# Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                VISUELE KUNSTE V1

                                          2018

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 19 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                                    DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word

1.       Die nasiener riglyn bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
         'n totaal van 100 punte beantwoord.

2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in baie
         gevalle:
         •     Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
         •     Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
         •     Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.

3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoord te struktureer.

4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as
         dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.

5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word toegeken aan die korrekte
         kunstenaar en titel van kunswerk.

6.       Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.

7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
         dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture
         en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag.
         Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in die
         nasienproses.

ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS

•    Hierdie nasiener riglyn moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
     dien. Daarom is die riglyn vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
     materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die riglyn kan slegs 'n
     voorgestelde gids wees.
•    LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
•    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
•    Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
     Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
•    Nasieners moet na die Visuele Kuns CAPS dokument bladsy 45 verwys om die
     vlakke van prestasie te bepaal.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                  3                                          DBE/2018
                                           SSE – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                       ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
     KODE
        7            •   Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Uitstekend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    80–100%              lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                         van kuns.
                     •   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

        6            •   Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
  Verdienstelik          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    70–79%               kommentaar te lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                     •   Toon uitstekende insig en begrip.

       5             •   Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Substansieel           sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    60–69%               lewer.
                     •   Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                     •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

       4             •   Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Gemiddeld             sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    50–59%               lewer.
                     •   Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

       3             •   Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    40–49%               lewer.
                     •   Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

       2             •   Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
   Elementêr             kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    30–39%               kommentaar te lewer.
                     •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

       1             •   Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
 Nie behaal nie          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
     0–29%               kommentaar te lewer.
                     •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                     •   Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                  4                                      DBE/2018
                                           SSE – Nasienriglyne

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

 Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
 kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.

  6 punte (maks 3)
  8 punte (maks 5)
  10 punte (maks 6)
  12 punte (maks 7)
  14 punte (maks 8)
  20 punte (maks 12)

 VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

TRAVEL – Edna St Vincent Millay                      REIS (vertaal uit Engels)

The railroad track is miles away,                    Die treinspoor is myle weg,
And the day is loud with voices speaking,            en die dag is luid met stemme wat praat,
Yet there isn't a train goes by all day              Tog gaan daar die hele dag geen trein verby nie
But I hear its whistle shrieking.                    Of ek hoor sy fluit skree.

All night there isn't a train goes by,            Daar gaan die hele nag geen trein verby nie,
Though the night is still for sleep and dreaming, Hoewel die nag vir slaap en droom stil is,
But I see its cinders red on the sky,             Maar ek sien sy roet rooi teen die hemel,
And hear its engine steaming.                     En hoor sy enjin stoom.

My heart is warm with friends I make,                My hart is warm van vriende wat ek maak,
And better friends I'll not be knowing;              en beter vriende sal ek nie ken nie;
Yet there isn't a train I wouldn't take,             Tog is daar nie 'n trein wat ek nie sal neem nie,
No matter where it's going.                          dit maak nie saak waarheen dit gaan nie.

1.1       Kandidate moet die bogenoemde gedig visualiseer en EEN frase selekteer vir
          elke kunswerk wat hulle keuse motiveer deur te verwys na die beeldgebruik,
          stemming en atmosfeer van die kunswerk.
          Kandidate kan enige frase selekteer, tog moet die keuse gemotiveerd moet
          wees.

          FIGUUR 1a: 'And the day is loud with voices speaking' OF 'My heart is warm
          with friends I make'.
          Die figure is weergegee in 'n staande posisie op 'n trein. Die swart en wit
          figure is in gesprek met vriende.

          FIGUUR 1 b: 'But I hear its whistle shrieking' OF 'Yet there isn't a train I
          wouldn't take, No matter where it's going'. Die trein word gesien waar dit deur
          'n dorp/landskap beweeg met stoom wat uit die skoorsteen borrel. Die
          helderkleurige skildery impliseer 'n gelukkige en genotvolle stemming                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                                    DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

1.2      Vergelyk die beeldgebruik in elke kunswerk deur te verwys na die
         fokuspunt, komposisie en gebruik van kleur.

         FIGUUR 1a: Die figuur met die handsak is die fokuspunt, tog kan die
         kandidaat noem dat daar geen definitiewe fokuspunt is nie aangesien die oog
         oral oor die prentvlak beweeg. Die komposisie is kloustrofobies, oorvol en
         ingedruk deur die oorvleueling van die figure in die middelgrond. Die
         kunswerk het 'n dramatiese kontras van swart en wit met plat toonwaardes
         (geen tonale effek van kleur). Die figure is groot in vergelyking met die trein
         en domineer die komposisie.

         FIGUUR 1b: Die rook en trein vorm die fokuspunt in die middel van die
         komposisie. Die trein is baie klein in verhouding met die res van die
         komposisie. Die kunstenaar gebruik sterk, vibrerende en nie-voorstellende
         (arbitrêre) kleur, wat gesien kan word in die blou dakke en rooi/pienk gras.

         Een punt vir vergelyking/bespreking, een punt vir bespreking van kleur
         en een punt vir fokuspunt per kunswerk.                                                 (6)

1.3      Kandidate moet die werk van EEN kunstenaar wat hulle bestudeer het
         interpreteer, wat kommentaar lewer oor hulle daaglikse ondervindinge.

         Hulle kan die volgende in hulle antwoorde insluit:

         •    Invloede
         •    Formele kunselemente
         •    Media en tegnieke
         •    Styl
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                   (8)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                                     DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

VRAAG 2:       SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEïNVLOED DEUR AFRIKA-
               EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Pablo Picasso se kunswerk Les Demoiselles d'Avignon (FIGUUR 2b) word as een van
die belangrikste kunswerke van die 20ste eeu beskou en is die eerste internasionale
werk wat 'n uitgebreide Afrika-invloed toon, terwyl Irma Stern eerstehandse ervaring
van Afrika gehad het weens haar uitgebreide reise in hierdie kontinent.

2.1      Alhoewel beide kunstenaars gebruik gemaak het van die naakte figuur,
         hoe verskil die komposisie en stemming van FIGUUR 2a en FIGUUR 2b?

         VIR DIE ONDERWYSER: Baie van Stern se skilderye van mense het eerder
         te doen met die kultuur as die individu. Die Hunt(Jag), was 'n produk van
         haar reis na Swaziland en Natal gedurende die 1920's. Picasso is beïnvloed
         deur Afrika beeldhouwerk en die hoofdoel van Les Demoiselles d'Avignon
         was om die kyker se normale veronderstellings uit te daag.

         FIGUUR 2a: Die komposisie is oorvol. Die kleiner figure in die agtergrond
         skep 'n gevoel van diepte in die skildery, die perspektief is distort en daar is
         baie min verskil tussen die ruimte in die voorgrond en agtergrond.

         Die kleure word nie minder helder in die agtergrond en sommige figure in die
         agtergrond is uit verhouding tot mekaar in die spesifieke vlak van diepte. Die
         fokus area blyk te wees die drie figure in die voorgrond. Die figure is of naak
         of dra slegs 'n buik kleed wat hulle baie kwesbaar maak. 'n Gevoel van
         aktiwiteit is geskep deur die gebruik van hoekige lyne wat soms bymekaar
         aansluit. Die gebruik van sterk kleur gee 'n genotvolle gevoel. Die figure kom
         voor asof hulle onkant betrap is wat aan die gesigsuitdrukkings en
         liggaamstaal gesien kan

         FIGURE 2b: Les Demoiselles d'Avignon het 'n verplatte en twee
         dimensionele benadering met geen perspektief. Daar is 'n ongemaklike
         mosaïek van hoekige en oorvleuelende fragmente van vyf reusagtige,
         opdringerige naakte vroue. Die twee sentrale vroue is uitdagend en hulle
         staar sonder uitdrukking na die kyker terwyl hulle aggressief hulle naaktheid
         ten toon stel. Die oorsigtelike indruk van die skildery is een van helder kleure
         en patroon, maar daar is nie 'n gevoel van emosie in die vroue nie en hulle
         kom voor soos verveelde modelle wat poseer vir 'n fotosessie.                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            7                                    DBE/2018
                                     SSE – Nasienriglyne

2.2      Bespreek die style en wyse waarop die kunstenaars hulle onderwerp benader
         het.

         FIGUUR 2a: Irma Stern het ekspressiewe kwashale gebruik, dik verf en
         helder kleure om haar geïdealiseerde seining van die wêreld te wys, eerder
         as die swaarkry van Afrika. Die dik verf is met 'n palet mes opgesit en skep 'n
         gevoel van emosionele intensiteit. Sy gebruik dekoratiewe, kurwes, lyne en
         S-vorms. Sy gebruik arbitrêre kleure asook werklike kleure wat sy in los hale
         aanwend. Die figure is gestileerd en herinner aan die hoekige vorms wat in
         Afrika beeldhouwerke te sien is.

         FIGUUR 2b: Picasso gebruik plat, versplinterde beelde, saam met patrone
         van lig en donker (teenoor geronde volumes), om 'n gevoel van ruimte en
         vorm te skep. Die figuur onder regs, is opgebou deur 'n collage van
         verskillende aansigte, terwyl die ander uitgebeeld is in in plat geometriese
         vorms. Die skildery se skerp, amper versplinterde piktorale komponente
         verleen 'n ontstellende gevoel van geweld en seksuele mag.                              (4)

2.3      Kandidate moet TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars bespreek
         wie se werk bewyse toon van Afrika/Inheemse invloed.

         Hulle mag die volgende riglyne gebruik:

         •    Invloede
         •    Styl en tegniek
         •    Afrika tekens/simbolisme
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                   (12)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               8                                     DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Puin (gemors/rommel) en ongewenste objekte word deur beide Penny Siopis en
Fabrice Monteiro gebruik om sterk kommentaar op sosiopolitieke kwessies in hulle
kunswerke te lewer.

3.1        Kandidate moet FIGUUR 3a met FIGUUR 3b vergelyk deur te verwys na
           die volgende riglyne:

               •     Die plasing/posisionering en betekenis van die figuur in elke
                     werk

                     FIGUUR 3a: 'n Misterieuse vroulike figuur is geplaas in die
                     agtergrond van 'n landskap met oormatige laag op laag komposisie.
                     Haar figuur is omvou met wit materiaal in 'n klassieke Griekse styl.
                     Sy hou die drapering op in albei hande, wat sekere objekte in die
                     komposisie verskuil. Perspektief is beklemtoon deur die uiterse klein
                     figuurtjie op 'n hoop puin en objekte wat gekompakteer is tot 'n
                     stortingsterrein. Die opeenstapeling van objekte genereer vrae oor
                     magsverhoudings asook 'n begrip van self-identiteit en kennis.
                     Die objekte wat Siopis gebruik het hulle eie verlede wat eens op 'n tyd
                     'n rol in iemand se lewe gespeel het. Besittings verpersoonlik mense
                     se persoonlike herinneringe en ondervindings maar word ook deel
                     van 'n wyer sosiale geskiedenis en simbolisme.

                     Siopis gebruik lukraak objekte in haar skildery wat kommentaar lewer
                     oor kolonialisme, geslag en ander diskriminerende praktyke.       Sy
                     lewer ook kommentaar oor die misinterpretasie van geskiedenis deur
                     'n partriargale, Westerse samelewing.

                     FIGUUR 3b: Die groot spookagtige figuur verskyn in 'n surrealistiese
                     komposisie van 'n jinn (antieke bo-natuurlike genie) wat die
                     plundering van die moderne mens ervaar en is geplaas as 'n
                     fokuspunt op die stortingsterrein. Die figuur verrys van die puin,
                     geklee in 'n romp gemaak van rommel en plastiese sakke. Haar
                     hooftooisel en juwele is ook gemaak van herwonne materiale. Die
                     figuur beweeg in die rigting van 'n groot, oop landskap. Grys rook
                     kom uit die stortingsterrein wat 'n aardige atmosfeer skep.

               •     Die doel van die drapering/uitlaat van drapering in FIGURE 3a en
                     3b

                     Sy hou 'n groot stuk drapeersel/materiaal in albei hande wat afvloei
                     tot aan die onderkant van die komposisie. Die materiaal is gebruik as
                     'n metafoor om die kompakte en opgehoopte gemors van objekte wat
                     deur die gemeenskap weggegooi word, te bedek of te ontbloot.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                9                                     DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

               •     Die betekenis van die titels van die elke kunswerk

                     FIGUUR 3a: 'Stapeling van wrakstukke op wrakstukke'

                     Die titel dui aan dat die verskeie objekte gesien kan word as die
                     wrakstukke van 'n gemeenskap wat opgehoop is. Ons aandag word
                     gevestig op die idee dat ons gemeenskap opgebou is uit die puin van
                     ons geskiedenis van die verlede. Dit kan ook verwys na die
                     misinterpretasie van geskiedenis deur 'n patriargale Westerse
                     gemeenskap.

                     FIGURE 3b: 'Die Profesie'

                     Die titel verwys na die figuur as 'n profeet. Die profeet se funksie sal
                     wees om 'n boodskap te lewer aan die mense dat as hulle nie na die
                     planeet en hulle omgewings kyk nie dat daar niks sal oorbly vir
                     toekomstige generasies nie.

               • Watter sosiale kwessie het die kunstenaars aangespreek in
                 FIGURE 3a en 3b?

                     Fabrice Monteiro wou 'n bewuswording skep oor die risiko van die
                     moderne mens se besoedeling in Afrika, deur die negatiewe gebruik
                     van plastiese sakke en ander ernstige omgewingsprobleme uit te lig.

               •     Identifiseer enige objekte wat weggegooi is in FIGUUR 3a en
                     herwin is in FIGUUR 3b. Motiveer jou keuse.

                     Kandidate kan enige objekte noem soos gesien in FIGUUR 3a soos
                     'n blompot, prentraam, papier rol, blomme, Venus beeldjie, kandelaar,
                     plastiese sakke, bottels ens. Ons leef in 'n verbruikersgemeenskap
                     waar items maklik weggegooi en nuwe dinge gekoop word, net om                    (8)
                     die siklus te herhaal.

3.2        Kandidate moet TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het bespreek, wat
           weerstand/sosio-politieke kwessies reflekteer.                                             (12)
                                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                10                                  DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Esther Mahlangu kom uit 'n Ndebele-agtergrond met 'n ryk tradisie van kuns en
kunsvlyt (FIGUUR 4a). Tog het sy ook 'n prysenswaardige visuele kunstenaar geword
wat reg oor die wêreld haar bekende patrone en ontwerpe op 'n kontemporêre wyse
uitstal.

4.1      Deur FIGUUR 4a en FIGUUR 4b te bespreek moet kandidate die kenmerke
         van Esther Mahlangu bespreek deur te verwys na die volgende:

                    •   Kunselemente

                        FIGUUR 4a: Vertikale, horisontale en diagonale lyne word gebruik
                        in haar kunswerke. Sy skep helderkleurige (rooi, blou, geel, groen
                        en pers) geometriese vorms wat omlyn word in swart. Sy maak ook
                        gebruik van wit in die agtergrond van haar werke. Die herhaling
                        van die lyne, vorms en kleure skep 'n dekoratiewe patroon. Die
                        komberse wat die vroue dra is verdeel in bande van rooi, bruin,
                        geel en blou. Hulle dra ook helderkleurige juwele om hulle nekke en
                        bene, wat van glas krale gemaak is.

                        FIGUUR 4b: Vertikale, horisontale en diagonale lyne kan gesien
                        word in haar kunswerk op die mure van die galery en die interieur
                        van die motor. Sy skep helderkleurige geometriese vorms wat die
                        oppervlak van die kunswerk of spesifiek die motor se interieur
                        bedek. Haar vorms word omlyn met swart en/of wit lyne. Sy
                        gebruik helder kleure bv. Geel, blou, groen, en pienk.

                    •   Materiale en tegnieke

                        FIGUUR 4a en FIGUUR 4b:
                        Mahlangu wend verf aan op die gepleisterde oppervlak van die
                        muur van die huis. Swart lyne word gebruik om die helderkleurige
                        geometriese vorms te omlyn. Die tradisionele kralewerk word met
                        die hand gemaak deur verskillende kleure glaskrale in te ryg in
                        verskillende patrone. Die houer is 'n kalbas.

                    •   Styl en konteks

                        FIGUUR 4a: Mahlangu is beïnvloed deur haar Ndebele tradisionele
                        kultuur wat sy oorgeërf het wat haar ma en ouma. Die huise is
                        geverf in die tradisionele Ndebele geometriese ontwerp. Die figure
                        dra tradisionele juwele gemaak van krale en koperringe. Die
                        houers wat gebruik word om water in te stoor staan bekend as
                        kalbasse, en hierdie word ook gebruik en verander in kunswerke en
                        alledaagse funksionele items.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               11                                    DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

                        FIGUUR 4b: Mhlangu bring hulde aan haar tradisionele Ndebele
                        kultuur deur nog steeds 'n tradisionele Ndebele uitrusting te dra al
                        staan sy in 'n kontemporêre kuns galery. Sy dra 'n tradisionele
                        helderkleurige Ndebele kombers met 'n hooftooisel en juwele om
                        haar nek en enkels wat gemaak is van gekleurde glas en
                        geelkoper. Helderkleurige geometriese vorms en patrone is geverf
                        op die binne panele van die 7 reeks BMW motor.
                        Verfwerk/kunswerke met dieselfde ontwerpe kan gesien word waar
                        dit hang teen die galery se mure.

                    •   Die kandidaat se begrip oor wat bedoel word met die
                        'verbinding' tussen die verlede en hede in haar kunswerke
                        Haar tradisionele dekoratiewe verfwerk is hergebruik      en
                        aangewend op verskeie oppervlaktes bv. Klere, skoene/tekkies,
                        skaatsplanke, mure, glasbottels en motors.

                        FIGUUR 4a: Mahlangu is gefotografeer voor haar tradisionele
                        Ndebele woonhuis, geklee in 'n Ndebele uitrusting. Sy gooi water
                        vanuit 'n kalbas. Die Ndebele klere en die gebruik van die kalbas is
                        bewyse van haar verlede/tradisies en sy het nog steeds 'n
                        verbinding met die verlede aangesien sy steeds hierdie items
                        gebruik in 'n moderne samelewing.

                        FIGUUR 4b: Mahlangu is gefotografeer in 'n kontemporêre
                        kunsgalery waar haar tradisionele kunswerke uitgestal word op die
                        mure en op die interieur van die BMW. Die 'verbinding' hier is
                        gemaak met die hede. Sy kommunikeer en lig ons in oor die
                        gebruike en belangrikheid van haar kultuur en die bewaring
                        daarvan vir toekomstige generasies.                                          (10)

4.2      Kandidate moet die werk van TWEE kuns-, vlyt of spirituele kunstenaars wie
         hulle bestudeer het bespreek, wie tradisionele metodes gebruik het om hulle
         kunswerke te skep.

         Hulle kan na die volgende verwys in hulle bespreking:

         •    Materiale en tegnieke
         •    Moontlike invloede
         •    Temas/onderwerp
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse
         •    Hoe hierdie werke beïnvloed is deur die kunstenaars se kultuur                         (10)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               12                                     DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORêRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Die erfenis van Surrealisme word steeds deur kontemporêre kunstenaars deur hulle
jukstaposisie/kontras van verskillende materiale en onverwante beelde gebruik.

5.1      Kandidate moet die jukstaposisie/kontras in FIGURE 5 a – 5d bespreek deur
         na die volgende te verwys:
                    •   Simbolisme en beeldgebruik
                        FIGUUR 5a: Twee vroulike figure kyk vorentoe na die kyker in 'n
                        ingeslote spasie. Die geklede figuur aan die regterkant is koploos
                        terwyl die figuur in die middel naak is. Die sentrale figuur wat die
                        fokuspunt is, is verdeel in verskillende juksta geplaasde objekte wat
                        nie verband hou met mekaar nie. Party liggaamsdele kom uitgerafel
                        voor of is 'n X-straal wat die senuwee en been ontbloot. Die
                        liggaamsdele gee die idee van sketse uit 'n mediese/anatomiese
                        joernaal. Die ovaal skyf om die bene, wiskundige beelde in die buik
                        en meganiese objek op die linkerkant van die gesig verwys na
                        tegnologie, industrialisasie of die aaklighede van WW1. Twee
                        voëls/duiwe is bo-oor die twee figure geplaas wat reinheid,
                        spiritualiteit of selfs 'n godsdienstige konnotasie kan hê. Die beeld
                        word droomagtig/fantasie-agtig.
                    •   Materiale en teksture
                        FIGUUR 5a: Die kombinasie en jukstaposisie van verskillende
                        meganiese, industriële en anatomiese dele is ontstellend en skep 'n
                        ongemaklike atmosfeer. Die gebruik van die X-straalbeelde skep
                        ongemak in die kyker.
                        FIGUUR 5b: Die kunstenaar het 'n 3-dimensionele beeldhouwerk
                        geskep deur gebruik te maak onverwante/ weggegooide, gevonde
                        objekte. Die paspop se kop en torso is gespat met verf en geplaas
                        in 'n baba stootwaentjie wat 'n skokkende spookagtige effek het.
                        Die borskas van die torso is uitgehol en 'n kruis is geplaas waar die
                        hart moes wees. Die paspop is teen 'n boomstomp staan gemaak.
                        FIGUUR 5c: Revenants III (Uit die Dode III) verteenwoordig 'n
                        swanger figuur met 'n kop wat uit 'n gooiing(hessian)-sak kom. Die
                        hessian sak is 'n grofgeweefde materiaal en word gedra as 'n
                        kledingstuk. Die sak, onbruikbare rubber en die paspop, impliseer
                        dat mense soos vuilgoed behandel word. Dit ontmens die menslike
                        vorm en skep 'n ontstellende werk. Die rubber stukke wat uit haar
                        vel kom wys dat sy uitmekaar val of besig is om van vorm te
                        verander. Stukke van die rubber steek uit die arms en bene van die
                        paspop uit. Dit lyk asof spykers deur die vel gedryf is. Dit nooi die
                        kyker uit om aan die teksture te vat asof om dit beter te maak. Die
                        rubber ketting om haar middel hang tot op die vloer en skep ook 'n
                        taktuele tekstuur. Dit nooi die kyker uit om die materiaal te voel en
                        te identifiseer. Hessian, 'n grofgeweefde materiaal, is gedraai om
                        die die kop van die vroulike figuur wat haar amper versmoor.
                        Gladde antenne kan gesien word wat by haar ore uitkom.
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               13                                     DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

                        FIGUUR 5d: Hierdie 3-dimensionele beeldhouwerk verteenwoordig
                        'n figuur wat voor-oor buk met sy/haar bo-lyf wat versteek is in 'n
                        groot sak asof hy/sy besig is om te soek vir iets. Dit lyk amper soos
                        'n ruspe. Die figuur is gemaak van rubberbuise so wel as sy
                        onderklere. Die figuur wat hoofsaaklik gemaak is van rubberbuise
                        dra 'n paar blou jeans wat halfpad oor sy boude hang wat die
                        onderbroek ontbloot en 'n verwys na seker mode giere.

                    •   Moontlike betekenis en boodskappe:

                        FIGUUR 5a: Die juksta plasing van verskeie beelde om 'n fantasie,
                        droomagtige Surrealistiese kunswerk te skep.
                        FIGUUR 5b: 'n Magtige en spookagtige beeld wat 'n mens aan die
                        dood herinner.
                        FIGUUR 5c: Die menslike vorm kom onmenslik voor. Die hessian
                        materiaal is om die gesig gedraai wat amper die beeldhouwerk
                        versmoor. Die rubber ketting kan ook die naelstring verteenwoordig.
                        Die getekstureerde rubber stukke wat uit haar bene en arms kom
                        kan verwys na marteling en angs.
                  FIGUUR 5d: Die kunstenaar se interpretasie van die kunswerk is
                  die van 'n kreatuur wat 'n persoon insluk. Die idee van soek na of
                  versteek 'n mens se identiteit word geskep. Die idee van die
                  bekende en die onbekende, om verwerp te word of gebruik te word,
                  binne-buite, gemak, skuiling, kontras, perfeksie, heilige spasie,
                  plesier, fantasie, en dualiteit word geskep. Die beeldhouwerk maak
                  die toeskouer ongemaklik en klousterfobies voel. Die betekenis is
                  tweeledig en kan verwys na seksualiteit en kulturele rituele.                       (10)
5.2      Kandidate moet enige TWEE kunswerke van verskillende Suid-Afrikaanse
         kunstenaar/s interpreteer, wie alternatiewe/nuwe media gebruik in die soeke
         om maniere te vind om oor kwessies te kommunikeer.                                           (10)
                                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              14                                    DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 6:       DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Suid-Afrika se demokrasie is op 'n kompromie tussen diverse politieke groepe en die
aanvaarding van ons verskille gebaseer. – William Gumede

6.1      Kandidate moet bespreek hoe Witbooi Suid-Afrika se demokrasie sien deur na
         die volgende te verwys:

         •   Kleur: Die monochromatiese gryse en swarte van die figure skep 'n
             vreemde stemming. Dit kan ook die klassieke erflating en simbolisme van
             Lady Justice impliseer. Die grys toonwaardes van die figuur kontrasteer
             skerp met die vibrerende pienk van die graffiti in die agtergrond. Die grys
             en kakie vierkante wat die agtergrond van die graffiti vorm skep 'n ritmiese
             patroon. Swart is gebruik in die tipografiese teks van die graffiti en die
             gemaskerde figure.
         •   Invloede: Die kunstenaar kon beïnvloed wees                deur   collage-styl
             kunswerke, graffiti, pop-kuns en hip-hop kultuur.
         •   Betekenis en simbolisme van:
                    o Die geblinddoekte figuur: Die geblinddoekte vroulike figuur
                      (verteenwoordigend van Lady Justice) loop op 'n styf gespande tou
                      en probeer die skale balanseer wat sy dra. Om geblinddoek te
                      wees, maak dit gevaarlik om op 'n hangende spantou te loop.
                      Afrikaanse vrou voorstel wat blindelings in 'n nuwe demokrasie stap.
                      Sy is ten volle geklee en haar rok is gemaak van sagte materiaal,
                      en is gedrapeer in 'n klassieke Roomse mode. Die geblinddoekte
                      vrou verteenwoordig alle mans en vroue van die samelewing wat
                      geboei is deur 'n diskriminerende gereg. 'n Boei aan haar regter
                      gewrig kan simboliseer dat sy losgebreek het, en nou bo die gereg
                      is maar nog steeds op 'n gespande tou van onsekerhede is.
                       VIR DIE ONDERWYSER: Die blinddoek verteenwoordig
                       onpartydigheid, die ideaal dat gereg moet geskied sonder die
                       inagneming van rykdom, mag, of ander status. Die Rooms-
                       geïnspireerde kledingstuk simboliseer die status van die filosofiese
                       benadering wat geregtigheid inhou.
                    o Die skale: Die figuur wat die skale dra is 'n metafoor vir die mans
                      en vroue in Suid-Afrika wat probeer om kennis en onkunde te
                      balanseer in die sosiale en ras-hiërargieë van kontemporêre Suid-
                      Afrika. Die skale kan ook die balans tussen goed en sleg
                      simboliseer.
                    o Die gespande tou: Die regstelsel in Suid-Afrika word soms gesien
                      as onregverdig en onbillik. Die geblinddoekte figuur wat op die tou
                      loop verteenwoordig die mense in Suid-Afrika wat probeer om
                      balans in hulle lewens te skep.
                    o Beelde in die agtergrond: daar is 'n mosaïek van graffiti beelde in
                      die agtergrond van die kunswerk. Boesman beelde, vergete mense,
                      'n vloot offisier, 'n handgranaat, wat geweld voorstel, gebalde vuis
                      en 'n herhalende masker van die Star Wars karakter is sigbaar in
                      die agtergrond. Dit kan die diverse samelewing voorstel. Daar is
                      definitiewe woorde wat gespuitverf is oral op die kunswerk.
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            15                                    DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

         •   Verskillende style in die kunswerk: Die vroulike figuur is op 'n
             naturalistiese manier uitgebeeld, tog het dit stilistiese kenmerke soos
             vereenvoudiging en pop/strokiesverhaal kenmerke. Stensilwerk is in die
             agtergrond gebruik.

                     VIR DIE ONDERWYSER: Witbooi is bekend vir sy 'Afro-pop'
                     collage-styl skilderye. Witbooi lys Picasso en Asha Zero as sy
                     invloede. Hy het die woord 'pap-art' geskep – waar 'pap' die
                     tradisionele stapelvoedsel is van die armes in Suidelike Afrika – om
                     sy persoonlike benadering tot kontemporêre kuns te definieer as 'n
                     self-opgeleide kunstenaar.

         •   Lewer kommentaar oor die boodskap wat die kunstenaar wou oordra:
             Lady Justice is 'n allegoriese personifikasie van die morele mag in
             regstelsels. Die boodskap kan ook vroue wees wat veg vir gelykheid in
             Suid-Afrika. Sy is uitgebeeld waar sy los breek van diskriminasie of dit nou
             die gereg is of bevooroordeling/ tweeledigheid/ of stereotipering. Sy is
             geblinddoek terwyl sy haar stem probeer vind in die samelewing en daar
             word verwag dat sy die wet moet gehoorsaam. Sy balanseer al die rolle
             wat van die vroue in vandag se samelewing verwag word. Dit kan ook die
             balans wees tussen goed en kwaad.                                                    (10)

6.2      Kandidate moet die werk van TWEE kunstenaars analiseer wat hulle
         bestudeer het wie se werk kommentaar lewer oor die post 1994 identiteit van
         Suid-Afrika.

         Hulle mag die volgende idees gebruik in hulle antwoord:

         •   Inhoud van kunswerke en beelde
         •   Medium, styl en tegnieke
         •   Hoe die kunstenaars hulle eie bevraagtekening van die wêreld en die
             ruimtes wat hulle in Suid-Afrika inneem, beide fisies en emosioneel,
             weerspieël.                                                                          (10)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               16                                     DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 7:          GESLAGSKWESSIES : MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Eerder as om tradisionele geslagsrolle te volg, interpreteer mense dit op 'n persoonlike
wyse. Geslagsrolle en stereotipering is gevolglik besig om te vervaag en dit is besig
om die grense te verskuif van wat dit beteken om vroulik of manlik te wees.

7.1       Kandidate moet die bogenoemde standpunt bepreek en 'n opstel skryf waarin
          hy/sy kommentaar lewer op die wyse waarop hierdie geslagsgrense
          bevraagteken/geskuif word. Die kandidaat moet verwys na FIGUUR 7a en 7b
          asook enige TWEE kunstenaars wie hy/sy bestudeer het, wie kommentaar
          lewer oor geslag, om sy/haar antwoord te staaf.

          Jy mag die volgende as 'n riglyn gebruik in jou opstel:

              •     Die Betekenis van die kleur:

              FIGUUR 7a: Kontrasterende kleure is gebruik in die klere van die
              vroulike figuur bv. oranjes en turkoois. Die gebrande oranje/bruin panele
              van die interieur en haar rok is baie dieselfde in terme van kleur. Die kleur
              van turkoois linte is herhaal in die vaas aan die linkerkant van die skildery.
              Die wit bloes word die fokuspunt van die skildery. Die figuur sit op 'n pienk
              kussing wat vroulikheid simboliseer.

              FIGUUR 7b: Die intense donker agtergrond (chiaroscuro) kontrasteer
              met die ligte vel van die figuur. Die figuur is weergegee in vroue klere tog
              verwys die blou kleur na manlikheid. 'n Rooi roos is aan die kledingstuk
              geheg, wat gewoonlik simbolies is van liefde en maagdelikheid.

              •     Beeldgebruik en die moontlike interpretasies daarvan

                    FIGUUR 7a: Dit is 'n portret van 'n sittende dame aangetrek in 'n wit
                    bloes en wye bont romp. Haar refleksie wys dat sy 'n selfoon in haar
                    linkerhand het; tog is die selfoon afwesig in die figuur van vooraf
                    gesien, maar wys 'n 'n besem in die ander hand. Daar is 'n kontras
                    tussen die verlede en hedendaagse tegnologie. Die gebruik van
                    spieëls skep 'n illusie van ruimte en perspektief. Sy is ook versier met
                    juwele wat 'n kombinasie is van beide modern en tradisioneel. Haar
                    hare is netjies agtertoe gebind met 'n materiaal lint. In haar linkerhand
                    hou sy 'n kleinhandgemaakte gras besempie wat simbolies is van
                    huislikheid. 'n Geweefde tradisionele mandjie is langs die vaas wat
                    gewoonlik as 'n bergingsitem gebruik is. 'n Geslagte hoender hang in
                    die agtergrond wat nog gaargemaak en bedien moet word. Sy is
                    weergegee in 'n deftige interieur met goue rame en 'n versierde
                    muurtafel wat rykdom suggereer.          Die porselein vaas aan die
                    linkerkant het turkoois strepe op met beelde van beeste. Beeste, wat
                    rykdom voorstel, word ook gebruik as lobola betaling in Afrika
                    huwelikseremonies. Die portret kan vergelyk word met die portrette
                    wat geskilder is deur die Neo-Klassieke kunstenaars.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              17                                     DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

                    FIGUUR 7b: Dit is 'n selfportret deur die kunstenaar wie aangetrek is
                    in damesonderklere. Hy het 'n tatoe op sy linkerarm, wat lyk soos 'n
                    voël wat simbolies is van vryheid. Getatoeëerde mans word soms
                    beskou as manlik, braaf en uitdagend. Die rooi roos wat aan die
                    kledingstuk geheg is simboliseer maagdelikheid of vroulikheid. Die
                    handgebaar van die figuur herinner aan die 'St John the Baptist' van
                    Leonardo Da Vinci.
              •     Hoe die kunstenaars die eienskappe van manlikheid en/of
                    vroulikheid uitbeeld :
                       o Gee jou mening oor die woordspeling van 'chic(k): in die
                         titel van FIGUUR 7a
                          In die titel is die 'k' in Chick in hakies en kan verwys na die
                          hoender in die agtergrond wat nog gaar gemaak moet word.
                          'Chick' is 'n woord wat algemeen gebruik word deur mans om
                          na 'n meisie te verwys. Sy lyk 'chic' beteken dat sy deftig
                          aangetrek is met 'n elegante voorkoms. Alhoewel vroue chic
                          kan wees, word daar nog steeds van hulle verwag om hulle
                          daaglikse huishoudelike pligte te voltooi.
                       o Die betekenis van die klere:
                          FIGUUR 3a: Die vroulike figuur is geklee in 'n wit bloes en rooi
                          gebrande oranje romp. Sy het turkoois linte om haar gedrapeer
                          wat bydra tot haar vroulikheid. Sy dra 'n armband om elke
                          gewrig en 'n ring aan die linkerhand. Die juwele dra by tot die
                          vroulikheid.
                          FIGUUR 7b: Alhoewel hierdie man vroueklere dra word hy nog
                          steeds manlik voorgestel. Dit is asof die kunstenaar die feit wil
                          beklemtoon dat klere nie geslag bepaal nie. Die skouer band
                          aan die linkerskouer is besig om af te val wat sensualiteit
                          simboliseer. Die roos is ook 'n Middeleeuse simbool van
                          maagdelikheid. Dit lyk asof hy poseer vir 'n foto of op 'n verhoog
                          optree.
                       o Stemming geskep deur die gesigsuitdrukkings
                          FIGUUR 7a: Die vroulike figuur kyk na die kyker asof sy vir 'n
                          foto poseer. Sy is gemaklik en lyk asof sy gewoond is daaraan
                          om die dame van die huis te wees. 'n Sagte vroulike stemming
                          is verkry met haar oogkontak met die kyker.
                          FIGUUR 7b: Die manlike figuur het 'n effe pruil mond wat hom
                          selfbewus laat lyk. 'n Hartseer, melankoliese stemming is
                          geskep. Die onderwerp kom baie ooreen met Picasso se
                          sirkusmense.
              •     Die betekenis van die houding/handgebaar:
                          FIGUUR 7a: Die figuur het 'n baie ontspanne, tog sensuele
                          houding. Haar regter hand omraam haar gesig asof sy vir 'n
                          foto poseer.
                          FIGUUR 7b: Die figuur is staande en sy handgebare is baie
                          vroulik.
                          Chic: Baie modieus en elegant.                                             [20]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            18                                     DBE/2018
                                      SSE – Nasienriglyne

VRAAG 8:       ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Elke nuwe situasie vereis 'n nuwe argitektuur. – Jean Nouvel

Behuising het die grootste sosiale probleem in Suid-Afrika geword, met baie argitekte
wat op die ontwerp van alternatiewe, bekostigbare strukture fokus.

8.1       Deur te verwys na die bogenoemde standpunt en die beelde in FIGURE 8a
          en 8b, moet die kandidate 'n kort opstel skryf waarin hulle kommentaar lewer
          oor hoe 'nuwe argitektuur' gebruik word vir beskutting en akkommodasie in
          Suid-Afrika.

          Hulle moet reageer op die volgende in hulle antwoord.

          •   Die positiewe en negatiewe aspekte van die gebruik van
              skeepshouers as die antwoord op Suid-Afrika se behuisingskrisis.

              Positiewe aspekte: In Suid-Afrika, kan die behuisings krisis opgelos word
              deur die gebruik van sterk, veilige skeepshouers in landelike/dorpsareas.
              Plakkerskampe kan opgradeer word deur die onvolhoubare kartonne en
              plastiek te vervang met sterker strukture soos 'n staal houer.
              Boukonstruksie op die terrein word uitgeskakel aangesien hierdie houers
              gemodifiseer kan word en die interieur voltooi kan word voor die tyd. Die
              skeepshouers is stabiel en solied en kan bo-op mekaar gestapel word.
              Deurdat hierdie houers so sterk is voorsien dit 'n veilige
              behuisingsoplossing.
              Negatiewe aspekte: Die staal houers is baie swaar en dus moeilik om te
              vervoer. Die modifikasies van die eenhede is ook baie duur. Sodra die
              houer afgelewer en installeer is kan dit nie weer uitmekaar gehaal word
              nie.

          •   Vergelyk FIGURE 8a en 8b deur die estetiese waarde van albei
              geboue, weens hulle modifisering, te bespreek

              FIGUUR 8a: Die gebou in FIGUUR 8a is geskep deur die modifisering
              van skeepshouers en hulle op mekaar te stapel bo-op 'n ou ongebruikte
              meule. Die houers is voorsien met vensters en uitgeboude balkonne. Die
              dak is toeganklik en 'n sirkelvormige struktuur is sigbaar wat as 'n ekstra
              leefarea gebruik kan word. Deur hulle te verf in verskeie kleure skep dit 'n
              Neo-Modernistiese gevoel. Die oorhangende balkonne vorm 'n kontras
              met die plat fasade, en skep ekstra spasie. Die ronde sement meulens
              kontrasteer skerp met die hoekige, helderkleurige skeepshouers.

              FIGUUR 8b: Dit is 'n minimalistiese huis gelig op grys sement balke. Die
              gebou het 'n vry fasade, stroke vensters, en 'n verlengde balkon/stoep.
              Die glas panele laat lig in die gebou en dit integreer ook die eksterieur
              met die interieur. Die gebou het 'n plat dak.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         19                                  DBE/2018
                                   SSE – Nasienriglyne

         •   Indien jy die geleentheid gehad het om in 'n skeepshouer te woon,
             watter modifikasies sou jy voorstel om jou woning so funksioneel as
             moontlik te maak?

         Skeepshouers is veelsydig en kan ingerig word om aan alle individuele
         voorkeure te voldoen. Die houers kan in verskeie kleure geverf word of net
         so gelaat word. 'n Daktuin kan bo-op aangebring word om groenigheid te
         kweek sowel as sonpanele wat elektrisiteit kan genereer. Eenhede kan
         bygevoeg word wanneer nodig. Vir veiligheid kan kleiner vensters aangebruik
         word. Alternatiewelik kan groot glas mure 'n staalmuur vervang om die
         eksterieur met die interieur te verbind.
         Die kandidaat se eie reaksie sal in ag geneem word.                             (8)

8.2      Kandidate moet die werk van enige argitek wat hy/sy bestudeer het bespreek
         wie se werk 'n nuwe benadering tot argitektuur reflekteer, wat die behoeftes
         van 'n ewig-groeiende Suid-Afrikaanse gemeenskap kan bevredig.

         Die kandidaat kan die volgende riglyne gebruik om sy/haar antwoord te
         ondersteun:

         •   Terrein en ligging
         •   Gebruik van boumateriale
         •   Ontwerp en funksionaliteit
         •   Inspirasie en invloede
         •   Hoe die argitek spesifiek die behoeftes van 'n Suid-Afrikaanse
             gemeenskap aanspreek/oorweeg.                                               (12)
                                                                                         [20]

                                                                           TOTAAL:       100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-eng/4eda55af-da6f-453d-9319-1d9ac3b59760) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-afr/cf43f318-9cd9-4c7f-b054-c85f8ea2d37a) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO AFR SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-afr-sept-2018-afr/6f6c86d4-cea2-4eca-a351-3b95fc8c5f3f) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-memo-eng-sept-2018/97e18af8-f831-4f4d-bad9-f48e2f25cab8) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
