# Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bb81817d-0809-4ecc-aa5e-592925c6b916
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bb81817d-0809-4ecc-aa5e-592925c6b916)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-sept2017-afrikaans/b9aa5540-37b4-4dcc-b374-4b4cf2b91d4d) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

                     VISUELE KUNSTE V1

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                                   *VSLAA*

                     Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

  Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
  Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke
  Skryf- en navorsingsvaardighede binne ŉ geskiedkundige en kulturele konteks.
  Die plasing van spesifieke voorbeelde in ŉ kulturele, sosiale, politieke en
   historiese konteks
  ŉ Begrip van eiesoortige kreatiewe style

 Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

 2.     Beantwoord enige VYF vrae vir ŉ totaal van 100 punte.

 3.     Vrae en subvrae moet korrek genommer word volgens die
        nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

 4.     Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
        regterkantse bladsye.

 5.     Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar dit
        vereis word.

 6.     Geen punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek
        en in ander antwoorde herhaal word nie. Kruisverwysing na kunswerke is
        toelaatbaar.

 7.     Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
        bespreek. Onderstreep die titel van ŉ kunswerk of die naam van ŉ gebou.

 8.     Skryf netjies en leesbaar.

 9.     Skryf op ŉ duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
        volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. Kolpunte is
        nie aanvaarbaar nie, en dien slegs as riglyne in jou opstel strukturering.

 10.    ŉ Lys met feite/tabelle word NIE aanvaar NIE. Gebruik die volgende
        riglyne vir die lengte van jou antwoorde.

        Let op die puntetoekenning:     6–8 punte: ŉ minimum van ½–¾ bladsy
                                        (paragraaf)
                                        10–14 punte: ŉ minimum van 1–1½
                                        bladsy(e) (kort opstel)
                                        20 punte: ŉ minimum van 2 bladsye (opstel)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          VISUELE KUNSTE V1                      3

      LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  VISUELE KUNSTE V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 1:       DIE OPKOMENDE STEM VAN SWART KUNS IN DIE 1950’s EN
                1960’s

 Opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars wat daaglikse tonele van township-lewe
 dokumenteer, produseer kunswerke wat ŉ stil, rustige atmosfeer van inwoners se
 kalm uithouvermoë van hul pynlike ervarings weerspieël, of ŉ atmosfeer van besige
 lewendige aktiwiteit wat hierdie pyn masker.

 1.1 Met verwysing na die visuele bronne wat in FIGUUR 1a en 1b getoon word,
     skryf ŉ vergelykende analise van die twee werke (1 bladsy) waarin jy die
     volgende bespreek:

          Onderwerp
          Komposisie en fokus
          Die gebruik van kleur
          Styl
          Die atmosfeer en gevoel
          Die gebruik van die figuur(e) in elke werk

      Watter kunswerk dink jy het die grootste visuele impak? Motiveer jou
      antwoord.                                                                        (8)

 1.2 Skryf ŉ opstel van minstens 1½ bladsye waarin jy voorbeelde evalueer en
     bespreek deur enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het en wie se werke
     gewone mense besig met hul daaglikse lewens reflekteer, op ŉ manier wat
     kalm uithouvermoë van hul pynlike ervarings reflekteer of ŉ atmosfeer van
     bruisende aktiwiteite wat hierdie ervarings verberg.

      Jou bespreking moet die volgende insluit:

          Name van kunstenaar(s) en kunswerke
          Onderwerp
          Gebruik van komposisionele middele
          Formele elemente
          Styl en tegnieke
          Boodskap oorgedra                                                          (12)
                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)           VISUELE KUNSTE V1                                   5

    FIGUUR 1a: Louis Maqhubela, Township Scene (Township Toneel), olie op
                                 bord, 1961.

    FIGUUR 1b: Peter Clarke, Wind blowing on Cape Flats (Wind wat waai op
                        Kaapse Vlakte), gouache, 1960.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 2:      SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
               EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

 Invloede uit verskillende kulture en style kan gesien word in beide die kunswerke
 van Alexis Preller (FIGUUR 2a) en Walter Battis (FIGUUR 2b).

 2.1    Verwys na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b. Ontleed en bespreek hierdie werke
        in ŉ kort opstel van ten minste 1–1½ bladsye.

        Verwys na die volgende:

           Onderwerp
           Simbole
           Formele elemente
           Styl
           Komposisie                                                                  (10)

 2.2    Kies en interpreteer enige TWEE werke van enige ander kunstenaar(s) wat
        jy bestudeer het, wie se werk deur Afrika-/inheemse kunsvorme (1 bladsy)
        beïnvloed is.

        Verwys na die volgende:

           Naam van kunstenaars en titels van die werk
           Invloede
           Visuele wat verband hou met Afrika-/inheemse kunsvorme
           Gebruik van materiaal en styl
           Inhoud en betekenis                                                         (10)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            VISUELE KUNSTE V1                                       7

 FIGUUR 2a: Alexis Preller, The Kraal (Die Kraal), olie op doek, datum onbekend.

  FIGUUR 2b: Walter Battis, Fishermen drawing nets (Vissermanne trek nette
                             in), olie op doek, 1955.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  VISUELE KUNSTE V1                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3:      KUNS EN POLITIEK – WEERSTANDKUNS IN SUID-AFRIKA EN
               DIE RES VAN DIE WÊRELD

 Alhoewel 1994 die einde van geïnstitusionaliseerde rassisme amptelik gemerk het,
 is rassisme nog steeds algemeen in verskillende sosiaal-politiese sfere waar dit in
 verskillende vorme manifesteer.

 FIGUUR 3a weerspieël die uitbuiting van goedkoop swart arbeid tydens apartheid.

 3.1    Bestudeer die visuele bron FIGUUR 3a en in ŉ paragraaf bespreek hoe
        hierdie werk die misbruik en uitbuiting van goedkoop Swart arbeid
        weerspieël.

        Verwys na die volgende:

           Die keuse van beelde
           Onderwerp en media
           Komposisie
           Betekenis en interpretasie                                                   (6)

 3.2    FIGUUR 3b is geïnspireer deur die nuusvideo van die brutale behandeling
        van swart trekarbeid van buite die land. Die installasie word begelei deur ŉ
        klankbaan van die honde wat blaf. Die visuele illustrasie is ŉ
        gerekonstitueerde reëling van stilknipsels om die voorval te beskryf.

        Bestudeer die visuele illustrasie en beantwoord die volgende in ŉ paragraaf
        van ongeveer ½–¾ bladsy:

            Beskryf en verduidelik wat jy meen gebeur het
            Bespreek die verskillende aspekte van die medium wat gebruik word
             en hoe hulle die boodskap verbeter
            Hoe die titel bydra by die boodskap wat oorgedra word                       (6)

 3.3    Kies EEN spesifieke kunswerk wat jy bestudeer het wat ons bewus maak
        van die onreg in ons verlede en hede. Bespreek hierdie werk in detail
        (1 bladsy).

        Verwys na die volgende:

           Naam van die kunstenaar en titel van die kunswerk
           Onderwerp
           Invloede
           Media en tegniek
           Stilistiese eienskappe
           Sukses van kuns as ŉ instrument om ons van die onreg bewus te maak          (8)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                 VISUELE KUNSTE V1                                   9

   FIGUUR 3a: Manfred Zylla, Games (Speletjies), Akrielverf op goiingmateriaal, 1985.

                      Video stillfoto                          Detail

   FIGUUR 3b: Willie Bester, Who let the dogs out? (Wie het die honde uitgelaat?),
                            beeldhouwerk installasie, 2001.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 4:      KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
               LANDELIKE SUID-AFRIKA

 Baie plattelandse swart Suid-Afrikaanse kunstenaars is beïnvloed deur die
 Christendom wat met tradisionele geestelike oortuigings en gebruike gekombineer
 is.

 4.1.   Met verwysing na die stelling hierbo, ontleed en interpreteer die gegewe
        illustrasie FIGUUR 4a deur ŉ opstel van ½–¾ bladsy te skryf. Verwys na
        die volgende in jou opstel:

           Invloede
           Medium en tegniek
           Onderwerp
           Komposisie
           Styl en betekenis van die teks
           Betekenis van die kunswerk                                                     (7)

        FIGUUR 4b is ŉ heiligdombeeld en is dus veronderstel om in godsdienstige
        doeleindes in ŉ heiligdom ingesluit te wees. Die beeldhoukuns sal beskou
        word as ŉ magsfiguur en die stam se mense sal tot haar bid en haar
        geskenke aanbied.

 4.2    Bespreek die vorms en kenmerke van die beeldhouwerk wat dit ŉ tipiese
        landelike Afrika-houtsnywerk maak en wys hoe die houding van die figuur
        van sy geestelike krag praat.                                                      (6)

 4.3    Verwys na FIGUUR 4c. Credo Mutwa kombineer kultuur en natuur, wat
        daartoe gelei het dat hy as ŉ ‘inheemse omgewingspesialis’ gedefinieer
        was

        Met die bogenoemde in gedagte, definieer die eienskappe van die
        standbeeld binne die konteks van die volgende:

            Titel
            Skaal
            Ligging
            Vorms en kenmerke                                                             (4)

 4.4    Hersien die drie visuele illustrasies. Hoe word die begrip van voortplanting
        in die drie kunswerke beklemtoon?                                                  (3)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          VISUELE KUNSTE V1                                     11

 FIGUUR 4a: John Muafangejo, Untitled       FIGUUR 4b: Shrine Figure
       (Ongetiteld), linosnee.          (Heiligdombeeld), Yoruba, Nigerië,
                                                hout, laat 19de eeu.

    FIGUUR 4c: Credo Mutwa, Earth Mother (Moeder Aaarde), sement,
                      Shamwari natuurreservaat.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 5:      MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
               KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

 “Dit is baie maklik om te sê, ‘Ek kon dit gedoen het’, nadat iemand dit gedoen het.
 Maar ek het dit gedoen. Dit het nie bestaan totdat ek dit gedoen het nie.” – Damien
 Hirst

 5.1     Met verwysing na bogenoemde stelling en visuele bron, FIGUUR 5a, skryf
         ŉ paragraaf (ten minste ½ bladsy) waarin jou die bostaande stelling
         bespreek deur die volgende te oorweeg:

             Die medium wat gebruik word
             Die boodskap van die kunswerk                                             (4)

 5.2     Ook met verwysing na bogenoemde stelling, ontleed en bespreek
         FIGUUR 5b in opstelformaat (ten minste ¾ bladsy). Oorweeg die
         volgende:

            Toepassing van kunselemente en -beginsels
            Mediums relevant tot die konsep
            Betekenis of boodskap                                                      (6)

 5.3     Vir hierdie vraag mag jy nie ŉ werk gebruik wat in hierdie vraestel
         verskyn nie. Jy mag egter ŉ ander werk gebruik, deur een van die
         kunstenaars wat in hierdie vraestel gebruik word.

         In opstelformaat, van ten minste EEN bladsy, herroep, bespreek en
         vergelyk ten minste TWEE werke in multimedia wat jy bestudeer het, en
         motiveer elk van die volgende:

             Noem die werk(e) sowel as die kunstenaar
             Media
             Boodskappe en/of betekenisse
             Beïnvloed deur watter styl van kuns
             Aanbieding                                                               (10)
                                                                                       [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            VISUELE KUNSTE V1                                    13

       FIGUUR 5a: Damien Hirst, The Physical Impossibility of Death in the Mind
          of Someone Living (Die fisiese onmoontlikheid van die dood in die
                        gedagte van iemand wat leef), 1991.

       FIGUUR 5b: Damien Hirst, FOR THE LOVE OF GOD (VIR DIE LIEFDE VAN
                                      GOD).

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 VISUELE KUNSTE V1                      (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NA 1994

 Na-apartheid visuele kuns het definitiewe bydraes gelewer met betrekking tot die
 integrasie en emansipasie van verskillende rasse in Suid-Afrika. Dit het gelei tot ŉ
 geloofwaardige, kontemporêre Suid-Afrika waarin kunstenaars weer kon fokus op
 die hersiening van hul eie identiteite.

 In FIGUUR 6a en 6b hanteer Thembinkosi Goniwe en Churchhill Madika krities die
 kwessie van identiteit as ŉ sosiale konstruksie onderskeidelik. Terwyl Goniwe
 handel oor hedendaagse “onuitgesproke rassekonstrukte” wat vandag sigbaar is,
 bevraagteken Madika opgelegde Amaxhosa-tradisies wat inbreuk maak op ŉ
 persoon se vryhede.

 6.1    Met die bogenoemde in gedagte, skryf ŉ opstel van ongeveer ¾ van ŉ
        bladsy waarin jy bespreek hoe elke kunstenaar sy probleem in die visuele
        bronne hanteer.

        Verwys na die volgende:

            Mediums wat gebruik word
            Styl en tegniek
            Die kommentaar wat hierdie kunstenaars maak
            Watter een maak die sterkste impak, met redes vir jou keuse                  (8)

 6.2    Skryf 'n opstel van ten minste 1½ bladsye, bespreek die werk van enige
        TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars wat jy bestudeer het, wat vrae oor en
        die refleksie oor hul identiteit ná 1994. Verwys na spesifieke kunswerke in
        jou antwoord, wat nie op hierdie vraestel voorkom nie.                          (12)
                                                                                        [20]

        WOORDELYS

        Hedendaagse kuns: Kuns vanaf die 1970’s tot vandag

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)              VISUELE KUNSTE V1                                       15

        FIGUUR 6a: Thembinkosi Goniwe, Untiteld (Ongetiteld), Advertensiebord
               as deel van Returning the Gaze projek, Kaapstad, 2000.

         FIGUUR 6b: Churchill Madikida, Struggles of the heart, C-Print stilfoto’s
                                   van video, 2003.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  VISUELE KUNSTE V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES

 FIGUUR 7a is ŉ selfportret deur die kunstenaar Frida Kahlo. Die Mexikaanse
 kunstenaar se persoonlike lewe en geskiedenis word direk in haar kuns uitgebeeld.
 Haar werk het hartverskeurend van haar eie fisiese en geestelike lyding getuig.
 Nandipha Mntambo se werk ‘Emabutfo’, aan die ander kant, handel oor die
 verteenwoordiging en persepsie van die vroulike liggaam.

 7.1 Met verwysing na die stelling hierbo en FIGURE 7a en 7b, bespreek die
     moontlike betekenisse van hierdie twee werke en hoe hul werk betrekking het
     op geslagskwessies en geslagsidentiteit. Verwys na die volgende:

          Gebruik van titel
          Onderwerp
          Komposisie
          Styl en benadering                                                            (8)

 7.2 Skryf ŉ opstel van minstens 1½ bladsye, en bespreek die werk van enige
     TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat geslagsidentiteit
     bevraagteken. Verwys na spesifieke kunswerke in jou antwoord, wat nie in
     hierdie vraestel voorkom nie.                                                     (12)
                                                                                       [20]
      WOORDELYS

      Emabutfo:       Krygers van die Swazi-regimente van die koninklike woning
                      van die koning.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             VISUELE KUNSTE V1                                    17

        FIGUUR 7a: Frida Kahlo, The broken column (Die gebreekte kolom),
                                olie op doek, 1944.

         FIGUUR 7b: Nandipha Mntambo, Emabutfo, koeihuid, hars, poliëster-
                          gaas en waslaagkoord, 2009.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                  VISUELE KUNSTE V1                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

 “Afrika is onder konstruksie en plaaslike talent het vorentoe gegaan om die
 landskap te vorm. Daar is baie goeie inheemse kennis op die vasteland”, sê Iain
 Low, professor van argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad.

 8.1 Met inagneming van bogenoemde, bestudeer FIGUUR 8a en 8b en beskou
     die toepaslikheid daarvan in sy eie tyd as ŉ voorbeeld van innoverende
     argitektuur. Skryf ŉ opstel van EEN bladsy waarin jy die innoverende
     prestasies evalueer. Jy mag gedagtes oor die volgende insluit:

         Beginsels van ontwerp toegepas
         Invloede en kreatiewe denke
         Eiesoortige eienskappe
         Doelwitte en effektiewe funksionaliteit                                         (8)

 8.2 Ontleed TWEE gedenkstrukture deur ŉ Suid-Afrikaanse argitek (s) in ŉ opstel
     van ongeveer 1½ bladsye. Bespreek die vorms, materiale en ontwerp wat
     hulle in 'n kategorie van uitstaande impak plaas.

      Die volgende aspekte kan dalk relevant wees:

         Name van argitekte/maatskappye en geboue
         Spesiale eienskappe
         Besondere materiaal, tegnologie en ontwerp
         Ekologiese oorwegings
         Omgewingskwessies
         Funksionaliteit                                                               (12)
                                                                                        [20]

      WOORDELYS

      Herdenkingsstrukture:      ŉ Struktuur wat opgerig is om die verlede te
                                 onthou, om groot persoonlikhede te respekteer en
                                 ŉ nuwe toekoms te simboliseer. Uitstallings,
                                 biblioteke, interaktiewe areas en openbare ruimtes.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               VISUELE KUNSTE V1                                        19

              FIGUUR 8a: Pierre Swanepoel, Studiomas Architecture, Circa gebou.

         FIGUUR 8b: Pierre Swanepoel, Studiomas Architecture, Circa gebou, nagtyd.

                                                                           TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-afr/0d61dd8a-ca77-43de-a672-a2d1ae6d1c32) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-eng/b2b0a7a9-a1fa-4ec2-8f40-a15b8a624c7d) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-eng/c97858aa-f906-4a79-b199-3ee3e7fb6965) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-afr/2c9445f3-2b26-4a64-b0e0-a497fee104d0) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/15666d90-8a58-451c-8962-63722c5dd0f9) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — QP · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
