# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-afr/0d61dd8a-ca77-43de-a672-a2d1ae6d1c32
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-afr/0d61dd8a-ca77-43de-a672-a2d1ae6d1c32)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                VISUELE KUNSTE V1

                                   NOVEMBER 2017

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                         DBE/November 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

•     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
•     Skryf en navorsing in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
          dit vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
          toelaatbaar.

7.        Noem die kunstenaar(s) en titel van elke kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.        Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

9.        Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning.

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3           DBE/November 2017
                                 NSS

     LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            4                           DBE/November 2017
                                            NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

Kleur is die klawerbord, die oë is die harmonieë, die siel is die klavier met baie snare.
Die kunstenaar is die hand wat speel, wat een noot na die ander aanraak om die siel te
laat vibreer.

                                                                   – Wassily Kandinsky

1.1      Vergelyk hoe die kunstenaars van FIGUUR 1a en FIGUUR 1b daarin geslaag
         het om die gevoelvolheid/lewendigheid van die musiek vas te vang.

          Jy moet na die volgende verwys:

         •      Kleur
         •      Ruimte
         •      Komposisie
         •      Styl
         •      Stemming en atmosfeer
         •      Moontlike boodskappe/betekenisse                                                (10)

1.2       Baie van ons opkomende kunstenaars vertel dikwels 'n storie oor die mense,
          plekke en gebeurtenisse wat hul ervaar het.

          Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke deur enige van hierdie
          kunstenaars interpreteer.                                                             (10)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            5                        DBE/November 2017
                                            NSS

                FIGUUR 1a: George Pemba, Kwa Stemele, olie op karton, 1981.

                    FIGUUR 1b: JP Mika, La Belle ambience (La Belle-atmosfeer),
                                     akriel op materiaal, 2016.
Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            6                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

Wat maak van Afrika-kuns wat dit is? Is dit die onderwerp, styl of materiaal?

2.1      Debatteer die vrae hierbo deur na FIGUUR 2a en FIGUUR 2b te verwys:

         Jy kan die volgende as 'n riglyn gebruik:

         •      Invloede
         •      Onderwerp
         •      Gebruik van vorm
         •      Stemming                                                                        (8)

2.2      Evalueer die werk van enige TWEE kunstenaars wat Afrosentriese elemente
         in hul kuns gebruik het of deur Afrika- en/of inheemse kunsvorms
         beïnvloed is.                                                                          (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       7                       DBE/November 2017
                                       NSS

FIGUUR 2a: Speelman Mahlangu, Ubuntu Spirit of African Solidarity (Ubuntu Gees
                  van Afrika-solidariteit), olie op doek, datum onbekend.

   FIGUUR 2b: Ralph Ziman, Hondo 'War' (Hondo-'oorlog') (Shona) MUTI-galery,
                digitale drukwerk op Moab Entrada-papier, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             8                           DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

Los Intocables of Die Onaantasbares (FIGUUR 3a tot 3d) is 'n fotografieprojek deur
die Kubaanse fotograaf, Erik Ravelo. Sy doel was om die regte van kinders te bewaar
en te verdedig en om bewustheid van kinderbeskerming en die verskillende aanvalle
teen kinders die wêreld oor te skep. Hierdie beelde is op Facebook verban.

3.1      Verwys na die visuele bronne in FIGUUR 3a tot 3d. Skryf 'n opstel waarin jy
         die volgende punte bespreek/debatteer:

         •      Redes waarom die kinders in 'n gekruisigde posisie uitgebeeld word
         •      Die gebruik van fotografie, eerder as ander media
         •      Hoekom, dink jy, is die gesigte van die kinders verdof ('pixelated')?
         •      Die kwessies wat in ELKE afbeelding aangeroer word en die moontlike
                betekenisse en interpretasies daarvan
         •      Waarom, dink jy, is die visuele beelde op Facebook verban?
         •      Baie mense het oor die beeldgebruik in FIGUUR 3a gekla. Wat dink jy
                van hierdie standpunt?
         •      Die doeltreffendheid van hierdie reeks omdat dit probleme rondom
                geweld en misbruik van kinders uitlig                                            (10)

3.2      Skryf 'n opstel waarin jy TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars
         bespreek wat sosio-politieke kwessies aanpak.

         Gebruik die volgende as riglyne:

         •      Onderwerp
         •      Invloede
         •      Formele kunselemente
         •      Komposisie
         •      Styl                                                                             (10)
                                                                                                 [20]

('Pixelated'): Die kleinste beheerbare element van 'n prent wat op 'n skerm of foto
               uitgebeeld word

Facebook:       'n Gratis sosiale netwerkwerf wat geregistreerde gebruikers toelaat om
                'n profiel te skep, foto's op te laai en boodskappe aan vriende en familie
                te stuur

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        9                        DBE/November 2017
                                        NSS

                FIGUUR 3a                              FIGUUR 3b

                    FIGUUR 3c                          FIGUUR 3d

FIGUUR 3a tot 3d: Erik Ravelo, The Untouchables (Die Onaantasbares), uit 'n reeks
                               van sewe foto's, 2013.
Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            10                          DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Beckmann en Maswanganyi het eerder betekenis en emosionele ervaring as fisiese
skoonheid in hulle interpretasie van Bybelse temas uitgedruk.

4.1      Kies ÓF FIGUUR 4a ÓF FIGUUR 4b en bespreek hoe hierdie kunstenaar die
         Bybelse tema geïnterpreteer het.

         Gebruik die volgende as riglyne:

         •      Betekenis van die onderwerp, visuele beelde en simbole
         •      Formele kunselemente
         •      Verwringing van die figure
         •      Diepte en perspektief
         •      Geestelike/Emosionele boodskap en betekenis                                     (8)

4.2      Vergelyk TWEE kunswerke, kunsvlytwerke of geestelike werke wat jy
         bestudeer het.

         Sluit die volgende in:

         •      Onderwerp
         •      Invloede
         •      Komposisie
         •      Styl
         •      Funksie en/of boodskap                                                          (12)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                     11                      DBE/November 2017
                                     NSS

 FIGUUR 4a: Johannes Maswanganyi, Jesus is Walking on the Water (Jesus Loop
             op die Water), hout, verf, doringdraad, dierehare, 1994.

   FIGUUR 4b: Max Beckmann, Descent from the Cross (Afkom van die Kruis),
                            olie op doek, 1917.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             12                         DBE/November 2017
                                             NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

Tienduisende vlugtelinge/migrante het uit hulle ontwrigte, oorloggeteisterde lande vir 'n
beter lewe in Europa gevlug. Meer as 4 000 mense het tydens die gevaarlike reis oor
die Middellandse See gesterf. Ai Weiwei, 'n Chinese kunstenaar, het in reaksie op
hierdie menslike tragedie 'n installasie geskep.

Die dammetjie voor die Belvedere-museum in Wene, Oostenryk, het 'n drywende
kalligrafiese F wat uit 201 lotusblomme bestaan wat elk vyf gebruikte reddingsbaadjies
bevat. Tradisioneel simboliseer die lotusblom skoonheid, suiwerheid en 'n lang lewe.

5.1        Skryf 'n kort opstel en verwys na die volgende:

           •    Sou die betekenis van die kunswerk verander as dit binnenshuis
                uitgestal word? Motiveer jou antwoord.
           •    Is die gebruik van die blom betekenisvol? Het dit enigiets met die
                vlugtelinge gemeen?
           •    Is die gebruik van die letter 'F' enigsins betekenisvol?
           •    Hoekom het die kunstenaar reddingsbaadjies in hierdie werk gebruik?
           •    Watter rol speel kleur in hierdie werk?
           •    Verduidelik hoe hierdie werk help om groter bewustheid van die
                vlugtelingskrisis te skep.                                                      (8)

5.2        'n Nuwe kontemporêre kunsgalery het onlangs by die Waterfront in Kaapstad
           geopen. As die kurator van die galery is jy gevra om TWEE nuwe kunswerke
           te kies wat die kunstenaar(s) se gebruik van kontemporêre nuwe media
           vertoon. Bespreek jou keuse.

           Jy kan die volgende in aanmerking neem:

           •    Onderwerpmateriaal
           •    Invloede
           •    Gebruik van nuwe media
           •    Moontlike betekenisse/boodskappe                                                (12)
                                                                                                [20]

Kalligrafie:          Dekoratiewe handskrif of handgeskrewe letterwerk

Reddingsbaadjie: Dryftoestel wat keer dat jy verdrink

Kurator:              Iemand wat kunsuitstallings by 'n kunsgalery of kunsmuseum
                      beplan en konseptualiseer

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          13                        DBE/November 2017
                                          NSS

              FIGUUR 5a: Ai Weiwei, F Lotus, installasie, Belvedere-museum,
                                   Wene, Oostenryk, 2016.

            FIGUUR 5b: Ai Weiwei, F Lotus, installasie, Belvedere-museum,
         Wene, Oostenryk, 2016. (Digby foto van 1 005 gebruikte reddingsbaadjies
                     in die vorm van lotusblomme in die dammetjie.)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                         DBE/November 2017
                                           NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Maurice Mbikayi wys die mensefiguur in 'n dwangbaadjie ('straight jacket') wat aansluit
by die skisofreniese persoonlikheid wat hy in 'n virtuele wêreld ervaar omdat hy die
behoefte het om 'permanent' aanlyn te bly.

Maurice Mbikayi ondersoek die uitwerking van kontemporêre tegnologie op die mense
van Afrika. Hy fokus op maniere waarop tegnologiese vooruitgang van die laaste
twintig jaar die wêreld beide positief en negatief beïnvloed het. Hy versamel fragmente
van die ontwikkelende tegnologie en sluit dit by sy werk in.

6.1      Bespreek die volgende in jou interpretasie van FIGUUR 6a:

         •      Titel
         •      Beskryf hoe Mbikayi rekenaaronderdele gebruik het
         •      Die betekenis van die dwangbaadjie ('straight jacket')
         •      Sou jy hierdie kunswerk as 'n positiewe of negatiewe kommentaar op
                tegnologie beskou?                                                             (8)

6.2      Bespreek die werk van enige TWEE relevante Suid-Afrikaanse demokratiese
         kunstenaars na 1994 wat hulle identiteit ondersoek.

         Jy kan die volgende riglyne gebruik:

         •      Onderwerp
         •      Invloede
         •      Formele kunselemente
         •      Komposisie
         •      Styl
         •      Moontlike betekenisse/boodskappe                                               (12)
                                                                                               [20]

Dwangbaadjie          'n Kledingstuk met baie lang moue wat gebruik word om iemand
('straight jacket')   wat homself of andere kan seermaak, te bedwing. Nadat die
                      arms in die dwangbaadjie se moue geplaas is, word die moue
                      oor die bors gekruis en agter die rug vasgemaak sodat die arms
                      so na as moontlik aan die bors gehou word met so min as
                      moontlik beweging.

Virtuele wêreld:      'n Driedimensionele digitale omgewing waar jy met ander
                      gebruikers interaksie kan hê en voorwerpe kan skep.

Skisofreen:           'n Persoon met abnormale sosiale gedrag en onvermoë om te
                      verstaan wat werklik is; waandenkbeelde en hallusinasies is
                      kenmerkend

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                         15                         DBE/November 2017
                                         NSS

       FIGUUR 6a: Maurice Mbikayi, Web Jacket (Webbaadjie), rekenaaronderdele,
 klere en gordels, deel van 'n binnenshuise nege-minute uitvoerende kunswerk, 2015.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            16               DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 7:       GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

7.1      Kraaie is prominent in beide FIGUUR 7a en FIGUUR 7b. Bestudeer die
         kunswerke en bespreek die volgende in 'n opstel:

         •      Betekenis van die kraaie in die kunswerke
         •      Betekenis van die titels van die kunswerke
         •      Keuse van visuele beelde en tonele
         •      Perspektief en diepte
         •      Stemming en atmosfeer
         •      Verwysing na geslag                                                  (10)

7.2      Bespreek EEN kunswerk deur enige TWEE kunstenaars wie se werk(e) op
         geslagskwessies kommentaar lewer.                                           (10)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       17                        DBE/November 2017
                                       NSS

  FIGUUR 7a: Andrea Kowch, The Visitors (Die Besoekers), akriel op doek, 2010.

             FIGUUR 7b: Valerie Hegarty, Crows in the Dining Room
  and other Messy Histories (Kraaie in die Eetkamer en ander Morsige Verhale),
                                installasie, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                        DBE/November 2017
                                          NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Studente van die Universiteit van Kaapstad het in 2015 die bronsbeeld van Cecil John
Rhodes, 'n prominente figuur uit ons koloniale verlede, ontsier. Weens toenemende
druk deur studente is hierdie beeld later deur die universiteitsowerhede verwyder.

8.1      Debatteer die kwessie van koloniale en apartheidsmonumente wat uit ons
         openbare ruimtes verwyder word deur die volgende te in ag te neem:

         •      Noodsaaklikheid van monumente in ons samelewing
         •      Redes hoekom mense monumente verwyder of ontsier
         •      Funksies van 'n monument
         •      Betekenis van monumente wat met verloop van tyd verander
         •      Oprig van monumente in openbare plekke
         •      Skep van nuwe monumente as 'n genesingsproses
         •      Spesifieke voorbeelde                                                       (10)

8.2      Bespreek enige TWEE kontemporêre Suid-Afrikaanse geboue wat jy
         bestudeer het wat waarde by die gemeenskap/ons samelewing voeg.

         Jy kan die volgende in aanmerking neem:

         •      Ligging/Situasie
         •      Materiaal en tegnieke
         •      Styl
         •      Moontlike invloede                                                          (10)
                                                                                            [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             19                       DBE/November 2017
                                             NSS

                    FIGUUR 8a: Foto van die Cecil John Rhodes-standbeeld,
                        uit brons gemaak en in 1934 opgerig, wat van die
                     kampus van die Universiteit van Kaapstad verwyder word.

             FIGUUR 8b: Die verwydering van die Cecil John Rhodes-standbeeld,
                             Universiteit van Kaapstad, 2015.

                                                                               TOTAAL:     100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-eng/b2b0a7a9-a1fa-4ec2-8f40-a15b8a624c7d) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2017-memo-eng/65dab3ee-e2d9-418c-a43a-afd5a9ff1f09) — Visual Arts · Memo · 2017 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bb81817d-0809-4ecc-aa5e-592925c6b916) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 English Final](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept2017-english-final/c28e42c5-1f0f-4ecd-95c3-4013ab8036d1) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-eng/c97858aa-f906-4a79-b199-3ee3e7fb6965) — Visual Arts · QP · 2017 · Eng
- [Visual Arts P1 Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-feb-march-2017-afr/2c9445f3-2b26-4a64-b0e0-a497fee104d0) — Visual Arts · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
