# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-afr/b994d5c9-c798-4b76-884b-35eac847760c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-afr/b994d5c9-c798-4b76-884b-35eac847760c)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 VISUELE KUNSTE V1

                              FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf en navorsing in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
          dit vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
          toelaatbaar.

7.        Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.        Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.        Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning.

              6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
              10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
              20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                 NSS

     LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

1.1      Verwys na FIGUUR 1a en FIGUUR 1b. Vergelyk die verskillende benaderings
         van die kunstenaars.

         Gebruik die volgende riglyne in jou bespreking:

             Onderwerp
             Invloede
             Lyn, vorm en kleur
             Plasing van die figure en geboue/strukture
             Skilderstyl
             Stemming/Atmosfeer                                                           (8)

1.2      Skryf 'n opstel oor EEN Suid-Afrikaanse kunstenaar wat sy/haar omgewing en
         eie ervarings van die alledaagse lewe uitbeeld.

         Verwys na die volgende:

             Onderwerp
             Invloede
             Kunselemente
             Komposisie
             Styl
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                             (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                            NSS

                    FIGUUR 1a: Willie Bester, Township Life (Township-lewe),
                              gemengde media, datum onbekend.

     FIGUUR 1b: David Hockney, American Collectors (Amerikaanse Versamelaars),
                                  akrielverf, 1968.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           6                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Karel Appel het gesê dat sy emosionele uitdrukkings 'n middelposisie tussen orde en
chaos inneem.

2.1      Bespreek die stelling hierbo deur na Afrika en ander invloede in FIGUUR 2a
         en FIGUUR 2b te verwys.

         Jy kan die volgende insluit:

             Vorms en simbole
             Kunselemente
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                             (8)

2.2      Bespreek EEN kunswerk deur EEN kunstenaar wie se werk deur Afrika
         beïnvloed word/is.

         Gebruik die volgende riglyne in jou antwoord:

             Onderwerp
             Invloede
             Simbole
             Styl
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                             (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         7                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

            FIGUUR 2a: Karel Appel, Angry Landscape (Ontstoke Landskap),
                                olieverf op doek, 1967.

         FIGUUR 2b: Walter Battiss, Mother of the Tribe (Moeder van die Stam),
                         olieverf op doek, datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Kunstenaars gebruik 'n kombinasie van media en simboliek as 'n stem teen politieke
en/of sosiale ongeregtighede in die samelewing om 'n dieper betekenis oor te dra.

3.1      Analiseer FIGUUR 3a en FIGUUR 3b om kommentaar te lewer op hoe hierdie
         kunstenaars hul stemme van weerstand oorgedra het.

         Jy kan die volgende riglyne gebruik:

             Onderwerp
             Media en tegniek
             Simboliek
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                              (8)

3.2      Bespreek die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat hul
         kuns gebruik om boodskappe oor sosiale en/of politieke kwessies oor te dra.

         Gebruik die volgende in jou antwoord:

             Onderwerp
             Invloede
             Kunselemente
             Media en tegniek
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                              (12)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       9                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS

   FIGUUR 3a: Sam Nhlengwethwa, Shaft (Skag), collage en gemengde media, 1987.

            FIGUUR 3b: Khaya Witbooi, Guns and Roses (Gewere en Rose),
                          olie- en spuitverf op doek, 2012.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             10                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                             NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Die tradisionele Afrika-masker is nog altyd as 'n diep geestelike uitdrukking vir kulturele
en godsdienstige seremoniële redes gebruik. Kontemporêre kunstenaars gebruik die
masker op baie verskillende maniere.

4.1      Bespreek hoe die tradisionele masker herinterpreteer is deur na FIGUUR 4a
         tot FIGUUR 4d te verwys.

         Jy kan na die volgende verwys:

             Gebruik van herwinde materiaal
             Tegnieke
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                    (8)

4.2      Analiseer die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat landelike
         kuns, kunsvlyt en/of geestelikheid verteenwoordig.

             Invloede
             Kunselemente
             Media en tegnieke
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                    (12)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                      11                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS

 FIGUUR 4a: Tradisionele Afrika-masker,       FIGUUR 4b: Edson Chagas, Tipo Passe
     hout en verf, datum onbekend.                (Paspoort,), datum onbekend.

  FIGUUR 4c: Romuald Hazoumé, Dogon,        FIGUUR 4d: Cyrus Kabiru, C-Stunners series,
       herwinde materiaal, 1996.             (C Stunners-reeks), materiaal wat herwin en
                                                  vir 'n ander doel ingespan is, 2012.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Die Toring van Babel in die Bybel was 'n toring wat na die hemel deur ryk, korrupte en
materialistiese mense opgebou is. God het hul trots gestraf deur die toring af te breek
en hulle te vonnis deur almal in verskillende tale te laat praat.

Ter ere van Buenos Aires, wat as die 2011 Wêreldboekhoofstad benoem is, het die
kunstenaar, Marta Minujín, 'n toring van Babel geskep deur 30 000 boeke te gebruik
wat van regoor die wêreld geskenk is. Besoekers word toegelaat om na die bopunt van
hierdie struktuur te loop.

5.1      Bespreek Minujín se kunswerk in FIGUUR 5a.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Die betekenis daarvan om boeke van regoor die wêreld te gebruik
             Die grootte van die werk
             Vertoon van die kunswerk in 'n openbare ruimte
             Gebruik van ligging/plek
             Interaksie van die kyker
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                 (8)
.
5.2      Kunstenaars beeld dikwels hulle eie interpretasie van stories en mites uit en
         gebruik verskillende materiaal en tegnieke om 'n storie te vertel.

         Bespreek EEN kunswerk van TWEE verskillende kunstenaars wat
         onkonvensionele/interessante media en tegnieke gebruik om 'n storie te
         vertel.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Lyn, vorm en kleur
             Media en tegnieke
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                 (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         13                       DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

 FIGUUR 5a: Marta Minujín, Tower of Babel (Toring van Babel), boeke, stellasies, 2011.

                FIGUUR 5b: Besonderhede van boeke en konstruksie, 2011.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          14                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Zyma Amien se kunswerk bring hulde aan haar ma en ouma wat in die tekstielbedryf
gewerk het. Die tekstielbedryf het die reputasie dat hulle vroue uitbuit deur hulle 'n
minimum loon vir lang ure se werk te betaal.

6.1      Bespreek hoe Zyma Amien hierdie uitbuiting in haar werk uitgebeeld het deur
         na die volgende te verwys:

             Beskrywing van die werk
             Kleur
             Simboliek                                                                       (6)

6.2      Baie demokratiese kunstenaars na 1994 se werk het uit hul eie persoonlike
         geskiedenisse ontwikkel, net soos Zyma Amien.

         Bespreek die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse demokratiese
         kunstenaars na 1994 wat hulle eie identiteite verken.

         Jy kan na die volgende riglyne verwys:

             Onderwerp
             Invloede
             Kunselemente
             Komposisie
             Styl
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                (14)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           15                     DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

  FIGUUR 6a: Zyma Amien, Paying Homage (Huldeblyk), oorpakke gemaak van gaas
                  en naaimasjiene uit verskillende tydperke, installasie, 2016.

                    FIGUUR 6b: Zyma Amien, Paying Homage (Huldeblyk),
                                     nabyfoto, 2016.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              16                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Die kontemporêre samelewing het 'n meer verdraagsame benadering                        tot
geslagskwessies, wat kunstenaars toegelaat het om met stereotipes te breek.

7.1      Dink jy die kunstenaars in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b het met stereotipes
         gebreek?

         Reageer op die stelling hierbo deur die volgende riglyne te gebruik:

             Visuele voorkoms/liggaamstaal
             Styl en tegniek
             Stemming en atmosfeer
             Interpretasie van geslagskwessies                                                 (10)

7.2      Die samelewing het bevooroordeelde idees oor manlikheid en vroulikheid.

         Debatteer jou standpunt oor hierdie kwessie in 'n bespreking van die werk
         van TWEE kunstenaars wat op geslagskwessies in hul werk kommentaar
         gelewer het.

         Gebruik die volgende as 'n riglyn:

             Onderwerp/Temas
             Invloede
             Media en tegnieke
             Styl
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                  (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        17                      DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS

               FIGUUR 7a: Andrew Salgado, Drawing Lesson (Tekenklas),
                           olie- en spuitverf op doek, 2014.

  FIGUUR 7b: Kehinde Wiley, The World Stage: Jamaica series (Die Wêreldverhoog:
                      Jamaika-reeks), olieverf op doek, 2013.
Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte het 'n intelligente
regeringsgebou in Tshwane ontwerp. Groen-ster-status is aan hierdie gebou, wat
beide die nuwe en die oue kombineer, toegeken. 'n Gedeelte van die Agrivaal-gebou is
bewaar en die nuwe gebou 'haak' aan die ou gebou vas en beskerm dus Suid-Afrika
se erfenis.

Analiseer enige twee geboue wat jy hierdie jaar bestudeer het deur die volgende te
beantwoord:

   Dink jy dit was 'n goeie idee van PKA Internasionale Argitekte om 'n gedeelte van
    die ou Tshwane-gebou by die nuwe ontwerp vir die Agrivaal-hoofkwartier te
    inkorporeer? Staaf jou antwoord deur na jou eie voorbeelde te verwys.
   Watter strukture het jou gekose argitekte in hulle geboue gebruik?
   Dink jy argitekte behoort dele van ou geboue te behou wanneer 'n nuwe struktuur
    gebou/ontwerp word. Staaf jou antwoord.
   Weerspieël jou gekose gebou Suid-Afrika se erfenis? Staaf jou antwoord.
   Materiaal
   Styl
   Moontlike invloede                                                                       [20]

Groen-ster-beoordeling: Hierdie beoordelingstelsel verskaf 'n reeks groen
                        maatreëls wat gebruik kan word in die ontwerp/
                        konstruksie van 'n gebou om dit meer volhoubaar te maak,
                        byvoorbeeld water, materiaal, grondgebruik en ekologie,
                        uitlatings en energie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         19                        DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS

    FIGUUR 8a: Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte,
         Agrivaal-hoofkwartier vir die Departement van Openbare Werke,
                  hoek van Hamilton- en Edmondstraat, Tshwane,
                            teëls, glas, siersteen, 2013.

    FIGUUR 8b: Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte,
          Agrivaal-hoofkwartier, teëls, glas, siersteen, 2013 (interieur).

                                                                         TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-memo-afr/b1d36a4c-9c85-4725-b4b8-d0da2a31670f) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/15666d90-8a58-451c-8962-63722c5dd0f9) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng/727b739c-b332-4dbe-b517-25bc1fa2532d) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/d0e90c5d-6e3a-4653-81c3-b3af62548154) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-eng/4eda55af-da6f-453d-9319-1d9ac3b59760) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
