# Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-memo-afr/da7a7857-9af7-4f88-a90d-0ec928d50ab2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-memo-afr/da7a7857-9af7-4f88-a90d-0ec928d50ab2)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2021. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                   VISUELE KUNS V1

                                         (TEORIE)

                                           2019

                                    NASIENRIGLYNE

                                                                             PUNTE: 100

                                                     Approved E.E. Louw, Internal Moderator
                                                                               20 June 2019

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 18 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              2                                  DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:

 1.       Die nasiener riglyn bestaan uit AGT vrae. Kandidate moes enige VYF vrae vir
          'n totaal van 100 punte beantwoord.

 2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die kandidate in
          baie gevalle:
              Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
               antwoorde gee.
              Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
              Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
               na spesifieke faktore te verwys.

 3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
          Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
          antwoord te struktureer.

 4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
          as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
          kunswerke is toelaatbaar.

 5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
          noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word toegeken aan die korrekte
          kunstenaar en titel van kunswerk.

 6.       Kandidate mag beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige
          antwoord bespreek, waar van toepassing.

 7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
          dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
          akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
          kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
          die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees
          in die nasienproses.

 ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS

     Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n onderrigmiddel
      dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat
      die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die
      nasienriglyne kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
     LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
      weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
     Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
      opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
     Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
      vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
      Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
     Nasieners moet na die Visuele Kuns KABD dokument bladsy 45 verwys om die
      vlakke van prestasie te bepaal.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                                    3                                            DBE/2019
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

 PRESTASIE-
                                    LEERUITKOMS 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
    KODE
7                  Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Uitstekend          sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
80–100%             lewer.
                   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                   Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                    van kuns.
                   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

6                  Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
Verdienstelik       kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
70–79%              kommentaar te lewer.
                   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                   Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                    kuns.
                   Toon uitstekende insig en begrip.

5                  Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Substansieel         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
60–69%               lewer.
                   Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                  Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                  kuns.
                  Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

4                 Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Gemiddeld         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
50–59%            Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                  Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                  Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

3                 Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Bevredigend       sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
40–49%            Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                  Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                  Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

2                 Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
Elementêr         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
30–39%            Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                  Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                  Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

1                 Demonstreer 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
                  kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
Nie behaal nie    te lewer.
0–29%             Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kuns-terminologie.
                  Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                  Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              4                                    DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

 KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

 Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
 kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.

 6 punte          (maks 3)
 8 punte          (maks 5)
 10 punte         (maks 6)
 12 punte         (maks 7)
 14 punte         (maks 8)
 20 punte         (maks 12)

 As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies,
 moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie.

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

VRAAG 1: DIE STEM VAN VERRYSENDE KUNSTENAARS

 Maar ek kom van Afrika, en toe God Afrika gemaak het, het hy ook pragtige landskappe
 geskep sodat Afrikane dit kan bewonder en skilder.

                                                                                      Mohl

    1.1 Kandidate moet die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b met mekaar
        vergelyk deur die volgende te oorweeg::

             Kleur en lyn

         FIGUUR 1a:
         Geen skakering of modulering van kleur. In die helder middagson, verloor objekte
         hulle volume en die sterk lig reduseer hulle tot twee dimensies, wat dit in plat
         vlakke verander. Bruine en perse is gebruik in die donker areas van die landskap
         en dit word verhelder deur oranje in die berge en geel-oker en wit in die
         plaashuis. Daar is duidelike en vereenvoudigde lyne in die bome en rotse. 'n
         Stemmige palet van monochromatiese kleur vul die voorgrond wat omraam is
         met bome.

         FIGUUR 1b:
         Impressionistiese gebruik van blou en geel-oranje vang die atmosferiese kleure
         van die tyd van die dag vas. Sagte bloue, perse en gele verhelder die lug. Blou
         en pers is in kort kwashale aangewend op die sinkdak van die huis. Gebrande
         siënna is gebruik in die struktuur van die huis en groen en geel-oker is gebruik in
         die veld in die voorgrond. 'n Klein figuurtjie word beklemtoon deur 'n rooi hoed,
         blou hemp en oranje rok, wat 'n sterk kontras vorm teen die siënna van die
         gebou.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              5                                    DBE/2019
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

             Komposisie

         FIGUUR 1a:
         'n Geometriese landskap is weergegee deur bome te gebruik as 'n raam in die
         voorgrond. 'n Plaashuis met buite geboue is geskilder in die middel van die
         kunswerk en 'n verligte rotsformasie van berge daaragter, skep diepte en
         perspektief.

         FIGUUR 1b:
         'n Vroeë oggend toneel of die naderende skadu's van 'n sonsondergang is
         vasgevang. 'n Vervalle kothuis met 'n sinkdak is in die middel van die prentvlak
         geplaas. Aan weerskante van die huis is kleiner buitegeboue. 'n Lamlendige hout
         heining en doringdraad is voor die kothuis geplaas. Rook kom uit die skoorstene
         van die twee geboue. 'n Manlike figuur kom aangestap van die linkerkant en 'n
         vroulike figuur dra 'n bondel hout na die kothuis toe.

             Styl en tegniek

         FIGUUR 1a:
         'n Impressionistiese invloed van kleur en lig. Die kunstenaar neem lig effekte
         waar wat net in Afrika gevind word bv. geel-oker, rooie en oranjes wat verskil van
         die atmosferiese lig in verskeie lande. Die skildery het 'n geometriese styl wat
         driehoeke vorm. Liniêre ritme en vereenvoudigde vorms skep harmonie en
         kalmte. Kubistiese, geometriese vorms en sterk dun lyne is waarneembaar deur
         die hele skildery. Gestruktureerde spasie en verhouding herinner aan 'n
         argitektoniese benadering. Pierneef het berge en rotsformasies as strukture
         hanteer. Die werk het 'n plat, twee-dimensionele kwaliteit.

         FIGUUR 1b:
         Impressionistiese styl, wat die verskeie atmosfere van              'n   landelike
         dorpsgemeenskap vasvang. Fyn sagte kwaswerk is sigbaar.

             Fokuspunt

         FIGUUR 1a:
         Die berg agter die plaashuis word die werklike fokuspunt. Die donker bome wat
         die voorgrond omraam en die lig-oker kleur in die agtergrond fokus die oog op
         die rotse.

         FIGUUR 1b:
         Die fokuspunt is geskep deur die kothuis op die horisonlyn te plaas aangesien dit
         'n sterk kontras vorm teen die lug.

             Stemming en atmosfeer

         FIGUUR 1a:
         Die landskap het 'n misterieuse en kalm gevoel wat eensaam en verlate voorkom
         en daar is geen beweging of teken van lewe nie.

         FIGUUR 1b:
         'n Rustige, vreedsame stemming is geskep.                                             (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                                  6                                  DBE/2019
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

      1.2 Kandidate moet enige TWEE kunswerke van verskillende Suid Afrikaanse
          kunstenaars wat hulle bestudeer het bespreek, wat kommentaar lewer oor
          mense en hulle omgewing.

          Hulle moet die volgende in hulle antwoord insluit:

                 Sosiale/Kulturele invloede
                 Media en tegniek
                 Kuns elemente
                 Styl
                 Stories wat vertel is (narratief)                                               (12)
                                                                                                  [20]

VRAAG 2              SUID-AFRIKAANSE KUNSTNAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA
                     EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

FIGUUR 2a is 'n gesamentlike werk deur Jaco Van Schalkwyk en beeldhouer, Allen
Laing.

Die kunswerk is in instaphokkies in die galery uitgestal om die besoekers in staat te
stel om in die instaphokkies in te stap en kontak te hê met die kunswerke wat die
idee/konsep van die glasskeiding wat in die meeste Westerse museums as
beskerming tussen die kyker en die kunswerk gebruik word, te verwyder.
Die kunswerk, Retroquire xiGubu, fokus daarop om Afrika-figuurtjies met Westerse
funksionele objekte, soos kombuisskale te kontrasteer. Die kunswerk kan ook in die
rondte draai wanneer die kyker op die pedaal by die voetstuk druk. FIGUUR 2b
verteenwoordig 'n stillewe-skildery van Afrika-figuurtjies, geskilder deur die Duitse
ekspressionis, Max Pechstein.

2.1       Kandidate moet verwys na FIGUUR 2a en 2b en die volgende beantwoord:

             Hoekom die kunstenaar Westerse daaglikse objekte in FIGUUR 2a
              gebruik het.
          Die kunstenaar wil die kunswerk meer toereikend maak deur Afrika en
          verwesterse gemeenskappe te versmelt tot 'n eenheid. Die funksie van
          alledaagse objekte verander aangesien dit nou deel is van 'n kunswerk en nie
          meer as 'n funksionele/bruikbare objek in die kombuis gebruik kan word nie.
          Die funksie van beide Afrika en Westerse objekte verander. Van Schalkwyk
          wys hierdie artefakte (Afrika figuurtjies) in hulle ware konteks van funksionele
          items in plaas van objekte van die skone kunste

           Die betekenis daarvan om 'beweging' in die kunswerk in te bring.
          Die kunstenaar wil die besoeker betrokke maak by die kunswerk en sodra die
          kyker die drom pedaal druk, roteer die kunswerk en word dit 'n rituele
          instrument met die 'figuurtjies' van die Weste en Afrika in gesprek deur hulle
          bewegings.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                                 7                                   DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

            Hoekom FIGUUR 2a nie uitgestal is agter 'n glas skeiding nie.
             Kandidate moet hulle antwoorde motiveer.
          Kuns word gewoonlik uitgestal agter glas in 'n galery. Besoekers kan letterlik
          in hierdie kabinet/uitstalling instap en deel neem aan die kunswerke, om
          sodoende die idee van 'n glas skeiding in die westerse museum konsep te
          elimineer.

           Moontlike invloede in FIGUUR 2b.
          Kubisme, Picasso en Afrika kuns.

             Verskille in skaal, kontras en tekstuur in FIGURE 2a en 2b.

          FIGUUR 2a:
          Hierdie is 'n installasie. Die figuurtjies is klein in vergelyking met die
          omliggende ruimte en lyk amper soos miniatuur beeldhouwerke. Daar is 'n
          dinamiese kontras tussen die wit ruimtes in die agtergrond en die donker
          beeldhouwerke/gevonde voorwerpe. Die beeldhouwerke is glad.

          FIGUUR 2b:
          Die vier Afrika artefakte/figuurtjies domineer die prentvlak. Hulle is groter met
          'n monumentale gevoel. Die figuurtjies domineer die middelgrond. Die
          tekstuur word te kenne gegee deur vorm wat organies, hoekig en gekurf is.         (8)

2.2       Kandidate moet TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars wat hulle
          bestudeer het bespreek, wie se werk uitdrukking gee aan hulle Afrika identiteit
          te wyte aan die invloede van inheemse Afrika kunsvorme.

          Hulle moet die volgende riglyne gebruik:

                 Die invloed van inheemse Afrika kunsvorme en simbole
                 Kunselemente en beginsels van kuns
                 Styl en tegniek
                 Moontlike boodskappe/betekenisse                                            (12)
                                                                                              [20]

Instaphokkies:               driedimensionele spasie waar jy in loop
Gesamentlike werk:           om saam met 'n ander persoon te werk om iets te skep of te
                             vervaardig.
Mobiel:           nie vas nie, beweeglik Mobiel: bewegend.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                               8                                      DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3:             SOSIOPOLITIEKE KUNS, INSLUITENDE WEERSTANDSKUNS
                     VAN DIE 1970s EN 1980s

 Baie kunstenaars het Goya se The Third of May 1808 (Die Teregstellings van die
 Derde Mei 1808) as inspirasie vir hulle eie uitbeeldiing van politieke moorde gebruik.
 In FIGUUR 3b gebruik Tammam Azzam Goya se skildery wat hy teen
 gebombardeerde geboue projekteer om die aandag op die tragedie van die Siriese
 oorlog te vestig.

3.1        Al twee werke verteenwoordig 'n tragedie in die wêreld. Kandidate moet uitbrei
           oor hierdie standpunt deur die volgende vrae te bespreek.

            Enige DRIE aspekte wat ons bewus maak daarvan dat hierdie
              kunswerke 'n tragedie verteenwoordig
           Verwoeste gebombardeerde geboue, mense wat deur soldate geskiet word,
           dooie mense wat op die grond lê. Die platgeslane uitrukking op die mense se
           gesigte.

             Die gebruik van kleur en die moontlike simbolisme in beide bronne.
           FIGUUR 3a:
           Die kleur is sterk en vibrerend met wit ligpunte op die figuur wat vermoor word.
           Die wit hemp maak hom die fokuspunt wat sinoniem is met 'n gekruisigde
           figuur. Die kleur rooi word herhaal in die sentrale figuur en die bloed spatsels
           op die grond.

           FIGUUR 3b:
           Die sterk vibrerende kleure van die mense is juksta-geplaas teen die grys
           monochromatiese gebombardeerde geboue.

             Fokuspunt.
           FIGURE 3a en b:
           Die figuur in die wit hemp en geel broek. Die wit is vibrerend en baie ligter as
           die res van die skildery wat die figuur laat uitstaan. Hy kom ooreen met iemand
           wat vervolg of gekruisig word aangesien hy uitgebeeld word met sy arms in die
           lug asof hy oorgee aan die gereg.

              Die effek van beligting in FIGUUR 3a.
           Die figuur in wit en geel is verlig deur die lamp wat skyn. Daar is 'n uiterse
           verskil in lig tussen die figure en die soldate. (Chiaroscuro) Die mense om die
           figure is ook verlig wat die bloedvergieting versterk.
            Hoekom die kunstenaar die kunswerk op spesifieke plekke
               geprojekteer het. FIGUUR 3b. Kandidate moet hulle antwoord staaf.
           Azzam gebruik identifiseerbare kunswerke om aandag te vestig op die
           tragedie in Sirië.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                                9                                   DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

              Perspektief en komposisie in beide FIGURE 3a en 3b.
             Beide kunswerke het negatiewe ruimte en diepte is geskep deur die
             kunstenaars wat 'n verdwyningspunt insluit. Soos wat jy in die ruimte na
             agter beweeg, word objekte kleiner wat die gebruik van perspektief versterk.
             Al twee kunstenaar het kleiner geboue in die agtergrond geplaas om
             perspektief te skep. Al twee komposisies het 'n voorgrond, middelgrond en
             agtergrond. Beide kunswerke sluit in 'n lamp, soldate en gevangenisse.
             FIGUUR 3a het 'n landskap terwyl FIGUUR 3b 'n stadstoneel is bestaande
             uit ruïnes van geboue.
                                                                                       (10)
3.2          Kandidate moet enige TWEE kunswerke van verskillende kunstenaars
             vergelyk hoe hulle vroeëre/huidige sosio-politieke kwessies in hulle werk
             uitgedruk het.                                                            (10)

                                                                                             [20]

Goya: 'n Spaanse kunstenaar van die vroeë 19 de Eeu, wie se skildery die Derde de
         Mei gebaseer is op die gruweldade van oorlog.
Sirië: 'n Oorloggeteisterde Midde-Oosterse land.

VRAAG 4 :            KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
                     LANDELIKE AFRIKA

Weefkuns is 'n tradisionele tipe kunsvlyt wat al vir eeue lank beoefen word. Mandjies
is tradisioneel vir funksionele, godsdienstige en kommersiële doeleindes gemaak.
Hedendaagse kunstenaars word deesdae deur hierdie tradisionele kunsvlyt beïnvloed
en geïnspireer wat tot nuwe en opwindende kunswerke lei.

4.1      Kandidate moet die weefkuns bespreek en die invloed daarvan op nuwe
         kunstenaars.

         Hulle mag van die volgende riglyne gebruik maak:

              Tipe materiale wat kan gebruik word vir tradisionele en kontemporêre
               weefwerk.

         Baie verskillende materiale kan gebruik word vir weefwerk Natuurlike materiaal
         soos palm blare, grasse, rottang, sisal, riete, wol, katoen en denne naalde wat
         uit die natuur verkry kan word, asook mensgemaakte materiale soos herwonne
         plastiek, draad, metale en materiaal (lap) kan gebruik word.

              Die impak van lyn en tekstuur in FIGUUR 4d.

         Hierdie mandjie is gevorm en genoop deur dik rottang stringe te gebruik. Die
         stringe is geweef en inmekaar geknoop deur 'n oneweredige oop gevlegte
         tegniek. Hierdie rottang stringe skep visuele lyne en 'n growwe tekstuur. Aan
         die bo-punt van die mandjie is 'n meer stywe, egalige gevlegte rand.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                               10                                  DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

             Gebruik van kleur en patroon in FIGURE 4b en 4c.

         FIGUUR 4b:
         'n Koper kleurige draad is fyn geweef in 'n tradisionele, geronde bierpot vorm.
         Fyn wit en swart glas krale is in bande om die mandjie geweef, wat 'n sig-sag
         patroon en lyne skep.

         FIGUUR 4c:
         Hierdie mandjie het dele wat dig geweef is en dele wat oop gelaat is om
         oneweredige opening en vorm te skep. Natuurlike gras is gebruik en 'n helder
         pienk kleur is onder aan die linkerkant sigbaar en aan die bo-punt regs is pienk
         en geel driehoeke wat 'n geometriese patroon skep. Klein gevlegte sirkels is
         aanmekaar gesit om ketting vorms te skep en is aangebring aan die linkerkant
         van die mandjie. Hierdie is 'n meer losgeweefde oop area. Dun swart
         stringetjies is los geweef oor die oop gedeeltes aan die regterkant om tekstuur
         te skep.
          Funksies van die mandjies in FIGURE 4b, 4c en 4d.

         FIGUUR 4b:
         Hierdie is 'n dekoratiewe mandjie wat uitgestal kan word vir estetiese
         doeleindes. Dit kan ook gebruik word om items te berg soos vrugte of sleutels.

         FIGUUR 4c:
         Die mandjie het estetiese waarde en kan uitgestal word as 'n kunswerk.

         FIGUUR 4d:
         Die mandjie kan gebruik word om items in te stoor of kan net uitgestal word vir
         die mooiheid.

          Invloede en estetiese aantrekking.
         Die mandjies is beïnvloed deur tradisionele weef tegnieke van die verlede. Styf
         geweefde tegnieke en ook los gevlegte tegnieke is gebruik. Kontemporêre
         wewers kombineer tradisionele weef tegnieke met hulle eie kreatiewe tegnieke
         om estetiese aangenaam kunswerke te skep.                                       (8)
4.2      Kandidate moet die werke bespreek van enige TWEE kunsvlyt kunstenaars
         en/of spirituele kunstenaars wat hulle bestudeer het.

         Hulle mag die volgende riglyne gebruik:

                 Invloede
                 Kunselemente
                 Tegnieke en materiale
                 Funksionaliteit                                                              (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              11                                   DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5:             MULTIMEDIA EN    NUWE    MEDIA  –    ALTERNATIEWE
                     KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID AFRIKA

In beide FIGUUR 5a en 5b is dierelemente sigbaar. Frances Goodman is daarin
geïnteresseerd om vals naels as 'n metafoor te gebruik terwyl Nandipha Mntambo die
vroulike liggaam met diervelle kombineer.

5.1         Kandidate moet FIGUUR 5a en 5b analiseer deur die volgende te oorweeg:
            Vir die onderwyser:
            Gebore in 1975 in Johannesburg. Frances Goodman is besig om
            bekendheid te verwerf as een van Suid Afrika se voorste kunstenaars wat
            haar uitlaat oor feminisme, verbruikersdruk en begeertes.
             Die moontlike metaforiese betekenis van die kunstenaar se keuse
                 van medium in FIGURE 5a en 5b: Brei uit.

            FIGUUR 5a:
            Die kunstenaar is geïnteresseerd in vals naels as 'n uitgebreide verlenging
            van die liggaam. Sy verhef dit deur grootte en vorm te beklemtoon om
            liggaamsvorm te skep. Sy is geïnteresseerd in vals naels as skubbe, vel en
            harnas. Die verbintenis in mode en klere is gemanifesteer in hierdie
            saamgestelde stuk met avant-garde Suid Afrikaanse mode ontwerper,
            Suzaan Heyns.

            FIGUUR 5b:
            Nandipha Mntambo skep beeldhou vorms wat die vroulike liggaam
            kombineer en kontrasteer met dier vel. Sy is geïnteresseerd in die skeiding
            tussen diere en mense. Sy word geboei met die idee van skoonheid en hoe
            dit gekoppel is aan liggaamshare.

                 Die sigbare diere elemente in FIGURE 5a en 5b en die effek op die
                  kyker

            FIGUUR 5a:
            Die titel van die werk, 'Melusine', verwys na die figuur in Europese
            volksverhale, 'n vroulike gees in 'n heilige fontein of rivier. Sy word
            gewoonlik uitgebeeld met die onderlyf van 'n vis soos 'n meermin. Soms
            word sy uitgebeeld met vlerke, twee sterte of beide. Die beeldhouwerk het
            tentakels aan die onderkant wat slange of 'n seekat verteenwoordig. Die
            model in die uitvoering het vals dierlike kloue. Haar houding is dreigend of
            as 'n voorbode.

            FIGUUR 5b:
            Sy kontrasteer die vroulike vorm en diervel. Alhoewel die menslike vorm
            afwesig is, bly die kurwes en lyne in die harige beesvelle. Sy gebruik haar
            eie liggaam as 'n gietvorm vir die beeldhouwerke. Sy verkry die beesvelle
            van 'n verskaffer en gebruik die vel-brei proses wat 'n harde vorm tot
            gevolg het as dit droog is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              12                                   DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

                 Hoe beweging geskep is in FIGURE 5a en 5b

            FIGUUR 5a:
            Die lae en posisie van die naels suggereer beweging, nogtans is die werk
            staties en breekbaar. Die beeldagtige rok word geaktiveer deur 'n
            uitvoerende kunstenaar wat binne in 'n kostuum geplaas is. Die
            beeldhouwerk is fisies stilstaande en die naels is gebruik om beweging te
            skep. Die kostuum word vasgevang in die beweging van die kunstenaar
            wat dit moeilik vind met die beperking van die naels.

            FIGUUR 5b:
            Sy vorm die velle as hulle nog modelleerbaar is om voue en plooie te skep
            en dan word dit gelaat om hard en styf te word. Hierdie voue en vorms
            skep 'n gevoel van beweging. Die figure wat hang, en die verhouding van
            een figuur tot die ander, skep ook 'n gevoel van beweging.

                 Ooreenkomste en verskille

            Beide FIGURE 5a en 5b gebruik die vroulike figuur as die basiese vorm.
            Beide kunswerke hang en is lewensgroot. FIGUUR 5a is 'n enkel figuur
            gemaak van plastiese kunsmatige naels terwyl FIGUUR 5b gevormde
            beesvelle is wat oor 'n vroulike figuur gespan is om dieselfde vorm te skep.
            FIGUUR 5a is 'n uitvoerende stuk, terwyl FIGUUR 5b 'n stilstaande
            beeldhouwerk installasie is.

                 Moontlike boodskappe en betekenisse

            FIGUUR 5a:
            In FIGUUR 5a gebruik Frances Goodman een van die mode se uiterste
            vroulike bykomstighede – die vals nael. Dit vertoon 'n kultuur van oormaat,
            'n obsessie met die uiterlike voorkoms en materialisme.

            FIGUUR 5b
            Haar beeldhouwerk suggereer 'n simbiose met die natuur – die
            teenwoordigheid van die vel, maar die afwesigheid van vlees. Sy is ook
            geïnteresseerd in die elemente van aangetrokkenheid en weersin, hoe die
            kykers sal reageer op 'n totale harige vroulike vorm.                   (10)

5.2         Kandidate moet enige TWEE Suid Afrikaanse kunswerke bespreek wat die
            gebruik van multimedia/nuwe media in 'n interessante en nuwe manier
            aanbied.

            Hulle mag die volgende as riglyn gebruik:

                    Inhoud
                    Invloede
                    Media en tegnieke
                    Kunselemente
                    Betekenis en boodskappe                                                (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              13                                    DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6:             POST-1994 DEMOKRATRIESE IDENTITEIT IN SUID AFRIKA

 Suid-Afrika het na demokrasie in 1994 baie veranderinge ervaar wat 'n nuwe identiteit op
 alle vlakke van die samelewing uitbeeld.

6.1      Kandidate moet bespreek waarom so baie suid Afrikaanse kunstenaars
         kwessies van identiteit ondersoek het na 1994. Hulle moet verwys na
         FIGURE 6a en 6b.

         Hulle kan die volgende as 'n riglyn gebruik:

            Spesifieke kwessies verwant aan identiteit wat in die kunswerke
             uitgedruk word

         FIGUUR 6a:
         Die figuur is weggedraai van die kyker, onwillig om die realiteit te besef. Dit
         lyk asof die person skaam is en 'n klomp persoonlike kwessies dra wat
         voorgestel word deur die manlike figuur langs hom. Om 'n nuwe identiteit te
         verkry, moet 'n mens soms van jou kulturele erfenis opoffer. Die ouer man in
         sy liggaam kan 'n vader/priester wees met wie hy geleer het om mee te
         identifiseer in 'n kerklike gemeenskap. Hy het geen arms om homself mee te
         verdedig nie, en word weerloos.

         FIGUUR 6b:
         Hierdie man kan minderwaardig voel as 'n individu soos wat hy die voertuie
         aanskou wat by hom verbygaan, en hy moet veg in die teenoorgestelde
         rigting vir oorlewing. Dit is asof hy in opstand kom teen rykdom. Hy is nie
         alleen nie aangesien daar 'n figuur op die agterkant van die trolie voor hom
         is.

            Inhoud / Onderwerp

         FIGUUR 6a:
         'n Jong manlike figuur domineer die prentvlak. Sy gesig is weggedraai van
         die kyker asof hy oogkontak vermy. Sy arms word agter sy rug gehou. Binne
         in sy liggaam is 'n prent van 'n ouer man met 'n kraag om sy nek. Dit lyk asof
         hy gevange gehou word of gehang is. Onder hierdie ouer man is 'n
         opmekaar gestapelde groep kopbene. Bokant sy kop is 'n beeld van 'n ram
         aan 'n tou. Dit kan soos 'n lam ter slagting wees.

         FIGUUR 6b:
         'n Arm man, geklee in net 'n broek en kaal voete, leun desperaat vooroor,
         trek 'n swaar trollies wat gelaai is met kartonne. Hy sukkel om te oorleef in 'n
         samelewing waar die gaping tussen armoede en rykdom baie vinnig groter
         word. Hy kyk verbaas hoe sy medemens in luukse motors verby ry. Die
         agtergrond is 'n konvooi verkeerspolisie op motorfietse en motors, wat 'n
         belangrike persoon in 'n Mercedes Benz, wat in die middel van die prentvlak
         is, begelei. Die beeld van die Mercedes Benz, wat normaalweg met ryk
         mense geassosieer word, word ook herhaal in die voorgrond.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              14                                    DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

             Die doel van die beeld bo-kant die figuur se kop in FIGUUR 6a
      
         Hierdie afbeelding kan verlossing verteenwoordig soos wat 'n skaapwagter
          na sy skape omsien, of die man kan voel soos 'n lam ter slagting. Dit kon
          wees dat hierdie 'n hanger om sy nek was en dat hy dit afgehaal het om
          himself te distansieer van sy geloof. Kandidate mag dalk hierna verwys as
          iets boos in kontras met die afbeelding van die kerk aan die onderkant.
      
             Wat die kopbene mag voorstel in FIGUUR 6a

          Dit mag dood oordeel of verrotting voorstel. Dit mag ook verwys na die wat
          nie glo in die kerk nie en hel toe gestuur word. Dit kan ook verwys na spoke
          van die verlede.

             Plasing van die figure en die fokuspunte in beide figure

          FIGUUR 6a:
          Die manlike figuur domineer die prentvlak. Die figuur is geplaas asof hy in
          die lug sweef, terwyl hy oor sy skouer kyk na die kerk in die verte. Sy kop is
          weggedraai van die kyker, die figuur is geplaas op so 'n manier dat 'n
          melankoliese atmosfeer geskep is. Binne in die figuur is beelde van die
          dood. Die fokuspunt is die figuur in die voorgrond.

          FIGUUR 6b:
          Die manlike figuur beur vorentoe om 'n swaar trollie te sleep. Sy mond is
          oopgesper in angstigheid asof hy teen swaartekrag en die wanbalans in die
          verspreiding van rykdom veg. Hy is geplaas op 'n sypaadjie langs die kant
          van 'n besige pad. Die fokuspunt is die straatpersoon wat sy trollie met afval
          sleep.

             Die doel van die kerk in FIGUUR 6a

          Die kerk kan Christenskap en/of spiritualiteit verteenwoordig. Dit kan ook
          verwys na die jong man se verlede, sy geskiedenis en kultuur. Hy mag dalk
          verlang na sy kinderdae of verwerp sy geskiedenis.

             Die betekenis van die motors in FIGUUR 6b

          Die Mercedes Benz word geassosieer met ryk mense aangesien dit 'n duur
          motor is. Die ander motors en motorfietse word gebruik as beskerming vir die
          ryk persoon wat vervoer word.

             Betekenis van die titels

          FIGUUR 6a:
          Afsny van die koord kan verwys na die feit dat die manlike figuur wat
          koorde/stringe wil afknip wat hom verbind aan 'n spesifieke historiese en
          kulturele identiteit. Dit kan ook beteken dat sy gedagtes 'n tweeledigheid van
          identiteit bevat, waar die nuwe nog vashou aan die oue. Hy is besluitloos.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              15                                    DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

         FIGUUR 6b:
         Die man wat rommel bymekaar maak (akkumuleer) om vir herwinning te
         gebruik, word na verwys na 'n agent. Dit plaas hom in 'n hoër vlak van die
         samelewing, en hy word beloon met 'n titel as 'n agent. Die samelewing
         benodig mense wat kan herwin, en in plaas daarvan om na hulle te verwys
         as arm bedelaars of straatmense, lewer hulle 'n belangrike bydrae tot
         opruiming van die mensdom se afval.

         Vir die onderwyser:
         Christiaan Diedericks beoog om die geskiedenis te herskryf en dokumenteer
         hy 'n gevoel van selfbewustheid. Ons ondervind verskille in die samelewing
         as 'n tydlose, organiese vloei van drome, geskiedenis en nuus. Hy sê, ons
         het nog altyd na onsself gekeer vir/'n ruk, rou materiaal van skepping. Mense
         behoort nie gevorm te word in biografieë nie.                                 (10)

6.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE kunswerke van verskillende
         kunstenaars bespreek wie identiteit in Suid Afrika na 1994 aanspreek. (10)
                                                                               [20]

Knip: Om te skei, sny in twee of afsny.
Akkumulasie: Bymekaarmaak, kollekteer, geleidelik meer kry.

VRAAG 7:          GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Jody Paulson is 'n Kaapstadse kunstenaar wie se werk kommentaar lewer oor
geslag. Hy werk op 'n baie groot skaal en heg vilt uitknipsels op sy borde vas.

          Kandidate moet kommentaar lewer oor hoe Jody Paulsen geslag aanspreek
7.1       deur te verwys na die volgende:
           Geslagskwessies aangespreek
           Die kunswerk spreek 'n samelewing aan waar dit aanvaarbaar is vir mense
          wat dieselfde geslag verkies om saam te bly. Deur 'n sagte materiaal te
          gebruik soos vilt, dui ook daarop dat mans ook sag en teer kan wees, Mans
          kan soos tiere wees wat hulle gebied beskerm. Geslag kan ook vergelyk
          word met voëls wat saam in 'n swerm leef. In die trope, lyk voëls, manlike en
          vroulik dieselfde.

             Die beeldgebruik en die moontlike betekenisse/simbolisme

          Die kunswerk verteenwoordig 'n wapenteken of skild van lewe waar mense
          van dieselfde geslag, (homo) kan bestaan. In die middel is 'n skild met 'n skip
          op die see. Dit kan 'n skip verteenwoordig wat die mense vervoer na 'n
          tropiese eiland ver weg van 'n bevooroordeelde gemeenskap. Bokant die
          skild, in die middel is 'n ry vere wat normaalweg in die hooftooisel van 'n
          Rooi-Indiaan gevind word. Dit kan suggereer dat hulle soldate of hoofmanne
          is in hulle groep. Aan weerskante van die skild is twee manlike figure, een
          donker en een gekleurd, geklee in wit broeke, Die een aan die linkerkant het
          'n knuppel oor sy skouer en die ander een 'n byl, wat aandui dat hulle ook
          manlike werk kan verrig. Hulle is al twee geklee in wit broeke wat ooreenkom
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                               16                                      DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

          met judo-/karatedrag. 'n Simmetriese ontwerp, bestaande uit wit voëls wat
          vryheid en vrede kan aandui, pienk flaminke wat skoonheid en vroulikheid
          kan aandui, twee papegaaie wat op tropiese eilande gevind word waar hulle
          vrylik kan leef, en tiere wat sterkte en leierskap simboliseer, omraam die skild
          aan beide kante. 'n Boom in die middel met wortels en ander groen blare
          vorm 'n krans om die skild. Die groen loof en die boom kan die groei van so 'n
          gemeenskap voorstel. Die mans is in 'n verdedigende posisie uitgebeeld om
          hierdie tropiese gemeenskap wat die paradys voorstel, te bewaar. Daar is 'n
          slagspreuk in die lint, 'Homotropica'.

             Kunselemente

          Die herhaling van helder pienk en bloue in die voëls en die skild in die
          middel, skep balans. Die groen van die loof word herhaal in die vlerke van die
          papegaaie en in die krans wat gevorm word deur die blare. In die middel van
          die skild is 'n swart en geel kolletjie-gedrukte sirkel. Die geel is herhaal in die
          vlerke van die papegaaie en in die woord 'Homotropica'. Swart en magenta
          kolle is sigbaar in die vierkant waarop die hele skild gedoen is. Daar is 'n spel
          van manlikheid en vroulikheid deur die gebruik van donker bruine, oranje en
          sagte pienk. Die simmetriese ontwerp en die gebruik van geometriese lyne in
          die agtergrond vorm 'n patroon. Alle beeldgebruik is omlyn met
          kontrasterende kleure. Agter die woord 'Homotropica', is diagonale lyne wat
          'n sebravel naboots.

             Redes vir die werk op 'n groot skaal. Motiveer jou antwoord.

          Die kunswerk is baie groot om die detail van elke beeldgebruik te
          beklemtoon. Dit oorweldig die kyker met kleur en beelde. Die standpunt van
          'n homogene gemeenskap word versterk deur die skaal van die werk. Dit sal
          meer kykers lok as dit oorweldigend is. Die vilt is taktueel en dit nooi die
          kyker uit om daaraan te vat.

             Die gebruik van simmetrie in die kunswerk

          Die simmetriese ontwerp en die gebruik van geometriese lyne in die
          agtergrond skep 'n patroon. Objekte aan weerskante van die kunswerk word
          spieëlbeelde van mekaar. Dit impliseer dat mense wat dieselfde voorkeure
          en belange het in 'n perfekte, gebalanseerde harmonie kan leef

             Hoekom die kunswerk soos 'n kenteken, wapen of skild lyk

          Die skild kom ooreen met die karaktereienskappe van 'n homogene
          gemeenskap. Dit word 'n kenteken/wapen of simbool wat hierdie
          gemeenskap identifiseer. Dit kan ook gebruik word in gedrukte materiaal of
          klere wat dit in mode naam kan omskep.

             Die kandidaat se interpretasie van die titel

          Aan die onderkant in die middel van die skild is 'n slagspreuk met die woord,
          'Homotropica'. Die woord 'Tropica', verwys na die trope wat 'n idilliese eiland
          kan wees. Die word 'Homo', is afgelei van die woord homo-sapiens, wat die
          mens beskryf. Dit beteken ook 'dieselfde'. Homos is mense wat dieselfde
          geslag verkies vir verhoudings.                                                 (10)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              17                                     DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

7.2       Kandidate moet 'n bespreking skryf oor die werk van enige TWEE
          kunstenaars wat geslag, en/of verwagte rolle wat mans en vroue in die
          samelewing moet vertolk, aanspreek.

          Hulle mag na die volgende riglyne verwys.

             Inhoud/Beeldgebruik
             Kuns Elemente
             Tegniek en media
             Uitbeelding van geslagskwessies
             Moontlike betekenis en boodskappe                                               (10)
                                                                                              [20]
Vilt: 'n sagte tipe, dik materiaal gemaak van wol of hare wat styf op mekaar gedruk is.

VRAAG 8:           ARGITEKTUUR IN SUID AFRIKA
Die tekort aan behuising, sowel as die voorsiening van beskutting vir armes, is
gewoonlik die begin van innoverende argitektoniese ontwerp. Mense wat met
herwonne materiaal begin bou het word ervaar as pioniers van nuwe ontwerpe.

          Met verwysing na die bogenoemde stelling, en die strukture in FIGURE 8a – 8c,
          moet die kandidate 'n opstel skryf waarin hy/sy saamstem of verskil dat
          verandering in argitektuur by sal dra tot die behuisingskrisis wat ons in die gesig
          staar in Suid Afrika. Neem die volgende in ag:

                 Die doel van die gebruik van herwonne materiaal

          FIGUUR 8a
          Herwonne materiaal is maklik verkrygbaar. Dit is 'n innoverende boumetode
          deur sandsakke te gebruik. Ontwerp deur MMA Argitekte, bereik die sandsak
          huis sy doel, deur plaaslike goedkoop bronne te gebruik, plaaslike
          'toekomstige'-inwoner' gemeenskap werkkragte en 'n konstruksiemetode wat
          die tradisionele baksteen en sement vervang met sandsakke (ontwikkel deur
          eco-beams), om 'n sterk, veilige en goedkoop manier te skep om bekostigbare
          behuising te verskaf. Dit staan op 'n twee-verdieping houtraamwerk, en gevul
          met sandsakke is die huis energie besparend aangesien dit geen elektrisiteit of
          geskoolde arbeid nodig het om dit op te rig nie. Dit is 'n prototipe wat vergroot
          kan word en aangelas kan word om selfs groter families te huisves.

          FIGUUR 8b:
          Herwinning is maklik bekombaar en met bietjie kreatiwiteit en
          probleemoplossingsidees, kan 'n huis opgerig word in 'n kort tyd. Baie afval,
          plat metaal plate, plastiese- en advertensieborde kan ook gebruik word om 'n
          struktuur op te rig. 'n Laag verf integreer gewoonlik die verskillende materiale
          tot 'n aangename visuele eenheid.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kuns/V1                              18                                  DBE/2019
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

                 Die voordele en nadele van die gebruik van herwonne materiaal:

          FIGUUR 8a:
          Sandsakhuise vir 'n informele nedersetting, met die gebruik van eenvoudige
          modder-en-wattel boumetodes, is voordelig aangesien dit met ongeskoolde
          arbeiders gebou kan word. Om die mure vir die huise op te rig, word sandsakke
          binne houtrame gestapel en dan oorgepleister. Sterk draad word gebind by die
          hoeke. Die binne dwarsbalk dra die gewig van die boonste vloer en is die
          enigste plek waar sement gebruik word. Die sand voorsien goeie beskutting
          teen temperatuuruiterstes, en verhoed vogtigheid in die huis. Behalwe dat dit
          waterdig is, is die sandsakke ook klankdig en vuurbestand. Die sandsakke word
          baie vinnig opgerig wat tyd en geld spaar. Die nadeel is dat die sake vooraf
          vervaardig moet word. Hulle moet ook dieselfde grootte wees om die funksie as
          bakstene na te boots. Dit kan duur wees en is nie altyd beskikbaar vir arm
          gemeenskappe nie.

          FIGUUR 8b:
          Gevonde voorwerpe is maklik verkrygbaar en die herwinning van afval dra by
          tot 'n netjiese en skoon gemeenskap. Die nadeel is dat materiaal nie
          volhoubaar is nie en op 'n gereelde basis vervang moet word.

                  Volhoubaarheid

          FIGUUR 8a:
          Die doel van 'n sandsakhuis is om geld en bronne te spaar. Goedkoop plaaslike
          materiaal is gebruik wat vervoer verminder. Dit is ook opgerig deur middel van
          'toekomstige-inwoners', wat die kostes verder verlaag. Die huis is gebou deur
          die eko-beams sisteem, wat die baksteen en sement vervang met sandsakke.
          Dit is sterk, veilig en 'n goedkoop manier om bekostigbare behuising te verskaf.

          FIGUUR 8b:
          Afval en herwonne, gevonde materiaal is nie betroubaar nie, en is nie
          volhoubaar in uiterste weersomstandighede nie. Die struktuur moet in stand
          gehou word en indien konstruksie nie goed gedoen is nie kan dit geplunder of
          vernietig word.

                 Kandidate moet enige TWEE ander argitektoniese voorbeelde wat
                  hulle bestudeer het bespreek, wat hulle waarlik innoverend gevind
                  het deur te verwys na die volgende:
                 Stilistiese kenmerke
                 Bou- en konstruksiemetodes
                 Die argitek se verantwoordelikheid tot die omgewing en
                  volhoubaarheid
                                                                                             [20]

                                                                                             100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-eng/9f154c43-9140-4379-af31-fcdaf444b8fa) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-eng/daf80e06-f100-4a60-9691-5a9e93ca93a5) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2021-afr/7f219bc0-3117-44ba-a2c7-78d846ae92ef) — Visual Arts · QP · 2021 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — Visual Arts · QP · 2025 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-afr/1f8dfdd3-27f3-43ab-a863-eb10bb492c79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
