# Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-memo-afr/b1d36a4c-9c85-4725-b4b8-d0da2a31670f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-memo-afr/b1d36a4c-9c85-4725-b4b8-d0da2a31670f)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

                                  NASIENRIGLYNE

PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1.       Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae
         vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening
         gemaak word:
             Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
             Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
             Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.
3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoord te struktureer.
4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.
5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
         en titel van die werk toegeken.
6.       Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
         antwoord bespreek, waar van toepassing.
7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
         hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
         die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
         in die nasienproses.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
    Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
     Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
     materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
     kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
    Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
     Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
    Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
     'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                  3                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                       ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES                                   
     KODE
        7               Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Uitstekend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    80–100%              lewer.
                        Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                         van kuns.
                        Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

        6               Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
  Verdienstelik          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    70–79%               kommentaar te lewer.
                        Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                        Toon uitstekende insig en begrip.

       5                Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Substansieel           sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    60–69%               lewer.
                        Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                        Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

       4                Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Gemiddeld             sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    50–59%               lewer.
                        Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

       3                Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    40–49%               lewer.
                        Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

       2                Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
   Elementêr             kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    30–39%               kommentaar te lewer.
                        Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

       1                Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
 Nie behaal nie          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
     0–29%               kommentaar te lewer.
                        Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                        Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

                KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

Die volgende puntetoekenning moet in gedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE:

6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)

As gevolg van kleurverskille in die gedrukte vraestelle van die verskillende provinsies
moet die provinsies die nasienriglyne vir interpretasie aanpas.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

1.1      Kandidate moet die verskillende benaderings van die kunstenaars vergelyk
         deur die gebruik van die volgende riglyne in hul bespreking:

            Onderwerp:

         FIGUUR 1a:
         Dit is 'n alledaagse township toneel wat 'n besige straattoneel uitbeeld. Die
         township word in die agtergrond gesien en die gekurfde pad verdeel die voor-
         en agtergrond. 'n Groot bus is in die middel van die kunswerk geplaas.
         Verskillende voetgangers kruis die pad, staan op die sypaadjie en by die
         busstop.

         FIGUUR 1b:
         Hierdie skildery beeld die buitekant van 'n galery uit. Die twee
         kunsversamelaars is buite die gebou in die middel van die komposisie
         geplaas. Hulle kom baie staties en formeel voor.

            Invloede:

         FIGUUR 1a:
         Bester gebruik sy omgewing en alledaagse tonele uit die townships. Hy
         versamel en herwin ook afval van skrootwerwe en gebruik dit in sy
         kunswerke. Dit is 'n sosiale kwessie wat Bester aanspreek.

         FIGUUR 1b:
         Beïnvloed deur Popkuns, fotografie en 'hard-edge painting'.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

            Lyn, vorm en kleur:

         FIGUUR 1a:
         Dit is 'n helder en kleurvolle skildery. Verskeie lyne en vorms is te sien in die
         besige komposisie. Die geometriese lyne van die bus, busstop, huise en
         voetgangerbrug kontrasteer met die kurwende lyn van die teerpad. Die lyn
         van die horison word gevorm deur die agtergrond agter die huise. Die
         prentvlak word gedomineer deur die blou kleur van die pad en lug. Hy gebruik
         helder bloue en oranjes wat kontrasteer asook rooi en groen. Arbitrêre kleure
         is gebruik.

         FIGUUR 1b:
         Vereenvoudigde en skerp omlynde ('hard-edged') vorms is gebruik.
         Horisontale en vertikale lyne skep stabiliteit in die komposisie. Die vorms van
         die twee menslike figure kontrasteer met die formele geometriese vorms van
         die tuin en gebou. Die vertikale vorms van die twee menslike figure, boom,
         totempaal en beeldhouwerke kontrasteer met die formele geometriese vorms
         van die tuin, sypaadjie en gebou. Die bleek versadigde blou lug kontrasteer
         met die neutral aardse kleure in die voorgrond. Die pienk rok van die dame
         kontrasteer met die groenerige kleure van die beeldhouwerke, boom en tuin.

            Plasing van die figure en geboue/strukture:

         FIGUUR 1a:
         Dit is 'n toneel met 'n voetgangeroorgang, sypaadjie, 'n bus wat mens aflaai
         by 'n busstop, 'n voetgangerbrug aan die linkerkant van die toneel, 'n
         bushalte, 'n paar vragmotors en huise in die agtergrond en verskeie menslike
         figure lukraak geplaas. Sommige voetgangers is besig om die pad te oorkruis;
         ander verlaat die bus op pad huis toe. Drie figure in uniform staan onder die
         bushalte en kyk na die pad.

         FIGUUR 1b:
         Die stywe figure is staties en formeel op 'n geplaveide area met 'n platdak
         gebou. Hulle is omring deur hul besittings. Links is 'n profiel aansig van 'n
         middeljarige man in 'n bruin pak met 'n stywe houding en gebalde vuiste,
         terwyl 'n deftige vol-figuur vrou haar japonagtige rok toe hou met een hand en
         'n sensuele houding inneem wat beide grasieus en konfronterend is. Sy kyk
         stip na vore met starende oë. Die fasade van die modern gebou het twee
         groot vensters. 'n Totempaal en boom is aan die regterkant van die
         komposisie. Twee beeldhouwerke is in die middel van die komposisie. Die
         een voor die manlike figuur en die ander, na agter nader aan die gebou.

            Skilderstyl:

         FIGUUR 1a:
         Bester gebruik 'n ekspressiewe, maar figuratiewe skilderstyl.

         FIGUUR 1b:
         Hockney gebruik 'n gestileerde, 'hard-edge' styl. Gladde verf is in amper plat
         areas aangewend.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          6                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                   NSS – Nasienriglyne

            Stemming/Atmosfeer:

         FIGUUR 1a:
         Dit is 'n dokumentasie van 'n vriendelike en vrolike alledaagse toneel in 'n
         township. Helder kleure skep 'n besige atmosfeer. Almal is besig met hul eie
         besigheid.

         FIGUUR 1b:
         Hierdie skildery is soos 'n portretstudie van die kunsversamelaars. 'n Kalm,
         statiese, stil en kalm atmosfeer oorheers. 'n Formele en ernstige gevoel is
         geskep.
         .

         Kandidate kan nie volpunte behaal as daar geen vergelyking gedoen is
         nie. Nasieners moet die beskrywende rubriek gebruik om                              (8)
         puntetoekenning te lei.

1.2      Kandidate moet 'n opstel skryf oor EEN Suid-Afrikaanse kunstenaar wat
         sy/haar omgewing en eie ervarings van die alledaagse lewe uitbeeld.

         Hulle kan na die volgende verwys:

            Onderwerp
            Invloede
            Kunselemente
            Komposisie
            Style
            Moontlike betekenisse/boodskappe                                                (12)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           7                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Karel Appel het gesê dat sy emosionele uitdrukkings 'n middelposisie tussen orde en
chaos inneem.

2.1      Kandidate moet die stelling hierbo bespreek na deur Afrika en ander invloede
         in FIGUUR 2a en FIGUUR 2b te verwys.

         Kandidate mag die volgende insluit:

            Vorms en simbole:

         FIGUUR 2a: Onreëlmatige vorms geskep deur kleure raak die gesigte wat
         kwaad is. Om betekenis in die ekspressionistiese aanwending van verf te
         vind, het Appel harde buitelyne gebruik om dit wat hy in die warboel van
         kleure gesien het, te beklemtoon. Hierdie vorms van kleur simboliseer gesigte.
         Harde buitelyne, gestileerdheid, naïewe simboliese vorms en verwringing, is
         duidelike kenmerke van Ekspressionisme.

         FIGUUR 2b: Vierkante en reghoeke is saamgestel om ekspressiewe figure te
         vorm. Dit simboliseer 'n groot figuur met twee kleiner figure aan weerskante
         van die groot figuur. Etniese patrone kan op die kleredrag van die figure
         gesien word. Walter Battiss was beïnvloed deur die vereenvoudige vorms en
         simbole gebruik deur die Khoi-San kunstenaars, soos gesien in die klein
         figuurtjies in die agtergrond. Dekoratiewe Ndebele patrone is gebruik op die
         figure se kleredrag. Vereenvoudige figure en verwringing toon die invloed van
         Ekspressionisme. Die eindresultaat het 'n Fauvistiese gevoel wat ons herinner
         aan die skilderye van Matisse.

            Kunselemente:

         FIGURE 2a: Die primêre kleure, rooi, blou en geel domineer die prentvlak.
         Pers, as die komplimentêre kleur van geel, is gebruik om 'n kontrasterende
         agtergrond te skep. Groen, as die komplimentêre kleur van rooi, is ook
         gebruik om die gesigte te skep. Balans word geskep deur die gebruik van
         helder geel aan elke kant van die twee dominante gesigte. Die gebruik van
         impasto en arbitrêre kleure gee 'n geabstraheerde kwaliteit aan die skildery.

         FIGUUR 2b: Die groot, groen figuur in die middel vorm die fokuspunt. Naïewe
         lyne is gebruik om die arms en bene te skep. Blou en oranje, en groen en rooi
         is gebruik om kontraste in die skildery te vorm. Die gebruik van helder geel
         aan die linkerkant, middel en aan die regterkant skep simmetriese balans.
         Tekstuur word verkry deur die tallose klein, mieragtige figure in die
         agtergrond.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

            Moontlike betekenisse/boodskappe

         FIGUUR 2a: Die betekenis kan afgelei word van die titel, Ontstoke Landskap
         ('Angry Landscape'). Die harde kleure en impasto verf is ekspressief en
         kwaad. Die gelaatstrekke van die twee koppe wys ook op woede met die
         ontblote tande en groot oë.

         FIGUUR 2b: Die titel van die skildery dui daarop dat 'n moeder die hoof van 'n
         stam is. Op haar skoot is 'n kinderlike figuur en aan die kante vroulike figure
         en 'n klein manlike figuur. Dit maak haar die leier. Dit kan ook op die
         vrugbaarheid van vroue in die algemeen verwys. Die baie klein figuurtjies in
         die agtergrond is simbolies van die stam. Die boodskap van 'n vrou wat
         kinders baar en die versorger van 'n nasie is, is universeel.                         (8)

2.2      Kandidate moet EEN kunswerk deur EEN kunstenaar wie se werk deur Afrika
         beïnvloed word/is, bespreek.

         Hulle moet die volgende riglyne in hul antwoord gebruik:

            Onderwerp
            Invloede
            Simbole
            Styl
            Moontlike betekenisse/boodskappe                                                  (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Kunstenaars gebruik 'n kombinasie van media en simboliek as 'n stem teen politieke
en/of sosiale ongeregtighede in die samelewing om 'n dieper betekenis oor te dra.

3.1      Kandidate moet FIGUUR 3a en FIGUUR 3b analiseer om kommentaar te
         lewer op hoe hierdie kunstenaars hul stemme van weerstand oorgedra het.

         Hulle kan die volgende riglyne gebruik:

            Onderwerp:

         FIGUUR 3a: In hierdie kunswerk word die mynwerkers van Suid-Afrika en
         hul lewenstyl uitgebeeld. 'n Beeld van 'n krot township word in die
         agtergrond geïllustreer. Aan die linkerkant van die kunswerk is 'n beeld van
         'n stoomtrein. Talle foto's en tekeninge van mynwerkers domineer die
         komposisie. In die middel van die kunswerk is die struktuur van 'n myn met
         die wiel van die hok wat die manne ondergronds neem.

         FIGUUR 3b: In die middel van die skildery is 'n beeld van 'n jong man
         geklee in 'n moulose frokkie en blou broek. Hy lê op die skoot van 'n vrou
         geklee in kamoefleer drag. Sy dra 'n bril en 'n kopdoek. In die agtergrond, in
         'n semi-sirkel, is beelde van rooi rose, 'n vuis en die lope van vier gewere. In
         die boonste regterkantse hoek is die bene van 'n persoon en net onder dit, 'n
         buitelyn beeld van 'n menslike figuur. In die middel aan die regterkant is
         vervaagde beelde van waarskynlik geboue.

            Media en tegniek

         FIGUUR 3a: Collage uitknipsels van fotomateriaal en tekeninge is
         saamgevoeg om 'n laag-op-laag komposisie met verwronge beelde te skep.
         Hy skilder of teken dikwels oor sy papier uitknipsels (collẽ). Die agtergrond is
         'n geverfde landskap. 'n Foto van 'n lokomotief enjin en sy waens verskyn uit
         die horisonlyn. Baie van die portrette is geteken en geskilder in 'n naïewe en
         vereenvoudigde wyse.

         FIGUUR 3b: Die kunstenaar gebruik olieverf en kombineer dit met spuitverf
         en stensils. Dit kan gesien word in die beelde van die gewere en rose.
         Interessante vertikale lyne skep tekstuur in die agtergrond.

            Simboliek:

         FIGUUR 3a: Die stoomtrein simboliseer die vervoer van die mynwerkers of
         die vervoer van rou materiaal ontgin deur die myn. Die klein strukture in die
         agtergrond kan die hostelle waarin die mynwerkers moes bly
         verteenwoordig, of die lae koste behuising in plakkerskampe. Al die figure
         verteenwoordig die lewe van die mynwerker.

         FIGUUR 3b: Die twee figure simboliseer 'n Piëta. Die rooi rose hoop, liefde,
         vergifnis of treurigheid. Die gewere is 'n simbool van geweld en dood.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          10                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

            Moontlike betekenisse/boodskappe:

         FIGUUR 3a: Die gebruik van fotos en uitknipsels van tekeninge word 'n
         verwronge, droewige toneel waar mense in en uit die myne masjeer om te
         werk. Die kunswerk is 'n stem teen die werkstoestande van arbeiders by die
         myne. Die komposisie raak gefragmenteerde tonele van die lewe op die
         myne.

         FIGUUR 3b: Die kunswerk roep 'n gevoel van treurigheid op soos die
         moeder haar seun vashou wat gesterf het. Die herinner aan die Piëta van
         Michelangelo waar Moeder Maria vir Jesus op haar skoot vashou nadat hy
         van die kruis verwyder is. Die seun kon gesterf het in die stad tydens
         opstande of gedurende geweld tussen verskillende bendes van stedelike
         plakkerskampe.                                                                     (8)

3.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
         bespreek wat hul werk gebruik om boodskappe oor sosiale en/of politieke
         kwessies oor te dra.

         Hulle moet die volgende in hul antwoord gebruik:

             Onderwerp
             Invloede
             Kunselemente
             Media en tegniek
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                              (12)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Die tradisionele Afrika-masker is nog altyd as 'n diep geestelike uitdrukking vir kulturele
en godsdienstige seremoniële redes gebruik. Kontemporêre kunstenaars gebruik die
masker op baie verskillende maniere.

4.1      Kandidate moet bespreek hoe die tradisionele masker herinterpreteer is deur
         na FIGUUR 4a tot FIGUUR 4d te verwys.

         Hulle kan na die volgende verwys:

            Gebruik van herwinde materiaal

         FIGUUR 4a: 'n Stuk hout is gekerf om 'n masker te vorm

         FIGUUR 4b: Hout gekerfde masker met gevonde materiaal as hare. Die
         kunstenaar het die Afrika masker naas moderne kleding in die foto gestel.

          FIGUUR 4c: Hy gebruik herwinde materiaal om sy masker te skep. Hy
         gebruik 'n petrolkan. Die masker bestaan ook uit tou, 'n geweefde mandjie,
         pyp, metaalklamp en skulpe vir oë.

         FIGUUR 4d: Gemaak van gevonde voorwerpe en herwinde materiaal verkry
         uit die strate van Nairobi. Materiale is herwin en hergebruik om 'n webagtige
         masker te vorm.

            Tegnieke

         FIGUUR 4a: Die masker is gekerf deur 'n spesifieke persoon in die
         gemeenskap. Die vaardigheid word oorgedra deur die familie. Kleur word
         aangewend nadat die masker gevorm en voltooi is.

         FIGUUR 4b: Gekerfde masker teenoor moderne kleredrag. Die foto word die
         kunswerk.

         FIGUUR 4c: Die masker (readymade) is gekonstrueer uit 'n petrolkan en
         gevonde voorwerpe soos tou, 'n geweefde mandjie, pyp, metaalklamp en
         skulpe.

         FIGUUR 4d: Die foto wys 'n portret van 'n man met 'n masker aan. Beide die
         masker en die foto word die kunswerk. Die masker is uit gevonde voorwerpe
         soos draad, spykers, 'n botteldoppie en metaalrepe gemaak.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

            Moontlike betekenisse/boodskappe

         FIGUUR 4a: Afrika-maskers is gebruik in rituele en seremonies. Hulle
         verteenwoordig die geeste van diere, voorvaders, mitologiese helde,
         mitologiese waardes of is 'n vorm van eerbetoon aan 'n persoon op 'n
         simboliese wyse. Die tradisionele Afrika-masker is gedra tydens feeste,
         danse, vieringe en rituele seremonies wat sosiale en godsdienstige geleente
         herdenk. Hulle is gewoonlik deel van 'n verenigde ervaring, so waar ons dit as
         skulpturele vorms sien, kan dit ook gesien word as opvoeringskuns
         (performance art), en begrip vir die funksie binne die geleentheid is essensieel
         om die kulturele, simboliese en estetiese betekenis te verstaan. Afrika-
         maskers is in hoë aanvraag by kunsversamelaars en museums regoor die
         wêreld wat hul argivale versamelings herwerk om maskers in 'n nuwe en
         lewendige formaat aan te bied en wat fokus op die skoonheid en
         verskeidenheid van vorm in die beeldhoustukke.

         FIGUUR 4b: Daar is 'n kombinasie van Westerse samelewing soos gesien in
         die pak en die Afrika-masker wat die ou Afrika erfenis verteenwoordig. Dit
         adresseer die idee van kolonialisme.

         FIGUUR 4c: Die masker verteenwoordig die verbruikers/weggooi samelewing
         wat die tradisionele beïnvloed soos gesien in die geweefde kopstuk.

         FIGURE 4d: Hierdie konstruksie van gevonde voorwerpe het 'n ligte en
         delikate gevoel. Die gebruik van metaaldele (draad, onderkante van blikke,
         klein metaalrepies en dele) wat lig reflekteer maak dit 'n moderne en
         modieuse stuk. Die verskillende gevonde dele en voorwerpe is gerangskik om
         die gelaatstrekke van 'n gesig te vorm. Die kunstenaar kon beïnvloed gewees
         het deur Europese kunsbewegings byvoorbeeld Kubisme, Ekspressionisme
         en/of Surrealisme. Die masker kan gedra word deur 'n model op 'n mode
         loopplank as deel van 'n uitrusting of as 'n bykomstigheid.                            (8)

4.2      Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars analiseer
         wat landelike kuns, kunsvlyt en/of geestelikheid verteenwoordig.

             Invloede
             Kunselemente
             Media en tegnieke
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                  (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             13                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Die Toring van Babel in die Bybel was 'n toring wat na die hemel deur ryk, korrupte en
materialistiese mense opgebou is. God het hul trots gestraf deur die toring af te breek
en hulle te vonnis deur almal in verskillende tale te laat praat.

Ter ere van Buenos Aires, wat as die 2011 Wêreldboekhoofstad benoem is, het die
kunstenaar, Marta Minujín, 'n toring van Babel geskep deur 30 000 boeke te gebruik
wat van regoor die wêreld geskenk is. Besoekers word toegelaat om na die bopunt van
hierdie struktuur te loop.

5.1      Kandidate moet Minujín se kunswerk in FIGUUR 5a bespreek deur die
         volgende riglyne te gebruik:

          Die betekenis daarvan om boeke van regoor die wêreld te gebruik
         Die kunstenaar het 30 000 boeke van verskillende lande versamel en dit in 'n
         spiraaltoring gerangskik. Boeke verteenwoordig kennis, opvoeding en taal. Die
         boeke was geskenk deur lesers, biblioteke en oor die 50 ambassades.

          Die grootte van die werk
         Die werk is gemaak op 'n groot skaal en die toring rys op in die lug. Die groot
         skaal mag al die tale oor die wêreld verteenwoordig. Dit spiraal 25 meter in die
         lug op om vir toeskouers toe te laat om die stad van bo te beskou.

          Vertoon van die kunswerk in 'n openbare ruimte
         Dit raak deel van die stedelike ruimte en is toeganklik vir almal wat die ruimte
         besoek. Dit is nie afgesonder in 'n kunsgalery of museum nie.

          Gebruik van ligging/plek
         Die installasie was geplaas in 'n publieke ruimte (San Martinplein) sodat die
         kykers die loopvlak kan oploop om hulle van die oorsprong van verskillende
         tale bewus te maak.

              Interaksie van die kyker
             Die kyker kan langs die spiraalvorm tot op die bopunt van die toring loop.

         Vir onderwysers: Wanneer besoekers afloop, hoor hulle musiek
         gekomponeer deur Minujín en die kunstenaar wat die woord 'boek' in baie tale
         oor-en-oor herhaal. As die werk afgebreek word, sal letterkundige entoesiaste
         genooi word om elk een boek huis toe te neem en die orige boeke sal die
         Biblioteek van Babel genoem word.

          Moontlike betekenisse/boodskappe
         Sy wil hê almal moet deel van die geheel wees (verenig). Ook dat ons deur
         boeke kan kommunikeer en 'n boodskap deur die geskrewe woord kan
         versprei. Die vereniging van die geskrewe woord in een ligging herrinner aan
         die oorspronklike Toring van Babel, waar almal dieselfde taal gepraat het.               (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          14                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

5.2      Kunstenaars beeld dikwels hulle eie interpretasie van stories en mites uit en
         gebruik verskillende materiaal en tegnieke om 'n storie te vertel.

         Kandidate moet EEN kunswerk van TWEE verskillende kunstenaars
         bespreek wat onkonvensionele/interessante media en tegnieke gebruik om 'n
         storie te vertel.

         Hulle moet die volgende riglyne gebruik:

             Lyn, vorm en kleur
             Media en tegnieke
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          15                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Zyma Amien se kunswerk bring hulde aan haar ma en ouma wat in die tekstielbedryf
gewerk het. Die tekstielbedryf het die reputasie dat hulle vroue uitbuit deur hulle 'n
minimum loon vir lang ure se werk te betaal.

6.1      Kandidate moet bespreek hoe Zyma Amien hierdie uitbuiting in haar werk
         uitgebeeld het deur na die volgende te verwys:

          Beskrywing van die werk
         Amien vereer haar ma en ouma wat in die tekstielindustrie gewerk het. Daar
         is drie wit gaas oorpakke wat teen 'n wit muur hang en drie swart
         naaimasjiene van verskillende groottes geplaas op die onderkant van elke
         oorpak. Die naaimasjiene 'speld' die oorpakke aan die vloer en herinner aan
         die oorpakke gedra deur vroulike werkers.

          Kleur
         Die wit gaas oorpakke is teenoor die swart naaimasjiene geplaas. Wit is
         simbolies van suiwerheid en vrede en die swart van industriële
         onderdrukking.

          Simboliek
         Om aan iemand hulde te bring is om die persoon te vereer en respek te
         betoon. Die titel van die kunswerk roep 'n gevoel van treurigheid op. Die wit
         oorpakke is simbolies van haar ma en ouma. Gewoonlik is oorpakke nie wit
         nie en word van swaar duursame materiaal gemaak, terwyl hierdie wit van 'n
         sagte, vroulike materiaal gemaak is. Die naaimasjiene kan verwys na die
         manlike geslag en kan onderdrukking simboliseer soos gesien in die
         tekstielbedryf.                                                                      (6)

6.2      Baie demokratiese kunstenaars na 1994 se werk het uit hul eie persoonlike
         geskiedenisse ontwikkel, net soos Zyma Amien.

         Kandidate moet die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse
         demokratiese kunstenaars na 1994 bespreek wat hulle eie identiteite verken.

         Hulle kan na die volgende riglyne verwys:

             Onderwerp
             Invloede
             Kunselemente
             Komposisie
             Styl
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                                (14)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          16                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Die kontemporêre samelewing het 'n meer verdraagsame benadering                     tot
geslagskwessies, wat kunstenaars toegelaat het om met stereotipes te breek.

7.1      Kandidate moet bespreek hoekom hulle dink die kunstenaars in FIGUUR 7a
         en 7b het met stereotipes gebreek.

         Kandidate kan reageer op die stelling hierbo deur die volgende riglyne te
         gebruik:

            Visuele voorkoms/liggaamstaal

         FIGUUR 7a: Die man word uitgebeeld as 'n sagte, skaam jong man wat afkyk
         na sy hand. Introvert en selfbehep.
         FIGUUR 7b: Die jong man kyk na die kyker met selfvertroue en bravade. Hy
         staan met sy hande op sy heupe en vertoon sy gespierde en getatoeëerde
         liggaam. Hy is geplaas asof op 'n verhoog en pronk vir die verheerliking van
         die kyker.

            Styl en tegniek

         FIGUUR 7a: 'n Impressionistiese gevoel is aan die skildery gegee deur die
         gebruik van ligte en sagte kleure. Die werk is gevul met kwashale wat met
         groot gebaar gemaak is. Ekspressief en skilderagtig. Kort kwashale en die
         gebruik van spuitverf herinner aan graffiti. Die sagte kleure gee 'n vroulike
         gevoel aan die jong man.
         FIGUUR 7b: Sterk, realistiese kleure is gebruik. Die detail gegee aan die
         figuur herinner amper aan 'n foto. Super realistiese, noukeurige aanwending
         van verf met geen sigbare kwashale nie. Die agtergrond herinner aan
         muurpapier wat baie dekoratief en twee-dimensioneel is. Die motiewe van die
         muurpapier blyk herhaal te wees in die ontwerpe van die tatoes. Die
         realistiese gebruik van olieverf is amper soos 'n foto.

            Stemming en atmosfeer

         FIGUUR 7a: 'n Treurige rustige stemming is geskep. Die figuur blyk baie
         ontspanne en terughoudend te wees, onbewus van die kyker.
         FIGUUR 7b: Gelukkige, joviale en speelse stemming is geskep deur die
         helder kleure en dekoratiewe patrone op beide die liggaam en in die
         agtergrond.

            Interpretasie van geslagskwessies

         Kandidate se eie interpretasie van geslagskwessies en motivering daarvan
         kan aanvaar word.                                                                   (10)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           17                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

7.2      Die samelewing het bevooroordeelde idees oor manlikheid en vroulikheid.

         Kandidate moet hulle standpunt oor hierdie kwessie debatteer in 'n bespreking
         van die werk van TWEE kunstenaars wat op geslagskwessies in hul werk
         kommentaar gelewer het.

         Hulle moet die volgende as 'n riglyn gebruik:

             Onderwerp/Temas
             Invloede
             Media en tegnieke
             Styl
             Moontlike betekenisse/boodskappe                                               (10)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                    NSS – Nasienriglyne

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Francois van der Merwe Argitekte en PKA Internasionale Argitekte het 'n intelligente
regeringsgebou in Tshwane ontwerp. Groen-ster-status is aan hierdie gebou, wat
beide die nuwe en die oue kombineer, toegeken. 'n Gedeelte van die Agrivaal-gebou is
bewaar en die nuwe gebou 'haak' aan die ou gebou vas en beskerm dus Suid-Afrika
se erfenis.

8.1      Kandidate moet in 'n opstel enige twee geboue analiseer wat hulle hierdie
         jaar bestudeer het deur die volgende te beantwoord.

            Dink jy dit was 'n goeie idee van PKA Internasionale Argitekte om 'n
             gedeelte van die ou Tshwane-gebou by die nuwe ontwerp vir die
             Agrivaal-hoofkwartiere te inkorporeer? Staaf jou antwoord deur na
             jou eie voorbeelde te verwys.
         Ja, omdat erfenis bewaar word en dit 'n gevoel van die geskiedenis/gevoel
         van die verlede skep. Ou geboue is dikwels gebou met pragtige tradisionele
         materiale soos soliede hout, ou bakstene, sandsteen, marmer, mosaïekwerk
         ensovoorts. Kandidate hoef nie met die stelling saam te stem nie so lank hulle
         hul antwoord motiveer.

          Watter strukture het jou gekose argitekte in hul geboue gebruik?
         Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.

           Dink jy argitekte behoort dele van ou geboue te behou wanneer 'n
            nuwe struktuur gebou/ontwerpword? Staaf jou antwoord.
         Ja, en slegs as die behoue deel historiese waarde het. Dikwels moet 'n
         ontwerp aanpas by die oorspronklike ontwerp van die historiese gebou.
         Kandidate kan ou en nuwe boustyle/materiale ensovoorts insluit. Kandidate
         se eie inligting moet gegee word met stawing.

          Weerspieël jou gekose gebou Suid-Afrika se erfenis? Staaf jou
           antwoord.
         Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.

          Materiaal
         Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.

          Styl
         Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.

          Moontlike invloede
         Kandidate se eie inligting moet gegee word met stawing.
                                                                                              [20]

                                                                             TOTAAL:          100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Feb March 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2018-afr/b994d5c9-c798-4b76-884b-35eac847760c) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept-2018-afr/6f6c86d4-cea2-4eca-a351-3b95fc8c5f3f) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2018/97e18af8-f831-4f4d-bad9-f48e2f25cab8) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
