# Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-afr-sept2016/f9112218-4fc8-4e7d-931a-488d1a964b1f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-afr-sept2016/f9112218-4fc8-4e7d-931a-488d1a964b1f)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

                   VISUELE KUNS V1

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:

  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie.
  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke.
  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ŉ geskiedkundige en kulturele konteks.
  Die plasing van spesifieke voorbeelde in ŉ kulturele, sosiale, politieke en
   historiese konteks.
  ŉ Begrip van eiesoortige kreatiewe style.

 Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

 2.     Beantwoord enige VYF vrae vir ŉ totaal van 100 punte.

 3.     Vrae en subvrae moet korrek genommer word volgens die
        nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

 4.     Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
        regterkantse bladsye.

 5.     Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit
        vereis word.

 6.     Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek
        en in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is
        toelaatbaar.

 7.     Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
        bespreek. Onderstreep die titel van ŉ kunswerk of die naam van ŉ gebou.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

 9.     Skryf op ŉ duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
        volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Kolpunte is
        nie aanvaarbaar nie, en dien slegs as riglyne in jou opstel strukturering.

 10.    ŉ Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende
        riglyne vir die lengte van jou antwoorde.

        Let op die puntetoekenning: 6–8 punte: ŉ minimum van ½–¾ bladsy
                                    10–14 punte: ŉ minimum van 1–1½ bladsy(e)
                                    20 punte: ŉ minimum van 2 bladsye

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)              VISUELE KUNSTE V1                                            3

 WOORDELYS

 Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
 spesifieke vraag te benader:

 Analiseer:               ŉ Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
                          kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en
                          komposisie van 'n kunswerk.

 Beskryf:                 Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die
                          kunswerk; berig oor wat die oog mag sien.

 Bespreek:                Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling.

 Estetika:                Teorie van skoonheid en kuna en die verstaan van mooi
                          dinge.

 Formele kunselemente Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te
                      skep, soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte,
                      komposisie, ensovoorts.

 Interpreteer:            Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n
                          kunswerk.

 Kontekstualiseer:        Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities,
                          ensovoorts en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke
                          spesifieke voorbeelde te verwys. Met betrekking tot, of
                          afhangend van, die raamwerk van inligting; met betrekking
                          tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting verwys.

 Motiveer:                Om met bewyse of getuienis te ondersteun.

 Noem:                    Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou
                          mening, asook 'n verduideliking.

 Verduidelik:             Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.

 Vergelyk:                Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse
                          binne dieselfde argument aan.

 Visuele bronne:          Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien
                          word of waarna in ander bronne verwys word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                VISUELE KUNSTE V1                  (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 1

 DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

 Suid-Afrikaanse swart en blanke kunstenaars het tydens die vroeë en middel –
 twintigste eeu gesukkel om formele kunsopleiding te bekom. Ten spyte daarvan
 het hierdie opkomende kunstenaars werk van ŉ hoë kwaliteit geproduseer,
 waarvan vele kommentaar gelewer het op hul daaglikse lewens en die
 gemeenskap waarvan hul deel was.

 1.1 Kies TWEE kunswerke uit FIGUUR 1a, FIGUUR 1b en FIGUUR 1c en
     verduidelik in twee aparte paragrawe hoe die kunstenaars se werke op
     daaglikse lewe in hul gemeenskap kommentaar lewer.

      Verwys na die volgende:

          Komposisie
          Toepassing van kunselemente
          Medium en tegniek
          Sigbare invloed op styl
          Leefstyl atmosfeer                                                      (10)

 1.2 Kies TWEE bekende Swart Suid-Afrikaanse kunstenaars wie jy bestudeer het
     en wie se werk sosiale/ekonomiese kommentaar lewer. Skryf ŉ opstel van
     1 tot 1½ bladsye waarin jy EEN van elke kunstenaar se werke bespreek.

      Jou bespreking moet die volgende insluit:

          Name van kunstenaars en werke
          Inspirasie en invloede op hul werk
          Inhoud
          Komposisie, tegniek en styl
          Evalueer die suksesvolheid van die werk as kommentaar                   (10)
                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 VISUELE KUNSTE V1                                            5

 FIGUUR 1a: Gerard Bhengu, Portrait of a Zulu     FIGUUR 1b: Dumile Feni, Father teach me
 Man (Potret van ‘n Zoeloeman), waterverf, geen   how to pray (Vader leer my om te bid),
 datum.                                           conte-crayon on papier, 1967.

         FIGUUR 1c: George Pemba, New Brighton, Port Elizabeth, olie op doek, 1977.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 2

 SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF
 INHEEMSE KUNSVORMS

 Deur die eeue heen beïnvloed Afrika- en inheemse kuns die wêreld deur:
 landskappe, godheidsbeeldjies of primitiewe maskers. Hierdie kunsvorme het
 aanleiding gegee tot nuwe kunsbewegings onder andere, Kubisme en Stedelike
 kuns.

 2.1    Hou die bogenoemde in gedagte en skryf ŉ kort opstel of twee paragrawe
        waarin jy FIGUUR 2a en FIGUUR 2b analiseer en interpreteer om te bewys
        hoe elkeen van die kunstenaars suksesvol was met die vaslê van die
        ‘gees’ van Afrika in ‘n nuwe/ander konteks.

        Verwys na die volgende:

           Media en tegniek
           Komposisie
           Simbole
           Kleur
           Inhoud                                                                   (8)

 2.2    Verwys na FIGUUR 2c. Bespreek Andries Botha se werk met spesifieke
        fokus op die volgende:

           Toepassing van formele kunselemente
           Tema/boodskap
           Stemming(gevoel) met betrekking tot Afrika                                  (6)

 2.3    Kies EEN ander kunswerk (wat nie in hierdie vraestel voor kom nie), deur ŉ
        Suid-Afrikaanse kunstenaar wie se werk Afrika/Inheemse invloede toon.
        Skryf ŉ opstel van ten minste ŉ ½ bladsy, waarin jy die werk analiseer en
        evalueer deur na die volgende te verwys:

           Naam van kunstenaar en kunswerk
           Toepassing van formele kunselemente
           Tema/boodskap
           Stemming (gevoel) met betrekking tot Afrika                                (6)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  VISUELE KUNSTE V1                                               7

               FIGUUR 2a: Roger Ballon, I fink U freeky (reeks), fotografie, 2013.

            FIGUUR 2b: Irma Stern, Pondo Woman (Pondovrou), olie op doek, 1929.

   FIGUUR 2c: Andries Botha, Ungayithengi inhliziyo nomogo Wami (Jy kan my hart en siel
                                 koop) , installasie, 2006.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 3

 SOSIO-POLITIEKE KUNS – INSLUITEND WEERSTANDSKUNS

 Deur die eeue heen was daar nog altyd ŉ sterk verbandskap tussen kuns en
 politiek. In tye van politieke onrus gebruik kunstenaars hul werk as ‘n mondstuk vir
 hul eie propoganda en sienswyses, of om hul onderdrukking deur diegene aan
 bewind, bekend te maak.

 3.1    Bewys die bogenoemde stelling as waar deur FIGUUR 3a, FIGUUR 3b en
        FIGUUR 3c te analiseer. Skryf ŉ opstel van ongeveer een bladsy en verwys
        na die volgende:

           Historiese konteks en inhoud
           Gebruik van formele kunselemente en komposisie
           Materiale en tegnieke
           Boodskap/betekenis                                                          (10)

 3.2    Kies TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat ŉ sosio-politieke boodskap
        lewer en skryf ŉ opstel (ten minste twee paragrawe van ŉ halwe bladsy elk)
        waarin jy die volgende insluit.

           Name van kunstenaars en kunswerke
           Inhoud/kwessies wat deur kunstenaar angespreek word
           Media en teghniek
           Toepassing van kunselemente
           Evaluering van die kunstenaar se sukses met oordrag van boodskap            (10)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                  VISUELE KUNSTE V1                                                9

   FIGUUR 3a: Delacroix, Liberty leading the people (Vryheid wat die mense lei), olie op doek,1830.

        FIGUUR 3b: Leon Golub, The Interrogation 111 (Die ondervraging), akriel op doek, 1981.

                FIGUUR 3c: Banksy, Flower Thrower (Blomgooier), graffiti, 2005–2007.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 4

 KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
 LANDELIKE SUID-AFRIKA

 Wanneer jy met die term ‘Afrika-kunsvlyt’ gekonfronteer word begin jy wonder wat
 is kuns en wat is kunsvlyt? Daar is verskillende menings in die kunsgemeenskap
 wat lei tot interessante debattering.

 Kunsvlyt verg sekere vaardighede om ŉ item te kan skep. Dit beteken meeste ‘kuns’
 is ook kunsvlyt. Beteken dit dan dat kunsvlyt ook ‘kuns’ is?

 Meningsverskille ontstaan as gevolg van die Westerse siening oor kuns in die
 klassieke sin, soos die verf van portrette. Afrika verfwerke behels die versiering
 van klip, velle, hout, keramiek, beeldhoustukke en die menslike liggaam.

 4.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling, analiseer en interpreteer
     FIGUUR 4a en FIGUUR 4b deur ŉ opstel te skryf van 1½ tot 2 bladsye.
     Kies ook EEN ander kunswerk van jou keuse en EEN ander kunsvlyt-stuk
     (van ŉ plattelandse area) van jou keuse en verduidelik wanneer iets as kuns
     geklassifiseer kan word. Verwys na die volgende in jou opstel:

         Kunselemente
         Funksie
         Mediums
         Tradisionele gebruik
         Religieuse en spirituele elemente
         Titels
         Inhoud

      Punte word as volg toegeken:
       3 punte vir inleiding wat handel oor jou siening met betrekking tot die
        vraag
       16 punte vir insiggewende kommentaar oor die vier kunswerke
       1 punt vir ŉ kort slot (opsomming)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 VISUELE KUNSTE V1                                           11

                        FIGUUR 4a: Nesta Nala, Ukhamba, keramiekstuk.

                FIGUUR 4b: Noria Mabasa, The Flood (Die Vloed), marula-hout, 1994.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 VISUELE KUNSTE V1                 (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 5

 MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE EN
 POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

 Multimedia kunstenaars maak gebruik van elemente wat spreek tot al vyf die
 sintuie. In klassieke kuns word slegs die sintuig van sig geprikkel.
 As gevolg van Marchel Duchamp en sy “Ready-mades”, geniet sig (as ŉ sintuig)
 steeds groter belangrikheid in multimediakuns.

 5.1    Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 5A, skryf ŉ
        paragraaf (ŉ ½ (halwe) bladsy) waarin jy die stelling bespreek.

        Neem die volgende in ag:                                                     (4)

           Die medium wat gebruik is
           Die boodskap van die kunswerk

 5.2    Ook met verwyssing na die bogenoemde stelling, analiseer en bespreek
        FIGUUR 5B in opstelformaat (ten minste ½ bladsy). Verwys na die
        volgende:

             Toepassing van kunselemente en beginsels
             Mediums se relevansie tot konsep
             Betekenis/boodskap                                                     (6)

 5.3    Vir hierdie vraag mag jy nie ŉ kunswerk wat in hierdie vraestel voorkom
        gebruik nie. Jy mag wel ŉ ander kunswerk deur een van die kunstenaars
        in die vraestel gebruik.

        Skryf ŉ opstel van ten minste 1 bladsy waarin jy TWEE multimedia
        werke wat jy bestudeer het, herroep, bespreek en vergelyk deur die
        volgende te verwys:

             Name van werke en kunstenaars
             Media
             Boodskap en/of betekenis
             Deur watter kunsstyl dit beïnvloed is
             Voorlegging                                                          (10)
                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 VISUELE KUNSTE V1                                                13

           FIGUUR 5a: Kendall Geers, The Terrorist’s Apprentice (Die Terroris se Leerder),
                                    veiligheidsvuurhoutjie, 2002.

                  FIGUUR 5b: Willem Boshoff, Blind alphabet (Blinde alfabet), 1990.

          FIGUUR 5b: Blind alphabet (Blinde          Voorwerpe van Blind alphabet (Blinde
             alfabet), Verskillende aansig.              alfabet) deur Willem Boshoff

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 6

 POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

 Post-Apartheid visuele kuns het ŉ definitiewe bydra gemaak tot die integrasie en
 emansipasie van verskillende rasse in Suid-Afrika. Dit het gelei tot ŉ
 geloofwaardige, kontemporêre Suid-Afrika waarin kunstenaars weereens kon fokus
 op hul eie identiteit.

 6.1   Skryf ŉ opstel van ŉ ¾ bladsy en bespreek hoe die kunstenaars van die
       visuele bronne FIGUUR 6a en FIGUUR 6b hul identiteit uitdruk deur hul
       kunswerke.

       Verwys na die volgende:

          Mediums wat gebruik word
          Style en tegnieke
          Kommentaar wat deur die kunstenaars gelewer word
          Watter kunstenaar maak die grootste impak op jou, met redes vir jou
           keuse                                                                         (8)

 6.2 Skryf ŉ opstel van ten minste 1½ bladsye waarin jy die werke van enige TWEE
     kunstenaars wie jy bestudeer het wie se werk hul post-1994 identiteit
     bevraagteken en reflekteer, bespreek. Verwys na spesifieke kunswerke in jou
     antwoord. Hulle mag nie in hierdie vraestel voorkom nie.                          (12)
                                                                                       [20]

       WOORDELYS

       Kontemporêre kuns: Kuns vanaf die 1970’s tot hede

       Stereotipes: ŉ Vasgestelde idee wat mense mag het van ŉ spesifieke
                    persoon of ding, maar nie werklik so is nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   VISUELE KUNSTE V1                                             15

               FIGUUR 6a: Hasan en Husain Essop, Five Pillars (Vyf pillare), foto, 2008.

                  FIGUUR 6b: Wim Botha, Mieliepap Pieta, resin en mieliepap, 2004.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 7

 GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

 Vanaf die Renaissance era is die vroulike figuur ŉ fokuspunt vir menigte
 kunstenaars, waarvan die meeste mans is. Mettertyd het vroulike kunstenaars ook
 op die vroulike figuur begin fokus, maar nie om die stereotipies idee van wat ŉ vrou
 is uit te beeld nie.

 7.1 Met verwysing na die bogenoemde stelling en FIGUUR 7a en FIGUUR 7b,
     skryf ŉ opstel van ongeveer ŉ ¾ bladsy, waarin jy verduidelik en bespreek
     hoe hierdie kontemporêre vroulike kunstenaars die vroulike vorm voorstel.

      Verwys na die volgende:

         Komposisie
         Styl
         Formele kunselemente
         Hoe geslag bevraagteken/bevestig word                                           (8)

 7.2 Skryf ŉ opstel van ongeveer 1½ bladsye oor enige TWEE kunstenaars wat
     jy bestudeer het wie se werk manlike/vroulike identiteit aanspreek. Noem,
     beskryf en vergelyk die kunswerke. Sluit jou opstel af met ŉ bespreking van
     die impak van albei werke.                                                         (12)
                                                                                        [20]

      WOORDELYS

      Stereotipies:     ŉ Byvoeglike naamwoord wat gebruik word om ŉ persoon
                        of karaktertrek te beskryf wat aan ŉ stereotipe voldoen.

      Stereotipe:       ŉ Vasgestelde idee wat mense mag het van ŉ spesifieke
                        persoon of ding, maar nie werklik so is nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                 VISUELE KUNSTE V1                                             17

                 FIGUUR 7a: Jenny Saville, Propped (Gestut), olie op doek, 1992.

            FIGUUR 7b: Mary Sibande, Red dogs (Rooi honde), installasie, 2014.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                VISUELE KUNSTE V1                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 VRAAG 8

 ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

 Die 20ste en 21ste eeu het gesorg vir voorbeelde van uitsonderlike baanbrekerswerk
 in argitektuur. Innoverende ontwerpe, wat ook omgewingsbewus is, word
 wêreldwyd aangetref.

 8.1 Met betrekking tot die bogenoemde stelling, bestudeer die innoverende
     strukture (elk een relevant tot hul eie tyd) in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b.
     Skryf ŉ opstel (1 bladsy) waarin jy die innoverende prestasies van elk een
     evalueer.

      Sluit jou gedagtes oor die volgende in:

         Toegepaste elemente van ontwerp
         Moontlike invloede en kreatiwiteit
         Interessante karakterseienskappe
         Doel en effektiewe funksionaliteit                                             (8)

 8.2 In ŉ opstel van ongeveer 1½ bladsye analiseer TWEE geboue, deur
     bekende, populêre Suid-Afrikaanse argitekte. Bespreek vorms, materiale en
     ontwerp wat hierdie geboue in ŉ kategorie van uitmuntende impak plaas.

      Die volgende aspekte mag relevant wees:

         Name van argitekte/besighede en geboue
         Spesiale eienskappe
         Ligging en plasing
         Gebruik van boumateriale, tegnologie en ontwerp
         Ekologiese inagneming
         Omgewingskwessies
         Funksionaliteit                                                              (12)
                                                                                       [20]

      WOORDELYS:

      Baanbrekerswerk: Om iets te skep wat nog nooit van te vore gemaak of
                       gedoen of beleef is nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   VISUELE KUNSTE V1                                           19

                FIGUUR 8a: Revel Fox and Partners, Cape Town Convention Centre, 2008.
       .

           FIGUUR 8b: House of Rhino, Crossways, selfonderhoubare omgewingsvriendelike huis,
                                               2011.

                                                                                  TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2016/8be4ad42-080e-4dac-81ac-c419827f59cb) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept2016/3b565e1f-8e73-438e-97df-e83d2b88d478) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [Gr 12 VISUAL ARTS P2 SEPT 2016 QP ENG MP](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-visual-arts-p2-sept-2016-qp-eng-mp/af2691f5-2b23-4a1b-9229-43b478502b46) — Visual Arts · QP · 2016 · Eng
- [Gr 12 VISUAL ARTS P2 SEPT 2016 QP AFR MP](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-visual-arts-p2-sept-2016-qp-afr-mp/94c14796-9a15-4b24-8f28-9480466e37b6) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-eng/622e685c-e321-4cf2-8e13-a8f02d4cdfab) — Visual Arts · QP · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-afr/0203f85d-5984-4052-9500-21cd7691e5bc) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
