# Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept2016/3b565e1f-8e73-438e-97df-e83d2b88d478
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept2016/3b565e1f-8e73-438e-97df-e83d2b88d478)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

                    VISUELE KUNS V1
                     MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

2                                VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:

1.   Die memorandum bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir ŉ
     totaal van 100 punte beantwoord.

2.   Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in baie
     gevalle:

        Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
        antwoorde gee.
        Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
        Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na
        spesifieke faktore te verwys.

3.   Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
     Kolpunte (‘Bullets’) dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
     antwoord te struktureer.

4.   Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as
     dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
     kunswerke is toelaatbaar.

5.   Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
     noem, waar van toepassing.

6.   Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
     bespreek, waar van toepassing.

7.   Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle dit nog
     nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting
     verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die
     kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners
     onbevooroordeeld en buigbaar wees in die nasienproses.

     ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS

        Hierdie memorandum moet as ŉ riglyn vir nasieners sowel as ŉ
        onderrigmiddel dien. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter
        diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word.
        Ander dele van die memorandum kan slegs ŉ voorgestelde gids wees.
        LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat
        hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
        Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate
        in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op ŉ holistiese wyse
        bespreek.
        Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord,
        volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie
        volpunte behaal nie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V1                                            3

 RIGLYNE:

 Daar word van die kandidaat om die volgende te demonstreer:

    Om enige VYF vrae vir ŉ totaal van 100 punte beantwoord.
    Vrae en onderafdelings moet duidelik en korrek genommer wees.
    Inligting wat alreeds in ŉ vraag bespreek is, moet nie herhaal word nie. As dit
    herhaal word, word punte toegeken slegs vir die eerste keer toegeken.
    Kruisverwysing na kunswerke is toelaatbaar.
    Antwoorde sal in volsinne en paragrawe wees, volgens die instruksies by elke
    vraag . Puntsgewys SAL slegs minimale punte te verdien.
    Die gebruik van korrekte kunsterminologie.
    Die gebruik en implementering van visuele ontleding en kritiese denke.
    Skryf- en navorsingsvaardighede binne ŉ geskiedkundige en kulturele
    konteks.
    Plasing van spesifieke voorbeelde in ŉ kulturele, sosiale en historiese
    konteks.
    ŉ Begrip van eienskappe / eienaardige kreatiewe styl.
    Die identifisering van die professionele praktyk van plaaslike kunstenaars.

 Daar word verwag dat die merker om die volgende te demonstreer:

    Die aanvaarding van gemotiveerde beredenering binne die konteks van die
    vraag.
    Hou in gedagte inligting wat reeds hierbo in ŉ paar van die vrae verskaf is.
    Om te merk volgens riglyne om die kandidate wat hierbo verskaf word.
    Om te erken dat hierdie memorandum is om te dien as beide ŉ riglyn vir
    nasieners sowel as ŉ onderrigmiddel. Om hierdie rede die inligting vir ŉ paar
    antwoorde is in meer diepte en inligting met betrekking tot ander antwoorde,
    kan bloot voorgestelde riglyne wees.
    Om leerders te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te diskrediteer
    vir dit wat hulle nie ken nie.
    Om te verwys na die Visuele Kunste SAG dokument matriks (p.24) as riglyn
    om vlakke van prestasie te bepaal. (Sien volgende bladsy.)

 LET WEL:
     Onthou dat baie kandidate sal hierdie voorbeelde bespreek alhoewel hulle
     dit nog nooit gesien het nie. Merkers kan dus nie dat feitelike akademiese
     inligting verwag nie. Hulle moet neem uit hul eie ervarings, kulture en
     interpretasies van die kunswerke, binne die konteks van die vraag. Daarom
     moet merkers onbevooroordeeld wees en buigsaam in die merkproses
     wees.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    VISUELE KUNSTE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

PRESTASIE-
                                 LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUUR-STUDIES
  KODE
      7               Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
 Uitstekend           sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
  80–100%             lewer.
                      Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                      Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die
                      studie van kuns.
                      Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
      6               Demonstreer ŉ goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik         kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
  70–79%              kommentaar te lewer.
                      Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                      Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                      van kuns.
                      Toon uitstekende insig en begrip.
     5                Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Substansieel          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
  60–69%              kommentaar te lewer.
                      Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                      Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                      Toon ŉ redelik goeie vlak van insig en begrip.
     4                Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
 Gemiddeld            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
  50–59%              lewer.
                      Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                      Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                      Toon ŉ redelik goeie vlak van insig en begrip.
     3                Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Bevredigend           kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
  40–49%              kommentaar te lewer.
                      Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-
                      terminologie.
                      Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                      kuns.
                      Toon ŉ bevredigende vlak van insig en begrip.
     2                Demonstreer slegs ŉ basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
 Elementêr            kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
  30–39%              kommentaar te lewer.
                      Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                      Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                      Toon ŉ elementêre vlak van insig en begrip.
      1               Demonstreer ŉ geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
Nie behaal nie        kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    0–29%             kommentaar te lewer.
                      Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-
                      terminologie.
                      Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                      Toon min of geen begrip of insig nie.

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V1                                             5

VRAAG 1

DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Suid-Afrikaanse swart en blanke kunstenaars het tydens die vroeë en middel twintigste eeu
gesukkel om formele kunsopleiding te bekom. Ten spyte daarvan het hierdie opkomende
kunstenaars werk van ŉ hoë kwaliteit geproduseer, waarvan vele kommentaar gelewer het op
hul daaglikse lewens en die gemeenskap waarvan hul deel was.

1.1      Kies TWEE kunswerke uit FIGUUR 1a, FIGUUR 1b en FIGUUR 1c en verduidelik in
         twee aparte paragrawe hoe die kunstenaars se werke op daaglikse lewe in hul
         gemeenskap kommentaar lewer.
         Verwys na die volgende:
              Komposisie
              Toepassing van kunselemente
              Medium en tegniek
              Sigbare invloed op styl
              Leefstyl atmosfeer

         In FIGUUR 1a:
         Komposisie: Die kyker neem die Zoeloe-man se portret (kop en skouers) van ŉ skuins
         aangesig waar. Die kyker het geen oogkontak met die ou man nie en daar kan van sy
         postuur afgelei word dat hy met ŉ ongesiene persoon na regs, in geselskap verkeer.
         Die figuur is sentraal geplaas en met warm kleure soos geel, rooi en aardse bruine
         delikaat geverf. Gesien teen die agtergrond van die plat, koel romerige ligbruines is die
         ou man die fokuspunt.

         Kunselemente:
         Kleur: Warm aardse bruine gee ŉ Afrika gevoel aan die kunswerk.
         Lyn: Sagte, fyn en delikate lyne definieer die vorm, terwyl dit ook tekstuur verleen om
               die natuurlikheid van die figuur te verbeter. Dit laat die kyker tot die
               gevolgtrekking kom dat die kunstenaar gebruik gemaak het van ŉ lewende
               model.
         Vorm: Die postuur verleen drie-dimensionaliteit aan die figuur en maak dat die
               voorgestelde kenmerke meer natuurlik en realisties vertoon.

         Medium en Tegniek: Waterverf
         Kwashale vertoon egalig. Daar is ŉ egalige integrasie van toon wat bydra tot die
         definisie van die kleed en gelaatstrekke.

         Invloed op Styl: Westerse invloed – Naturalisme

         Leefstyl atmosfeer: Rustig en kalmeerend – Landelike omgewing

         Gerard Bhengu was ŉ kunstenaar bekend vir realistiese uitbeeldings van die inheemse
         kultuur en lewe van ŉ Zoeloe. Hy was aangemoedig om sy natuurlike vaardighede te
         ontwikkel, maar het gesukkel om kuns te studeer weens die gebrek aan geleenthede as
         gevolg van Apartheid. Die kunswerk in FIGUUR 1a is portret van ŉ Zoeloe-man, wat
         met waterverf gedoen was. Hy het waterverf as medium die meeste gebruik en het sy
         kleurgebruik tot sepia (swartbruin) beperk omdat hy dit nie kon bekostig om ander
         kleure te koop nie. Sy tegniek word beskou as konserwatiewe naturalisme (Westerse
         invloed) maar die unieke aspek van sy werk kan in die onderwerp bespeur word.

      Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                                VISUELE KUNSTE V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

     In FIGUUR 1b Dumile Feni. Father teach me how to pray. Contè-kryt op papier:

     Komposisie: Die komposisie is oorwegend ŉ vertikale struktuur. Hiermee word
     die pa (aan die bopunt) se krag en gesag oor die kind (aan die onder kant)
     bevestig. Omdat die werk uit twee tonele bestaan is daar geen sentrale
     fokuspunt nie. Die boonste toneel beeld ŉ breë voorstelling van ŉ ontevrede
     gesin uit. Die onverantwoordelike (half aangetrek) wie die baba se melk drink.
     Die ma wat afwesig is en die koei in haar plek los net om deur die pa misbruik
     te word. Die onderste toneel beeld die seun uit wat probeer bid om die saak te
     beredder maar nie weet hoe nie. Vandaar die titel, ‘Father teach me how to
     pray’ (Vader leer my om te bid.’

     Kunselemente:
     Sterk toonwaardes is aangewend en dit beklemtoon sekere aspekte van die
     kunswerk, soos figure en diere.

     Sterk ekspressiewe lyn word gebruik om die verwronge vorms uit te beeld. Dit
     gee aanleiding tot ŉ gevoel van chaos.

     Tegniek: Werk met grafiese kuns in monochromatiese kleure. Die kunstenaar
     het die vermoë en visie om die bepaalde in die universele te omskep, met contè-
     kryt op papier. Skerp kontras tussen donker skaduwee en wit areas beklemtoon
     die figure en skep ŉ droomagtige kwaliteit.

     Invloed op styl:
        Cecil Skotnes het hom voorgestel aan die medium ‘contè’ en het hom
        gehelp om sy tekenstyl te ontwikkel.
        Surrealisme – spontaan uitgevoer volgens die kunstenaar se gedagtes en
        beelde uit sy onderbewussyn. Dit bly steeds verstaanbaar en het betekenis
        vir die kyker.

     Leefstyl atmosfeer: Die inhoud van die tekeninge is gebaseer op sosiale
     realisme wat hoofsaaklik die sosiale omstandighede en probleme van die Swart
     man in stedelike Suid-Afrika aanspreek. Dit besit die kwaliteite van ŉ
     droomagtige verhaal.

     Feni se ekspressiewe vermoë is uniek en kragtig. Hy was daartoe in staat om
     sy onmiddellike omstandighede te oorkom deur uit te beeld wat hy ondervind
     het op ŉ universeel verstaanbare wyse wat sy begrip van menslike lyding
     uitbeeld.
     Westerse invloed: Surrealisme

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)             VISUELE KUNSTE V1                                           7

      FIGUUR 1c George Pemba – New Brighton Port Elizabeth 1977 – olie op doek:
      Komposisie: Pemba het na hierdie stedelike landskap gekyk vanaf ŉ
                  posisie in die middel van die straat, op wat voorkom soos ŉ eiland. Dit
                  begin van naby en strek in die verte in. Baie mense is met ŉ sy-aansig
                  geverf of met hul rug na die kunstenaar asof hul besig is met hul
                  daaglikse take, onbewus van die oë op hulle. Meeste van die
                  komposisie is gevul met die straat en huise, mense is die naaste aan
                  die kyker in die voorgrond. Die ligblou horison ly ŉ mens se oog na die
                  stad in die verte.
      Kunselemente:
      Gebruik van helder kleure:
      - Die kontras van warm en koud dra by tot die lewendige gevoel van die
        gemeenskap.
      - Diagonale lyn by die mense skep die idee van beweging.
      - Die gebruik van liniêre perspektief met die huise skep diepte; Die plasing en
        groottes van die figure skep ook diepte.
      Tegniek: Pemba gebruik sigbare kwasmerke wat bydra tot die drie-dimensionaliteit
              van vorms soos bome, bosse en figure. Hy wend verf in egalige tekstuur
              aan en gebruik kwasmerke om rondheid in die vorms te skep.
      Sigbare Invloed op styl:
      - Professor Austin Winter Moore van Rhodes Universiteit
      - Dorothy Kay met haar naturalistiese en realistiese
      - Gerard Sekoto en Koenakeefe Mohl het hom beide aangepor om ŉ voltydse
        kunstenaar te word en op meer aandag aan sy onmiddellike omgewing te skenk.
      - Impressionisme – Pemba som sy skildery op volgens wat hy gesien het en
        beleef het.
      Leefstyl atmosfeer: Alledaagse township toneel waar hy meeste van sy lewe
      gewoon het, besig en vol energie.
      Punte moet toegeken word vir volgende: dat die inhoud van al drie die
      kunswerke die alledaagse lewe in Suid-Afrika is.
1.2   Kies TWEE bekende Swart Suid-Afrikaanse kunstenaars, wie jy bestudeer het en wie
      se werk sosiale/ekonomiese kommentaar lewer. Skryf ŉ opstel van 1–1½ bladsye
      waarin jy EEN van elke kunstenaar se werke bespreek.
      Jou bespreking moet die volgende insluit:
          Name van kunstenaars en werke
          Inspirasie en invloede op hul werk
          Inhoud
          Komposisie, tegniek en styl
          Evalueer die suksesvolheid van die werk as kommentaar
      Die bespreking van die kunstenaar se werk as ook die leerder se interpretasie
      van die sukses (volgens tema) daarvan is belangrik.
      Ken punte vir elkeen van die werke as volg toe: 5 + 5                                       (10)
                                                                                                  [20]

  Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

8                                  VISUELE KUNSTE V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 2
SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF
INHEEMSE KUNSVORMS

Deur die eeue heen beïnvloed Afrika- en inheemse kuns die wêreld deur:
landskappe, godheid beeldjies en primitiewe maskers. Hierdie kunsvorme het
aanleiding gegee tot nuwe kunsbewegings onder andere, Kubisme en Stedelike
kuns.

2.1   Hou die bogenoemde in gedagte en skryf ŉ kort opstel of twee paragrawe
      waarin jy FIGUUR 2a en FIGUUR 2b analiseer en interpreteer om te bewys dat
      die kunstenaars suksesvol was met die vaslê van die ‘gees’ van Afrika in ŉ
      nuwe/ander konteks.
      Verwys na die volgende:
         Media en tegniek
         Komposisie
         Simbole
         Kleur
         Inhoud
      FIGUUR 2a:
      Media En Tegniek: Swart en wit fotografie
      Komposisie: Driehoekige komposisie. Figure sentraal as fokuspunt geplaas.
      Simbole: Graffiti op mure beeld armoede onder Afrikaners uit; Maskers is ŉ
      Afrika invloed.
      Kleur: Swart en wit kan verwys na dit wat vergete is of dit wat nie gesien kan
      word nie. Dit kan ook verwys na die kontemporêre siening van Afrika-identiteit:
      wat eerder ŉ gevoel bewustyd is. Sodoende behou wit en swart mense wat in
      Afrika gebore is en hier erk, hul Afrika-identiteit.
      Inhoud: Die vergete en ongesiene arm, blanke Afrikaner in landelike Suid-
      Afrika.
      Die Antwoord Reeks. Roger Ballan gebruik swart en wit fotografie om sekere
      eienskappe van die wit Afrikaner se lewe in armoedige landelike gebiede uit te
      beeld. Die figure in die foto dra “primitiewe” maskers en die graffiti stel
      rotstekeninge voor. Dit beklemtoon die primitiewe leefwyse in landelike Suid-
      Afrika.

      FIGUUR 2b: Irma Stern, Pondo Woman (Pondo-vrou), 1929, olie op doek:

      Media en tegniek: Olieverf op doek, gebruik van los kwashale, lewendige
      gevoel
      Komposisie: Driehoekige komposisie; vroulike figuur sentraal geplaas as
      fokuspunt.
      Simboliek: Tradisionele Afrika klere en juwele
      Kleur: Baie gebruik van geel en bruin (word gesien as stroef)
      Inhoud: Pondo-vrou wat sit en dink                                                  (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)               VISUELE KUNSTE V1                                             9

      Die werk Pondo Woman is ŉ voorbeeld van ŉ figuurstudie waarin die
      vereenvoudigde gesigskenmerke, haarstyl, dekoratiewe kralewerk en
      tradisionele klere die uitbeelding van die vrou oorheers. Dit verteenwoordig ŉ
      tipe in plaas van die individu. Die houding van die vrou is na ‘binne gekeer’. Sy
      is peinsend, asof sy rustend is, of besig is om te dagdroom. Die feit dat die
      vrou afkyk, skep ŉ versperring tussen haar en die kyker, haar persoonlikheid
      word verberg en gevolglik dra dit by tot die stereotipiese weergawe van die
      vrou. Soos meeste van haar portret- en figuurstudies het Stern die onderwerp
      sentraal in die komposisie geplaas. Dit is soortgelyk aan Westerse portrette.
      Die invloed van Duitse Ekspressionisme is duidelik te bespeur, veral met die
      kaal figuur en die besige agtergrond.

2.2   Verwys na FIGUUR 2c. In ongeveer Bespreek Andries Botha se werk met
      spesifieke fokus op die volgende:
           Toepassing van formele kunselemente
           Tema/boodskap
           Stemming (gevoel) met betrekking tot Afrika

      Die olifant-trop installasie by Panne-strand in België is gemaak van 14
      verskillende soorte hout wat in KwaZulu Natal gekry is van dooie bome of
      bome wat omgeval het. Die stukke hout is gekerf om te pas en is vasgeskroef
      aan die metaalstruktuur deur ŉ span werkers. Die gevolge van kolonialisme
      op Afrika is sentraal tot die interpretasie van hierdie werk. Die instelling van
      kapitalisme het gelei tot die kommersialisasie van alles – ŉ tradisionele
      kulture, die natuurlike omgewing en die diere wat daarin woon. Die olifant stel
      geheue voor en is die grootste soogdier op land. Hulle vergeet nooit nie en
      simboliseer dus geheue. Hulle het ŉ trofee geword en ŉ simbool van die mens
      se uitwerking en oorheersing van die natuur.                                          (6)

2.3   Kies EEN ander kunswerk (wat nie in hierdie vraestel voor kom nie), deur ŉ
      Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk Afrika/Inheemse invloede toon. Skryf
      ŉ opstel van ten minste ŉ ½ bladsy, waarin jy die werk analiseer en evalueer
      met betrekking tot bogenoemde invloede.

      Verwys na die volgende:
         Naam van kunstenaar en kunswerk
         Toepassing van formele kunselemente
         Tema/boodskap
         Stemming (gevoel) met betrekking tot Afrika

      Ken punte as volg vir elke werk toe: 3 + 3                                            (6)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

10                                   VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 3
SOSIO-POLITIEKE KUNS – INSLUITEND WEERSTANDSKUNS

Deur die eeue heen was daar nog altyd ŉ sterk verbandskap tussen kuns en politiek. In
tye van politieke onrus gebruik kunstenaars hul werk as ŉ mondstuk vir hul eie
propoganda en sienswyses, of om hul onderdrukking deur diegene aan bewind, bekend
te maak.

Bewys die bogenoemde stelling as waar deur FIGUUR 3a, FIGUUR 3b en FIGUUR 3c
te analiseer. Skryf ŉ opstel van ongeveer een bladsy en verwys na die volgende:
     Historiese konteks en inhoud
     Gebruik van formele kunselemente en komposisie
     Materiale en tegnieke
     Boodskap/betekenis
3.1    FIGUUR 3a – Historiese konteks en inhoud
       Hierdie skildery vier ŉ dag gedurende die 1830 Revolusie in Frankryk, toe mense
       vir hul vryheid geveg het. Delacroix het die skildery as ŉ politieke plakkaat gebruik.
       Hy was ŉ lid van die Nasionale Wag en het homself binne die werk geplaas as die
       man aan die linkerkant met die (top hat) – keil (naby/onder). Vryheid word
       voorgestel as ŉ majestieuse vrou met ŉ vlag en ŉ pistool wie die mense lei teen
       die koning se soldate. Die heldedade van die mense van Parys word voorgestel
       deur die tonele in die straat, seun met pistool, werker met sy swaard en die
       geleerde met sy keil.
                                                                                     Maks. 3
          Kunselemente en komposisie
       In ware romantiese styl word Delacroix se inhoud deur individuele kreatiwiteit, en
       emosionele drama gedryf. Die komposisie is gebaseer op dramatiese diagonale
       lyne soos voorgestel deur die vrou wat aanval, in haar hand ŉ vlag ŉ teenstrydige
       hoek met die vlagpaal; die seun se postuur en arms wat die pistool vashou; die
       postuur van die naakfiguur se bene, die hoek waarteen die pistool in die man se
       hand geplaas is, verteenwoordig die drama en beweging wat plaasvind. Aksie in
       die onderste helfte van die kunswerk word geskep deur die lyke se figuur in ŉ
       driehoekige komposisie. Ryk blou, rooi en wit kleur van die klere en vlag dra by tot
       intensiteit en emosie van die werk. Die agtergrond links, word gevul met ŉ skare
       protesteerders. Terwyl die perspektief aan die regterkant volgemaal word deur die
       rook van kanonne en wolke, dit dra by tot die plofbare atmosfeer.         (4 punte)
                                                                                  Maks. 4
          Materiaal en Tegniek
       Die kunstenaar het nie swart vir skaduwee gebruik nie, eerder groen en violet. Los
       kwas hale dra by tot lewendige gevoel van kleur wat terselfde tyd die intensiteit
       van emosie tydens geveg, die lewe, pyn en dood oordra in sy werk.
                                                                                  Maks. 2
          Boodskap en betekenis
       Die mens se weerstand teen outoritêre gesag sal altyd oorwin. (Aanvaar enige
       logiese antwoord.)                                                      Maks. 1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V1                                        11

    FIGUUR 3b:
    Historiese gebeurtenis: Kommentaar gelewer op Amerikaanse militêre optrede in
    Sentraal Amerika/Vietnam. In Interrogation III is die absolute kwesbaarheid van die
    vrou is sigbaar want sy is geblinddoek en vasgebind. Sy word ondervraag en
    gemartel deur twee polisiemanne/soldate
    Kunselemente: Golub skep sy werk op ongerekte doek soos baniere wat hang.
    Lyn: Soortgelyke strukture as die van Cezanne word gebruik om ondervraers se
         monsteragtige marteling voor te stel.
    Vorm: Die ondervraers se vorm is twee dimensioneel, wat ŉ gevoel van
          onmenslikheid skep, asook om hul determinasie om die slagoffer van alle
          menswaardigheid te stroop voor te stel.
    Tekstuur: Sy tegniek is om blootgesteldheid te skep deur lae verf aan te wend en
             gedeeltelik te stroop met ŉ chemiese middel en dan daar oor te krap om ŉ
             growwe tekstuur van die vel te skep wat die hardheid en brutaliteit van die
             ondervraers vertoon en terselfdertyd die blou kolle en merke van die
             slagoffer wys.
    Kleur: Vaal donker grys en blou pers word gebruik. Die slagoffer se liggaam word
           uitgebeeld in vaal pers wat ŉ gevoel van onheil en ŉ bleek toekoms gee.
    Spasie: Die agtergrond is ŉ vaal ligte pers wat weergalm in die donkerder pers van
            die slagoffer. Dit skep ŉ muur wat voorstel dat daar geen kans van
            ontsnapping is nie.
    Materiaal: Akriel op doek gestroop met chemikalieë en gekrap, verminder die
               chromatiese effek van die verf en skep ŉ vaal en bleek atmosfeer.
    Boodskap en betekenis:
    Die slagoffer is ŉ vrou wat met seksuele voorneme geteister word deur twee
    geklede mans, terwyl sy kaal sit met haar bene oop. Aangesien sy die enigste vrou
    in hierdie reeks skilderye is word sy ŉ simbool van manlike oppressie
    (onderdrukking) asook die objek van terrorisme in ŉ spesifieke situasie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                                 VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

      FIGUUR 3c –
      Historiese konteks en inhoud: Graffiti gedoen in 2005–2007 in Israel en
      Palestina. Kommentaar word gelewer op die aanhoudende konflik/oorlog tussen
      die twee lande.
      Kunselemente en komposisie: Die man asook die papier om die blomme is in
      swart geverf en die blomme in kleur.
      Materiale en tegnieke: Vooraf gemaakte stensils, spuitverf op muur/doek–graffiti
      styl
      Boodskap of bedoeling: Woede en frustrasie kan waargeneem word in die figuur
      se postuur. Hy gooi ŉ bom maar in die geval blomme. Die blomme verteenwoordig
      hoop en vreedsame oplossing van die konflik.
      Banksy is die skuilnaam van hierdie bekende Britse graffiti kunstenaar. Sy politieke
      en sosiale kommentaar word op strate, geboue en brûe wêreldwyd uitgestal. In
      verband met die Israeli-Palestina konflik het hy werke aan die Palestina kant van
      die grens/muur in 2005 en 2007 geskep. Volgens Banksy verander sy kunswerk
      Palestina in die wêreld se grootste tronk. In FIGUUR 3c word die petrolbom met ŉ
      bos blomme vervang.                                                                       (10)

3.2   Kies TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat ŉ sosio-politieke boodskap lewer
      en skryf ‘n opstel (ten minste twee paragrawe van ŉ halwe bladsy elk) waarin jy
      die volgende insluit.

          Name van kunstenaars en kunswerke
          Inhoud/kwessies wat deur kunstenaar angespreek word
          Media en tegnieke
          Toepassing van kunselemente
          Evaluering van sukses met oordrag van boodskap                                        (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)               VISUELE KUNSTE V1                                       13

VRAAG 4

KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE
SUID-AFRIKA

Wanneer jy met die term ‘Afrika-kunsvlyt’ gekonfronteer word begin jy wonder wat is
kuns en wat is kunsvlyt? Daar is verskillende menings in die kunsgemeenskap wat
lei tot interessante debattering.
Kunsvlyt verg sekere vaardighede om ŉ item te kan skep. Dit beteken meeste ‘kuns’
is ook kunsvlyt. Beteken dit dan dat kunsvlyt ook ‘kuns’ is?
Meningsverskille ontstaan as gevolg van die Westerse siening oor kuns in die
klassieke sin, soos die verf van portrette. Afrika verfwerke behels die versiering van
klip, velle, hout, keramiek, beeldhoustukke en die menslike liggaam.

4.1   Met verwysing na die bogenoemde stelling, analiseer en interpreteer FIGUUR
      4a en FIGUUR 4b deur ŉ opstel te skryf van 1 ½ tot 2 bladsye.
      Kies ook EEN ander kunswerk van jou keuse en EEN ander kunsvlyt stuk (van
      ŉ plattelandse area) van jou keuse en verduidelik wanneer iets as kuns
      geklassifiseer kan word. Verwys na die volgende:

         Kunselemente
         Funksie
         Mediums
         Tradisionele gebruik
         Religieuse en spirituele elemente
         Titels
         Inhoud

      Punte word as volg toegeken:
        3 punte vir inleiding wat handel oor jou siening met betrekking tot die vraag
        16 punte vir insiggewende kommentaar oor die vier kunswerke
        1 punt vir ŉ kort slot (opsomming)

      FIGUUR 4A:

      Kunselemente:
      Vorm: Die pot neem ŉ sferiese vorm aan en is ’n tradisionele Zoeloe/Xhosa
            pot. Soortgelyke metodes en tegnieke as vir die maak van enige
            moderne keramiekpot is gebruik om dit te maak. Versameling van klei,
            prosessering van klei, bewerking (knie), vorm en gevuur. Dus kan dit as
            kuns gesien word asook kunsvlyt afhangende van persoonlike
            uitgangspunt.

      Kleur: Meeste Zoeloe-potte word swart gemaak nadat dit gevuur is, vir rituele
             aangesien die voorvadergeeste in donker plekke bly. Met tyd en
             gebruik kry die pot ŉ warm, bruin glans – tipies van die tipe pot.
             Glassering word nie gedoen nie en is ŉ moderne keramiekproses. Dit
             beteken nie dat die pot nie as kuns beskou kan word nie. As gevolg
             van die estetiese waarde en die proses wat gevolg word tydens die
             skepping pas dit in met die definisie van kuns.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14                                VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

      Patrone: Verskil van familie tot familie asook landelike omgewing. Daar kan
               tussen twee versierings onderskei word. Of uitgekerf of klei word
               bygevoeg. Die Nala familie maak van beide gebruik. Die kennis
               word van een generasie na die ander oorgedra om die tradisie te
               laat voortleef maar dis die unieke patrone en versiering wat dit kuns
               maak.

      Funksionaliteit: As ŉ pot funksioneer dit net so goed soos enige moderne
                      keramiekpot wat as kuns geklassifiseer word, al kan dit as
                      kunsvlyt geklassifiseer word.

       Medium: Alhoewel kuns handel oor kreatiwiteit, is die oordra van
               vakmanskap van geslag tot geslag dieselfde as wanneer daar ŉ
               aantal van dieselfde moderne kunswerke geproduseer word.

     Tradisionele gebruik: Drie grotes. Grootste een ‘Imbiza’ vir bier brou; die
                          ‘Ukhamba’ vir bediening van kos; ‘Umancishana’ om
                          vleis en graan te kook of suurmelk te drink.

      Religieuse en spirituele elemente: Na ŉ ontmoeting met argeoloog, Len
      van Schalkwyk, is Nesta beïnvloed deur die gebruik van patroon deur haar
      voorvaders. Sy het die tradisie aan haar dogters Jabu, Thembi en Zanele
      oorgedra. Alhoewel die dogters hul eie styl het teken hul die werke – ŉ
      Zoeloe tradisie. Met Nesta se kleindogters leef die tradisie voort.

      Titel: Ukhamba – Erdewerk – Ukhamba is die Zoeloe naam vir ŉ pot waarin
      bier voorgesit word.

       Inhoud: Om bier te bedien is ŉ baie belangrike deel van Zoeloe kultuur. Die
               kunstenaar wil dit behou.

      Aanvaar enige ander logiese bespreking en evaluering.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2016)                VISUELE KUNSTE V1                                        15

      FIGURE 4B:

      FIGUUR 4b is beeldhouwerk wat onder die klas van Westerse beeldhou val.
      Al is dit van hout gemaak wat tradisioneel in kunsvlyt gebruik word in Afrika
      gesinne met die maak van Opperwese figure, is die proses en tegniek asook
      finale produk in lyn met ‘kuns’ eerder as kunsvlyt.

      Kunselemente:
      Vorm:   Die komposisie is gevlegte figure, die vloei simboliseer ŉ vloed.
              Komposisie is driehoekig en stel slagoffers wat swem na veiligheid
              voor. Die figure is effens plat en stel die krag waarteen hul veg
              voor.

      Tekstuur: Is relatief glad, om ŉ vloeiende atmosfeer rondom die slagoffers te
                skep.

      Spasie:     Daar is in die uitwaartse vloei vanaf die klouende figuur skep die
                  illusie van ŉ onbeheerbare krag.

      Funksionaliteit: ŉ Dekoratiewe herinnering van ŉ tragiese gebeurtenis.
                       (Picasso se “Guernica”)

      Medium: Maroela-hout. Maklik bekombaar nes marmer vir die Grieke of soos
              kalksteen maklik bekombaar vir die Egiptenare was.

      Tradisionele gebruike:

      Religieuse en Spirituele elemente:
      Mabasa sê dat sy deur voorvadergeeste gesê is om klei as medium te los en
      met hout moes eksperimenteer. Wat meestal deur mans gedoen is, sy oorbrug
      so die geslagsbeperkinge van haar tyd. Sy vind inspirasie deur haar drome en
      skep al vir die laaste 25 jaar kuns.

      Titel: The Flood (Die Vloed) – verwys na die tragiese gebeurtenis wat deur ŉ
              groter gesag as die natuur georkestreer is.

      Inhoud: Geïnspireer deur ŉ TV uitsending oor die vloed wat KZN en ander
              dele van SA getref het. Daar word gewys hoe mense en diere
              probeer om die vloedwaters te ontsnap. ŉ Formidabele stryd tussen
              mens en natuur lyk of dit besig was om plaas te vind.

      Aanvaar enige ander logiese bespreking en evaluering.                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                                VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 5
MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE EN
POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Multimedia kunstenaars maak gebruik van elemente wat spreek tot al vyf die
sintuie. In klassieke kuns word slegs die sintuig van sig geprikkel.
As gevolg van Marchel Duchamp en sy “Ready-mades”, geniet sig (as ŉ sintuig)
steeds groter belangrikheid in multimediakuns.

5.1   Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 5a; skryf ŉ paragraaf
      (ŉ halwe bladsy) waarin jy die stelling bespreek.

      Neem die volgende in ag:

          Die medium wat gebruik is
          Die boodskap van die kunswerk

      FIGUUR 5a (Mag FIGUUR 5b sleg as verwysing gebruik)
      Kendall Geers The Terrorist’s Apprentice, 2002. Vuurhoutjie/gevonde
      voorwerpe. Die kunswerk bestaan uit ŉ vuurhoutjie wat in eie spasie uitgestal
      word. Geers verwys na ŉ stelling deur Winnie Mandela: “We don’t have guns
      – we have doeke, boxes of matches and our “necklaces” with which we will
      free this country.” Die ironie is dat ŉ veiligheidsvuurhoutjie uitgestal word
      maar dit kan eindelose skade aanrig. Die konsep agter die werk is belangriker
      as die objek self.                                                                  (4)
5.2   Ook met verwyssing na die bogenoemde stelling, analiseer en bespreek
      FIGUUR 5b in opstel formaat (ten minste ½ bladsy). Verwys na die volgende:
            Toepassing van kunselemente en beginsels
            Mediums se relevansie tot konsep
      FIGUUR 5c – Willem Boshoff, Blind Alphabet 1990. Hot, staal en
      aluminium.

      Die kunstenaar het diskriminasie beleef as gevolg van sy Afrikaanse
      aksent. Toe hy by ŉ Engelse skool skoolgehou het, het hy ŉ lys van
      moeilike Engelse woorde saamgestel en hy het die woorde in gesprekke
      met Engelssprekendes gebruik om hul oningeligtheid ten opsigte van hul
      eie taal te ontbloot. Toe begin hy ŉ woordeboek van moeilike woorde
      saamstel. Met die kunswerk het hy gestreef om blinde mense die
      kunswerk te laat ‘sien’ en sodoende iets daaruit te leer. Hierdeur is die
      blinde in ŉ bevoordeelde posisie met die oorhand ten opsigte van die
      kunswerk. Mense wat kan sien word die ‘ongeletterde’. Die kunswerk
      bestaan uit 338 houtbeelde in staalkaste. Die deksel van elk het ŉ
      aluminium plakker met woorde in Braille op. Blinde mense gebruik
      Braille om te lees; hulle gebruik hul vingers. Die woorde in Braille is
      moeilike Engelse woorde met hul betekenis en herkoms. Die beelde
      binne verteenwoordig die woord op die gedenkplaat .

      Aanvaar enige ander interpretasie solank dit ŉ logiese interpretasie
      ondersteun met verwysing na die werk.                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2016)               VISUELE KUNSTE V1                                         17

5.3    Skryf ŉ opstel van ten minste een bladsy waarin jy TWEE multimedia werke
       wat jy bestudeer het, herroep, bespreek en vergelyk deur die volgende te
       verwys:

             Name van werke en kunstenaars
             Media
             Boodskap en/of betekenis
             Deur watter kuns styl is dit beïnvloed
             Voorlegging

       ŉ Werk wat in hierdie vraestel voorkom , mag nie gebruik word nie,
       maar 'n ander werk deur een van die kunstenaars wat in hierdie
       vraestel gebruik is toelaatbaar .                                                    (10)
                                                                                           [20]

VRAAG 6

POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

Post-Apartheid visuele kuns het ŉ definitiewe bydra gemaak tot die integrasie en
emansipasie van verskillende rasse in Suid-Afrika. Dit het gelei tot ŉ
geloofwaardige, kontemporêre Suid-Afrika waarin kunstenaars weereens kon fokus
op hul eie identiteit.

6.1    Skryf ŉ opstel van ŉ ¾ bladsy en bespreek hoe die kunstenaars van die
       visuele bronne FIGURE 6a en 6b hul identiteit uitdruk deur hul kunswerke.

       Verwys na die volgende:

          Mediums wat gebruik word
          Style en tegnieke
          Kommentaar wat deur die kunstenaars gelewer word
          Watter kunstenaar maak die grootste impak op jou, gee redes vir jou keuse

       In FIGUUR 6a:
       Kunselemente: Konsepsuele fotografie, Tegniek minder belangrik as
       inhoud en boodskap

       Styl en Tegniek: Gebruik kleurfoto’s as medium om idees oor te dra. In
       Islam is dit verbode om die menslike vorm uit te beeld en daarom is die
       kunstenaars ook die modelle in hul werk.

       Kommentaar deur kunstenaars gelewer: Die kunstenaars bevraagteken
       hul herkoms as Moslem, Indiërs en Suid-Afrikaners. ŉ Soeke na hul plek in ŉ
       multikulturele en multi-religieuse samelewing. Die Vyf Pilare van Islam word
       uitgebeeld deur die pilare (geloof, gebed, vas, liefdadigheid, pelgrimstog). Dit
       lyk of daar ŉ selfmoordbom-aanvaller in die middel van die toneel is.
       Kommentaar gelewer op die Westerse siening van Moslems.

       Watter een maak die sterkste impak , met redes vir sy / haar
       keuse?                                                                                (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

18                               VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

      In FIGUUR 6b – Wim Botha. Mieliepap Pïeta, 2004. mieliepap, resin

      Kunselemente: Spieëlbeeld voorstelling van die Pïeta deur Michelangelo
      met ooreenstemmende dimensies.

      Styl en Tegniek: ŉ klassieke naturalistiese aanslag wat lyk soos wit marmer
      wat gebruik is in oorspronklike kunswerk. Mieliemeel en resin word gebruik
      om beeld te vorm. Soos wat meel gebruik word om ongesuurde brood te
      maak. Mieliemeel is ŉ stapelvoedsel in Afrika en plaas die beeld in ŉ Afrika
      konteks.

      Kommentaar deur kunstenaar: Botha se Pïeta handel oor hartseer en
      verlies. Dit kommunikeer menslike tragedie. Die jeugdige Madonna in
      kontras met die lewelose liggaam van Jesus oor haar skoot. Haar oë wat
      fokus op sy wonde. Mieliemeel is ŉ stapelvoedsel vir Suid-Afrika se laer
      ekonomiese klasse. Botha wys die verhouding tussen stapelkos en geloof.
      Sy word ŉ Afrika Madonna.

      Watter kunstenaar maak die grootste impak op jou, gee redes vir
      jou keuse.

      Leerders moet hul keuse verduidelik ten opsigte van werk met grootste
      impak.

 6.2 Skryf ŉ opstel van ten minste 1½ bladsye waarin jy die werke van enige
     TWEE kunstenaars wie jy bestudeer het wie se werk hul post-1994 identiteit
     bevraagteken en reflekteer, bespreek. Verwys na spesifieke kunswerke in
     jou antwoord, hulle mag nie in hierdie vraestel voor kom nie.                     (12)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2016)               VISUELE KUNSTE V1                                         19

VRAAG 7

GESLAGSKWESSIES – MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Vanaf die Renaissance era is die vroulike figuur ŉ fokuspunt vir menigte
kunstenaars, waarvan die meeste mans is. Mettertyd het vroulike kunstenaars ook
op die vroulike figuur begin fokus, maar nie om haar as die stereotipies idee van
wat ŉ vrou is uit te beeld nie.

7.1   Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 7a en FIGUUR 7b,
      skryf ŉ opstel van ongeveer ŉ ¾ bladsy, waarin jy verduidelik en bespreek
      hoe hierdie kontemporêre vroulike kunstenaars die vroulike vorm voorstel.

      Verwys na die volgende:

         Komposisie
         Styl
         Formele kunselemente
         Hoe geslag bevraagteken/bevestig word

      FIGUUR 7a – Jenny Saville, Propped, 1992, olie op doek:

      Titel: Die titel Propped verwys letterlik na die figuur se postuur soos wat
      dit op die stoel sit. Die stoel bied ondersteuning en hou die figuur regop
      al is dit massief, vleesagtig en belaglik.

      Komposisie: Die figuur is sentraal geplaas op die doek en is die fokuspunt.
                 Die komposisie fokus op en beklemtoon die liggaam met ŉ
                 verkorte vooraansig van die vroulike vorm. Die figuur het ŉ klein
                 kop en voete met oorgrote bobene. Dit is bedoel om die kyker
                 te ontstig. Opper kwessies soos skoonheid en verleidelikheid
                 met betrekking tot vroulike vetsug.

      Styl: Die kunstenaar verf figure gebaseer op haarself. Die aanwending van
            verf is soos bloukolle op die groot liggaam.

      Formele elemente van kuns:

      Lyn en Kleur: Duidelike harde buitelyn van figuur beklemtoon die massiewe
      sittende kaal vrou teen ŉ blou muur met half uitgeveede woorde op.

      Vorm: Al is daar ŉ direkte vooraansig van die figuur, kontrasteer die bruin
      saam met gebruik van lig op gesigstrekke en beklemtoon so die drie-
      dimensionaliteit van die vorm om die vetsug van die figuur te aksentueer.

      Hoe geslag bevraagteken/bevestig word: Die werk bevraagteken
      konvensionele skoonheid. Die figuur poseer op ŉ verleidelike manier wat
      haar meer interessant maak. Skoonheid is sigbaar in ekspressiewe natuur
      van die werk wat ŉ Venus of Willendorf/Moeder Aarde gevoel skep.                      (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

20                                  VISUELE KUNSTE V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

      FIGUUR 7b: Mary Sibande. Red Dogs, 2015, Installasie.

      Gebruik van titel: Vyf rooi honde in die voorgrond van die installasie. Die
      vroulike figuur lyk of sy hulle beveel om iets/iemand buite sig aan te val. Of sy
      jaag hulle weg asof hulle haar pla.

      Komposisie: Driehoekig. Vroulike figuur is sentraal – fokuspunt. Arms na
      vore gestrek na die kyker. Vyf honde op die aanval van iets/iemand buite sig.
      Lyk of hulle vorentoe hardloop. Die vrou beveel hulle om aan te val of sy jaag
      hulle (die honde) weg.

      Styl: Die teatrale kwaliteit van haar werk plaas dit in die klas van fantasie.
      Haar werk lewer kritiek op die stereotipering van vrouens, veral swart vrouens
      in ons samelewing. Haar passie vir mode en klere word in haar kuns gesien
      en lewer kommentaar op status.

      Kunselemente:

      Vorm en Kleur: Die vroulike figuur wat in die installasie gebruik word is ŉ
      beeld van die kunstenaar self, gemaak met veselglas en silikoon, soos ŉ
      mannekyn. Figuur is pers en honde is rooi in kontras met swart en wit
      agtergrond. Die gevaarlikheid van die honde (Rottweilers) word beklemtoon
      met hul rooi kleur – gevaar.

      Hoe geslag bevraagteken/bevestig word: Die kunswerk is nie gemaak om
      ŉ gevoel van woede oor te dra nie, ook nie skaamte of vernedering nie.
      Eerder hoe die verwagtende ma (Arm beskermend oor maag) heeltemal
      beheer uitoefen oor die bloeddorstige honde. Sy het die vermoë om iets te
      beheer wat mans sou bang hê.

7.2   Skryf ŉ opstel van ongeveer 1 ½ bladsye oor enige TWEE kunstenaars wat jy
      bestudeer het wie se werk manlike/vroulike identiteit aanspreek. Noem,
      beskryf en vergelyk die kunswerke. Sluit jou opstel af met ŉ bespreking van
      die impak van albei werke.                                                           (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2016)               VISUELE KUNSTE V1                                       21

VRAAG 8

ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Die 20ste en 21ste eeu het gesorg vir uitsonderlike baanbrekerswerk in argitektuur.
Innoverende ontwerpe, wat ook omgewingsbewus, is word wêreldwyd aangetref.

8.1   Met betrekking tot die bogenoemde stelling, bestudeer die innoverende
      strukture (elk een relevant tot hul eie tyd) in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b.
      Skryf ŉ opstel (1 bladsy) waarin jy die innoverende prestasies van elk een
      evalueer.

      Sluit jou gedagtes oor die volgende in:

         Toegepaste elemente van ontwerp
         Moontlike invloede en kreatiwiteit
         Interessante karakterseienskappe
         Doel en effektiewe funksionaliteit

      FIGUUR 8a – KIKS Gebou in Kaapstad, Suid-Afrika.
      Groot glasstrukture is geplaas in oop modulêre staalstrukture. Dit skep ŉ
      gevorderde tegnologie “High Tech” indruk en gevoel. Die gebou het ŉ
      drieverdieping sirkulasie “ruggraat”. Aan die strandfront moes sterk winde en
      baie geraas in ag geneem word. Wind en Hitte/Koue (Termiese) studies het
      gewys dat die hangende sonskerms en potplante noodsaaklik sou wees om
      die weerstoestande te akkommodeer asook ŉ eko-vriendelike omgewing
      skep.

      FIGUUR 8b – House Rhino, 2011. Crossways, Oos-Kaap, Suid-Afrika.
      ŉ Omgewingsvriendelike groenhuis, eerste van sy soort in Afrika. Herwinde
      materiaal is oral gebruik, bv. by die dek, ŉ natuurlike rotstuin.
      As gevolg van insulasie het die huis minder verhitting/verkoeling nodig.
      Dis Hydromedic – alle reënwater word onmiddellik opgevang en onder die
      huis gestoor. Dit word dan herwin en hergebruik. Die huis word deur
      sonpanele, op die dak, van krag voorsien.                                           (8)

8.2   In ŉ opstel van ongeveer 1½ bladsye analiseer TWEE geboue, deur
      bekende, populêre Suid-Afrikaanse argitekte. Bespreek vorms, materiale en
      ontwerp wat hierdie geboue in ŉ kategorie van uitmuntende impak plaas.

      Die volgende aspekte mag relevant wees:

         Name van argitekte/besighede en geboue
         Spesiale eienskappe
         Ligging en plasing
         Gebruik van boumateriale, tegnologie en ontwerp
         Ekologiese inagneming
         Omgewingskwessies
         Funksionaliteit                                                                 (12)
                                                                                         [20]

                                                                          TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2016/8be4ad42-080e-4dac-81ac-c419827f59cb) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-afr-sept2016/f9112218-4fc8-4e7d-931a-488d1a964b1f) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-memo-eng/7ff50e4d-08a4-4738-8e43-eac2887f46b8) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-memo-afr/614e34cf-6805-45b6-ad00-7cd5da1581b9) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-afr/2930f8b2-df24-43e4-a669-76c011b61f30) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-memo-eng/b5a2a312-1888-4971-bf2b-0bcb906cc3d2) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
