# Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-afr/cf43f318-9cd9-4c7f-b054-c85f8ea2d37a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2018 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-afr/cf43f318-9cd9-4c7f-b054-c85f8ea2d37a)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                          2018

                                                                          PUNTE: 100

                                                                            TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                                    DBE/2018
                                              SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

•     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
           puntetoekenning.

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3                       DBE/2018
                                 SSE

     LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              4                                      DBE/2018
                                              SSE

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae.

TRAVEL – Edna St Vincent Millay                  REIS (vertaal uit Engels)

The railroad track is miles away,                Die treinspoor is myle weg,
And the day is loud with voices speaking,        en die dag is luid met stemme wat praat,
Yet there isn't a train goes by all day          Tog gaan daar die hele dag geen trein verby nie
But I hear its whistle shrieking.                Of ek hoor sy fluit skree.

All night there isn't a train goes by,            Daar gaan die hele nag geen trein verby nie,
Though the night is still for sleep and dreaming, Hoewel die nag vir slaap en droom stil is,
But I see its cinders red on the sky,             Maar ek sien sy roet rooi teen die hemel,
And hear its engine steaming.                     En hoor sy enjin stoom.

My heart is warm with friends I make,            My hart is warm van vriende wat ek maak,
And better friends I'll not be knowing;          en beter vriende sal ek nie ken nie;
Yet there isn't a train I wouldn't take,         Tog is daar nie 'n trein wat ek nie sal neem nie,
No matter where it's going.                      dit maak nie saak waarheen dit gaan nie.

1.1       Visualiseer die gedig hierbo en kies EEN frase vir ELKE kunswerk
          (FIGUUR 1a en FIGUUR 1b). Motiveer jou keuse deur na die beeldgebruik,
          stemming en atmosfeer van die kunswerk te verwys.                                          (6)

1.2       Vergelyk die beeldgebruik in ELKE kunswerk deur na die fokuspunt,
          komposisie en gebruik van kleur te verwys.                                                 (6)

1.3       Interpreteer die werk van EEN kunstenaar wat jy bestudeer het, wat op
          sy/haar daaglikse ervarings kommentaar lewer.

          Sluit die volgende by jou antwoord in:

          •    Invloede
          •    Formele kunselemente
          •    Media en tegniek
          •    Styl
          •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                      (8)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                                    DBE/2018
                                            SSE

                FIGUUR 1a: Lionel Davis, Train Ride (Treinrit), linosnee, 2012.

  FIGUUR 1b: Ernst Ludwig Kirchner, Königstein Train Station (Königstein-treinstasie),
                                  olie op doek, 1916.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          6                                   DBE/2018
                                          SSE

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Pablo Picasso se kunswerk Les Demoiselles d'Avignon (FIGUUR 2b) word as een van
die belangrikste kunswerke van die 20ste eeu beskou en is die eerste internasionale
werk wat 'n diepgaande Afrika-invloed toon, terwyl Irma Stern eerstehandse ervaring
van Afrika gehad het weens haar uitgebreide reise in hierdie kontinent.

2.1      Beide kunstenaars het die naakte liggaam gebruik. Hoe verskil die komposisie
         en stemming van FIGUUR 2a en FIGUUR 2b?                                             (4)

2.2      Bespreek die styl waarmee, en die wyse waarop, die kunstenaars hulle
         onderwerp benader het.                                                              (4)

2.3      Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars wie se werk
         bewyse van 'n Afrika-/inheemse invloed toon.

         Gebruik die volgende riglyne:

         •    Invloede
         •    Styl en tegniek
         •    Afrika-tekens/-simboliek
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                               (12)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            7                                    DBE/2018
                                            SSE

            FIGUUR 2a: Irma Stern, The Hunt (Die Jagtog), olie op doek, 1929.

                    FIGUUR 2b: Pablo Picasso, Les Demoiselles d'Avignon,
                                     olie op doek, 1907.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                                 DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Puin (gemors/rommel) en ongewenste objekte word deur beide Penny Siopis en
Fabrice Monteiro gebruik om sterk kommentaar op sosiopolitieke kwessies in hulle
kunswerke te lewer.

3.1      Vergelyk FIGUUR 3a en FIGUUR 3b.

         Verwys na die volgende riglyne:

         •    Die plasing/posisionering en belangrikheid van die figuur in ELKE werk
         •    Die doel van die drapeersel, of die gebrek daaraan, in FIGUUR 3a en 3b
         •    Die toepaslikheid van die titels van ELKE kunswerk
         •    Watter sosiale kwessies het die kunstenaar in FIGUUR 3a en 3b
              aangeraak?
         •    Identifiseer enige objek(te)/voorwerpe wat in FIGUUR 3a weggegooi is
              en in FIGUUR 3b herwin is. Motiveer jou keuse.                                (8)

3.2      Bespreek TWEE kunswerke wat jy bestudeer het wat weerstands-/
         sosiopolitieke kwessies weerspieël.                                                (12)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                                   DBE/2018
                                            SSE

              FIGUUR 3a: Penny Siopis, Piling Wreckage upon Wreckage,
                  (Stapel Wrakstuk op Wrakstuk), olie op doek, 1989.
                 (Wrakstuk: die oorblyfsels van iets wat erg beskadig is)

              FIGUUR 3b: Fabrice Monteiro, The Prophecy Series, 'Untitled'
                        (Die Profesiereeks, 'Ongetiteld'), foto, 2014.
               (Profesie: 'n voorspelling van wat in die toekoms gaan gebeur)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           10                                    DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Esther Mahlangu kom uit 'n Ndebele-agtergrond met 'n ryk tradisie van kuns en
kunsvlyt (FIGUUR 4a). Sy het egter ook 'n prysenswaardige visuele kunstenaar
geword wat regoor die wêreld uitstal en haar bekende patrone en ontwerpe op 'n
kontemporêre wyse gebruik.

4.1      Wat sou jy as die eienskappe van Esther Mahlangu se beskou?

         Hou die volgende in gedagte:

         •    Kunselemente
         •    Materiaal en tegnieke
         •    Styl en konteks
         •    Die 'verbinding' tussen die verlede en die hede in haar kunswerke                (10)

4.2      Bespreek die werk van TWEE kuns-, kunsvlyt- of geestelike kunstenaars wat
         tradisionele metodes gebruik het om hulle kunswerke te skep.

         Verwys na die volgende in jou bespreking:

         •    Materiaal en tegnieke
         •    Moontlike invloede
         •    Temas/onderwerpe
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse
         •    Hoe hierdie werke deur die kunstenaars se kulture beïnvloed is                   (10)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          11                                   DBE/2018
                                          SSE

         FIGUUR 4a: Esther Mahlangu voor haar Ndebele-woonhuis, Mpumalanga, 2007.

      FIGUUR 4b: Esther Mahlangu op haar 80ste verjaardag gefotografeer, solo-uitstalling,
                    Irma Stern-museum in Kaapstad, Suid-Afrika, 2015.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          12                                   DBE/2018
                                          SSE

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Die erfenis van Surrealisme word steeds deur kontemporêre kunstenaars deur hulle
jukstaposisie/kontras van verskillende materiaal en onverwante visuele beelde gebruik.

5.1      Bespreek die jukstaposisie/kontras in FIGURE 5a tot 5d deur na die volgende
         te verwys:

         •    Simboliek en beeldgebruik
         •    Materiaal en teksture
         •    Moontlike betekenis en boodskappe                                               (10)
.
5.2      Interpreteer enige TWEE kunswerke deur verskillende Suid-Afrikaanse
         kunstenaars wat alternatiewe/nuwe media gebruik in die soeke na maniere
         om kwessies oor te dra.                                                              (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          13                                  DBE/2018
                                          SSE

         FIGUUR 5a: Max Ernst,                FIGUUR 5b: Edward Kienholz, John Doe
 Sacred Conversation (Heilige Gesprek),     (Onbekende Man), olieverf, metaalverf, hars,
       collage-fotomontage, 1921.             gips en grafiet op winkelpopdele met hout,
                                                  metaal, plastiek, papier, rubber en
                                                         stootwaentjie, 1959.

FIGUUR 5c: Patrick Bongoy, Revenants III        FIGUUR 5d: Nicholas Hlobo, Ndiyafuna
    (Geeste III), gemengde media,                    (Ek Soek na Iets), veselglas,
     herwinde rubber en goiing op                 rubberbinneband, lint, jeans, tekkies,
      'n veselglas-afgietsel, 2017.                       kant en hout, 2006.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                                  DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Suid-Afrika se demokrasie is op 'n kompromie tussen diverse politieke groepe en die
aanvaarding van ons verskille gebaseer. – William Gumede

6.1      Bespreek hoe Witbooi in FIGUUR 6a demokrasie in Suid-Afrika beskou deur
         na die volgende te verwys:

         •    Kleur
         •    Invloede
         •    Betekenis en simboliek van die:
              o    Figuur wat geblinddoek is
              o    Skale
              o    Gespanne koord
              o    Beelde op die agtergrond
         •    Verskillende style in die kunswerk
         •    Lewer kommentaar op die boodskap wat die kunstenaar wil oordra.              (10)

6.2      Analiseer die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wie se
         werke kommentaar lewer op die identiteit van Suid-Afrika na 1994.

         Jy kan die volgende idees in jou antwoord gebruik:

         •    Inhoud van kunswerke en beelde
         •    Medium, styl en tegnieke
         •    Hoe die kunstenaars hulle eie bevraagtekening van die wêreld en die
              ruimtes wat hulle in Suid-Afrika inneem, beide fisies en emosioneel,
              weerspieël.                                                                  (10)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        15                                 DBE/2018
                                        SSE

  FIGUUR 6a: Khaya Witbooi, Below the Law (Onder die Wet), stensil en verf, 2014.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             16                                 DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 7:      GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Eerder as om tradisionele geslagsrolle te volg, interpreteer mense dit op 'n persoonlike
wyse. Geslagsrolle en stereotipering is gevolglik besig om te vervaag en dit is besig om
die grense te verskuif van wat dit beteken om vroulik of manlik te wees.

Bespreek die stelling hierbo en skryf 'n opstel waarin jy kommentaar lewer op die wyse
waarop hierdie geslagsgrense bevraagteken/verskuif word.

Verwys na FIGUUR 7a en FIGUUR 7b, asook enige TWEE kunstenaars wat jy
bestudeer het wat op geslag kommentaar lewer, om jou antwoord te staaf.

Jy kan die volgende as 'n riglyn in jou opstel gebruik:

•   Belangrikheid van kleur
•   Beeldgebruik en die moontlike interpretasies daarvan
•   Hoe die kunstenaars die eienskappe van manlikheid en/of vroulikheid uitbeeld:
    o   Lewer kommentaar op die woordspeling van 'chic(k)' in die titel van
         FIGUUR 7a
    o   Die belangrikheid van die klere
    o   Die stemming deur gesigsuitdrukkings geskep
•   Toepaslikheid van die houding/handgebaar                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            17                                      DBE/2018
                                            SSE

           FIGUUR 7a: Nicholas Allen, L'Hommage à Ingres: African Chic(k):
          Ms Tshegofatso Phage Seated (L'Hommage à Ingres: Afrika-chic(k):
                 Mev. Tshegofatso Phage Sittend), olie op doek, 2013.

           FIGUUR 7b: John Kirby, Self-portrait (Selfportret), olie op doek, 1987.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           18                                  DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Elke nuwe situasie vereis 'n nuwe argitektuur. – Jean Nouvel

Behuising het die grootste maatskaplike probleem in Suid-Afrika geword, met baie
argitekte wat op die ontwerp van alternatiewe, bekostigbare strukture fokus.

8.1      Verwys na die stelling hierbo en die visuele beelde in FIGUUR 8a en 8b en
         skryf 'n kort opstel waarin jy kommentaar lewer op hoe 'nuwe argitektuur' vir
         beskutting en akkommodasie in Suid-Afrika gebruik word.

         Reageer op die volgende in jou antwoord:

         •    Die positiewe en negatiewe aspekte van die gebruik van skeepshouers
              as die antwoord op Suid-Afrika se behuisingskrisis
         •    Vergelyk FIGUUR 8a en 8b deur die estetiese aantrekking van albei
              geboue, weens hulle modifisering, te bespreek.
         •    Indien jy die geleentheid sou hê om in 'n skeepshouer te woon, watter
              modifikasies sou jy voorstel om jou woning so funksioneel as moontlik te
              maak?                                                                           (8)

8.2      Bespreek die werk van enige argitek wat jy bestudeer het wie se werk 'n
         nuwe benadering tot argitektuur weerspieël wat die behoeftes van 'n
         groeiende Suid-Afrikaanse samelewing kan bevredig.

         Gebruik die volgende riglyne om jou antwoord te ondersteun:

         •    Terrein en ligging
         •    Gebruik van boumateriaal
         •    Ontwerp en funksionaliteit
         •    Inspirasie en invloede
         •    Hoe die argitek spesifiek die behoeftes van die Suid-Afrikaanse
              gemeenskap oplos/oorweeg

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         19                                  DBE/2018
                                         SSE

    FIGUUR 8a: Citiq Property Services (Edms.) Bpk., Mill Junction, Johannesburg,
                        Newtown, ou meule en skeepshouers, 2014.

FIGUUR 8b: Espace Mobile het hierdie retro-agtige voorafvervaardigde huis ontwerp. Dit
                         is op die Oostenrykse platteland geleë, 2007.

                                                                          TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-eng/4eda55af-da6f-453d-9319-1d9ac3b59760) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr-d/15666d90-8a58-451c-8962-63722c5dd0f9) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 ENG](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-eng/727b739c-b332-4dbe-b517-25bc1fa2532d) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
