# Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept-2018-afr/6f6c86d4-cea2-4eca-a351-3b95fc8c5f3f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept-2018-afr/6f6c86d4-cea2-4eca-a351-3b95fc8c5f3f)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2018

                    VISUELE KUNSTE V1
                       NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  VISUELE KUNSTE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:

1.   Hierdie nasienriglyn bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
     ŉ totaal van 100 punte beantwoord.

2.   Dit is BAIE BELANGRIK dat in baie gevalle vir die kandidate voorsiening
     gemaak word:

      Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
       antwoorde gee.
      Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
      Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na
       spesifieke faktore te verwys.
3.   Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
     Kolpunte (‘Bullets’) dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
     antwoord te struktureer.
4.   Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as
     dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
     kunswerke is toelaatbaar.

5.   Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
     noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
     en titel van die werk toegeken.

6.   Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
     bespreek, waar van toepassing.
7.   Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit
     nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese
     inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies
     van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet
     nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses.
     ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS

        Hierdie nasienriglyne moet as ŉ riglyn vir nasieners en ŉ onderrigmiddel
         dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel
         sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die
         nasienriglyne kan slegs ŉ voorgestelde gids wees.
        LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat
         hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
        Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate
         in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op ŉ holistiese wyse
         bespreek.
        Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord,
         volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie
         volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar
         verkeerd is nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               VISUELE KUNSTE V1                                        3

 RIGLYNE:

 Daar word van die KANDIDAAT verwag om die volgende te demonstreer:

    Enige VYF vrae te beantwoord vir ŉ totaal van 100 punte.
    Vrae en onder-afdelings duidelik en korrek te nommer.
    Inligting reeds in een vraag bespreek, nie te herhaal nie. Indien herhaal, sal
     punte slegs die eerste maal toegeken word. Kruisverwysings na kunswerke
     is toelaatbaar.
    Dat antwoorde in volsinne en paragrawe sal wees, volgens die instruksies
     vir elke vraag. INLIGTING IN KOLPUNTVORM SAL SLEGS MINIMALE
     PUNTE VERDIEN.
    Die gebruik van korrekte kunsterminologie.
    Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke.
    Skryf- en navorsingsvaardighede binne ŉ historiese en kulturele
     konteks.
    Plasing van spesifieke voorbeelde binne ŉ kulturele, sosiale en historiese
     konteks.
    Insig rakende kenmerke/besondere kreatiewe styl.
    Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars.

 Daar word van die NASIENER verwag om die volgende te demonstreer:

    Aanvaarding van bewese beredenering binne die konteks van die vraag.
    Om inligting in gedagte te hou wat reeds boaan sommige vrae verskaf is.
    Om na te sien volgens die riglyne hierbo wat aan die kandidate verskaf is.
    Om te herken dat hierdie memorandum dien as ŉ riglyn vir nasieners sowel
     as onderrigwerktuig. Om dié rede is die inligting vir sommige antwoorde in
     meer diepte en inligting rakende ander antwoorde mag blote aanbevole
     riglyne wees.
    Om leerders eerder te beloon vir wat hulle weet, as om hul in diskrediet te
     plaas vir wat hulle nie weet nie.
    Om na die Visuele Kunste SAG-dokument raamwerk (p. 24) te verwys, as
     riglyne om vlakke van prestasie te assesseer. (Sien volgende bladsy.)

 LET WEL:
  Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek sonder dat hulle
   die kunswerke al voorheen gesien het. Merkers kan dus nie feitelike
   akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en
   interpretasies van die kunswerke inligting put, binne die konteks van die
   vraag. Daarom moet merkers onbevooroordeeld en buigsaam tydens die
   merkproses wees.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
    4                                VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2018)

PRESTASIE-
                              ONDERWERP 3: VISUELE KULTUUR-STUDIES 
  KODE
      7         Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
 Uitstekend      sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
  80–100%        lewer.
                Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
                 studie van kuns.
                Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
      6         Demonstreer ŉ goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik    kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   70–79%        kommentaar te lewer.
                Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                 van kuns.
                Toon uitstekende insig en begrip.
      5         Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Substansieel     kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   60–69%        kommentaar te lewer.
                Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                 van kuns.
                Toon ŉ goeie vlak van insig en begrip.
      4         Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
 Gemiddeld       sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   50–59%        lewer.
                Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                Toon ŉ redelik goeie vlak van insig en begrip.
      3         Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Bevredigend      kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   40–49%        kommentaar te lewer.
                Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-
                 terminologie.
                Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                 kuns.
                Toon ŉ bevredigende vlak van insig en begrip.
      2         Demonstreer slegs ŉ basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
  Elementêr      kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   30–39%        kommentaar te lewer.
                Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                Toon ŉ elementêre vlak van insig en begrip.
      1         Demonstreer ŉ geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie   kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    0–29%        kommentaar te lewer.
                Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-
                 terminologie.
                Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                Toon min of geen begrip of insig nie.
    Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               VISUELE KUNSTE V1                                        5

 VRAAG 1:       DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS IN DIE 1950’s EN
                1960’s

       Oor die jare het baie opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars in hul werk op die
       uitbeelding van die ‘lot van die armes’ in verskillende sosiale kontekste en
       verskillende Suid-Afrikaanse omgewings gefokus.

 1.1 Met verwysing na die visuele bronne wat in FIGUUR 1a en 1b verskyn, moet
     leerders ŉ opstel skryf (minstens ŉ ¾ bladsy) waarin hulle die twee kunswerke
     vergelyk deur die wyses waarop die lot van die armes deur die twee kunstenaars
     verken word. Hulle moet verwys na die volgende:

          Onderwerp
          Komposisie en fokuspunt
          Kleurgebruik
          Styl
          Boodskap en betekenis

       Onderwerp: Alhoewel die aktiwiteite in beide werke in ŉ landelike konteks gestel
       word, verskil die onderwerpe merkwaardig. In FIGUUR 1a beeld George Pemba ŉ
       paar landelike Xhosa-vroue uit, wat met behulp van skoffelpikke grond bewerk
       waaruit koring geoes is. In FIGUUR 1b word vier vroue met twee jong seuns
       (twee van die vroue met hul rug na die kyker en die ander twee wat die kyker in
       die gesig staar) uitgebeeld asof hulle huiswaarts beweeg nadat hulle brandhout
       ingesamel het. Dit is duidelik dat albei groepe vroue arm is; dié in FIGUUR 1a
       gebruik rudimentêre tegnologie om ŉ groot uitgestrekte stuk grond te bewerk
       terwyl dié in FIGUUR 1b van brandhout afhanklik moet wees vir brandstof.

       Komposisie en fokuspunt:
       Die fokuspunt van FIGUUR 1a is die vroue in die voorgrond. Albei word in die
       profiel voorgestel soos hulle na regs kyk. Die een naaste aan die kyker vul die
       onderste gedeelte van die formaat en laat die kyker voel asof hy/sy deel van die
       werk is. Die tweede vrou word in die middel gesny om ritmies ŉ illusie van
       perspektief te skep wat resoneer met die terugwykende lineêre perspektief van
       koringvelde. Laasgenoemde lei tot hul rondawels op die horison – ŉ teken van hul
       minderbevoorregte status. In FIGUUR 1b word die vroue in ŉ lineêre rangskikking
       oor die komposisie gespasieer sodat geen fokuspunt onder hulle ontstaan nie
       aangesien die oog van een figuur na die ander beweeg. Die agtergrond is relatief
       plat met tekens van terugwykende ruimte (d.m.v atmosferiese perspektief). Die
       kleure op die figure is baie sterker, wat van hulle die fokusarea maak.

       Die gebruik van kleur
       Die onderste helfte van FIGUUR 1a, wat gekenmerk word deur ŉ terugwykende
       agtergrond, word gevul met warm bruine bedek met sterk rooi, roomwit, blou en
       pers wat gebruik word vir die tradisionele Xhosa-rok van die vroue in die
       voorgrond. Die boonste helfte is ŉ sterk koel blou in die lug wat die werk ŉ gevoel
       van resessie gee – in ooreenstemming met die konvensie van warm kleure in die
       voorgrond en koel kleure in die agtergrond. Die blou dra ook by tot die realistiese
       gevoel en eenvoudige karakter van die landelike gemeenskap. In FIGUUR 1b
       eggo Chiarla vir Pemba in sy gebruik van afsonderlike helder primêre en
       sekondêre kleure om die kleredrag uit te lig. Sy agtergrond verskil egter omdat dit
       in warm oranje en pers geverf is om ŉ gevoel van ŉ warm middag voor skemer te
       skep.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2018)

      Styl
      Beide Pemba en Chiarla se werk hou verband met realisme deurdat hulle die lot
      van armes in landelike gebiede uitbeeld. Pemba se werk toon egter ŉ sterk
      gevoel van fatsoen wat beskrywend oorgedra word, terwyl Chiarla se werk ŉ
      indrukwekkende styl toon in die uitbeelding van vorms in ŉ minder afgewerkte
      naturalisme. Sy kwashale is meer gedefinieer, rou en gebroke om voue voor te
      stel. Dit toon die invloed van Impressionisme en kunstenaars soos Manet en
      Monet. In teenstelling hiermee pas Pemba eerder verf in relatief gladde tekstuur
      toe en gebruik kwashale om rondheid in die vorms te skep. Sy kwashale vir
      koring is meer definitief as Chiarla se wilde kwashale wat die hardheid van die
      omgewing eggo.

      Boodskap of betekenis
      Albei werke fokus op swaarkry wat deur die plaaslike plattelandse Afrika-vroue
      ervaar word.
      Pemba fokus op die oes en voorbereiding van die land vir plant terwyl Chiarla se
      werk handel oor om hout bymekaar te maak vir kook.                                      (8)

 1.2 Leerders moet ŉ opstel van minstens 1½ bladsye skryf waarin hulle voorbeelde
     deur enige TWEE kunstenaars wie se werke ŉ dokumentasie van lewens van
     mense in hul omliggende omgewings is, bespreek en evalueer.

      Hulle bespreking moet die volgende insluit:

         Name van kunstenaars en titels van kunswerke
         Onderwerpe
         Gebruik van komposisionele toestelle
         Formele elemente
         Styl en tegnieke
         Boodskappe oorgedra                                                                 (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               VISUELE KUNSTE V1                                           7

 VRAAG 2:       SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
                EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

 Die Afrika-gees het ŉ manier om uitdrukking te vind in die werke van kunstenaars wat
 beïnvloed word deur inheemse kunsvorms.

 2.1 In ŉ opstel van minstens 1-1½ bladsye, moet leerders die bostaande stelling
     debatteer met verwysing na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b om die geldigheid
     daarvan te bewys.

       Hulle moet na die volgende aspekte verwys:

          Invloede
          Onderwerp
          Vorms, simbole en kleure
          Styl
          Stemming

       FIGUUR 2a
       Sebidi se huidige werk was ŉ gevolg van die invloed van haar instrukteur, Mohl.
       Mohl het haar aangemoedig om tyd saam met die ou mense in die gemeenskap
       te spandeer en na hul stories en leerstellings te luister. Dit is in hierdie verhale
       dat ons die personifikasie van die gees van Afrika vind wat in die meeste van
       Helen Sebidi se werke uitgedruk word. Die ouma is die gids van die familie, is
       geen uitsondering nie. In Sebidi se werk verteenwoordig dit ŉ man en vrou met
       ŉ kind in die agtergrond onder die sorg van haar ouma – soos dit moet wees.
       Hier getuig die groter skaal van die ouma in die agtergrond van haar status.
       Sebidi oordryf nie net die vorms en kenmerke van haar figure om hul
       Afrikanisme uit te druk nie, maar gebruik ŉ Neo-pointilisme tegniek wat die werk
       ŉ tekstuurkwaliteit gee wat herinner aan inheemse pre-moderne Afrika-
       gemeenskappe. Die tradisionele kleredrag en die monochromatiese palet van
       aardse perse en bruine dra verder by tot ŉ Afrika-gevoel.

       FIGUUR 2b is ŉ werk met motiewe wat die invloed van inheemse kunsvorme
       aantoon en sodoende die gees van tradisionele vroulike Afrika-koningskap
       uitstraal. Die onderwerp is ŉ simboliese voorstelling van ŉ gesigportret van ŉ
       Afrika-koningin wat met voorwerpe, figure en vorms getooi word, waarvan baie
       simbolies verband hou met Afrika-gebruike en tradisies. Die swart tande verwys
       na krag en die mag van koninklikes. Die metaal-kettingband versier met ŉ
       Benin-masker verwys na verfraaiing, koninklike status en prestige. Dit is
       terselfdertyd die fokuspunt van ŉ ritueel wat die draer teen negatiewe magte
       beskerm. Die gesig, kompleksie, haar gelaatskleur en omliggende kroonsierade
       word almal naturalisties uitgebeeld. Hulle beklemtoon die aspek van skoonheid
       wat gepaard gaan met vroulike Afrika-koninklikes.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

     Die komposisie is beide simmetries en asimmetries gebalanseer om die werk ŉ
     atmosfeer van mag en koninglikheid te gee. Aan die kant van haar gesig is
     naakte vroulike figure wat kruike met water in dra – hulle speel die rol van jong
     meisies in die dorp. Hierdie rol word herhaal in diegene wat onderlangs op die
     rand sit en water uit hul kruike stort. Die klassieke argitektuur (pilare), naaktheid
     van die figure, hul anatomie en ligaamshouding asook die naturalisme van die
     beelde herleef die Griekse ideaal van balans, skoonheid en perfeksie wat aan
     hierdie koninklike wese toegeken word. Dit weerspreek die gewilde idee van
     ekspressionisme as kenmerkend van Afrika-kunsvorme, maar het steeds die
     gees van Afrikanisme soos uitgedruk in die brons velkleur en die feit dat Afrikane
     tradisioneel half naak geklee was en mans as gespierd en sterk beskou is. Die
     kroon is versier met ŉ keël wat ontwikkel in die kop van ŉ voorvaderlike
     stamfiguur beeldhouwerkie wat in ŉ hout diamantvorm vasgelê is. Dit herinner
     aan die voorvaderlike figure wat as gidse en beskermers van die kroon dien.

     LET WEL:         Hierdie is ŉ oop vraag. Die leerders se opinie sal nie noodwendig
                      dieselfde as hierbo wees nie. Merkers moet dus 'n hoë mate van
                      ontvanklikheid en buigsaamheid uitoefen wanneer hulle hierdie
                      vraag merk.                                                                (10)

2.2 Leerders moet enige TWEE kunswerke bespreek deur enige ander twee
    kunstenaars wat hulle bestudeer het wie se werke ŉ Afrika/inheemse invloed het
    deurdat dit die gees van Afrika uitdruk (1 bladsy).

     Hulle moet verwys na die volgende:

        Name van kunstenaars en titels van kunswerke
        Invloede
        Beeldgebruik wat verband hou met Afrika/inheemse kunsvorms
        Gebruik van materiale/media en styl
        Stemming                                                                                (10)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 VISUELE KUNSTE V1                                             9

 VRAAG 3:       SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
                1970's EN 1980's

       Die volgende stelling is deur die kunstenaar gemaak met verwysing na sy werk,
       waarvan ŉ deel in die visuele illustrasie in FIGUUR 3a voorgestel word: ‘My werk
       handel oor sekere spanningsverskille wat uit die geskiedenis voortspruit en die
       herinnering aan die geweld wat aan swart liggame in die span van die Westerse
       heerskappy op die vasteland aangedoen is. liggame. Die uitwerking van daardie
       geskiedenis strek tot die lewenservarings van (Suid-) Afrikaners wat in elke stad
       woon.’

             [Onderhoud deur: Houghton Kinsman gepubliseer in Another Afrika op 15 September 2014]

 3.1 Leerders moet die visuele bron in FIGUUR 3a bestudeer met betrekking tot die
     bostaande stelling en die werk analiseer en interpreteer in terme van die volgende
     (1 paragraaf):

        Onderwerp en media
        Kenmerke van die werk wat spanning, geskiedenis, herinneringe van geweld
         en Westerse heerskappy simbolies voorstel
        Stemming
        Interpretasie en betekenis

       Ditaola 1 – VIII is ŉ reeks fotografiese afdrukke. Foto's is veronderstel om
       spesifieke oomblikke van ŉ bepaalde tyd uit te beeld. Modisakeng se vertoning
       neem ons terug in die koloniale geskiedenis van Afrika. Mohau Modisakeng
       verskyn in sy foto as half geklee in ŉ geplooide romp oor ŉ lang rokagtige
       kledingstuk – ŉ vooraansig middellengte-studie van die kunstenaar in ŉ militêre
       houding (‘pose’) met 'n antieke geweer wat oor sy rug hang.
       Modisakeng wil die rol van die kulkunstenaar aanneem, maar die wit duif wat in
       die reeks soms in rus en soms in vlug voorkom, laat hom na ŉ blote sirkus-
       towenaar lyk. Die voël verteenwoordig simbolies vrede, terwyl die antieke geweer
       verteenwoordigend is van Westerse koloniale geweld. Die geweer se
       teenwoordigheid herinner ons aan die feit dat die huidige sosiale geweld sy
       oorsprong in koloniale geweld het. Die wit duif wat na bewering ŉ onderhandelaar
       vir vrede sal wees, is rusteloos, ontwykend en tydelik. Modisakeng se foto toon
       flitse van ŉ blou-groen somber geskiedenis wat nagevolge het wat uitdrukking in
       ons hedendaagse samelewing gevind het. Gewere het geweld in samelewings
       gebring. Vrede is ontwykend, tydelik en word ironies deur geweld gesoek.

       Aanvaar enige gemotiveerde analise en simboliese interpretasie                                  (5)

 3.2 Banksy is die wêreld se mees bekende en gevierde graffiti-kunstenaar. Vir
     sommige mense is sy kunswerke stimulerend, ironies, humoristies en met
     heelwat stof tot nadenke. Vir ander is dit bloot vandalisme.

       Leerders moet die visuele illustrasie in FIGUUR 3b bestudeer en in ŉ paragraaf
       van ongeveer ŉ ½–¾ bladsy die kwessie/s en beoogde betekenis in die werk
       bespreek:

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

      Dronk Engel is die eerste keer op die Londense brug gesien, hoewel daar
      sedertdien bo-oor dit geverf is. Dit wys ŉ gevalle engel, vasgebind en moeg. Die
      bottel stel alkohol voor aangesien dit is gemerk met ŉ teken wat normaalweg
      gebruik word om te verwys na skadelike stowwe. Hierdie tekens word
      normaalweg rooi gekleur, maar dit is in swart wat voorstel dat alkohol
      gevaarlik/noodlottig is, met ander woorde giftig.

      Die engel rook ook ŉ sigaret wat tans as gevaarlik vir mens se gesondheid
      beskou word. Die engel sit teen die kant van ŉ donker stegie en rook - ŉ
      gewoonte wat tans verband hou met sterftes wat deur longkanker veroorsaak
      word.

      Sy vlerke het aansienlik gekrimp, sodat hy nie meer kan vlieg nie, om nie eens te
      praat van loop sonder om om te val nie. Sy klere het die witheid verloor wat
      geassosieer word met suiwerheid; Dit is gevlek met vuil geel oker van die
      omliggende mure. Al wat oorbly om ons aan sy vorige engelstatus te herinner, is
      sy gekleurde halo.

      Die bui is somber en depressief en sy lyftaal dui aan dat hy hom aan albei agente
      vir sy lot oorgegee het. Banksy dra die boodskap oor dat, ten spyte van sy beste
      pogings, het die engel misluk en uiteindelik gedraai na dwelmmisbruik. Die ironie
      is of hy nog die etiket van ‘engel’ kan dra nadat hierdie lae status bereik is. Die
      werk weerspieël op lede van die samelewing wat eens as regverdig en goed
      beskou is, maar as gevolg van dwelmmisbruik ontaard het in gemors. Hy het nog
      ŉ kans om uit te kom na die rigting van die kyker of hy kan homself verder in die
      donker stegie laat sink.

      Aanvaar enige gemotiveerde analise en simboliese interpretasie                           (5)

 3.3 Leerders kies TWEE kunswerke deur twee verskillende kunstenaars wie se werk
     handel oor die sosiopolitieke kwessies van ons tyd en bespreek die volgende in
     detail (1 bladsy):

         Name van kunstenaars en titels van kunswerke
         Media, tegnieke en stilistiese eienskappe
         Onderwerpe en sosiaal-politiese kwessies wat in die werke behandel is
         Boodskappe en betekenisse                                                            (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               VISUELE KUNSTE V1                                     11

 VRAAG 4:       KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
                LANDELIKE SUID-AFRIKA

 Jackson Hlungwane se beeldhouwerke is nie net ŉ geval van kunsmaak ter wille van
 kuns nie; hy het sy beeldhouwerke gebruik as deel van sy preke waarin hy idees
 aangaande spiritualiteit en God wou oordra.

 4.1 Met verwysing na die bostaande stelling, moet leerders die gegewe illustrasie in
     FIGUUR 4a beskryf, analiseer en interpreteer deur ŉ opstel van ŉ ½-¾ bladsy te
     skryf. Hulle moet verwys na die volgende:

          Invloede
          Medium en tegniek
          Vorms en kenmerke wat van spiritualiteit en God getuig
          Styl van beeldhoukundige voorstellings
          Simboliese aspekte
          Betekenis van die kunswerk

       Jackson Hlungwani se werk is beïnvloed deur ŉ samesmelting tussen tradisionele
       Tsonga waardes/gebruike en Christelike leerstellings. In sy werk neem God and
       Christ ŉ vorm aan met kenmerke wat herinner aan God as drie-enig. Dit is ŉ
       boomstomp wat Hlungwane vanaf die basis tot 'n groot menslike vorm gekerf het,
       met bene wat in teenoorgestelde rigtings uitsteek: twee persone - pa en seun in
       een. Die figuur staan regop met arms wat opwaarts gevou is en vasgepen aan die
       liggaam rondom die natuurlike opening van die boomholte. In lyn met die
       konvensies van Christelike uitbeelding, is die handpalm aan die regterkant getoon
       met ŉ wysvinger wat wys terwyl die linkerhand oop is in ŉ seënposisie.
       Daar is een groot kop met twee gesigte; een kyk na links en die ander na regs -
       beide glimlag om duidelik die vreugde te simboliseer wat vader en seun in hul
       eenheid ervaar. Op die bopunt van die kop is ŉ kruin met beelde van voëls
       ingesny wat die Heilige Gees verteenwoordig en sodoende die 3 entiteite wat een
       God uitmaak, voltooi. Mens kry die gevoel dat die duif nou en dan die kop verlaat
       en dan in die gat in die borsholte gaan bly soos deur die kunstenaar gesuggereer.
       Soos in sy ander beelde het Hlungwane hierdie figuur van God as ŉ sterk en
       soliede figuur uitgebeeld. Die Vader en Seun se gesigte lyk eenders en dit is
       moeilik om tussen hulle te onderskei. Die gesigte neem groot, ekspressiewe
       maskeragtige kenmerke aan: amandelvormige oë wat deur diep insnydings
       gedefinieer word wat buitelyne van die ooglede vorm en in groot neuse eindig.
       Die vorms van die mond word aangedui deur ŉ dun reguit lyn in die uitdrukking
       van ŉ glimlag. Die beeld bevestig Christus se lering dat hy in die Vader woon en
       die Vader in hom woon. Om hom te ken, is sinoniem met om die Vader te ken.             (8)

 4.2 Leerders vergelyk TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat
     hulle bestudeer het wat geestelike inhoud openbaar en ŉ geestelike boodskap
     dra.

          Name van kunstenaars en titels van kunswerke
          Invloede
          Uitdrukkings van geestelike inhoud/beeldgebruik
          Media en tegnieke
          Interpretasies betekenisse en boodskappe                                           (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                VISUELE KUNSTE V1                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 5:      MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
               EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

 Maurice Mbikayi se kunswerke ondersoek die positiewe en negatiewe impak wat
 kontemporêre tegnologie op mense van Afrika het.

 5.1   Met verwysing na die bostaande stelling en visuele bron in FIGUUR 5a, moet
       leerders ŉ opstel van minstens ŉ ¾ bladsy skryf waarin hulle die kunswerk
       verduidelik, analiseer en bespreek. Neem die volgende in aanmerking:

          Die medium en hoe dit met kontemporêre tegnologie verband hou
          Die vorm en kenmerke en hoe dit aangevul word deur die titel
          Rol van kleur in die werk
          Maniere waarop die werk die negatiewe of positiewe impak van kontemporêre
           tegnologie aanspreek

       Maurice Mbikayi se werk (FIGUUR 5a) is ŉ beeldhou-installasie wat gemaak is
       met behulp van rekenaaronderdele, kabels en veselglas. Dit is duidelik dat die
       sluipmoordenaar se kapmantel gemaak is rekenaarsleutelborde. Van die
       regtermou af vloei ŉ menigte rekenaarkabels wat arteries en are verteenwoordig,
       aangesien dit sinspeel op die transmissie van data. Die onsigbare linkerhand hou
       ŉ lang stok waaraan rekenaarmuise vasgemaak is. Dit lyk asof hierdie die
       moordenaar se wapen verteenwoordig. Daar is geen twyfel dat die medium direk
       gekoppel is aan kontemporêre rekenaartegnologie nie. Die moordenaar is
       onsigbaar in die sin dat sy bestaan meer geestelik of virtueel is - dus verwys sy
       teenwoordigheid na geen onmiddellike dood of gevaar nie. Behalwe die kabels, is
       die hele vorm swart en verwys dit na die simboliese assosiasie met die dood.
       Ironies genoeg is die vorm allegories tot die 16de eeuse Shakespeare-Engelse
       beeld van ‘tyd’ met ŉ sens en ŉ uurglas wat negatiewe konnotasies van die dood
       dra. So terwyl rekenaartegnologie die vermoë het om sosiale vooruitgang te
       bevorder, kan dit ook in konfliksituasies ontplooi word om massavernietiging te
       bewerkstellig.

       Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing.                                (8)

 5.2 Die gebruik van multi-media, gepaard met skaal, die gepaste metode en
     aanbiedingsruimte voeg nie net by tot die estetiese werking van die kunswerk nie,
     maar stel die kyker ook in staat om interaktief betrokke te raak en ŉ persoonlike
     betekenis te skep.

       Leerders moet verwys na FIGUUR 5b. Beskryf die werk in ŉ paragraaf van
       minstens ŉ ¾ bladsy en bespreek hoe die volgende aspekte van die werk ŉ
       impak op die estetiese werking en betekenis daarvan het:

          Onderwerp en skaal
          Keuse van medium en kleur
          Aanbieding – skaal en ruimte

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2018)              VISUELE KUNSTE V1                                         13

      Blomhondjie, die beeldhouwerk uit blomme deur Jeff Koons, is ŉ permanente
      installasie by die Guggenheim Museum Bilbao. In 1992 was hy opdrag gegee om ŉ
      stuk vir ŉ kunsuitstalling in Arolsen, Duitsland te skep. Die resultaat was
      Blomhondjie, 'n drie-en-veertig voet (12,4 m) lang snoeikunswerk van ŉ West
      Highland Wit Terrier-hondjie wat geskep is in ŉ verskeidenheid blomme op ŉ staal
      struktuur. Dit is gemaak van vlekvrye staal, hout (slegs by Arolsen), grond,
      geotextile materiaal, ŉ interne besproeiingstelsel en lewendige blomplante en is
      iets besonders om te aanskou. Blomhondjie kombineer die soetsappigste
      ikonografie denkbaar – blomme en hondjies – in ŉ monument vir die sentimentalis.
      Die grootte daarvan – oënskynlik buite beheer (dit groei steeds letterlik en
      figuurlik), maar is noukeurig opgebou en styf vervat – eggo die hedendaagse
      kultuur. Die blywende skoonheid van die hondjie lê in sy keuse van onderwerp, sy
      vorm en in sy skepping deur ŉ verskeidenheid blomme te gebruik en te verseker
      dat hulle in staat bly om te groei. Die kleure, grootte en skaal word ŉ uitnodiging en
      simboliese openbaring van wat die Guggenheim-museum besit. Koons betrek
      beide verlede en hede, met die gebruik van gesofistikeerde rekenaarmodellering,
      terwyl daar ook na die 18de-eeuse formele tuin verwys word.

      Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing.                                     (6)

5.3   In ŉ opstel van minstens ŉ ¾ bladsy moet leerders ten minste EEN kunswerk wat
      hulle bestudeer het waarin die kunstenaar nuwe/alternatiewe media gebruik het
      analiseer en interpreteer.

      Hulle moet die volgende insluit:

           Naam van kunstenaar en titel van kunswerk
           Media/alternatiewe media
           Invloede
           Kunselemente gebruik
           Aanbieding
           Boodskappe en/of betekenisse                                                           (6)
                                                                                                  [20]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 VISUELE KUNSTE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

 Lionel Smit se Morphous 1 (FIGUUR 6a) is ŉ verkenning van die veranderende
 natuur/aard van basteridentiteit in die sosiale landskap van Suid-Afrika.

 6.1   Met die bostaande in gedagte, word leerders verwag om ŉ paragraaf van
       ongeveer ŉ ½ bladsy te skryf waarin hulle die volgende aanpak:

          Die onderwerp
          Hoe basterheid/hibriditeit en sy veranderende natuur/aard in die vorm
           ondersoek word
          Hoe die styl en tegniek die idee aanvul
          Die betekenis van die medium wat deur die kunstenaar gekies is
          Die betekenis van die skaal en plek waar dit aangebied word
          Boodskap

       Morphous 1, is ŉ groot tweekop borsbeeld van ŉ jong Afrika-vrou. Die koppe is
       aangrensend aan die kruin van die hare aan die agterkant vasgebind om die
       koppe in teenoorgestelde rigtings te laat kyk. Die verbastering/hibridisering lê in
       die replisering van die twee koppe, wat dus die skynbare teenstrydigheid in die
       losheid van die konneksie tussen die pre-demokratiese identiteite en die post-
       demokratiese identiteite voorstel - ten spyte van die feit dat gemeenskappe ŉ
       gesamentlike geskiedenis deel. Mens kry die gevoel dat die reis na die skepping
       van ŉ nuwe identiteit in Suid-Afrika se sosiale landskap altyd gekenmerk sal word
       deur hibriditeit wat die vorm van dualiteit sal aanneem. Die werk herinner ook aan
       die kwessie van tyd – van verlede en toekoms – en van die balanspunt waar
       Suid-Afrikaners hulself tans bevind soos die land begin met die volgende hoofstuk
       van ŉ post-apartheid en post-Mandela Suid-Afrika. Hierdie idee van hibriditeit
       word ook in Smit se kombinasie van realisme van die vroulike vorm en
       ekspressionisme in die los tekstuurstroke van hare en die vel geïllustreer. Of dit
       van die verlede of toekomstige oogpunt beskou word, bly hibriditeit ŉ unieke
       kenmerk van die Suid-Afrikaanse sosiale landskap. Die medium is brons. Dit
       spreek van die veerkragtigheid wat die land nodig het om die uitdaging te hanteer,
       terwyl die skaal dui op die enorme uitdaging. Die beeldhouwerk word voor die
       ‘Union Square’ geplaas; ‘unie’ ŉ herinnering aan die verlede en ŉ uitdaging vir die
       toekoms.

       Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing.                                    (6)

 6.2   Hasan en Hussain Essop gebruik fotografie om vertellings en karakters te skep;
       hulle vertel ŉ storie in elke prent. Hulle beskryf hul werk as die verkenning van die
       stereotipes van die Ooste en Weste – twee kulture wat grootliks in hul daaglikse
       lewe voorkom.

       Verwys na visuele illustrasie FIGUUR 6b en bespreek in ŉ paragraaf van
       ongeveer ŉ ½ bladsy die volgende:

          Onderwerp
          Die interpretasie van die titel binne die konteks van die onderwerp
          Hoe stereotipes van Oos en Wes in die werk verken word
          Die effektiwiteit van die medium wat gebruik word om die boodskap oor te dra

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              VISUELE KUNSTE V1                                     15

     In hul werk Vryheidsvegters, aanvaar die broers die stereotipe van ekstremistiese
     Moslem-soldate wat hulle voorberei vir martelaarskap by ŉ oefenkamp. Die werk
     beklemtoon die vooroordele wat Westerlinge het teenoor die twee mans wat in
     Moslem-klere aangetrek is – ŉ aktiwiteit wat onder gewone omstandighede beskou
     kon word as bloot ŉ groep fikse mans in karate-uniforms wat oefen by ŉ buitelug-
     gimnasium in die middel van ŉ skilderagtige openbare promenade in die ryk
     omgewing van die dorp. Ironies genoeg kan die Ooste hulle beskou as
     vryheidsvegters wat besig is met hul roetine-opleidingsessie. Die tweeling se werk
     weerspieël dus hul dubbele identiteit van beide Moslems en deel in die lewe van
     Westerse Suid-Afrikaners. Die tweeling soek hul plek in ŉ multi-rassige en
     godsdienstige diverse samelewing. Ten spyte van die feit dat die voorstelling van
     die menslike figuur volgens Islam verbied word, produseer die tweelingbroers hul
     werk met behulp van digitaal saamgestelde foto’s. Hul werk bevat ŉ oorvloed van
     tweelingklone wat in verskillende aktiwiteite betrokke is. Deur slegs hulself as
     verteenwoordigers te gebruik, skep hulle persoonlike eerder as objektiewe
     ervarings.

     Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing.                                 (4)

6.3 Leerders moet enige TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het wat
    kwessies oor identiteit in Suid-Afrika bevraagteken of ondersoek.

     Hulle moet die volgende in hul antwoord insluit:

        Name van kunstenaar/s en titels van kunswerke
        Inhoud en betekenis
        Medium, styl en tegnieke
        Kwessies van identiteit wat in die werke behandel word                              (10)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 VISUELE KUNSTE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES

Geslagsrolle, manlikheid, vroulikheid, patriargale oorheersing en seksualiteit is van die
herhalende temas van kunstenaars wat geslagskwessies in hul werk aanpak.

7.1 Leerders moet verwys na die visuele inhoud in FIGUUR 7a en ŉ opstel skryf van
    ongeveer ŉ ¾ bladsy waarin hulle die moontlike geslagskwessies wat deur die
    kunstenaar hanteer word bespreek en debatteer. Hulle moet verwys na die
    volgende:

        Titel
        Onderwerp
        Komposisie
        Styl en benadering
        Moontlike kwessies en boodskap

     In Andrea Kowch se werk, In my gedagtes word die kyker genooi om te deel in die
     gedagtes van ŉ plattelandse huisvrou met betrekking tot wanopvattings wat
     geslagsrolle betref. Die vrou dra ŉ kombuisvoorskoot en loop na die kyker met ŉ
     vars gebakte pastei wat sy oppad is om op die kombuistafel neer te sit (die kers en
     kruiebottelrak dui aan op die teenwoordigheid van ŉ tafel). Die vrou se halfoop oë
     en leë staar met pupille na regs gedraai stel voor dat die toneel wat aan haar
     regterkant verskyn, in haar gedagtes afspeel. Haar man sit sy hoed op terwyl hy
     aan die kruisbande van sy broek trek. Hy is soos ŉ soldaat wat vir ŉ noodgeval
     uitgeroep word. Op ŉ afstand het ŉ tornado die koringskuur aan die brand gesteek.
     Die tornado het die omtrek van die plaashuis bereik en waai nou die koringvelde
     plat en jaag die varke die huis in. Mens kan nie help om bespotting te lees op die
     vrou se gesigsuitdrukking nie – dit lyk asof sy sê dat, in die voorgeskrewe
     geslagsrolle, het die man meer afgebyt as wat hy kan kou.

     Die komposisie is asimmetries verdeel in twee dele; die vrou aan die regterkant wie
     se kalmte getuig van haar ondergeskikte rol - ŉ gehoorsame ‘tradisionele’ huisvrou
     - en ŉ man aan die linkerkant wie se manlikheid en patriargale heldhaftigheid
     uitgedruk word in sy vermoë om reg te wees vir ernstige uitdagings. Die vrou se
     ruimte word d.m.v die deur in die agtergrond afgebaken terwyl die man se tree wat
     hy gee buite sy area uitstrek om sy omvang en rol groter te maak. Die varke op die
     agtergrond is allegories aan dié in George Orwell se ‘Animal Farm’. Hulle is ŉ
     simbool van gierigheid en magsbeheptheid wat soortgelyk is aan dié van manlike
     oorheersing, maar is lafaards in die gesig van gevaar. Deur middel van die
     seksuele- en geslagsrelevante objekte (insluitend die mansklere teenoor die
     vroulike rok, kerslig en pastei teenoor veldbrand en koringvelde, binne-area
     teenoor buite-area) word geslagskwessies van patriargale oorheersing en
     geslagsrolle bevraagteken.

     Die eksentrieke en effens surrealistiese eienskappe in In my gedagtes weerspieël
     die invloed die twintigste eeuse kunsbeweging, Droombeeld Surrealisme en ‘Magic
     Realism’, wat belangrike verwysings is om Kowch se werk te verstaan. Die
     droomagtige eienskappe van die vrou se uitdrukking en die surrealistiese
     verwysing na wat in haar gedagtes aangaan asook die romantiese melodrama wat
     links van haar voorgestel word, verteenwoordig veral die invloed van Droombeeld
     Surrealisme.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               VISUELE KUNSTE V1                                        17

      Kowch se werk herinner ook aan Magic Realism, in die sin dat dit wegbeweeg
      van direkte uitbeeldings van die werklikheid, maar terselfdetyd bestaan uit beelde
      van werklike en identifiseerbare voorwerpe. Byvoorbeeld, dit sou hoogs
      onwaarskynlik wees dat die vrou so ŉ kalm en passief sal bly in die geval van ŉ
      lewensbedreigende tornado-ervaring. In Magic Realism word beelde gemanipuleer
      om die “gewone na die buitengewone” te neem, terwyl maklik identifiseerbare
      items vreemde kwaliteite aanneem en die omgewings wat hierdie voorwerpe
      bewoon lyk onlogies eerder as onmoontlik. Die werk fokus op die geslagstema van
      voorgeskrewe rolle vir mans en vrouens en deur die gedagtes van ŉ vrou word
      hierdie rolle in die gesig van ŉ krisis ontbloot.

      Aanvaar enige ander logiese interpretasie met stawing.                                     (8)

7.2 ‘Ek sal myself nie by die wêreld aanpas nie. Ek is by myself aangepas ’- Anais Nïn
    Hierdie aanhaling is gebruik as ŉ slagspreuk vir die uitstalling: “My Seks, My Self –
     Vrouekunstenaars wat seksualiteit en sensualiteit deur selfportrette ondersoek”,
     waarin Wendy Nelson se Slaapkamer Naakstudie (FIGUUR 7b) verskyn.

      In ongeveer ŉ ½ bladsy, bevestig Anais Nïn se aanhaling binne die konteks van die
      kunswerk in FIGUUR 7b en evalueer die mate waarin die aanhaling in die werk
      uitgedruk word deur die vorms en kenmerke van Wendy Nelson se werk te beskryf
      en te interpreteer.

      Wendy se kunswerk val onder die kategorie van feministiese kunstenaars wie se
      werk ŉ sterk opposisie toon teen die sogenaamde gevestigde tradisionele manlike
      dominante idees oor hoe die naakte vroulike liggaam voorgestel moet word: as ŉ
      realistiese voorstelling van anatomie, skoonheid en seksualiteit op ŉ wyse wat
      voordelig is vir manlike waardering. Dus, in haar werk breek sy weg van hierdie
      tipe voorstelling wat rondom mans se waardering gesentreer is. Sy stel die manlike
      blik teleur deur haar selfportret metafories voor te stel as ŉ slaapkamerstoel wat sy
      dan Slaapkamer Naakstudie noem. Die ‘stoel’ is geneig om konnotasies van
      manlikheid te dra, en die keuse laat mens wonder oor Wendy se geslag, al is die
      kenmerke van die stoel ongetwyfeld duidelik oor haar geslag. Die stoel het geen
      armleunings nie en is ontwerp met ŉ teruggeboë rugleuning om die idee van ŉ
      liggende naakte vrou te eggo. Die stoel word ondersteun deur kort sirkelvormige
      ringe wat op die wiele rus om vroulike sweefbewegings voor te stel. Dit is bedek
      met pienk fluweelmateriaal met borduurwerk wat dit die kwaliteit van vroulike
      koninklikes gee. Die romp is soos ŉ bors en is versier met bulte wat borste
      verteenwoordig en vanaf die ‘tepels’ hang borduurwerk. By die vou van die sitplek
      is ŉ ronde kussing met ŉ knoppie wat die maag en naeltjie voorstel. Net onder dit is
      ŉ miniatuur hartvormige kussing versier met goue drade om vroulike geslagsdele
      te verteenwoordig. Wendy het daarin geslaag om haar seksualiteit op haar eie
      terme te verteenwoordig.                                                                   (6)

7.3   Leerders moet ŉ opstel skryf ŉ opstel van minstens ŉ ½ bladsy waarin hulle EEN
      werk van enige kunstenaar wat hul bestudeer het bespreek wat handel oor
      kwessies rakende manlikheid of vroulikheid. Hulle moet verwys na ŉ spesifieke
      kunswerk wat nie in hierdie vraestel voorkom nie.

      Aanvaar enige ander verduideliking met logiese stawing.                                     (6)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

‘Argitektuur is nie net ŉ dekoratiewe vel wat oor ŉ stutraam getrek word wat deur
ontwikkelaars en ruimtebeplanners ontwerp is nie. Dit is ŉ proses wat estetiese,
strukturele, sosiale en omgewingsfaktore in ŉ organiese geheel integreer.’ - Herbert
Muschamp

8.1   Leerders moet die bostaande aanhaling as riglyn gebruik en FIGUUR 8a en die
      geïllustreerde gedeelte van sy buite- en binneaansig soos sigbaar in FIGUUR 8b
      bestudeer. Hulle moet ŉ opstel van minstens 1 bladsy skryf waarin hulle die
      volgende beskryf:

         Die ligging en funksie van die gebou
         Invloede, innoverende prestasies en estetiese kenmerke
         Buitengewone karakter
         Doelwitte en effektiewe funksionaliteit
         Tot watter mate die gebou as Volhoubaar en Eko-vriendelik beskou kan word

      Kloof Road House, geleë aan die voet van ŉ natuurreservaat in Bedford View,
      Johannesburg, is die nuutste projek van Nico van der Meulen Argitekte. Die gebou
      is ŉ huis wat geskik is vir binne/buite vermaak wat die uitsig na die noorde
      maksimaal benut. Omdat elke kamer in die huis met die aangelegde tuin na buite
      oopmaak, word binne/buite leefareas gewaarborg. Werner van der Meulen gebruik
      gebuigde staalvorms wat om die struktuur vou en die struktuur omraam deur die
      gebruik van parasitiese argitektuur. Van die straat af is dit duidelik dat die fors
      ontwerpte sluiterrandmuur en die swart staalvorms wat oor die huis kruip nie ‘n
      voorbeeld van gewone argitektuur is nie.

      Die swart staal motorhuisdeure van die vier nuwe motorhuise wat bo-op die
      bestaande huis aangebring is, kombineer met die beeldhoukundige staalvorms
      van die waghuis en porte cochere. Diagonale strookligte wat in die muur van die
      ingang voorkom, skep ŉ abstrakte patroon in die nag wat besoekers na die
      ingangshek lei.

      Staal, glas en beton word prominent in Kloof Road House gebruik en is in die
      ontwerp vanaf die grensmuur tot binne in die huis geïntegreer. Die skuins dak van
      die ingangsportaal oorhang die dubbelvolume-venster en die glasvoordeur by die
      ingang, terwyl die staaltrap agter die venster sigbaar is.

      Energie-doeltreffendheid was baie belangrik, daarom is daar besluit om ŉ
      ondergrondse watervloerverwarmingstelsel te gebruik wat gekoppel is aan
      sonpanele en ŉ hittepomp, beide vir verhitting en verkoeling. Dit is geïnstalleer in ŉ
      gepoleerde betonvloer vir goeie geleidingsvermoë. Lae-energie, lang, diagonale
      fluoresserende ligte is onreëlmatig oor die plafon versprei om die binneruimtes te
      verlig met lig wat ŉ rustige en stil atmosfeer skep.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               VISUELE KUNSTE V1                                       19

      Die muur van die ingang is bedek met natuurlike hout in ŉ haringbeenpatroon
      om die hardheid van die staal-, glas- en betonbinnekant te versag, terwyl die
      beligte plafonne ŉ skadulose interieur binne-in die strukturele 3D-vorms skep.

      Nico van der Meulen Argitekte se kenmerkende naatlose verbinding van die
      binne- en buitenshuise ruimtes word bereik deur die gebruik van raamlose
      toevou-glasdeure wat die stoep omskep in ŉ verlenging van die sitkamer.

      Lineêre blomtuine flank die buitenste swembad in ŉ ruimte wat uitstrek om die
      ontspanningsfasiliteit met die woonkamer te verbind. Laasgenoemde is gevul
      met holtes en potte vir plante om uit die mure te spruit en die gebou ŉ sterk
      ekovriendelike karakter te gee.                                                           (8)

8.2   Leerders bespreek in ŉ opstel van ongeveer 1½ bladsye ten minste TWEE ander
      voorbeelde van baanbrekende kontemporêre argitektuur wat hulle bestudeer het
      wat die beginsels van volhoubaarheid en eko-vriendelikheid beliggaam.

      Hulle moet die volgende in die opstel insluit:

       Naam van argitek(te) en geboue
       Redes waarom die geboue as innoverend beskou kan word
       Ontleding van die gebou in terme van die volgende:
        o Funksie
        o Gebruik van materiale, tegnologie en ontwerp
        o Ekologiese oorwegings
        o Funksionaliteit                                                                       (12)
                                                                                                [20]

                                                                                TOTAAL:         100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2018/97e18af8-f831-4f4d-bad9-f48e2f25cab8) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/15666d90-8a58-451c-8962-63722c5dd0f9) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng/727b739c-b332-4dbe-b517-25bc1fa2532d) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/d0e90c5d-6e3a-4653-81c3-b3af62548154) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
