# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-afr/2c9445f3-2b26-4a64-b0e0-a497fee104d0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-afr/2c9445f3-2b26-4a64-b0e0-a497fee104d0)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                              FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

•     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
           puntetoekenning.

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                 NSS

      LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              4                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Dit is 'n groot mylpaal in jou lewe om jou matriekuitslae te ontvang.

1.1       Vergelyk hoe die kunstenaars in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b daarin geslaag
          het om hierdie oomblik vas te vang.

          Jy moet na die volgende verwys:

          •   Formele elemente
          •   Komposisie
          •   Perspektief/Gevoel van ruimte
          •   Ritme en beweging
          •   Stemming/Atmosfeer                                                              (8)

1.2       Skryf 'n opstel oor TWEE kunswerke van verskillende Suid-Afrikaanse
          kunstenaars wat die alledaagse lewe dokumenteer.

          Jy moet die volgende by jou opstel insluit:

          •   Onderwerp
          •   Formele elemente
          •   Komposisie
          •   Media en tegniek
          •   Styl                                                                            (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        5                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS

         FIGUUR 1a: Phaswane David Mogano, Matric Results in Township
                 (Matriekuitslae in Township), waterverf, 1975.

            FIGUUR 1b: Tommy Motswai, Matric Results (Matriekuitslae),
                            pastel op papier, 2005.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Sommige kunstenaars, soos Emile Nolde, is deur Afrika-maskers beïnvloed, wat gelei
het tot werk wat erg verwronge en oordrewe is.

2.1       Bespreek die gebruik van verwringing, vereenvoudiging en oordrywing in
          FIGUUR 2a en FIGUUR 2b, deur na die formele elemente en beginsels van
          kuns te verwys. Gee redes vir die maniere/wyses waarop die kunstenaars
          deur Afrika beïnvloed is.                                                       (8)

2.2       Ontleed EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werk 'n Afrika-
          invloed toon.

          Jy moet na die volgende verwys:

          •   Waar in die kunswerk is die invloed sigbaar?
          •   Gebruik van kleur
          •   Komposisie-elemente
          •   Gebruik van tegnieke en materiaal                                           (12)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            7                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

                     FIGUUR 2a: Emile Nolde, The Missionary (Die Sendeling),
                                       olie op doek, 1912.

              FIGUUR 2b: Billy Molokeng, Noisy Neighbours (Lawaaierige Bure),
                                     olie op papier, 1990.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
         1970's EN 1980's

Bill Woodrow, 'n Engelse beeldhouer, gebruik sy kuns om 'n boodskap van sosiale
bewustheid oor te dra. In FIGUUR 3 gebruik hy alledaagse verbruiksgoedere
(alledaagse artikels), soos landkaarte, motordeure en 'n stofsuier om 'n beeld van 'n
olifant te skep. Net soos verbruiksgoedere weggegooi word, so word diere gejag totdat
hulle uitsterf.

3.1       Verwys na die teks hierbo en skryf 'n kort opstel waarin jy die kunswerk in
          FIGUUR 3 bespreek.

          Jy moet die volgende by jou opstel insluit:

          •   Die betekenisvolheid van 'n stofsuier, motordeure, landkaarte en geweer
          •   Simboliek van die gebruik van alledaagse/herwinde items
          •   Watter boodskap het hierdie werk vir die samelewing in die algemeen?
              Waarom dink jy kan die olifant 'n metafoor vir die samelewing wees?            (8)

3.2       Skryf 'n opstel waarin jy die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek wie
          se werk 'n bewustheid van sosiopolitieke kwessies toon.

          Jy moet na die volgende in jou antwoord verwys:

          •   Visuele beelde gebruik
          •   Media en tegniek
          •   Boodskappe/Betekenisse                                                         (12)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Visuele Kunste/V1
                            Downloaded from hlayiso.com          9                                                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                                NSS

     FIGUUR 3: Bill Woodrow, Elephant (Olifant), motordeure, twee landkaarte (links is Suid-Amerika en regs is Afrika), 'n stofsuier
                                     binne-in die olifant se slurp en 'n masjiengeweer, 1984.

Kopiereg voorbehou                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             10                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Kunstenaars gebruik baie style en media om hulle interpretasie van Jesus se kruisiging
oor te dra.

4.1       Bespreek hoe die twee kunstenaars die kruisiging in FIGUUR 4a en
          FIGUUR 4b interpreteer.

          Jy moet die volgende beantwoord:

          •   Hoe verskil die funksies van FIGUUR 4a en FIGUUR 4b? Gee 'n rede vir
              jou antwoord.
          •   Waarom sal jy FIGUUR 4a as 'n naïewe kunswerk beskryf?
          •   Verduidelik hoekom FIGUUR 4b 'n ekspressionistiese kunswerk is.
          •   Elimo Njau van Tanzanië sê: 'Kuns verafrikaniseer Christenskap'.
              Dink jy dat hierdie kunstenaars suksesvol was om Christenskap te
              verafrikaniseer? Gee redes vir jou antwoord.                                      (10)

4.2       Interpreteer EEN kunswerk deur enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
          wat kunsvlyt gebruik en/of wat aan spiritualiteit/geestelikheid in hulle werke
          aandag gee.

          Jy kan die volgende riglyne in jou opstel gebruik:

          •   Onderwerp
          •   Formele elemente
          •   Gebruik van media en tegniek                                                      (10)
          •   Moontlike boodskappe/betekenisse                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          11                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

            FIGUUR 4a: Sizakele Mchunu, Crucifixion (Kruisiging), lap, hout, gare,
                                   krale en draad, 1988.

             FIGUUR 4b: Elimo Njau, Crucifixion (Kruisiging), muurskildery, 1955.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Double Negative (Dubbel Negatief) deur Michael Heizer in FIGUUR 5a is landkuns in
die Nevada-woestyn, VSA. Die diep slote in die natuurlike rotsformasie is deur
stootskrapers en dinamiet gemaak.

Die Deens-Yslandse kunstenaar, Olafur Eliasson, is geïnteresseerd in hoe jy die
landskap met die res van die wêreld verbind en hoe jy jouself daarbinne ervaar.
In FIGUUR 5b het hy meer as 180 ton Yslandse klip gebruik om diep lae te vorm en 'n
terrein te skep waardeur 'n waterstroom tussen die interieur van die museum
deurvloei.

5.1       Michael Heizer neem sy werk uit die ruimte van die galery na die
          woestynomgewing, terwyl Olafur Eliasson die land in die galery inbring.

          Bespreek moontlike boodskappe/betekenisse van hierdie werke deur na die
          volgende te verwys:

          •   Titels
          •   Ruimte/Ligging
          •   Medium en tegniek
          •   Interaksie/Betrokkenheid/Verbintenis met die kyker en die ruimte
          •   Grootte/Skaal van die werk
          •   Kykerinteraksie met die kunswerk
          •   Dokumentering van die kunswerk                                                   (10)

5.2       Bespreek enige TWEE kunswerke van kontemporêre kunstenaars wat jy
          bestudeer het, waar die kunstenaars alternatiewe en ongewone media
          gebruik het.                                                                         (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         13                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS

          FIGUUR 5a: Michael Heizer, Double Negative (Dubbel Negatief), landkuns,
                                Arizona, VSA, 1969–1970.

            FIGUUR 5b: Olafur Eliasson, Riverbed (Rivierbedding), installasie in
           Denemarke se Louisana-museum van Moderne Kuns, Kopenhagen, 2014.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             14                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Ons kultuur, ons tradisies, ons taal is party van die fondasies waarop ons ons identiteit
bou.

6.1       Bespreek hoe Simphiwe Ndzube identiteitstemas, migrasies en skoonheid
          ondersoek.

          Jy moet na die volgende verwys:

          •   Gebruik van lap en voorwerpe wat gevind/opgetel is
          •   Die belangrikheid/simboliek van die volgende:
              o Dasse
              o Lig
              o Bagasie/Tasse
              o Houtstapelbord (-pallet)
          •   Hoe skep Simphiwe Ndzube 'n gevoel van beweging in hierdie werk?
          •   Hoe hanteer hy die idee van migrasie in hierdie kunswerk?                         (10)

6.2       Vergelyk TWEE kunstenaars ná 1994 wie se werke oor kultuurkwessies,
          tradisie of taal handel.

          Die volgende behoort by jou opstel ingesluit te wees:

          •   Onderwerp
          •   Invloede
          •   Medium en tegniek
          •   Boodskappe en betekenisse                                                         (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1
                           Downloaded from hlayiso.com         15                                                  DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                              NSS

FIGUUR 6: Simphiwe Ndzube, Uhambo (Reis), installasie: gevonde klere, skoene, dasse, lig van 'n baken, houtstapelbord (-pallet),
                    sambokke, bagasie, industriële handskoene, metaal, boomtakke en ritssluiters, 2015.

Kopiereg voorbehou                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16                     DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Chéri Samba hanteer geslagskwessies vanuit 'n manlike oogpunt.

7.1       Bespreek FIGUUR 7 met verwysing na die volgende:

          •   Kleur
          •   Narratiewe/Verhale
          •   Dominante beeldgebruik en die simboliek daarvan uit 'n manlike
              perspektief                                                                  (6)

7.2       Bespreek TWEE kunswerke met 'n geslagspesifieke uitgangspunt.

          Jy kan die volgende riglyne in jou antwoord gebruik:

          •   Media en tegniek
          •   Styl
          •   Onderwerp
          •   Moontlike boodskappe/betekenisse                                             (14)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       17                      DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS

  FIGUUR 7b: Chéri Samba, Quelle Solution pour les hommes (water solution for men)
                      (wateroplossing vir mans), akriel, 2001.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Ongeag hoeveel argitektuur verander, die primêre funksie daarvan is om beskutting te
verskaf. Mario Botha sê: 'Solank as wat daar iemand is wat 'n huis nodig het, sal
argitektuur bestaan.'

8.1       Verwys na die stelling hierbo en ontleed die voorbeelde in FIGUUR 8a, 8b,
          8c en 8d.

          Jy moet na die volgende riglyne verwys:

          •   Stylkenmerke
          •   Ooreenkomste
          •   Gebruik van ruimte
          •   Boumateriaal/Tegniek
          •   Invloed op die omgewing en die volhoubaarheid daarvan                            (8)

8.2       Bespreek ten minste TWEE Suid-Afrikaanse geboue of strukture.

          Die volgende moet by jou bespreking ingesluit word:

          •   Name van argitekte en name van die geboue of strukture
          •   Gebruik van boumateriaal
          •   Invloed op die omgewing en die volhoubaarheid daarvan
          •   Stylkenmerke                                                                     (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          19                        DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS

  FIGUUR 8a: Shigeru Ban, Paper House            FIGUUR 8b: Shigeru Ban, binne-aansig van
  (Papierhuis), Yamanaka-meer, herwinde         Paper House (Papierhuis), Yamanaka-meer,
papierbuise, hout en glas, Japan, 1994–1995.     herwinde papierbuise, hout en glas, Japan,
                                                               1994–1995.

         FIGUUR 8c: Grose Bradley                       FIGUUR 8d: Grose Bradley
      (LGI Architects), Alingi Residence          (LGI Architects), binne-aansig van Alingi
 (Alingi-woonhuis), beton, glas en houtlatte,   Residence (Alingi-woonhuis), beton, glas en
               Australië, 2005.                          houtlatte, Australië, 2005.

                                                                         TOTAAL:          100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-eng/c97858aa-f906-4a79-b199-3ee3e7fb6965) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-memo-eng/cdad99f9-c1dc-4dcb-92b0-806e6f60e1da) — Visual Arts · Memo · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-memo-afr/69388b0b-2e6c-4aef-aad3-6992b0d374c8) — Visual Arts · Memo · 2017 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bb81817d-0809-4ecc-aa5e-592925c6b916) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 English Final](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-english-final/c28e42c5-1f0f-4ecd-95c3-4013ab8036d1) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-afr/0d61dd8a-ca77-43de-a672-a2d1ae6d1c32) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
