# Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Visual Arts Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-afr/a33b97cb-5c0a-4bac-8d02-c7288b30c526
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Visual Arts
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Visual Arts](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/visual-arts) › [Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-afr/a33b97cb-5c0a-4bac-8d02-c7288b30c526)

## About this document

Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                      GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                 VISUELE KUNSTE P1

                                   NOVEMBER 2018

PUNTE: 100

TYD: 3 uur

                         Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.
                      Hierdie vraestel moet in volkleur gedruk word.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            2                         DBE/November 2018
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

In hierdie eksamen moet jy die volgende vaardighede toon:

•     Gebruik van die korrekte kunsterminologie
•     Gebruik en toepassing van visuele analise/ontleding en kritiese denke
•     Skryf- en navorsingsvaardighede in 'n geskiedkundige en kulturele konteks
•     Plaas van spesifieke voorbeelde in 'n kulturele, sosiale, politieke en historiese
      konteks
•     Begrip van eiesoortige kreatiewe style

Lees die volgende instruksies voordat jy besluit watter vrae om te beantwoord.

1.        Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae.

2.        Beantwoord enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte.

3.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

4.        Vrae verskyn op die linkerkantse bladsye, met visuele bronne op die
          regterkantse bladsye.

5.        Maak seker dat jy na die kleurafdrukke van die visuele bronne verwys waar
          dit vereis word.

6.        GEEN punte sal toegeken word vir inligting wat in een antwoord bespreek en
          in ander antwoorde herhaal word NIE. Kruisverwysing van kunswerke is
          toelaatbaar.

7.        Noem die kunstenaar en titel van ELKE kunswerk wat jy in jou antwoorde
          bespreek. Onderstreep die titel van 'n kunswerk of die naam van 'n gebou.

8.        Kandidate mag NIE beelde wat alreeds in ander vrae gebruik is, bespreek
          NIE.

9.        Skryf op 'n duidelike, kreatiewe en gestruktureerde manier en gebruik
          volsinne en paragrawe volgens die instruksies van elke vraag. 'n Lys met
          feite/tabelle word NIE aanvaar NIE.

10.       Gebruik die volgende riglyne vir die lengte van jou antwoorde. Let op die
          puntetoekenning.

           •   6–8 punte:   'n minimum van ½–¾ bladsy (paragraaf)
           •   10–14 punte: 'n minimum van 1–1½ bladsy(e) (kort opstel)
           •   20 punte:    'n minimum van 2 bladsye (opstel)

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                 3           DBE/November 2018
                                 NSS

     LAAT HIERDIE BLADSY BLANKO.

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           4                            DBE/November 2018
                                           NSS

BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.

VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS

George Pemba en Tony Gum gebruik 'n narratiewe (verhalende) benadering in hulle
werke om die kern van wat dit beteken om 'n Xhosa-vrou te wees, vas te vang en te
vier. Gum is 'n jong Xhosa-vrou, fotograaf, model en YouTube-vlogger. Gum se
uitstalling, genoem Ode to She (Ode tot Haar), word gekenmerk deur 'n reeks
selfportrette waar sy in tradisionele Xhosa-drag, genoem Umbacho, gefotografeer is.

1.1      Skryf 'n paragraaf waarin jy die volgende in aanmerking neem:

         •    Die voorwerpe/tooisels/versierings wat die kunstenaar in FIGUUR 1b
              gebruik om aan te dui dat sy van Xhosa-afkoms is
         •    Die ooreenkomste en verskille tussen die kleure in FIGUUR 1a en
              FIGUUR 1b
         •    Die gebruik van lyn en perspektief
         •    Die fokuspunt in FIGUUR 1a en 1b. Motiveer.
         •    Die stemming/gevoel wat ELKE kunstenaar in sy/haar werk bewerkstellig
              en hoe dit bereik word                                                            (10)

1.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat ons land se erfenis
         vasvang en vier.

         Sluit die volgende by jou antwoord in:

         •    Kunselemente
         •    Sosiale/Kulturele invloede
         •    Media en tegniek
         •    Styl
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                  (10)
                                                                                                [20]

YouTube-vlogger:       'n persoon wat video's op YouTube plaas

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       5                      DBE/November 2018
                                       NSS

             FIGUUR 1a: George Pemba, Xhosa Woman Smoking a Pipe,
                 (Xhosa-vrou wat 'n Pyp Rook), olie op bord, 1945.

                        FIGUUR 1b: Tony Gum, Ode to She,
                            (Ode aan Haar), foto, 2017.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           6                          DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
         EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS

'n Soeke na ware identiteit is wanneer 'n persoon of 'n kunstenaar na sy/haar kulturele
'wortels' deur visuele kunsvorme soek.
                                                                       – Walter Battiss

'Riel' (of 'Rieldans') is 'n Khoi-San-woord vir 'n antieke feestelike dans wat deur die
Khoi-San uitgevoer word. Dit word as een van die oudste dansstyle in inheemse
Suid-Afrika beskou. Dit word teen 'n energieke pas gedans en vereis baie ingewikkelde
voetwerk.

2.1      Analiseer FIGUUR 2a en 2b deur na die volgende te verwys:

         •    Ooreenkomste en verskille tussen die dansbewegings
         •    Die verskil in skaal en plasing van die figure
         •    Invloede in die uitbeelding van die figure in FIGUUR 2b
         •    Hoekom die figure in 'n vullishouer/vullisbak in FIGUUR 2b getoon word
              en die moontlike betekenis en boodskappe daarvan
         •    Die stemming wat in albei werke geskep is                                       (10)

2.2      Bespreek TWEE kunswerke deur verskillende kunstenaars wie se werk uiting
         aan hulle Afrika-identiteit gee as gevolg van die invloed van inheemse Afrika-
         kunsvorme.

         Gebruik die volgende riglyne:

         •    Die invloede van inheemse Afrika-kunsvorme en -simbole
         •    Onderwerp
         •    Kunselemente
         •    Styl en tegniek
         •    Moontlike boodskappe/betekenisse                                                (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                            7                         DBE/November 2018
                                            NSS

 FIGUUR 2a: Foto van Rieldansers van die Suurrug Suurtrappers van Wupperthal
               by die jaarlikse ATKV-kompetisie in die Kaap, 2015.

                     FIGUUR 2b: Manfred Zylla, Riel Dans (Rieldans),
                          gemengde media op papier, 2013.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           8                         DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
         1980's INGESLUIT

3.1      Beide werke verteenwoordig die onregverdighede van die wêreld.

         Skryf 'n paragraaf waarin jy op die volgende reageer:

         •    Elemente van kuns in FIGUUR 3a wat die konsep van krake in ons
              samelewing versterk. Motiveer jou antwoord.
         •    Simbole/Konsepte in FIGUUR 3b gebruik wat aandui dat hierdie werke
              'n sosiopolitieke toneel verteenwoordig
         •    Hoe kleur tot die betekenis van die kunswerke bydra. Motiveer.
         •    Moontlike betekenis(se) van die handgebare/afdrukke in FIGUUR 3a
              en 3b
         •    Komposisie, perspektief en diepte
         •    Die geskiktheid van bewoording en teks in FIGUUR 3b
         •    Hoekom die kunstenaar gekies het om nie 'n gesig in die linkerpaneel van
              die diptiek in FIGUUR 3b te verf nie                                            (10)

3.2      Vergelyk hoe enige TWEE kunswerke wat jy bestudeer het, sosiopolitieke
         kwessies van die verlede/hede ondersoek.                                             (10)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             9                        DBE/November 2018
                                             NSS

          FIGUUR 3a: Mpumelelo 'Layziehound' Coka, The Cracks (Die Krake),
               gemengde media, verf, tydskrifuitknipsels en teks, 2016.

                     FIGUUR 3b: Ayanda Mabulu, Sidubul'ibulu, (diptiek),
                            gemengde media op papier, 2013.
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           10                      DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
         LANDELIKE SUID-AFRIKA

Ardmore is 'n keramiekateljee in KwaZulu-Natal. Hulle skeppings fokus op die vertel
van stories van die Zulu-volk, hulle kultuur en hulle verbeelding. Hulle word ook
geïnspireer deur 'n begeerte om bewustheid van die uitwissing van diere in Afrika
te skep.

4.1      Kies enige TWEE kunswerke (FIGURE 4a tot 4d) en bespreek die volgende:

         •    Uitbeelding van visuele beelde
         •    Hoe die formele kunselemente gebruik is om die kunswerke te versier.
              Motiveer jou antwoord.
         •    Invloede/Inspirasie/Stories vertel
         •    Identifiseer hoe die gebruik van materiaal en tegnieke van dié van
              tradisionele pottebakkers/keramiekkunstenaars verskil                        (8)

4.2      Bespreek die werk van TWEE handwerkkunstenaars en/of geestelike
         kunstenaars wat deur hulle kultuur en verbeelding geïnspireer is.

         Gebruik die volgende riglyne:

         •    Invloede en inspirasie
         •    Kunselemente
         •    Gebruik van materiaal en tegnieke
         •    Temas en onderwerpe
         •    Betekenis en boodskappe                                                      (12)
                                                                                           [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Visuele Kunste/V1                            11                         DBE/November 2018
                                             NSS

    FIGUUR 4a: Ardmore-keramiekateljee,               FIGUUR 4b: Ardmore-keramiekateljee,
 Warthog Bowl Centrepiece (Vlakvarkbak-                  Rhino Riders (Renosterryers),
tafelversiering), geglasuurde klei (keramiek),     geglasuurde klei (keramiek), datum onbekend.
              datum onbekend.

    FIGUUR 4c: Ardmore-keramiekateljee,               FIGUUR 4d: Ardmore-keramiekateljee,
   Buffalo Bowl Centrepiece (Buffelbak-                 Leopard Teapot (Luiperdteepot),
tafelversiering), geglasuurde klei (keramiek),     geglasuurde klei (keramiek), datum onbekend.
              datum onbekend.

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           12                       DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE
         EN POPULÊRE KUNSVORMS IN SUID-AFRIKA

In FIGUUR 5a word Athi-Patra Ruga deur die modewêreld geïnspireer en beeld 'n
figuur uit wat met blomme en juwele bedek is, terwyl Wim Botha, in FIGUUR 5b, twee
figure kombineer wat uit boeke, ensiklopedieë en Bybels gemaak is.

5.1      Vergelyk FIGUUR 5a en 5b en lewer kommentaar op die verskille en
         ooreenkomste tussen die twee kunswerke.

         Gebruik die volgende kriteria:

         •    Onderwerp
         •    Simboliese betekenis van die materiaal in beide FIGUUR 5a en 5b
         •    Die houding/plasing van die figure
         •    Jou interpretasie van die betekenis van die kunswerke                     (8)
.
5.2      Bespreek TWEE kunswerke deur Suid-Afrikaanse kunstenaar(s) wat
         ongewone materiaal en tegnieke gebruik om hulle kunswerke te skep.

         Verwys na die volgende riglyne:

         •    Invloede
         •    Onderwerp
         •    Materiaal en tegnieke
         •    Kunselemente
         •    Moontlike betekenisse en boodskappe                                       (12)
                                                                                        [20]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       13                      DBE/November 2018
                                       NSS

  FIGUUR 5a: Athi-Patra Ruga, Proposed Model for Tseko Simon Nkoli Memorial
     (Voorgestelde Model vir Tseko Simon Nkoli-gedenkteken), hoëdigtheid-
      sponsbeeldhouwerk, kunsblomme, juwele, Perspex en gloeilampies, 2017.

    FIGUUR 5b: Wim Botha, Study for the Epic Mundane (Studie vir die Epiese
        Alledaagse), beeldhouwerk van hout, vlekvrye staal, ensiklopedieë,
                     Bybels en historiese dokumente, 2013.
Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           14                        DBE/November 2018
                                           NSS

VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994

Kunstenaars in demokratiese Suid-Afrika ná 1994 bevraagteken hulle identiteit en
nalatenskap. Dit skep 'n proses waar daar oor identiteit besin word en dit
hergedefinieer/herskep word.

6.1      Neem die stelling hierbo asook die kunswerke in FIGUUR 6a en 6b in
         aanmerking en brei uit oor hoe die kunstenaars oor hulle identiteite besin.

         Kies enige VYF van die volgende om jou bespreking te lei:

         •    Inhoud en komposisie
         •    Kleur
         •    Lewer kommentaar op die kleredrag in FIGUUR 6a en FIGUUR 6b
         •    Waarom het die kunstenaar gekies om nie gelaatstrekke in FIGUUR 6a
              uit te beeld nie? Motiveer jou antwoord.
         •    Wat kan die sirkelagtige vorm in die agtergrond van FIGUUR 6b voorstel?
         •    Moontlike interpretasie van die titels van FIGUUR 6a en FIGUUR 6
         •    Hoe die kunstenaars van FIGUUR 6a en FIGUUR 6b oor hulle identiteite
              in die demokratiese era ná 1994 besin                                          (12)

6.2      Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat
         identiteit in 'n demokratiese Suid Afrikaanse samelewing ondersoek.

         Jy kan die volgende riglyne gebruik:

         •    Beeldgebruik
         •    Uitbeelding van identiteit
         •    Styl en tegnieke
         •    Media
         •    Moontlike betekenis en boodskappe                                              (8)
                                                                                             [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                        15                       DBE/November 2018
                                        NSS

  FIGUUR 6a: Simphiwe Ndzube, Detail of Sarah and Some Gentlemen (Detail van Sarah
              en 'n Paar Here), houtskool, collage en akriel op papier, 2014.

     FIGUUR 6b: Norman O'Flynn, Timekeeper, 43 (Tydhouer, 43), akriel op glas, 2017.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                             16                        DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 7:         GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID

Selfs in vandag se samelewing waar geslagsgelykheid ondersteun word, word 'n vrou
se vaardighede en eienskappe dikwels as trofeë beskou, asof dit ornamente is.

7.1       Verwys na enige TWEE van die visuele bronne (FIGURE 7a tot 7d) en
          bespreek hoe die kunstenaars kommentaar lewer op die idee van 'n vrou as
          'n trofee.

          Gebruik die volgende riglyne:

          •     Fokuspunt, motiveer
          •     Kleur
          •     Houding van die figure en die belangrikheid van klere
          •     Plasing/Agtergrond
          •     Moontlike betekenisse en boodskappe met verwysing na die titels van die
                kunswerke                                                                      (10)

7.2       Bespreek die werk van enige TWEE kunstenaars wat jy bestudeer het wat op
          manlikheid en/of vroulikheid kommentaar lewer.

          Gebruik die volgende riglyne:

          •     Beeldgebruik/Visuele voorkoms
          •     Inhoud en komposisie
          •     Geslagskwessies ondersoek
          •     Medium
          •     Styl en tegnieke
          •     Moontlike boodskap en betekenisse                                              (10)
                                                                                               [20]

Trofee:       'n beker of ander dekoratiewe voorwerp wat as 'n prys vir oorwinning of
              sukses toegeken word

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                       17                      DBE/November 2018
                                       NSS

  FIGUUR 7a: Marlene Dumas, The Trophy        FIGUUR 7b: Thania Petersen, Barbie and
      (Die Trofee), olie op doek, 2013.      Me Series: Portrait of Childhood 1 (Barbie-
                                               en-Ek-reeks: Portret van Kinderjare 1),
                                                             foto, 2015.

    FIGUUR 7c: Paula Rego, Snow White             FIGUUR 7d: Will Cotton, Beatrice,
     Playing with her Father's Trophies                olie op doek, 2010.
   (Sneeuwitjie wat met haar Pa se Trofeë
        Speel), pastel op papier, 1995.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                          18                         DBE/November 2018
                                          NSS

VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA

Ek het nog altyd diegene waardeer wat dit waag om met materiaal en verhoudings
te eksperimenteer.
                                                                  – Zaha Hadid

Soos wat boutegnieke en tegnologie verander, sal meer kreatiewe wonings gebou
word. Innoverende ontwerpe, met herwinde materiaal, word met hipermoderne
tegnologie gevul. Die villa in FIGUUR 8a en die biblioteek in FIGUUR 8b is nog net die
begin van dit wat moontlik sal wees.

FIGUUR 8a en 8b wys argitekte wat dit gewaag het om te eksperimenteer deur
futuristiese, dog funksionele strukture uit opgesikleerde (hernude) materiaal te skep.

Verwys na die visuele bronne en enige TWEE Suid-Afrikaanse strukture/monumente/
geboue wat jy bestudeer het en skryf 'n opstel waarin jy die innoverende gebruik van
ongewone en/of nie-tradisionele materiaal bespreek.

Neem die volgende in aanmerking:

•   Die manier waarop die argitek met nuwe tegnologieë geëksperimenteer het
•   Materiaal en die belangrikheid daarvan
•   Invloede
•   Vorm en lyn
•   Ontwerp en funksionaliteit
•   Die verskillende vorms wat in FIGUUR 8a geskep is en die visuele impak wat dit
    op die kyker het
•   Redes vir die lig/oplig van die geboue in FIGUUR 8a en 8b                                 [20]

Opgesikleerde: om nuwe betekenis aan afvalstrukture te gee
Futuristies:   innoverende idees wat voor hulle tyd uitgedink word
Villa:         baie deftige huis

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1                           19                         DBE/November 2018
                                           NSS

    FIGUUR 8a: Carlo Enzo (Urban Office), Villa for an Aviator (Pilot) (Villa vir 'n Vlieënier
                     [Loods]), opgesikleerde vliegtuigonderdele, 2016.

             FIGUUR 8b: Architects Of Justice, SEED Library II (SAAD-biblioteek II),
                   in Alexandra-township, Johannesburg, Suid-Afrika, 2010.

                                                                             TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Visual Arts P1 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-eng/a98eafaa-4050-4a91-a59f-ecfbd8973a4c) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-eng/f8b23e8c-b990-4025-a958-051e75d2a57b) — Visual Arts · Memo · 2018 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2018 FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-nov-2018-final-memo-afr/683479bf-b33a-4721-ad54-c96efd0e1cb0) — Visual Arts · Memo · 2018 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2018-afr/11cffbc9-1723-4489-a999-54945471f602) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr
- [Visual Arts P2 Nov 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2018-eng/121e47f8-c758-4730-96b6-0a85ebb31d50) — Visual Arts · QP · 2018 · Eng
- [VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT 2018 AFR](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-gr12-qp-sept-2018-afr/ef088a2d-fd90-4fce-839b-acb3874ab33f) — Visual Arts · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Visual Arts

- [Gr 12 Vis Arts ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-vis-arts-atp-2023-24/96b403c0-74b2-4376-aed3-347d5a196734) — ATP
- [Visual Arts P1 May-June 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p1-may-june-2025-mg-eng/3f93b0a3-dc8b-45bc-91b6-90599939f7a3) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1/86c1f9d2-fcad-492c-aeaf-a41784a34f6a) — Memo · 2025 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Eng](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-eng/9aa43e94-9a3f-4b7f-95d1-055a64670832) — QP · 2024 · Eng
- [Visual Arts P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/visual-arts-p2-nov-2024-afr/bde1a6f1-8664-4acd-be55-62ed77d6a077) — QP · 2024 · Afr
- [Visual Arts P1 May-June 2024 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-visual-arts-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-english/14df7bcd-52f2-4e22-8836-277e61e10ec3) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
