# Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-afr/396baf34-f842-4c81-a6ae-3376758f093b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-afr/396baf34-f842-4c81-a6ae-3376758f093b)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                           2022

                                                                         PUNTE: 100

                                                                           TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                                    DBE/2022
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n
           gebou/struktuur.

8.         Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
           NIE.

9.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

10.        Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoord. Let op die
           puntetoekenning:

              6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
              10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
              20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

11.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                  3                      DBE/2022
                                SS/NSS

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                                 DBE/2022
                                         SS/NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Beide George Pemba en Ward Kimball se kunswerke vertel stories van vroue wat
besig is om te werk.

1.1      Bespreek die kunswerke in FIGUUR 1a en 1b en beskryf die stories wat deur
         die kunstenaars vertel word.

         Jy moet die volgende by jou antwoord insluit:

               Uitbeelding en plasing van die figure
               Ooreenkomste/Verskille tussen FIGUUR 1a en FIGUUR 1b
               Kleur
               Boodskap/Betekenis                                                          (10)

1.2      Bespreek TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) wat 'n storie oor
         hulle sosiale omgewing vertel.

         Gebruik die volgende riglyne:

               Invloede
               Onderwerp
               Formele kunselemente
               Media en tegniek                                                            (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         5                                 DBE/2022
                                       SS/NSS

           FIGUUR 1a: George Pemba, Harvesters (Oeswerkers), olie op bord, 1976.

       FIGUUR 1b: Ward Kimball, The Gleaners (Die Versamelaars), olie op doek, 1964.
               (Gewysigde reproduksie van die werk van Jean-Francois Millet)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                                DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Kunstenaars put dikwels inspirasie uit ander kulture.

2.1      Bespreek FIGUUR 2a en 2b deur na die stelling hierbo te verwys.

         Jy kan die volgende riglyne gebruik:

             Moontlike invloede
             Simbole
             Gebruik van kleur
             Beeldgebruik
             Styl                                                                          (8)

2.2      Beskryf die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
         kunswerk per kunstenaar) wie se werk inheemse en/of Afrika-simbole en
         -kunsvorms weerspieël. Noem die kunstenaars en titels van die kunswerke.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Invloede
             Formele kunselemente
             Media en tegniek
             Moontlike boodskap/betekenis                                                  (12)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou

                                                                                                                                    7

                                                                                                                                 SS/NSS

                                                                                                                                                        Downloaded from hlayiso.com

                     FIGUUR 2a: Irma Stern, Fingo Woman (Fingo-vrou),   FIGUUR 2b: Alexis Preller, Christ Head (Christushoof),
Blaai om asseblief
                                                                                                                                    DBE/2022

                                    olie op doek, 1952.                                  olie op hout, 1972.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            8                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Opvoeding is die magtigste wapen wat jy kan gebruik om die wêreld te verander.

                                                               Nelson Mandela, 2003

3.1      Vergelyk die visuele beelde in FIGUUR 3a en 3b deur te bespreek hoe ELKE
         kunstenaar kommentaar gelewer het op die uitdagings van onderwys tydens
         daardie verskillende tye.

         Jy kan die volgende riglyne gebruik:

             Onderwerp
             Kleur
             Lyn
             Komposisie
             Betekenis van die kunswerke deur na die titels te verwys
                                                                                              (8)

3.2      Skryf 'n opstel oor TWEE kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wie se
         werk protes, weerstand of onregverdighede in die samelewing weerspieël.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Formele kunselemente
             Media en tegnieke
             Moontlike betekenis en boodskap                                                 (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          9                                  DBE/2022
                                        SS/NSS

   FIGUUR 3a: Alfred Thoba, 1976 Riots (1976-opstande), olieverf op bord, 1987.

               FIGUUR 3b: Sifiso Samuel Gumede, Education not Police
                    (Opvoeding, nie Polisie nie), linosnee, 2017.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          10                                   DBE/2022
                                         SS/NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Flesse, potte en houers het deur die eeue ontwikkel en verander volgens die behoeftes
en funksies gebaseer op tradisie, erfenis en kultuur, en sodoende 'n inkomste vir baie
kunstenaars gegenereer.

4.1      Kies enige TWEE kunswerke uit FIGUUR 4a4c en skryf 'n kort opstel
         daaroor.

         Bespreek die volgende in jou opstel:

             Vorm
             Funksie
             Media/Materiaal en tegnieke
             Verskille tussen jou TWEE voorbeelde
             Ooreenkomste tussen jou TWEE voorbeelde                                         (10)

4.2      Bespreek TWEE kunswerke van verskillende kunsvlytkunstenaars en/of
         geestelike kunstenaars wat deur hulle kultuur en erfenis geïnspireer is.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Invloede en inspirasie
             Kunselemente
             Gebruik van materiaal en tegnieke
             Boodskap/Betekenis                                                              (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                               DBE/2022
                                           SS/NSS

        FIGUUR 4a: Clive Sithole, Uphiso                  FIGUUR 4b: Beauty Ngxongo,
(sfeervormige fles met 'n kort, nou silindriese nek   Basket with Lid (Mandjie met Deksel),
wat in 'n put gebak is), 33,0 cm x 33,4 cm, 2000.        gekleurde ilalapalmblare, 1990.

            FIGUUR 4c: Ardmore Ceramics, Masai Red Elephant Tureens
              (Masai Rooi Olifant Sopkom), geglasuurde keramiekklei,
                                 datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Nkhensani Rihlampfu is 'n jong Suid-Afrikaanse kunstenaar wat indrukwekkende
figuratiewe beeldhouwerke skep deur handgeweefde linnetou te gebruik. Hierdie
gesiglose figure verteenwoordig die meerderheid swak betaalde arbeiders wat deur
harde werk Suid-Afrika help bou het, ten spyte van die gewig wat hulle self dra.

Isabelle Grobler gebruik voorwerpe wat weggegooi is op 'n droomagtige wyse om
kommentaar te lewer op die samelewing se ekonomiese afhanklikheid van hierdie
verbruikersnoodsaaklikhede.

5.1      Lees die stelling hierbo en beantwoord die volgende vrae in 'n opstel:

             Hoekom, dink jy, skep Rihlampfu gesiglose figure? (FIGUUR 5a)
             Hoe skep al die materiaal wat deur Rihlampfu gebruik word, tekstuur en
              ritme?
             Hoe dra die visuele elemente, wat in FIGUUR 5a voorgestel word, tot die
              betekenis van die titel by?
             Hoe dra Grobler se gebruik van weggooigoed en gevonde voorwerpe in
              FIGUUR 5b by tot die droomagtige en surrealistiese kwaliteit van haar
              werk?
             Identifiseer die objekte wat in FIGUUR 5b gebruik word, wat mag toon.
              Hoe sinspeel dit op die mag van verbruik?
             In haar titel verwys Grobler na Christenskap (Persoonlike Jesus). Dink
              jy hierdie kunswerk het 'n godsdienstige/geestelike kwaliteit? Ondersteun
              jou antwoord.                                                                    (10)

5.2      Skryf 'n opstel oor die werk van TWEE kontemporêre Suid-Afrikaanse
         kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) wat nuwe/alternatiewe media
         gebruik om 'n sterk boodskap oor te dra.

         Verwys na die volgende:

             Name van kunstenaars en kunswerke
             Invloede
             Kunselemente
             Styl
             Media en tegnieke
             Betekenis/Boodskap                                                               (10)
                                                                                               [20]

'Concupiscence': Die selfsugtige menslike begeerte na 'n objek, persoon of
                 ondervinding

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         13                                    DBE/2022
                                        SS/NSS

             FIGUUR 5a: Nkhensani Rihlampfu, Remains of Democracy
        (Oorblyfsels van Demokrasie), hout, staal en geweefde linnetou, 2017.

   FIGUUR 5b: Isabelle Grobler, The Cannibals' Concupiscence: Personal Jesus
                (Die Kannibale se Begeerte: Persoonlike Jesus),
                  gemengdemedia-beeldhou-assemblage, 2020.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         14                                 DBE/2022
                                        SS/NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Die kunstenaars, Dion Cupido en Rory Emmet, besin beide oor hulle identiteit om as
'Kleurling' geklassifiseer te wees en wat dit vir hulle beteken.

6.1      Skryf 'n kort opstel oor hoe die kunstenaars 'Kleurling'-identiteit in
         FIGUUUR 6a en 6b uitgebeeld het deur die volgende riglyne te gebruik:

             Gebruik van figure/liggaamstaal
             Agtergrond
             Kleur
             Dink jy dat hierdie werke identiteit suksesvol weerspieël? Verwys na
              moontlike betekenis/boodskap.                                                (8)

6.2      Bespreek TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
         kunswerk per kunstenaar) wie se kunswerke kwessies oor identiteit
         weerspieël.                                                                       (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou

                                                                                                                             15

                                                                                                                           SS/NSS

                                                                                                                                                  Downloaded from hlayiso.com

                     FIGUUR 6a: Dion Cupido, Party Politics (Partypolitiek),   FIGUUR 6b: Rory Emmet, Couple (Paartjie),
Blaai om asseblief
                                                                                                                              DBE/2022
                                   gemengde media, 2019.                                 olie op papier, 2017.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         16                                   DBE/2022
                                        SS/NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Ek hou daarvan om 'n estetiese skoonheid in iets te ontdek waar ander dit moontlik as
verwaarloos en lelik sal sien.

                                                                      Tim Okamura

Okamura ondersoek identiteit en vang skoonheid, krag en waagmoed in 'n stedelike
omgewing vas om die lewensverhale van mense deur portretstudies te vertel.

Skryf 'n opstel waarin jy bespreek hoe geslag in Okamura se werk uitgebeeld word.
(FIGUUR 7)

Sluit ook by jou antwoord TWEE ander kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) in
wat jy bestudeer het wat geslagskwessies weerspieël.

Jy kan in jou antwoord na die volgende verwys:

   Onderwerp
   Kleur
   Kontras
   Tegnieke wat tot die betekenis van die werk bydra
   Houding en uitdrukking
   Simbole                                                                                  [20]

Esteties: aangenaam vir die oog/mooi om te sien

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       17                                DBE/2022
                                      SS/NSS

     FIGUUR 7: Tim Okamura, 'Rare Groove', olie, gemengde media op doek, 2018.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                                  DBE/2022
                                         SS/NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Mpumalanga staan bekend as die provinsie van die 'opkomende son'.

Die Mpumalanga Provinsiale Regeringskompleks, wat in Mbombela geleë is, verwys
duidelik na ons Suid-Afrikaanse erfenis.

8.1      Verwys na die stelling hierbo met verwysing na die visuele bronne in
         FIGUUR 8a–8d. Bespreek hierdie gebou deur die volgende riglyne te gebruik:

             Die ontwerp en vorm van die gebou wat ons Afrika-erfenis weerspieël
             Die funksie van die koepel
             Die funksie van die okulus
             Hoe die argitek die 'opkomende son' in die ontwerp van die gebou
              weerspieël het                                                                 (6)

8.2      Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat ons
         Suid-Afrikaanse geskiedenis/erfenis/kultuur weerspieël. Noem die argitek(te)
         en name van die geboue.

         Jy kan sommige van die volgende oorweeg:

             Materiaal
             Ontwerp en vorm
             Funksie van die gebou
             Perseel/Ligging
             Invloede                                                                       (14)
                                                                                             [20]

Okulus: opening/venster, wat soos 'n oog lyk, in 'n koepel

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                     19                             DBE/2022
                                    SS/NSS

FIGUUR 8a en FIGUUR 8b: Tayob Schnepel Association, Mpumalanga Provincial Government
    Complex (Mpumalanga Provinsiale Regeringskompleks), buiteaansig, 19972001.

     FIGUUR 8c: Tayob Schnepel Association,           FIGUUR 8d: Tayob Schnepel
   Mpumalanga Provincial Government Complex       Association, Mpumalanga Provincial
  (Mpumalanga Provinsiale Regeringskompleks),     Government Complex (Mpumalanga
     binneaansig van die sitplekgedeelte in die    Provinsiale Regeringskompleks),
           konferensiesaal, 19972001.                plafon met die koepel in sig,
                                                               19972001.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-eng/52d13750-4b7a-43eb-845e-84496c3909f6) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2022-eng/26bb5f23-65f5-4599-8bcc-9c5cae341385) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-english/3773db74-7b96-411d-aed1-c6c49557d990) — Visual Arts · QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2019 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2019-eng/9f154c43-9140-4379-af31-fcdaf444b8fa) — Visual Arts · QP · 2021 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
