# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2014-memo-afr/742c50a0-b1d3-4ab5-bb89-98a5bd1c4e72
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2014 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2014-memo-afr/742c50a0-b1d3-4ab5-bb89-98a5bd1c4e72)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                  NOVEMBER 2014

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 100

                      Hierdie memorandum bestaan uit 20 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                        DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen sal jy die volgende vaardighede toon:

•     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Die gebruik en implementering van visuele analise en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Die plasing van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en
      historiese konteks
•     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord:

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die afgebeelde visuele bronne in kleur verwys waar dit
          vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing na kunswerke is
          toelaatbaar. Jy mag ook ‘n ANDER werk van ‘n kunstenaar wat reeds gevra
          is,bespreek.
7.
          Noem die kunstenaar en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.
8.
          Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.
9.
          Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning:

          •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy
          •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e)
          •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye
10.
          Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              3                             DBE/November 2014
                                       NSS – Memorandum

WOORDELYS

Gebruik die volgende woordelys om seker te maak dat jy verstaan hoe om 'n
spesifieke vraag te benader:

Analiseer:           'n Gedetailleerde en logiese bespreking van die formele
                     kunselemente soos lyn, kleur, toonwaarde, formaat en komposisie
                     van 'n kunswerk.

Beskryf:             Gee die feite, besonderhede en verdere inligting van die kunswerk;
                     berig oor wat die oog mag sien.

Bespreek:            Stel jou standpunt en gee redes vir jou stelling.

Formele              Die basiese elemente wat gebruik word om 'n kunswerk te skep,
kunselemente:        soos lyn, vorm, toonwaarde, tekstuur, kleur, ruimte, komposisie,
                     ensovoorts.

Interpreteer:        Analiseer en evalueer (gee 'n ingeligte mening oor) 'n kunswerk.
                     Kontekstualiseer dit histories, kultureel, sosiaal, polities, ensovoorts
                     en motiveer jou bevindinge deur na soortgelyke spesifieke
                     voorbeelde te verwys.

Kontekstualiseer: Met betrekking tot, of afhangend van, die raamwerk van inligting;
                  met betrekking tot die situasie, tyd/era en plek waarna die inligting
                  verwys.

Motiveer:            Om met bewyse of getuienis te ondersteun.

Noem:                Gee presiese feite en sê direk wat jy dink – gee jou mening, asook
                     'n verduideliking.

Verduidelik:         Maak duidelik en gee redes vir jou stelling.

Vergelyk:            Toon die verskille en ooreenkomste op 'n geordende wyse binne
                     dieselfde argument aan.

Visuele bronne:      Die visuele afbeeldings wat in hierdie vraestel voorsien word of
                     waarna in ander bronne verwys word.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                             DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE BEANTWOORD.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Die kunstenaars van die gereproduseerde werke het soortgelyke oomblikke vasgevang
waar kinders in wisselwerking is met mekaar op 'n vreedsame en vriendelike manier.
Kinders dwarsoor die wêreld dink selde aan die toekoms en hierdie onskuld gee hulle
die vryheid om hulself te geniet en vriende te maak met enigiemand.

1.1      Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b bestudeer en 'n kort opstel skryf
         waarin hulle bespreek hoe elke kunstenaar die stelling hierbo bevestig.

         Hul opstel moet die volgende insluit:

         • Ooreenkomste en verskille
         Ooreenkomste van FIGUUR 1a en FIGUUR 1b is in die konsep van mense
         en kinders wat interaksie het in hul verskillende omgewings. Die verskille lê in
         die styl en die plasing – die Suid-Afrikaanse werk is ekspressiewe werk terwyl
         die Macara 'n meer Impressionistiese benadering het. Die verskil lê ook in die
         feit dat dit 'n landelike gebied in Sri Lanka is, in teenstelling met die township
         in Suid-Afrika.

         Macara se speelgrond word uitgebeeld in 'n helderder, nie-
         verteenwoordigende kleur, geen diere nie, met selfs minder figure. Daar is
         spelende kinders op speelgrondtoerusting in 'n skoolomgewing tussen groen
         bome en plantegroei.

         Ngatane se township-toneel aan die ander kant, is uitgebeeld in donker,
         somber kleure. Figure loop rond in 'n omgewing met geboue (behuising). 'n
         Hond kan op die voorgrond gesien word, saam met 'n man wat fietsry. Daar is
         geen aanduiding van groenigheid of plante nie.

         • Gebruik van styl
         Macara se werk het gestippelde kleur, tipies van die Impressioniste, en dui
         die lig aan wat deur die oorhoofse gewelf van blare filter. Hierdie spikkels van
         suurlemoengeel komplementeer die blou van die seuns se uniforms.
         Willekeurige gebruik van kleur, blou en suurlemoengeel skep interessante
         groen in die blare (optiese vermenging).

         Ngatane se visuele beelde strek van dokumentêre tot ekspressionistiese
         skilderwerk en hy bring 'n belangrike rekord van die lewe in die township op 'n
         spesifieke tyd in ons geskiedenis na die kyker .

         • Komposisionele aspekte/rangskikking van figure
         In Macara se visuele beeld word kinders getoon wat op die speelgrond speel,
         geklee in klere met dieselfde kleur, wat aandui dat hulle by die skool is. Dit
         word ook gestaaf deur die geboue wat op die agtergrond agter die bome
         weggesteek word. Die kleiner figure op die agtergrond en die bome wat
         verdwyn, lei die oog na die prentvlak, wat diepte skep. Die fokusarea is die
         seuntjie wat na die wipplank hardloop wat die middelgrond domineer.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                           DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

         Ngatane streef daarna om die township-lewe vas te vang sonder enige
         vooropgestelde idee van wat in daardie tyd van sogenoemde township-
         kunstenaars verwag is. Die fietsryer en die hond in die middel van die skildery
         is die fokusarea en dit lei die oog reguit na die geboue. Dan eers begin jy die
         figure aan weerskante van die fiets opmerk.

         • Keuse van kleur en die impak van die werk
         Macara se speelgrond word in helder, nieverteenwoordigende kleure
         uitgebeeld en daar is geen diere nie, minder figure, kinders wat speel, een
         gebou (skoolgebou) en speelgrondtoerusting. Daar is groen bome en
         plantegroei. Die rooi in die pale van die apparaat kontrasteer met die groen
         van die blare (komplementêre kleure van die Impressioniste).

         Ngatane se township-toneel aan die ander kant word in donker, somber
         kleure uitgebeeld, figure loop rond, meer as een gebou (behuising) en 'n hond
         op die voorgrond saam met 'n man wat fietsry. Daar is geen aanduiding van
         enige plantegroei of plante nie. Ngatane se werk is lewendig en hy voeg kleur
         by tot die stemming en emosies van Soweto, die bedelaars en fietse, die
         swaarkry en verwagtinge, die wind, die son en die koue wintertye wat deur die
         wolke in die lug aangedui word. Emosies en lewenstyle kan bespreek word.

         As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte
         toekgeken.                                                                              (10)

1.2      Van die kandidate word verwag om 'n opstel te skryf waarin hulle TWEE
         kunswerke van verskillende kunstenaars wat alledaagse tonele van hul
         lewenswyses, gemeenskappe en omgewings uitbeeld, analiseer.

         Hul opstel moet die volgende insluit:

         •   Name van die kunstenaars en titels van kunswerke
         •   Gebruik van media en tegnieke
         •   Formele elemente wat die kunstenaar gebruik het
         •   Die komposisionele aspekte van elke kunswerk
         •   Die boodskap wat elke kunswerke oordra                                              (10)
                                                                                                 [20]
Naam van kunstenaar plus die titel tel saam as een punt. As daar net een kunswerk
bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte toekgeken.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                            DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Baie Suid-Afrikaanse kunstenaars maak gebruik van inheemse simbole en visuele
beelde om uitdrukking te gee aan hul Afrika-identiteit, terwyl hul werke steeds die
temas van die moderne gemeenskap uitbeeld.

2.1      Kandidate moet FIGUUR 2a analiseer en interpreteer. Hulle moet bespreek
         hoe die kunstenaar die invloed van inheemse simbole en moderne beelde in
         die kunswerk uitdruk.
         Hulle moet die volgende aspekte bespreek:

         • Gebruik van inheemse simbole en visuele beelde
         Wayne Baker se Land And Desire (Land En Begeerte) is gemaak van
         glaskrale, en hierdie materiaal is, en word nog steeds, geassosieer met
         inheemse Afrika-mense, alhoewel dit nou ook in meeste lande internasionaal
         gebruik word om modebykomstighede te maak. 'n Afrika-vrou met 'n tulband
         op haar kop word regs bo in die kunswerk uitgebeeld, amper asof sy getooi is
         vir 'n Afrika- rituele seremonie. In die hoek regs onder is 'n tradisionele vrou
         half naak en dit lyk of sy water by 'n rivier gaan haal deur 'n ronde kleipot te
         gebruik [besig met ‘n aktiwiteit op die grond]. Die pot is bekend as 'n
         tradisionele waterhouer of kookpot. Enige ander aktiwiteit wat deur ‘n leerling
         beskryf word kan kredit voor gegee word. Die tegniek om 'n visuele beeld bo-
         oor 'n ander een te plaas, asook die plasing van verskeie visuele beelde, wat
         verskillende temas uitbeeld, op een muur was gewild by die Khoi/San in hul
         rotstekeninge.
         • Onderwerp
         In hierdie visuele beeld Baker vroue in verskillende posisies uit, langs mekaar
         gestel teenoor die Suid-Afrikaanse landskap.
         • Gebruik van lyn, vorm en kleur
         Die kombinasie van kort en lang vloeiende lyne wat oor die gesig/onderwerp
         gaan, lyk asof dit sekere aspekte, soos haar oë beklemtoon. Die kunstenaar
         maak gebruik van sterk, helder kleure wat ook in Afrika-klere en Ndebele-
         geverfde hutte gebruik word. Die gebruik van die abstrakte vorms en
         realistiese landskappe skep 'n balans tussen die twee visuele beelde van
         vroue, en komplementeer ook die bruin, blou, grys en wit skakerings wat
         gebruik is om die vroue te verf. Enige relevante inligting oor kleur moet in
         aanmerking geneem word.
         • Gebruik van styl
         Post-moderne kunstyl met ‘n naturalistiese landskap in die agtergrond.
         Kenmerke van Ekspressionisme kan waargeneem word.
         •   Kandidate moet visuele simbole wat 'n moderner lewenstyl voorstel,
             identifiseer. Hulle moet hul antwoord motiveer.
         Die teks land and desire, wat deel uitmaak van die visuele beeld, word
         geassosieer met die kontemporêre kunsvorms as teks, word aanvaar as kuns
         in ons moderne gemeenskap omdat baie mense dit kan lees en verstaan. 'n
         Ander simbool wat 'n moderne lewenstyl uitbeeld, is die kerkgebou/huis/plaas
         huis wat met die opskiet van nie-tradisionele kerke geassosieer word. Die font
         van “Land Desire” kom ooreen met die woord Coca-Cola,wat ‘n moderne
         visuele simbool kan wees.                                                                (10)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           7                         DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

2.2      Kandidate moet EEN kunswerk bespreek deur elkeen van enige TWEE
         verskillende kunstenaars wie se werke ook uitdrukking gee aan hul Afrika-
         identiteit, as gevolg van invloede van inheemse Afrika-kunsvorms.

         Hul antwoord moet die volgende insluit:

         •   Name van kunstenaars en titels van werke
         •   Onderwerpe van werke
         •   Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms en -simbole
         •   Gebruik van styl
         •   Inhoud en betekenis                                                             (10)
                                                                                             [20]
As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6 punte toekgeken.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            8                            DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 3: SOSIO-POLITIEKE KUNS, INSLUITEND WEERSTANDSKUNS VAN
         DIE 1970's EN 1980's

Kuns was nog altyd 'n instrument van verandering wat die stemminge van 'n
gemeenskap weerspieël, uiting gee aan leemtes en oorwinnings en verandering
teweegbring. Tog, om doeltreffend te wees, moet kuns gedeel word, nie slegs vir
estetiese verwesenliking nie, maar om die stories wat dit vertel, doeltreffend op te
teken.

3.1      Kandidate moet die visuele beelde in FIGUUR 3a en FIGUUR 3b bestudeer
         en 'n paragraaf skryf waarin hulle die storie van elke visuele beeld vertel deur
         na die volgende te verwys:
         •  Kandidate moet in hul eie woorde bespreek wat hulle dink in elke
            visuele beeld gebeur.
         Paula Rego se Dog Women (Hondvroue) beeld 'n vrou uit wat 'n kwaai hond
         namaak. Sy is gebukkend om die vierbenige posisie van die hond na te boots.
         Haar gesigsuitdrukking en oop mond suggereer die tipiese manier van 'n
         hond wat sy mond oopmaak as hy aanval.
         In Bester se werk sien ons 'n wrede polisiehond wat 'n man aanval, terwyl die
         polisieman toekyk. Nie die toeskouers, polisieman of die fotograaf tree
         tussenbeide om die ramp te verhoed nie.
         • Verskille in die voorstelling van die figure
         Rego stel die figuur van die hond as 'n metafoor voor, terwyl Bester 'n meer
         realistiese beeld van die dier weergee, as in ag geneem word dat hy die
         medium van afvalmetaal gebruik. Bester se drie aparte figure skep 'n verhaal
         van 'n lelike politieke gebeurtenis
         •  Verwysing na die gesigsuitdrukkings en die uitbeelding van die
            liggaam
         Die vrou in Rego se werk word gelykgestel aan 'n wrede hond wat weerspieël
         word in die gesigsuitdrukking en die posisie van die liggaam wat 'n hond
         voorstel wat gereed is om aan te val.
         Bester se hooffiguur beeld 'n hond uit met 'n oop mond, terwyl die man wat
         aangeval word, om hulp roep. Die ontwrigting in die liggaam van die hond
         suggereer die gretige stemming, asook selfvernietiging. Die twee figure aan
         weerskante is robotagtig en word amper onmenslik.
         •  Watter een van die twee kunswerke het die mees betekenisvolle
            visuele impak op die kandidaat en hoekom?
         Leerders moet hul eie voorkeur toon en hul antwoord motiveer.                            (8)

         As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 5 punte
         toekgeken.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           9                   DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

3.2      Kandidate moet EEN ander kunswerk elk van TWEE verskillende
         kunstenaars bespreek wie se werk 'n sosio-politieke boodskap oordra.
         Hul antwoord moet die volgende insluit:
         •   Name van kunstenaars en titels van werke
         •   Onderwerp
         •   Gebruik van styl
         •   Die stories wat in die werke opgeteken is                                 (12)
                                                                                       [20]
As daar net een kunstenaar gebruik kan net ‘n maksimum van 7 punte toekgeken.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          10                           DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Die Keiskamma Kunsprojek in die Oos-Kaap se hoofdoelwit is om hoop te koester en
ondersteuning te bied aan die kwesbaarste vroue en kinders wie se situasie deur
MIV/Vigs vererger is.

4.1      Kandidate moet die visuele bron in FIGUUR 4a bestudeer en die volgende
         vrae beantwoord:

         Die Keiskamma Projek: Altarpiece, the Crucifixion – Transcending AIDS
         in South Africa (Altaarstuk, die Kruisiging – Om VIGS in Suid-Afrika Te
         Bowe Te Kom)

         •   Identifiseer en beskryf die visuele beelde in die kunswerk wat
             genesing mag uitbeeld.
         Die fokuspunt is die vroulike figuur wat in blou geklee is. Sy word voor die
         kruis geplaas en stel hoop en genesing voor en simboliseer ook Jesus se
         offer aan die kruis. Dit lyk asof sy aan die kruis hang, wat die Kruisiging
         voorstel. Die blou rok word met die hemel geassosieer. Die vroulike figuur
         kom trots voor alhoewel sy haar man verloor het as gevolg van MIV/Vigs.
         Haar dominansie in die gemeenskap vertroos kinders en die mense om haar.
         Aan weerskante van die sentrale figuur is mense: aan die linkerkant van haar
         voete is kinders en aan die regterkant volwassenes, wat die konsep van rou
         versterk. Die beeld van die voël op die kruis is simbolies van vryheid en die
         helingsproses. Die regop, enkele figure wat aan weerskante van die sentrale
         deel voorgestel word, stel heiliges voor wat die mense van die gemeenskap
         beskerm. Verskillende dierspesies is ook tussen die kleurvolle vorms
         ingesluit. Hierdie tapisserie herinner aan die vroeë Christelike altaarstukke,
         soos Grünewald se Isenheim Altaarstuk.

         •  Bespreek hoe die wyse waarop die medium gebruik is ook 'n proses
            van genesing sou kon wees.
         Die manier waarop die medium gebruik is, deur kralewerk, tapisserie,
         borduurwerk en pottebakkery, was ook 'n helingsproses. Hierdie kunsprojek
         was terapeuties vir die kunstenaars sowel as vir die mense van die
         gemeenskap aangesien die ure van handwerk 'n samehorigheid geskep het
         om die verspreiding van MIV/Vigs te beveg en om die afgestorwenes te
         herdenk.

         •   Watter lesse kan, na die kandidaat se mening, geleer word deur die
             stories wat in hierdie kunswerke uitgebeeld word?
         Lesse wat hieruit geleer kan word, veronderstel dat die nuwe generasie meer
         verantwoordelik gaan wees vir hul toekoms. Dit is ook duidelik hoe mense as
         'n nasie kan saamstaan en saamwerk in krisistye. Die blootstelling van kuns
         binne die gemeenskap behoort armoede te verlig deur kunstenaars toe te laat
         om hul kunswerke te verkoop en om die gemeenskap te leer om
         selfonderhoudend te wees.                                                              (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           11                    DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

4.2      Kandidate moet EEN kunswerk deur elk van TWEE kunstenaars wie se werke
         hulle hierdie jaar bestudeer het, analiseer.

         Daar word van hulle verwag om die gebruik van materiale, tegnieke,
         interpretasie van die onderwerp/tema en moontlike boodskappe in die
         kunswerke te beskryf.

         Hul opstel moet die volgende insluit:

         •   Name van kunstenaars en titels van werke
         •   Interpretasie van die onderwerp/temas
         •   Gebruik van materiale en tegnieke
         •   Moontlike boodskappe in die kunswerke                                       (14)
                                                                                         [20]

As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 8 punte toekgeken.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          12                            DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE, KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Multimedia-kunstenaars gebruik dikwels metaforiese beelde om verskeie idees oor te
dra.

FIGUUR 5a toon Nicolas Hlobo se massiewe beeldhouwerk wat by die 2011 Venesië
Biënnale uitgestal is, getiteld Limpundulu Zonke Ziyandilandela (Al Die Weerligvoëls Is
Agter My Aan). Die kulturele betekenis van 'Limpundulu' verwys na 'n bose wese wat
siekte, ongeluk of selfs die dood kan veroorsaak. Dit word ook met donderweer en
weerlig geassosieer.

5.1      Kandidate moet die verskillende kunswerke in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b
         bespreek deur die volgende te beantwoord:

         •   Bespreek hoe ELKE kunstenaar sy/haar media en tegnieke gebruik
             het om 'n indruk op die kyker te maak.
         Nicholas Hlobo se oordrewe, kolossale beeldhouwerk is gemaak van
         gemengde media, soos gevonde objekte, hout, 'n kopbeen van 'n dier,
         horings, rubber. Die voël het vlermuisagtige vlerke, gemaak van rubber, en
         ons ondervind angs en onheil wanneer ons daarmee gekonfronteer word.
         Hierdie materiale is aan mekaar gestik of geheg om 'n reuse-,
         vreesaanjaende monster te skep. Hlobo se installasie is teen die dak
         vasgeheg. Die voël het rooi/oranje tou/garing wat aan die liggaam en die
         vlerke geheg is. Die tou/garing raak amper aan die vloer. Die byvoeging van
         die garing skep beweging en die illusie van vlug. Toeskouers loop rond en
         kommunikeer met hierdie reusagtige hibried.

         Swoon het haar werk Thalassa van die plafon laat hang binne 'n
         galery/geslote ruimte. Thalassa beteken 'strand' of 'see' in Grieks. Die figuur
         is 'n skildery wat met verskillende tekstiele gekombineer is. Die tekstiele is
         verleng vanaf die tweedimensionele skildery na 'n driedimensionele beeld/
         installasie van 'n rok. Die rok bestaan uit wasgoeddrade wat bedek is met
         verskeie tipes tekstiele en kledingstukke. Die kunstenaar gebruik die beginsel
         van verlenging deur die lengte van die rok, wat uitloop in 'n ontploffing van
         wasgoeddrade, te oordryf.

         • Moontlike betekenis van elke kunswerk
         Die moontlike betekenis van Hlobo se werk kan gevind word in die titel Al Die
         Weerligvoëls Is Agter My Aan, wat kan beteken dat die kunstenaar besig is
         om sy vrees vir die bekende of onbekende oor te dra. Die titel is oorweldigend
         en die gebruik van die woord 'Weerlig' verwys na 'n dreigende gewelddadige
         storm en kan 'n klomp vure veroorsaak. Weerlig is vinnig en kan verwys na
         hierdie voël wat by tye vinnig, gevaarlik, gewelddadig en vernietigend kan
         wees. Die Griekse gode het geglo dat weerlig die woede van die gode
         voorstel. Die kunstenaar gaan dalk deur 'n moeilike tyd in sy lewe, wat ons
         daaraan herinner dat die lewe uit beter en goeie tye bestaan en gevul is met
         angsvolle oomblikke. Hlobo kon daarin slaag om die boodskap van angs en
         verwoesting waarmee hierdie wese geassosieer word, oor te dra. Die grootte
         van die voël intimideer die kykers en laat hulle klein en hulpeloos voel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          13                         DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

         Die oorhoofse Thalassa-figuur mag 'n simbool van belangrikheid, outoriteit,
         rykdom en adellikheid simboliseer. Sy kan 'n koningin simboliseer. Die sleep
         is ook sinoniem met 'n adellike trourok. Die verlengde lyne met baie
         kledingstukke kan die uitbreiding van rykdom voorstel. Die wasgoedlyne kan
         die huishoudelike werkies voorstel wat van 'n huisvrou verwag word om uit te
         voer. Die kykers kyk op na die figuur wat adellikheid en roem kan voorstel,
         maar in werklikheid verteenwoordig die beelde waarmee hulle in direkte
         kontak kom, alledaagse klere wat gewone mense dra.

         •   Kandidate moet hul antwoord motiveer deur te verduidelik of elke
             kunstenaar suksesvol was, of nie, om die boodskap oor te dra.
         •   As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 5
             punte toekgeken.                                                                 (8)

5.2      Kandidate moet in die vorm van 'n kort opstel van enige TWEE kunswerke
         bespreek wat hulle bestudeer het, waarin die kunstenaar/s gebruik gemaak
         het van multimedia op 'n kontemporêre wyse.

         Hulle moet die volgende by hul antwoord insluit:

         •   Name van kunstenaar/s en titels van werke
         •   Inhoud en die gebruik van materiale en tegnieke
         •   Moontlike betekenisse en konsepte
         •   Watter metafore is in die kunswerk ingesluit?

         As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 7 punte
         toekgeken.                                                                           (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            14                            DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 6: POST-1994-DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA

In 2013 was die Oxford Woordeboek se woord van die jaar 'selfie' – 'n foto wat jy van
jouself neem en dan op sosiale netwerke pos.

6.1      'n Portret is dikwels meer as net die uiterlike voorkoms van 'n persoon. In
         kuns vertel 'n portret ons oor die individuele identiteit van die persoon wat
         uitgebeeld word.
         Kandidate moet die visuele beelde in FIGUUR 6a, 6b, 6c en 6d bestudeer en
         'n opstel skryf waarin hulle die volgende faktore oorweeg:
         •   Hoekom, dink hulle, is mense so behep met selfies en wat is die
             verwantskap        met     die    'glanspersoonlikheid-obsessie'   ('celebrity
             obsession')van ons tyd?
         •   Hoe verskil die kunswerke in FIGUUR 6b, 6c en 6d van die selfie in
             FIGUUR 6a?
         •   Hoe beeld die kunstenaars in FIGUUR 6b, 6c en 6d die sitters se
             identiteite uit in die portrette wat hulle geskep het? Hulle moet verwys na
             gelaatstrekke, visuele beelde en simbole wat gebruik is.
         FIGUUR 6a: Miley Cyrus, Selfie.
         Hierdie is 'n onderwerp wat oop is vir 'n ernstige debat. Kandidate kan hul
         opinies bespreek, maar moet hul antwoord motiveer.
         • Die obsessie met glanspersoonlikhede het die sosiale media oorgeneem.
         • Die meeste mense boots hul glanspersoonlikhede na.
         • Die werk is baie bewus van voorkoms – ons samelewing is een van
            kitsverwesenliking en selfbevordering.
         • Die tong word ’n ikoniese simbool.
         FIGUUR 6b: Yi Chen, The Abnormal Icon (Die Abnormale Ikoon).
         • New York-gebaseerde Chinese kunstenaar.
         • Hy gebruik beelde van advertensies en modetydskrifte as inspirasie.
         • Hy maak collages van menslike gelaatstrekke wat hy uit hierdie bronne
            knip.
         • Hierdie collages van perfekte proefstukke is die basis van sy werk.
         • In hierdie kombinasie van gelaatstrekke skep hy beide 'n verleidelike
            skoonheid en 'n groteskheid.
         • Hy is soos 'n kunssinnige wetenskaplike wanneer hy ras, geslag en
            ouderdom misken om 'n nuwe menslike spesie in sy olieverfskilderye wat
            ryk vertolk is, te vorm.
         • Sy skilderye is metafore vir geabstraheerde konsepte van skoonheid van
            'n wêreld- populêre kultuur wat land en ras oortref.
         FIGUUR 6c: Conrad Botes, The Temptation to Exist IV (Die Versoeking Om
         Te Bestaan IV).
         • Hy gebruik sy kuns om in opstand te kom teen sy Christelike Afrikaner
            Nasionalistiese opvoeding.
         • Die gesig is bedek met anargistiese figure.
         • Hierdie figure is voorstellings van die ideologie en haat wat onvermydelik
            die menslike toestand gekontamineer het.
         • Hy sê dit is soos 'skrapnel onder die vel'.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          15                           DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

         •   Hy gebruik sy eie gesig om die inhoud van sy verstand op te teken.
         •   Hy gebruik 'n skerp, grafiese lyn gevul met plat, duidelike kleure.
         •   Word vergelyk met tatoëring en ‘n moontlike invloed van Battiss/Khoi-San
             kan gesien word.

         FIGUUR 6d: Mustafa Maluka, Why Do You Tear Me from Myself? (Waarom
         Skeur Jy My Van Myself?)
         • Sy werke is anoniem, rassisties en seksueel dubbelsinnig, en emosies is
            stil, maar steeds sterk.
         • Sterk beïnvloed deur stedelike straatkultuur, graffiti en hip hop.
         • Hy maak gebruik van amper aggressiewe kleur.
         • Hy skep 'n sterk, kontemporêre gevoel met sy vertolking van die stedelike
            jeug. Die vertrekpunt van sy werke is gewoonlik 'n foto uit 'n tydskrif.
         • In hierdie figuur is die oë, wat gewoonlik die 'vensters van die siel' is,
            uitgekrap met groen verf op 'n kinderlike manier. Amper soos om 'n beeld
            uit 'n tydskrif te skend deur die sterk blik wat meeste portretstudies het,
            weg te neem.
         • Die rooi lippe gee 'n effense tweeslagtige gevoel aan die visuele beeld.
         • Ndebele kleure kan waargeneem word.
                 As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6
                 punte toekgeken.                                                               (10)

6.2      Kandidate moet enige TWEE kunswerke bespreek wat hulle bestudeer het
         wat ook kwessies van identiteit in Suid-Afrika bevraagteken en daaroor besin.

         Hulle moet die volgende by hul antwoord insluit:

         •   Name van kunstenaar/s en titels van werke
         •   Inhoud en betekenis
         •   Gebruik van materiale en tegnieke
         •   Gebruik van styl
         •   Kwessies oor identiteit in die werke
         •   As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 6                        (10)
             punte toekgeken.                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           16                            DBE/November 2014
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Baie kunstenaars van die 21ste eeu ondersoek geslagskwessies. Daar is dikwels 'n spel
van teenstrydige kragte: manlik en vroulik, dié wat in beheer is en dié wat beheer word.
Vroue, sowel as mans, kan nie vrede maak met hul fisiese voorkoms, die rolle wat
hulle speel en hul aanvaarding in 'n bevooroordeelde gemeenskap nie.

Kandidate moet in die vorm van 'n opstel enige TWEE kunstenaars se werke bespreek
wat geslagskwessies en die rol daarvan in die gemeenskap aanraak. Hulle moet na die
werke in FIGUUR 7a en FIGUUR 7b verwys.

FIGUUR 7a: Karin Miller, Ladies-Lunch-Black-Ladies (Dames-Middagete-Swart-
Dames).
Die kunswerk skep 'n samesmelting van verlede en hede, persoonlik en openbaar.
Karin Miller het 'n unieke styl ontwikkel wat ryk eklektisisme, speelsheid, spitsvondige
humor en die postmoderne element van Neo-Barok uitstraal. Miller se werk fokus
dikwels op die vroulike figuur en raak die veranderinge aan wat in die nuwe Suid-
Afrikaanse gesien word.

FIGUUR 7b: Kudzanai Chiurai, Untitled III (Ongetiteld III).
Kudzanai Chiurai se reeks fotografiese montages, ondersoek politiek en mag in Afrika.
In sy stekelrige, teatrale multimediakomposisies takel Chiurai die mees pertinente
kwessies wat sy generasie van Suider-Afrikaners in die gesig staar, van
regeringskorrupsie tot xenofobie en ontworteling.

Kandidate mag die volgende as 'n riglyn gebruik:

• Al vier figure skuil agter iets. Bespreek hierdie stelling. Hoe laat dit jou voel?
Die vier figure skuil agter verskeie items. In FIGUUR 7a is die een vrou se gesig agter
'n selfoon weggesteek en die ander een agter 'n doilie. In FIGUUR 7b dra albei figure
'n sonbril. Ons kan nie met hulle identifiseer nie aangesien ons nie oogkontak kan
maak met hulle nie; dit laat ons ongemaklik voel.

•  Sou jy sê dat hierdie visuele beelde vroulikheid en manlikheid goed
   weerspieël?
FIGUUR 7a stel twee gesofistikeerde vroue voor wat by 'n tafel sit en FIGUUR 7b stel
twee manlike figure voor wat hande vashou. FIGUUR 7b daag ons opinie oor
manlikheid uit aangesien mans nie gewoonlik uitgebeeld word terwyl hulle hande
vashou nie.

•   Interessante beelde en voorwerpe word in die komposisie gebruik. Hoe
    betrek dit die kyker en hoe dra dit by tot die betekenis/interpretasie van die
    werk?

FIGUUR 7a:
Die kunstenaar beeld alledaagse, jong, swart meisies uit wat agter 'maskers' skuil. In 'n
moderne samelewing het die selfoon 'n voorwerp geword waaragter 'n mens kan skuil.
Die vrou aan die regterkant skuil agter 'n doilie wat sinoniem is met bak en onthaal. Die
twee vroue verteenwoordig kwesbaarheid en skoonheid.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            17                            DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

Die visuele beelde in Ladies-Lunch-Black-Ladies (Dames-Middagete-Swart-Dames) is
tipies Suid-Afrikaans: die horings van die springbok teen die muur verteenwoordig die
nasionale dier van Suid-Afrika, die kaart van Afrika, die prente van Nelson Mandela
teen die muur, hart-embleem, baba en 'n MIV- rooi lint.

Beelde van vroulikheid: rok aan 'n hanger, serp, handsak met die beeld van die Slag
van Bloedrivier, die kaart van Afrika, gebreekte spieël, snye brood (Suid-Afrika se
stapelvoedsel), rooi naelpolitoer wat gemors het. Die blomme in die pot is baie vroulik.
Die meisie aan die regterkant dra kant-onderklere en kruip weg agter 'n doilie wat
tipies gebruik is om 'n deftige tafel te versier. Daar is 'n gestyfde, wit tafeldoek oor 'n
Afrika- bedrukte tafeldoek. 'n Handspieël op die tafel is 'n bewys dat alle vroue besorg
is oor hul voorkoms en skoonheid.

Die werk is laag op laag opgebou, en patrone en objekte is gefotografeer en
geskandeer. Die kunstenaar gebruik dan 'n Photoshop-program om 'n nuwe beeld te
ontbloot.

FIGUUR 7b:
Chiurai verwys na kindersoldate, Afrika-vryheidsbewegings en burgeroorloë. Hy speur
die ooreenkomste in die sosiale, politieke en ideologiese raamwerke van lande na in
onstuimige oorgangstye. Sy toneel is vasgevang in foto's. Sketse en skilderye ontvou
in populêre hip-hop-beelde.

Chiurai het 'n aantreklike, verleidelike en aanloklike omgewing geskep wat werklike
slagoffers van Afrika-onafhanklikheid en -demokrasie en die uitwerking van
globalisering op oorlog ondersoek.

Beskrywing: Die collage/fotomontage is 'n reghoekige afdruk van geplakte beelde wat
op fotopapier gedruk is. Die fokuspunt is twee mans wat hande vashou en in die
middel van die komposisie poseer. Albei mans is versier met ammunisie en militêre
drag. Die man aan die linkerkant het 'n pienk serp om sy kop wat vroulikheid kan
voorstel, asook 'n das, wat teenstrydig is. Hy dra 'n onderhemp met 'n
luiperdvelpatroon en 'n blou boksbroekie met 'n patroon. Hy hou 'n geweer in sy
regterhand vas wat simbolies is van selfverdediging, geweld en terreur. Die figuur aan
die regterkant dra slegs onderklere. Hy het 'n blink, goue horlosie en 'n halssnoer aan
wat simbolies is van rykdom, asook 'n rondte ammunisie wat om sy nek gedrapeer is.
Hy het 'n rooi armband wat konflik of rou kan voorstel of simboliseer. Hy hou 'n panga
in sy linkerhand vas. Hy dra 'n blou pet wat baie dieselfde is as dié van die polisiemag.
Die petrolhouers en motorbande verwys na halssnoermoorde en geweld.

Daar is 'n lap/ vlag op die agtergrond met Michael Jackson se portret. Hulle gebruik dit
as 'n embleem of 'n skild. Baie mense het Michael Jackson idealiseer, alhoewel hy
homself as 'n wit swart man gesien het. Sy masker verpersoonlik sy fobie en selfhaat,
alhoewel hy geïdealiseer en verafgod is.

Plante: kan groei en vernuwing voorstel.

Vlag: Vier gekleurde vlae aan die linkerkant bestaan uit geel, groen, blou en wit.
'n Diagonale stuk rooi materiaal is dwarsoor die vlag gedrapeer.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            18                            DBE/November 2014
                                      NSS – Memorandum

Die Chinese waaier: met bloeisels, bome en perde verteenwoordig die hemel, mag en
onuitputbare krag. Oorspronklik is Chinese waaiers eenvoudig gebruik om die son te
keer en mense koel te hou, maar oor die jare het hulle verander in kunswerke,
statussimbole, rekwisiete vir teater en dans, romantiese geskenke en aandenkings van
die dooies. Die Sjinese kalligrafiese letter vir die woord 'waaier' het dieselfde geluid as
die karakter vir 'vriendelikheid' en 'goed'. Dus word waaiers as gelukbringers en as
uitdrukkings van gulheid beskou. Die ronde waaier simboliseer eenheid of
hervereniging, en word dikwels met romantiese gedigte, Sjinese karakters of
blommotiewe versier wat rykdom en langlewendheid voorstel. Die vou-waaiers het 'n
geskiedenis wat vakkundigheid simboliseer. In die verlede is Sjinese waaiers gebruik
om 'n hoë status aan te dui. Vandag word hulle gebruik om grasie in danse voor te
stel, soos ook persoonlikheidseienskappe in die teater of stories wat vertel word. Met
betrekking tot die jaarlikse Draakbootfees, word Sjinese waaiers ook gebruik as
gedenkbeelde van mense wat oorlede is.

Paraffienlamp: geplaas op 'n klein tafeltjie aan die linkerkant wat aandui dat daar nie
elektrisiteit is nie.

• Gebruik van patroon
Albei kunswerke is baie dekoratief en maak gebruik van patroonbedrukte materiaal op
verskeie plekke. In FIGUUR 7a is die tafeldoek tipiese 'shweshwe'-materiaal wat met
Afrika geassosieer word. Die doilie is dekoratief omdat dit gebruik word om borde te
versier en is tipies vroulik. Hierdie ronde vorm word herhaal in die kandelaar wat van
handwapens gemaak is.

Die kunswerk in FIGUUR 7b is gevul met verskeie stukke patroonbedrukte materiale,
lap, motorbande, rooi, blou en geel plastiek- diesel-/waterkanne, 'n gevaarteken, 'n
metaaldrom wat in rooi en wit geverf is, Chinese waaier, lamp en vlag.

• Style en tegnieke
Daar word van kandidate verwag om kommentaar te lewer deur hul eie opinie te gee,
met verwysing na die werk van TWEE kunstenaars wat hulle bestudeer het.                            [20]

As daar net twee kunswerke bespreek is word ‘n maksimum van 16 punte
toekgeken.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          19                            DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Paragon Argitekte is 'n toonaangewende Suid-Afrikaanse argitektoniese firma. Hierdie
dinamiese en innoverende groep argitekte streef daarna om futuristiese geboue te
skep. Die toekoms daag hulle uit, want hulle wil deel wees daarvan.

Paragon Argitekte sê: 'Ons het nie ons humorsin verloor nie en ons is werklik
optimisties. Ons is bekend vir buigsaamheid en uiteenlopendheid in ons benadering tot
ontwerp.'

Kandidate moet 'n opstel skryf waarin hulle die volgende bespreek:

•   Op watter maniere lyk die geboue in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b futuristies?
    Kandidate moet hul antwoord motiveer.
•   Sou hulle saamstem met die stelling dat die argitekte se werk 'n 'humorsin' en
    optimisme toon? Kandidate moet hul antwoord motiveer.
•   Watter bydrae het die argitekte na hul mening tot die Suid-Afrikaanse stedelike
    landskap/omgewing gelewer?
•   Bespreek die invloede van die style van die verlede.
•   Kandidate moet ten minste EEN ander kontemporêre argitektoniese voorbeeld
    bespreek wat hulle bestudeer het, wat hulle werklik innoverend vind. Hulle moet in
    hul antwoord verwys na stilistiese kenmerke, die gebruik van boumateriale en
    konstruksiemetodes en die argitek se verantwoordelikheid aan die omgewing.

FIGUUR 8a: Paragon Argitekte, Norton Rose Torings, Sandton, 2011.

FIGUUR 8b: Paragon Argitekte, Ontwerp vir die Sasol Korporatiewe Gebou, Sandton,
(opening in 2016).

Dit is 'n 17-verdieping-gebou met kantore van 'n regskundige firma wat op 'n 6-
verdieping-kelder staan en bestaan uit 'n dubbele toringstruktuur. Dit is 'n goeie Suid-
Afrikaanse voorbeeld van 'n Dekonstruksie-gebou. Die hooflyne van die gebou is nie
vertikaal en horisontaal nie, en daarom lyk dit of die verskeidenheid van gekromde en
diagonale lyne die vorms en balans van struktuur versteur en dekonstrueer.

Die voorste glastegnologie is in werking gestel om 'n glasvel te installeer. Hierdie
glasvel omhul die noordelike en suidelike fassades en bestaan uit deursigtige en
ligdeurlatende glas.

Die oostelike en westelike fasades elimineer direkte sonlig met geskulptureerde,
handgevormde aluminiumhouers wat om diepgesnyde glaslyne geplaas is. Hierdie
unieke fasades verander in ooreenstemming met lig- en atmosferiese veranderinge.

Die torings omhul 'n dramatiese canyon-tipe atriumruimte wat verbind is met loopweë
wat op 'n waaieragtige manier onder die dakvensters gerangskik is.

Gebruik van lae-energie glas – goeie topografiese oriëntering dra by tot die
vermindering van energieverbruik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          20                          DBE/November 2014
                                    NSS – Memorandum

Gebou gedurende die ekonomiese resessie en is gesien as 'n teken van vertroue in
die land.

•  Die geboue in FIGUUR 8a en FIGUUR 8b is futuristies in terme van hul
   konseptuele, kontemporêre gevoel. Die argitekte is duidelik beïnvloed deur
   heersende wêreld- argitektoniese neigings en dit is interessant om te sien dat
   hierdie neigings in Suid-Afrika voorkom. Hier kan kandidate skryf oor die gebruik
   van kromlynige lyne, die gebruik van ruimte, ens. Die kromlynige ontwerp van die
   Sasol-gebou, alhoewel dit futuristies in ontwerp is, sinspeel ook op die verlede in
   terme van die geronde baarmoederagtige kenmerk daarvan.
• Hulle toon 'n geloof in die positiewe groei van hierdie land. Die status van die
   maatskappy word aan die publiek bekend gemaak deur die hoëkoste-,
   arbeidsintensiewe ontwerp wat Suid-Afrika na die wêreld- ekonomiese mark bring,
   wat die geloof in die potensiaal van Suid-Afrika konsolideer.
• Hulle toon 'n humorsin deurdat daar 'n speelse, onverwagse kenmerk aan hulle is.
   Hulle skep ook 'n gevoel van fantasie.
• Bydrae tot die Suid-Afrikaanse stedelike landskap toon weereens dat ons
   ontwerpers akuut bewus is van wat in die wêreld gebeur.
As daar net een kunswerk bespreek is word ‘n maksimum van 16 punte
toekgeken.                                                                                 [20]

                                                                            TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2014-memo-eng/f671b5c4-8fd8-418f-904a-937a1ad77c24) — Visual Arts · Memo · 2014 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2014-afr/c1493468-af4d-4bc5-a56c-3b6e2197f11c) — Visual Arts · QP · 2014 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2014-eng/21b3db68-f5e2-45f1-af17-8cef2491ea06) — Visual Arts · QP · 2014 · Eng
- [VSLA P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2014 EA](https://www.hlayiso.com/library/vsla-p1-gr12-memo-eng-sept-2014-ea/86073226-f9ac-49e2-9c8f-19c1773f3099) — Visual Arts · Memo · 2014 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2020 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2020-memo-afr/9ab64cab-f381-4897-92e5-9e5f0c5afd1b) — Visual Arts · Memo · 2020 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2019 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2019-memo-afr/0359327e-421b-454e-846a-06383b1ccbb5) — Visual Arts · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-eng/3d5cbc49-cf9a-44ea-9525-64a46827a9df) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/89964ed8-7d6d-410c-9e9f-88a3a9064c03) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1/a74e4f3f-9b54-4c1d-8d17-73e4bdfb696a) — QP · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-2/ed0a07a1-f314-4407-a563-8c71e5b0d1a3) — QP · 2025 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2024-eng/4c1ae77c-1e3b-486b-adca-8c3be8f50794) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
