# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-memo-afr/30b78c9d-81b4-4b37-b961-accc690c26c9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-memo-afr/30b78c9d-81b4-4b37-b961-accc690c26c9)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2012. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                   NATIONAL
                              SENIOR CERTIFICATE

                                    GRADE 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                  NOVEMBER 2012

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           2                           DBE/November 2012
                                    NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat nagesien word.
1.       Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Leerders moet enige VYF vrae vir 'n
         totaal van 100 punte beantwoord.

2.       Dit is BAIE BELANGRIK dat voorsiening gemaak word vir die leerder in baie
         gevalle:
         •    Leerders moet krediet ontvang vir hul eie menings en idees  in
         antwoorde.
         •    Krediet moet ook aan laterale denke gegee word.
         •    Dit is ook belangrik dat argumente en stellings goed beredeneer en
              gemotiveer moet word deur verwysings na spesifieke faktore.

3.       Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.

4.       Inligting en kunswerke bespreek in een antwoord, mag nie krediet kry as dit in
         'n ander antwoord herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke
         is toelaatbaar.

5.       Leerders moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
         noem, waar van toepassing.

6.       Leerders mag beide twee- en drie-dimensionele kunswerke in enige antwoord
         bespreek, waar van toepassing.

7.       Onthou dat baie leerders hierdie voorbeelde sal bespreek, terwyl hulle
         dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
         akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
         kulture en interpretasies van die kunswerke, binne die konteks van die
         vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigbaar wees in
         die merkproses.
8.       Slegs een punt word toegeken aan die korrekte naam van die kunstenaar en
         korrekte titel van die werk.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
•    Hierdie memorandum moet dien as 'n riglyn vir nasieners sowel as 'n
     onderrigmiddel. Daarom is die memorandum vir sekere vrae in groter diepte
     behandel sodat die materiaal as 'n onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele
     van die memorandum is slegs 'n voorgestelde gids.
•    Nasieners word aangemoedig om leerders te beloon vir wat hulle weet, eerder as
     om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
•    Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet leerders in
     opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
•    Leerders moet alle vrae in VOL SINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
     vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde sal nie volpunte behaal nie.
•    Nasieners moet verwys na die Visuele Kunste VAR-dokument (bl. 24) se matriks
     as 'n riglyn om die vlakke van prestasie te bepaal.
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                                  3                                DBE/November 2012
                                           NSS – Memorandum

Assessering van leerders se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed
en daarop te reageer

  PRESTASIE-
                                      LEERUITKOMS 4: VISUELEKULTUURSTUDIES                                  
     KODE
        7            •   Demonstreer uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Uitstekend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   80 – 100%             lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie
                         van kuns.
                     •   Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.

        6            •   Demonstreer 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul
  Verdienstelik          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    70 – 79%             kommentaar te lewer.
                     •   Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                     •   Toon uitstekende insig en begrip.

        5            •   Demonstreer substansiële vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Substansieel           sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    60 – 69%             lewer.
                     •   Toon substansiële vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
                         kuns.
                     •   Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.

        4            •   Demonstreer gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
   Gemiddeld             sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
    50 – 59%             lewer.
                     •   Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.

       3             •   Demonstreer bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding met hul kulturele,
  Bevredigend            sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
   40 – 49%              lewer.
                     •   Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.

       2             •   Demonstreer slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding met hul
   Elementêr             kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
   30 – 39%              kommentaar te lewer.
                     •   Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.

        1            •   Demonstreer min of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding met hul
 Nie behaal nie          kulturele, sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop
    0 – 29%              kommentaar te lewer.
                     •   Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste visuele kunsterminologie.
                     •   Demonstreer beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
                     •   Toon min of geen begrip of insig nie.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 1: DIE OPKOMENDE STEM VAN SWART KUNS

1.1      Leerders moet aandui of hulle dink die Suid-Afrikaanse kunstenaars in Figuur
         1b en 1c gee 'n meer geïdealiseerde uitbeelding van harde arbeid as Courbet
         in Figure 1a.

         Merkers moet daarop let dat leerders slegs vol punte kan kry as hulle al
         die voorbeelde bespreek het.
         Maksimum 7 punte uit 10 vir die bespreking van slegs 2 voorbeelde.
         Maksimum 5 punte uit 10 vir die bespreking van slegs 1 voorbeeld.

         FIGUUR 1a: Gustave Courbet, The Stone Breakers
         Courbet was 'n Franse Realistiese skilder van die laat 19de eeu wat gesê het
         dat hy nie 'n engel kan skilder nie, want hy het nog nooit een gesien nie.
         Realisme word gekenmerk deur die uitbeelding van daaglikse tonele,
         gewoonlik die armes en verdruktes.
         In hierdie skildery wys Courbet ons 'n ouer man en 'n seun wat klippe breek.
         Dit is 'n rugbrekende, laag besoldigde werk. Courbet gee waardigheid aan
         hierdie arme figure.
         Courbet maak mense van sy tyd bewus van die nood van armes. Die twee
         figure word in die voorgrond van die skildery geplaas met die seun wat 'n
         houer vol klippe vashou, terwyl die ou man kniel terwyl hy klippe breek.
         Daar is 'n komposisionele vloei van die seun deur 'n diagonale byl tussen die
         twee figure na die knielende figuur. Die kyker se oog stop by die byl wat hoog
         in die man se hand gehou word.
         Dit is naturalisties – toon al die detail van die figure, voorwerpe en landskap.
         Die kleur is tipies van Realistiese skilderye in die dowwe bruine en gele.
         Die naturalistiese styl van hierdie skildery wys alles in detail soos in die
         beskrywing van verskillende teksture.
         FIGURE 1b: Gerard Sekoto, Song of the pick
         Die werk is geverf in die jare net voordat Sekoto na Frankryk vertrek het en
         voordat die Nasionale Party se apartheidsbeleid in werking getree het.
         Segregasie tussen die rasse was egter altyd algemeen in Suid-Afrika.
         Hierdie werk word dikwels beskou as Sekoto se mees politieke werk. Die
         kragtige skildery is van 'n foto-gebaseerde tekening aangepas wat hy van
         swart werkers met hulle pikke gemaak het Die ry swart werkers word gesien
         met hulle pikke almal gelyk opgelig.
         Hulle is geïdealiseerde sterk, magtige figure sonder individualiteit en tot
         oorlopens vol energie. Hulle toesighouer, 'n wit man wat pyp rook, word deur
         die mans verdwerg. Hy is in skerp kontras met die fisiese voorkoms van die
         swart arbeiders. Die werk spreek van die bewustheid van swart mag.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           5                           DBE/November 2012
                                    NSS – Memorandum

         Hierdie figuratiewe werk lyk asof dit deur vroeë Modernistiese bewegings,
         soos Post-Impressionisme en Fauvisme. Alhoewel Sekoto ontken dat hy deur
         hierdie bewegings beïnvloed is, is daar 'n instinktiewe verband met daardie
         bewegings.
         Komposioneel vorm die werkers 'n sterk diagonale groep met 'n gevoel van
         beweging en energie. Die krag van hierdie diagonale groep word deur die
         figuur van die klein vertikale figuur van die toesighouer gestop. Sekoto
         versterk hierdie diagonale krag nog meer deur die vingers af te sny sodat
         party pikke buite die raam is.
         Herhaling speel 'n belangrike deel van hierdie werk gesien in die herhaling
         van die postuur van die werkers. Hierdie herhaling skep 'n gevoel van ritme in
         die werk en dit is asof die kyker die lied van die pik kan 'hoor'. Duidelike
         herhaling van kwashale en helder kleure skep ritme in die skildery.
         FIGUUR 1c: Maggie Laubser, Harvest time
         Laubser het tyd saam Duitse Ekspressioniste in Duitsland spandeer, veral
         Schmidt-Rottluff (Die Brücke). Sy het hulle ekspressiewe en verwronge
         skilderstyl terug Suid-Afrika toe gebring. Sy is op 'n plaas in die Wes-Kaap
         gebore en het na hierdie milieu teruggekeer in haar werk.
         Hierdie skildery toon 'n Wes-Kaapse koringplaas waar werkers die
         koringgerwe optel. Die skildery gee ook 'n panoramiese uitsig van die
         koringlande, die arbeiders se huisies in die verte, berge en wolke.
         Die styl is baie ekspressionisties met verwronge en vereenvoudigde vorms.
         Daar is 'n kinderlike onskuld in hierdie werk wat in die vereenvoudigde wolke
         gesien kan word. Die helder kleure word gekontrasteer met die geel koring en
         die blou van die klere, berge en lug. Komposioneel word die kyker in die
         skildery ingetrek deur die diagonale lyne van die lande en die figuur links.
         Sy herhaal die kleur rooi op ‘n slim manier, sigbaar in die hemp van die een
         arbeider links en tikkies rooi in die hoede van die twee ander naamlose
         arbeiders. Sy kan gekritiseer word dat sy die landelike lewensstyl verheerlik
         en dit as idillies uitbeeld, en dat sy nie die harde lewe van die plaaswerkers
         wys nie.
         In beide Sekoto en Laubser se werke word die werkers geidealiseered
         aangesien daar geen individuele figure is nie. Die gesigte is of weggedraai of
         baie skematies uitgebeeld, soos die sentrale figuur van Laubser se skildery.
         Hulle verteenwoordig 'n sekere tipe mens. In die Sekoto is hulle fisies
         sterk    swart   mans,      terwyl hulle    in    die    Laubser    sjarmante
         'sprokiesverhaalkarakters' is.
         Laubser en Sekoto beeld nie die harde werklikheid van werkers in Suid-Afrika
         uit nie. In die tyd waarin die werkers en plaaswerkers geskilder is, was hulle
         ongeskoold, laag besoldig en het nie helder, kleurvolle lewens gelei soos in          (10)
         die skilderye uitgebeeld word nie.
1.2      Leerders moet ten minste TWEE spesifieke kunswerke van enige Suid-
         Afrikaanse kunstenaars wat hulle bestudeer het, wie se werk ons stories van
         mense en/of plekke in ons land vertel, bespreek.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           6                            DBE/November 2012
                                    NSS – Memorandum

         Hulle opstelle moet die volgende insluit:
         •     Name van kunstenaars
         •     Titels van kunswerke
         •     Inspirasies en invloede op die werk
         •     Formele elemente in die werk gebruik
         •     Temas en betekenis
         Maksimum 7 punte uit 10 vir die bespreking van slegs 1 voorbeelde.                     (10
                                                                                                [20]

VRAAG 2: SOEKE NA 'N AFRIKA-IDENTITEIT IN SUID-AFRIKAANSE KUNS

         Leerders moet FIGUUR 2a en 2b bestudeer en 'n paragraaf skryf waarin hulle
         elke werk ontleed.

         Maksimum van 5 punte vir net 1 bespreking.

2.1      FIGUUR 2a. Ernest Mancoba, Composition, waterverf, geen datum.

         Mancoba het nooit enige formele kunsopleiding ontvang nie en is deur Lippy
         Lipschitz, Irma Stern, asook Europese kunsbewegings, bv. Duitse
         Ekspressionisme en Abstrakte Ekspressionisme beïnvloed.

         Die stylkenmerke in hierdie skildery is ekspressief, maar beheers. Mancoba
         verkies om met waterverf te werk, soos gesien in FIGUUR 2a, aangesien dit
         spontane kwaswerk toelaat.

         Die opwelling van helder primêre en sekondêre kleure met tikkies wit is 'n
         definitiewe invloed van die Fauves. Lyn en kleur word gebruik sonder om
         enigiets anders voor te stel. Daar is geen figuratiewe onderwerpmateriaal nie.
         Die vierkant-komposisie bestaan slegs uit kleur en lyn.

         Die diagonale lyne skep 'n gevoel van energie, beweging en rusteloosheid.
         Die fokale punt word geskep deur donker blouswart lyne wat in die middel van
         die komposisie saamsmelt om 'n onreëlmatige vorm te skep. Tussen die lyne
         is onreëlmatige kleurvorms lukraak geverf.

         FIGUUR 2b. Irma Stern, The hunt, olieverf op doek, 1926.

         Irma Stern is met die Duitse Ekspressionistiese skilders geassosieer en deur
         hulle beïnvloed. Haar helder en lewendige styl word as 'modern' beskou.
         Stern het baie gereis en landskappe en mense wat sy op die reise teëgekom
         het, geskilder. Haar voorkeur-medium was olieverf wat sy met 'n kwas of mes
         aangewend het [impasto – verf wat dik aangewend is].

         Al die figure, asook die honde in die voorgrond, is geïdealiseerd. Haar gebruik
         van sensuele kleure word gesien in haar gebruik van groene, bloue, en geel,
         neutrale bruine en tikkies rooi. gesien.

         Sy omlyn die figure in 'n swartblou kleur, soos die Post- Impressioniste
         gemaak het. Daar is hoekige diagonale lyne wat beweging skep. Die
         verwronge portrette van die jagters is deur Afrika-maskers beïnvloed.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           7                          DBE/November 2012
                                    NSS – Memorandum

         Perspektief en ruimte is geskep deur die figure kleiner te teken soos wat
         ruimte kleiner word en deur die vaagheid van figure.

         Leerders moet oor beide skilderye antwoord en dit motiveer.                          (8)

2.2      Leerders moet 'n opstel skryf [ongeveer 1½ bladsye] waarin hulle die reis wat
         kunstenaars onderneem het, bespreek en hoe hulle deur beide Westerse en
         Afrika-tradisies beïnvloed is.                                                       (12)
                                                                                              [20]
         Leerders mag Suid-Afrikaanse - en/of internasionale kunstenaars
         bespreek.

         Maksimum 8 punte vir net 1 voorbeeld bespreek.

VRAAG 3: KUNS EN POLITIEK: WEERSTANDS- OF PROTESKUNS

3.1      Met verwysing na die visuele bronne (FIGURE 3a en 3b); moet leerders 'n
         opstel skryf waarin hulle die stelling wat gemaak word, debatteer.

         Maksimum 7 punte vir net 1 voorbeeld bespreek.

         FIGUUR 3a: Jane Alexander, Ongetiteld, was, verf, been, gips, hout,
         staal, 1982.

         Alexander poog om deur haar werk die wyse waarop geweld, aggressie,
         wreedheid en lyding deur die menslike figuur oorgedra en uitgedruk word, te
         identifiseer. Alexander se vroeë werk was 'n sosio-politieke reaksie op die
         geweld van die 1980's in Suid-Afrika.

         Ongetiteld, 1982, is ‘n vroeë werk deur Alexander wat twee lewensgrootte
         skeletfigure uitbeeld wat aan ‘n houtraam hang.

         Die twee ontstellende figure hang hulpeloos in die houtraam – amper soos
         trofeë of dalk karkasse in ‘n abattoir. In die brutale wyse waarin hulle
         uitgebeeld is, het hulle ‘n sterk ‘skokeffek’. Alexander voel dat die publiek
         aangetrek word deur geweld, aangesien dit ‘n gevoel van sensasie skep.

         Die figure lyk na menslike karkasse, maar het dierskedels in die plek van
         mensekoppe. Hulle swaai aan hake, amper soos in ‘n gruwelfilm. Omdat hulle
         lewensgroot is, het hulle‘n ongelooflike teenwoordigheid en skep hulle ‘n
         ontstellende effek.

         Alexander het miskien doelbewus nie ‘n titel aan die werk gegee nie, omdat
         sy wil hê dat die aanskouers hul eie interpretasie van die beelde moet vorm,
         onbeïnvloed deur haar intensies. Ongetiteld beklemtoon ook dat hierdie
         ‘slagoffers’ enigiemand kan wees - hulle is anoniem.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            8                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

         Die liggame is skelette en verleng, asof hulle uitgeteer is deur ‘n gebrek aan
         voedsel, of miskien uitgerek is op ‘n folteringsrak– beide ‘n gevolg van erge
         lyding. Hulle is slagoffers.

         Die figure is erg verwring en geslagloos. Deur hul saam in die houtraam uit te
         stal, dra by tot hul kragtige vermoë om die aanskouer direk te betrek.

         Hulle verwringde figure suggereer ‘n gevoel vir die groteske.

         Deur die twee ontstellende figure saam uit te stal, dra dit by tot die skok
         impak van die kunswerk. Daar kan gevra word of dit ‘n ‘paartjie’ is – ‘n man en
         vrou, maar daar is geen visuele leidrade wat die geslag aanbetref nie.

         Alexander verstaan ook die ‘stilte van ruimte’ – waar die verhouding van een
         figuur tot die ander ‘n gevoel van vervreemding, alleenheid, afgesonderdheid
         of eensaamheid skep.

         FIGUUR 3b: Paul Stopforth, Death in Detention, 1978.

         Hier konfronteer Stopforth die kwessies van marteling en aanhouding tydens
         apartheid in Suid-Afrika toe die arrestasie van politiese protesteerders
         wydverspreid was. Dood in detensie (aanhouding) was algemeen.

         In hierdie werk bied Stopforth die kyker 'n installasie van drie lewensgrootte
         pleisterfigure in 'n kamer. Die kyker voel asof hy/sy in hierdie
         ondervragingsruimte teenwoordig is. Dit het 'n sterk emosionele impak.

         Die manier waarop die figure aangebied word, toon hulle hulpeloosheid –
         hulle is die slagoffers.

         Een figuur lê uitgestrek op die vloer met 'n tou om sy nek. Hy is duidelik dood,
         sy liggaam gebreek en in 'n vreemde posisie.

         Die tweede figuur sit op 'n stoel – arms agter sy rug vasgemaak met 'n mus
         oor sy kop getrek. Dit lyk asof hy met die stoel waarop hy sit, saamsmelt.

         Die derde figuur staan nakend, met sy rug na ons toe, sy bene gesprei en
         hande ferm op die muur voor hom geplaas – wagtend.

         Al drie figure wek 'n sterk gevoel van stilte op. Die gevoel van die ongesiene
         martelaar is altyd teenwoordig. Kykers word ontstel deur die feit dat hulle
         nooit weet hoe die finale toneel verloop nie. Sal hulle dit oorleef of nie?             (10)

3.2      Leerders moet 'n opstel skryf (ongeveer EEN bladsy) waarin hulle ten minste
         TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het, wat 'n sterk stelling maak oor
         maatskaplik-politieke kwessies, bespreek.
         Die volgende moet as riglyn gebruik word:

         •   Titels van die kunswerke en naam (name) van kunstenaar(s)
         •   Media en tegniek

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            9                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

         • Invloede
         • Stilistiese kenmerke
         Onderwerp en boodskap wat oorgedra word

         Formele analise/ontleding van kunswerktegnieke moet duidelik wees.

         Maksimum 7 punte vir net 1 voorbeeld bespreek.
         Leerders kan enige kunstenaar/s wat sosio-politiese kommentaar lewer,
         bespreek.                                                                               (10)
                                                                                                 [20]

VRAAG 4: KUNSVLYT ('CRAFT') EN TOEGEPASTE KUNS

Leerders moet bespreek waarom kunsvlytkunstenaars meer bewus van huidige
tendense moet wees as hulle hoop om 'n bestaan uit hulle kuns te maak. Daar kan
geargumenteer word dat tradisionele kunsvlytkunstenaars nie innoverend genoeg is
om meer eksperimenteel met hulle materiaal en tegnieke te wees nie.

4.1      Leerders moet na die visuele beelde in FIGUUR 4a–d verwys en 'n paragraaf
         skryf (ongeveer ½ bladsy) waarin hulle debatteer of dit belangrik is vir
         kunsvlytkunstenaars om moderner en meer bewus van huidige tendense te
         wees, en as hulle so dink of tradisionele kunsvorms vir ewig verlore sal gaan.

         Hierdie is algemeen debatteerbaar – leerders mag nie gepenaliseer word
         indien hulle nie spesifieke verwysing na die gegewe bronne gee nie.

         Tradisionele kunsvorms word steeds gebruik en kan gesien word in
         mandjiewerk, pottebakkery, draadwerk, houtwerk en kralewerk. Kunstenaars
         het die tradisionele tegnieke gebruik om nuwe kunsvorms te skep.
         Mandjieweef het handwerksmanne geïnspireer om met verskillende materiale
         te weef, soos gesien word in matte uit plastiek, klere, ensovoorts. Die
         beeldhouer,     Walter     Oltmann,     gebruik    weeftegnieke.        In   die
         telefoondraadmandjie [FIGUUR 4d] word tradisionele weefmetodes gebruik,
         en die mandjie is beide funksioneel en esteties aantreklik vir die toeristemark.
         Oorspronklike kunsvlytitems, soos kleipotte en geweefde mandjies
         [FIGUUR 4C] is in die alledaagse lewe gebruik. Mandjies was baie belangrik
         in die lewe van die stam in al hulle rituele en godsdienstige plegtighede.
         Potte is gebruik vir godsdienstige seremonies en rituele, met 'n diepe
         betekenis in 'n mistieke en artistieke sin. Vandag is potte nie slegs
         funksioneel nie, maar ook dekoratief. Die kunsvlytkunstenaars het
         entrepreneurs geword wat hulle werk aan winkels en oorsese versamelaars
         verkoop.
         Dekoratiewe kralewerk word in juweliersware en mode-items, soos in
         FIGUUR 4a en 4b, geïnkorporeer.
         Oorspronklike mode-items is slegs binne die stamme gemaak, maar deesdae
         verskyn dit op die loopplanke van modeskoue en tydskrifte. Kralewerk word in
         klere geïnkorporeer. Deesdae het die grense tussen kuns en handwerk feitlik
         verdwyn.                                                                                (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              10                           DBE/November 2012
                                        NSS – Memorandum

4.2         Die leerder moet 'n opstel skryf (ongeveer 1½ bladsye) waarin hulle die werk
            van enige TWEE kunsvlytkunstenaars wat hulle bestudeer het, bespreek.
            Hulle moet na die volgende verwys:

            •   Name van kunsvlytkunstenaars
            •   Soort kunsvlyt wat geskep is
            •   Gebruik van materiale
            •   Funksie
            •   Gebruik van tradisionele en/of kontemporêre tegnieke
            •   Gebruik van dekoratiewe elemente
            •   Enige ander relevante inligting met betrekking tot elk van die kunstenaars
                wat bespreek word

            Maksimum 10 punte indien net 1 kunsvlytkunstenaars bespreek is.
            Kunsvlytkunstenaars kan Suid-Afrikaans en/of internasionaal wees.                      (14)
                                                                                                   [20]

VRAAG 5: KUNS EN MAG

5.1     Leerders moet die inligting gegee, lees en 'n kort opstel skryf (ongeveer EEN
        bladsy) waarin hulle die volgende bespreek:
        •       Die boodskap/betekenis agter die gebruik van wapens om The Tree of Life
                (Die Boom van Lewe) (FIGUUR 5a) te skep. Waarom, dink hulle, het hierdie
                kunstenaars besluit om 'n boom te gebruik? Op watter manier herdenk dit
                Mosambiek se burgeroorlog?
        •       Die gebruik van die AK-47 in Afrika en die rede waarom die kunstenaars in
                FIGUUR 5b, 5c and 5d besluit het om dit as onderwerp vir hulle kuns te
                gebruik.
        •       Die materiale wat gebruik is om AK-47's in FIGUUR 5b, 5c and 5d te skep. Wat
                is, volgens hulle, die boodskappe wat hierdie kunswerke oordra?

        Figuur 5a: Cristovao Canhavato (Kester), Hilario nhatugueja, Fiel dos Santos
        en Adelino Serafim Mate, The Tree of Life, beeldhouwerk gemaak van wapens,
        2004
           • Boom is simbolies van groei
           • Nuwe lewe uit die dood
           • Skep hoop vir die land
           • Die boom is kaal en gestroop van alles
           • Toon transformasie van die verlede (oorlog en wapens) in ‘n boom
              (toekomstige groei) en is monumentaal
           • Uit die verlede groei die toekoms
        Figuur 5b: Michael MacGarry, Fetish, gemengde media, 2008.
        Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, MacGarry, is geïnteresseerd in die gevolge van
        imperialisme in Afrika. Hy het 'n aantal 'nie-funksionele' AK-47's gemaak met
        gebruik van 'n verskeidenheid materiaal.
        Die AK-47 het die simbool van verwoesting/vernietiging in Afrika geword. Dit is die
        wapen wat die meeste in konfliksituasies, burgeroorloë, ens. Gebruik word.
        In Fetish wys hy die spanning tussen tradisie en modernisme in Afrika. Die geweer
        in die beeldhouwerk lyk soos 'n beeldhouwerk deur die Nkondi-mense van die
        Kongorivier. Hierdie obsessie-beelde ('fetish sculptures') (deesdae eerder bekend
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            11                             DBE/November 2012
                                      NSS – Memorandum

        as magsfigure) is gesnede houtbeelde wat gedien het as houers vir kragtige
        bestanddele wat vir toordery, genesing, waarsêery of die neem van 'n eed gebruik
        is. Spykers en lemme is in die figuur ingeslaan, òf om die eed te bevestig òf om 'n
        bose mag te vernietig.
        Op dieselfde manier het MacGarry die AK-47 verander deur metaalspykers by te
        voeg. Die AK-47 dui op geweld en gevaar, terwyl die spykers beskerming teen
        hierdie bose 'gees' aandui. Die nie-funksionele AK-47-beeldhouwerk is verander in
        iets wat lyk soos 'n Afrika-artefak.

        Figuur 5c. Candice Borzechowski, Safety 1st, 2010.
        Hierdie werk is by die Spier Contemporary uitstalling in 2010 uitgestal. Dit is uit 3
        000 haakspelde gemaak.
        Die voorwerp lyk eteries (bo-aards), delikaat en pragtig. Dit herinner mens aan 'n
        groot stuk juweliersware. Die vakmanskap is merkwaardig. Mens besef dan dis in
        die vorm van 'n geweer met al die simboliek van geweld, gevaar en misdaad.
        Daar is dus hierdie dubbelsinnigheid tussen die skoonheid van die gebruik van
        materiaal en die geweer-vorm. Die haakspelde is 'n interessante keuse van
        materiaal omrede die simboliek daaraan verbonde. Haakspelde word gebruik om
        dinge vas te maak en bymekaar te hou, soos doeke, klere, ensovoorts. Dit word
        dikwels in noodsituasies gebruik, soos wanneer 'n ritssluiter gebreek het
        ensovoorts.
        Maar in hierdie werk word die haakspelde 'vasgemaak' op so wyse om 'n gevaarlike
        geweer te verteenwoordig. Die titel is ook dubbelsinnig en mens is nie seker of dit
        na die haakspelde, die geweer as 'n wapen vir beskerming of beskerming deur
        beide verwys nie. In 'n land soos Suid-Afrika met 'n hoë koers van geweer-verwante
        misdaad en geweld, maak hierdie werk 'n kragtige stelling.

         Figuur 5d: Francois Roberts, Ak-47, 2007.

         Francois Roberts is 'n Switserse fotograaf wat baie betrokke is by anti-
         geweldveldtogte. Die geweer is 'n simbool van geweld, pyn en die dood.

         Roberts het 'n foto geskep van regte mensbene wat in die vorm van 'n AK-47
         op swart fluweel gerangskik is.

         Daar is makabere skoonheid wat kontrasteer met die witterige bene, moontlik
         'n simbool van reinheid en onskuld versus die swart agtergrond wat mens aan
         'n doodskis herinner. Die boodskap is baie direk – gewere maak mense dood.                (8)

5.2      Leerders moet 'n opstel skryf (ongeveer 1½ bladsy) oor ten minste TWEE
         spesifieke geboue/openbare beeldhouwerke/kunswerke wat hulle bestudeer
         het, wat hulde betoon aan spesifieke gebeurtenisse/idees en/of mense.                     (12)
                                                                                                   [20]
         Maksimum 8 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 6:      DIE ROL VAN DIE FORMELE EN INFORMELE KUNSSENTRUMS IN
              DIE OPLEIDING VAN KUNSTENAARS IN SUID-AFRIKA GEDURENDE
              APARTHEID/POST-APARTHEID

In Suid-Afrika is daar dikwels interaksie tussen die tradisionele, landelike en Westerse,
stedelike leefstyl in die werk van swart kunstenaars. Beide Ephraim Ngatane
(FIGUUR 4a) en John Muafengejo (FIGUUR 4b) het troues in hul werk uitgebeeld.

6.1      Die leerders moet 'n opstel skryf [ongeveer EEN bladsy] waar hulle die twee
         interpretasies van die troues soos in FIGUUR 6a en b vergelyk.

         Maksimum 7 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is.
         Maksimum 8 punte indien net ‘n analise gegee is sonder ‘n vergelyking.

         Ephriam Ngatane het die Polly Street Art Centre [Skone Kunste geen
         handwerk] bygewoon waar onderwysers en studente deur 'n proses van
         Afrikanisering in hulle werk gegaan het. Polly Street was 'n stedelike sentrum
         in die middestad van Johannesburg. Dit het gepoog om verwesterse Afrikane
         met hulle erfenis te herenig. Die studente en onderwysers was almal mans.

         Muafengejo het by Rorke's Drift, 'n landelike sentrum in die KwaZulu-Natalse
         platteland, naby die terrein van die Slag van Bloedrivier, gewerk. Die sentrum
         het gespesialiseer in onderrig in handwerk, hoofsaaklik vir vroue. Daar was
         egter op 'n stadium 'n Skone Kunste departement wat grafiese tegnieke, soos
         linodruk en etswerk onderrig het.

         Sy outobiografiese werke sluit daaglikse aktiwiteite in die landelike
         gemeenskappe in, soos ploeg, jag, mielies stamp, ensovoorts. Sy werk lewer
         kommentaar op sosio-politieke kwessies. Hy onthul 'n gevoel/sin vir vrede en
         vergenoegdheid, en teken gebeurtenisse, gevoelens en sy reaksie op die
         lewe aan. Daar is 'n ondertoon van angstigheid in die wyse waarop hy toon
         hoe hierdie waardes vernietig en vervang word met die 20ste eeuse Westerse
         lewenswyse.

         FIGUUR 6a: Ephraim Ngatane, The wedding, olie op bord, 1969.
         Sigbare kwashale kan in die verftegniek van die reghoekige formaat gesien
         word. Die kunswerk is figuratief en nie abstrak nie. Die bruid en die
         bruidegom is in die middel van die skildery en skep die fokuspunt. Daar is 'n
         klein dogtertjie voor hulle wat wit (reinheid) met tikkies blou en geel oker dra.

         Die trouprosessie word geïllustreer met die bruid en bruidegom wat
         verwestere klere dra met hulle rûe na die kerk. Hulle stap na die kyker toe.
         Die kerk word uitgebeeld in geel, simbolies van geluk, met tikkies blou. Die
         dowwe figure om die bruidspaar raak amper onbeduidend omdat dit moeilik is
         om hulle stemming te ontsyfer.

         Links in die skildery word die bruidspaar met gestileerde gesigsuitdrukkings
         uitgebeeld. Daar is 'n kol donkergroen bome links van die gemeente, moontlik
         'n simbool van groei en aansporing.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          13                          DBE/November 2012
                                    NSS – Memorandum

         FIGUUR 6b: John Muafangejo, The Royal Wedding, linodruk, 1982.

         Die tweedimensionele swart-en-wit            drukproses van linodrukwerk
         [reliëftegniek] is in hierdie werk gebruik. Die kunstenaar wend geen poging
         aan om perspektief te skep nie. Die figuratiewe linodruk toon 'n komposisie
         van die bruid en bruidegom op 'n meer tradisionele wyse wat die fokuspunt
         word. Hulle word uitgebeeld in 'n omhelsing binne 'n geslote sirkel/kring wat
         hulle toewyding aan die huwelik verteenwoordig.

         Die diagonale lyne wat die stilistiese figure [gemeente] enkapsuleer, lei die
         oog na die sirkel. Aan beide kante van die bruidspaar word vier osse getoon,
         twee swart en twee wit, dikwels die simbool van rykdom en mag [lobola]. Die
         gemeente word in driehoekige bande onder die boonste band van die
         bruidspaar en osse geïllustreer. Die sirkels onder die band skep balans.

         Hy toon 'n sterk gevoel vir patroonwerk en ontwerp deur die hele formaat met
         stilistiese figure vol te maak. Die onderskrif links bo, The Royal Wedding,
         beskryf die kunswerk.                                                                (10)

6.2      Die leerders moet enige Suid-Afrikaanse kunssentrum wat hulle bestudeer
         het, kies en bespreek (ten minste EEN bladsy):

          •  Die doel en befondsing van hierdie kunssentrum
          •  Die invloed wat hierdie kunssentrum op sy studente gehad het
          •  Die soort werk wat by hierdie kunssentrum geskep word, met verwysing
             na onderwerp, media en tegnieke wat gebruik word
         • Spesifieke kunswerk(e) deur ten minste EEN student van hierdie sentrum
         Maksimum 7 punte indien net die kunssentrum bespreek is sonder
         verwysing na ‘n spesifieke kunswerk.
         Maksimum 7 punte indien net die kunswerk/e bespreek is en nie die
         kunssentrum nie.                                                                     (10)
                                                                                              [20]

VRAAG 7:       MULTIMEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE
               KUNSVORME IN SUID-AFRIKA

7.1      Leerders moet verwys na die stelling en die visuele bronne (FIGUUR 7a–c),
         en die volgende in 'n kort opstel bespreek (ongeveer EEN bladsy):
          •   Leerders moet 'n installasie definieer en noem hoekom hulle dink
              Madikida op hierdie kunsvorm besluit het eerder as 'n meer tradisionele
              beeldhouwerk of skildery.

         'n Installasie is 'n kunswerk wat ruimte as 'n integrale deel van die werk
         gebruik. Die kyker kan gewoonlik die stuk 'binnegaan' en deel daarvan word.
         Dit laat toe dat 'n verskeidenheid media gebruik kan word, beide twee-
         /driedimensioneel en tradisioneel/kontemporêr, byvoorbeeld digitaal
         ensovoorts. Dit kan ook reuke, klanke, ensovoorts insluit.

         Madikida het moontlik op die kunswerk besluit omdat hy 'n verskeidenheid
         media kon gebruik om sy idees uit te druk en so die kyker ten volle kon
         betrek.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             14                           DBE/November 2012
                                       NSS – Memorandum

         •    Die atmosfeer en idees wat hierdie installasie (FIGUUR 7a) aan die
              kyker oordra. (Kyk na die kleure en simbole gebruik.)

         Die installasie het 'n altaaragtige gevoel wat 'n gevoel van oorpeinsing in die
         kyker skep soos in 'n godsdienstige omgewing of begrafnisonderneming. Die
         atmosfeer herinner ons ook aan 'n godsdienstige plek as gevolg van die kruis
         aan die muur en die brandende kerse ensovoorts.

         Party van die simbole wat in hierdie installasie oor MIV/Vigs gebruik is, sluit
         die volgende in: brandende kerse (kortstondigheid van die lewe), rooi linte
         (internasionale MIV/Vigs-simbool), droë blomme (simbool van skoonheid wat
         vergaan), gordyne (die gordyne van 'n krematorium, die einde, ensovoorts) en
         die kruis (Christelike simbool). Die meeste van die items wat gebruik word in
         hierdie installasie spreek van die dood, asook die verpletterende uitwerking
         van Vigs op miljoene mense.

         'n Groot hoeveelheid rooi is in hierdie installasie gebruik, wat
         verteenwoordigend is van die MIV/Vigs-lint en kan ook na bloed, die virus
         (FIGUUR 7c), ensovoorts verwys.

         •    Die verskillende betekenisse wat die woord 'status' voorstel.

         Twee baie spesifieke betekenisse word voorgestel:

         1.         'n Persoon se MIV-status – of jy met MIV/Vigs-geïnfekteerd is of nie
                    (positief of negatief)
         2.         'n Persoon se sosiale status in die samelewing – en dat die MIV/Vigs-
                    virus geen invloed op jou sosiale status/klas het nie.

         •    Die bydrae van die reeks maskers tot die uitstalling (FIGUUR 7b).
              Redes waarom leerders dink hy die maskers wit gehou het.

         Die gipsmaskers, wit geverf, is gietsels van mense met MIV/Vigs. Dit is
         duidelik dat die MIV/Vigs-virus geen kleurgrense ken nie. Die een masker was
         van sy suster wat later aan Vigs dood is. Dit gee 'n persoonlike gevoel aan
         die uitstalling. Dit lyk soos dodemaskers, soos Romeinse, Egiptiese en Afrika-
         maskers. Die wit kan ook verwys na vervreemding of vreesaanjaende en
         spookagtige gesigte. Die gesigte op die muur lyk soos trofeë.

         •    Die insluiting van die virus (FIGUUR 7c)

         Om die storie van MIV/Vigs uit 'n verskillende perspektief te vertel – vanuit 'n
         biologiese standpunt. Dit het ook 'n interessante visuele voorkoms. Die 'mooi'
         prentjie is eintlik een van 'n dodelike virus.

         •    Die boodskap en styl van die skildery (FIGUUR 7d).

         Die skildery is naïef met 'n direkte, kru styl. Die swart figuur huil [blou trane]
         en word gekontrasteer teen die rooi agtergrond. Die verwronge figuur is met
         sterk blou en groen omlyn en geel kolletjies is op die liggaam en gesig
         geteken. Die figuur word geïllustreer met kort arms en mismaakte hande.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           15                           DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

         Frases is bygevoeg wat 'n wrang/verdraaide of siniese kommentaar oor Vigs
         in Afrika maak, byvoorbeeld 'kom kuier in Afrika' en 'kyk hoe Afrikane sterf'.
         Bondels vertikale lyne word in die agtergrond getoon wat te make het met die
         sterftes in die samelewing.

         •   Leerders moet noem watter kunswerk (FIGUUR 7a–d) die suksesvolste is
             om die vernietigende uitwerking van Vigs uit te druk. Hulle moet rede vir
             hulle antwoorde gee.

         Die keuse is oop, maar hulle antwoorde moet gemotiveer wees en verwys na
         die vernietigende uitwerking van MIV/Vigs op die samelewing.                           (10)

7.2      Multimedia-kuns steek die grense van wat gewoonlik as 'kuns' gesien word,
         oor. Leerders moet ten minste TWEE multimedia-kunswerke wat hulle
         bestudeer het, krities ontleed, om te verduidelik hoe dit die idee van kuns
         verbreed (ongeveer EEN bladsy).

         Hulle opstelle moet die volgende insluit:

         •   Name van kunstenaars en titels van kunswerke
         •   Beskrywing en analise van kunswerke
         •   Boodskappe en/of betekenisse van kunswerke
         •   Maniere waarop hierdie kunswerke die kyker se idee van kuns verryk en
             verbreed                                                                           (10)
                                                                                                [20]
         Maksimum 7 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is.

VRAAG 8:      KUNS EN DIE GEESTELIKE (SPIRITUELE) GEBIED – KWESSIES IN
              KUNS RAKENDE GELOOFSTELSELS EN DIE GEESTELIKE

Gedurende en na die verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog het twee Britse
skilders, Graham Sutherland en Francis Bacon, albei godsdienstige beelde geskep wat
foltering en wreedheid weergegee het.

8.1      Leerders moet hierdie twee werke (FIGUUR 8a en FIGUUR 8b) bespreek
         deur na die volgende te verwys (ongeveer EEN bladsy):

         •   Die gebruik van verwringing in die beelde
         •   Die gebruik van kleur
         •   Komposisie, ruimte en die gebruik van rigtingslyne
         •   Moontlike interpretasies/betekenisse van hierdie werke in 'n wêreld wat
             deur oorlog vernietig is

         Maksimum 5 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

         FIGUUR 8a. Graham Sutherland, Crucifixion 1, 1946.

         Geskilder na die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog, beeld Sutherland
         Christus op die kruis uit in 'n verwronge en vreesbevange manier. Die werk is
         gebaseer op Grünewald se Crucifixion in die Isenheim Altarpiece. Dit is die
         mees tragiese tema – deur die dood kry ons verlossing – die hoop op redding.

         Die beeld van die kruisiging is ferm in die middel van die reghoekige
         komposisie geplaas. In hierdie werk, hang Christus se liggaam in foltering
         teen 'n blou agtergrond. Hierdie figuur word 'n kragtige beeld van fisiese en
         geestelike lyding.

         'n Aanduiding van 'n kroon van dorings is sigbaar om Christus se kop. Hierdie
         dorings, die gekurfde doringdraadvorms, dien as simbole van menslike
         wreedheid en lyding.

         Die gebruik van distorsie (verwringing) in terme van die uitgestrekte arms
         wat aan die kruis vasgespyker is, met die hande oop en na bo, kop wat
         vooroor hang, ribbes en maer torso, beklemtoon die lyding van Christus.

         Voor Christus se voete wat oormekaar gekruis is, is daar 'n enkele
         touversperring wat die kyker van die beeld skei.

         Die gebruik van kleur is interessant. Die sterk oranje reghoekige vorm
         onderaan die komposisie vorm 'n dinamiese kontras met die komplementêre
         blou van die agtergrond. Spatsels lila word in plekke oor die blou agtergrond
         ‘gestrooi’. 'n Meer dominante lila area is langs die regterbeen van Christus
         geskilder en help om die vertikaliteit van die figuur te beklemtoon. Die donker
         swart skadu's agter die wit figuur van Christus en dele van die kruis, stoot die
         beangste figuur na vore. Dit, en die geringe gebruik van perspektief wat
         boaan die kruis gesien word, gee 'n gevoel van beperkte ruimte in die
         komposisie.

         Sterk strukturele/rigtingslyne is duidelik op beide die oranje reghoekig en
         blou agtergrond. Die neig om ook die ruimte verplat.

         Die figuur is skerp met swart omlyn.

         FIGUUR 8B: Francis Bacon, Three studies for figures at the base of a
         crucifixion, 1944.

         Bacon het begin in 1933 om beelde gebaseer op die Kruisiging, te skilder.
         Dit is triptiek wat in 1944 deur Bacon geskilder is. Die werk is gebaseer op die
         Griekse Furies en sy interpretasie van die Kruisiging beeld drie
         ineengekrimpte antropomorfies (mensagtige) kreature uit teen die plat
         donkeroranje agtergrond.

         Die Three Studies (Drie Studies) is in olieverf en pastel op veselbord
         gedoen en binne twee weke voltooi. Sy bedoeling was om 'n groot Kruisiging-
         figuur te skilder en hierdie figure aan die voet van die kruis te plaas. Dit is
         nooit gedoen nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           17                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

         Die Three Studies-triptiek word oor die algemeen beskou as Bacon se eerste
         volwasse werk – hy beskou die werke wat hy voor die triptiek geskep het as
         irrelevant en dwarsdeur sy lewe het hy probeer om hulle verskyning op die
         mark te onderdruk.

         Gebruik van verwringing/kleur
         In hierdie werk gebruik hy doelbewus verwronge, langwerpige ontwrigte
         organiese vorms – halfmens, halfdier. Jy voel dat hulle sou kon byt,
         ondersoek en suig met hulle lang, palingagtige nekke en oop bekke – maar
         vreemd genoeg is hulle sigloos. Elke paneel toon 'n enkele strak
         beeldhouvorm gekontrasteer teen 'n fel rooi/oranje agtergrond.

         Miskien is dit hierdie rooi/oranje agtergrond wat mens laat dink aan
         ingewande/derms, van 'n anatomie of 'n viviseksie (oopsny). Dit laat ons gril.
         Die vleeskleur van die figure is verkry deur grys en wit kwashale oor mekaar
         te verf, terwyl die figure se ondersteuning in 'n verskeidenheid van geel,
         groen, wit en pers tone gekleur is.

         Daar is ook voorgestel dat van die drie figure, die een links die meeste na 'n
         menslike vorm lyk, en dat dit miskien iemand is wat rou by die kruis.

         Sittend op 'n tafelagtige struktuur, het hierdie ledemaatlose kreatuur 'n lang
         nek, swaar geronde skouers en 'n dik bos donker hare. Nes sy suster-
         voorwerpe word die linkerkantste figuur in lae wit en grys verf uitgebeeld.

         Die middelste figuur se bek is direk op sy nek geplaas, eerder as op 'n
         duidelike gesig. Sy tande is ontbloot asof hy grom en is geblinddoek met 'n
         hangende kledingstofverband. Die kreatuur is frontaal voor die kyker geplaas
         en is gesentraliseer deur 'n reeks konvergerende lyne wat uit die basis van
         die voetstuk uitstraal.

         Geleë op 'n geïsoleerde stukkie gras, is die regterkantste figuur se bek
         oopgesper asof hy skree, of miskien gaap. Die bek is op so 'n hoek oop wat
         vir 'n menslike skedel onmoontlik is.

         Die oranje agtergrond van hierdie paneel is helderder as die ander twee
         panele en die figuur se nek maak oop in 'n ry tande, terwyl die ore uitsteek
         van agter sy onderste kaak.

         Gebruik van rigtingslyne
         Bacon gebruik 'n interessante ruimtelike dinamiek van drie lyne wat uit die
         sentrale figuur uitstraal. Die ander twee panele dui op 'n binneruimte – 'n
         ruimte met 'n lae plafon, vensterloos met snaakse proporsies – behalwe dat
         die ruimte verplat is as gevolg van die sterk rooi agtergrond wat na die kyker
         spring. Jy kan nie die demoniese kreature ignoreer nie, en dus word 'n
         stemming geskep wat gewelddadig is met 'n gevoel van boosheid.

         Hierdie verskrikte, blinde, tierende figure is liggaamlik in hulle impak, en skep
         gevoelens van vrees, angs, afgryse en isolasie. Ons reageer op hulle as
         selfbewuste kreature, hulle houdings/posture en uitdrukkings onthul
         gevoelens van paniekbevange isolasie, skerp afgryse, pyn en blinde
         verwarring.
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                          DBE/November 2012
                                    NSS – Memorandum

         Toe die skildery die eerste keer in 1945 uitgestal is, het dit sensasie
         veroorsaak en gehelp om hom as een van die voorste na-oorlogse skilders te
         vestig.                                                                              (8)

8.2      Leerders moet die werk van enige TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer
         het waarin die kunstenaar(s) geestelikheid en/of godsdienstige kwessies
         uitbeeld bespreek (ongeveer 1½ bladsye).

         Die volgende moet in die opstel ingesluit wees:

         •   Naam van die kunstenaars
         •   Titels van werke
         •   Die gebruik van formele kunselemente
         •   Styl en tegniek
         •   Kommunikasie van godsdienstige en/of geestelike kwellings deur die
             moontlike betekenisse en interpretasies van hierdie kunswerke te
             bespreek                                                                         (12)
                                                                                              [20]
         Maksimum 8 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is.
         Kuns waar die titel en kunstenaar onbekend is, soos bv. Indiese Kuns,
         tradisionele Afrika-kuns, moet krediet gegee word vir die bespreking
         van die werk en tydvak waarin dit geskep is.

 VRAAG 9: GESLAGSKWESSIES

In die Griekse mitologie was Narcissus was pragtige, trotse jongman wat sy eie
weerkaatsing gesien het en daarop verlief geraak het toe hy by 'n dammetjie verby
geloop het. Omdat hy nie kon ophou kyk vir sy beeldskone weerkaatsing nie, het hy op
die wal van die dammetjie gebly totdat hy daar dood is.

Die menslike liggaam was vir eeue die hoofonderwerp vir baie kunstenaars. Tracy
Payne is 'n kontemporêre kunstenaar wat op die skoonheid van die manlike liggaam
fokus, terwyl Matthew Hindley die skoonheid van die vroulike vorm uitbeeld – albei van
op 'n nie-stereotipiese manier.

9.1      Die werke wat in FIGUUR 9a en 9b aangebied word, is geskilderde beelde
         van pragtige mense. Massamedia – tydskrifte, televisie, films – buit tans die
         konsep van 'skoonheid' uit en vuur dikwels onrealistiese verwagtinge van 'n
         mense se liggaamsbeeld in die samelewing aan.

         Leerders moet aandui of hulle met hierdie stelling saamstem of nie. Hulle
         moet die TWEE voorbeelde in FIGUUR 9a en 9b gebruik en 'n paragraaf (ten
         minste ½ bladsy) skryf waarin hulle die stelling hierbo bespreek deur die
         volgende te oorweeg:

         •   Styl en tegniek – beskou die manier waarop die figure uitgebeeld is
         •   Die atmosfeer wat deur die omgewing waarin elke figuur geplaas is,
             geskep word
         •   Enige kwessies wat met geslag te doen het
         •   Moontlike boodskappe en betekenisse in die werk – beskou die titel van
             elke werk
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           19                            DBE/November 2012
                                     NSS – Memorandum

         •   Enige ander relevante inligting

         Maksimum 5 punte indien net 1 voorbeeld bespreek is.

         Leerders kan oor die kwessie van hoe druk deesdae op die samelewing
         geplaas word in terme van 'liggaamlike skoonheid'. Om perfek te wees moet
         jy 'n sekere liggaamstipe hê – lank, mooi, slank, ensovoorts. Onrealistiese
         beelde van bekendes wat elektronies gemanipuleer is word beskou as die
         standaard waarteen ons onsself moet meet.

         Beide Payne en Hindley het gekies om die konsep van skoonheid op 'n meer
         nadenkende, serene manier uit te beeld.

         FIGUUR 9a: Tracy Payne, Narcissus, oil on paper, 2010.

         Hier het Tracy Payne 'n pragtige jong Angolese jongman, genaamd Djamal,
         geskilder – wat ironies in Arabies 'skoonheid' beteken. Sy het die ronde
         formaat wat tydens die Renaissance tydperk gewild was, gebruik.

         Payne is 'n figuratiewe skilder wat die menslike liggaam gebruik om die
         interverwantskap tussen vroulike en manlike skoonheid te ondersoek. Payne
         se werk integreer ook wat sy geleer het oor die krag, skoonheid en rustigheid
         van Shaolin monnike, met die idee van kalme bepeinsing van die natuur om
         iets oor die moontlike heling van die menslike gees uit te druk.

         Sy skilder die figuur op 'n manier wat goeie waarneming toon, amper foto-
         realisties, en maak die kyker bewus van sy perfekte liggaam.

         Die pragtige, rustige mansfiguur domineer die ronde formaat terwyl hy half
         onder die water in die rivier staan met sy arms uitgestrek en sy hande wat net
         die oppervlak raak. Sy kop is geboë soos hy sy weerkaatsing in die water
         beskou. Sy weerkaatsing is 'n donkerder, dowwer beeld – een wat dalk die
         donker kant van 'n mens kan toon.

         Die rivier en agtergrond lyk asof dit in 'n ryk, vrugbare kombinasie van sagte
         groene en gele ineensmelt wat moontlik dui op die weelde en vrugbaarheid
         van die natuur.

         Die peinsende houding en die betekenis van water kan sinspeel op die baie
         deurgangsrites wat manlike jeugdiges in sekere kulture moet ondergaan –
         wat dui op samesmelting van die fisiese en die geestelike. Die stemming is
         een van innerlike vrede en 'n samesmelting van die mens en die natuur – die
         moontlike heling van die menslike gees..

         In baie kulture het 'n rivier 'n diep simboliese betekenis. Dit roep assosiasies
         van doop, reiniging en suiwering op.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2012 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-memo-eng/68376c0a-b12e-4f62-bbb9-d63c3eed1941) — Visual Arts · Memo · 2012 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2012 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-afr/b8528ac4-89bc-4562-ae87-af539f239f84) — Visual Arts · QP · 2012 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2012 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2012-eng/29a19ed0-ad22-49a4-9d60-ba2dde0f633b) — Visual Arts · QP · 2012 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 G12 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-g12-memo-eng/8aac6f96-9b1a-4088-9ab2-bc6d6443814d) — Visual Arts · Memo · 2012 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
