# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-memo-afr/69388b0b-2e6c-4aef-aad3-6992b0d374c8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-memo-afr/69388b0b-2e6c-4aef-aad3-6992b0d374c8)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2017

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:

1.       Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
         'n totaal van 100 punte beantwoord.

2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in
         baie gevalle:
         •    Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
         •    Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
         •    Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.

3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoord te struktureer.

4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.

5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word toegeken aan die korrekte
         kunstenaar en titel van kunswerk.

6.       Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
         antwoord bespreek, waar van toepassing.

7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
         dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
         die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
         in die nasienproses.

ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS

•    Hierdie memorandum moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
     dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat
     die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die
     memorandum kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
•    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
•    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
•    Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
     Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                   3                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

 PRESTASIE-
                                     LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES                                  
    KODE
       7            •   Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Uitstekend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   80–100%              lewer.
                    •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                        van kuns.
                    •   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

       6            •   Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
 Verdienstelik          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   70–79%               kommentaar te lewer.
                    •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                        kuns.
                    •   Toon uitstekende insig en begrip.

      5             •   Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
 Substansieel           sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   60–69%               lewer.
                    •   Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                        kuns.
                    •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

      4             •   Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Gemiddeld             sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   50–59%               lewer.
                    •   Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

      3             •   Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
 Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   40–49%               lewer.
                    •   Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

      2             •   Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
  Elementêr             kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   30–39%               kommentaar te lewer.
                    •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

      1             •   Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    0–29%               kommentaar te lewer.
                    •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                    •   Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                    •   Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               4                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Nasienriglyne

                 KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.

6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)

VRAAG 1: DIE STEM VAN VERRYSENDE KUNSTENAARS

             Dit is 'n groot mylpaal in jou lewe om jou matriekuitslae te ontvang.

1.1      Kandidate moet vergelyk hoe die kunstenaars in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b
         die oomblik vasgevang het deur na die volgende te verwys:

         •      Formele elemente
         •      Komposisie
         •      Perspektief/gevoel van ruimte
         •      Ritme en beweging
         •      Stemming/atmosfeer

         FIGUUR 1a: Die geriffelde dakke word gevorm deur diagonale lyne. Die
         kunstenaar het ook gebruik gemaak van vertikale en horisontale lyne wat
         sigbaar is in die behuising. Die diagonale lyne skep perspektief. Die figure is
         gevorm deur organiese en geboë lyne.

         Die vorms is verwring, tog poog die kunstenaar om geometriese vorms in die
         dakke te gebruik bv. driehoekige/parallelogram vorms. Die vensters en deure
         is gevorm deur reghoekige en kubistiese vorms. Die huise bestaan uit
         reghoekige, verwronge vorms. Organiese vorms is gebruik met die
         uitbeelding van die figure. Die klipmure is geskep deur organiese vorms.

         Ligte, gedempte kleure is gebruik bv. Blou, groen, pers, grys ens. Die
         kunstenaar het ook gebrande oranjes, bruin en geeloker. Die klipmure en
         geriffelde dakke het 'n verskillende taktuele kwaliteit in vergelyking met die
         klere van die figure en oppervlak van die straat en die lug. Die growwe klip
         van die huise word herhaal om 'n kreatiewe patroon te skep.

         Ritme en beweging is geskep deur die herhaling van die vorms en kleure in
         die mure, dakke en figure. Die kunswerk is illustratief, vereenvoudig en naïef.
         Tonale waardes en skadu's is geskep deur die gebruik van waterverf met
         geen sigbare kwashale.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             5                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 1b: Die diagonale lyne op die sypaadjie trek die oog na die fokale
         punt wat diepte en perspektief skep. Horisontale lyne word gevorm deur die
         baksteenmuur en die blombedding. Geboë lyne word waargeneem op die
         figure en die aalwynplant. Die koerante vorm ook 'n diagonale lyn. Vertikale
         lyne kan gesien word in die lamppaal, plakkaat en die kant van die gebou.

         Vierkantige en reghoekige vorms is gebruik om die sypaadjie, blombedding,
         plakkaat, koerante en baksteenmuur te skep. Organiese vorms kan gesien
         word in die plantegroei en die figure en geboë lyne is teenwoordig in die
         figure.

         Die komposisie beeld 'n alledaagse 'township' toneel uit, wat bestaan uit 'n
         straat, huise en 'n klompie mense. In die voorgrond is jong mense wat na
         mekaar wys en die koerant lees. Die middelgrond word deur 'n paar figure en
         huisies gedomineer. Die agtergrond bestaan uit kleiner figure en huise wat
         perspektief skep.

         Helder, primêre en sekondêre kleure is gebruik. Die kleur, blou, in die klere en
         in die agtergrond, domineer die prentvlak. Die rooi rok en rooi tekkies lei die
         oog na die koppe van die twee sentrale figure wat die fokale punt is. Geel,
         wat sinoniem met geluk is, is gebruik in die hemp van die sentrale figuur, die
         hoed van die meisie in die rooi rok, en die muur van die skoolgebou. Die
         gebruik van wit in die klere en koerant skep kontras. Die figure is swart omlyn
         wat 'n tweedimensionele kwaliteit skep. Tekstuur word waargeneem in die
         blombedding, die muur, die rok, die gestreepte klere en die koerant. Die
         kunswerk het 'n gladde tekstuur.

         Die kompakte en besige komposisie bestaan uit sewe figure wat die
         middelgrond domineer. In die middel van die komposisie is twee sittende
         leerders wat koerant lees. Aan die linkerkant van die kunswerk is 'n manlike
         figuur wat juig en dit lyk of hy dankie sê vir die hemele. Drie meisies in die
         middelgrond dans en vier fees. Bome en 'n aalwyn is in die agtergrond
         geïllustreer.

         Die kunswerk is dekoratief en gestileerd. Die vereenvoudigde figure is donker
         omlyn wat die twee-dimensioneel laat voorkom. Gebare en gesigsuitdrukkings
         is sterk en ekspressief.

         Indien daar geen vergelyking getref is nie, word daar EEN punt afgetrek.               (8)

1.2      Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke van verskillende Suid
         Afrikaanse kunstenaars, wat 'township-lewe' dokumenteer het.
         Hulle moet die volgende insluit in hulle opstel:
         •    Name van kunstenaars en kunswerke
         •    Onderwerp
         •    Formele elemente
         •    Komposisie
         •    Media en tegniek
         •    Styl                                                                              (12)
                                                                                                [20]
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: SUID AFRIKAANSE KUNSTNAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Sommige kunstenaars, soos Emile Nolde, is deur Afrika-maskers beïnvloed, wat gelei
het tot werk wat erg verwronge en oordrewe is.

2.1      •    Kandidate moet die gebruik van verwringing, vereenvoudiging en
              oordrywing in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b bespreek, deur te verwys na
              die formele elemente en beginsels van kuns.
         •    Kandidate moet die manier/wyse motiveer waarop die kunstenaar
              beïnvloed is deur Afrika.

         FIGUUR 2a: Aan die linkerkant is 'n uitbeelding van 'n sendeling met 'n
         masker op wat kyk na 'n knielende vroulike figuur wat 'n baba op haar rug dra.
         'n wit masker is gehang in die agtergrond na regs van die sendeling. Die vrou
         hou 'n fles vas en die sendeling 'n rol of 'n stok. Die figuur regs kom
         beeldagtig voor.

         Sterk vereenvoudigde en ekspressiewe vorms word uitgebeeld. Die vorms is
         plat, hoekig en amper geometries. 'n Plat agtergrond is met 'n warm kleur is
         gebruik. Sterk wit en blou herhalende lyne kan in die sarong van die vrou
         gesien word.
         Sterk, organiese vorms is uitgebeeld met olie op doek. 'n Helder, warm geel
         bedek die hele agtergrond en die vorms is met sterk hale oor die agtergrond
         aangewend.
         Die invloed van Afrika kan gesien word in die onderwerp, gebruik van kleur en
         die styl van werk.

         FIGUUR 2b: Die komposisie is dig en gevul met verskeie omlynde figure
         uitgebeeld met sterk en swaar, swart buitelyne – amper soos graffiti. Klein
         Afrika kalligrafie Boesmanagtige motiewe en figure kan in die agtergrond
         gesien word. Sy werk het 'n sterk gevoel van Afrika in die skilderye. Dit is
         sigbaar in sy sterk gebruik van kleur, sterk komposisies en unieke gebruik van
         sy medium. Die gloeiende geel en oranje agtergrond wys ook die Afrika
         invloed. Die werk is gedoen in olie en die growwe kwashale en kwas merke
         kan waargeneem word. Vorm is vereenvoudig, gestileerd en sterk.
         Hierdie kunswerk reflekteer 'n stedelike ondervinding en dit bevat sterk
         omlynde hutte, menslike figure, menslike koppe en voëls. Die agtergrond is in
         donker geel, oker en goud.

         Die kunswerk is vereenvoudig met donker omlynde vorms wat geskilder is as
         'n bolaag oor die agtergrond. In die agtergrond is klein Khoi-San figure geverf.
         Sommige getekstureerde patrone is uitgekrap (soos petrogliewe) in die kleur
         in die agtergrond. Klein gesiggies word herhaal en dit skep ritme.
         Hierdie kunswerk is voltooid met olie verf op papier. Die organiese vorms is
         aangewend met donker buitelyne. Die lyne word aangewend as bolaag oor
         die helder geel agtergrond. Dit herinner aan die Boesman rotsskilderye.
         Kleiner Afrika kalligrafiese, Khoi-San motiewe en figure word in die
         agtergrond waargeneem.                                                                 (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              7                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Nasienriglyne

2.2      Kandidate moet EEN kunswerk van enige TWEE kunstenaars analiseer wie
         se werk 'n Afrika invloed toon.

         Hulle moet verwys na die volgende:

             •      Name van kunstenaars en kunswerke
             •      Waar in die kunswerk word die invloed getoon?
             •      Gebruik van kleur
             •      Komposisionele elemente
             •      Gebruik van tegnieke en materiale                                     (12)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INSLUITENDE WEERSTANDSKUNS VAN
         DIE 1970s EN 1980s

Bill Woodrow, 'n Engelse beeldhouer, gebruik sy kuns om 'n boodskap van sosiale
bewustheid oor te dra. In FIGUUR 3 gebruik hy alledaagse verbruiksgoedere
(alledaagse artikels), soos landkaarte, motordeure en 'n stofsuier om 'n beeld van 'n
olifant te skep. Net soos verbruiksgoedere weggegooi word, so word diere gejag totdat
hulle uitsterf.

3.1      Deur te verwys na die kunswerk in FIGUUR 3, moet die kandidate 'n kort
         opstel skryf waarin hulle die volgende bespreek:
         •    Betekenis van die stofsuier, motordeure, landkaarte en geweer: 'n
              Olifant kop is gekonstrueer rondom 'n stofsuier en uitgestal as 'n trofee.
              Kaarte van Afrika en Suid-Amerika is teen 'n muur geplaas wat die ore
              van die olifant vorm. 'n Gedeelte van die kaarte is nog vas aan die ore.
              Die olifant lig 'n outomatiese masjiengeweer uit die watergat wat deur die
              motordeure gevorm word. Die buitelyne van Afrika en Suid-Amerika het
              dieselfde vorm as die van olifantore. Die masjien geweer, verskaf deur
              oorsese lande, word 'n simbool van rewolusie en opstand, wat armoede,
              informele nedersettings en die vernietiging van die natuur tot gevolg het.
              Die stofsuier het 'n drie-hoekige vorm wat ideaal was vir die slurp van die
              olifant – dit kan simbolies wees van ons tegnologie wat al ons natuurlike
              bronne leeg 'suig'. Die gebruik van die motordeure as die kante van die
              drinkgat, kan simboliseer dat die natuur 'n skrootwerf geword het.
         •    Simbolisme van die gebruik van alledaagse/herwinde objekte: Die
              kunstenaar vorm 'n nuwe konsep deur gebruik te maak van objekte wat
              weggegooi is en nie meer 'n nut vir die mens het nie. Dit beteken dat uit
              van afvalhope en chaos, nuwe dinge gebore kan word. Suid-Amerika en
              Afrika is lande van kontraste, elkeen met oerwoude en woestyne, en
              word gekonfronteer deur vloede, droogtes, oorvloed en armoede. Die
              oorblywende openinge van die kaarte wat geskep is deur die uitknip van
              die ore het identiese negatiewe vorms. Dit verskerp die leegheid wat
              gelaat word na die vernietiging van die diereryk en natuurlike bronne Die
              olifant wat die geweer uit die water lig, simboliseer vrees, onwettige jag,
              vernietiging en misbruik van die natuur.
         •    Watter boodskap dra hierdie kunswerk oor vir die samelewing in die
              algemeen? Waarom dink jy kan die olifant 'n simbool wees vir die
              samelewing? Die gewapende olifant simboliseer die opstanding teen
              oorlog, rewolusie en die uitdun van diere. Dit kan ook beteken dat die
              olifant die geweer in die water ontdek het. Die olifant het 'n trofee geword
              wat bekend is vir sy uitstekende geheue – hy word 'n simbool van mag en
              grasie. Die watergat versinnebeeld dat water, wat die hoofbron van alle
              lewende wesens is, ook onder spanning is. Die geweer reflekteer die
              aggressie, geweld en die sinnelose vernietiging, veroorsaak deur oorlog.
              Die watergat voorsien water vir die olifant so wel as vir die mensdom.
              Die watergat en die aksie van oorlog is juksta geplaas. As die watergat
              droog is, is die dood onafwendbaar net soos in die oorlog. Oorlog sal
              nooit vergeet word en kan nie van ons geheue uitgewis word nie, selfs al
              sal die mensdom ammunisie en bewyse probeer vernietig. Water is
              simbolies van lewe en reiniging en sonder water sal ons nie oorleef nie.           (8)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           9                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                    NSS – Nasienriglyne

3.2       Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die werk van enige TWEE
          kunstenaars bespreek, wie se werk 'n bewustheid van sosiopolitieke
          kwessies toon.

          Kandidate moet die volgende kriteria in hulle antwoord aanspreek:
            • Name van kunstenaars en kunswerke
            • Beelde gebruik
            • Media en tegnieke
            • Boodskappe/betekenisse                                                          (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE AFRIKA

Kunstenaars gebruik baie style en media om hulle interpretasie van Jesus se kruisiging
oor te dra.

4.1      Kandidate moet die wyse waarop hierdie twee kunstenaars in FIGUUR 4a en
         FIGUUR 4b die kruisiging interpreteer het bespreek, deur die volgende te
         beantwoord:
         •    Hoe verskil die funksie van FIGUUR 4a en FIGUUR 4b? Motiveer jou
              antwoord.
         •    Waarom sal jy FIGUUR 4a beskryf as naïewe kunswerk?
         •    Verduidelik hoekom FIGUUR 4b 'n ekspressionistiese kunswerk is?
         •    Elimo Njau van Tanzanië sê: 'Kuns verafrikaniseer Christenskap'.
         •    Dink jy dat hierdie kunstenaars suksesvol was om Christenskap te
              verafrikaniseer? Gee redes vir jou antwoord.
         FIGUUR 4a: het 'n popagtige beeld, gemaak van ’n weefstof en krale, wat
         Jesus aan die kruis verteenwoordig. Dit is 'n naïewe uitbeelding van die
         kruisiging. Verskeie, tipiese Afrika krale is gebruik om die figuur te versier.
         Die tekstuur van die kraletjies kan simbolies wees van die wonde wat aan
         Jesus se liggaam toegedien is.
         FIGUUR 4b: 'n landskap word uitgebeeld waarin beelde van mense beweeg
         na die heuwel waar Jesus gekruisig word. Hulle word vergesel deur 'n hond.
         Die dooie bome in die voorgrond verteenwoordig dood. Die figure word
         sittende uitgebeeld en sommige figure in die voorgrond lê. Helder verligte
         trappe is uitgekerf uit 'n klip heuwel wat die oog ly na die kruisiging. Aan beide
         kante van die kruis is twee figure, een sittende en een staande. Die staande
         figure wys met hulle stawwe na die kruis. Die twee sittende figure
         verteenwoordig die treurigheid.
         FIGUUR 4a: Die styl is vereenvoudig en naïef. Naïewe kuns word gewoonlik
         geskep deur 'n onopgeleide kunstenaar, en die werke het 'n kinderlike
         kwaliteit.
         FIGUUR 4b: Ekspressionisties, vereenvoudiging en verwringing word gesien
         deur die hele kunswerk.
         FIGUUR 4a: Die figuur van Christus word geïllustreer met sy kop na een kant
         toe gebuig wat die dood simboliseer. Die arms en bene is vereenvoudig en is
         vormloos.
         FIGUUR 4b: Die geraamte-agtige figure is ekspressionisties, gekenmerk deur
         verwringing en vereenvoudiging. Die geraamte-agtige figure in die voorgrond
         skep 'n atmosfeer van treurigheid en verwoesting. Die figure is gesigloos wat
         simbolies kan wees van die afwesigheid van identiteit. Een figuur is sittend
         aan die onderkant van die trappe terwyl die ander besig is om op te klim. Die
         figuur van Christus word omring deur twee staande figure en twee ander
         figure aan weerskante van die kruis. Jesus word voorgestel as 'n deursigtige
         figuur, reeds besig om te sterf en om die wêreld te verlaat. Al die figure wat
         loop vanaf die linkerkant na die regterkant van die prentvlak, lei die oog na die
         die fokale punt van Christus aan die kruis.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 4a: Aardse kleure is gebruik, naamlik bruin, geel en oker. Vertikale
         en horisontale lyne is gebruik wat 'n 'T'-vorm skep.

         FIGUUR 4b: Die gebruik van komplimentêre kleure van blou en oranje, en
         sagte pers en geel, verhoog die visuele impak van die skildery. Die gebruik
         van geel-oker op die beeld van die heuwel en die trappe verlig die kruis en die
         lang maer figure wat daarnatoe beweeg. Die donkerblou lug verleen 'n
         stormagtige donker gevoel. Die vertikale lyne van die bome kontrasteer skerp
         met die horisontale lyne van die rotse en die heuwels wat in die agtergrond
         vloei. Vorm is stilisties en vereenvoudig soos gesien kan word in die
         uitbeelding van die figure.

         FIGUUR 4a: Die materiaal en krale is deel van die etniese leefstyle van die
         landelike mense van Suid-Afrika. Hulle gebruik krale vir versierings en om te
         onderskei tussen die verskillende stamme in hulle spesifieke kulture. Die
         naïewe uitbeelding van die spirituele geloof van die Afrika bevolking kan
         gesien word in die ekspressiewe uitbeelding van die figure. Die impak van
         hierdie Christelike gebeurtenis op die kunstenaars se lewe kan duidelik
         gesien word in die eerlike, onskuldige kunswerke.

         Baie dekoratiewe Afrika krale is gebruik om die hele figuur te versier. Dit kan
         ook die marteling voorstel van die liggaam van Jesus, voor Hy gekruisig is.
         Dit is wat beskikbaar is om kuns te maak. Die Christus figuur is geklee in 'n
         tipiese 'ibetshu' wat as 'n lendedoek gedra word deur mans van sekere Afrika
         kulture.

         Die figure in FIGUUR 4b het almal dieselfde tipiese hoofbedekking wat gedra
         word deur Afrikane, wat identifiseer dat hulle ook teenwoordig was tydens die
         kruisiging van Jesus. Dit is asof hulle ook getuies was by hierdie
         hartverskeurende deel van Jesus se lewe.                                              (10)

4.2      Kandidate moet EEN kunswerk van enige TWEE verskillende Suid Afrikaanse
         kunstenaars interpreteer, wie gebruik maak van kunsvlyte, of wat spiritualiteit
         in hulle werke aanspreek.
         Hulle mag die volgende gebruik as 'n riglyn in hulle kort opstel:

             •      Name van kunstenaars en kunswerke
             •      Onderwerp
             •      Formele elemente
             •      Gebruik van media en tegniek
             •      Moontlike boodskappe/betekenisse                                           (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID AFRIKA

Double Negative (Dubbel Negatief) deur Michael Heizer in FIGUUR 5a is landkuns in
die Nevada- woestyn, VSA. Die diep slote in die natuurlike rotsformasie is deur
stootskrapers en dinamiet gemaak.

Die Deens-Yslandse kunstenaar, Olafur Eliasson, is geïnteresseerd in hoe jy die
landskap met die res van die wêreld verbind en hoe jy jouself daarbinne ervaar.
In FIGUUR 5b het hy meer as 180 ton Yslandse klip gebruik om diep lae te vorm en 'n
terrein te skep waardeur 'n waterstroom tussen die interieur van die museum
deurvloei.

5.1      Michael Heizer neem sy werk uit die ruimte van die galery na die
         woestynomgewing, terwyl Olafur Eliasson die land in die galery inbring.
         Die kandidate moet die moontlike boodskappe/betekenisse van hierdie werke
         bespreek deur te verwys na die volgende:

         •    Titels
         •    Ruimte/ligging
         •    Medium en tegniek
         •    Interaksie/betrokkenheid /verbintenis met die kyker en die ruimte
         •    Grootte/skaal van die werk
         •    Die interaksie tussen die kyker en die kunswerk
         •    Dokumentering van die kunswerk

         FIGUUR 5a: Dubbel negatief: 'n Land kuns geskep deur die kunstenaar
         Michael Heizer in 1969 en 1970. 'n Diep snit of sloot wat na mekaar wys aan
         beide kante van 'n geskulpte rand op die verspoelde natuurlike landvorm,
         skep 'n aaneenlopende, onsigbare negatiewe vorm tussenin. Die werk
         bestaan uit twee ravyne wat uit die kante van 'n rotsformasie ingesny is in die
         suidelike deel van Nevada. Die werk is 30 voet wyd, 50 voet diep en
         1 500 voet lank. Dit is geskep deur dinamiet en stootskrapers in 'n oop,
         natuurlike landskap in Nevada. Dit is 'n baie groot werk wat in 'n oop landskap
         gedoen is. Natuurlike grond is uit die landskap verwyder. Die kyker moet in
         die diep slote rondloop en kan oorweldig voel. Dit kan ook as 'n kruispad
         gesien word: Draai ek of gaan ek reguit aan? Die negatiewe simbole kan ook
         'n positief vorm. Die kunswerk is gedokumenteer deur die kunstenaar en/of
         kyker met fotografie, video's en films. Die dokumentering kan ook in 'n galery
         uitgestal en aangebied word.

         FIGUUR 5b: Rivierbedding: Dit is 'n rotsagtige landskap met nat, glipperige
         klippe hier en daar, wat die vorm van 'n rivier skep wat deur 'n landskap vloei.
         Die drie kamers van die museum is getransformeer in nuwe landskap. Die
         werk is ligging-spesifiek, wat met die museum se unieke identiteit inskakel.
         Hierdie projek is 'n omkering tussen kuns en natuur. Dit het 'n ooreenkoms
         met die kalmerende krag van 'n Japannese tuin sowel as die antieke Pompeii
         na sy verwoesting. Die natuur is in die museum ingebring – die skakel tussen
         mens en natuur is beklemtoon. Dit is asof 'n nuwe landskap gevorm is deur
         die kunstenaar. Hy fokus op die inneming van spasie op 'n nuwe manier en
         sluit in nuwe patrone van beweging in die museum.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           13                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

         Die uitstalling bestaan uit drie seksies wat elkeen die fisiese, argitektoniese
         en institusionele kontak tussen die kunswerk en Louisiana as 'n plek
         verteenwoordig.
         Die besoeker word deel van, en word gekonfronteer en oorweldig deur hierdie
         barre landskap. Dowwe grys en swart kleure is gebruik en geen vorm van
         lewe kan waargeneem word. Die besoeker word deel van die werk deur te
         beweeg van kamer tot kamer. Die fokus op die besoeker en liggaamlike
         beweging deur ruimte is waar Louisiana se identiteit as plek en die werk van
         die kunstenaar ineenskakel. Die oorgang tussen interieur en eksterieur,
         kultuur en kunsmatige natuur, word vloeiend en beweeglik - en die proses van
         die besoeker deur die museum word die kwessie.
         Hierdie kunswerk kan ook gedokumenteer word as foto's, video's, films deur
         die kunstenaar en besoekers. Die dokumente kan later vertoon word in
         uitstallings, galerye of publikasies.                                                 (10)

5.2      Kandidate moet enige TWEE kunswerke van kontemporêre kunstenaars
         bespreek, waar die kunstenaar(s) alternatiewe en ongewone media gebruik
         het.                                                                                  (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID AFRIKA

Ons kulture, ons tradisies, en ons taal is sommige van die fondasies waarop ons ons
identiteit bou.

6.1      Kandidate moet bespreek hoe Simphiwe Ndzumbe die tema van identiteit,
         migrasie en skoonheid ondersoek, deur te verwys na die volgende
         riglyne:
         •    Gebruik van lap en gevonde materiale
         •    Die belangrikheid/simbolisme van die volgende:
              o die dasse
              o die lig
              o die bagasie/tasse
              o hout palet
         •    Hoe skep Simphiwe Ndzube die gevoel van beweging in sy werk?
         •    Hoe is die idee van migrasie aangespreek in hierdie kunswerk?
         Die installasie beeld swaar belaaide figure uit, wat hulle weg baan deur 'n
         energieke, mooi en moeilike landskap, na bagasie wat verlig is deur 'n lamp.
         Die figure is gesigloos weergegee, wat hulle identiteitsloos maak. Die bagasie
         is geplaas aan die einde van die pad en is simbolies van 'n beter toekoms vir
         die mense. Die mense dra nie baie bagasie nie en is simbolies van die
         historiese laste wat gedurende apartheid ondervind is. Daar is skerp penne
         en blokkasies in die pad wat verwys na belofte en onsekerheid. Die hout
         palette wat gewoonlik gebruik word om groot en swaar goedere te skuif, kan
         ook die migrasie van die figure verteenwoordig. Die figuur naaste aan die
         tasse het 'n industriële handskoen aan, wat bevestig dat die persoon 'n een of
         ander fabriek werk. Die tweede figuur het geen hande nie. Die komberse wat
         die palette bedek, herinner ons aan die komberse wat in tronke gebruik word.
         Die das word gewoonlik om die nek gedra vir 'n dekoratiewe doel veral by
         formele drag of as deel van 'n uniform. Die dasse lyk soos skêr penne/gras/
         slange, wat aandui dat dit nie 'n maklike voorspoedige reis vir die mense is
         nie. Die lig/baken is 'n duidelike sigbare toestel wat geruik word om aandag te
         trek of om gevaar aan te kondig. Die lig kan ook aankondig dat vyandige
         troepe aankom en om die verdediging te waarsku. Die lig verlig die bagasie
         en lei die figure na 'n nuwe toekoms of bestemming.
         Die figure beweeg na hulle bagasie wat impliseer dat hulle die huidige plek
         verlaat, of geforseerd, of uit eie wil vir 'n beter toekoms.
         Die palette vorm 'n horisontale lyn wat stabiliteit verteenwoordig. Die figure en
         dasse skep vertikale lyne wat simbolies is van krag en stabiliteit. Die drie-
         dimensionele figure het organiese lyne wat beweging skep. Hulle gesigte is
         bedek en vermom deur die gebruik van materiaal, wat hulle identiteitloos
         maak. Die gebrek aan definitiewe gelaatstrekke verberg die tekortkominge
         van hulle liggame, vel en verdoesel die geslag. Die sagte en gevonde
         materiaal vertel 'n emosionele verhaal wat geïnspireer is deur 'township'
         kwessies. Die klere kan ook as 'n pantser dien.                                         (10)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            15                    DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

6.2      Kandidate moet TWEE post-1994 kunstenaars se werke vergelyk wie
         kwessies van kultuur, tradisie of taal hanteer.

         Hulle vraestel behoort die volgende in te sluit:

             •      Name van kunstenaars en kunswerke
             •      Onderwerp
             •      Invloede
             •      Medium en tegniek
             •      Boodskappe en betekenisse

         Indien daar geen vergelyking getref is nie, word daar EEN punt afgetrek.         (10)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Chéri Samba hanteer geslagskwessies vanuit 'n manlike oogpunt.

7.1      Kandidate moet FIGUUR 7 bespreek met betrekking tot die volgende:

         •    Kleur
         •    Narratiewe/stories
         •    Gebruik van dominante beeldgebruik en die simbolisme van 'n manlike
              oogpunt gesien.

         FIGUUR 7: Die kunstenaar gebruik beide primêre en sekondêre kleure wat
         die diversiteit van al die figure simboliseer. Die helder, vrolike kleure
         verteenwoordig diversiteit soos gesien kan word in die beeld van die aardbol
         aan die linkerkant van die skildery. Die figure verteenwoordig die diverse
         kulture van vroue oor die wêreld so wel as die ryk bronne van die natuur. Die
         sentrale manlike figuur is die fokale punt. Klein vroulike figure omring hom
         aan die linkerkant. Dit lyk asof hy na al die helder gekleurde vroulike figure
         kyk.
         'n Paar vroulike figure is ook geverf in die vorm van sy hart. Die vroulike figuur
         aan sy regterkant kan dalk sy vrou verteenwoordig, wat onder die indruk is
         dat sy die enigste vrou in sy lewe is, alhoewel hy na al die ander vroue kyk.
         Die hart mag ander vroue verteenwoordig wat hy ook liefhet. Die vroue word
         as onderdanig voorgestel.

         Die figuur van die man in die voorgrond domineer die hele skildery terwyl daar
         baie kleiner vroulike figuurtjies is. Die kleiner figuurtjies omkring die beeld van
         die aardbol en plantvorme. 'n Beeld van 'n menslike hart is geskilder aan die
         linkerkant van die man se bors, en 'n ekstra hart is uitgebeeld wat bokant sy
         skouer sweef. Die hart is 'n simbool van liefde en met die titel 'water solution
         for men' (wateroplossing vir mans), kan dit beteken dat die oplossing vir mans
         is, om meer as een vrou te hê. Die simbool van die sonbrille kan wees dat die
         vroue probeer om hulle gevoelens vir die gemeenskap en vir mans weg te                    (6)
         steek.

7.2      Die kandidaat moet ten minste TWEE kunswerke bespreek wat 'n geslags-
         spesifieke uitgangspunt aanspreek.

         Kandidate moet die volgende riglyne in hulle antwoord gebruik:

             •      Name van kunstenaars en kunswerke
             •      Media en tegniek
             •      Styl
             •      Onderwerp
             •      Moontlike boodskappe/betekenisse                                               (14)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            17                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID AFRIKA

Ongeag hoeveel argitektuur verander, die primêre funksie daarvan is om beskutting te
verskaf. Mario Botha sê: 'Solank as wat daar iemand is wat 'n huis nodig het, sal
argitektuur bestaan.'

8.1      Met verwysing na die bogenoemde stelling, moet die kandidate die
         voorbeelde in FIGUUR 8a, 8b, 8c en 8d, analiseer.

         Die kandidate moet verwys na die volgende riglyne:

         •    Stilistiese kenmerke
              FIGUUR 8a: Simplistiese, oop-plan en minimalistiese huis. Die argitek
              het die 'less is more'-filosofie gebruik.
              FIGUUR 8b: Oop-plan huis wat 'n minimalistiese benadering/styl
              aanneem.

         •    Ooreenkomste
              Beide geboue is op 'n platform geplaas wat 'n uitsig het oor die
              omgewing. Deur die huise op 'n platform te plaas, word die natuurlike
              omgewing nie versteur nie. Albei geboue het breë glas panele. Oop
              spasie is gebruik in al twee geboue. Die groot leef areas kyk uit op die
              plantegroei en landskap wat 'n ontvlugtingsoord bied.

         •    Gebruik van ruimte
              FIGUUR 8a: Alhoewel die huis klein en kompak is, maak die argitek
              gebruik van 'n oop-plan leef area.
              FIGUUR8b: Die huis is groot. Die buite-patio en kamers het 'n oop-plan
              konsep. Beide huise is ontwerp op so 'n manier dat die omgewing deel
              van die huis word.

         •    Boumateriale/tegnieke
              FIGUUR 8a: Herwinde papier, beton en glas. Die gebruik van
              papierbuise leen hom vir vinnige oprigting. Die glas verleen aan die kliënt
              'n kontinue uitsig op die omgewing vanaf alle hoeke. Die huis laat lig toe
              van alle hoeke wat elektrisiteit spaar. Die kleur van die papierbuise en wit
              platform is neutraal wat verskil van die kleure van die omgewing.
              FIGUUR 8b: Beton, glas en hout latte. Die huis laat lig toe van alle hoeke
              en bespaar elektrisiteit. Die beton is neutraal wat toelaat dat die huis met
              die omgewing inskakel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                     NSS – Nasienriglyne

         •    Invloed op die omgewing en sy volhoubaarheid
              FIGUUR 8a: Die kunstenaar het gebruik gemaak van herwinde papier vir
              volhoubaarheid.
              FIGUUR 8b: Die argitek het rou beton gebruik sonder onnodige detail.
              Die gebruik van hout is minimaal. Die beton is sterk en hoef nie vir baie
              vervang te word nie.                                                           (8)

8.2      Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture bespreek wat
         hulle bestudeer het.

         Hulle moet die volgende in hulle kort opstel insluit:
         • Name van argitekte en titels van die geboue of strukture
         • Gebruik van bou materiale
         • Invloed op die omgewing en die volhoubaarheid daarvan
         • Stylkenmerke                                                                      (12)
                                                                                             [20]

                                                                             TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-memo-eng/cdad99f9-c1dc-4dcb-92b0-806e6f60e1da) — Visual Arts · Memo · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-eng/c97858aa-f906-4a79-b199-3ee3e7fb6965) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-afr/2c9445f3-2b26-4a64-b0e0-a497fee104d0) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/b9aa5540-37b4-4dcc-b374-4b4cf2b91d4d) — Visual Arts · Memo · 2017 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO SEPT2017 English](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-sept2017-english/ee09ccbe-02c9-465e-b752-805009f17e3c) — Visual Arts · Memo · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-memo-eng/65dab3ee-e2d9-418c-a43a-afd5a9ff1f09) — Visual Arts · Memo · 2017 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
