# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-afr/0203f85d-5984-4052-9500-21cd7691e5bc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-afr/0203f85d-5984-4052-9500-21cd7691e5bc)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                 VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2016

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                              2                           DBE/November 2016
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

•     Die gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Die gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede binne 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Die plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     'n Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.         Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.         Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

4.         Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
           regterkantse bladsye.

5.         Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
           dit vereis word.

6.         GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
           in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
           toelaatbaar.

7.         Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
           bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.         Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
           volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
           feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.         Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
           puntetoekenning.

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

10.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3           DBE/November 2016
                                 NSS

     LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                       DBE/November 2016
                                           NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Die werke van Peter Clarke en Kate Gottgens beeld mense uit wat ontspan.

1.1      Vergelyk die kunswerke in FIGUUR 1a en FIGUUR 1b deur die volgende te
         oorweeg:

         •    Kleur en lyn
         •    Balans
         •    Komposisie
         •    Styl
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                             (8)

1.2      Interpreteer die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het, wat
         kommentaar lewer op hulle omgewings.

         Sluit die volgende by jou antwoord in:

         •    Sosiale/Kulturele invloede
         •    Media en tegniek
         •    Styl
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                             (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           5                          DBE/November 2016
                                           NSS

                      FIGUUR 1a: Peter Clarke, Sleepers on the Grass
                          (Slapers op die Gras), waterverf, 1967.

      FIGUUR 1b: Kate Gottgens, Summertime (Somertyd), olieverf op doek, 2015.
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           6                          DBE/November 2016
                                           NSS

VRAAG 2:       SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
               EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Die Suid-Afrikaanse skilder, Simon Stone, kombineer invloede uit moderne style, soos
Surrealisme, Popkuns en Suid-Afrikaanse inheemse kuns, in sy werk Domestic Rain
(Huishoudelike Reënval).

2.1      Interpreteer die kunswerk wat in FIGUUR 2 uitgebeeld word deur na die
         volgende te verwys:

         •    Lyn en kleur
         •    Styl en tegniek
         •    Die kunstenaar verdeel sy komposisie in drie duidelike dele. Beskryf en
              bespreek die beeldgebruik in ELK van die drie dele en die moontlike
              boodskappe/betekenisse daarvan.                                                 (8)

2.2      Bespreek EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werk hul
         Afrika-identiteit uitdruk weens die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms.

         Gebruik die volgende riglyne:

         •    Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorms en -simbole
         •    Styl en tegniek
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        7                       DBE/November 2016
                                        NSS

            FIGUUR 2: Simon Stone, Domestic Rain (Huishoudelike Reënval),
                                olieverf op doek, 1982.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                    DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, INGESLOTE WEERSTANDSKUNS VAN DIE
         1970's EN 1980's

In sy Letters of Home (Briewe van die Huis) besin Sfiso Ka-Mkame oor huidige
sosiopolitieke kwessies in Suid-Afrika.

3.1      •    Hoe reageer jy op die titel van hierdie werk (FIGUUR 3)? Motiveer.
         •    Bespreek DRIE van die kwessies wat in die werk aangeraak word deur
              na die volgende te verwys:

              o      Keuse van visuele beeld(e)
              o      Kleur
              o      Komposisie                                                           (10)

3.2      Vergelyk hoe enige TWEE kunstenaars ou/huidige sosiopolitieke kwessies in
         hul werk uitgebeeld het.                                                         (10)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         9                       DBE/November 2016
                                         NSS

            FIGUUR 3: Sfiso Ka-Mkame, Letters of Home (Briewe van die Huis),
                            oliepastelle op papier, 2012–2014.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                               10                   DBE/November 2016
                                               NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Die Laaste Avondmaal van Leonardo da Vinci het beide Marisol Escobar, 'n
kunstenaar wat in die Verenigde Koninkryk woon, en Dominic Lukandwa, 'n Ugandese
kunstenaar, geïnspireer. Hulle gebruik hul kuns en kunsvlyt om hul geestelike geloof
uit te druk.

4.1      Vergelyk FIGUUR 4a met FIGUUR 4b deur na die volgende riglyne te verwys:

         •    Plasing van die figure
         •    Kleur en vorm
         •    Diepte en beweging
         •    Materiaal/Tegnieke                                                            (8)

4.2       Bespreek EEN kunswerk van TWEE              verskillende   Suid-Afrikaanse
          kunstenaars en/of kunsvlytkunstenaars.

          Gebruik die volgende as 'n riglyn:

         •    Formele kunselemente
         •    Media en tegniek
         •    Onderwerp en beeldgebruik
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                              (12)
                                                                                            [20]

Batik:    Die gebruik van warm byewas om sekere dele op materiaal uit te blok,
          waarna die materiaal in verskillende kleurstowwe gedoop word

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         11                       DBE/November 2016
                                         NSS

          FIGUUR 4a: Marisol Escobar, Self-Portrait Looking at The Last Supper
                (Selfportret Beskou Die Laaste Avondmaal), laaghout,
                      bruinsteen, gips en aluminium, 1982–1984.

       FIGUUR 4b: Dominic Lukandwa, The Last Supper (Die Laaste Avondmaal),
                            batik op sy, datum onbekend.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            12                           DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Die installasie van die Japannese kunstenaar, Chiharu Shiota, The Key in the Hand
(Die Sleutel in die Hand), is 'n ingewikkelde vervlegting van rooi wol en sleutels wat
bokant bote hang. Die installasie met sy massa vervlegte drade sluit 'n versameling
van meer as 50 000 sleutels in. Die sleutels is by mense en plekke oor die hele wêreld
versamel. Volgens Shiota is sleutels bekende en baie waardevolle dinge wat
belangrike mense en ruimtes in ons lewens beskerm. Hulle inspireer ons ook om die
deure na onbekende wêrelde oop te maak.

                                                    [Aangepas en vertaal uit designboom.com]

5.1      Beskryf hoe die kunstenaar haar boodskap oordra met verwysing na die teks
         hierbo en die visuele bronne in FIGUUR 5a en FIGUUR 5b.

         Jy moet na die volgende verwys:

         •    Betekenis van die kleure
         •    Betekenis van die grootte/skaal
         •    Gebruik van materiaal en die kontraste tussen hulle
         •    Simboliese betekenis van die wol/drade, bote en sleutels
         •    Wat is jou begrip van die titel van die werk? Motiveer jou antwoord.                (10)

5.2      Interpreteer EEN kunswerk deur 'n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat
         alternatiewe media gebruik in die soeke na maniere om sy/haar idees oor
         te dra.                                                                                  (10)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         13                        DBE/November 2016
                                         NSS

      FIGUUR 5a: Chiharu Shiota, The Key in the Hand (Die Sleutel in die Hand),
                  installasie met bote, wol/drade en sleutels, 2015.

   FIGUUR 5b: Chiharu Shiota, The Key in the Hand (Die Sleutel in die Hand) (detail),
                   installasie met bote, wol/drade en sleutels, 2015.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             14                          DBE/November 2016
                                             NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NA 1994

Baie demokratiese, kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars na 1994 druk stedelike
identiteit uit deur die invloed van straatkultuur, portrette, die stedelike lewe en sosiale
media te kombineer.

6.1      Bespreek hoe die kunstenaars 'n kontemporêre, stedelike Suid-Afrikaanse
         identiteit uitgebeeld het deur beide FIGUUR 6a en FIGUUR 6b te gebruik.

         Verwys na die volgende riglyne:

         •    Invloede
         •    Kleur
         •    Styl en tegniek
         •    Moontlike boodskappe/vertolking/interpretasies
         •    Watter kunswerk beeld, na jou mening, die sterkste uitdrukking van
              stedelike identiteit uit? Motiveer jou antwoord.                                    (10)

6.2      Brei uit oor die konsep van stedelike identiteit deur TWEE kunswerke te
         bespreek.

         Jy moet na die volgende verwys:

         •    Formele kunselemente
         •    Komposisie
         •    Media en tegniek
         •    Styl
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                    (10)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            15                           DBE/November 2016
                                            NSS

                FIGUUR 6a: Asha Zera, Mouse over Text (Muis oor Teks),
                               akrielverf op bord, 2008.

                      FIGUUR 6b: Kilmany-Jo Liversage, Judella 515,
                      akrielverf en spuitverf op doek, circa 2010–2015.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16                        DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Die Sfinks van antieke Egiptiese kuns word as 'n simbool van manlike mag beskou.
Kara Walker, 'n swart Amerikaanse kunstenaar, het 'n soortgelyke houding gebruik in
haar werk A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die
Wonderlike Suikerbaba) (FIGUUR 7a en 7b) wat vir 'n ou suikerfabriek geskep is. In
Amerika is daar 'n geskiedenis van vroue wat uitgebuit is en geforseer is om in die
suikerrietplantasies te werk.

7.1       Skryf 'n kort opstel oor Kara Walker se werk A Subtlety, or the Marvelous
          Sugar Baby ('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba) waarin jy na die
          volgende verwys:

          •    Waarom, dink jy, het die kunstenaar die figuur as die Sfinks uitgebeeld?
               Gee redes vir jou antwoord.
          •    Die skaal van die beeldhouwerk
          •    Die gebruik van suiker en melasse (suikerstroop) as 'n medium
          •    Op watter manier dra die woorde 'Sugar' en 'Baby' tot die betekenis van
               die werk by?                                                                    (8)

7.2       Verwys na enige TWEE kunstenaars en hul werke wat jy bestudeer het, en
          skryf 'n opstel waarin jy kommentaar lewer op hul uitbeelding van manlikheid
          en/of vroulikheid.

          Jy kan die volgende riglyne in jou antwoord gebruik:

          •    Onderwerp
          •    Media en tegniek
          •    Styl
          •    Boodskappe/Betekenisse                                                          (12)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          17                      DBE/November 2016
                                          NSS

 FIGUUR 7a: Kara Walker, A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby ('n Subtiliteit, of
         die Wonderlike Suikerbaba), polistireen, melasse en suiker, 2014.

    FIGUUR 7b: Kara Walker, syaansig van              FIGUUR 7c: Sfinks van Giza,
   A Subtlety, or the Marvelous Sugar Baby        kalksteenbeeld, gebou gedurende die
('n Subtiliteit, of die Wonderlike Suikerbaba),       heerskappy van Farao Khafra
      polistireen, melasse en suiker, 2014.            (c. 2558–2532 v.C.), Egipte.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            18                       DBE/November 2016
                                            NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Die klem op ekologiese bewustheid, gekoppel aan die nuwe tegnologieë van
rekenaarondersteunende ontwerp, het dit vir argitekte makliker gemaak om unieke
geboue te skep.

8.1      Verwys na die stelling hierbo en analiseer die voorbeeld in FIGUUR 8 deur na
         die volgende riglyne te verwys:

         •    Hoekom het die argitek mieliestronke en lewendige wortelstrukture in die
              ontwerp van sy bakstene gebruik?
         •    Hoekom, dink jy, is die bakstene nie styf saamgepak nie?
         •    Hoekom het die argitek besluit om 'n weerkaatsende materiaal bo-op die
              struktuur te gebruik?
         •    Dink jy die vorm/fatsoen van hierdie struktuur is visueel/esteties
              aantreklik? Motiveer jou antwoord.                                              (8)

8.2      Bespreek enige TWEE Suid-Afrikaanse geboue/strukture wat jy bestudeer
         het.

         Jy moet die volgende by jou kort opstel insluit:

         •    Gebruik van materiaal
         •    Gebruik van styl
         •    Moontlike invloede                                                              (12)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         19                        DBE/November 2016
                                         NSS

    FIGUUR 8: 15de uitgawe van YAP ('Young Architects Program'), Hy-Fi. Die tydelike
   struktuur sal gebou word met 3M weerkaatsende, bio-ontwerpte organiese bakstene,
       van mieliestronke en lewendige wortelstrukture gemaak. Die bakstene sal as
           saadkissies gebruik word voordat dit in die struktuur gebruik sal word.
                                 Long Island City, 2014.

                                                                         TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-eng/622e685c-e321-4cf2-8e13-a8f02d4cdfab) — Visual Arts · QP · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-memo-eng/7ff50e4d-08a4-4738-8e43-eac2887f46b8) — Visual Arts · Memo · 2016 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2016-memo-afr/614e34cf-6805-45b6-ad00-7cd5da1581b9) — Visual Arts · Memo · 2016 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP AFR SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-afr-sept2016/f9112218-4fc8-4e7d-931a-488d1a964b1f) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Feb March 2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2016-afr/63e51dea-40e6-49e4-ae13-09e20e9831e1) — Visual Arts · QP · 2016 · Afr
- [Visual Arts P1 Nov 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2023-eng/bad22f4f-5320-4e95-ba28-99a4822fe65c) — Visual Arts · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
