# Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-mg-afr/6139087e-74c2-456e-8653-a003ab28bda0
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-mg-afr/6139087e-74c2-456e-8653-a003ab28bda0)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
                NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                          2023

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                        PUNTE: 100

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                                  DBE/2023
                                 SS/NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:

1.       Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige
         VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.

2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
         voorsiening gemaak word:
             Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
              antwoorde gee.
             Gee krediet vir laterale denke.
             Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
              na spesifieke faktore te verwys.

3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
         Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
         antwoorde te struktureer.

4.       Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
         as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
         kunswerke is toelaatbaar.

5.       Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
         en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar geen
         vergelyking plaasgevind het nie.

6.       Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.

7.       Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
         hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
         die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
         die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
     Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
     Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
     materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
     kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
     LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
     weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
     Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
     Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
     Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
     Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
     'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               3                                           DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer

PRESTASIE-KODE                           ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES

                        Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
     Uitstekend          politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
      80–100%           Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                        Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

                        Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
    Verdienstelik        sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
      70–79%             lewer.
                        Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon uitstekende insig en begrip.

                        Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
     Aansienlik          politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
      60–69%            Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                         terminologie.
                        Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

                        Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
     Gemiddeld           politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
      50–59%            Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                        Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                        Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

                          Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
    Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
      40–49%               te lewer.
                          Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                           terminologie.
                          Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

                          Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
      Elementêr            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
       30–39%              te lewer.
                          Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
                          Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

                          Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
    Nie behaal nie         sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
        0–29%              te lewer.
                          Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
                           terminologie.
                          Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                          Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        4                               DBE/2023
                               SS/NSS – Nasienriglyne

NASIENERS MOET SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE WAT BEANTWOORD IS MERK
EN AS DIE KANDIDAAT MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE BEANTWOORD
HET, SAL DAAR SLEGS KREDIET GEGEE WORD VIR DIE EERSTE VYF.

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE IN ENIGE VOLGORDE BEANTWOORD.

 Die volgende puntetoekenning moet in gedagte gehou word wanneer slegs EEN
 kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.

 6 punte (maks 3)
 8 punte (maks 5)
 10 punte (maks 6)
 12 punte (maks 7)
 14 punte (maks 8)
 20 punte (maks 12)

As geen vergelyking: -1

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende
provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              5                                       DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTEAARS

Die Impressionistiese kunstenaar, Edgar Degas, weergee die realiteit van sy tyd. Kerry
James Marshall fokus op die intieme verhouding tussen die paartjie.

FIGUUR 1a: Edgar Degas, Die Absinthe drinker (The Absinthe drinker), olie op doek,
1876.

FIGUUR 1b: Kerry James Marshall, Ongetitled (Klub Paartjie)( Untitled (Club
           Couple), akriel op bord, 2014.

1.1      Kandidate moet die kunswerke in FIGUUR 1a and FIGUUR bespreek deur
         die stories te beskryf wat deur die kunstenaars vertel word.

         Hulle moet die volgende in hulle antwoord gebruik:

             Narratief/stories
              In FIGUUR 1a: Twee figure sit by 'n tafel in 'n restaurant met hulle rug na
              'n spieël gekeer. Die figure ('n vrou links en 'n man regs) is nie in
              interaksie met mekaar nie en kom voor asof hulle ingedagte is. Twee
              tafels skei die figure van die res van die komposisie. Beide figure is besig
              met 'n drankie en die man rook sy pyp. Die paartjie lyk nie gelukkig nie. 'n
              Glas kraffie is geplaas op die tafel aan die regterkant van die vrou. Ander
              voorwerpe sluit in; 'n opgerolde koerant, 'n skinkbord en 'n glas absinthe.
             FIGUUR 1b: 'n Gelukkige, glimlaggende paartjie poseer vir die kyker
            terwyl hulle aan 'n klein tafeltjie in 'n klub sit. Hulle drink 'n drankie om iets
            te vier. Die manlike figuur sit sy arm om sy toekomstige verloofde. Hy hou
            'n klein, blou boksie in sy hand wat sinspeel op 'n verloofring.
            'n Handsakkie, sonbrille en twee skemerkelkieglase domineer die
            oppervlak van die tafel.
         Ooreenkomste en verskille
              Ooreenkomste: Beide kunswerke verteenwoordig die binnenshuise
              aansig van 'n kroeg/klub/restaurant en sluit twee figure in wat langs
              mekaar sit by 'n tafel besig om te drink.
              Verskille:
              FIGUUR 1a: Die figure praat nie met mekaar nie en kyk ook nie na
              mekaar nie. Hulle rue word gereflekteer in die spieël agter hulle. Die
              vroulike figuur lyk ongelukkig en kom voor asof sy diep ingedagte na die
              vloer staar, waar die manlike figuur lyk asof hy na iemand kyk en sy pyp
              rook. Daar is 'n algemene atmosfeer van beide isolasie en eensaamheid.
              FIGUUR 1b: Beide figure glimlag en is na die kyker gedraai. Hulle hou
              hande en is in interaksie met mekaar. Die atmosfeer is gelukkig en
              feestelik. FIGUUR 1a is geverf in 'n dowwe sepia palet, wat herinner aan
              'n ou foto waar FIGUUR 1b 'n virbrerende en helder palet het met
              kontrasterende kleure en 'n moderne en kontemporêre toneel aanbied.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             6                                    DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

             Komposisie
              FIGUUR 1a: Die komposisie is asimmetries en die oog word in die
              komposisie gelei vanaf die groot leë ruimte in die linkerkantste hoek. Die
              koerant verbind met die tweede diagonale tafel wat stop by die vrou
              (fokuspunt) wat effens van die middel af geplaas is. Daar is geen
              interaksie tussen die twee figure nie en hulle staar voor hulle uit. Dit wil
              voorkom soos 'n oomblik in tyd vasgevang aangesien die manlike figuur
              afgesny is deur die prentraam wat tipies is van Impressionisme. Die
              tafels waarop die skinkbord, 'n bottel en glase staan reflekteer in die
              voorgrond en die twee figure word gereflekteer in die groot spieël in die
              agtergrond.
              FIGUUR 1b: Die komposisie is verdeel in vertikale en horisontale patroon
              en vorm, met die paartjie effens af-senter geplaas. Die middelgrond word
              gedomineer deur twee figure wat by 'n tafel sit. Die tafel is afgesny aan
              die linkerkant van die prentraam. Die paartjie hou hande en glimlag asof
              hulle vir die kamers poseer. Hulle het oogkontak met die kyker. In die
              voorgrond op die tafel is twee skemerkelkglase wat 'n feesviering
              voorstel.

             Styl
              FIGUUR 1a: Impressionisme: Degas gee die indruk van 'n foto (oomblik
              in tyd vasgevang) deur die foto te raam, sowel as om die die pyp in die
              man se hand weg te laat – wat die indruk gee dat iemand by 'n naby
              geleë tafel die 'foto' geneem het. Die skilderagtige styl het duidelike
              sigbare kwashale, wat tipies is van Impressionisme.
               .
              FIGUUR 1b: Die figuratiewe skildery toon Pop-kuns invloede maar in 'n
              meer kontemporêre wyse.          Die helder kleur is aangewend in 'n
              gestilleerde manier met geen sigbare kwasmerke nie. Die kunstenaar het
              tonale waardes gebruik om vorms van plat kleur te skep.

              Stemming

              FIGUUR 1a: Die melankoliese stemming is totaal ontneem van vreugde,
              geluk en feesvieringe. Twee mense sit apart van mekaar wat voor hulle
              staar met geen gesigsuitdrukking nie.
              FIGUUR 1b: Die paartjie sit na aan mekaar, en hou mekaar vas en die
              stemming is gelukkig, intiem en feestelik.

              ONDERWYSERSHULPMIDDEL: Marshall het gepraat van sy
              simboliese gebruik van kleur, wat in hierdie skildery gevind kan
              word: 'Die swartheid van my figure is veronderstel om
              ondubbelsinnig, asoluut en onversoenbaar te wees. Hulle is 'n
              reaksie op die geneigdheid in die kultuur om ligte voorkoms te
              bevoordeel. Hoe ligter die vel, hoe meer aanvaarbaar is jy. Hoe
              donkerder die vel, hoe meer ingegrens word jy. Ek wil demonstreer
              dat jy skoonheid kan produseer in die konteks van 'n figuur wat
              daardie soort fluweelagtige swart het. Dit kan gedoen word.'                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               7                                    DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.2      Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN per
         kunstenaar) wat hulle bestudeer het wie se werk tonele uitbeeld van hulle
         alledaagse lewens.

         Hulle moet die volgende in hulle antwoord insluit:

                Onderwerp
                Kunselemente
                Invloede
                Styl en tegniek
                Moontlike betekenis en boodskap                                                   (12)
                                                                                                   [20]

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Suid-Afrikaanse kunstenaars beeld dikwels kuns uit wat inheemse of Afrika-simbole en
motiewe bevat om interessante kunswerke te skep.

FIGUUR 2a: Speelman Mahlanghu, Geabstraheerde Afrika lewe (Abstracted African life),
olie op doek, 2014.

FIGUUR 2b: Lucky Sibiya, Vrou en Blom, (Woman and Flower), gesnede
en geverfde houtpaneel, 1994.
2.1    Kandidate moet die gebruik van inheemse en/of Afrika-beelde of simbole in
       FIGUUR 2a and 2b bepreek.

        Hulle moet die volgende in hulle antwoord gebruik:

                 Visuele beelde en komposisie
                  FIGUUR 2a:
                  Die komposisie word gedomineer deur 'n groot gestilleerde wit voël met sy
                  vlerke oopgesprei. 'n Ander voël (kop en snawel) is sigbaar aan die
                  linkerkant van die kunswerk. Dit lyk asof die voël aan 'n stukkie draad byt
                  wat 'n takkie van 'n boom kan voorstel. Die komposisie bestaan uit
                  geometriese patroonblokke van kleur deurspek met simbole en fragmente
                  van Afrika. Die gestilleerde beelde sluit in: masker, dromme, doringtak en
                  'n bul/koei. Die geometriese reghoekige vorms herhaal die vorms van die
                  traliewerk. Die horisontale skildery is kompleks, kompak en besig. Die wit
                  voël in die middel (fokuspunt) verdeel die komposisie in die helfte. Die
                  skildery is gefragmenteerd in reghoeke, wat klein geraamde spasies skep
                  wat patrone, simbole en beelde van diere bevat om 'n ruitagtige
                  komposisie te skep. In die middel van die komposisie is 'n dier met horings
                  wat oorvleuel met die wit roofvoël. Twee gestilleerde koppe met net hulle
                  nekke sigbaar lyk asof hulle in die lug opkyk. Een van die koppe is verbind
                  aan 'n drom en aan 'n dier deur middel van 'n draaiende tou. Beeshorings
                  is sigbaar aan die regterkant van die skildery. 'n Ander voël is sigbaar aan
                  die linkerkant en 'n wurm of stukkie takkie hang uit s bek. Fragmente van
                  'n drom en etniese patrone is sigaar deur die hele skildery. Vorms en
                  beelde oorvleuel mekaar in die hele skildery.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                                  DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

                FIGUUR 2b:
                Die komposisie word gedomineer deur 'n groot vroulike figuur met haar
                hande in die lug. 'n Langsteel protea kan gesien word teenoor die beeld
                van 'n son. Sy dra 'n etniese romp en is versier met enkelringe en 'n
                halssnoer. Balans word geskep deur die insluiting van twee voëls aan
                beide kante van die figuur. 'n Groot rooi son is sigbaar net bo die protea
                blom. Die paneel is in vier afdelings of bane verdeel en word deur swart
                vloeiende lyne geskei. Voor die figuur is 'n langsteel oranje blom. Die
                bane is deurspek met die voëls, 'n son en patrone.

             Simbolisme
              FIGUUR 2a: Daar is baie verwysings na Afrika simbole en tekens. Die
              geometriese vorms en teksture kan die vel van 'n slang of die van 'n
              maasdraad (‘mesh’) wees. Afrika-patrone, maskeragtige gesigte, 'n
              koei/bul, halssnoere, dromme, horings en voëls is voorbeelde van
              beeldgebruik in Afrika ontwerpe. Die gebruik van die koei/bul kan die
              rykdom van die mense van Afrika simboliseer wat bepaal word deur hulle
              eienaarskap van beeste
              FIGUUR 2b: Die houding van die vroulike figuur kan simboliseer dat sy
              gelukkig en vry is. Die kralewerk en ringe wat tipies gedra word deur
              tradisionele kulture kan rykdom simboliseer. Geometriese kruisarsering
              afkomstig van Afrika motiewe gee tekstuur aan die werk. Die voëls is
              gewoonlik simbolies van vrede en vryheid. Die protea blom, die nasionale
              blom van Suid-Afrika, kan simbolies wees van vroulikheid en
              breekbaarheid. Die Afrika-son is simbolies van 'n nuwe dag, 'n nuwe
              begin, hoop lig en warmte.
             Media en tegniek in FIGUUR 2b
              Die kunswerk is uit hout gesny en is getint met verf. Hout is maklik
              verkrygbaar en 'n relatiewe goedkoop materiaal in vergelyking met
              olie/akriel op doek. Sibiya gebruik 'n wye verskeidenheid merke en lyne
              om 'n variasie van tekstuur en skakering/toonwaaardes te skep. Hy
              gebruik kruisarsering en arsering om tekstuur te skep. Die krom- en
              vloeiende lyne skep beweging.

               Moontlike boodskap en betekenis
                FIGUUR 2a: Die groot wit roofvoël word die fokuspunt in hierdie abstrakte
                weergawe van Afrika lewe. Die voël dra 'n boodskap van sterkte en mag.
                Sy uitgespreide vlerke kan beteken dat hy sy omgewing omarm en
                beskerm. Die ander kleurvolle voël kan die verskeidenheid van lewe in die
                natuur voorstel. Die dromme en maskers is 'n direkte verwysing na ons
                Suid-Afrikaanse erfenis. Die koei/bul verwys na lobola.
                 FIGUUR 2b: Die vroulike figuur met haar arms oopgestrek boots 'n voël
                na wat kan verwys na 'n moeder figuur wat na haar kinders kyk en hulle
                beskerm. Die wit duiwe word simbole van vrede en hoop.                    (10)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               9                                      DBE/2023
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.2     Kandidate moet TWEE kunswerke bespreek (EEN kunswerk per kunstenaar) wat
        'n Suid-Afrikaanse erfenis/kultuur uitbeeld.

        Gebruik die volgende in jou antwoord:

            Onderwerp
            Kunselemente
            Invloed van inheemse en/of Afrika-simbole
            Styl en tegniek
            Moontlike betekenis en boodskap                                                      (10)
                                                                                                  [20]

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's
         INGESLUIT

                     Ons land dra die herinneringe aan die veldslae van die verlede.

In Terra Incognita (FIGUUR 3a), wat in 1991 net voor Suid-Afrika se eerste demokratiese
verkiesing geskep is, gebruik Penny Siopis Suid-Afrika se teenstrydige geskiedenis as
bronmateriaal. Sy maak ons bewus van ons wandade in die verlede in die stryd om grondbesit.

Gegewe inligting: Die figuur en die land is ‘n collage met beelde van die historiese veldslae in
Suid-Afrika.

FIGUUR 3a: Penny Siopis, Terra Incognita, olie en collage op bord, 1991

3.1     Kandidate moet na die bogenoemde stelling verwys en 'n paragraaf skryf waarin
        hulle verwys na die volgend:

               Hulle interpretasie van die groot kruipende 'meisie-reus' en haar
                plasing in die komposisie
                Die groot vroulike figuur domineer die prentoppervlak. Dit vertoon is
                dubbelsinnig want dit lyk of sy uitstyg bo die probleme van die land en of
                sy verswelg word deur die gewig van konflik in ons geskiedenis. Dit lyk
                asof sy kruip in verwoesting en hartseer deur die afval en gemors op haar
                hande en knieë. Dit lyk asof sy getattoeëer is in bruin en oker
                patrone/letsels. Sy is omring deur deur klein historiese figure. Dit lyk asof
                sy oor 'n land kruip wat nog nie aan haar behoort nie en dat sy die gewig
                van ons verlede wys.

               Media en tegniek
                Die gebruik van collage skep interessante teksture op die vel van die
                figuur sowel as in die agrtergrond van die komposisie. Dit skep 'n
                kloustrofobiese gevoel met verskeie beelde wat mekaar oorvleuel. Die
                olieverf kom voor asof dit dik aangewend is wat 'n impasto tegniek skep.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                                  DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

               Die gebruik van kleur en tekstuur om stemming te skep
                Die kleure skep 'n stemming van angstigheid en onheilspellendheid wat
                verskerp word deur die dreigende storm. Die kleure beklemtoon die
                gekneusde en beskadigde landskap. Daar is geen ontsnapping van hierdie
                konflik wat in die getekstureerde oppervlak getoon word nie. Die oog van
                die kyker het nêrens om te rus nie. Bruine, okers en donkerrooie skep 'n
                atmosfeer van angs en eensaamheid. Die growwe teksture op haar vel
                skep 'n pantser wat die idee skep van 'n dik vel wat nodig is in vandag se
                samelewing.      Haar gesig is verskuil in 'n donker skaduwee wat haar
                identiteitloos maak. Die gladde tekstuur en dowwe geel en blou van die
                lug kontrasteer met die donker rooie en bruine van die tekstureerde
                liggaam

               Moontlike boodskap en betekenis
                Sy (uitgeworpene) kruip deur 'n verlate landskap. Sy is die enigste figuur
                en kon van 'n spesifieke land/area verban gewees het. Die landskap
                bestaan uit 'n collage vol werkers wat poog om 'n lewe te maak in 'n dorre
                landskap. Dit is kompak en oorvol en dra 'n boodskap oor van chaos en (8)
                verwarring. Die stryd vir die land is oorweldigend en elke individu dra die
                gewig van hierdie geskiedenis.

3.2     Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle TWEE kunswerke van TWEE
        verskillende kunstenaars analiseer wat sosio-politieke kwessies ondersoek in
        hulle kunswerke deur te verwys na die volgende riglyne:

            Onderwerp
            Kunselemente
            Invloede
            Materiaal en tegnieke
            Moontlike betekenis en boodskappe                                                 (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               11                                   DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

In die woorde van die kunstenaar, Sophie Peters:

'Vroue is wonderlike krygers aangesien hulle baie swaarkry verdra, maar steeds die
struikelblokke wat hulle in die gesig staar, oorkom.'

FIGUUR 4a: Sophie Peters, UNITY (EENHEID), linosnee op papier, 2004.

4.1        Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle bespreek hoe die kunstenaar
           eenheid uitdruk deur die volgende riglyne te gebruik:

                    Onderwerp en kortlikse beskrywing
                     Daar is 'n kombinasie van beide 'n landelike en stedelike leefstyl.
                     Aan die linkerkant is 'n landery met hutte en windpompe en aan die
                     regterkant is 'n township met pondokke en elektriese kraglyne.
                     Afbeeldings van vroue domineer die prentvlak. 'n Groot engelagtige
                     figuur is uitgebeeld in die agtergrond met gespreide vlerke wat die
                     twee tonele verbind. Vroue staan bymekaar wie die versorgers van 'n
                     gemeenskap is, of dit nou in 'n stad of in 'n landelike gebied is.

                    Komposisie
                     Die komposise is verdeel in drie afsonderlike vlakke. Die engel in die
                     lug en die vier vroue is naby aan mekaar geplaas wat 'n driehoekige
                     komposisie vorm. Die figuur aan die linkerkant glimlag na die kyker
                     terwyl die sentrale figure weg kyk van die kyker wat die oog lei in die
                     prentvlak. Die figuur aan die regterkant is in profiel. Sy word die
                     fokuspunt aangesien sy in die middel van die komposisie/kunswerk
                     geplaas is. Heuwels kan in die verte gesien word net aan die
                     onderkant van die engel. Al die figure en mensgemaakte voorwerpe
                     plaas klem op die vergrote vrou in die middel. Sy kom voor asof sy
                     die krag van die gemeenskap is. Sy skep eenheid deur almal
                     bymekaar te bring en verenig die wortels van tradisionele – en
                     landelike leefstyle.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               12                                    DBE/2023
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

                    Tekstuur en maak van merke
                     Verskeie teksture kan gesien word in die klere, hare en koptooisels
                     van die vroue. Die sink kontrasteer met die gras van die tradisionele
                     hut en die gras in die middelgrond. Tekstuur is ook gewys in die
                     vlerke van die engel deur deur kort lyne te gebruik. Die plat, gladde
                     kleur van die lemme van die windpompe boots metaal na. Die gebrek
                     aan merke gemaak op die linoleum blok skep toonwaardes en diepte
                     in die kunswerk. Fyn gestippelde teksture is verkry deur stippelwerk.
                     Ooreenstemmende teksture en patrone verenig die figure van
                     dieselfde erfenis/kulture.

                    Gebruik van lyn
                     'n Verskeidenheid lyne is gebruik in hierdie linosnee. Dit is sigbaar in
                     die vertikale lyne wat die dakke van sinkdakke van die huise en die
                     metaalstruktuur van die windpompe. Kromlynige lyne beeld
                     geploegde landerye uit in die agtergrond. Die geboë lyne in die vlerke
                     van die engel skep beweging. Die diagonale lyne van die landerye en
                     die huise skep diepte. Die verdwyningslyne van die wasgoed en die
                     elektriese drade skep perspektief wat na die engel lei. Die
                     verskillende lyne en teksture skep 'n boodskap van eenheid.

                    Moontlike boodskap en betekenis
                     Mense van landelike en stedelike areas ia almal gelyk in die
                     teenwoordigheid van God. Ons is aanmekaar verbind deur
                     godsdiens, versorging en saam te werk. Ons onthou ons kultuur en
                     erfenis en erken dat vroue sterk en soos vegters is. Die glimlaggende
                     figuur kan geluk, trots en respek vir haar wortels/erfenis voorstel.  (10)

4.2        Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat kuns, kunsvlyt
           en/of geestelike werke van landelike Suid-Afrika skep.

           Hulle moet na die volgende rigyne verwys:

               Invloede
               Media en tegniek
               Moontlike betekenis/doel/funksie
               Hoe dra hierdie kunswerke/kunsvlyt/geestelike              werke    tot   die
                gemeenskap by? Brei uit.                                                        (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            13                                   DBE/2023
                                    SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

Vivien Kohler gebruik alternatiewe vorms om kommentaar op huidige Suid-Afrikaanse
kwessies te lewer.

FIGURE 5a: Vivian Kohler, My Ysterlong (My Iron Lung), gevonde metaalvoorwerpe,
voegbry (‘grout’) en olie op bord, 2014

Kandidate moet die alternatiewe gebruik van kunsvorme en materiale bespreek deur te
verwys na FIGUUR 5a en TWEE Suid-Afrikaanse multimedia en/of nuwe media
kunstneaars wie hulle bestudeer het.

Kandidate kan enige van die inligting hieronder insluit:

'n Groot manlike figuur is sonder hemp in 'n blou denim langbroek. Hy is uitgebeeld in
'n fetale slapende posisie. Hy is geplaas op 'n tekstureerde karton oppervlak met
gevonde voorwerpe naamlik: ou nommerplate, padtekens, gereedskap en
muurproppunte.

Die gebruik van weggooi materiale toon die lewensomstandighede van die armste
mense in stede en lewe op straat aan. Gevonde voorwerpe en afval is maklik
verkrygbaar vir die wat in arm omstandighede lewe. Die gebruik van weggooimateriale
kan ook besoedeling verteenwoordig. Die figuur is naturalisties in olie geskilder. Die
donker skadus rondom die figuur laat die voorkom asof die jong man werklik op die
afval lê.

Die vorm lyk asof hy op die werklike karton rus, maar eintlik is hy realisties geskilder
bo-op die weergawe van die beeldhouwerke van die stad se opbrengs. Al die weggooi
materiale is op die bord geplak wat soos 'n collage lyk. Hy gebruik ook voegbry (‘grout’)
tussen die voorwerpe om 'n plat oppervlakte te skep om op te skilder. Die figuur is in
naturalistiese kleure geverf en die gebruik van tonale variasies skep diepte en skep 'n
illusie van 'n regte persoon wat op die stapel gemors lê en slaap.

Die kunstenaar se kreatiewe proses behels die gebruik van gevonde voorwerpe. Hy
transformeer hierdie oorblyfsels in kragtige uitbeeldings, wat sy karakters se 'n
oorwinning     oor hulle    beperkte omstandighede weergee.          Die kartondoos
verteenwoordig die polariteit tussen oorvloed en armoede, die twee uiterstes wat
voorkom in Suid-Afrika. Die metafoor wat die karton voorstel is tweedelig: op een vlak
verteenwoordig kartonbokse ekonomiese potensiaal, wat iets van waarde bevat het.
Op 'n ander vlak is die weggegooide karton sinoniem met die verlies van potensiaal en
hoop. Net so, bied hulle aan die kykers kragtige beelde in 'n nuwe konteks van die
omhulde figure, vorms en materiale wat in die alledaagse lewe mee in aanraking
gekom word.                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             14                                    DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 6:       POST-1994 DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

Kunstenaars poog om die wêreld as 'n verhoog te ontbloot, en te fokus op hoe
voorkoms kan verander, soms deur die waarheid te verdoesel en die individu se ware
identiteit te verbloem.

'Contentment'/Tevredenheid: 'n Toestand van geluk en satisfaksie
 FIGUUR 6a: Angela Banks, Table of Contentment (Tafel van Tevredenheid), olie
 op doek, 2019.

 FIGUUR 6b: Kathlego Tlabela, Ikoyi Lagos (studie), Ikoyi Lagos (study), akriel, ink
 en collage op doek, 2020.
 6.1       Kandidate moet die werke in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b vergelyk deur te
           verwys na die volgende:

                   Waar die toneel afspeel
           FIGUUR 6a: 'n Jong vrou is bo-op 'n wit antieke/tradisionele eetkamertafel
           geplaas, in die voorgrond van 'n bosveldlandskap. Verskeie gestrooide
           voorwerpe, soos die beeldjies van twee bokke, 'n ou kamera, 'n granaat
           vrug, en 'n speelgoedhuise, sowel as 'n African Grey papegaai wat op 'n
           droë stomp sit wat wat uit die tafel uit kom, kan gesien word op die oppervlak
           van die tafel. 'n Groot doringboom is in die middelgrond van die kunswerk
           aan die regterkant geplaas. In vergelyking hiermee is die interieur van 'n
           sitkamer uitgebeeld in FIGUUR 6b. Een hoek van die kamer word gesien
           met 'n venster regs. 'n Hoekbank, stoele, 'n mat, koffietafel, staanlamp, en
           staander met blompot is gerangskik in die vertrek. Twee kunswerke/familie
           fotos is agter opgehang teen die groen muur.

                   Houding en plasing van die figuur
           Beide kunswerke toon 'n vroulike figuur wat aan die linkerkant van die
           prentvlak rus.
           FIGUUR 6a: Die wit jong vroulike figuur is in 'n ontspanne, sittende posisie
           wat direk na die kyker kyk. Haar hande is op haar bene geplaas. Sy sit bo-
           op 'n wit tafel met haar bene onder haar romp ingevou
           FIGUUR 6b: 'n Donker vroulike figuur lê uitgestrek op 'n groot wit sofa terwyl
           sy in die rigting van die venster kyk. Sy is in 'n ontspanne posisie en is direk
           onder die ligstrale van die geboë staanlamp geplaas.

                   Betekenis van die objekte
           FIGUUR 6a: Die kunstenaar plaas die volgende voorwerpe op 'n wit antieke
           tafel langs die vroulike figuur regs in die komposisie: 'n ou kamera, granaat,
           drie klein albasters twee verskillende bokke en 'n beeldjie van 'n klein
           dubbelverdieping huisie met 'n rooi dak. Deur die African Grey papegaai te
           gebruik verwys sy na mense/families wat probeer/ verbeel om in te pas in 'n
           samelewing deur na te doen/mimiek/namaak wat ander doen of wat van
           hulle verwag word om te doen. Mense neem fotos van bokke en diere
           wanneer hulle wildreservate besoek. Dit word voorgestel deur die landskap
           agtergrond met die doringboom. Hulle het dan die bewys van

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             15                                    DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

           hulle wat in 'n samelewing leef in 'n spesifieke tyd. Die granaat kan
           vrugbaarheid verteenwoordig of 'n seksuele konnotasie hê. Die huis
           verteenwoordig familie en die drie albasters op die tafel kan die speletjies
           verteenwoordig watkinders speel. Die wit antieke tafel verwys na die familie
           erfenis/geskeidenis en kan ook die voorgeslagte verteenwoordig.

           FIGUUR 6b: Moderne interieur toneel van 'n smaakvolle sitkamer in 'n huis
           verteenwoordig 'n welgestelde familie. Twee prente is geplaas op die
           agterste muur en kan familie voorstel. 'n Wit hoeksofa en twee stoele is om
           'n hout koffietafel geplaas. Op die koffietafel is 'n skootrekenaar, 'n oop boek
           of tydskrif en blou gedrukte tafeldoek. Dit kan aandui dat die inwoners van
           die huis professionele mense/besigheidsmense/akademici/studente kan
           wees. Op die vloer onder die koffietafel is 'n moderne reghoekige mat met
           swart, wit en blou geometriese patrone – dit kan die invloed van Afrika
           aandui. Die smaakvolle geboë staanlamp en die stander met die blompot
           reflekteer hulle goeie smaak. Die dame wat rus op die bank het haar klein
           ontwerpershandsakkie langs haar geplaas. Dit kan ook aantoon dat sy geld
           het om op duur bykomstighede te spandeer

                Kleur
           FIGUUR 6a: Die landskap in die agtergrond is 'n naturalistiese toneel met
           bruin en groen in verskillende toonwaardes. Die rooi kleur word herhaal in
           die stert van die papegaai, die dak van die huis, granaat, en klein ronde
           objek langs die meisie. Die meisie dra 'n deftige wit kantbloes en ligblou lang
           vloeiende romp. Die wit van die bloes is herhaal in die antieke wit kleur van
           die tafel.
           FIGUUR 6b: Die mure van die vertek is geverf met 'n helder groen verf
           terwyl die vloer 'n geel-oker kleur is. Die bruin houtbanke het wit
           gestoffeerde kussings en die mat het swart, wit en helder blou Afrika,
           geometriese patrone. Die blou kleur is herhaal in die doek op die koffietafel
           en die blompot op die staander naby die venster. Die staander en plafon is
           wit. Die moderne lamp is swart. Die prente/foto's op die muur is
           multigekleurd. Die minimalistiese gebruik van kleur gee 'n smaakvolle,
           modern gevoel.
                Stemming
           FIGUUR 6a: Die stemming wat geskep is, is rustig en kalm alhoewel die blik
           van die meisie uitdagend is. Die agtergrond is kalm en pragtig om na te kyk.
           Die verskillende objekte is interessant.
           FIGUUR 6b: Die moderne minimalistiese interieur met interessante meubels
           en objekte skep 'n elegante en stylvolle atmosfeer. Die modieuse dame dra
           by tot die deftige styl.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

                Boodskap en betekenis rakende identiteit
           FIGUUR 6a: Die kunstenaar kyk na en spot soms stereotipes wat deur die
           samelewing gevorm is en die maskerades waaragter individue en die
           samelewing van hou om weg te kruip. Sy lewer kommentaar oor mense wat
           prober inpas in stereotipiese verwagtinge van die samelewing en hoe mense
           tot die uiterste sal poog om te doen wat ander doen en wat van hulle verwag
           word.

           FIGUUR 6b: Hierdie is 'n verteenwoordiging van 'n moderne interieur en wys
           welvaart en goeie smaak. Dit wys wat verwag word van jou deur die
           samelewing en hoe mense sal verander net om in te pas in die samelewing
           waarin hulle leef. Die patroon op die mat toon die erfenis/geskiedenis.            (10)

 6.2       Kandidate moet enige TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat die kwessies
           van identiteit hanteer bespreek. Hulle moet die volgende riglyne gebruik:

              Onderwerp
              Media en tegniek
              Kunselemente
              Moontlike boodskappe en betekenis                                              (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             17                                  DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7:             GESLAGSKWESSIES

                            'Dis nie alles goud wat blink nie.'

         Kontemporêre kunstenaars daag vooropgestelde idees van geslag uit.

FIGUUR 7a: Devan Shimoyama, Michael, olie, akriel, kleurpotlood, juwele, blinkers,
collage en weefstof op doek, 2018

FIGUUR 7b: Wangechi Mutu, Ry die Dood in my Slaap, (Riding Death in my Sleep),
ink, collage op papier, 2002.

7.1        Kandidate moet die werke in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b bespreek deur die
           volgende te oorweeg:

                   Uitbeelding en plasing van die figure
           FIGUUR 7a: Die kunswerk is 'n badkamer toneel met 'n manlike persoon wat
           geplaas is in die middel van die komposisie. Die boonste helfte van die
           figuur is uitgebeeld met sy regter arm wat 'n elektriese skeerder vashou teen
           sy linker slaap. Sy gesig is effens gedraai na die kyker asof hy poseer vir 'n
           foto. (Die plasing is op twee derdes in die lengte van die komposisie)
           FIGUUR 7b: 'n Futuristiese droomagtige toneel van 'n hurkende figuur is op
           'n swart agtergrond uitgebeeld. Die rooi tuitlippe, borste en gekurfde vorm
           van die figuur toon aan dat dit 'n vroulike figuur is. Sy dra ook hoë
           haakskoene wat met 'n raffia tekstuur versier is. Sy het geen hare nie en
           haar gladde, ligte kopvel trek jou oog na die middel van die skildery. Die
           figuur is die fokuspunt en domineer die komposisie. Die figuur het 'n
           animalistiese, predatoriese houding/plasing asof sy gereed is om aan te val.
           (Die plasing is in die middel van die komposisie)

                   Kleur
           FIGUUR 7a: Die komplementêre kleure van geel en pers in die agtergrond
           trek jou oog na die figuur toe. Dit maak hierdie 'n helder en kleurvolle
           kunswerk. Dit is asof hy in 'n helder geel kollig staan as gevolg van die geel
           hoekige plat vorm agter hom in die agtergrond. Sy liggaam is bedek met
           patrone van klein blommetjies, kolle en bewegende vorms, kort lyne in
           pienk, geel, groen, en swart en 'n helder pienk kontoerlyn kan gesien word
           om die figuur en al die ander voorwerpe. Die helder pers kleur is gebruik as
           die spieël en hy dra 'n vlootblou broek. Die boonste deel van die wasbak het
           'n baie ligte marmer effek en het 'n pienk buitelyn. Roomkleurige en pienk
           reghoekige teëls word herhaal onderkant die spieël. Die spieël het 'n
           donkerder, pers kleur met 'n fyn tekstuur.
           FIGUUR 7b: Warm, naturalistiese aardse kleure soos bruin, oranje, oker
           room en swart is gebruik saam met grys-blou kleure aan die bokant van
           haaar arm en lyf. Haar regterbobeen is bedek met groen en geel
           gespikkelde patrone en dit skep die idee van 'n dier se vel. Haar kop en
           gesig is uitgebeeld in 'n gladde, bleek toonwaardes. Die kleure is 'n
           kombinasie an warm en koue kleure wat 'n dieragtige beeld skep.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             18                                      DBE/2023
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

                   Gebruik van dekoratiewe elemente en teksture
           FIGUUR 7a: Die herhaling van die groen, pienk en pers blomagtige patroon
           op sy liggaam skep 'n dekoratiewe effek. Die herhaling van die room en
           pienk teëls onderkant die spieël skep diepte/perspektief in die prent. Die
           patroon op sy liggaam skep ook 'n visuele dekoratiewe tekstuur. Die tou van
           die skeerder is uitgebeeld as 'n wit gespikkelde lyn oor sy arm. Die gebruik
           van blinkers en materiaal (weefstof) op die doek skep tasbare tekstuur. 'n
           Gladde tekstuur van die lippe en die gesig kontrasteer met die tekstuur van
           die hare.
           FIGUUR 7b: Die beeld het 'n dekoratiewe aanslag. Gegroepeerde
           sampioene is verspreid gerangskik regoor die voorgrond wat patroon en
           visuele tekstuur skep. Die liggaam van die figuur is bedek met dierlike
           spikkels/kolletjies-teksture in verskillende kleure. Die vroulike figuur dra
           pelsbedekte stewels en dit skep tasbare teksture. Die sampioene is lukraak
           gerangskik in die voorgrond. Die variasie van die kolle op die sampioene
           skep patroon en tekstuur. Die gebruik van collage beeldmateriaal
           (sampioene) gemeng met ink het ook 'n mate van tasbare tekstuur.

                   Visuele beelde
           FIGUUR 7a: Die gebruik van blomagtige patrone wat sy liggaam bedek en
           die pienk en pers kleure kan verwys na sy geluk of homoseksualiteit. Die
           skeerapparaat, skêr en room toon aan dat hy besig is om homself te versorg
           en dat hy tyd en geld aan sy fisiese voorkoms spandeer. Die gebruik van
           helder kleure gee dit 'n gelukkige opgeruimde atmosfeer.

           FIGUUR 7b: Hierdie is 'n surrealistiese/droomagtige toneel waar die figuur 'n
           sprongagtige houding in 'n dierevellyfpak aangetrek het. Sy word uitgebeeld
           as 'n animalistiese kreatuur. Dit kan aandui dat sy haarself sien as 'n
           magtige wese met wilde kwaliteite. Die sampioene kan aandui dat sy in 'n
           fantasie feëverhaal leef waar daar sampioenvelde en oop lugruimtes is
           êrens op 'n ander planeet. Twee hibriede diere/voëls vlieg deur die lug
           bokant haar. Dit kan aandui dat sy verbeel hierdie wesens is haar
           troeteldiere in haar eie wêreld. Die naaste vlieënde hibried toon die voorste
           deel van 'n olifantkop en slurp met vlerke aan die lyf en 'n lang slangagtige
           gekrulde stert. Verder in die lug is nog 'n vliëende kleiner hibried, 'n gevlerkte
           kreatuur en 'n hibried insekagtige kreatuur sit op haar skouer. Voor haar, op
           die swart vlak van die voorgrond is 'n slakagtige wese in 'n skulp, en 'n
           arendkop is geplaas op twee arend kloue. Dit kan ook aandui dat sy 'n
           roofdier en jagter is.

                   Moontlike betekenis en boodskap
           FIGUUR 7a: Die kunstenaar beeld uit 'n foto oomblik van die dag – 'n
           manlike persoon wat tyd in die badkamer voor 'n spieël spandeer om
           homself te versorg. Dit kan 'n boodskap wees aan ander mense wat
           bevooroordeeld is oor mense wat 'n verskillende seksuele orientasie of
           uiterlike voorkoms het. Die bygevoegde juwele, blinkers, pêrels verleen 'n
           vroulikheid aan die werk wat sy seksualiteit reflekteer. Hy is gemaklik met
           wie hy is.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           19                                  DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

           FIGUUR 7b: Die kunstenaar het 'n verbeeldingsruimte geskep, gevul met
           hibriede nagemaakte voorwerpe, plante, voëls en diere. Dit kan beteken dat
           sy wil vlug van die werklike wêreld soos dit vandag is of dit verander soos
           wat dit is. Sy mag dalk ook die sosiale orde van die dag uitdaag. Sy word
           uitgebeeld as 'n magtige en dominante kreatuur wat gereed is om tot aksie
           oor te gaan. Stereotipies word vroue uitgebeeld as broos en hulpeloos. Sy
           staar direk na die kyker aangesien sy uitdagend, uitlokkend en
           konfronterend is. Met verwysing na die titel van die werk, sou sy ook die
           dood in haar slaap uitdaag en dit kan aandui dat hierdie 'n droom/nagmerrie
           is.                                                                                (10)

7.2        Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN
           kunswerk van elke kunstenaar) wie ook die uitdagings van
           geslagstereoptipes en vooropgestelde idees uitdaag.                                (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             20                                      DBE/2023
                                   SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 8:             ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Die uMkhumbane Kulturele en Erfenis museum is die eerste museum wat oor die
afgelope 100 jaar in Durban gebou is. Die museum in Cato Manor, Durban, is ontwerp
om die area se ryk kulturele geskiedenis te bewaar, en om 'n plek te bied vir
opvoedkundige en ontspanningsgeleenthede.

FIGUUR 8a: Choromanski Argitekte, uMkhumbane Kulturele en Erfenis Museum,
Cato Manor, Durban, kleisteen, sement, chroom-metaal, circa 2003.

8.1        Kandidate moet FIGUUR 8a in 'n paragraaf bespreek waarin hulle na die
           volgende verwys:

                 Kontras van materiale:
           Die rooi stene kontrasteer met die gekurfde chroomagtige geperforeerde
           metaal plaat in die interieur en eksterieur van die gebou. Sement is gebruik vir
           die trappe en interieur aanknooppunte van verskillende ruimtes en sinkplate is
           gebruik om die mure te bedek. Die verskillende tipes materiale en kleur
           kontrasteer met mekaar. Die een is blink, koud en reflekteer terwyl die ander
           dof, warm en aards is.

                  Vorm
           Dit is 'n vyfverdieping silo-agtige struktuur wat baie beeldagtig (skulptureel) is.
           Dit het 'n kromlynige binnelaag van rooi stene aan die een kant en 'n
           chroomagtige geperforeerde geboë bedekking aan die ander kant. Die metaal
           bedekking is geheg aan 'n roosteragtige metaal raam. In die interieur, is die
           loopvlakke en trappe van die struktuur is 'n kombinasie van plat mure teenoor
           die geskulpturele sement vorms.

                 Hoe lig in die struktuur ingelaat word
           Die dak is oop tussen die binneste vorm van die rooi bakstene en die
           buitenste metaal bedekking. Lig filter/kom in van die oop dak af of deur die
           opening in die geperforeerde metaal.

                 Patroon
           Die herhaling van kleure, vorms en lyne skep verskillende patrone in hierdie
           struktuur. Die buitenste metaal laag is geperforeer met baie verskillende klein
           driehoekige openinge. Gedurende die dag word 'n veranderende patroon van
           skadus op die steenwerk gesien. 'n Rooster metaal raam ondersteun hierdie
           metaal plaat en dit skep patroon met herhalende diagonale, horisontale en
           vertikale lyne.
                                                                                                 (8)
8.2        Kandidate moet enige TWEE geboue/strukture wat hulle inspireer het
           bespreek deur die volgende te bespreek:

               Boumateriale
              Invloede
              Styl
              Perseel/plasing/gebied                                                            (12)
                                                                                                 [20]

                                                                                   TOTAAL:       100
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-afr/c7029211-f88d-4a06-9973-c3939102b64b) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2023-eng/2b786a81-cd87-4e37-95d3-59499fa78365) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-eng/20f856db-4b7c-4b98-9f25-1387f29e9379) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2018-memo-afr/41130802-cc86-43e0-bada-d732810fcb55) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-afr/6b4f0711-45ef-4801-bdd4-986ad7e70d58) — Visual Arts · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
