•    Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte behaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                  3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS – Memorandum

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                      LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES                                  
     KODE
        7            •   Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Uitstekend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    80–100%              lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                         van kuns.
                    •    Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

        6            •   Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
  Verdienstelik          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    70–79%               kommentaar te lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                    •    Toon uitstekende insig en begrip.

       5             •   Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Substansieel           sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    60–69%               lewer.
                     •   Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                     •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

       4             •   Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Gemiddeld             sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    50–59%               lewer.
                    •    Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •    Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •    Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

       3             •   Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    40–49%               lewer.
                    •    Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •    Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •    Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

       2             •   Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
   Elementêr             kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    30–39%               kommentaar te lewer.
                     •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

       1             •   Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
 Nie behaal nie          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
     0–29%               kommentaar te lewer.
                     •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             4                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Beide kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b se titel is Shebeen. Dit reflekteer hoe
die kunstenaars hulle sosiale, alledaagse lewens ervaar. 'n Shebeen is ŉ gewilde term
wat gebruik word vir 'n informele kuierkroeg of drinkplek.

1.1      Verwys na FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en skryf 'n paragraaf waarin jy die
         volgende bespreek:

          •   Die keuse van kleur en die impak wat dit op die kyker het

          FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, gouache, circa 1939:
          Helder, nie-voorstellende kleure, (geel, blou en bruin) is gebruik. Die gebruik
          van komplimentêre kleure, (warm gele en koue bloue) skep kontras. Die
          gebruik van somber kleure dra by tot die armoedige trietsige atmosfeer van
          die toneel.

          FIGUUR 1b: Kay Hassan, Die Shebeen,1997 installasie
          Warm kleure is gebruik om 'n feestelike atmosfeer te skep. Die kyker het
          interaksie met die toneel en voel deel daarvan. Die atmosfeer word ervaar.

          •   Die gebruik van lig in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b

          FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, gouache, circa 1939
          Die sterk, helder geel ligbron verlig die tafel in die middel asook die vroulike
          figuur aan die regterkant. Die ander figure in die skildery is uitgebeeld as
          silhoeëtte teen die ligbron. 'n Verligte deuropening aan die regterkant vorm 'n
          sterk kontras met die donker muur in die agtergrond.

         FIGUUR 1b: Kay Hassan, Die Shebeen, 1997, installasie
         'n Eenvoudige elektriese lig hang net bokant die tafel in die middel van die
         vertrek. Die lig beklemtoon die tafel as die fokale punt. Die weerkaatste
         beelde op die mure verskaf ook lig in die vertrek.

          •   Die gebruik van die menslike figuur in elke kunswerk

         FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, circa 1939:
         Shebeens, klein kroegies of drinkplekkies is 'n integrale deel van Suid-
         Afrikaanse leefwyse. In die voorgrond is 'n donker manlike figuur met sy rug
         gekeer na die kyker. 'n Tafel is diagonaal geplaas, wat die twee groepe figure
         skei. Vier vereenvoudigde/gestileerde figure is om die tafel gerangskik. In die
         agtergrond is 'n tweede tafel/toonbank waar figure skottegoed was en deeg
         uitrol. Die figure met hulle rug na die kyker gekeer, lei die oog in die skildery
         in.

         FIGUUR 1b : Kay Hassan, Die Shebeen, 1997, installasie
         Hierdie is 'n laag-op-laag-samestelling van beelde en gebeure wat ondervind
         is oor 'n tydperk. Beelde van 'n shebeen-toneel word teen 'n muur

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

         geprojekteer en sluit in albei stemme van kliente en pop musiek. Verskeie
         stoele is teen die mure gerangskik en 'n reghoekige koffie tafel is in die
         middel van vertrek geplaas. Die afwesigheid van mense impliseer dat hulle
         reeds daar was. Daar is geen fisiese teenwoordigheid van die menslike figuur
         in die installasie nie. 'n Beeld van 'n vrou met haar hande op haar heupe word
         weergegee met twee ander figure agter haar. Dit lyk asof hulle nou net by die
         tafel gesit het en nou in die agtergrond dans.

         •      Die atmosfeer/storie/boodskap wat in elke werkstuk oorgedra word

         FIGUUR 1a: G.Sekoto, Die Shebeen, Sophiatown, gouache, circa 1939:
         'n Gelukkige, warm en gerusstellende atmosfeer is geskep. Dames by die
          toonbank in die agtergrond is besig met verskillende aktiwiteite. Hierdie
          eenvoudige toneel kan empatie by die kyker skep.

         FIGUUR 1b: Kay Hassan, The Shebeen, installation, 1997
         'n Feestelike atmosfeer word geskep deur die gebruik van klank en
         geprojekteerde beelde. Geen spesifieke mense of plekke word voorgestel nie
         maar eerder 'n 'township' shebeen. Dit is 'n sosiale gebeurtenisse waar
         mense bymekaar kom om van hulle alledaagse lewens te ontvlug en om hulle
         vriende te ontmoet.                                                                   (8)

1.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wie se
         werk alledaagse leefwyse, werk en sosiale omstandighede in Suid-Afrika
         reflekteer en uitbeeld.

         Jy kan die volgende as 'n riglyn gebruik:

         •      Name van kunstenaars en titels van werke
         •      Formele kunselemente
         •      Onderwerp
         •      Styl
         •      Inspirasie en invloede
         •      Boodskappe/betekenis                                                           (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 2:            SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
                    EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

John Clarke stel belang in die landskap en geskiedenis van die mense van Suidelike
Afrika. Nicholas Hlobo se werk ondersoek, herdenk en hou verband met sy erfenis en
kultuur as 'n Suid-Afrikaner.

2.1      In die vorm van 'n paragraaf, bespreek die volgende met betrekking tot die
         visuele bronne in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b.

          •     Visuele ooreenkomste

          Die getekende vertikale lyne wat houtpale voorstel kom ooreen met die
          werklike hout wat in Figuur 2b gebruik is. In elke werk kan sirkelvormige
          vorms gesien word. Die beeld van 'n kraal of plek van veiligheid word in elke
          werk weergegee. Die gebruik van organiese vereenvoudigde vorms soos die
          sirkelvormige 'skoot' in 2a en die geweefde ronde beeld in 2b, dra al twee
          boodskappe van verblyf vir diere of mense in Afrika.

          •     Die gebruik van verskeie media en tegnieke

          FIGUUR 2a: John Clarke, houtskool en pastel
          John Clarke gebruik houtskool en pastel as sy media van uitdrukking vir
          tonale en teken teksture. Daar is 'n duidelike kontras en gradiënt in die tonale
          waardes. Hierdie word herhaaldelike ondervindinge soos om grense oor te
          steek, spore en roetes te volg en om landmerke en mensgemaakte tekens te
          identifiseer.

         FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse
         hout, staal, draad, lint, en rubber binneband
         Hierdie is 'n versameling van beeldhou objekte, insluitende die vorming van 'n
         Zoeloe kraal, gemaak van verskillende hout pale wat hy bymekaar gemaak
         het vanaf 'n kliprif naby sy huis in sentrale Johannesburg. Die struktuur is
         versier met geweefde pienk linte (skep idee van trampolien), wat verdwyn na
         'n objek gemaak van gestikte rubber. Die titel, Umthubi (2006), is gegee na
         aanleiding van die melkerige pap wat vee oppassers vir pasgebore kalfies
         gee

          •     Gebruik van lyn, sirkels/sirkelvormige vorms en die herhaling
                daarvan

          FIGUUR 2a: John Clarke, houtskool en pastel
          Clarke poog om die spesifieke kwaliteite wat hy in die Suid-Afrikaanse
          landskap gevind het oor te dra, deur mensgemaakte strukture met organiese
          vorms te kontrasteer. Die kunswerk is twee-dimensioneel, tog skep die
          kunstenaar drie-dimensionalitieit deur die gebruik van sy skakeringstegniek
          van sterk kontrasterende toonwaardes van donker na lig. Die organiese
          vorms en sirkelvormigheid is vereenvoudig en gestroop van detail. Die
          kunstenaar het verskeie ronde vorms gebruik. Die paar takke, stokke en pale
          herinner 'n mens aan 'n kraal. Die herhaling van die sirkelvormige voorwerpe
          skep beweging in die werk. Hy is beïnvloed deur myn aktiwiteite,
          huishoudelike strukture en artefakte van die vorige en huidige inwoners van
          die land.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             7                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

         FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse
         hout, staal, draad, lint, ribber binneband
         Die struktuur/installasie is sirkelvormig en die vorm is drie-dimensioneel. Die
         kunswerk herinner ons aan 'n ronde kraal, wat kosbare besittings beskerm.
         Dit kan ook vergekyk word met 'n baarmoeder wat kosbare lewe beskerm.
         Die herhaling van die natuurlike take skep onreëlmatige vertikale lyne en
         organiese vorms. Hy gee uitdrukking aan sy verbinding met sy erfenis en
         herdenk stories van Suid-Afrikaanse kultuur.

          •     Op watter manier verwys die kunswerke ma Afrika/inheemse
                kunsvorme

          FIGUUR 2a: John Clarke, houtskool en pastel
          Geronde, vloeiende organiese lyne vorm 'n kontras met die vertikale lyne van
          die take. Hierdie vorms is tipies van die etniese informele nedersettings in die
          landelike gebiede. 'n Gradiënt van verskillende lyne is gebruik om 'n landskap
          in die agtergrond te skep wat die horison vorm. Hierdie is kenmerkend van
          Afrika landskappe. 'n Muur met reguit en sirkelvormige lyne kan waargeneem
          word. 'n Vereenvoudigde geronde bank en tafel met 'n tafeldoek kan in die
          voorgrond gesien word. Dit lyk soos 'n ope- lug kook area wat gevind word in
          Suid Afrikaanse etniese gemeenskappe.

         FIGUUR 2b: Nicholas Hlobo, Umthubi, 2006. Eksotiese en inheemse
         hout, staal, draad, lint, rubber
         Die herhaling van vertikale lyne van die takke skep 'n ritmiese vloei deur die
         werk. Dit kan vergelyk word met 'n kraal of 'n tipiese Afrika Lapa, wat 'n
         beskutting is vir diere en mense. Die dun pienk lint wat aanmekaar geweef is
         skep 'n sentrale membraan wat herinner aan 'n heining om iets veilig te hou.
                                                                                                 (8)

2.2      Skryf 'n opstel en verwys spesifiek na die kunswerke van enige TWEE
         kunstenaars wat jy bestudeer het wie hulle Afrika-erfenis uitbeeld.

         Jou opstel behoort die volgende in te sluit:

          •     Name van kunstenaars en titels
          •     Onderwerp en inhoud
          •     Stylbenadering
          •     Invloede op hulle werk
          •     Boodskappe/Betekenis                                                             (12)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
         1970's EN 1980's

Kunstenaars gebruik soms verskeie beelde as simbole om kommentaar te lewer oor
sosio-politieke kwessies.

3.1      Verwys na die stelling hierbo, bestudeer die beeld in FIGUUR 3a en skryf 'n
         paragraaf waarin jy die volgende oorweeg

          •     Onderwerp en die gebruik van beelde

          'n Dierlike manlike figuur, wat ooreenstem met 'n aap of 'n hond, word
          weergegee as die hoof onderwerp in die komposisie. In die raam van die ets
          is fragmente van menslike ledemate en afgekapte koppe met angsvolle
          gesigsuitdrukkings. Die hoof figuur dra 'n polisie keps met 'n koplig op. Sy
          mond is boosaardig oopgesper met ontblote skerp tande. Vanuit sy mond is
          'n tong sigbaar in die vorm van 'n slang, wat ook 'n oop mond het met
          saagtande. Sy vier bene is gestreep, en hy het dierlike voete met drie tone
          aan elke voet. Onder regs van die ets is 'n verwringde figuur wat na die dier
          skiet. Onder die dier is 'n wit been wat gewoonlik aan honde gegee word om
          aan te kou.

          •     Fokuspunt: Die groot dier in die middel van die prentvlak is die
                Fokuspunt.

         •       Gebruik van kleur en toonwaardes: Die hoof figuur is donker swart
         en pers met 'n helder geel ligbaan wat van die hoed skyn. Hierdie
         komplimentêre kleure versterk die kontras tussen die moordenaar end die
         vermoorde. Die toonnaels en die lippe is prominent as gevolg van die rooi
         kleurgebruik. Dit word ook in die gesigte herhaal. Die agtergrond is gedruk in
         ligter skakerings van blou. Die swart en wit strepe en vorms op die hooffiguur,
         herinner die kyker aan die waarskuwing op padtekens/chevronborde

          •     Moontlike simbolisme: Die dier verteenwoordig die polisiemag wat uit
         is op 'n heksejag en mense verwoes in hulle pad. Dit word ook beklemtoon
         deur die polisiehoed wat deur die dier gedra word. Die skerp tande van al die
         beelde wys hulle woede, angs en foltering. Die geskende liggaamsdele wat
         oraloor gestrooi lê, skep 'n gevoel van dood en verwoesting. Hierdie kan ook
         'n satiriese aanbieding wees van hoe mense die manlike polisie in
         magsposisies ervaar. Hekse word ook geassosieer met kloue met lang naels
         – soos gesien kan word in die rooi naels van die dier.

         •     Styl en tegniek: Die leerders moet kommentaar lewer oor die manier
         waarop die figure aangebied is. Ekspressionisme is gebruik soos wat gesien
         kan word in die harde buitelyne, distorsies, en oordrewenheid in die liniêre
         benadering. Die droë ets tegniek versterk die liniêre en tekstuele resultaat.

         •    Skaal/Proporsie: Hierdie dier is letterlik en figuurlik oorweldigend
         weens sy grootte, maar dis ook dreigend en intimiderend.                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

3.2      In die vorm van 'n opstel, bespreek TWEE relevante kunswerke wat oor
         onderdrukking en trauma handel.

         Jou opstel moet die volgende insluit:

         •      Naam(Name) van kunstenaars en titels van werke
         •      Onderwerpe/Temas
         •      Moontlike kwessies wat deur die werke hanteer word
         •      Styl van die werke
         •      Die gebruik van formele kunselemente soos kleur, lyn, tekstuur, ens.
         •      Gebruik van media en tegniek                                                    (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 4:       KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
               LANDELIKE SUID-AFRIKA

'n Profeet is 'n persoon wie met geestelike inspirasie praat, of as 'n vertolker deur wie
die wil van 'n god uitgedruk word.

4.1      Skryf 'n kort opstel waarin jy die uitbeelding van spirituele beelde in
         FIGUUR 4a en FIGUUR 4b bespreek.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn in jou bespreking:

         •      Wat doen die profeet in elkeen van hierdie werke?

          Die profeet is die middelpunt van belangstelling in 4a, waar al volgelinge met
          wanhoop opkyk vir verlossing. In 4b is die profeet besig om 'n persoon te
          doop of te seën of die persoon simboliseer die natuur wat geseën word.

         •      Komposisie

          FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, The Prophet, olie op doek, 1913
          'n Gedrapeerde en bebaarde figuur van 'n profeet verskyn in die middel van
          die skildery, met arms in die lug wat 'n simmetriese en gebalanseerde
          komposisie skep. By sy voete is 'n geraamte-agtige, angsvolle skare wat
          opkyk na hom. Die agtergrond is gefragmenteerd met skerp gesplinterde
          vorms wat geboue/huise vorm. Twee wit stroke weerlig kan gesien word aan
          die bokant van die skildery.

          FIGUUR 4b: Billy Mandindi, Profesie III, lino-reliëfdruk, 1985
          Mandini handel met die tema van Nonqawuse, 'n jong meisie profeet, deur
          haar in konteks te plaas binne in die kontemporêre stryd teen apartheid. Die
          bevryding wat sy voorspel het moet nog gebeur. Hy interpreteer die Xhosa
          profetes in verband met die uitbuiting van migrerende arbeiders. Die
          profetiese figuur aan die regterkant dra 'n jurk/mantel, mynhoed met koplamp
          en 'n pot of houer wat van die voorvaders afkomstig is. Die koplamp skyn in 'n
          ligstreep na die figuur links, 'n swart figuur met horings. Die profetes doop of
          seën hierdie persoon met 'n uitgestrekte arm en hand in die rigting van die oë
          en kop.

         •      Styl

          FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, Die Profeet, olie op doek, 1913
          Die agtergrond is in warm toonwaardes van oranje, geel, bruin en wit. 'n Blou
          drapeersel/doek bedek die profetiese figure. Geraamte gesigte is geverf in
          toonwaardes van grys en versamel aan die voete van die profeet. Die styl
          herinner aan Kubisme met surrealistiese beelde in die agtergrond

          FIGUUR 4b: Billy Mandindi Profesie III. 1985. Lino-reliëfdruk
          Hierdie lino druk is in swart ink op wit papier gedruk wat 'n hoë kontras
          meebring. Swart en wit dekoratiewe lyne, vorms en teksture is dwarsdeur die
          druk gebruik. Grys toonwaardes is geskep deur die lyne en geometriese
          vorms te herhaal. Die werk is ekspressief.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

         •      Fokuspunt

         FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt , Die Profeet, olie op doek, 1913
         Die groot figuur van die profeet in die middel van die komposisie is die fokale
         punt.
         .
         FIGURUR 4b: Billy Mandindi Profesie III. 1985. Lino-reliëfdruk
         Die fokale punt van die druk is die figuur van die profetes aan die regterkant.
         Die kyker se oog word gelei deur die diagonale lyne wat deur die ligstraal en
         die uitgestrekte arm en hand van die profetes wat sy oor die figuur se gesig
         hou, geskep word.

         •      Diepte en perspektief:

          FIGUUR 4a: Jakob Steinhardt, Die Profeet, olie op doek, 1913
          Diepe en perspektief word geskep deur die geboue in die boonste, deel van
          die komposisie en die oorvleuelende figuur van die profeet met opgehefde
          hande in die middel. Die oorvleueling, grys koppe, hande en ledemate word
          kleiner en is hoër geplaas in die komposisie wat ook diepte meebring.

         FIGUUR 4b: Billy Mandindi, Profesie III. 1985, lino-reliëfdruk:
         Die figuur van die profetes aan die regterkant dra 'n mantel, wat die skild en
         ander klere bedek. Die skild is voor die tradisionele pot. Na links is die figuur
         se arms oor die swart plat agtergrond, wat soos water lyk. Die geraamte van
         die arms kan gesien word, maar die hande is deur die raam afgesny.

         •      Atmosfeer

          In Figuur 4a is die gesigsuitdrukkings van die mense in die voorgrond vol
          vrees en wanhoop. Hulle kyk na die profeet asof hulle smeek om genade en
          verlossing. Dit skep 'n atmosfeer van verwoesting en vernietiging.
          In Figuur 4b is daar ook bewyse van die val van die mensdom soos aangedui
          is deur die kopbeen aan die onderkant van die drukwerk. Die kreatiewe
          patroonwerk maak die werk meer vrolik.

          •     Boodskap/Betekenis

          Mandini handel met die tema van Nonqawuse, 'n jong meisie profeet, deur
          haar in konteks te plaas binne in die kontemporêre stryd teen apartheid. Die
          bevryding wat sy voorspel het moet nog gebeur. Hy interpreteer die Xhosa
          profetes in verband met die uitbuiting van migrerende/rondtrekkende
          arbeiders. Die profetiese figuur aan die regterkant dra 'n jurk/mantel,
          mynhoed met koplamp en 'n pot of houer wat van die voorvaders afkomstig
          is. Die koplamp skyn in 'n ligstreep na die figuur links, 'n swart figuur met
          horings. Die profetes doop of seën hierdie persoon met 'n uitgestrekte arm en
          hand, in die rigting van die oë en kop.                                                (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

4.2       Skryf 'n kort opstel oor TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wie se werk deur
          hulle landelike en/of spirituele agtergrond beïnvloed is.

          Jou opstel moet die volgende insluit:

          •     Name van kunstenaars en titels van werke
          •     Gebruik van kunselemente
          •     Gebruik van materiaal en tegnieke
          •     Invloede op die kunswerke
          •     Styl                                                                        (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            13                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 5:            MULTIMEDIA EN    NUWE    MEDIA  –   ALTERNATIEWE,
                    KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

FIGUUR 5a en FIGUUR 5b beeld Yinka Shonibare se installasiewerke uit waarin hy
visueel 'n 'balanseertoertjie' uitbeeld.

5.1      Ontleed die kunswerke in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b deur die volgende
         riglyne te gebruik:

          •     Driedimensionele aspekte van elke werk:

         FIGUUR 5a
         Daar is 'n sentrale figuur wat die leë spasie domineer. Die gebalanseerde
         tasse op die figuur skep 'n vertikale lyn wat die oog opwaarts lei. Die grootte
         van die tasse skep perspektief aangesien die tasse kleiner word in die
         opstapeling. Die swart gloeilamp/aardbol word die fokale punt wat wegvloei in
         die toring van tasse.

         FIGUUR 5b
         Die figuur/kunswerk is geplaas in 'n weelderige omgewing. Die vroulike figuur
         balanseer op 'n bal wat die Fokuspunt vorm. Die kyker se interaksie is die
         drang om die figuur te ondersteun uit vrees vir val.

          •     Verskille en ooreenkomste

         Die verskille is dat die komposisie in Figuur 5a gefokus is op een area, die
         man, en die tasse, wat dit 'n meer vertikale beweging gee. Die visuele
         kommunikasie is die druk wat geplas word op een area en dit bring mee 'n
         gevoel van inperking of sonder vryheid. Figuur 5b se komposisie is ook
         gesentreerd rondom die ronde bal, alhoewel die ander objekte soos die
         kamer en sy interieur met versierings, maak die komposisie meer lateraal, wat
         die oog meer laat rond beweeg na al die ander objekte in die kamer.

         Die ooreenkomste is dat beide Figuur 5a en 5b is geplaas in 'n ingeslote
         spasie binne in 'n vertrek. Die figure is aangetrek in tradisionele Afrika klere of
         materiaal wat met Afrika kleding geassosieer word. By beide werke is die
         balansering van figure die konsep.

         •      Gebruik van kostuums

          Deur kostuums te gebruik, identifiseer die kunstenaar mense wat as akteurs
          optree, wat dieselfde toertjies doen as die mense in 'n sirkus. Dit skep 'n
          gevoel van vermaaklikheid waar die kyker deel van die gehoor word.

          •   Gebrek aan koppe

          Deur die koppe van die figure uit te laat, forseer die kunstenaar die kyker om
          op die balansering te fokus. Hulle verloor ook hulle identiteit soos wat dit
          dikwels in die vermaaklikheidswêreld gebeur.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

          •   Deur te verwys na bogenoemde stelling van 'n balanseertoertjie
              verduidelik die moontlike betekenisse/boodskappe van die
              kunswerke

         FIGUUR 5a
         Die kunstenaar maak gebruik van alledaagse, gewone objekte om die
         metafoor van 'n gebalanseerde handeling te kommunikeer. Die figuur waar na
         verwys word as die hawelose man dra verskeie tasse op sy rug. Dit kan
         beteken dat hy nie 'n plek of huis het om heen te gaan nie. Die tasse kan ook
         die bagasie simboliseer wat die mens uit sy verlede met hom saamdra wat
         onderdrukkend is en hom verhoed om sy doelwitte te bereik.

         FIGUUR 5b
         Die kunstenaar wys 'n koplose meisie wat met een voet op 'n ronde bal
         balanseer. Dit kan die gevare en probleme simboliseer wat jong kinders in
         vandag se tyd ervaar. Hierdie gevare kan geassosieer word met die sosiale
         media want wanner 'n mens iets navors op die internet is die aardbol een van
         die simbole wat jy sien. Die werk is geplaas in 'n welgestelde interieur. Dit
         verteenwoordig die gevaarlike samelewing waarin ons leef en hoe maklik
         inligting toeganklik geword vir almal enige tyd van die dag of nag. Die feit dat
         die figuur koploos is kan beteken dat die meisie nie haar eie identiteit het nie
         en nie toegang het tot globale inligting of nuus nie. Die Afrika tradisionele
         materiaal herinner ons van haar nederige oorsprong. Dit kan ook die
         ekologiese en omgewings bewustheid beklemtoonvan industrialisasie en hoe
         die jeug van vandag die balans moet handhaaf van elke dag se uitdagings.               (10)

5.2      Skryf 'n opstel en bespreek enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het
         waar die kunstenaar(s) multimedia op 'n kontemporêre manier gebruik het.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn:

          •     Naam(Name) van kunstenaar(s) en titels van werke
          •     Inhoud en gebruik van materiaal en tegnieke
          •     Die gebruik van nuwe/multimedia om waarde en betekenis tot die
                kunswerke by te dra
          •     Moontlike boodskappe wat die kunswerke oordra                                   (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           15                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 6:       POST-1994- DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

Kunswerke vertel stories oor mense se leefstyle en identiteit.

6.1      Beide kunswerke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b vertel 'n storie. Skryf ŉ
         paragraaf waarin jy oor hierdie stelling uitbrei.

         Jy mag die volgende riglyne gebruik:

         •      Onderwerp/beelde

         FIGUUR 6a
         'n Driehoekige formasie is geskep deur die 4 figure wat om 'n uitgesnyde
         vorm van 'n fiets staan. 'n Kleiner figuur in die verte ry op 'n fiets wat diepte
         aan die werk verleen. Die gesig van die groter figuur is bedek deur 'n 'hoodie'
         en die ander twee dra 'beanies'/ musse. Die sentrale figuur is aangetrek soos
         'n konstruksiewerker en die figuur heel links dra 'n boek of lêer. Die twee
         groter figure blyk gelukkig en rustig te wees. Twee van die figure is regop
         geplaas teen staanders. Daar is beelde van wolke, voëls, geboue, 'n
         konstruksieteken, plante/bome. 'n trein en waterpype. 'n Deftige hoed wat met
         'n manlike figuur geassosieer word kan gesien word op die
         grond/pad/sypaadjie langs die fiets. Die hoed gooi 'n skaduwee en is daarom
         meer realisties as die ander uitgesnyde objekte. Die werk is in swart, wit en
         dele in sepia/bruin.

         Ekstra inligting vir die nasiener
         Haar werk bestaan uit digitaal-gemanipuleerde foto's en foto's of karton
         collages. Sy gebruik lewensgrootte plat modelle van die karakters wat
         verband hou met haar verskeie familie stories. In hierdie fiktiewe vertellinge is
         sy die enigste 'werklike' persoon wat die persona van haar oupa aanneem
         geklee in 'n pak, tipiese klere wat hy gedra het in familiefoto's.

         FIGUUR 6b
         'n Straat toneel waarin daar mense, hibriede kreature, 'n perd, ruiter, vroue en
          manlike figure is wat die aand kermis geniet. Die dorp/geboue kan in die
          agtergrond gesien word en is verlig deur neonligte.

         Ekstra inligting vir die nasiener
         Neo Rauch is 'n Duitse kontemporêre skilder wat deel vorm, van wat bekend
         staan as die Nuwe Leipzig skool. Rauch is beïnvloed deur Surrealisme, Pop
         Kuns, strokiesverhale en Duitse Ekspressionisme. Sy werk is figuratief en
         bestaan uit 'n vermenging van persoonlike, historiese en politieke
         onderwerpe. Sy styl vind oorsprong in sy kinderjare in die ou Oos- Duitsland.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

          •         Komposisie en Fokuspunt
          FIGUUR 6a:
          Die komposisie is oorvol; meeste van die figure en objekte is in die
          middelgrond geplaas. Die figuur in die middel sowel as die fiets is die fokale
          punt. 'n Driehoekige formasie is geskep deur die 4 figure wat om 'n
          uitgesnyde vorm van 'n fiets staan. Die rangskikking van die reghoekige
          vorms skep diepte en vorm.

          FIGUUR 6b:
          Die komposisie is oorvol en besig. Perspektief word geskep deur die
          geboue/figure wat kleiner word. Die perd en sentrale gebou word die
          Fokuspunt.

          •         Hoe dra die medium by tot die belang van die werk?

          FIGUUR 6a
          Die enigste item wat perfek uitgesny is, is die hoed wat dit baie meer
          realisties laat voorkom as die ander uitgesnyde vorms. Die uitgesnyde vorms
          van die lewensgrootte fotografiese beelde maak die werk baie dramaties. Die
          kyker word deel van die foto. Die skadu's skep 'n drie-dimensionalitiet. Die
          foto vanaf 'n groepfoto gee baie meer inligting oor mense en hulle omgewing,
          as wat enige ander tradisionele medium sou doen.

          FIGUUR 6b
          Die deurskynende, dun aanwending van die olie verf skep 'n helder
          interessante toneel. Die warm kleure (rooie, oranje en gele) skep 'n feestelike
          atmosfeer. Komplimentêre kleure, bloue en oranjes, skep kontras. Die helder
          kleure in die voorgrond kontrasteer met die donkerder kleure in die
          agtergrond

          •     Moontlike boodskappe en temas

         FIGUUR 6a
         Die fiets kan impliseer dat dit die enigste vorm van vervoer is en dus maak dit
         'n sosio-politieke siening. Die figuur in die agtergrond ry met sy fiets na 'n
         onbekende bestemming. Die figuur aan die regterkant kan 'n straatkind
         voorstel siende dat sy kop bedek is met 'n 'hoodie' en kan sy gebrek aan
         identiteit wees, of dat hy besig is om weg te kruip. Die ander twee figure
         glimlag en kyk na die hooffiguur wat 'n poging aanwend om sy fiets reg te
         maak. Daar is 'n klein konstruksie teken wat verwys na die werkers
         gemeenskap. 'n Trein kan in die verte gesien word wat die publieke vervoer
         aandui. Die voëls in die lug kan vryheid voorstel. Die gebruik van skadu's
         skep 'n somber atmosfeer en laat die kunswerk meer drie-dimensioneel
         voorkom. Die sentrale figuur beweeg in die rigting van die hoed.

         FIGUUR 6b
         Die skildery beeld uit 'n kermis of vlooimark in die aand. Die figure is
         aangetrek in klere van verskillende eras. Hulle neem deel aan aktiwiteite wat
         verband hou met feestelikhede. Daar is 'n vermenging van modern,
         kontemporêre en historiese figure, byvoorbeeld die man in die voorgrond
         werk op sy skootrekenaar, waar al die ander figure goedere verkoop.                    (8)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           17                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

6.2      In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk van enige TWEE relevante
         Suid-Afrikaanse post-1994 demokratiese kunstenaars wat hul identiteit
         ondersoek.

          Jy moet die volgende riglyne gebruik:

         •      Name van kunstenaars en titels van die kunswerke
         •      Onderwerpe/Temas
         •      Media/Tegnieke en materiale gebruik
         •      Formele kunselemente                                                    (12)
         •      Moontlike betekenisse
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Kunstenaars wat geslagskwessie in hulle werk uitbeeld, voel soms sterk oor die
bevooroordeelde idees van die gemeenskap oor die rolle wat van mans en vroue
verwag word

7.1     Vergelyk die visuele bronne in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b.

        Jy bespreking/vergelyking moet die riglyne hieronder volg:

        •       Die uitbeelding van die vroulike figuur in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b

        FIGUUR 7a
        Manet se skildery is 'n gedetailleerde voorstelling van 'n kontemporêre toneel.
        Die sentrale figuur staan voor 'n spieël agter 'n kroegtoonbank. Manet beeld
        haar uit as 'n hartseer kroegmeisie wat gaste bedien. Sy is afgesonder van die
        gehoor, en is alleen in 'n oorvol vertrek. Sy kom amper melankolies en
        hartseer voor. Al twee haar hande steun op die toonbank asof dit haar
        ondersteun in haar afgesonderdheid. Dit lyk asof sy sweef. Alles op die
        toonbank is te koop. Dit lyk asof haar arms na voor strek asof sy ook te 'koop'
        is. Sy het 'n hangertjie om haar nek. Die skildery het 'n ryke detail, wat leidrade
        verskaf aangaande die klas en agtergrond van die mense. Die kyker sien twee
        voete bo links in die skildery. Baie gaste sit aan tafels en kuier. Die blomme
        herinner 'n mens aan vroulikheid. Aan die regterkant van die skildery, in die
        refleksie van die spieël, is 'n manlike figuur wat met die meisie in 'n gesprek is.
        Die kyker word die kliënt (man met die hoed). Die kyker, as die persoon wat
        voor die toonbank staan, sien dieselfde toneel as die meisie. Die refleksies is
        nie die ware afbeelding van die werklike objekte nie. Die refleksies van die
        man en die meisie is 'n raaisel, aangesien die perspektief inkorrek is.

        FIGUUR 7b
        Morimura het homself in die middel van die skildery geplaas, aangetrek met
        dienooreenkomstige klere en mode as in FIGUUR 7a. Hy neem 'n foto van
        homself en verwerk dit digitaal dat dit soos die bekende skildery lyk. Hy wend
        swaar grimering aan en gebruik kostumering voor hy die foto neem. Die arms
        is uit gips gegiet en geverf in 'n velkleur. In Teater A, word Morimura die
        vroulike kroegmeisie. Elke klein detail is weergegee. Sy werk herinner aan die
        DADA beweging, wat 'n bespotting van kuns gemaak het na WOII.
        Die ooreenkomste tussen die twee kunswerke is die interieur details van die
        vermaaklikheidsale in Parys, Frankryk. Die twee voete aan die linkerkant van
        die werk is die van sweefstokkunstenaars.
        Die refleksies van die twee werke: Die bottels, refleksies van mense en
        blomme in die voorgrond. Die bottels se refleksies en getalle verskil.
        In FIGUUR 7b, het die kunstenaar die meisie uitgebeeld met gevoude arms
        wat kan impliseer dat hy nie te koop is nie en as verdedigend voorkom.
        Morimura het nie saamgestem met die refleksie van die meisie se hare in die
        werk van Manet nie, en daarom het hy sy refleksie meer gedetailleerd en
        netjies gemaak, en nie skilderagtig soos Manet se werk nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             19                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                       NSS – Memorandum

        •       Die leerders moet kommentaar lewer oor die refleksies in die spieël
                van elke werk

        FIGUUR 7a
        Manet se werk beeld 'n kroegmeisie uit met 'n hartseer gesigsuitdrukking. Sy is
        in gesprek met 'n man wie se refleksie in die spieël waargeneem kan word. Sy
        is aangetrek in 'n netjiese onderbaadjie en romp met vroulike kant om die
        kraag. Die kunswerk is mistig en die refleksies is dof wat haar broosheid
        versterk

        FIGUUR 7b
        Hy transformeer homself as half-manlik, half-vroulik. Hierdie verwarde
        seksualiteit maak hom 'n kontroversiële (omstrede) kunstenaar, selfs in vandag
        se samelewing. Hy skep hierdie beroemde werke, deur sy manlike gesig en
        liggaam ten toon te stel, as 'n oudwordende volwassene in die plek van
        foutlose jong meisies.
        Die refleksies van die twee werke: Die bottels, refleksies van mense en
        blomme in die voorgrond. Die bottels se refleksies en getalle verskil.
        In FIGUUR 7b, het die kunstenaar die meisie uitgebeeld met gevoude arms
        wat kan impliseer dat hy nie te koop is nie en as verdedigend voorkom.
        Morimura het nie saamgestem met die refleksie van die meisie se hare in die
        werk van Manet nie, en daarom het hy sy refleksie meer gedetailleerde en
        netjies gemaak, en nie skilderagtig soos Manet se werk nie.

        •       Hoe spreek die kunstenaars manlikheid en vroulikheid aan in hulle
                werke?

        FIGUUR 7a
        Die aanwending van die verf is sag en mistig wat 'n melankoliese gevoel skep
        met 'n vroulike benadering. Die skildery het 'n sagte vroulike voorkoms.
        Die uurglas-figuur, gebruik van kant en juwele versterk die vroulikheid.

        FIGUUR 7b:
        Die kunswerk van Morimura het 'n definitiewe harde voorkoms en manlike
        benadering. Die nabootsing is uitstekend gedoen maar het 'n meer moderne
        resultaat amper soos 'n drukstuk. Die gesigsuitdrukking is hard. Die hande is
        manlik en die fisiese figuur is meer stewig.
                                                                                               (6)

7.2     In die vorm van 'n opstel, bespreek die werk(e) van enige TWEE kunstenaars
        wat jy bestudeer het, wie se werke kommentaar lewer oor geslagskwessies.

        Jy kan die volgende gebruik:

        •    Name van kunstenaars en titels van werke
        •    Uitbeelding van geslagskwessies
        •    Kontemporêre elemente en beelde gebruik
        •    Media en tegnieke                                                                 (14)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           20                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 8:            ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Voorafvervaardigde huise is 'n betroubare en intelligente oplossing vir beide ons en
ons kinders, waar ons die uitdagings van ekologie, ekonomie en energie in die gesig
staar.

8.1      Gebruik die volgende riglyne en bespreek FIGUUR 8a en FIGUUR 8b:

         •      FIGUUR 8a en FIGUUR 8b inspirerend

         In FIGUUR 8a en FIGUUR 8b is tyd gespaar aangesien daar geen gebou is
         nie en die voorafvervaardiging is terrein spesifiek. Die materiaal is relatief
         goedkoop wanneer dit vergelyk word met bestaande huise op die mark.
         Herwinde Voorafvervaardiging spaar energie en tyd. Konstruksie tyd is minder
         as die helfte van konvensionele bouwerk op 'n perseel. Die gebou in FIGUUR
         8a het estetiese waarde, aangesien die groot glas panele voor die 'container'
         (behouering) 'n futuristiese struktuur skep

         •      Hulle moet aantoon waarom die vrydraende balk (kantelbalk) in
                FIGUUR 8a, so ver oor die bouplek hang

         Die 'containers' (behouerings) word so ver oor die bouplek geplaas om 'n
         swewende gevoel te skep. Deur die ondersteunings strukture weg te laat,
         word daar klem geplaas op die behouerings. Hierdie bou-metode kan gebruik
         word oor 'n afgrond of heuwel om die inwoners asemrowende uitsigte te bied.

         •      Die leerder moet redes gee waarom hulle dink dat die gebou in
                FIGUUR 8b 'n interessante dak het

         Die interessante dak oor die gebou in FIGUUR 8b is meer funksioneel as wat
         dit esteties is. Die skuins dak kan reënwater herlei of lekkasies in die platdak
         verhoed. Dit is ook 'n beskerming teen direkte sonlig.                                 (6)

8.2      Skryf 'n opstel waarin jy ten minste TWEE argitekte/geboue/strukture
         bespreek waar die argitek(te) oplossings op nuwe uitdagings gekry het.

         Die volgende moet by jou bespreking ingesluit word:

         •    Name van geboue en argitekte
         •    Invloede
         •    Tyd en koste
         •    Funksie en terrein
         •    Omgewingsinvloede
         •    Gebruik van materiale en konstruksiemetodes                                       (14)
                                                                                                [20]

                                                                              TOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-eng/b5a2a312-1888-4971-bf2b-0bcb906cc3d2) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-afr/63e51dea-40e6-49e4-ae13-09e20e9831e1) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2016/8be4ad42-080e-4dac-81ac-c419827f59cb) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept2016/3b565e1f-8e73-438e-97df-e83d2b88d478) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-memo-eng/7ff50e4d-08a4-4738-8e43-eac2887f46b8) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-memo-afr/614e34cf-6805-45b6-ad00-7cd5da1581b9) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
