# Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/15666d90-8a58-451c-8962-63722c5dd0f9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/15666d90-8a58-451c-8962-63722c5dd0f9)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2018

                   VISUELE KUNSTE V1

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                                *VSLAA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     VISUELE KUNSTE V1                   (EC/SEPTEMBER 2018)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

x     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
x     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
x     Skryf en navorsing in ŉ geskiedkundige en kulturele konteks
x     Plaas van spesifieke voorbeelde in ŉ kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
x     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:

1.       Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.       Beantwoord enige VYF vrae vir ŉ totaal van 100 punte.

3.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

4.       Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
         regterkantse bladsye.

5.       Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
         dit vereis word.

6.       GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
         in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
         toelaatbaar.

7.       Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
         bespreek. Onderstreep die titel van ŉ kunswerk of die naam van ŉ gebou.

8.       Skryf op ŉ duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
         volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Moet nie
         puntgewys antwoord nie – kolpunte word slegs gebruik as riglyne vir jou
         opstelstruktuur.

9.       ŉ Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende riglyne
         vir die lengte van jou antwoorde.

         Let op die              6–8 punte: ŉ minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
         puntetoekenning:        10–14 punte: ŉ minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort
                                 opstel)
                                 20 punte: ŉ minimum van 2 bladsye (opstel)

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          VISUELE KUNSTE V1                      3

LOS HIERDIE BLADSY OOP

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   VISUELE KUNSTE V1                 (EC/SEPTEMBER 2018)

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS IN DIE 1950's EN
         1960's

Oor die jare het baie opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars in hul werk op die
uitbeelding van die 'lot van die armes' in verskillende sosiale kontekste en
verskillende Suid-Afrikaanse omgewings gefokus.

1.1   Met verwysing na die visuele bronne wat in FIGUUR 1a en 1b verskyn, skryf ŉ
      opstel (minstens ŉ ¾ bladsy) waarin jy die twee kunswerke vergelyk deur die
      wyses waarop die lot van die armes deur die twee kunstenaars verken word.

      Verwys na die volgende:

      x   Onderwerp
      x   Komposisie en fokuspunt
      x   Kleurgebruik
      x   Styl
      x   Boodskap en betekenis                                                       (8)

1.2   Skryf ŉ opstel van minstens 1½ bladsye waarin jy voorbeelde deur enige
      TWEE kunstenaars bespreek en evalueer wie se werke ŉ dokumentasie van
      lewens van mense in hul omliggende omgewings is.

      Jou bespreking moet die volgende insluit:

      x   Name van kunstenaars en titels van kunswerke
      x   Onderwerpe
      x   Gebruik van komposisionele toestelle
      x   Formele elemente
      x   Styl en tegnieke
      x   Boodskappe oorgedra                                                        (12)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          VISUELE KUNSTE V1                                     5

  FIGUUR 1a: George Pemba, Twee Koringmaaiers, olie op paneel, ongedateer.

FIGUUR 1b: Mauro Chiarla, Hardwerkende Zoeloevroue, olie op doek, ongedateer.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 2:             SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR
                     AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Die Afrika-gees het ŉ manier om uitdrukking te vind in die werke van kunstenaars
wat beïnvloed word deur inheemse kunsvorms.

2.1    In ŉ opstel van minstens 1-1½ bladsye, debatteer die bostaande stelling met
       verwysing na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b om die geldigheid daarvan te
       bewys.

       Jy kan na die volgende aspekte verwys:

       x   Invloede
       x   Onderwerp
       x   Vorms, simbole en kleure
       x   Styl
       x   Stemming                                                                     (10)

2.2    Bespreek enige TWEE kunswerke deur enige ander twee kunstenaars wat jy
       bestudeer het wie se werke ŉ Afrika/inheemse invloed het deurdat dit die
       gees van Afrika uitdruk (1 bladsy).

       Verwys na die volgende:

       x   Name van kunstenaars en titels van kunswerke
       x   Invloede
       x   Beeldgebruik wat verband hou met Afrika / inheemse kunsvorms
       x   Gebruik van materiale/media en styl
       x   Stemming                                                                     (10)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           VISUELE KUNSTE V1                                   7

  FIGUUR 2a: Mmakgabo Helen Sebidi, Die Ouma is die Gids van die Familie,
                       olie op doek, 2015 – 2016.

    FIGUUR 2b: Loyiso-Mkize, Gqama-Ntyatyambo, olie op doek, ongedateer.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    VISUELE KUNSTE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 3:       SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN
               DIE 1970's EN 1980's

Die volgende stelling is deur die kunstenaar gemaak met verwysing na sy werk,
waarvan ŉ deel in die visuele illustrasie in FIGUUR 3a voorgestel word: 'My werk
handel oor sekere spanningsverskille wat uit die geskiedenis voortspruit en die
herinnering aan die geweld wat aan swart liggame in die tydperk van die Westerse
heerskappy op die vasteland aangedoen is. Die uitwerking van daardie geskiedenis
strek tot die lewenservarings van (Suid-) Afrikaners wat in enige stad woon.'

        [Onderhoud deur: Houghton Kinsman gepubliseer in Another Afrika op 15 September 2014]

3.1    Bestudeer die visuele bron in FIGUUR 3a met betrekking tot die bostaande
       stelling en analiseer en interpreteer die werk in terme van die volgende
       (1 paragraaf):

       x   Onderwerp en media
       x   Kenmerke van die werk wat spanning, geskiedenis, herinneringe van
           geweld en Westerse heerskappy simbolies voorstel
       x   Stemming
       x   Interpretasie en betekenis                                                            (5)

3.2    Banksy is die wêreld se mees bekende en gevierde graffiti-kunstenaar. Vir
       sommige mense is sy kunswerke stimulerend, ironies, humoristies en met
       heelwat stof tot nadenke. Vir ander is dit bloot vandalisme.

       Bestudeer die visuele illustrasie in FIGUUR 3b en bespreek in ŉ paragraaf
       van ongeveer ŉ ½-¾ bladsy die kwessie/s en beoogde betekenis in die werk:

       Jy kan na die volgende verwys:

       x   Onderwerp
       x   Kleur
       x   Stemming                                                                              (5)

3.3    Kies TWEE kunswerke deur twee verskillende kunstenaars wie se werk
       handel oor die sosiopolitieke kwessies van ons tyd en bespreek die volgende
       in detail (1 bladsy):

       x   Name van kunstenaars en titels van kunswerke
       x   Media, tegnieke en stilistiese eienskappe
       x   Onderwerpe en sosiaal-politiese kwessies wat in die werke behandel is
       x   Boodskappe en betekenisse                                                            (10)
                                                                                                [20]

WOORDELYS: Ditaola – Ek Vind

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            VISUELE KUNSTE V1                                      9

     FIGUUR 3a: Mohau Modisakeng, Ditaola VIII, inkjet-druk op Epson UltraSmooth,
                                 2×1.5m, 2014.

       FIGUUR 3b: Banksy, Dronk Engel, graffiti op ŉ muur in Londen, ongedateer.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 4:       KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
               LANDELIKE SUID-AFRIKA

Jackson Hlungwane se beeldhouwerke is nie net ŉ geval van kunsmaak ter wille
van kuns nie; hy het sy beeldhouwerke gebruik as deel van sy preke waarin hy
idees aangaande spiritualiteit en God wou oordra.

4.1.   Met verwysing na die bostaande stelling, beskryf, analiseer en interpreteer
       die gegewe illustrasie in FIGUUR 4a deur ŉ opstel van ŉ ½-¾ bladsy te
       skryf.

       Verwys na die volgende in jou opstel:

       x   Invloede
       x   Medium en tegniek
       x   Vorms en kenmerke wat van spiritualiteit en God getuig
       x   Styl van beeldhoukundige voorstellings
       x   Simboliese aspekte
       x   Betekenis van die kunswerk                                                    (8)

4.2    Vergelyk TWEE kunswerke van enige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy
       bestudeer het wat geestelike inhoud openbaar en 'n geestelike boodskap
       dra.

       Gebruik die volgende as riglyn in jou antwoord:

       x   Name van kunstenaars en titels van kunswerke
       x   Invloede
       x   Uitdrukkings van geestelike inhoud/beeldgebruik
       x   Media en tegnieke
       x   Interpretasies betekenisse en boodskappe                                     (12)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          VISUELE KUNSTE V1                                    11

 FIGUUR 4a: Jackson Hlungwani, God en Christus, gekerfde en gekleurde hout,
                                 1990.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 VISUELE KUNSTE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 5:             MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
                     KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-
                     AFRIKA

Maurice Mbikayi se kunswerke ondersoek die positiewe en negatiewe impak wat
kontemporêre tegnologie op die mense van Afrika het.

5.1     Met verwysing na die bostaande stelling en visuele bron in FIGUUR 5a,
        skryf ŉ opstel van minstens ŉ ¾ bladsy waarin jy die kunswerk verduidelik,
        analiseer en bespreek. Neem die volgende in aanmerking:

        x   Die medium en hoe dit met kontemporêre tegnologie verband hou
        x   Die vorm en kenmerke en hoe dit aangevul word deur die titel
        x   Rol van kleur in die werk
        x   Maniere waarop die werk die negatiewe of positiewe impak van
            kontemporêre tegnologie aanspreek                                             (8)

5.2     Die gebruik van multi-media, gepaard met skaal, die gepaste metode en
        aanbiedingsruimte voeg nie net tot die estetiese werking van die kunswerk
        by nie, maar stel die kyker ook in staat om interaktief betrokke te raak en 'n
        persoonlike betekenis te skep.

        Verwys na FIGUUR 5b. Beskryf die werk in ŉ paragraaf van minstens ŉ ¾
        bladsy en bespreek hoe die volgende aspekte van die werk ŉ impak op die
        estetiese werking en betekenis daarvan het:

        x   Onderwerp en skaal
        x   Keuse van medium en kleur
        x   Aanbieding - skaal en ruimte                                                  (6)

5.3     In ŉ opstel van minstens ŉ ¾ bladsy, analiseer en interpreteer ten
        minste EEN kunswerk wat jy bestudeer het waarin die kunstenaar
        nuwe/alternatiewe media gebruik het.

        Sluit die volgende in:

        x   Naam van kunstenaar en titel van kunswerk
        x   Media/alternatiewe media
        x   Invloede
        x   Kunselemente gebruik
        x   Aanbieding
        x   Boodskappe en/of betekenisse                                                  (6)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             VISUELE KUNSTE V1                                     13

          FIGUUR 5a: Maurice Mbikayi, ‘e-mukishi’ (Sluipmoordenaar), rekenaar-
                        onderdele, kabels en veselglas, 2015.

        FIGUUR 5b: Jeff Koons, Blomhondjie, vlekvrye staal, grond en blomplante,
              1240 x 1240 x 820 cm, Guggenheim Museum Bilbao,1992.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 VISUELE KUNSTE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Lionel Smit se Morphous 1 (FIGUUR 6a) is ŉ verkenning van die veranderende
natuur van basteridentiteit in die sosiale landskap van Suid-Afrika.

6.1   Met die bostaande in gedagte, skryf ŉ paragraaf van ongeveer ŉ
      ½ bladsy waarin jy die volgende aanpak:

      x   Die onderwerp
      x   Hoe verbastering/hibriditeit en sy veranderende natuur in die vorm
          ondersoek word
      x   Hoe die styl en tegniek die idee aanvul
      x   Die betekenis van die medium wat deur die kunstenaar gekies is
      x   Die betekenis van die skaal en plek waar dit aangebied word
      x   Boodskap                                                                           (6)

Hasan en Hussain Essop gebruik fotografie om vertellings en karakters te skep;
hulle vertel ŉ storie in elke prent. Hulle beskryf hul werk as die verkenning van die
stereotipes van die Ooste en Weste – twee kulture wat grootliks in hul daaglikse
lewe voorkom.

6.2   Verwys na visuele illustrasie FIGUUR 6b en bespreek in ŉ paragraaf van
      ongeveer ŉ ½ bladsy die volgende:

      x   Onderwerp
      x   Die interpretasie van die titel binne die konteks van die onderwerp
      x   Hoe stereotipes van Oos en Wes in die werk verken word
      x   Die effektiwiteit van die medium wat gebruik word om die boodskap oor te
          dra                                                                               (4)

6.3   Bespreek enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat kwessies oor
      identiteit in Suid-Afrika bevraagteken of ondersoek.

      Sluit die volgende in jou antwoord in:

      x   Name van kunstenaar/s en titels van kunswerke
      x   Inhoud en betekenis
      x   Medium, styl en tegnieke
      x   Kwessies van identiteit wat in die werke behandel word                           (10)
                                                                                           [20]

WOORDELYS
Morphous:              Die vermoë om egalig van een beeld na ŉ ander te verander.

Stereotipe:            ŉ Bepaalde idee of beeld wat mense van ŉ sekere persoon,
                       groep of ding mag hê, maar wat nie werklik waar is nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)             VISUELE KUNSTE V1                                     15

            FIGUUR 6a: Lionel Smit, Morphous 1, brons, Union Square, 2014.

        FIGUUR 6b: Hasan and Hussain Essop, Vryheidsvegters, ‘light jet’ C-druk
                              op argiefpapier, 2014.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES

Geslagsrolle, manlikheid, vroulikheid, patriargale oorheersing en seksualiteit is van
die herhalende temas van kunstenaars wat geslagskwessies in hul werk aanpak.

7.1   Verwys na die visuele inhoud in FIGUUR 7a en skryf ŉ opstel van ongeveer ŉ
      ¾ bladsy waarin jy die moontlike geslagskwessies wat deur die kunstenaar
      hanteer word, bespreek en debatteer.

      Verwys na die volgende:

      x   Titel
      x   Onderwerp
      x   Komposisie
      x   Styl en benadering
      x   Moontlike kwessies en boodskap                                                   (8)

      ‘Ek sal myself nie by die wêreld aanpas nie. Ek is by myself aangepas ’- Anais
      Nïn. Hierdie aanhaling is gebruik as ŉ slagspreuk vir die uitstalling: “My Seks,
      My Self – Vrouekunstenaars wat seksualiteit en sensualiteit deur selfportrette
      ondersoek”, waarin Wendy Nelson se Slaapkamer Naakstudie (FIGUUR 7b)
      verskyn.

7.2   In ongeveer ŉ ½ bladsy, bevestig Anais Nïn se aanhaling binne die konteks
      van die kunswerk in FIGUUR 7b en evalueer die mate waarin die aanhaling in
      die werk uitgedruk word deur die vorms en kenmerke van Wendy Nelson se
      werk te beskryf en te interpreteer.

      Jy kan die volgende as ŉ riglyn gebruik:

      x   Die aanhaling se betekenis volgens jou
      x   Simboliek agter die vorm en kenmerke
      x   Kleur- en materiaalgebruik
      x   Betekenis en boodskap in die konteks van die aanhaling                           (6)

7.3   Skryf ŉ opstel van minstens ŉ ½ bladsy waarin jy EEN werk van enige
      kunstenaar wat jy bestudeer het bespreek wat handel oor kwessies rakende
      manlikheid of vroulikheid. Verwys na ŉ spesifieke kunswerk wat nie in hierdie
      vraestel voorkom nie.                                                                (6)
                                                                                          [20]
WOORDELYS
Manlikheid:           Die eienskappe kenmerkend van die manlike geslag
Vroulikheid:          Die eienskappe kenmerkend van die vroulike geslag
Patriargaal:          Kenmerkend van ŉ patriargie. ŉ Soort sosiale struktuur waarin
                      ŉ man die familiehoof is en eiendomsreg word deur die manlike
                      afstamming bepaal.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            VISUELE KUNSTE V1                                    17

          FIGUUR 7a: Andrea Kowch, In my Gedagtes, akriel op doek, 2017.

                                                    Detail
         FIGUUR 7b: Wendy Nelson, Slaapkamer Naakstudie, stoel oortrek in
                        fluweel met borduurwerk, 1999.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  VISUELE KUNSTE V1                 (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

‘Argitektuur is nie net ŉ dekoratiewe vel wat oor ŉ stutraam getrek word wat deur
ontwikkelaars en ruimtebeplanners ontwerp is nie. Dit is ŉ proses wat estetiese,
strukturele, sosiale en omgewingsfaktore in ŉ organiese geheel integreer.’
 Herbert Muschamp

8.1   Gebruik die bostaande aanhaling as riglyn en bestudeer FIGUUR 8a en die
      geïllustreerde gedeelte van sy buite- en binneaansig soos sigbaar in
      FIGUUR 8b. Skryf ŉ opstel van minstens 1 bladsy waarin jy die volgende
      beskryf:

      x   Die ligging en funksie van die gebou
      x   Invloede, innoverende prestasies en estetiese kenmerke
      x   Buitengewone karakter
      x   Doelwitte en effektiewe funksionaliteit
      x   Tot watter mate die gebou as Volhoubaar en Eko-vriendelik beskou
          kan word                                                                     (8)

8.2   Bespreek in ŉ opstel van ongeveer 1½ bladsye ten minste TWEE ander
      voorbeelde van baanbrekende kontemporêre argitektuur wat jy bestudeer het
      wat die beginsels van volhoubaarheid en eko-vriendelikheid beliggaam.

      Jy moet die volgende in jou opstel insluit:

      x Naam van argitek(te) en geboue
      x Redes waarom jy die geboue as innoverend beskou
      x Ontleding van die gebou in terme van die volgende:
        o Funksie
        o Gebruik van materiale, tegnologie en ontwerp
        o Ekologiese oorwegings
        o Funksionaliteit                                                            (12)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                 VISUELE KUNSTE V1                                          19

         FIGUUR 8a: Nico van der Meulen Argitekte, Kloof Road House, Bedfordview,
              Johannesburg, Suid-Afrika. (Kernmateriale: staal, beton en glas) 2015.

        FIGUUR 8b: Nico van der Meulen Argitekte, Kloof Road House (Gedeelte
             van buite- en binneaansig) Johannesburg, Suid-Afrika, 2015.

                                                                                TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng/727b739c-b332-4dbe-b517-25bc1fa2532d) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng-d/d0e90c5d-6e3a-4653-81c3-b3af62548154) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept-2018-afr/6f6c86d4-cea2-4eca-a351-3b95fc8c5f3f) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2018/97e18af8-f831-4f4d-bad9-f48e2f25cab8) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-eng/4eda55af-da6f-453d-9319-1d9ac3b59760) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
