# Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                VISUELE KUNSTE V1

                                          2023

                                                                        PUNTE: 100

                                                                          TYD: 3 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                     Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                                    DBE/2023
                                            SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:

     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.         Kandidate mag NIE kunswerke bespreek wat reeds in ander vrae gebruik is
           NIE.

9.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

10.        Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
           puntetoekenning:

              6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
              10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
              20 punte:    'n minimum van 2 bladsye

11.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                  3                      DBE/2023
                                SS/NSS

           LAAT HIERDIE BLADSY OOP.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                               DBE/2023
                                          SS/NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Die Impressionistiese kunstenaar, Edgar Degas, weergee die realiteit van sy tyd.
Kerry James Marshall fokus op die intieme verhouding tussen die paartjie.

1.1      Bespreek die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b en beskryf die stories
         wat deur die kunstenaars vertel word.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Narratief/Stories
             Ooreenkomste en verskille
             Komposisie
             Styl
             Stemming                                                                     (8)

1.2      Bespreek die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
         kunswerk per kunstenaar) wat jy bestudeer het wie se werk tonele van hulle
         alledaagse lewe uitbeeld.

         Jy moet die volgende by jou antwoord insluit:

             Onderwerp
             Kunselemente
             Invloede
             Styl en tegniek
             Moontlike betekenis en boodskap                                              (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         5                                 DBE/2023
                                       SS/NSS

 FIGUUR 1a: Edgar Degas, The Absinthe Drinker (Die Absinthe-drinker), olie op doek, 1876.

    FIGUUR 1b: Kerry James Marshall, Untitled (Club Couple) (Ongetiteld (Klubpaartjie)),
                                  akriel op bord, 2014.
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           6                                 DBE/2023
                                         SS/NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Suid-Afrikaanse kunstenaars beeld dikwels kuns uit wat inheemse of Afrika-simbole en
motiewe bevat om interessante kunswerke te skep.

2.1      Bespreek die gebruik van inheemse en/of Afrika-beelde of -simbole in
         FIGUUR 2a en2b.

         Gebruik die volgende in jou antwoord:

             Beelde en komposisie
             Simboliek
             Media en tegniek in FIGUUR 2b
             Moontlike betekenis en boodskap                                               (10)

2.2      Bespreek TWEE kunswerke          (EEN    kunswerk   per   kunstenaar)    wat
         Afrika-kultuur verken.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Kunselemente
             Invloed van inheemse en/of Afrika-simbole
             Styl en tegniek
             Moontlike betekenis en boodskap                                               (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         7                                   DBE/2023
                                       SS/NSS

              FIGUUR 2a: Speelman Mahlanghu, Abstracted African life
                 (Geabstraheerde Afrika-lewe), olie op doek, 2014.

             FIGUUR 2b: Lucky Sibiya, Woman and Flower (Vrou en Blom),
                       gesnede en geverfde houtpaneel, 1994.
Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                                     DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

               Ons land dra die herinneringe aan veldslae van die verlede.

In Terra Incognita (FIGUUR 3a), wat in 1991 net voor Suid-Afrika se eerste
demokratiese verkiesing geskep is, gebruik Penny Siopis Suid-Afrika se teenstrydige
geskiedenis as bronmateriaal. Sy maak ons bewus van ons wandade in die verlede in
die stryd om grondbesit.

3.1      Met verwysing na die stelling hierbo, skryf 'n paragraaf waarin jy na die
         volgende verwys:

             Jou interpretasie van die groot, kruipende 'meisie-reus' en haar plasing in
              die komposisie
             Media en tegniek
             Gebruik van kleur en tekstuur om stemming te skep
             Moontlike betekenis en boodskap                                                     (8)

3.2      Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke analiseer van TWEE verskillende
         kunstenaars wat sosiopolitieke kwessies in hulle kunswerke ondersoek.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Kunselemente
             Invloede
             Materiaal en tegnieke
             Moontlike betekenis en boodskappe                                                   (12)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          9                                  DBE/2023
                                        SS/NSS

      FIGUUR 3a: Penny Siopis, Terra Incognita, olie en collage op bord, 1991.

Die figuur en die land vorm 'n collage van beelde van historiese veldslae in
Suid-Afrika.

Terra Incognita: Onbekende of ongerepte gebied

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                               DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

In die woorde van die kunstenaar, Sophie Peters:

'Vroue is wonderlike krygers aangesien hulle baie swaarkry verdra, maar steeds die
struikelblokke wat hulle in die gesig staar, oorkom.'

4.1      Met verwysing na die stelling hierbo, skryf 'n paragraaf waarin jy bespreek
         hoe die kunstenaar eenheid uitdruk.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp en kort beskrywing
             Komposisie
             Tekstuur en maak van merke
             Gebruik van lyn
             Moontlike betekenis en boodskap                                               (10)

4.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat kuns, kunsvlyt en/of
         geestelike werke van landelike Suid-Afrika skep.

         Verwys na die volgende riglyne:

             Invloede
             Media en tegniek
             Moontlike betekenis/doel/funksie
             Hoe dra hierdie kunswerke/kunsvlyt/geestelike werke tot die gemeenskap
              by? Brei uit.                                                                 (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         11                                DBE/2023
                                        SS/NSS

            FIGUUR 4a: Sophie Peters, UNITY (EENHEID), linosnee op papier, 2004.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       12                                 DBE/2023
                                      SS/NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Vivien Kohler gebruik alternatiewe vorms om kommentaar op huidige Suid-Afrikaanse
kwessies te lewer.

Bespreek die gebruik van alternatiewe kunsvorme en materiaal deur te verwys na
FIGUUR 5a en enige TWEE Suid-Afrikaanse multimedia- en/of nuwemedia-
kunstenaars wat jy bestudeer het.                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       13                                 DBE/2023
                                      SS/NSS

     FIGUUR 5a: Vivian Kohler, My Iron Lung (My Ysterlong), gevonde metaalvoorwerpe,
                               voegbry en olie op bord, 2014.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                             DBE/2023
                                          SS/NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Kunstenaars poog om die wêreld as 'n verhoog te openbaar, en te fokus op hoe
voorkoms kan verander, soms deur die waarheid te verdoesel en 'n individu se ware
identiteit te verbloem.

6.1      Vergelyk FIGUUR 6a en FIGUUR 6b deur na die volgende te verwys:

             Waar die toneel plaasvind
             Houding en plasing van die figuur
             Betekenis van die objekte
             Kleur
             Stemming
             Betekenis en boodskap oor identiteit                                       (10)

6.2      Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat kwessies van
         identiteit hanteer.

         Gebruik die volgende riglyne:

             Onderwerp
             Media en tegniek
             Kunselemente
             Moontlike betekenis en boodskappe                                          (10)
                                                                                         [20]

'Contentment'/Tevredenheid: 'n Toestand van geluk en satisfaksie

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           15                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

    FIGUUR 6a: Angela Banks, Table of Contentment (Tafel van Tevredenheid),
                              olie op doek, 2019.

         FIGUUR 6b: Kathlego Tlabela, Ikoyi Lagos (study/'studie'), akriel, ink
                            en collage op doek, 2020.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         16                                 DBE/2023
                                        SS/NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES

                         'Dis nie alles goud wat blink nie.'

Kontemporêre kunstenaars daag vooropgestelde idees van geslag uit.

7.1      Bepreek die kunswerke in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b deur die volgende te
         oorweeg:

             Uitbeelding en plasing van die figure
             Kleur
             Gebruik van dekoratiewe elemente en tekstuur
             Visuele beelde
             Moontlike betekenis en boodskap                                              (10)

7.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars (EEN kunswerk per
         kunstenaar) wat ook die uitdagings van geslagstereotipes en vooropgestelde
         idees ondersoek.                                                                  (10)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 17

Visuele Kunste/V1
Kopiereg voorbehou

                                                                                                                                         17

                                                                                                                                       SS/NSS

                                                                                                                                                              Downloaded from hlayiso.com

Blaai om asseblief
                                                                                                                                          DBE/2023

                     FIGUUR 7a: Devan Shimoyama, Michael, olie, akriel,   FIGUUR 7b: Wangechi Mutu, Riding Death in my Sleep (Ry die
                          kleurpotlood, juwele, blinkers, collage en            Dood in my Slaap), ink, collage op papier, 2002.
                                  materiaal op doek, 2018.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            18                                 DBE/2023
                                           SS/NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Die uMkhumbane Kulturele en Erfenis-museum is die eerste museum wat die afgelope
100 jaar in Durban gebou is. Die museum in Cato Manor, Durban, is ontwerp om die
area se ryk kulturele geskiedenis te bewaar en om 'n plek te bied vir opvoedkundige en
ontspanningsgeleenthede.

8.1      Bespreek FIGUUR 8a in 'n paragraaf waarin jy na die volgende verwys:

             Kontras in materiaal
             Vorm
             Hoe lig in die struktuur ingelaat word
             Patroon                                                                         (8)

8.2      Analiseer enige TWEE geboue/strukture wat jou geïnspireer het deur die
         volgende te bespreek:

             Boumateriaal
             Invloede
             Styl
             Perseel/Plasing/Gebied                                                          (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                      19                                DBE/2023
                                     SS/NSS

  FIGUUR 8a: Choromanski Architects, uMkhumbane Cultural and Heritage Museum
 (uMkhumbane Kulturele en Erfenis-museum), Cato Manor, Durban, kleisteen, beton,
                    metaal wat soos chroom lyk, circa 2003.

                                                                     TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-english/3773db74-7b96-411d-aed1-c6c49557d990) — Visual Arts · QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-eng/52d13750-4b7a-43eb-845e-84496c3909f6) — Visual Arts · QP · 2022 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2022-afr/396baf34-f842-4c81-a6ae-3376758f093b) — Visual Arts · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
